![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Promotion > Women's Month > Afrikaans
Patriarg Tjaart van der Walt se verlede haal sy kleindogters in ná sy dood toe ’n gas onverwags by sy kleindogter, Lenore van der Walt, se bruilof opdaag. Die bewaringstatus van Bateleur Reservaat en Khulula Renosterskuiling word daardeur bedreig. Die gas wil met ’n mynbaas saamspan om ’n steenkoolmyn in die Laeveld te vestig. Sikloon Dineo tref die reservaat langs die Mosambiek-grens en derduisende klimaatvlugtelinge word blootgestel aan mensehandel en ontvoerings. Die toenemende stel van slagysters vir bosslaghuisvleis lei ook tot ernstige vergrype teen diere. Die drie Van der Walt-niggies – Lenore, Tarien en Bella – word meegesleur in die gety van ontheemding en dierevergrype. Ook op geestelike vlak is daar ’n vervreemding tussen die niggies en hul Skepper wanneer seer uit die verlede hul inhaal en hul binne-vrede moet vind om weer tuis by God te voel. Romanse en nuwe vriendskappe te midde van natuurrampe en aanvalle deur insypelaars word ’n toevlug toe ’n bonkige huursoldaat en die Olifantbekoorder van die Laeveld tot die niggies se lewens toetree.
’n Nuwe lewe wag op hom In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit London ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ’n onbekende tante van sy pa in ’n klein dorpie in Skotland. By aunty Grace wag ’n nuwe lewe op hom. Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberië. 90 000 word gevange geneem, net sesduisend oorleef. Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na ’n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met dié van Seretse Khama en Mentje de Vries.
Sondag. Oukersaand. Ná ’n inbraak by die Stables Estate in Pretoria-Oos word sakeman Lafras van Zyl vir dood agtergelaat. Die res van die Van Zyl-gesin verdwyn spoorloos. Kaptein AJ Williams moet inspring om te help. Alex en Ranna is op die spoor van ’n meisie, wat in Johannesburg vermis geraak het. Twee misdade. Meer vrae as antwoorde.
Twee inspirerende topverkoper-romans in een omnibus
Hoe Sara Koordom op Rooiduin in die verre Noord-Kaap aangeland het, is ’n raaisel. Sy het gekom soos die woestynwind – een dag was sy daar, en niemand weet van waar nie. En hoekom sy op Rooiduin bly, is selfs ’n groter raaisel. Dis nie lank nie of die hele dorp merk op watter raakvatter Sara is. Tot meneer Thüneman van die Algemene Handelaar het gevra of sy twee keer ’n week die pos kan kom uitsorteer. En vir klein Kuikentjie Boskat is sy soos ’n eie ma. Sara voel veral tuis by ouma Spriet en oom Alles, wat met die helm gebore is. En by ant Korreltjie, wat haar geleidelik leer van patrone uitlê en rokkies maak. Maar die bedreiging wat Piet Boskat inhou, roep die spoke van Sara se verlede op. Kan sy vir haar ’n weg ooptrap om vry te kom van die gevare van die hede én van die verlede? En terselfdertyd die mense beskerm vir wie sy so lief geword het? ’n Aangrypende, meelewende roman deur die skrywer van die hoog aangeskrewe debuut Die kinders van Spookwerwe.
Wanneer iemand jou kind steel, wat is jou breekpunt?
“Op die kombuisvloer sit-lê my man met sy rug na my toe. Sy ledemate
hang slap, soos ’n marionet wat pas sy toutjies verloor het. Op die
toonbank lê sy haelgeweer. Ek weet dadelik hy is dood.”
Twee gewilde Weskus-romans in een.
Haar naam is Ragel:
Marta:
Kainsmerk is ’n versameling stories wat meestal as kortverhale en vervolgverhale in tyd- skrifte verskyn het. In hierdie verhale vertel Annelie Botes van mense wat as brose wesens dikwels ’n teken van vervloeking (Kainsmerk) in hul siele ronddra wat hulle vir die wêreld wil verberg. Lesers maak kennis met verskeie karakters wat telkens op die Damaskuspad beland as gevolg van die seerkry wat hulle ervaar. ’n Boervrou se ouderlingman verrinneweer haar en sy begin drink, en droom van die dag dat sy haar man se lyk in die put op die werf afgooi. ’n Ander boervrou bou ’n padstal en werk haar tot eelte, terwyl sy haar man afskeep. Totdat sy op ’n dag tydens ’n vloed op die dak van die padstal vasgekeer word. Nog ’n plaasvrou het geen behae in haar huwelik nie. Een nag beleef sy en haar man ’n plaasaanval en is hulle nét op mekaar aangewese. ’n Vrou wat tronkstraf uitgedien het vir diefstal, beland as huishoudster by ’n hoogaangeskrewe man met ’n rare obsessie. ’n Mevrou- dominee gaan soek rus en heling in ’n grot op haar geboorteplaas. Hierdie is maar enkele van die karakters waarmee Botes Suid-Afrikaanse tydskriflesers deur die jare meegevoer het. Nou word dié juwele vir die eerste keer byeengebring in een band. As spesiale bonus is die immergewilde “Duiwelsbrood”, wat geruime tyd reeds uit druk is, ook in Kainsmerk opgeneem.
Verbly julle in die hoop is die tweede boek in die drieluik met die temas geloof, hoop en liefde wat verbeeld word deur die lewensverhaal van Andreas Beyers. Ons eerste ontmoeting met ’n jong Andreas is in Geloof soos ’n mosterdsaadjie, en hier vind ons hom waar hy terug delf in die verlede. Dit is Vrydag 20 Maart 2020: Die huis waar Andreas die afgelope vyf jaar gewoon het, is opgepak. Die volgende dag vertrek hy saam met sy kinders na ’n aftreeoord in die Strand waar hy die laaste jare van sy lewe sal slyt. Hoewel Covid-19 inperkings aan die orde van die dag is, weet die meeste SuidAfrikaners, asook Andreas en die ander mense op die plattelandse dorpie glad nie wat op hulle wag nie. Verbly julle in die hoop sal harte aanraak en twyfelaars nuwe moed gee. Jesus se volgelinge hoop nie omdat hulle wens dat dit eendag beter met hulle sal gaan nie; hulle leef in blydskap omdat hul wense reeds vervul is. Dit moes Andreas Beyers eers leer voordat hy blywende geluk kon vind.
Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud in die Toe-gedeelte en geniet weer die liplekker lekkerte van melktert, gemmerkoekies en gemmerbier. As jou tyd beperk is, wend jou tot die kortpad- getoetste resepte in die Nou-gedeelte, soos 'n sjokoladekoek wat in slegs 7 minute gemaak word, en beproefde, gesonder geregte soos spinasiegebak, pampoenmuffins, bobotie met 'n appellaag en eiervrugslaai.
’n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaar om Adriaan se sewentigste verjaarsdag te vier. Een vir een maak die gaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis in die Weskus. Sommige bring hul kinders en die uitbundige gelag van kleinkinders saam. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party lewensmaats en drome vaarwel groet; ander het nuwe liefde en betekenis gevind. En dan is daar Yvette wat haarself nie sover kan kry om vir almal van háár reis te vertel nie. Laaste kans is ’n hoogs leesbare roman oor vriendskap wat die tyd deurstaan het. Marita van der Vyver skryf met haar kenmerkende insig en humor oor ontheemde mense, die komplekse verhouding tussen ouer en kind, en die eise wat die tyd aan menswees stel.
Oorlog verswelg die Boererepubliek. Huise word verwoes, landery word verbrand, en vroue en kinders in konsentrasiekampe aangehou. Pieter Nel lei ’n kommando bittereinders in ’n desperate opstand teen die Britse ryk. Hulle offer alles op vir ’n vrede wat dalk nooit gaan kom nie, vir ’n huis wat hulle dalk nooit weer gaan sien nie. Intussen moet Katrina Nel baklei om haarself en hul kinders aan die lewe te hou namate die toestande in die konsentrasiekampe al hoe hagliker word. Hier word haar lewe onlosmaaklik vervleg met dié van die ander vroue, die hanskakies wat die vyand help om die kampe te bestuur, en die Engelse offisier wat haar hart wil wen. Wag daar lewe of liefde anderkant die oorlog?
20 Hekeltegnieke bevat verskillende tegnieke en idees waarvoor hekelwerk gebruik kan word. Elke tegniek word vergesel deur een of meer patrone om die spesifieke tegniek op ’n moderne manier uit te beeld. Die skrywer verskaf basiese hekeltegnieke vir die beginner, asook meer gevorderde tegnieke vir diegene wat reeds ervare met hekelwerk is. 20 Hekeltegnieke is geskryf om jou kreatiwiteit vrye teuels te gee.
Rebekkah Keller was ’n tiener toe haar pa oorlede is. Om aan die
knaende verdriet te ontsnap begin sy lengte ná lengte vryslag in die
skoolwembad te swem. Meer as twintig jaar later woon Rebekkah steeds in
Bloemfontein. Sy is geskei van haar man en sy werk voltyds by ’n
prokureursfirma. Sy swem nooit meer nie. Een oggend stuur Rebekkah se
beste vriendin vir haar ’n nuusberig wat die mat onder haar voete
uitruk. Die verlede spoel soos ’n fratsgolf oor haar.
Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, hierdie breiboek
bied ’n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks,
Brei saam met Vrouekeur.
In die somer van 1838 vertrek die Voortrekkerleier Piet Retief en sowat 100 man na die Zoeloekoning Dingaan om oor grond vir die trekkers te onderhandel. In die laer by Doornkop wag sy vrou Magdalena op hulle terugkeer. Die afloop van hierdie sending na Dingaan is wyd opgeteken as die Slag van Bloedrivier. Byna 180 jaar later is Hanna op soek na wat ook al Magdalena nagelaat het. Vroeg in hierdie soektog loop Hanna haar vas in ’n plaasmoord waarvoor sy nie antwoorde het nie. Bitter min is bekend oor Magdalena en haar lewe ná 1838, buiten haar brief in 1841 aan haar skoonfamilie. In Pietermaritzburg staan haar huisie vandag nog, nou ’n klerewinkel. Kort voor haar dood in 1854 besoek ’n handelaar haar in Potchefstroom en staan in sy boek ’n paragraaf aan haar af. Al wat ons het, is vandag en elke mens vertel ’n storie anders. Van ver af is niks soos dit vir ons lyk nie. “Bloedlelie is ’n merkwaardige en belangrike roman uit die pen van ’n vaardige, gesoute skrywer. Verskriklike en weersinwekkende gebeure sowel as hedendaagse politieke kompleksiteite en strydpunte word met ’n seker hand uitgebeeld. Tegelykertyd is hierdie roman die verhaal van Magdalena Retief, die grootliks onbesonge vrou van Pieter Mauritz Retief.” - Helene de Kock
Dertig jaar gelede is Johan Botha lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op drie tienermeisies. Terminaal siek en pas vrygelaat, vra hy misdaadjoernalis Ami Prinsloo om hom te help om sy onskuld te bewys. Hoe kan sy nee sê? Dis ’n uitstekende storie. En as ’n voormalige swemkampioen met geraamtes in haar eie kas, weet sy hoe dit voel om als te verloor. Om te sukkel om mense in die oë te kyk. Hoe dit voel as iemand na aan jou vermoor word en te weet dat die skuldige nog op vrye voet is . . .
Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en gebede is dit
opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n verskil in ons lewe maak nie.
Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur
'n ware konneksie met die Here te maak. In hierdie 250
onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe
wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar. Die
boek is daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe
maniere van dink en doen te kweek.
Dit is Simone se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is n bedenklike verlede, n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos n meulsteen om haar nek hang. Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan n loopbaan, n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.
Die nuutste roman van topverkoperskrywer Helena Hugo. Caroline is maar
dertig jaar oud toe sy haar agtste kind in die wêreld bring. Al waarop
sy gehoop het was om te sterf. Die kloof tussen haar en Willem is so
wyd dit lyk asof hulle mekaar nooit weer sal vind nie. Intussen dan pak
die onweerwolke van oorlog op die horison saam. Maar die hoop beskaam
nie: Genesing begin by 'n weggooikind en 'n gekneusde veldblom.
Om terug te dink aan sy lewe is soos om ’n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome. Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af – van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met ’n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders ’n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie. Hy en Stephan, het in ’n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou ’n tuisgeboorte wees, ’n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis. Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het. Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos ’n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.
Wat dryf ’n beeldskone jong ma van drie daartoe om haar man wreed te laat vermoor? Waarom wou Suretha Brits só graag van haar Leon ontslae raak? Danksy inligting uit die binnekring van vriende, familie en mense ná aan die polisie-ondersoek, sit die joernalis Charné Kemp die stukkies van die legkaart bymekaar en vertel die volle verhaal van die opspraakwekkende huurmoord op die geliefde Pofadder-hotelbaas. ’n Boeiende ware misdaadverhaal wat draai om geld, diamante, Krugerrande, seks en verraad.
Onheil op Onrus
Kan sy dit weer doen? |
You may like...
Vusi - Business & Life Lessons From a…
Vusi Thembekwayo
Paperback
(3)
Understanding Macroeconomics
Philip Mohr, Cecilia van Zyl, …
Paperback
(6)R531 Discovery Miles 5 310
|