![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Promotion > Women's Month > Afrikaans
Onheil op Onrus
Die slawe aan die Kaap het as draers en skeppers van kultuur, ten spyte van onderdrukking, ’n groot invloed uitgeoefen op die ontwikkeling van die samelewing aan die suidpunt van Afrika en veral van ’n inheemse, kreoolse kultuur. In hierdie boek word die slawe se rol in die ontstaan van dié eiesoortige kultuur vir die eerste keer verken.
Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is
moeilikheid. Hoekom is die Valke op die misdaadtoneel? Was dit ’n
sluipmoord? En wat is dit wat die speurder optel en in sy sak druk?
Voor Ami hierdie raaisels kan oplos, kruis haar pad met dié van ’n
Duitse joernalis wat bewerings van ’n ontstellende voorval in Mosambiek
ondersoek. Is daar werklik ’n verband tussen die twee stories?
Esther Wolmarans, die liefde van Andreas se lewe, is ’n deernisvolle,
diensvaardige, sagmoedige meisie wat deur omstandighede gedwing word om
die rol van versorger en huishoudster te speel. Volgens ou standaarde
is sy ’n oujongnooi in wording.
In 'n Ewige kroon vertel die gewese Mej. Heelal en Mej.
Suid-Afrika Demi-Leigh Tebow hoe gevaarlik dit is om ons identiteit aan
ons prestasies te koppel. Ontdek wie jy geskape is om te wees, en hoe
jy jou platform kan gebruik om ’n verskil te maak. Demi verweef haar
lewensverhaal met die insigte wat sy langs pad verwerf het, en wys hoe
jy kan leer om op jou groter roeping te fokus eerder as op jou
aspirasies, en ’n voetspoor van betekenis kan nalaat, eerder as een van
sukses.
’n Onskuldige man word in sy motorhuis met ’n jaggeweer doodgeskiet. ’n
Jong vrou se lyk hang aan ’n boomtak diep in die Magaliesberg.
Toe Covid-19 die mat onder Marita van der Vyver en haar Fransman se
voete uitruk en hulle noodgedwonge hul ou groot huis op die Franse
platteland moes verkoop, besluit hulle om die meeste van hulle aardse
besittings ontslae te raak en ver in die wêreld te gaan reis. In
hierdie reis, wat oor drie vastelande strek, word ’n hele leeftyd se
herinneringe ontgin. Want soms moet mens baie verloor, en ook bereid
wees om self verlore te raak, voor mens regtig vryheid kan wen.
So lyk ’n vrou, Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe
van mishandeling deur ’n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022
geskok en aangegryp. ’n Vrou staan op is die vervolg op die
blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe.
’n Vreemdeling by ’n familiebegrafnis keer Kristie se lewe onderstebo.
Haar daaglikse take by die argiteksfirma beleef ook ’n wending: Erik is
’n moeilike kliёnt en ook die onweerstaanbare tipe. Toe Kristie se
werklikheid ineenstort, vlug sy na Phuket in Thailand. Maar die eiland
bring nie vir haar die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy
van haar omgekeerde wêreld probeer sin maak, begin een van die laaste
bastions in haar lewe wankel.
Bessie Botha, deesdae weduwee Botha, woon saam met haar broer, Willem,
op ’n kleinhoewe buite Bloemfontein. 1974 was tot dusver nie ’n goeie
jaar nie, en om alles te kroon is oorlede Stefaans se welgestelde broer
en sy jong neus-in-die-lug vrou op pad om te kom
Vyf vooraanstaande sakemanne van Pretoria word koelbloedig met hul eie
jagwapens vermoor.
Bettina is wyd bekend vir haar weeklikse rubrieke vir LitNet en as iemand wat opstaan vir reg en geregtigheid. Sy het haar 50 gunsteling-meningstukke gekies en sê: “My rubrieke is nie bedoel om net nog 'n eggokamer te wees waar mense nét dit weerspieël sien waarin hulle glo nie. Juis nie. Wat ek hoop om elke week te doen is om mense aan die dink en aan die gesels te kry.”
Sukkel jy met selfvertroue? Vergelyk jy jouself gedurig met die wêreld se idee van perfeksie? Verhinder jou gebrek aan selfvertroue jou om doelwitte te bereik en werklik sukesvol te wees? Jy is nie alleen nie. Van die slimste en mooiste vroue ter wêreld het lae selfvertroue. In hierdie boek deel Rolene Strauss hoe ook sy met 'n tekort aan selfvertroue gesukkel het, selfs terwyl sy die Mej. Wêreldkroon gedra het. Deur haar meestersgraad in professionele lewensafrigting en ure se afrigtingsessies met vroue wat met lae selfvertroue gesukkel het, het Rolene waardevolle insigte bekom oor hoe vroue hul selfvertroue kan bou en behou. Herontdek Jou Selfvertroue is ’n onontbeerlike gids vir vroue wat die moed en vertroue wil hê om hul drome vreesloos na te jaag.
Farren Cloete is geroep vir ’n tyd soos hierdie, maar wys vir jou
op jou roeping ook: dit maak nie saak wat mense sê nie, as God jou
geroep het kan geen mens jou keer nie en jy hoef aan niemand rekenskap
te gee nie. Farren kom maak ons vry daarvan dat ons dink ons moet ander
gelukkig maak, en help ons om te fokus op wat God van ons wil hê. Dit
maak nie saak hoe moeilik ons roeping is nie, of ons opgewasse voel
daarvoor of nie, God is by ons en Hy roep ons vir ’n tyd soos hierdie.
Duncan Weston, eienaar van Soeterwijn, voel of hy uit homself kan stap.
Hoe kan ’n mens alles hê en tog voel asof jy niks het
nie? ’n Vakansie weg van sy alledaagse roetine is wat hy
nodig het. In Rome wag Isabel Haasen hom by die lughawe in. Ondanks
haar kil houding voel Duncan intuïtief tuis in haar geselskap, maar
daar is iets wat sy wegsteek . . .
Ná ’n storm spoel ’n kleutermeisie op die Olifantsrivier se oewer uit.
Wie is klein Ellie, hoe het sy in die rivier beland, en waarom soek ’n
Romeense bendebaas na haar?
"Die teenwoordigheid van die Chinese in Steynshoop het die dorp
die afgelope paar jaar ingrypend verander.
Die vrou van die klippesee vertel hoe die lewe vir Hendrik tot nou toe gerol het soos ’n stormsee. Hy is ’n visserman van ’n klein dorpie aan die Weskus wat jou aan Paternoster laat dink en in sy lewe het hy reeds sy broer aan die dood afgestaan. Maar dit is die verdwyning van sy vrou wat hom bitter maak en na die papsak wyn laat reik. Só staan hy dronk en droewig in die koue see, reg om homself te verdrink terwyl sy hond op die strand vir hom wag wanneer die roman begin. Hendrik se lewe begin handomkeer verander wanneer hy ’n gewonde gedierte, miskien iets soos ’n meermin, huis toe bring. Die vrou van die klippesee wys hoe goed fiksie sosiale en politieke kwessies kan ondersoek wanneer die skrywer lig werp op die lewe van ’n karakter wat aanvanklik niksseggend en nietig blyk te wees.
Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om ’n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine – miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink ’n swartgallige Willem. Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder ’n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, ’n jong man wat sy pa skaars ken. Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, ’n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wat saam met hom is dié Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars. Misverstand is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. ’n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut.
“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem.” Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid. ’n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie. Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis. |
You may like...
Sy is Veilig - 'n Onthulling Van Die…
Emma van der Walt
Paperback
(1)
|