Wat is die geheim van selfgemaakte miljoenêrs, dié uitgelese groep wat welvaart
skep, hetsy as entrepreneurs, professionele lui of as salaristrekkers, selfs te midde
van uitdagings en ná terugslae? Die skrywer, ’n onafhanklike finansiële adviseur,
het oor jare heen ontdek dat sekere strategieë suksesvolle welvaartskepping aan
die hand werk. Hierdie boek bevat 68 welvaartstrategieë asook suksesstories van
’n diverse groep gewone Suid-Afrikaners wat soms van voor af oor moes begin
maar steeds ’n uitdagende omgewing suksesvol kon navigeer.
Dié boek bied praktiese advies asook toerusting om oor elke strategie na te dink,
jou eie finansiële posisie te verbeter en selfs, uiteindelik, inkomste vir ander te
skep. Dit sal jou help om ’n kopskuif te maak en moontlikhede in ’n bitter
moeilike ekonomiese klimaat te identifiseer. Die stories sal jou inspireer en ook
help om hierdie strategieë in jou daaglikse handel en wandel toe te pas.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!