![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Promotion > Women's Month > Afrikaans
Twee gewilde Weskus-romans in een.
Haar naam is Ragel:
Marta:
Verbly julle in die hoop is die tweede boek in die drieluik met die temas geloof, hoop en liefde wat verbeeld word deur die lewensverhaal van Andreas Beyers. Ons eerste ontmoeting met ’n jong Andreas is in Geloof soos ’n mosterdsaadjie, en hier vind ons hom waar hy terug delf in die verlede. Dit is Vrydag 20 Maart 2020: Die huis waar Andreas die afgelope vyf jaar gewoon het, is opgepak. Die volgende dag vertrek hy saam met sy kinders na ’n aftreeoord in die Strand waar hy die laaste jare van sy lewe sal slyt. Hoewel Covid-19 inperkings aan die orde van die dag is, weet die meeste SuidAfrikaners, asook Andreas en die ander mense op die plattelandse dorpie glad nie wat op hulle wag nie. Verbly julle in die hoop sal harte aanraak en twyfelaars nuwe moed gee. Jesus se volgelinge hoop nie omdat hulle wens dat dit eendag beter met hulle sal gaan nie; hulle leef in blydskap omdat hul wense reeds vervul is. Dit moes Andreas Beyers eers leer voordat hy blywende geluk kon vind.
’n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaar om Adriaan se sewentigste verjaarsdag te vier. Een vir een maak die gaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis in die Weskus. Sommige bring hul kinders en die uitbundige gelag van kleinkinders saam. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party lewensmaats en drome vaarwel groet; ander het nuwe liefde en betekenis gevind. En dan is daar Yvette wat haarself nie sover kan kry om vir almal van háár reis te vertel nie. Laaste kans is ’n hoogs leesbare roman oor vriendskap wat die tyd deurstaan het. Marita van der Vyver skryf met haar kenmerkende insig en humor oor ontheemde mense, die komplekse verhouding tussen ouer en kind, en die eise wat die tyd aan menswees stel.
Oorlog verswelg die Boererepubliek. Huise word verwoes, landery word verbrand, en vroue en kinders in konsentrasiekampe aangehou. Pieter Nel lei ’n kommando bittereinders in ’n desperate opstand teen die Britse ryk. Hulle offer alles op vir ’n vrede wat dalk nooit gaan kom nie, vir ’n huis wat hulle dalk nooit weer gaan sien nie. Intussen moet Katrina Nel baklei om haarself en hul kinders aan die lewe te hou namate die toestande in die konsentrasiekampe al hoe hagliker word. Hier word haar lewe onlosmaaklik vervleg met dié van die ander vroue, die hanskakies wat die vyand help om die kampe te bestuur, en die Engelse offisier wat haar hart wil wen. Wag daar lewe of liefde anderkant die oorlog?
So lyk ’n vrou, Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe
van mishandeling deur ’n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022
geskok en aangegryp. ’n Vrou staan op is die vervolg op die
blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe.
20 Hekeltegnieke bevat verskillende tegnieke en idees waarvoor hekelwerk gebruik kan word. Elke tegniek word vergesel deur een of meer patrone om die spesifieke tegniek op ’n moderne manier uit te beeld. Die skrywer verskaf basiese hekeltegnieke vir die beginner, asook meer gevorderde tegnieke vir diegene wat reeds ervare met hekelwerk is. 20 Hekeltegnieke is geskryf om jou kreatiwiteit vrye teuels te gee.
Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, hierdie breiboek
bied ’n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks,
Brei saam met Vrouekeur.
In die somer van 1838 vertrek die Voortrekkerleier Piet Retief en sowat 100 man na die Zoeloekoning Dingaan om oor grond vir die trekkers te onderhandel. In die laer by Doornkop wag sy vrou Magdalena op hulle terugkeer. Die afloop van hierdie sending na Dingaan is wyd opgeteken as die Slag van Bloedrivier. Byna 180 jaar later is Hanna op soek na wat ook al Magdalena nagelaat het. Vroeg in hierdie soektog loop Hanna haar vas in ’n plaasmoord waarvoor sy nie antwoorde het nie. Bitter min is bekend oor Magdalena en haar lewe ná 1838, buiten haar brief in 1841 aan haar skoonfamilie. In Pietermaritzburg staan haar huisie vandag nog, nou ’n klerewinkel. Kort voor haar dood in 1854 besoek ’n handelaar haar in Potchefstroom en staan in sy boek ’n paragraaf aan haar af. Al wat ons het, is vandag en elke mens vertel ’n storie anders. Van ver af is niks soos dit vir ons lyk nie. “Bloedlelie is ’n merkwaardige en belangrike roman uit die pen van ’n vaardige, gesoute skrywer. Verskriklike en weersinwekkende gebeure sowel as hedendaagse politieke kompleksiteite en strydpunte word met ’n seker hand uitgebeeld. Tegelykertyd is hierdie roman die verhaal van Magdalena Retief, die grootliks onbesonge vrou van Pieter Mauritz Retief.” - Helene de Kock
Dertig jaar gelede is Johan Botha lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op drie tienermeisies. Terminaal siek en pas vrygelaat, vra hy misdaadjoernalis Ami Prinsloo om hom te help om sy onskuld te bewys. Hoe kan sy nee sê? Dis ’n uitstekende storie. En as ’n voormalige swemkampioen met geraamtes in haar eie kas, weet sy hoe dit voel om als te verloor. Om te sukkel om mense in die oë te kyk. Hoe dit voel as iemand na aan jou vermoor word en te weet dat die skuldige nog op vrye voet is . . .
Dit is Simone se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is n bedenklike verlede, n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos n meulsteen om haar nek hang. Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan n loopbaan, n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.
Die nuutste roman van topverkoperskrywer Helena Hugo. Caroline is maar
dertig jaar oud toe sy haar agtste kind in die wêreld bring. Al waarop
sy gehoop het was om te sterf. Die kloof tussen haar en Willem is so
wyd dit lyk asof hulle mekaar nooit weer sal vind nie. Intussen dan pak
die onweerwolke van oorlog op die horison saam. Maar die hoop beskaam
nie: Genesing begin by 'n weggooikind en 'n gekneusde veldblom.
Om terug te dink aan sy lewe is soos om ’n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome. Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af – van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met ’n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders ’n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie. Hy en Stephan, het in ’n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou ’n tuisgeboorte wees, ’n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis. Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het. Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos ’n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.
Kan sy dit weer doen?
Wat dryf ’n beeldskone jong ma van drie daartoe om haar man wreed te laat vermoor? Waarom wou Suretha Brits só graag van haar Leon ontslae raak? Danksy inligting uit die binnekring van vriende, familie en mense ná aan die polisie-ondersoek, sit die joernalis Charné Kemp die stukkies van die legkaart bymekaar en vertel die volle verhaal van die opspraakwekkende huurmoord op die geliefde Pofadder-hotelbaas. ’n Boeiende ware misdaadverhaal wat draai om geld, diamante, Krugerrande, seks en verraad.
Die slawe aan die Kaap het as draers en skeppers van kultuur, ten spyte van onderdrukking, ’n groot invloed uitgeoefen op die ontwikkeling van die samelewing aan die suidpunt van Afrika en veral van ’n inheemse, kreoolse kultuur. In hierdie boek word die slawe se rol in die ontstaan van dié eiesoortige kultuur vir die eerste keer verken.
Esther Wolmarans, die liefde van Andreas se lewe, is ’n deernisvolle,
diensvaardige, sagmoedige meisie wat deur omstandighede gedwing word om
die rol van versorger en huishoudster te speel. Volgens ou standaarde
is sy ’n oujongnooi in wording.
My Low Carb-Kombuis is ’n maklike, toeganklike stapvir- stap-gids tot ’n laekoolhidraat-lewenstyl. Dit verskaf riglyne oor watter kos om uit jou dieet te sny en wat om in te sluit vir optimale gesondheid en hope energie. Met meer as 50 watertandresepte, weeklikse maaltydplanne en inkopielyste om jou vinnig op dreef te kry! My Low Carb-Kombuis vertel jou alles oor: Hoe om oor te skakel na ’n laekoolhidraatdieet; Hoe om gewig te verloor op ’n laekoolhidraatdieet; Hoe ’n laekoolhidraatdieet kan help met seliaksiekte, diabetes, chroniese moegheid, glutenintoleransie en inflammasie; Hoe om smaaklike laekoolhidraatgeregte voor te berei, soos bolognaise, laekoolhidraat-broodrolletjies, geroosterde varkvleis, nacho’s, amandel-en jogurtplaatkoekies en selfs romerige kaaskoek.
In 'n Ewige kroon vertel die gewese Mej. Heelal en Mej.
Suid-Afrika Demi-Leigh Tebow hoe gevaarlik dit is om ons identiteit aan
ons prestasies te koppel. Ontdek wie jy geskape is om te wees, en hoe
jy jou platform kan gebruik om ’n verskil te maak. Demi verweef haar
lewensverhaal met die insigte wat sy langs pad verwerf het, en wys hoe
jy kan leer om op jou groter roeping te fokus eerder as op jou
aspirasies, en ’n voetspoor van betekenis kan nalaat, eerder as een van
sukses.
Die lugbraaier is ’n veelsydige kombuistoestel wat toenemend gewild raak. Baie mense gebruik lugbraaiers net om voorafbereide kos soos krummellaaghoender of bevrore vis en aartappelskyfies gaar te maak, maar dit kan ook vir talle uithalergeregte, selfs gebak, ingespan word. Die boek fokus op ou bekende gunstelinge soos malvapoeding, bobotie, appelkoos-snoek met soetpatats, melktert en boerewors met chakalaka, om net ’n paar te noem. Alles word in die lugbraaier gaargemaak.
’n Onskuldige man word in sy motorhuis met ’n jaggeweer doodgeskiet. ’n
Jong vrou se lyk hang aan ’n boomtak diep in die Magaliesberg.
Toe Covid-19 die mat onder Marita van der Vyver en haar Fransman se
voete uitruk en hulle noodgedwonge hul ou groot huis op die Franse
platteland moes verkoop, besluit hulle om die meeste van hulle aardse
besittings ontslae te raak en ver in die wêreld te gaan reis. In
hierdie reis, wat oor drie vastelande strek, word ’n hele leeftyd se
herinneringe ontgin. Want soms moet mens baie verloor, en ook bereid
wees om self verlore te raak, voor mens regtig vryheid kan wen.
’n Vreemdeling by ’n familiebegrafnis keer Kristie se lewe onderstebo.
Haar daaglikse take by die argiteksfirma beleef ook ’n wending: Erik is
’n moeilike kliёnt en ook die onweerstaanbare tipe. Toe Kristie se
werklikheid ineenstort, vlug sy na Phuket in Thailand. Maar die eiland
bring nie vir haar die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy
van haar omgekeerde wêreld probeer sin maak, begin een van die laaste
bastions in haar lewe wankel.
Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en gebede is dit
opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n verskil in ons lewe maak nie.
Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur
'n ware konneksie met die Here te maak. In hierdie 250
onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe
wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar. Die
boek is daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe
maniere van dink en doen te kweek.
Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud in die Toe-gedeelte en geniet weer die liplekker lekkerte van melktert, gemmerkoekies en gemmerbier. As jou tyd beperk is, wend jou tot die kortpad- getoetste resepte in die Nou-gedeelte, soos 'n sjokoladekoek wat in slegs 7 minute gemaak word, en beproefde, gesonder geregte soos spinasiegebak, pampoenmuffins, bobotie met 'n appellaag en eiervrugslaai.
Bettina is wyd bekend vir haar weeklikse rubrieke vir LitNet en as iemand wat opstaan vir reg en geregtigheid. Sy het haar 50 gunsteling-meningstukke gekies en sê: “My rubrieke is nie bedoel om net nog 'n eggokamer te wees waar mense nét dit weerspieël sien waarin hulle glo nie. Juis nie. Wat ek hoop om elke week te doen is om mense aan die dink en aan die gesels te kry.” |
You may like...
Methods of Nonlinear Analysis…
Pavel Drabek, Jaroslav Milota
Hardcover
R3,017
Discovery Miles 30 170
The Zakharov System and its Soliton…
Boling Guo, Zaihui Gan, …
Hardcover
R3,458
Discovery Miles 34 580
|