|
Books > Children's & Educational > Language & literature > Modern languages (other than English) > Literary texts
Die Klankboek Huistaal Onderwysersgids bevat ’n jaarplan vir die
vak, die vier kwartaalplanne vir die vak, moontlike tydskedules vir
’n week en volledige, en daaglikse stap-vir-stap onderrigplanne vir
40 weke. Die onderrigplanne sluit die volgende in: Die weeklikse
onderrigplan, wenke en noodsaaklike inligting as agtergrondkennis
voordat die lesse aangepak word, volledige stap-vir-stap-lesse vir
elke dag en leiding om die voorgeskrewe assesseringstake te
voltooi. Daar word ook verduidelik hoe om die Prentboek- en
insidentele lees boeke vir Graad R (1 tot 20) te gebruik wat by die
Grootboeke vir Graad R aansluit. Fonemiese bewustheid en sigwoorde
word in die volkleur Klankboek Leerderboek en Onderwysersgids
behandel.’ *Nota: Die Prentboeke is vervang met die Nuwe
Alles-In-Een Graad R Gegradeerde Leesreeks.
Die Vuma Leesinstruksieprogram is uniek omdat die skrywers wat dit
geskryf en ontwikkel het, Afrikaanssprekend is en begrip het vir
die taal se gemeenskap en kultuur. Vuma se karakters en hul
omgewing is eg Suid-Afrikaans, iets wat u jong leerders onmiddellik
sal aantrek. Die stories word kleurvol en boeiend vertel. So word
dit pret en genotvol om te leer lees, en aktiwiteit waarop hulle
van meet af aan versot raak. Die Vuma Leesinstruksieprogram is tans
beskikbaar in Afrikaans Huistaal, isiZulu Huistaal, Sepedi Huistaal
en Engels Eerste Addisionele Taal.
|
|