![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Hierdie boek is ’n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor
braai weet. Dit is ’n viering van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse
tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op 24
September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie kulturele
gebeurtenis se 20ste herdenking te vier het Jan Braai meer as 200
resepte bymekaargesit wat oor ’n houtvuur gaargemaak en daar langsaan
geniet kan word.
Verken die wonderlike wêreld van Suider-Afrika se spinnekoppe – hulle
kom in hordes verskillende vorms en groottes, en is veel slimmer as wat
jy dink! Hierdie stampvol kinderboek verduidelik waar spinnekoppe woon,
wat hulle eet, hoe hulle jag, watter gif hulle
het, en hoe hulle hul kleintjies beskerm. Treffende makrofotografie
verken die wêreld van spinnekoppe soos nooit tevore nie. Ontmoet ’n
spinnekop wat spoeg om sy prooi te vang, een wat in seeskulpe wegkruip,
nog een wat as ’n mier vermon is . . . en meer as vyftig
ander – van die welbekende Langbeenspinnekop tot die pragtige
Blomkrapspinnekop, stekelrige Krimpvarkiespinnekop en
goedgekamoufleerde Basspinnekop.
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending raak Boeboe die bobbejaantjie vermis en almal is bekommerd, want Hoohoeff Hienia is in die omtrek. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.
Die veelbesproke Afrikaanse digter, Peter Blum, was een van die vernuwendste stemme onder die Vyftigers. Uit protes teen apartheid en die verkrampte kultuurlandskap van die tyd, het Blum en sy vrou Hetta in 1960 na Engeland geëmigreer. Hier het hy sy rug op die skryfkuns gekeer en die voordeurklokkie se koord afgeruk. Hortjies dig is ’n liefdesdrama wat in 1991 – ’n jaar ná Blum se dood – in hul woonstel in Londen afspeel. Hetta se geestestoestand is wankelrig en sy verbeel haar dat Blum vir haar in hul woning wegkruip. Haar verbeelde gesprekke met haar oorlede man lei tot ’n roerende drama wat die invloed van emigrasie op ’n egpaar se huwelik ondersoek, asook die behoefte aan erkenning en geloof in jouself ten spyte van ’n gebrek aan waardering.
Mindful Meals, Your guide to happy, healthy children.
Super Natural pivots around an abundance of vegetables and natural,
whole foods, celebrating seasonal produce, good fats and whole grains,
pulses and legumes, and foods that are almost entirely free of refined
carbohydrates and sugars.
’n Aktiwiteitsboek met 160 bladsye propvol tawwe tongknopers, lawwe rympies, woorsoekblokke, skaterlagvrae, grappies, raaisels, idees vir poetse, ’n snaakse storie en nog baie meer! In die klaskamer, in die motor of by die huis – elke bladsy van dié boek is volgeprop met prettige dinge om te doen, te ontdek, te soek en te sê.
Embark on a moonlit adventure with ‘The Nocturnal Nine’ and discover
the wonders of the night!
The blazing, untold story of a man who lived in the orbit of a giant, and finally managed to escape the sun. For decades, Peter Venison stood in the shadow of the volcanic brilliance of Sol Kerzner, the hotel-world titan whose vision reshaped skylines and rewrote the rules of luxury. Together they conjured empires: Sun City, the Lost City, Atlantis, the Royal Mirage. But this isn’t just a backstage pass to the world’s most audacious resorts. It’s a memoir of survival – of ambition, obsession, loyalty, betrayal, and the strange gravity of genius. Venison takes us from bombed-out Beirut to deals forged in the palaces of Dubai; from boardroom battles waged in London basements to working with designers like Giorgio Armani who demanded perfection down to the last pleat. We watch the corporate wars that followed Venison’s acrimonious breakup with Sol, fought across continents and fuelled by egos. Beyond the fireworks, this book reveals a world few outsiders ever glimpse: post-apartheid power broking in Alexandra shebeens; the birth of Tsogo Sun; royal dinners at Windsor Castle; Mandela and Muhammad Ali leaving rooms breathless with grace. Bold,witty,reflective and fiercely candid, ESCAPING THE SUN is not just the story of an empire-builder’s right-hand man – it’s a memoir about Venison stepping out of Kerzner’s blaze, reclaiming his light and understanding that the real legacy of a life well lived isn’t just the monuments built, but the meaning found beyond them.
This riveting study shows how the intersection of technology and politics has shaped South African history since the 1960s. It is impossible to understand South Africa’s energy crisis without knowing this history. Faeeza Ballim’s deeply researched book challenges many prevailing assumptions and beliefs made regarding the crisis. The book highlights the importance of technology to our understanding of South African history and challenges the idea that the technological state corporations were proxies for the apartheid government. While a part of the broader national modernization project under apartheid, these corporations also set the stage for worker solidarity and trade union organization in the Waterberg and elsewhere in the country. Faeeza Ballim argues that the state corporations, their technology, and their engineers enjoyed ambivalent relationships with the governments of their time. And in the democratic era, while Eskom has been caught up in the scourge of government corruption, it has retained a degree of organizational autonomy and offered a degree of resistance to those who were attempting further corrupt practices.
Drawing on the true history of ‘Farini’s Friendly Zulus’, a group of men who were taken to Britain and then to America as performing curiosities, the novel opens in 1885 in wintry New York City. The protagonist, Mpiyezintombi, simply called Em-Pee by the English-speakers, loses more than his name in this far-off foreign country; he is seen as little more than a freak-show act – though he is not kept in a cage like the beautiful Dinka Princess, with her gold-painted papier-mâché crown and fur cape. For EmPee, it is love at first sight, but the caged woman is not free to love anyone back: she is the property of Monsieur Duval, proprietor of Duval Ethnological Expositions. And so begins one of Zakes Mda’s most striking stories, one that depicts terrible historical injustices and indignities, while at the same time celebrating the vigour and ingenuity of the creative spirit, and the transformative power of love. In an already-great pantheon of Mda love stories and classic gems, this may be his most powerful work yet.
Kan ’n ongewone stokperdjie jou span se rugbytoer red? Hoe ver sal jy gaan om seker te maak jy het genoeg tydvir soveel sportsoorte as moontlik? Kan ’n klomp vrotperskes die begin van ’n cool nuwe sportsoort wees? Hierdie boek bevat 7 sportstories wat jou tone sal laatomkrul van lekkerkry!
In die vroeë 1970’s onderneem die een-en-twintigjarige Jakob Koetaan ’n
lewensveranderende reis van die Baai na Kaapstad ̶ ’n stad wat hom
sedert sy kinderjare gelok het.
Op die drempel van sestig, met haar jongste kind op pad uit die huis,
sukkel die hoofkarakter van Die vrou met nege lewens om rus in haarself
te kry. Die enigste konstante blyk haar sorg van katte te wees, wat
soos ’n draad deur haar lewe loop.
Met sy jongste bundel bevestig Johan Myburg hom weer eens as een van die mees gerekende digters in die Afrikaanse letterkunde. Steierwerk bestaan uit 71 sonnette ryk aan 'n uiteenlopende ervaringswêreld. Benewens reis- en liefdesverse is daar ook die digterlike gesprek met groot geeste soos NP van Wyk Louw, Hennie Aucamp, Wilma Stockenström, William Shakespeare, TS Eliot en John Keats, asook met figure soos Mahler en Bizet, en ekfrastiese verse oor onder meer Goya en Dürer. Soos die titel suggereer, dien hierdie impulse as stellasies waarmee Myburg sy verse bou. Hierdie meta-poëtiese gedigte ontgin egter ook 'n ander betekenis van die bundeltitel, naamlik dié van wankeling. Steierwerk is 'n aangrypende verkenning van verval: van die eie liggaam, kuns en land.
Superhelde gaan nie met vakansie nie. Maar wanneer Wynand se ma hom
verras met ’n wegbreek na ’n tropiese eiland, is hy superopgewonde! Min
weet hy watter avontuur daar op hulle wag – selfs al is sy aartsvyand
Natalie ook weer daar om sy pret te bederf.
Author Chantal Lascaris asks the question: who doesn’t love junk food?
Whether we are upfront about it or it’s an occasional guilty pleasure,
let’s be honest, we all do. Those cravings will hit us and there’s
nothing quite like the thrill and comfort of yielding to the
temptation. But what if we didn’t have to feel quite so guilty? |
![]() |
Rillers: Omnibus 1 (2 Stories in 1)
(Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Francois Bloemhof
|
|
Ships in 5 - 10 working days |
Ontdek waarom François Bloemhof een van die mees geliefde
spanningskrywers is met hierdie lekker omnibus wat twee van sy
gewildste verhale bevat. In Die speletjie laai Wouter 'n dodelike
rekenaarspeletjie af . . . Noudat die speletjie sy naam het, en mense
begin sterf, is daar net een uitweg: speel, of word die volgende
slagoffer. In Die vrou met die pers oog moet Chris en Martie in hul
nuwe skool aanpas. Maar hul nuwe maats is vreemd en die
biblioteekjuffrou het ’n donker geheim . . .
![]() |
Volmaan in Baviaanskloof
(Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
|
|
Ships in 5 - 10 working days |
Fransien Theron, ’n jong kunstenaar, besluit om haarself te gaan
afsonder op ’n gasteplaas in die Baviaanskloof. Dis tyd om finaal
afskeid te neem van haar baba wat sy twee jaar gelede in ’n ongeluk
verloor het, en te aanvaar dat Hein van haar wil skei. Sy onderneem
om die kloof se berg uit te klim en vir oulaas iets van die mooi
herinneringe, wat sy en haar geliefdes in gelukkiger tye gedeel het,
tydens volmaan te ervaar.
Terwyl sy stap, kruis haar pad onwetend met dié van ’n beseerde
luiperdwyfie wat onlangs haar opgeskote welpie in die kake van ’n
slagyster verloor het. Instinktief begin hierdie twee bewus raak van
mekaar se verlies, en onder die waaksame blik van die maan gebeur
iets wat Fransien se lewe onherroeplik verander. Haar innerlike reis na
heelword begin.
In hierdie magiese ruimte waar skoenlappers volgens die eksentrieke
Tobie fêries op hul vlerke rondkarwei, begin Fransien weer kleur en
vorm sien en leer sy opnuut hoe om voluit te lewe.
![]() |
Brave Like Me
(Paperback)
Zulaikha Patel; Illustrated by Nicci Martin
|
|
Ships in 5 - 10 working days |
Twenty-one-year-old Zulaikha Patel started her activism at the age of 13, when she started a movement called Stop Racism at Pretoria High School for Girls, because the rules at her high school included that black girls had to straighten their natural curly hair. Her stance sparked a countrywide movement.
This is her inspiring story, told in her own words, of how she became a voice for change at such an early age.
![]() |
Worlds Apart?
- Perspectives On Africa-EU Migration
(Paperback)
Adeoye O. Akinola, Jesper Bjarnesen
|
|
In Stock |
Over the past decade, migration has become a central theme in relations between Africa and Europe. It constitutes a political and diplomatic issue that seems to have imposed itself on a range of policy agendas, from development cooperation to peacebuilding and counterterrorism, and from climate change mitigation to conversations around Africa’s demographic transition.
This book reflects on the diverse perspectives of African and European actors on migration and engages the securitisation of migration and exposure of migrants of colour to unsafe and undignified migration, including outright persecution.
The book proffers a more just and sustainable migration governance agenda, against the backdrop of the more detailed reflections on the key policy priorities, drivers, regional dynamics, and actors influencing African-EU migration.
![]() |
Raiders
(Paperback)
Rudie van Rensburg
|
|
Ships in 5 - 10 working days |
Are Kassie and Rooi on a suicide mission?
Five years after their disappearance, the skeletons of wealthy twin
brothers are uncovered in a field.
At the insistence of the Western Cape police chief, Kassie and Rooi
have to investigate the case, but in top secrecy. Otherwise they will
run the risk of being murdered just like the three detectives who
originally investigated the brothers’ disappearance.
But to try to solve a case under the radar proves impractical.
When Kassie and Rooi start to investigate openly, they kick a hornet’s
nest, landing themselves in untold danger.
A pitch-dark underworld, where ancient objects fetch millions of rands
at black-market auctions, will not tolerate meddling. Especially since
the syndicate leader in this underworld is more dangerous than a mamba
when his business is threatened.
![]() |
Tom en die Aaklige Toebroodjie
(Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alistair Ackermann
|
|
Ships in 5 - 10 working days |
’n Splinternuwe reeks vir beginnerlesers propvol humor, avonture en
karakters waarmee jong lesers sal kan identifiseer. Jig! Tom verstaan
nie wat aangaan nie. Hoekom kry hy skielik elke dag aaklige
toebroodjies vir skool? Sy ma weet mos hy hou nie van tuna nie! Het die
tweeling dalk iets daarmee te doen …?
![]() |
Tom en die Monster in die Tuin
(Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Alistair Ackermann
|
|
Ships in 5 - 10 working days |
’n Splinternuwe reeks vir beginnerlesers propvol humor, avonture en karakters waarmee jong lesers sal kan identifiseer.
Dit is naweek.
Tom en Clint gaan in die tuin kamp!
Hulle gaan in ’n tent slaap en wors braai. Maar kort voor lank is daar ’n probleem … ’n MONSTER van ’n probleem!
![]() |
Openbaring
- 'n Reisjoernaal
(Paperback, Nuwe Uitgawe)
c. Johan Bakkes
|
R307 Discovery Miles 3 070 | Ships in 6 - 10 working days |
Openbaring is 'n inspirerende reisstorie wat wipplank ry tussen twee uiterstes - C. Johan Bakkes en sy reisgenote trotseer die koudste en warmste plekke op aarde waar mense nog leef en 'n bestaan maak, in onderskeidelik die snerpende Siberiese koue en die verswelgende hitte van die Danakil-depressie.
Hoekom? Want dié reisigers doen hul bes om nie “lou” te wees nie, maar met absolute oorgawe te lewe!