Kainsmerk is ’n versameling stories wat meestal as kortverhale en vervolgverhale in tyd-
skrifte verskyn het. In hierdie verhale vertel Annelie Botes van mense wat as brose wesens
dikwels ’n teken van vervloeking (Kainsmerk) in hul siele ronddra wat hulle vir die wêreld
wil verberg. Lesers maak kennis met verskeie karakters wat telkens op die Damaskuspad
beland as gevolg van die seerkry wat hulle ervaar.
’n Boervrou se ouderlingman verrinneweer haar en sy begin drink, en droom van die
dag dat sy haar man se lyk in die put op die werf afgooi. ’n Ander boervrou bou ’n padstal
en werk haar tot eelte, terwyl sy haar man afskeep. Totdat sy op ’n dag tydens ’n vloed op
die dak van die padstal vasgekeer word.
Nog ’n plaasvrou het geen behae in haar huwelik nie. Een nag beleef sy en haar man ’n
plaasaanval en is hulle nét op mekaar aangewese. ’n Vrou wat tronkstraf uitgedien het vir
diefstal, beland as huishoudster by ’n hoogaangeskrewe man met ’n rare obsessie. ’n Mevrou-
dominee gaan soek rus en heling in ’n grot op haar geboorteplaas.
Hierdie is maar enkele van die karakters waarmee Botes Suid-Afrikaanse tydskriflesers
deur die jare meegevoer het. Nou word dié juwele vir die eerste keer byeengebring in een
band. As spesiale bonus is die immergewilde “Duiwelsbrood”, wat geruime tyd reeds uit
druk is, ook in Kainsmerk opgeneem.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!