Soetroos van Saron vertel die verhaal van Delicia Basson, ‘n jong vrou van Saron wat ‘n gesogde beurs van die welgestelde Nicol-familie ontvang om aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.
Delicia is opgewonde én angstig wanneer sy ouma Toesie en haar vertroude wêreld agterlaat om haar studies voort te sit. Delicia is heeltemal oorweldig deur die prag en praal waarin die welgestelde Nicolfamilie woon. Maar geleidelik besef sy daar is iets sinisters wat onder die oppervlak broei. Soos sy dieper grawe, ontdek Delicia ‘n patroon van uitbuiting wat ander slagoffers betrek – insluitend Deyoncé, ‘n plaasmeisie wat op geheimsinnige wyse verdwyn het.
Kan Delicia soos Nancy Drew die leidrade ondersoek en die donker waarheid blootlê?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!