0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R100 - R250 (7)
  • R250 - R500 (61)
  • R500+ (1)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Promotion > Women's Month > Afrikaans

Herontdek Jou Selfvertroue - Sewe Stappe Na 'n Nuwe Jy (Afrikaans, Paperback): Rolene Strauss Herontdek Jou Selfvertroue - Sewe Stappe Na 'n Nuwe Jy (Afrikaans, Paperback)
Rolene Strauss 1
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sukkel jy met selfvertroue? Vergelyk jy jouself gedurig met die wêreld se idee van perfeksie? Verhinder jou gebrek aan selfvertroue jou om doelwitte te bereik en werklik sukesvol te wees? Jy is nie alleen nie.

Van die slimste en mooiste vroue ter wêreld het lae selfvertroue. In hierdie boek deel Rolene Strauss hoe ook sy met 'n tekort aan selfvertroue gesukkel het, selfs terwyl sy die Mej. Wêreldkroon gedra het. Deur haar meestersgraad in professionele lewensafrigting en ure se afrigtingsessies met vroue wat met lae selfvertroue gesukkel het, het Rolene waardevolle insigte bekom oor hoe vroue hul selfvertroue kan bou en behou.

Herontdek Jou Selfvertroue is ’n onontbeerlike gids vir vroue wat die moed en vertroue wil hê om hul drome vreesloos na te jaag.

Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht 1
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos."

Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in eenvoudige taal geskryf vir elke dag se gebruik, vir elke kosliefhebber. Nou kan jy die gewilde aanbieder van Marinda Kook op VIA, se eerste kookboek geniet.

Breekpunt (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Breekpunt (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer iemand jou kind steel, wat is jou breekpunt?

Twee jong kinders verdwyn spoorloos uit die veiligheid van hul ouerhuise in Johannesburg. Albei is meisies, albei word in die middel van die nag weggelok . . .

Kaptein Alek Strauss ondersoek die saak en kom agter die ontvoerder se modus operandi stem grootliks ooreen met dié van ’n misdadiger wat al jare agter tralies sit nadat hy twee ander meisies ontvoer het. Hoekom dink een van die slagoffers se ma dan hierdie man is onskuldig? En watter skokkende ontdekking maak sy in haar dogter se slaapkamer ses jaar ná haar verdwyning?

Dan kom ’n jong paartjie op ’n gruvonds in die Drakensberg af en dit dompel almal in ’n nuwe maalkolk van raaisels.

Sal hulle die meisies betyds vind?

Breekpunt, Marie Lotz se vierde spanningsroman, is ’n meesleurende en meesterlike speurtog.

Drome het ook Asem (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Drome het ook Asem (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Duncan Weston, eienaar van Soeterwijn, voel of hy uit homself kan stap. Hoe kan ’n mens alles hê en tog voel asof jy niks het nie?  ’n Vakansie weg van sy alledaagse roetine is wat hy nodig het. In Rome wag Isabel Haasen hom by die lughawe in. Ondanks haar kil houding voel Duncan intuïtief tuis in haar geselskap, maar daar is iets wat sy  wegsteek . . .

Drome het ook asem se karakters en intrige beloof om lesers te boei en te betower. ’n Fyn genuanseerde verhoudingsroman vir volwassenes.

Geroep vir 'n Tyd Soos Hierdie (Afrikaans, Paperback): Farren Cloete Geroep vir 'n Tyd Soos Hierdie (Afrikaans, Paperback)
Farren Cloete
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Farren Cloete is geroep vir ’n tyd soos hierdie, maar wys vir jou op jou roeping ook: dit maak nie saak wat mense sê nie, as God jou geroep het kan geen mens jou keer nie en jy hoef aan niemand rekenskap te gee nie. Farren kom maak ons vry daarvan dat ons dink ons moet ander gelukkig maak, en help ons om te fokus op wat God van ons wil hê. Dit maak nie saak hoe moeilik ons roeping is nie, of ons opgewasse voel daarvoor of nie, God is by ons en Hy roep ons vir ’n tyd soos hierdie.

Onder Water (Afrikaans, Paperback): Henda Olivier Onder Water (Afrikaans, Paperback)
Henda Olivier
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Rebekkah Keller was ’n tiener toe haar pa oorlede is. Om aan die knaende verdriet te ontsnap begin sy lengte ná lengte vryslag in die skoolwembad te swem. Meer as twintig jaar later woon Rebekkah steeds in Bloemfontein. Sy is geskei van haar man en sy werk voltyds by ’n prokureursfirma. Sy swem nooit meer nie. Een oggend stuur Rebekkah se beste vriendin vir haar ’n nuusberig wat die mat onder haar voete uitruk. Die verlede spoel soos ’n fratsgolf oor haar.

Wegkruiper (Afrikaans, Paperback): Christelle Wessels Wegkruiper (Afrikaans, Paperback)
Christelle Wessels
R330 R294 Discovery Miles 2 940 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Onheil op Onrus

Iemand speel ’n grusame speletjie op Onrus. ’n Oudonderwyseres word in haar dansateljee vermoor en twee vroue word ontvoer en gemartel.

Kaptein Werner de Wege en adjudant Lisamore Talakase moet ’n legkaart bou om die raaisel op te los, maar die belangrikste stukke speel wegkruipertjie met hulle.

Sal die speurders die moordenaar betyds kan vastrek voor die volgende slagoffer val? En wat het ’n afgetrede onderwyseres, ’n bekende dokter, ’n sukkelende eiendomsagent en ’n boer gemeen?

Wegkruiper, Christelle Wessels se vierde spanningsroman, wys in watter nagmerrie ’n dorp ontaard wanneer die sondes van die verlede ’n gemeenskap inhaal.

Onrus Op Steynshoop (Afrikaans, Paperback): Ingrid Winterbach Onrus Op Steynshoop (Afrikaans, Paperback)
Ingrid Winterbach
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

"Die teenwoordigheid van die Chinese in Steynshoop het die dorp die afgelope paar jaar ingrypend verander.

Benna Potgieter, wonderkind in sy prille jeug, is sedert sy pa se dood ’n haarkapper in sy ma se salon. Sy lewe neem ’n drastiese wending wanneer die skilder Fonny, sy groot verlore liefde, onverwags na die dorp terugkeer.

Snaaks, droewig, wrang en oneerbiedig – ’n opwindende nuwe roman in ware Winterbach-trant."

Die Geskenk - Liefde, Selfdood en Dieper Leef (Afrikaans, Paperback): Riette Rust Die Geskenk - Liefde, Selfdood en Dieper Leef (Afrikaans, Paperback)
Riette Rust
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

“Op die kombuisvloer sit-lê my man met sy rug na my toe. Sy ledemate hang slap, soos ’n marionet wat pas sy toutjies verloor het. Op die toonbank lê sy haelgeweer. Ek weet dadelik hy is dood.”

Die geskenk is die bekende skrywer Riette Rust se ontroerende ware verhaal, onthutsend eerlik, vol menslikheid en soms selfs skreeusnaaks. Van haar kinderjare in die Paarl, waar haar pa whiskey-bottels in die gangkas wegsteek, haar huwelik met JD, die onbeplande swangerskap en gelukkige gesinsjare, tot dié oggend, toe Riette se hele wêreld aan skerwe spat.

Te midde van die diepste verskrikking gaan soek Riette na kennis. Sy studeer sielkunde en lees wyd oor trauma en rou, en met dié boek deel sy wat sy uitvind. Hierdie is nie net die memoir van ʼn merkwaardige vrou aan wie die lewe groot uitdagings gestel het nie. Dit sal ook van groot nut wees vir elkeen wat deur trauma geraak word, met die nuutste wetenskaplike inligting oor selfdood en die nadraai daarvan, van die waarskuwingstekens tot die skaamte en skuldgevoelens, en ʼn hoofstuk oor die verskillende soorte rou.

Riette, nou skielik “ʼn weduwee”, is blootgestel aan skindertonge, geniepsige pastore, en ʼn huis wat herstel moet word. Met Die geskenk bied sy ons die deurleefde wysheid van iemand wat self daar was. Iemand wat weet dit is moontlik om weer voluit te leef, selfs al het die ondenkbare gebeur.

Hierdie dapper, inspirerende boek sal jou uitkyk op die lewe vir altyd verander.

Bessie se Hangkasbiblioteek (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Bessie se Hangkasbiblioteek (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bessie Botha, deesdae weduwee Botha, woon saam met haar broer, Willem, op ’n kleinhoewe buite Bloemfontein. 1974 was tot dusver nie ’n goeie jaar nie, en om alles te kroon is oorlede Stefaans se welgestelde broer en sy jong neus-in-die-lug vrou op pad om te kom
kuier.

Bessie ontferm haar oor al wat kind en dier is in die gemeenskap. Sy meng ook graag by ander se sake in wanneer dit lyk asof Dominee of Gezina, die nuwe voorsitster van die sustersvereniging, nie hul kant bring nie.

Wanneer die veertienjarige Annatjie de Villiers weer een Sondag ná kerk langs die treinspoor staan en flikkers gooi vir al wat ’n treindrywer is, besluit Bessie om die meisiekind ’n boek in die hand te stop sodat sy kan léér waar babas vandaan kom.

Bessie se hangkasbiblioteek is propvol heimwee en humor, met uiteenlopende karakters net so kleurryk soos die boeke in Bessie se spaarkamerhangkas. Madelein Rust op haar beste!

Vrydagaand (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Vrydagaand (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R339 Discovery Miles 3 390 Ships in 6 - 10 working days

Liefdeskortverhale deur 27 bekende Afrikaanse skrywers om jou naweek op ’n romantiese noot mee te begin.

Laat die week en sy gewoel agter met dié stories uit die pen van Juanita Aggenbach, Bernette Bergenthuin, Henk Breytenbach, Malene Breytenbach, Alma Carstens, Alta Cloete, Leona Conradie, Trisa Hugo, Madelie Human, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Kristel Loots, Cliffordene Norton, Susan Olivier, Didi Potgieter, Gerrit Rautenbach, Felicia Snyman, Cecilia Steyn, Dibi Symington, Louise van der Merwer, Santie van der Merwe, Nanette van Rooyen, Frenette van Wyk, Antoinette Venter, Louise Viljoen, Magdaleen Walters en Elsa Winckler.

Roofdier (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Roofdier (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Vyf vooraanstaande sakemanne van Pretoria word koelbloedig met hul eie jagwapens vermoor.

Kaptein Alek Strauss, lid van die Fiskale se Spesiale Ondersoekeenheid, het nog nooit iets so gewetenloos teëgekom nie. Waar gaan die Woestynroos volgende toeslaan? Die Fiskale se forensiese speurwerk lewer geen leidrade op nie, en met elke grumoord word die moordenaar slinkser.

’n Senutergende krimi-debuut deur Marie Lotz – ’n skrywer wat die bloederige donker onder ’n blink oppervlak blootlê.

Vuurvoel (Afrikaans, Paperback): Elmarie Viljoen-Massyn Vuurvoel (Afrikaans, Paperback)
Elmarie Viljoen-Massyn
R335 R299 Discovery Miles 2 990 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Stella Mertens, Mark Dejongh en Riaan Steytler probeer elkeen iets uit hul verlede wegsteek . . . maar elke geheim het ’n vervaldatum. Daar is net ’n sekere tydperk wat ’n sekere hoeveelheid mense ’n geheim kan hou.

In Vuurvoël, Elmarie Viljoen-Massyn se debuutroman, word donker geheime ontrafel wanneer die oënskynlik uiteenlopende wêrelde van Big Pharma en ’n Serwiese dwelmkartel paaie kruis.

’n Hoogs leesbare roman wat getuig van puik navorsing.

Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2 (Afrikaans, Paperback): Louisa Holst Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2 (Afrikaans, Paperback)
Louisa Holst
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Topverkoperskrywer Louisa Holst weet wat die lugbraaiermark wil hê en het weer plaaslike geure na vore gebring!

Resepte sluit in springbokkie-kaaskoek, brandewyn-en-coke-hoendervlerkies, snoek- en appelkoosfilo-samosas, en 'n visvinger-Gatsby vir die honger kinders wat hulle self kan opslaan. Peri-peri-hoenderpastei, gammon (ja – dit kan in die lugbraaier gedoen word), gebraaide lam, karringmelkbeskuit, pavlova en mini-vrugtekoeke is nog meer van die watertand geregte in die boek.

Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is moeilikheid. Hoekom is die Valke op die misdaadtoneel? Was dit ’n sluipmoord? En wat is dit wat die speurder optel en in sy sak druk? Voor Ami hierdie raaisels kan oplos, kruis haar pad met dié van ’n Duitse joernalis wat bewerings van ’n ontstellende voorval in Mosambiek ondersoek. Is daar werklik ’n verband tussen die twee stories?

Kainsmerk (Afrikaans, Paperback): Annelie Botes Kainsmerk (Afrikaans, Paperback)
Annelie Botes
R360 R332 Discovery Miles 3 320 Save R28 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Kainsmerk is ’n versameling stories wat meestal as kortverhale en vervolgverhale in tyd- skrifte verskyn het. In hierdie verhale vertel Annelie Botes van mense wat as brose wesens dikwels ’n teken van vervloeking (Kainsmerk) in hul siele ronddra wat hulle vir die wêreld wil verberg. Lesers maak kennis met verskeie karakters wat telkens op die Damaskuspad beland as gevolg van die seerkry wat hulle ervaar.

’n Boervrou se ouderlingman verrinneweer haar en sy begin drink, en droom van die dag dat sy haar man se lyk in die put op die werf afgooi. ’n Ander boervrou bou ’n padstal en werk haar tot eelte, terwyl sy haar man afskeep. Totdat sy op ’n dag tydens ’n vloed op die dak van die padstal vasgekeer word.

Nog ’n plaasvrou het geen behae in haar huwelik nie. Een nag beleef sy en haar man ’n plaasaanval en is hulle nét op mekaar aangewese. ’n Vrou wat tronkstraf uitgedien het vir diefstal, beland as huishoudster by ’n hoogaangeskrewe man met ’n rare obsessie. ’n Mevrou- dominee gaan soek rus en heling in ’n grot op haar geboorteplaas.

Hierdie is maar enkele van die karakters waarmee Botes Suid-Afrikaanse tydskriflesers deur die jare meegevoer het. Nou word dié juwele vir die eerste keer byeengebring in een band. As spesiale bonus is die immergewilde “Duiwelsbrood”, wat geruime tyd reeds uit druk is, ook in Kainsmerk opgeneem.

As Klippe Kon Praat (Afrikaans, Paperback): Connie Luyt As Klippe Kon Praat (Afrikaans, Paperback)
Connie Luyt
R330 R294 Discovery Miles 2 940 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ná ’n storm spoel ’n kleutermeisie op die Olifantsrivier se oewer uit. Wie is klein Ellie, hoe het sy in die rivier beland, en waarom soek ’n Romeense bendebaas na haar?

Op die plaas Spoelklippe rou Annie nog oor die dood van haar seuntjie en die verbrokkeling van haar huwelik. Ellie kruip gou in Annie se hart in, maar gevaarlike mense is op die kind se spoor. Gou word Annie ook bedreig.

Gaan sy uit dié maalkolk kan ontsnap of gaan sy weer alles verloor? En wat van Nico wat hoop om hul jeugliefde te hervat?

As klippe kon praat is ’n eg menslike verhaal oor verlies, keuses en keerpunte.

Word 'n Influencer - Hoe Ek Geld Verdien Uit Sosiale Media (Afrikaans, Paperback): Elma Smit Word 'n Influencer - Hoe Ek Geld Verdien Uit Sosiale Media (Afrikaans, Paperback)
Elma Smit
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

Moet ’n mens gewild wees om geld te maak uit sosiale media? Nee!

Daar ís egter ’n hele rits duur lesse wat verified influencers, of erkende meningsvormers (dáái met die blou regmerkies), almal op die harde manier geleer het.

Tradisionele media speel toenemend tweede viool vir digitale en sosiale media – ’n rewolusie wat aan inhoudskeppers ongekende (en lonende!) nuwe geleenthede bied. Elma Smit het in 2019 as aanbieder die hoogste sport bereik: sy is deur twee globale organisasies gekies om die verteenwoordiger van hul digitale inhoud by twee verskillende wêreldbekertoernooie in minder as ses maande te wees. Tóg het sy in dieselfde tydperk meer munt daaruit geslaan om ’n influencer te wees as uit enigiets anders.

In Word ’n Influencer laat een van SA se topinhoudskeppers en -influencers vir die eerste keer die aap uit die mou oor hoe ’n mens ’n lojale gehoor opbou, hoeveel jy vir geborgde veldtogte kan vra en hoe om die vele slaggate te vermy. Nadia Jaftha, Katinka die Kat, Bouwer Bosch en Rachel Kolisi tel onder die uitgelese geselskap van influencers wat ook hul geheime deel, terwyl plaaslike en oorsese bemarkingsghoeroes verduidelik waarna hulle op soek is wanneer daar op influencers vir veldtogte besluit word.

Misverstand (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Misverstand (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver 2
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om ’n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine – miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink ’n swartgallige Willem.

Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder ’n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, ’n jong man wat sy pa skaars ken.

Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, ’n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wat saam met hom is dié Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars.

Misverstand is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. ’n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Mardukite Systemology - Mardukite Master…
Joshua Free Hardcover R883 Discovery Miles 8 830
Robots and Biological Systems: Towards a…
Paolo Dario, Giulio Sandini, … Hardcover R8,070 Discovery Miles 80 700
Cybernetics - From Past to Future
D. A. Novikov Hardcover R2,653 Discovery Miles 26 530
Handbook of Thermoset Plastics
Hanna Dodiuk Paperback R5,942 Discovery Miles 59 420
Handbook of Solid State Diffusion…
Aloke Paul, Sergiy Divinski Hardcover R4,982 Discovery Miles 49 820
New Perspectives and Applications of…
Julio B. Clempner, Wen Yu Hardcover R5,559 R4,968 Discovery Miles 49 680
Release Me - The Shatter Me Series: The…
Tahereh Mafi Paperback R315 R281 Discovery Miles 2 810
Nanobiotechnology, Volume 4 - Inorganic…
Jesus M. de la Fuente, V. Grazu Hardcover R3,369 R3,129 Discovery Miles 31 290
Nanofluid Applications for Advanced…
Shriram S. Sonawane, Mohsen Sharifpur Paperback R3,922 Discovery Miles 39 220
Encyclopedia of Materials: Composites
Dermot Brabazon Hardcover R53,404 Discovery Miles 534 040

 

Partners