0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (5)
  • R50 - R100 (28)
  • R100 - R250 (105)
  • R250 - R500 (63)
  • R500+ (10)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur

Veilige Tuiskoms By Jou (Afrikaans, Paperback): Magda Schmidt Veilige Tuiskoms By Jou (Afrikaans, Paperback)
Magda Schmidt
R100 R90 Discovery Miles 900 Save R10 (10%) In Stock

Sy voel uiteindelik veilig...

Madie van Tonder was lief vir die charismatiese James van Vuuren en het vas geglo dat hy dieselfde voel. Ná die traumatiese afloop van hulle verhouding, besluit sy om in die vervolg haar hart toe te sluit, vrolik soos 'n vlinder rond te fladder en dieper verhoudings te vermy soos die pes.

Totdat sy die jong veearts, Lourens de Villiers, ontmoet. Sy helderbruin oë glimlag saam wanneer hy lag en hy laat haar veilig voel. Maar kan sy haar hart hierdie keer vertrou, of is Lourens ook besig om met haar te speel?

Die kwessie van seksuele teisering word aangespreek met baie deernis en sensitiwiteit in hierdie verhaal.

Jou Stryd Behoort Aan Die Here (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Jou Stryd Behoort Aan Die Here (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) In Stock

Het jy al ooit gevoel jy het al alles op aarde probeer om ’n probleem op te los, maar dat niks werk nie? Het jy al ooit gewonder waar die moeilikhede wat jou in die gesig staar, vandaan kom?

In Jou stryd behoort aan die Here verduidelik Joyce Meyer dat wanneer jy die duiwel – wat werklik is en aktief is in vandag se wêreld – as jou ware vyand en die bron van jou probleme raaksien, jy dit kan oorkom en ’n lewe van vrede, vryheid, geloof en oorwinning leef. Wanneer jy die lewe se aanslae in die gesig staar, is daar sekere dinge wat jy vir jouself moet doen, soos om ywerig God se Woord te bestudeer en toe te pas, Hom te vertrou, te bid, ander te help, en ’n gesindheid van vertroue en ’n dankbare hart te handhaaf. Maar daar is ander dinge wat net God kan doen. Wanneer jy jou deel doen, doen God sy deel – en Hy is altyd gereed en gretig om jou te verdedig en te help.

Joyce fokus nie net op die aard en strategieë van die vyand in hierdie vars benadering tot geestelike oorlogvoering nie, maar ook op die ware karakter en liefde van God, wat jou altyd na oorwinning sal lei. Ongeag hoe moeilik jou uitdagings ook al is, het jy alles wat jy nodig het om elke stryd te wen – want God is aan jou kant!

Tyd Om Te Skaats (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Tyd Om Te Skaats (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) In Stock

Hannah is vasgekeer.

Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg.

Tot Lua onverwags ʼn paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word.

Hannah kom voor ʼn keuse te staan: veg, vlug of vries?

Sy kies! Sy kyk video’s oor hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere.

Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele!

Hoe Werk Dit? - 33 Projekte Vir Slimkoppe (Afrikaans, Paperback): Carol Vorderman Hoe Werk Dit? - 33 Projekte Vir Slimkoppe (Afrikaans, Paperback)
Carol Vorderman
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) In Stock

Projekte vir nuuskierige kinders! Weet jy van kinders wat daarvan hou om probleme op te los? Wonder hulle oor hoe dinge werk? Het hulle al daarvan gedroom om kreatiewe projekte aan te pak? As die antwoord “ja” is op al die vrae, is jou kind dalk 'n ingenieur-in-wording. Hierdie is die perfekte boek om kinders nuuskierig oor die ingenieurswese te maak. Die boek bevat allerlei projekte wat kinders help verstaan hoe die wêreld werk. Die materiaal vir die projekte kan tuis gevind word en die projekte is maklik om self te voltooi. Die inspirerende stories van Leonardo da Vinci, Mae Jemison en Elon Musk is ook by die boek ingesluit.

Tuisland (Afrikaans, Paperback): Karin Brynard Tuisland (Afrikaans, Paperback)
Karin Brynard 2
R438 Discovery Miles 4 380 In Stock

Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van 'n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie. Op die rand van die Kgalagadi-oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die Kalahari-San in 'n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop hy hom in 'n bynes vas. Die brutale aanval op 'n Duitse toeris ontketen 'n rits gebeure wat 'n multimiljoenrandse projek vir die San kan verongeluk. En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry 'n nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, 'n hardekwas rissiepit wat saam met hom deur 'n doolhof van politiek, mites en moord moet stap. Gelyktydig moet Kytie Rooi, skoonmaakster by 'n luukse gastehuis op Upington, die Kalahari in vlug met 'n vreemde straatkindjie aan die hand. Met die romans Plaasmoord en Onse vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman kom haar karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.

Thembi en Themba by die Biblioteek: Gr 3: Reader (Afrikaans, Staple bound): Manichand Beharilal Thembi en Themba by die Biblioteek: Gr 3: Reader (Afrikaans, Staple bound)
Manichand Beharilal; Edited by Thea Wallace; Illustrated by Melvyn Naidoo
R82 Discovery Miles 820 In Stock
My Eerste Woordeboek (Afrikaans, Hardcover): Maja Sereda My Eerste Woordeboek (Afrikaans, Hardcover)
Maja Sereda
R195 R124 Discovery Miles 1 240 Save R71 (36%) In Stock

’n Vrolike, prettige eerste woordeboek vol kleurryke illustrasies. Kinders sal hope pret hê en basiese woordeskat in vier van Suid-Afrika se amptelike tale aanleer terwyl hulle hierdie boek speel-speel verken. Maklike woord-prent-assosiasies word in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe volgens verskillende temas gerangskik. Van die temas sluit in: klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voëls, diere, skool, my liggaam en my familie. ’n Moet-hê-boek vir elke gesin se boekrak!

Antieke wereld - 'n Wereld van boeiende feite en syfers (Afrikaans, Hardcover): Diane Stephens Antieke wereld - 'n Wereld van boeiende feite en syfers (Afrikaans, Hardcover)
Diane Stephens
R129 R68 Discovery Miles 680 Save R61 (47%) In Stock

Hoe is die piramides gebou? Wie was die Romeinse swaardvegters? Wat was die Trojaanse perd? As jy ooit antwoorde op hierdie en ander belangrike vrae gesoek het, is hierdie boek vir jou. Dit bevat meer as 70 van die vrae waarop jy die graagste antwoorde wil he, en antwoorde wat van jou ’n kenner van die antieke wereld gaan maak. Opwindende kleurfoto’s en tekeninge. Jou topgids oor die antieke wereld!

X-Kit Presteer! Afrikaans Taal En Spelling - Huistaal Gr 8 & 9 (Werkboek) (Afrikaans, Paperback): R. Gouws, C. Janse van... X-Kit Presteer! Afrikaans Taal En Spelling - Huistaal Gr 8 & 9 (Werkboek) (Afrikaans, Paperback)
R. Gouws, C. Janse van Rensburg, J. Hugo
R174 Discovery Miles 1 740 In Stock
'n Ou Soos Jy (Afrikaans, Paperback): Annabel Allers 'n Ou Soos Jy (Afrikaans, Paperback)
Annabel Allers
R199 R188 Discovery Miles 1 880 Save R11 (6%) In Stock

Kan 'n gids jou regtig help om liefde te vind? Emma is vasbeslote - dié vakansie gaan sy 'n ou kry. Hy gaan na soutwater ruik, en haar vir eens en vir altyd kan laat vergeet van haar beste vriendin se broer, Christiaan, wat haar buitendien nie eens raaksien nie. Toe sy nie lank nie na hul aankoms by Jeffreysbaai 'n sekere blonde branderplankryer raakloop, klop haar hart sommer dadelik vinniger. Emma ontdek boonop 'n boek wat stap vir stap verduidelik hoe om 'n ou se hart te wen en sy besluit om die uitdaging te aanvaar ... Sy gaan die boek se raad volg en die beste vakansieromanse ooit hê! Wat kan verkeerd loop? Hierdie is romantiese fiksie vir tieners.

Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback): Joanne Jowell Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback)
Joanne Jowell 2
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) In Stock

“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem.”

Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid.

’n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie.

Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Sabotage - Eskom Under Siege
Kyle Cowan Paperback  (2)
R340 R314 Discovery Miles 3 140
The Threats of Algorithms and AI to…
Alfred R Cowger Hardcover R3,948 R2,780 Discovery Miles 27 800
Silver Spring and the Civil War
Robert E. Oshel Paperback R530 R490 Discovery Miles 4 900
An Orchestra of Voices - Making the…
Sun Xupei Hardcover R2,759 Discovery Miles 27 590
Fort Clinch, Fernandina and the Civil…
Frank A Ofeldt Hardcover R720 Discovery Miles 7 200
Recent Progress in Intersection Theory
Geir Ellingsrud, William Fulton, … Hardcover R4,542 Discovery Miles 45 420
31st European Symposium on Computer…
Metin Turkay, Rafiqul Gani Hardcover R11,277 Discovery Miles 112 770
Singular Loci of Schubert Varieties
Sara Sarason, V. Lakshmibai Hardcover R3,949 Discovery Miles 39 490
Nanomaterials for Water Remediation
Ajay Kumar Mishra, Chaudhery M. Hussain, … Hardcover R5,144 Discovery Miles 51 440
Cambridge IGCSE and O Level Computer…
David Watson, Helen Williams Paperback R418 Discovery Miles 4 180

 

Partners