![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults
MacKenzie skep goeie aantreklike en intelligente vir-altyd-helde vir haar blog. Maar in haar wêreld is hierdie mans so skaars soos hoendertande ... Of so dink sy totdat sy Scheepers Rossouw in die stempuntry ontmoet.
Mia se redakteur vra haar om die Man van die maand-rubriek oor Luc Raath te skryf. Hier is haar kans om die pos as rubriekskrywer te verdien en niks mag verkeerd loop nie. Maar een kyk in Luc se groen oë en sy weet hier is moeilikheid.
In Die honger hart moet Julia Naude haar peetpa se ongewone voorwaarde behou om die plaas, wat sy saam met die plaasbestuurder geerf het, te beskerm. In Deel van die pakket staan Gita van Duinen op die drumpel van ’n nuwe lewe, maar meer veranderinge le voor. In Verskuilde liefde, keer dr. Edmund Wiese terug uit die buiteland. Hy moet vrede maak met die lee kol wat sy broer, Fanie, agtergelaat het. En drie weke later maak hy ’n onverwagse ontdekking wat sy prioriteite verander.
When Karl wakes up in a dilapidated house on the outskirts of a South African mining town, he does not know who or where he is, but it’s clear that the townsfolk know him. Next door lives a ten-year-old boy, Henry. Henry’s father is a violent drug-dealer, his mother helpless in protecting them against him. A gap in the hedge between the two houses allows Henry to slip into Karl’s yard, and Karl and Henry strike up a gentle friendship as glimpses of Karl’s troubled past and his time in the army emerge. When a drug deal goes wrong, Henry’s mother is killed. His father unceremoniously dumps her body in a disused mineshaft, but a murder investigation ensues after the body is discovered. All is not as it seems, however, and in a powerful climax the real connection between Henry and Karl is revealed.
Tinki se werk op die plaas Blouberg is ’n droom totdat sy Zac, die nuwe baas, ontmoet. Hulle vryf mekaar verkeerd op, maar moet noodgedwone saam werk wanneer wildeperde in die distrik skielik verdwyn. Stadig maak wrewel plek vir liefde en Zac trap spore op haar hart.
Sacrificed is the English translation of Offerlam. The Congo, 1961: A man is murdered in cold blood and his beloved is left for dead. Fifty-three years later, Caz Colijn receives a phone call that tears her out of her reclusive life. In Belgium, where she tries to trace her and her daughter’s family origins, it becomes clear that that country’s colonial past has had as much impact on her life as the apartheid years in South Africa did. The phone call Professor Luc DeReu receives is less traumatic, but he too is ripped out of his familiar orbit when the woman he blames for his father’s premature death re-enters his bland existence. In the meantime, Erevu and his grandson must trace the nkisi taken from them more than five decades ago in order for them to fulfil their holy mission. When the paths of this group of people cross, it leads once again to murder.
“Ek is die sondebok. Ek het dit gedoen.” So begin Rooi haring, ’n skreeusnaakse speurverhaal wat afspeel in die Suid-Afrikaanse restaurantbedryf. Hartman Swiegers, restaurantier en topsjef, word tydens die openingsaand van sy restaurant Tydloos vermoor. Sy bevrore liggaam word in ’n yskas gevind, met twee opgerolde harings as enigste leidraad. Watter van die uitsoekgaste is verantwoordelik? Of is die moordenaar dalk een van die kombuispersoneel? ’n Humoristiese whodunnit met verskeie kinkels.
Beth kan haar “Groot Liefde” – Bruce Springsteen – se konsert in Noorweë bywoon. Sy moet net eers die vlug soontoe met die aantreklike Etienne Benade aan haar sy oorleef. En nie op hom verlief raak nie, want hy het ’n meisie.
Ná emosionele geweld en die uitdaging van ʼn egskeiding, verander Andrea se lewe onomkeerbaar. Al die verwonding word in ʼn hofdokument vasgevang, maar sy kies om ʼn heel mens te word.
In the irreverent tradition of her best-selling Death by Carbs, Paige Nick rounds up a fresh herd of sacred cows in another hilarious local satire. But this time it’s Number One who gets the treatment. When ex-president J Muza is released from prison on medical parole for an ingrown toenail, his expectations of a triumphant return to power and admiration are cruelly dashed. His once lavish Homestead is a rotting shell, his remaining wives have ganged up on him, the Guptas have blocked his number, and not even Robert Mugabe will take his calls any more. And he just can’t seem to get his plans for world domination off the ground. Muza is banking on his memoirs full of fake news to pep up his profile, but his ghostwriter, a disgraced journalist, has problems and a tight deadline of his own. What Muza’s not banking on is a fat bill for outstanding rates on The Homestead, and a 30-day deadline to pay back the money, before the bailiffs arrive to evict him. Is Muza a mastermind, or simply a puppet who fell into the wrong hands? Who is really playing who? What are his remaining wives up to, and will they stay or will they go? And how will he ever pay back the money? Can the ghostwriter make his deadline before he winds up dead? Or are both men destined to be homeless and loathed forever?
Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees, maar
wat hy nóú alles oor die SAPD lees . . . Hy't juis 'n ander
werksaanbod. En dan kom hy teen die grieseligste booswig nóg te staan,
en moet blitsig slim skuiwe bedink om die Pion van die bord af te vee.
Spioenasie, wapenhandelkorrupsie en 'n moordenaar uit jou nagmerries .
. .
Adéle Bothma ken die woord “kanker” maar al te goed. Met vernietigende vraatlus het die siekte haar liggaam opgeëis. Gelate gee sy haar oor aan die versorging van haar twee dogters, San en Bella, in haar ou huis in die dorpie Vergenoeg. Siekte en die dood bring hulle in direkte kontak met hulleself, en mekaar. Konfrontasie is onvermydelik tussen die vrypostige Bella – chanteuse in Parys – en die verantwoordelike San, wat haar eie geheime dig hou. Vergenoeg is ‘n oorrompelende roman oor moeders en dogters, oor die soet en dit bitter van die lewe en die dood, en die onlosmaaklike band tussen susters.
Single mom Delilah’s life goes up in smoke when her Grade 6 daughter – star pupil Daisy – isn’t made Head Girl. The honour goes to Rosie Roberts, Daisy’s nemesis. But when Rosie is pushed off the second-storey balcony at school, accusing glances are cast at Daisy… Did she push Rosie, and to what lengths will Delilah go to clear her darling daughter’s name? This laugh-a-minute book features a delicious PI named Jonty, a closeted ex-husband married to a LBW (“Little Blonde Wife”), and a dashing widower who presides over Daisy’s disciplinary hearing – all the reasons why Delilah will be trending
Dark traces is the English translation of Martin Steyn’s first suspense novel, Donker spoor. When a child is murdered, it always seems as if a light has been extinguished in a parent’s eyes. They find her decomposing body in the veld. A teenager. She was raped and tortured for days. She was hanged. She wasn’t the first. The South African Police Service’s Warrant Officer Jan Magson, estranged from his son and still grieving for his wife, is assigned to the case. He has to look the mothers and fathers in the eye. He has to answer their questions. And he can’t. Headlines question the police’s ability to protect the community from this evil. A newspaper prints a mother’s heart-wrenching letter to the killer. A father offers a substantial reward. And every time another lead reaches a dead end, Magson finds himself looking down at another dead girl. Winner of the 2015 ATKV Prize for Suspense Fiction, Martin Steyn’s Dark traces deals with two sides of homicide: sadistic murder and euthanasia: killing for pleasure and killing for love.
Max Lurie’s navel-gazing podcast about his life has become an unexpected success. But its embellishments and inventions are starting to leak into his everyday life. As Max tries to navigate the grey areas between fact and fiction, things begin to spin out of control. He juggles real and imagined girlfriends, an illegally procured firearm, an unpredictable friendship with a homeless schizophrenic, his acerbic immigrant producer, his dying father, his famous childhood sweetheart, an unlikely romantic entanglement and his critical and growing audience. Can he keep all of these balls in the air and finally bring them safely to rest? This story takes a deep and satiric dive into the worlds we imagine for ourselves and the lives we actually live, particularly in a time when our real and digital personas intersect and merge in chaotic ways. Free Association casts a steely and comic eye on the great and small concerns of being human: the chances we take and miss, the pain of not fitting in, the fragility of the psyche, the unpredictability of love, the dull certainty of death, the importance of listening to others and the careening craziness of it all.
Shay, a seemingly shy and innocent journalism student, is sent to a female prison to cover a story on an inmate, but falls in love instead. Two months later, Sippy, Shay’s love interest, is out of prison and they move in together. On the outside, Sippy is the haunted one in the relationship, but as their love story unfolds, it turns out that Shay has her own secrets. This immersive and interesting story – written with no small amount of flair and intensity – is sexually charged and filled with moments of lacerating violence, both emotional and physical. At heart, it is the story of a woman’s inability to let go of that which both nourishes and destroys her.
Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van 'n ekskollega begin
ondersoek, is dit duidelik dat hier meer as net 'n dwelmverwante
verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering
wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het? Van die Kaapse
ganglands tot die Kruger-wildtuin met sy renosterstropers; tussen 'n
verslonsde Bolandse hoewe met 'n grieselige visdam en die
glans-en-skanswêreld van diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind -
of Rooi se vrou is visvoer.
Februarie, 1861. ’n Groepie trekboere maak naby die Gamagara-rivier in die Kalahari staning. Nie ver daarvandaan nie, le Stilbos – ’n misterieuse bos sonder voels, maar ook die skuilplek van die Doodsroeper, ’n onaardse wese wat uitroep voordat iemand sterf. Kort voor lank word die geskende lyk van een van die boere in die bos gevind. Dit is ongetwyfeld moord en Soois Bruwer, ’n verloopte wetsman, word versoek om ondersoek in te stel. Hoe dieper hy delf, hoe ingewikkelder word die saak en hoe meer besef hy dat hy eintlik maar bitter min van die mense om hom weet. Op hul hulp kan hy ook nie juis reken nie. Daar is nou wel oom Albert Siener met sy vreemde visioene, maar daarvan verstaan Soois g’n snars nie. Dan is daar Nella Uys, ’n onkonvensionele, geheimsinnige vrou wat baie weet, maar min se. En klein Krisjan Harmse wat die oplossing vir die raaisel ken, verraai niks. Net toe Soois dink hy is op die regte spoor, roep die Doodsroeper weer en sit hy met ’n tweede lyk op hande. Nou moet hy alles inspan om die moordenaar vas te trek, maar ’n hele klompie verrassings wag nog op hom ...
Zander Breedt is ’n Afrikaanse sanger. Roem het egter ’n wrang smaak – hy bid en lees Bybel, maar kry nie antwoorde nie. En sy nuwe aangetroude familielid, Anine, ’n joernalis, maak nie die lewe makliker nie. Anine word bewus van Zander se frustrasie en vrae, maar kan nie oor haar eie hartseer kom nie. Dan moet sy ’n artikel oor Zander skryf. Sy kan nie eens praat met hom sonder om haar woorde te verloor nie, wat nog te se ’n onderhoud met hom voer.
Hierdie versameling kortverhale bied 'n histeriese kykie op alledaagse situasies: 'n tango-les in die platteland; die tannie so "eenvoudig soos 'n ses-stuk legkaart"; 'n besoek aan 'n tandarts en sy assistent wat meer as net 'n spreekkamer deel. Lloyd Zandberg se debuut is 'n boek vol deernis en humor, met vriendelike gebruiksaanwysings vir mense wat nie so goed lees nie. Kyk een keer deur sy oe na die lewe, en niks sal ooit weer dieselfde wees nie.
Katalaya het silwerwit hare en dra funky klere, maar sy is sestig jaar oud. En alleen. Soms wens sy Franco het eerder mooi ordentlik doodgegaan as om die pad te vat. Al wat vir haar oorbly is ’n miniatuurgrootte gaatjie in die meenthuiskompleks vir weduwees, weggooivroue en lelike vroue wat nie mans kon kry nie. Haar kinders gee haar grys hare, wat sy juis nie wil he nie. Verder worstel haar bejaarde ma met seniliteit en lap alles uit wat hulle ’n leeftyd lank geheim wou hou. Ook oor Ben wat in die buitekamer gebly het toe haar pa die stadsklerk van die dorp was. Dit was net Jan-Adam Vermeulen wat vermoed het Ben was soveel meer as net ’n chauffeur. Maar na ’n tragedie wat die hele dorp geskud het, het hy uit hul lewe verdwyn. Nou beweer haar ma ’n man met ’n Elvis-kuif was in haar besemkasgrootte kamertjie in Huis Herfsblaar. En later kom sy met ’n vreemde versoek – Katalaya moet na Ben gaan soek voordat dit te laat is. Maar sy gaan nie alleen nie. Katalaya se pelgrimstog lei haar na die laaste skakel wat die legkaart van haar lewe voltooi. Net om te ontdek dat die liefde en die begeertes van die lyf nie sommer tot rus kom nie. En dat die lewe so veranderlik soos kwiksilwer is.
Ná 'n versmorende huwelik van twintig jaar sal Mia kaalvuis baklei vir die voorreg om selfstandig te wees en nie in enige iemand anders se oë te kyk vir haar daaglikse brood nie. Dit is egter makliker gesê as gedaan, want op agt en dertig is sy skielik op haarself aangewese en het sy geen opleiding, geen ervaring en boonop geen selfvertroue nie. Op hierdie kritieke tydstip in haar lewe maak die eienaar van die eksklusiewe restaurant Tsalanang haar 'n aanbod wat sy nie kan weier nie. Giep Rossouw bied haar die geleentheid om te begin bou aan 'n loopbaan en in die proses haar eie menswaardigheid te ontdek. Hoekom bly sy, wat mans vir goed afgesweer het, egter in Giep se donker, smeulende blik vasval? En hoekom bedien hy erotiese skemerkelkies in 'n dameskroeg as hy eintlik 'n opgeleide predikant is? In 'n pynlike proses, waarin ou verhoudings verbrokkel en nuwes gevorm word, word Mia gestroop van die masker waaragter sy nog altyd geskuil het en moet sy diep delf om haarself te vind en haar eie identiteit te vestig. In 'n tyd van haar lewe wat dit vir Mia voel asof sy alles verloor, ontdek sy die krag wat in haar binneste lê en besef sy wat dit beteken om haar hart eers vir haarself te win, voordat sy dit vir iemand anders kan weggee.
n Langverwagte versameling van Hennie Aucamp se beste kortverhale. Aucamp was by uitstek 'n kortverhaalskrywer, en is in 1982 met die Hertzogprys vir sy prosawerk bekroon. Hierdie versameling bevat sy eie keuse uit die vele kortverhale waarmee hy lesers oor die dekades heen geraak en vermaak het. Die keuse is so interessant soos die verhale self - daar is voorspelbare bekende verhale, en ook minder bekendes waarvoor hy 'n spesiale toegeneentheid gehad het. Saamgestel deur Johann de Lange.
Queen Celeste rose to the throne of Virdura a month ago, after the sudden death of her mother. Desperate to prove herself, she agrees to hear the case of a simple farmer who claims a neighbour stole his cow. To help her in this task, she orders her chief advisor, the royal wizard Solon, to cast a spell and divine the truth for her. Solon, however, is keeping a terrible secret. He is unable to perform any magic, and he cannot afford to let the queen find out the reason why.
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, Om Ben lief te hê, Om Dirk te tem en Om Kobus te ken. Om Ben lief te hê: Ben Louw het Leah een nag tien jaar gelede liefgehad ... en weggesmyt. Terug met haar praktyk as kindersielkundige op die plaas, is Ben weer daar. Haar hart en lyf swig opnuut, maar sy weet dis verniet. Om Dirk te tem: Dirk Degenaar laat Marica keer op keer voel asof sy oor ’n afgrond tuimel, en hý moet gestraf word! Sy gee vir hom fisioterapie by sy huis, maar weet naderhand nie meer wie tem vir wie nie. Om Kobus te ken: Toe Sureta hom bitter nodig gehad het, het hy spore gemaak, nou wil Kobus Hattingh huisie-huisie speel. Kwansuis om sy seun te leer ken. Maar dis te laat. Dié kans sal sy hom glad nie gee nie. |
You may like...
Advanced Concrete Technology 4 - Testing…
John Newman, B.S. Choo
Hardcover
R2,590
Discovery Miles 25 900
Deaf Education and Challenges for…
Millicent Malinda Musyoka
Hardcover
R5,333
Discovery Miles 53 330
Foundations of Education - Volume I…
M. Cay Holbrook, Tessa McCarthy, …
Hardcover
R2,152
Discovery Miles 21 520
|