![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Verskeep in 24 uur
Die LEER MY LEES-reeks is nie net pret om te lees nie, dit bevorder ook
woordeskat en leesbegrip. Tippie het nou 'n Vlak 2 kurrikulumstel vir
nog verdere interaktiewe SPEEL, LEER en ONTDEK. Die Leer my lees (Vlak
2) kurrikulumstel sluit die volgende in: • 2 draaispeletjies met 40
wisselende draaiwiele met woorde, sinne en prentjies, • 12
aktiwiteitsvelle vir letter- en woordvorming, • 8 woordbouvelle, • 80
letterkaartjies om te gebruik saam met die woorbouvelle, • 110
dubbelkant flitskaarte met Vlak 2 woorde, dubbel- en drieklanke, en
prentjies, • 50 kaarte vir storiebegrip en kreatiewe skryfwerk, • 6
dubbelkant bingovelle • 78 prentkaartjies om saam met die bingo- en
woordbouvelle te gebruik, en • 1 persoonlike prentjiewoordeboek, alles
verpak in ʼn maklik-om-te-drabokstassie.
VOORSKOOL PRE SCHOOL 3
Sy liefde is soos die eerste lenteblom. Mia se gunstelingmens is haar ouma en haar gunstelingplek is haar ouma se blommewinkel, Die geel katstert. Daarom sal sy enigiets doen om te verhoed dat die nuwe indringer, sexy Emil Mühlbacher, die plek toemaak. Hy kan dreig, skreeu, vlei; niks gaan haar oortuig nie. Sy is bestand teen mans met geheime ná Jacques se verraad. Emil is wel nie 'n hartelose sakeman nie; hy het ʼn sagte kant maar ʼn troebel verlede. Hy het nie per toeval in dié pragtige dorpie kom bly nie. Mia moet ʼn plan maak om die winkel te red én sy moet haar hart beskerm. Hoe moeilik kan dit nou wees? Die verhaal handel oor hoe gemeenskappe in klein dorpies laer trek wanneer daar moeilikheid is. Die bykarakters is heerlik driedimensioneel, wat sorg vir ʼn genotvolle leeservaring.
Twee wêrelde is op die punt om te bots ... Mitch het ’n knop op sy maag, hy weet iéts gaan gebeur. Iets sleg. En dan land die ruimtewesens in Deltaville en ontvoer inwoners van die dorp. Mitch en sy beste vriend, Lionel, besef dat dit hulle taak sal wees om die inwoners te red. Op die planeet Zenkion is Imke besig om oor die Blou Planeet, Aarde, te leer. Haar ma was ’n Aardling en dit beteken Imke is half-Blou Planeter, half-Zenkioniet. Al wat Imke wil doen, is om die blou waters van die Blou Planeet te sien. Sal sy die kans aangryp om na hierdie planeet te gaan? Al is die planeet besig om aangeval te word … Mitch en Imke se wêrelde ontmoet in hierdie verhaal oor ruimtereise, ruimtewesens en ’n soeke na die plek waar elkeen behoort.
Web van liefde is ñ samestelling van Rykie Roux se vorige Romanzas - Mariek en die magnaat; Satynprinses & Naweekbruid.
Die Leer my lees (Vlak 1) kurrikulumstel bevat opvoedkundige
speelkaarte en aktiwiteite met woordeskat uit die eerste tien boeke in
die LEER MY LEES-reeks.
Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre. Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, hul dogter Engela, oom Stoffel, swaer Watwo, Herrie, Kerneels se mak olifant en Jakhals, Kerneels se hond. Die ander hoofkarakter is Loeloeraai, 'n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Maar ander mense leer gou-gou van Loeloeraai se bestaan en die gereg wil hom in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het... Buiten Langenhoven se humor wat die verhaal kenmerk, kan ons sien watter kennis van die wetenskap en die buitenste ruim reeds in daardie tyd bestaan het en kan ons ook agterkom watter kennis tekortgeskiet het. Loeloeraai se besoek is om meer van die aarde te leer en ook leer hy die mensheid meer van homself en hoe kenmerke soos gierigheid, selfsug en wreedheid die mens se vooruitgang belemmer.
Reisgenote bevat ʼn keur uit die kortverhaalbundel, Die reisgenoot, wat oorspronklik in 2013 ingedien is as kreatiewe komponent van ʼn meestersgraadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat (onder leiding van prof HP van Coller). As simboliese “reisgenote” is enkele gedigte getoonset wat tematies aansluit by Joanita se eie verhale. Die “reisgenote” is tematies van aard, maar ook in die gesprek tussen tekste, musikale werke en die kunstenaars wat betrokke was by die projek.
Projekte vir nuuskierige kinders! Weet jy van kinders wat daarvan hou om probleme op te los? Wonder hulle oor hoe dinge werk? Het hulle al daarvan gedroom om kreatiewe projekte aan te pak? As die antwoord “ja” is op al die vrae, is jou kind dalk 'n ingenieur-in-wording. Hierdie is die perfekte boek om kinders nuuskierig oor die ingenieurswese te maak. Die boek bevat allerlei projekte wat kinders help verstaan hoe die wêreld werk. Die materiaal vir die projekte kan tuis gevind word en die projekte is maklik om self te voltooi. Die inspirerende stories van Leonardo da Vinci, Mae Jemison en Elon Musk is ook by die boek ingesluit.
Sy voel uiteindelik veilig... Madie van Tonder was lief vir die charismatiese James van Vuuren en het vas geglo dat hy dieselfde voel. Ná die traumatiese afloop van hulle verhouding, besluit sy om in die vervolg haar hart toe te sluit, vrolik soos 'n vlinder rond te fladder en dieper verhoudings te vermy soos die pes. Totdat sy die jong veearts, Lourens de Villiers, ontmoet. Sy helderbruin oë glimlag saam wanneer hy lag en hy laat haar veilig voel. Maar kan sy haar hart hierdie keer vertrou, of is Lourens ook besig om met haar te speel? Die kwessie van seksuele teisering word aangespreek met baie deernis en sensitiwiteit in hierdie verhaal.
’n Vrolike, prettige eerste woordeboek vol kleurryke illustrasies. Kinders sal hope pret hê en basiese woordeskat in vier van Suid-Afrika se amptelike tale aanleer terwyl hulle hierdie boek speel-speel verken. Maklike woord-prent-assosiasies word in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe volgens verskillende temas gerangskik. Van die temas sluit in: klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voëls, diere, skool, my liggaam en my familie. ’n Moet-hê-boek vir elke gesin se boekrak!
Hoe is die piramides gebou? Wie was die Romeinse swaardvegters? Wat was die Trojaanse perd? As jy ooit antwoorde op hierdie en ander belangrike vrae gesoek het, is hierdie boek vir jou. Dit bevat meer as 70 van die vrae waarop jy die graagste antwoorde wil he, en antwoorde wat van jou ’n kenner van die antieke wereld gaan maak. Opwindende kleurfoto’s en tekeninge. Jou topgids oor die antieke wereld!
Kan 'n gids jou regtig help om liefde te vind? Emma is vasbeslote - dié vakansie gaan sy 'n ou kry. Hy gaan na soutwater ruik, en haar vir eens en vir altyd kan laat vergeet van haar beste vriendin se broer, Christiaan, wat haar buitendien nie eens raaksien nie. Toe sy nie lank nie na hul aankoms by Jeffreysbaai 'n sekere blonde branderplankryer raakloop, klop haar hart sommer dadelik vinniger. Emma ontdek boonop 'n boek wat stap vir stap verduidelik hoe om 'n ou se hart te wen en sy besluit om die uitdaging te aanvaar ... Sy gaan die boek se raad volg en die beste vakansieromanse ooit hê! Wat kan verkeerd loop? Hierdie is romantiese fiksie vir tieners.
Jong lesers word aan die alfabet bekend gestel deur prettige rympies oor inheemse diere en voëls. Geskik vir 4-8-jariges vir voorlees en selflees.
“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem.” Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid. ’n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie. Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis. |
![]() ![]() You may like...
Fifty Shades: 2-movie Collection
Dakota Johnson, Jamie Dornan, …
Blu-ray disc
R237
Discovery Miles 2 370
|