0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R100 - R250 (23)
  • R250 - R500 (41)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Promotion > Lapa Father's Day Promotion

Bloedbande (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Bloedbande (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ’n kwekery en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is beide met ’n skerp voorwerp aangeval, maar daar was geen teken van ‘n struweling of enige getuies om sin te maak van die voorval nie.

Terwyl Luna sukkel om ’n moord sonder verdagtes of leidrade op te los, maak Mike Grant weer sy onverwagte verskyning. Hierdie keer is hy op ’n geheime sending onder die geledere van ’n plaaslike dwelmsindikaat. Ten spyte van sy nuwe voorkoms vind Luna dit onmoontlik om nie die deur oop te maak wanneer hy klop nie.

Soos Mike homself in die onderwêreld ingrawe, begin Luna op tone trap om haar eie raaisel op te los. Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kinders dalk meer as wat hulle voorgee? Wat gaan aan by die studentehuis oorkant die straat? En wie is die man in die sportmotor wat so op die buitewyke van haar ondersoek beweeg?

Om antwoorde te kry sal Luna die donkerte en als wat daarin skuil moet trotseer. Bloedbande is die vierdie boek in Jeanette Stals se Luna Joubert-reeks.

Aleit Apteit - 'n Kookboek Gevul Met Resepte En Stories (Paperback): Aleit Swanepoel Aleit Apteit - 'n Kookboek Gevul Met Resepte En Stories (Paperback)
Aleit Swanepoel
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Aleit Apteit is ’n boek gevul met stories van die geliefde Aleit Swanepoel. Kom reis en kook saam met hom met ongeveer 50 resepte uit sy pen.

Die Sondagaand voor Aleit se afsterwe was hy volstoom aan die gang, besig om onder meer sy alombekende lamsboud gaar te maak. Die bestanddele is gekoop en die span was reg vir ’n week van kosmaak. Kom beleef saam die nostalgie, sy spesiale menswees en die heerlike kos wat hy nie net smullekker kon maak nie, maar ook mooi kon laat lyk: die ‘Aleit-Way’. Deel sy hartskos – veral sy Sondagmiddagetes in sy ouerhuis, net soos sy ma dit gemaak het. Dit was spesiaal vir hom, en hy wou dit graag oordra en met sy mense deel.

Hy het aande gesit en skryf, en dit dan baie opgewonde aan sy span gestuur en gesê: “Julle! Ek het nog ’n storie!!”

Aleit Apteit is ’n hoofstuk van sy nalatenskap en ’n manier waarop hy vir altyd in mense se hart, kombuis en lewe kan voortleef. Dit is ’n pragkookboek, maar ook een wat deel van jou kombuis se bestanddele moet uitmaak – gevul met bekende hartskos en bypassende stories geskryf deur ’n legende.

Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback): PJ Botha, Geo Botha Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback)
PJ Botha, Geo Botha
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) In Stock

Wat is die geheime en strategieë van die uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professioneles of salaristrekkers, én boonop daarin slaag om hul geld te laat groei, te geniet en oor te dra na komende generasies?

In Word ryk, bly ryk help Geo en PJ Botha, onafhanklike finansiële adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in ’n uitdagende omgewing en dit te laat groei. Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan.

Suksesstories van entrepreneurs soos Michael Jordaan, Albé Geldenhuys en Whitey Basson sal jou ’n kopskuif help maak om geleenthede raak te sien in moeilike ekonomiese omstandighede. Die skrywers se maklik verstaanbare finansiële ekspertadvies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis.

Spieeltjie, Spieeltjie (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Spieeltjie, Spieeltjie (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieël ...

Doktor Olaf Demeyer herstel nog van sy vierdubbele hartomleiding en die trauma van vorige ondersoeke waarby hy betrokke was. Om die waarheid te sê, hy moes lankal aftree as forensiese profileerder van die SAPD. Maar dan kom vra Lucida Winterbach sy hulp. Sy glo ’n moordenaar teiken studente van haar Elegant Queens Academy, ’n skool vir skoonheid en modelwerk. Al die meisies is minderjarig, met blinkoogdrome van skoonheidstitels en modelkontrakte. Tot van hulle naak op die bodems van swembaddens in die omgewing gevind word. Olaf se lewenslange beskermingsdrang teenoor die weerloses motiveer hom om gehoor te gee aan haar versoek. Gou besef hy egter dat dit hier gaan oor soveel meer as die feite en bewyse wat ’n mens kan sien en hoor. Olaf twyfel aan sy oordeel en instinkte. Hy word geteister deur verwronge beelde van die meisies en homself.

Uiteindelik weet hy: Ons sal altyd alles slegs ten dele ken, en ons moet ’n manier vind om elke dag saam met dié wete te leef. Vir Olaf is dit daardie wete wat dreig om hom na jare in die bedryf van sy kop af te dryf.

Lekker & Goed - Heerlike Kos Propvol Heilsaamheid (Paperback): Carmen Niehaus Lekker & Goed - Heerlike Kos Propvol Heilsaamheid (Paperback)
Carmen Niehaus
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Lekker & Goed is Carmen Niehaus se nuutste kookbook nadat sy reeds meer as twintig kookboeke uitgegee het.

Dit is ’n lekker-eet-boek met ou bekendes en nuwelinge wat gesonder gemaak is om steeds heerlik te kan eet sonder om skuldig te voel – net soos Carmen aan huis eet. LEKKER & GOED sluit ook ’n paar resepte in wat lae-koolhidrate bevat, glutenvry en vegetaries is en bevat heelwat vars en ongeprosesseerde produkte.

Carmen strewe na ’n gesonde lewenswyse en haar kookfilosofie en grootste uitdaging is daarom juis om alledaagse kos gesonder te maak sonder dat dit smaak of geur inboet. Die uitgangspunt is amper ’n tipe Mediterreense eetstyl, eerder as ’n dieetboek of ’n gesondheidshandleiding.

Profesie Bybel - Nuwe Testament (Maroen) (Afrikaans, Hardcover, 2020 Vertaling): Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die... Profesie Bybel - Nuwe Testament (Maroen) (Afrikaans, Hardcover, 2020 Vertaling)
Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie - ’n eerste in Afrikaans!

Elke Nuwe-Testamentiese Bybelboek is vergesel van ’n inleiding wat fokus op die profetiese inhoud en belang van daardie boek. Die 50 artikels dek profesieë en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer. Profesie beslaan ’n groot gedeelte van die Bybel. ’n Bietjie meer as ’n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees dit geïnspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is.

Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steedsonvervulde beloftes en profesieë ook te vervul (vgl Joh 13:19). Verder wys profesieë dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is (Jes 46:9-11; Dan 2:20-22).

God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling (Hand 4:12; Op 11:15). Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus.

Gebed Vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback): Hennie Maartens Gebed Vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback)
Hennie Maartens
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Gebed vir elke geleentheid bevat 100 gebede vir elke geleentheid om gelowiges se gebedslewe te versterk en aan te vul.

Somtyds wil ons graag ons harte na God wend maar ons kan nie die regte woorde vind om ons gevoelens aan die Here oor te dra nie. In hierdie boek het Hennie Maartens 100 hartsgebede saamgevoeg in ’n unieke bundel waarin die Here se kinders riglyne vir gebed kan vind om na die hemelse Vader uit te reik te midde van elke seisoen, situasie, lewensgebeurtenis of beproewing.

Hierdie is nie net die perfekte boek om ’n persoonlike gebedslewe te verryk nie, maar ook die ideale boek vir mense wat vir groepe moet bid, soos onderwysers, skoolhoofde, predikers, ouderlinge, selgroep-leiers en jeugleiers.

Wildekus (Afrikaans, Paperback): Morne Malan Wildekus (Afrikaans, Paperback)
Morne Malan
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) In Stock

Elkeen wat vra, ontvang, elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop sal oopgemaak word.

Vir die welgestelde sakeman, Adam Swart, is geloof egter nie so maklik nie. Dis juis hoekom sy dogter, Lea, en haar ma van hom vervreem is. Wanneer Lea se ma egter sterf, gryp Adam die kans aan om sy verhouding met sy dogter te herbou.

Hulle Wildekus-wegbreek het skaars begin wanneer ’n groep rondswerwende gelowiges reg langs hulle kom laer trek met ’n versameling voos en vodde karavane. Kort daarna, onder die wakende oog van hulle jong, imposante leier, begin die luidkeelse gesanik, nagtelike kruisvure en waansinnige seedopery. Dis alles net te veel vir Adam, en sy frustrasies loop oor in ’n ernstige kopstampery met Lea. Die volgende oggend is die karavane skoonveld. Sy dogter ook.

Hy moet vir Lea gaan vind as hy ooit weer vrede in sy gemoed wil hê. In die diep Transkei beland hy op die spoor van Die Lewende Vlees, ’n sekte swerwers wat daar tussen die heuwels hulle eie stukkie paradys probeer staanmaak. Maar elke swerwer het sy storie, elke
paradys sy slang.

Mr Entertainment - The Story Of Taliep Petersen (Paperback): Paula Fourie Mr Entertainment - The Story Of Taliep Petersen (Paperback)
Paula Fourie
R380 R327 Discovery Miles 3 270 Save R53 (14%) Ships in 7 - 11 working days

In Mr Entertainment, we hear the voices of the people who knew Taliep Petersen best: his family, friends and collaborators. Their stories bring to life the spaces he inhabited, vividly recounting scenes from his childhood, his rise to fame from the Cape Coon Carnival stage to the West End, his artistic collaborations, most notably with David Kramer, his family life, and his tragic death and its aftermath.

In this pioneering biography of one of Cape Town’s most beloved entertainers, we encounter Petersen as a complex and many-sided personality whose influence continues to reverberate in national life. Mr Entertainment evokes not just Taliep’s life, but also the music and entertainment worlds of the 1950s to 2000s and their diverse and irrepressible cultural traditions. Along the way, it brings us to the front row of South Africa’s difficult history.

Drawing on the musician’s personal archive and on more than fifty interviews conducted over a decade, Paula Fourie has pieced together a fascinating portrait of Taliep Petersen, acutely observed and poignantly captured.

Moet Ons Waai? - Om Te Emigreer Of Nie: 20 Meningsvormers Sê (Afrikaans, Paperback): Alet Law Moet Ons Waai? - Om Te Emigreer Of Nie: 20 Meningsvormers Sê (Afrikaans, Paperback)
Alet Law; Marita van der Vyver, Nathan Trantaal, Bouwer Bosch, Melanie Verwoerd, …
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) In Stock

Die debat oor emigrasie is so oud soos Suid-Afrika se demokrasie self. Toe die “nuwe Suid-Afrika” in 1994 aangebreek het, het talle mense die land verlaat uit vrees vir wat ‘n meerderheidsbewind sou inhou. Nog meer het in die jare sedertdien getrek opsoek na ‘n beter lewe en Suid-Afrikaanse gemeenskappe is nou in plekke soos Kanada, Engeland en Australië te vinde.

Vandag, 25 jaar ná demokrasie en in die lig van kwynende optimisme oor die toekoms van die land, is daar nuwe lewe in die debat oor emigrasie. Hierdie keer word dit nie net in reaksionêre kringe gevoer nie, maar om die eetkamertafels van meerdere Suid-Afrikaners.

Met die realiteit van nege vermorste jare wat aan ons beursies en toekomsmoontlikhede knaag, en die aanloklike geleenthede wat die globale ekonomie bied, vra al hoe meer mense, “Moet ek waai?”

In Moet ons waai? takel meer as 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, insluitend Piet Croucamp, Dana Snyman, Melanie Verwoerd en Jonathan Jansen, hierdie vraag. Dit is poging tot insig oor ‘n kwessie wat swaar weeg op ons kollektiewe psige, en ‘n uitdaging aan elke persoon wat dit oorweeg om te waai, reeds gegaan het of besluit het om te bly om te floreer as Suid-Afrikaners waar ook al hulle hulself mag bevind.

Profesie Bybel - Nuwe Testament (Bruin) (Afrikaans, Hardcover, 2020 Vertaling): Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die... Profesie Bybel - Nuwe Testament (Bruin) (Afrikaans, Hardcover, 2020 Vertaling)
Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie - ’n eerste in Afrikaans!

Elke Nuwe-Testamentiese Bybelboek is vergesel van ’n inleiding wat fokus op die profetiese inhoud en belang van daardie boek. Die 50 artikels dek profesieë en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer. Profesie beslaan ’n groot gedeelte van die Bybel. ’n Bietjie meer as ’n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees dit geïnspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is.

Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steedsonvervulde beloftes en profesieë ook te vervul (vgl Joh 13:19). Verder wys profesieë dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is (Jes 46:9-11; Dan 2:20-22).

God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling (Hand 4:12; Op 11:15). Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus.

Leef In Volkleur - Vreugde Deur Verhoudings (Afrikaans, Paperback): Johan Smith Leef In Volkleur - Vreugde Deur Verhoudings (Afrikaans, Paperback)
Johan Smith
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dink na oor die grootste hoogtepunte en die mees kosbare tye in jou lewe. Die skrywer is oortuig dat die meeste hiervan iets te doen het met mense, mense met wie jy 'n warm, kwaliteitsverhouding beleef. Hoekom is hy so oortuig? Want die lewe bestaan uit verhoudings.

God se DNA is liefde. Hy is die God van genade en gemeenskap. Dit is wie en wat Hy is. Dit gaan hand aan hand met die ware aard van God om Homself onophoudelik met ons te deel. In hierdie wonderlike boek delf Johan Smith diep in Bybelse waarhede oor die kern van verhoudings. Hy wys vir ons dat God 'n God van innige verhoudings is, en daarom moet ons in sy voetspore volg en weer passievol oor verhoudings raak.

Die Vyfde Slag (Afrikaans, Paperback): Johann Grobbelaar Die Vyfde Slag (Afrikaans, Paperback)
Johann Grobbelaar
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Karl Louw, ʼn prokureur, word deur Helen Brodie genader om haar in ʼn regsgeding te verteenwoordig. Die regsaak veroorsaak dat Karl en sy vrou Wilma ook met ou wonde van die verlede gekonfronteer word: verraad, verkragting, die mag wat mans in ’n patriargale, chauvinistiese samelewing oor vrouens aanvaar.

Terwyl Karl en Helen veg om haar professionele reputasie te beskerm, worstel Wilma met haar eie donker skuldgevoel en probeer haar man se verlede ontrafel. Sy onskuldige en ietwat idilliese skoolromanse is die grondslag vir alles wat Karl glo van die liefde, verhoudings en intimiteit – en die rede waarom Wilma nie haar geheim met hom kan deel nie.

Hoe vergewe jy as daar nie om vergifnis gevra word nie?

Skilderkrans (Afrikaans, Paperback): Joe Olivier Skilderkrans (Afrikaans, Paperback)
Joe Olivier
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 working days

’n Land in wording, ’n oorlog wat dreig, ’n kruispad kans-ontmoeting wat alles verander.

Dit is 1899. Oorlog tussen Brittanje en die Boere Republieke lyk onafwendbaar. Magdalena se familie verlaat die Kaap Kolonie vir die Oos-Vrystaat sodat haar pa vir die Republieke kan baklei. Jacobus se familie, en sy vriend Henog, is weer op pad Kolonie toe, juis om die oorlog te probeer ontglip. Die twee trekke se paaie kruis by die Leeurivier, ’n ontmoeting wat ’n onherroeplike invloed op die res van Magdalena, Jacobus en Henog se lewens sal hê.

Van hulle vestiging op Nooitgedacht tot die eerste skote by die Slag van Stormberg, van guerrilla-oorlogvoering met die Boere kommando’s, tot die Britse verskroeide aarde beleid, van die konsentrasiekampe tot die poging om te hervestig na die oorlog; deur alles en meer sal hulle ’n pad moet oopkap om hul plek in hierdie onstuimige land te vind.

Rigtingwysers Vir Jou Lewenspad - Bybelse Wyshede Vir Koershou Deur Die Lewe Se Uitdagings (Paperback): Piet Smit Rigtingwysers Vir Jou Lewenspad - Bybelse Wyshede Vir Koershou Deur Die Lewe Se Uitdagings (Paperback)
Piet Smit
R330 R284 Discovery Miles 2 840 Save R46 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Rigtingwysers Vir Jou Lewenspad is ’n padkaart met wyshede vir wanneer jy rigting verloor of wanneer die uitdagings sonder waarskuwing opduik.

Die dagstukke bring moed in swaarkry tye sodat jy sonder sukkel die struikelblokke kan oorkom.

Piet Smit het 150 oordenkings geskryf om jou te help koershou deur die lewe se storm- en sonskyndae. Rigtingwysers Vir Jou Lewenspad is ’n kompas vir daardie oomblikke wanneer die wind jou skip in die verkeerde rigting wil stuur.

Kroonwild (Afrikaans, Paperback): Henk Breytenbach Kroonwild (Afrikaans, Paperback)
Henk Breytenbach
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 7 - 11 working days

'n Wit man soos Paul is so goed soos kroonwild ... In die vorige bedeling was Paul van Heerden se lewe een van gemak: groot huis in Pretoria se vooraanstaande woonbuurt, vanselfsprekende bevordering in die werk, welvaart en voorspoed. Toe kom die opstande en die grondbesetting. Nou word die Volksrepubliek van Azanie deur Die Party regeer. Alle wit mense is Weskaap toe verban. Die wat in Azanie wil werk, word toegelaat, maar word onderwerp aan dieselfde vernederende praktyke wat gedurende die Apartheidsjare beoefen is. Paul se vrou en kinders sit in 'n tentekamp in die Kaap, hy bly in 'n hostel en sukkel om sy werk te behou. Paul het egter 'n plan: hy begin met mampoer smokkel. Kort voor lank het hy 'n weldoener en sakevenoot in Thabo Ntombela, mampoerstokers en verspreiders. Maar in Azanie wil elkeen sy deel hê en 'n wit man soos Paul is so goed soos kroonwild.

Die Net Is Gebreek - Gebed, Die Weg Na Vrede En Vervulling (Afrikaans, Paperback): Chris van der Merwe Die Net Is Gebreek - Gebed, Die Weg Na Vrede En Vervulling (Afrikaans, Paperback)
Chris van der Merwe
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die meeste mense beland die een of ander tyd in ’n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe.

In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van ’n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader. Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie.

Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van ’n gesonde gebedslewe.

'n Kwessie Van Tyd (Afrikaans, Paperback): Marten "Doc" van der Merwe 'n Kwessie Van Tyd (Afrikaans, Paperback)
Marten "Doc" van der Merwe
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Op ’n stormagtige nag in ’n Engelse herehuis word ’n jong vrou grusaam vermoor. Sy vat ’n eienaardige geheim na haar graf toe en die moordenaar verdwyn soos ’n skim in die nag.

Twintig jaar later by een van die wêreld se mees eksklusiewe perdewedrenne is dit die buiteperd wat onverwags die kroon wegdra. In een van die losies staan Henry Clarke stomgeslaan. Hy het sopas iets onmoontlik sien gebeur.

Op ’n klein wildsplaas in die noorde probeer Jan Brand vir hom so tussen die stof en droogte ’n nuwe lewe staanmaak. Vir so ’n jong man het hy al baie geleef. Nes hy dink hy kan die stad agter los en in vrede begin boer, ontvang hy ’n uitnodiging van sy skatryk buurman, einste Henry Clarke. Dié wil Brand as privaatspeurder aanstel om ’n raaisel in die ruitersport op te los. Kort daarna verdaag Brand na Kaapstad, waar ’n geheim begrawe deur tyd, geld en mag vir hom wag, tesame met die mense wat bereid is om te moor om dit so te hou.

Jan Brand mag dalk die stof van sy hande af gewas het, maar binnekort gaan hulle vol bloed wees.

Bloedfamilie (Afrikaans, Paperback): Elsa Hamersma Bloedfamilie (Afrikaans, Paperback)
Elsa Hamersma
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Een moord in die familie is erg genoeg, maar twee in een week raak bisar.

Soos Kain en Abel het Bart en Jakes Brink nie liefde vir mekaar nie. Bart is talentvol, aantreklik, sportief en populêr. Maar hy is inherent sleg, ʼn opperste skelm met geen genade vir sy medemens nie. Jakes is onaantreklik, vol skete en kwale, sonder uitstaande talente, behalwe dat hy ’n finansiële sukses van sy lewe gemaak het.

Jakes is nie verbaas wanneer Bart een aand brutaal vermoor word nie, want hy het baie vyande gehad. Tog is die familie geskok om te hoor dat die speurders vermoed die moordenaar is een van hulle. Die tweede moord enkele dae later skep selfs meer vrae.

Is die moordgeen in die familielede se DNS? Of lê die motief vir die moorde in ʼn familiegeheim? Die moorde is oënskynlik impulsief en sonder voorbedagte rade gepleeg en die speurders sit met min leidrade. Hoe vind hulle die moordenaar tussen die drie sibbe en vier kleinkinders?

Veral aangesien die forensiese bewysstukke min is en dit weke neem om te ontleed. Die twee Brink-susters lewer kommentaar op die sosiale situasie van die hede en die verlede, maar ken nie die donker geheime van die familie nie. Die kleinkinders is die volgende geslag en weer eens gaan die leser wonder watter DNS hulle geërf het.

Die Kerkseun (Afrikaans): Wiaan Janse van Rensburg Die Kerkseun (Afrikaans)
Wiaan Janse van Rensburg
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Willem is ‘n eenkantkind. Sy pa, die formidabele dominee Riaan Cronjé, is die trots van Bijlstad se Moedergemeente. Sy woord is wet; dit bepaal dat Willem in sy voetspore sal volg en ook die kansel bestyg.

By die seunskool tel al die Bybelstudie egter vir niks. Daar is Willem omring deur ’n spul Filistyne wat die see nie kan skoon was nie; tieners met seks op die brein en ’n dialek wat die verf van die mure af laat dop.

Te midde ’n eensame uur in ‘n koffiewinkel, kom sit ’n aantreklike ouer vrou oorkant die kerkseun. Sonder om ’n woord te sê, neem sy ’n hap van sy beskuit, ’n sluk van sy koffie, en verdwyn so gou soos sy verskyn het.

Willem, te oorbluf om enige rooi vlaggies op te let, is natuurlik die volgende dag terug.

Sy ook.

Die Tint Van Ons Toekoms - Padlangse Geprekke Oor Psalms (Afrikaans, Paperback): Johan Cilliers Die Tint Van Ons Toekoms - Padlangse Geprekke Oor Psalms (Afrikaans, Paperback)
Johan Cilliers
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die psalmboek is ’n eeue oue bron van vertroosting. Dit verwoord ons vrese, onsekerhede, vreugde en hoop. Dit spreek tot ons met troos en verwagting en afwagting. Die psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God opstyg.

Daar is verwondering oor die skoonheid van die skepping en die vaste patrone daarin. Daar is ook psalms wat deurdronge is van ervarings van krisis en nood. Dis ’n roepe uit ons hart na God. Daar is psalms waarin die lofliedere, dankbaarheid en hernude verwondering oor God se genade en voorsiening opklink. In Die tint van ons toekoms ondersoek Johan Cilliers die psalms as wegwysers na oordenkings oor verwonding, verwondering en verwagting met die hoop dat dit die leser op ’n nuwe weg sal plaas, ’n nuwe toekoms tegemoet.

In die psalms praat en bid, sug en sing mense hul hart voor God uit. Maar God praat daarin ook sy hart teenoor ons uit. In ’n sin is dit ’n gesprek van hart tot hart. Dis God wat ons uit die skadu’s van lyding en leed, verwonding en dood uitlei en ons toekoms algaande versadig met lig.

Vat die Regte Pad - Jesus s'n (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Vat die Regte Pad - Jesus s'n (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Te veel gelowiges voel skuldig omdat hulle nie voldoen aan ander se geestelike verwagtings nie. Of omdat hulle nie die standaard-resepte uitleef wat gedurig in die kerk uitgedeel word van hoe ’n “regte Christen” moet leef nie. Hulle is kerklik betrokke, maar voel moedeloos. Godsdienstige uitbranding is ’n paar van hulle se voorland. Tot vervelens beleef hul die Here is teleurgesteld met hulle.

Hierdie boek is nie die groot antwoord op dissipelskap in drie maklike stappe nie. Jy gaan definitief nie hier tien beproefde resepte vir suksesvolle Christenwees, of so iets, raakloop nie. Maar dit wil wel saam met jou reis na ’n paar onontdekte skatte in die Here se skatkamers. Dit wil die “las van gewone gelowiges soos ek en jy se skouer aflig om (buiten-)gewone lewens tot eer van die Heer te leef. Net dit.

Stom Gode - Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Stom Gode - Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die gode in Afrika is stom. En lui.

So byna is kolonel Aella O’Malley die ewigheid in gestuur. Nou sy is terug in Afrika se bos nadat sy in Avignon gaan aansterk het. Skaars is sy en haar Franse geliefde weer op haar tuisgrond of hulle word betrek by ’n ondersoek na kadawers wat in die veld gevind is. En dit word gou deur nog lyke opgevolg.

Maar die beeld van ’n ander figuur het haar uit Avignon gevolg, dié van ’n straatkind wat Zoeloe praat en Afrikaans verstaan. Hoe het hy daar gekom, weet sy ma dit en hoe kry Aella die kind terug by die huis? Meer, wie was vir sy lot verantwoordelik? In Afrika se nat veld doem die antwoorde gaandeweg op en dit is afskuwelik.

Nagjagter (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Nagjagter (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die Holy Hunchback Vampire Slayer glo hy is ’n heilige wat die stad se vampiere moet uitwis. Sy eerste slagoffer vermoor hy met ’n houtpen deur die hart. Dit gebeur op die verhoog tydens die opvoering van die riller-drama, Die Boggelrugvampierjagter.

Doktor Olaf Demeyer en sy vriendin adjudant Beth Jordaan is ooggetuies saam met 104 toeskouers. Olaf se dogter Franci vertolk ’n rol in dié drama en is dus bitter ontsteld oor die gebeure. Beth stem in om die aanvanklike ondersoek te lei. Heel gou veroorsaak die besluit spanning tussen haar en Olaf, aangesien sy vir Franci as ’n medepligtige verdink. Olaf roep die hulp van ’n privaatondersoeker in en ontdek so dat Franci betrokke is by die Port Elizabeth Gothic Vampire Society, ’n groep jongmense wat hul vampierfantasieë uitleef. Dan is daar ook die ware vampiere – hulle drink mensbloed.

Dit lyk vir Olaf of die boggelrug die meeste van sy slagoffers uit die twee groepe vampiere kies, maar wanneer hy die moordenaar se ware motief ontdek, besef hy honderde onskuldiges in die stad se lewe word bedreig. Nagjagter is nie bloot ’n vampierstorie nie, dit ondersoek eerder die psigologiese toestand genaamd Vampirisme en gewone mense se aangetrokkenheid tot die mites rondom vampiere. Die boek speel in op mense se vrese vir en aangetrokkenheid tot die donker onbekende, dit ondersoek die donker kant van ’n religieuse soeke en die uitspeel van fantasieë.

Dit is ’n spannende roman wat fokus op die sielkundige en religieuse motiverings van die moordenaar, ’n moderne, eietydse vampierverhaal.

Kosmos En Komete (Afrikaans, Paperback): Kaalwoorde Kosmos En Komete (Afrikaans, Paperback)
Kaalwoorde
R190 R164 Discovery Miles 1 640 Save R26 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Kosmos en komete is die debuutbundel van Instagram en Facebook digter, Kaalwoorde. Die sukses van dié jong digter op sosiale media word toegeskryf aan haar toeganklikheid. Sy verwys na haar gedigte as bepeinsings oor gevoelens en gebeure, aansporings om te droom, en gedagtes wat die leser los met positiwiteit.

In hierdie bundel val die klem op reise deur verskillende landskappe – fisies sowel as emosioneel. Kaalwoorde se gedigte is romantiese mymeringe oor die skoonheid van eenvoudige dinge soos ’n veld vol kosmos,  sowel as drome wat soos
komete die ruimte ingestuur word.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Pseudo-Aristotle: De Mundo (On the…
Pavel Gregoric, George Karamanolis Paperback R975 Discovery Miles 9 750
Letters from a Stoic
Lucius Seneca Paperback R78 Discovery Miles 780
A Powerful Particulars View of Causation
R. D. Ingthorsson Hardcover R4,141 Discovery Miles 41 410
Metamorphoses of Psyche in…
Marcia Dobson Paperback R981 Discovery Miles 9 810
Sculpture, weaving, and the body in…
Zacharoula Petraki Hardcover R3,229 R2,791 Discovery Miles 27 910
Five Dialogues - Euthyphro, Apology…
Plato Paperback R298 Discovery Miles 2 980
The Beginner's Guide to Stoicism - Tools…
Matthew Van Natta Paperback R350 R282 Discovery Miles 2 820
Courage Is Calling - Fortune Favours The…
Ryan Holiday Paperback R350 R280 Discovery Miles 2 800
Authority and Authoritative Texts in the…
Michael Erler, Jan Erik Hessler, … Paperback R840 Discovery Miles 8 400
Changing the Subject - Philosophy from…
Raymond Geuss Paperback R513 Discovery Miles 5 130

 

Partners