0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 63 matches in All Departments

Woestynblom (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Woestynblom (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Isabella voel nie soos die tradisionele beeldskone heldin wat jy op ’n silwerskerm gaan raaksien nie, want sy is ietwat sag om die kante en haar hare het ’n onbuigbare wil van hul eie. Sy besluit die tyd het aangebreek vir opwinding en avontuur, want sy wil nie meer stry teen die knaende begeerte in haar om skaamteloos aan die ontvangkant van ’n man se hartstogtelike liefde te wees nie.

Sy vlug uit die stad om van haar oorbeskermende ouers weg te kom en asem te skep in die oop ruimtes waar niemand vir haar voorskryf wat om te doen nie. Isabella soek ’n man wat haar voete onder haar gaan uitslaan en sy is vasbeslote om hom te kry. Iemand wat haar gaan liefhê vir wie sy in al haar volrondheid is. Tydens haar soektog ontmoet sy ’n hele paar mans wat nou nie almal eintlik as goeie mans met suiwer intensies beskou kan word nie. En wie is die geheimsinnige man wat oral onverwags opduik en pal op haar spoor bly?

Maar toe gebeur die ondenkbare tydens ’n gesinskrisis wat opduik. Al die geraamtes wat uit die kas begin tuimel dwing Isabella om tot stilstand te kom en die waarheid in die oë te staar. Sommige antwoorde kan ’n vrou net op haar knieë by die Here kry. Hulle sê die waarheid maak vry en die liefde bedek ’n menigte van sondes. Miskien sal die kronkelpaaie van Isabella se lewe haar ook na liefde en vryheid lei sodat selfs ’n verlore woestynblom soos sy kan blom.

Vivaldi en Wasabi (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Vivaldi en Wasabi (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R514 Discovery Miles 5 140 Ships in 6 - 10 working days

Jacki de Wet is verslaaf aan die internet en sosiale media. Van Facebook, Instagram, X en TikTok weet sy genoeg om gevaarlik te wees. Sy en Pulani vorm ’n formidabele span en hou Die Boekhoek aan die gang. Miskien moes iemand vir Gary, Jacki se baas en verloofde, gewaarsku het toe hy ’n affair met Sally Smith wou begin. “Ebony and Ivory” laat nie met hulle mors nie.

Om van Gary se skelmpie ontslae te raak, is maklik genoeg, maar wat doen sy met die verraad en die woede? Nou sit Jacki sonder iemand om haar ’n bietjie vas te hou, sonder werk en sonder ’n huis. In Tamatiestraat.

Toe die musikant Giovanni Ignacio Mancini sy verskyning maak, verwar hy haar verder. Hy is soos die mooie Vivaldi-musiek wat hy op sy Stradivarius-viool speel – soms guitig of baldadig, soms strelend, smeulend, altyd sensueel. En dan is daar Sebastian, die wonderkind, wat eintlik maar net ’n seuntjie is met ’n groot hartseer.

Jacki sing falsetto, sy weet nie waar sy inpas nie. Sy wil ’n sushi-en-sjampanje-lewe hê, maar die wasabi brand en gee haar sooibrand … en eintlik is sy net ’n vis-en-tjips-meisie.

Sarah Plus Een (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Sarah Plus Een (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sarah het geen begeerte om met grasie oud te word nie. Sy dra onpaar oorbelle, ’n groot sonbril en haar hare is bloedrooi gekleur. Wat sy wel nie op haar ouderdom verwag het nie, is om na haar 55ste martriekreünie genooi te word. En boonop vereis die uitnodiging dat sy ’n metgesel saambring  – wat sy, ’n weduwee, wáár moet kry? Sy is nuuskierig oor die affêre, maar om na haar grootworddorp terug te keer gaan ou wonde oopkrap. En sy gaan vir Franco, die hartevertrapper, weer in die oë moet kyk!

Twyfelbos (Afrikaans, Paperback): Francois Loots Twyfelbos (Afrikaans, Paperback)
Francois Loots
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Twyfelbos is ’n meesleurende historiese roman wat afspeel in die Overberge in die vroeë agtienhonderds.

Sophia Truter is getroud met sir John Truter. Sy het ’n afkeer van die Kaap se vertoonsug, en ná die dood van haar jongste seun besluit sy om weer te gaan boer. Dié keer begin sy klein, op ’n lap grond anderkant die Kleinrivier – sonder slawe en voormans.

Algaande vind Sophia haar voete. Maar dan word iemand op die bokpad anderkant die Akkedisberg vermoor.

Human histology (Book): H.L. Coetzee, G.P. Loots Human histology (Book)
H.L. Coetzee, G.P. Loots
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R744 Discovery Miles 7 440 Ships in 2 - 4 working days

In this publication, description of the basic histology tissues is followed by a description of the histology of the different organs and systems in the human. The subject contents is presented on a relevant clinical level, and students in both medicine and dentistry, as well as related health professions, such as nursing, occupational therapy and physiotherapy, will find it simple and meaningful. The terminology used in the publication correlates with the writing style used as standard in English medical, dental and health care science' schools.

Children disengaged from armed groups in Colombia - Integration Processes in Context (Hardcover): Julia Villanueva... Children disengaged from armed groups in Colombia - Integration Processes in Context (Hardcover)
Julia Villanueva O'Driscoll, Gerrit Loots, Ilse Derluyn
R1,788 R1,656 Discovery Miles 16 560 Save R132 (7%) Ships in 18 - 22 working days

Drawing on a broad research on historical, geographical and socio-political context of the Colombian conflict, the book explores the role of children entangled in the military fighting. Following the case studies of minors, starting from the recruitment up to the disengagement, the authors seek to understand the process itself and to analyze various support methods offered to the affected children. Weaving together different points of view, coming from the children, and from the workers of the organizations offering help, the book gives an engaging and dramatic overview of the phenomenon of child soldiers. Authors: Julia Villanueva O'Driscoll, Vrije Universiteit Brussel, Belgium Gerrit Loots, Vrije Universiteit Brussel, Belgium Ilse Derluyn, Ghent University, Belgium

Die Boek van Gelukkige Eindes (Afrikaans, Paperback): Debbie Loots Die Boek van Gelukkige Eindes (Afrikaans, Paperback)
Debbie Loots
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Kaapstadse sielkundige Chris se rustige lewe word bedreig. ’n Trigger-happy vrou uit sy verlede probeer hom afpers, sy pasiënte se koppe haak een vir een uit, en sy dirty little secret begin hom kriewelrig maak.

Boonop irriteer sy gay eksvrou hom met haar verhoudingsprobleme, amper net soveel soos sy skoolvriend se skynbaar sorgelose lewe. Op Bella, sy jong Portugese vrou met haar voorliefde vir lawwe YouTube-videos, kan hy darem werklik staatmaak – of hoe?

Hierdie genuanseerde, ironiese blik op seks, intieme verhoudings en eksistensiële krisisse word uit die oogpunt van verskeie karakters vertel, en elkeen het ’n kinkel-einde. Besluit self wie s’n is gelukkig en wie s’n nie . . .

Dromers (Afrikaans, Paperback): Irize Loots Dromers (Afrikaans, Paperback)
Irize Loots
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Wat gebeur eintlik wanneer reisigers mekaar raakloop, maar dalk miskyk? Kry hulle dan ’n tweede kans om weer te begin of het die noodlot altyd die oorhand?

Die verhaal speel af in die wêreld van Marleen, ’n jong vrou wat snags deur “verdwaaldes” wakker gehou word. Gideon, die blinde man wat die toekoms in visioene sien, is sentraal in Marleen se lewe, maar net sy weet dit. Wat kan Gideon haar oor die “verdwaaldes” vertel en wat weet hy wat sy nie weet nie?

Wat vir sommige mense vreemd is, is vir ander deel van die lewe. ’n Siener wat in geheimsinnige wêrelde leef en wat lig en insigte kan bring vir die wat soek na antwoorde, sal dalk verstaan wat ná die dood met die agtergeblewenes gebeur. Hy weet ook wat word van die wat die oorgang na die ewige lig moet maak. Marleen sal doodeenvoudig met hom moet gaan praat, maar sy vrees vir dit wat hy weet. Soms is dit moeilik om die werklikheid van drome te onderskei.

Contracts for Infrastructure Projects - An International Guide to Application (Hardcover): Philip Loots, Donald Charrett Contracts for Infrastructure Projects - An International Guide to Application (Hardcover)
Philip Loots, Donald Charrett
R7,121 Discovery Miles 71 210 Ships in 10 - 15 working days

Offers a new and international perspective on the legal aspects of contracting infrastructure projects. Includes examples from case law from a number of common law jurisdictions, as well as civil law codes, plus chapters on planning and programming for construction contracts as well as tunnelling and mining contracts. Features a collection of appendices for reference including, among others, UNIDROIT Principles of International Commercial Contracts, matters for consideration in awarding contracts and risk factors in construction of infrastructure.

Dichtstuk, Uitgespr. Ter Gelegenheid Der Vijftigjarige Feestviering V. D. Maatschappij Felix Meritis, Op. D. 7. Nov. 1827... Dichtstuk, Uitgespr. Ter Gelegenheid Der Vijftigjarige Feestviering V. D. Maatschappij Felix Meritis, Op. D. 7. Nov. 1827 (Dutch, Paperback)
Cornelis Loots
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 10 - 15 working days
Split (Afrikaans, Paperback): Debbie Loots Split (Afrikaans, Paperback)
Debbie Loots
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R217 Discovery Miles 2 170 Ships in 2 - 4 working days

Dis die sewentigs en tagtigs. 'n Afrikaanse gesin trek gedurig rond, van Pietersburg na Randfontein na Durban en weer terug. Terwyl Vera se huwelik aan't verbrokkel is, knoop sy 'n verhouding met haar buurman aan en lees verbode seksboeke. Haar dogter Lien wens 'n UFO laai haar op. Split gaan oor grootword op 'n myndorp, soen op Durban se strand en 'n Indier wat sweet in die kaartjiekantoor van Louis Trichardt se publieke swembad.

Roxy (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Roxy (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jessica Rabbit probeer nie voorgee om iets te wees wat sy nie is nie. Sy’s ’n uitlokkende vrou en klaar.

Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy sy soek ’n roekelose, skelrooi lipstiek-lewe. Almal dink in elk geval sy is sletterig en uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf. Haar kollega Zander dink sy is Jessica Rabbit in lewende lywe: so witwarm sensueel dat sy ’n nat lap aan die brand kan steek. Roxy voel allesbehalwe sensueel, en die geraamtes uit haar verlede beduiwel telkens haar flirtasies en verhoudings. Daarom gryp sy nou na rooi lipstiek.

Wanneer Zander se pa, die bekende motiveringspreker Adam Muller, op die toneel verskyn, raak Roxy se lipstiek-lewe nog meer deurmekaar. Die enigste sekerheid in Roxy se nuwe wêreld blyk Ouma Lot te wees – totdat dié ook in raaisels begin praat. Roxy se lipstiek begin al meer na oorlogsverf lyk. . .

Loot - Still Rollin' (CD): Loot Loot - Still Rollin' (CD)
Loot
R261 R134 Discovery Miles 1 340 Save R127 (49%) Ships in 10 - 25 working days
Kadice / Loot - Still Rollin' (CD): Kadice, Loot Kadice / Loot - Still Rollin' (CD)
Kadice, Loot
R145 Discovery Miles 1 450 Ships in 10 - 25 working days
Vroue Met Vlerke (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Vroue Met Vlerke (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie boek is ’n hersiene weergawe van Emma is g’n engel nie (2011).

Emma dra verskriklike verwyte in haar binneste rond. Sy het iets vreesliks gedoen en dit kou aan haar. Sy voel al klaar moeilik om lief te hê met haar mollige lyf en haar vaal gelaatstrekke. Miskien as sy ook funky en blond en pret kon wees sou sy liefde kon vind. Sy wil ook weet hoe dit voel om iemand se arms styf om jou te voel … iemand soos Burger Botha.

Dis ’n eensame pad wat sy stap en die laaste mense by wie sy kan troos soek is haar ma en suster. Die Bybelversies van haar kindertyd weergalm in haar kop en herinner haar dat sy eintlik maar ’n closet Christen is. Sy weet wat sy verkeerd gedoen het, wat sy aangevang het, maar hoe gaan sy dit regmaak? Waar begin sy om na vergifnis te soek?

As ’n mens nie van jouself hou nie is dit moeilik om te glo dat iemand anders van jou sal kan hou. En as Emma nie haarself kan vergewe, of vir haarself lief kan wees nie, wie sal ooit kan? Sy voel allesbehalwe soos ’n engel, eintlik meer soos ’n duiwel, om die waarheid te sê. Haar skuld is te swaar om alleen te dra.

Emma het gehoor dat bevryding jou vlerke gee, en daar is soveel engel-vroue rondom haar met vlerke. Dalk kan hulle haar help om haar eie vlerke te kry sodat sy uiteindelik vry en haarself kan wees.

The Application of Contracts in Developing Offshore Oil and Gas Projects (Paperback): Philip Loots, Donald Charrett The Application of Contracts in Developing Offshore Oil and Gas Projects (Paperback)
Philip Loots, Donald Charrett
R5,492 Discovery Miles 54 920 Ships in 10 - 15 working days

This book provides a comprehensive overview of the key aspects and contracts involved in the process of developing oil and gas projects, with an emphasis on offshore developments. Project development in oil and gas carries with it numerous unique risks and challenges. By identifying and managing risk through the various contract stages, each stage of the project is seen in perspective and therefore gives readers a better understanding of how that stage was arrived at and what is expected to come later. To do this, the authors use illustrative international case studies from past and current projects, thereby deepening the reader's understanding and awareness of risk from practical experience, as well as suggesting answers for those who are involved in developing oil and gas projects. The Application of Contracts in Developing Offshore Oil and Gas Projects is intended for project owners, project managers, contractors, finance managers, commercial managers and lawyers who seek to understand the subject from a practical point of view.

Metrical Myths - An Experimantal-Phonetic Investigation into the Production and Perceprtion of Metrical Speech (Paperback): M.... Metrical Myths - An Experimantal-Phonetic Investigation into the Production and Perceprtion of Metrical Speech (Paperback)
M. E. Loots
R1,383 Discovery Miles 13 830 Ships in 18 - 22 working days
Die diepblou see (Afrikaans, Paperback): Francois Loots Die diepblou see (Afrikaans, Paperback)
Francois Loots
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R289 Discovery Miles 2 890 Ships in 2 - 4 working days

Snags, vanaf die hawe, tuur Jan Hofmeyr oor Tafelbaai uit. Dan duik hy die diepte in, na waar die blou water gitswart verkleur. In die donker wiebeling swem hy saam met glimmende visse, kom hy gestorwe voorsate en mitiese figure tee. Bedags hou hy sy nagtelike eskapades geheim. In die oseaan beur hy weg van die sleur wat sy lewe geword het. Hoffie, die wonderkind wat op vyftien sy eerste graad ontvang het; Jan, die minister wat onder Louis Botha en Jan Smuts in die kabinet gedien het. Dis sy soort liberalisme waarteen die vaders van Apartheid tydens die 1948-verkiesing sou waarsku. Maar wat gaan soek hy snags in die diepblou waters? Francois Loots vervleg kontreitaal met mitologie en die magiese om in die diepblou see gestalte te gee aan een van die fassinerendste Suid-Afrikaners van alle tye.

Blom in die Hare (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Blom in die Hare (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In haar grootwordjare in die laat tagtigs dra vroue skreeuhelder neonkleure, skouerkussings en groot hare. Maar nie háár aanneemma nie en ook nie Kaila sélf nie. Sy skáám haar!

Haar ma is kerklik en koeklik en oorgewig en nie regtig lief vir haar nie.

Kaila word bespot en leer verwerping ken op vele vlakke.

Daar is ’n gevaarlike, verbode aantrekkingskrag tussen haar en haar Wiskunde-onderwyser. Sal hy die liefde van haar lewe wees?

Ná ’n motorongeluk wat ernstige letsels laat, verdwyn Kaila se ma spoorloos. Die onsekerheid en verlange spook lank daarna nog by haar.

As enkelouer stort sy jare later al haar liefde uit op haar seun, Sebastian. As hy tog net nie bevriend was met Bertina, die wildewragtige dogter van Max Viljoen, nie! Toe Bertina swanger raak, staan Kaila se seun se toekomsdrome gevaar om verpletter te word. Wat gemaak met die swangerskap wat soveel mense se lewe in skerwe laat spat? Max is vasbeslote dat sy dogter nie alleen met die baba in die arms gaan bly staan nie terwyl Kaila haar seun wil beskerm. Eintlik het Kaila en Max mekaar nodig, maar Kaila se hart breek wanneer sy die pyn in haar jong seun se oë sien.

En Kaila weet, sy weet, ’n mens het meer nodig as ’n blom in jou hare om gelukkig te wees.

Die Lang Papawer (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Die Lang Papawer (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe vind?

Libbi de Lange is die langste meisie in die kontrei. In die hele wye wêreld, of so voel dit vir haar. Die lewe werk rof met iemand wat nie by die gewone inpas nie; die neiging is mos oral om die kop af te kap van ’n papawer wat aanhou uitstyg. As jy dan nog die dogter is van ’n pastoor van ’n volksvreemde kerk in die Knysnabosse, is die verleentheid groot en die hoop min.

Die nuwe millennium is op pad, die vrees vir die Y2K-virus ’n werklikheid. Libbi moet trou, en gou ook sodat sy die gespot oor haar van kan agterlaat. Nogal moeilik as jou dansmaat se kop deur jou boobs verswelg word.

Dis Flooze, haar kamermaat op universiteit, wat Libbi leer om haar eie identiteit te omarm en uitdagend anders te wees, om uit die soetkoekblik te klim. Die verlange na liefde bly egter knaag, die honger van die lyf ook. Toe word sy maar mevrou Libbi Landman – en sit steeds met ’n honger vir 51% meer as wat sy gekry het. Boonop vergemaklik haar vriend Beer se huiwering op haar drumpel glad nie sake nie.

Tydens Covid kry die komplikasies rondom haar liewe, halfheilige pa, Beer en haar gesin net kleintjies. Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe ontdek? Voordat die lang papawer kan blom?

Op die plaas (Kur 2005): Boek 4: Grade 2 (Afrikaans, Paperback, 1995 ed): L. Loots, K. Neethling, R. Rutherford, R.  Schoeman,... Op die plaas (Kur 2005): Boek 4: Grade 2 (Afrikaans, Paperback, 1995 ed)
L. Loots, K. Neethling, R. Rutherford, R. Schoeman, A. Slabber, …
R173 Discovery Miles 1 730 Ships in 5 - 10 working days

Die teks is gemoderniseerd en vrae is bygevoeg om 'n wyer spektrum van interpretasie te dek. Volkleur illustrasies sal die kind prikkel om die teks te lees. Die leerleesprogram is ontwikkel volgens die vermoens van die ontwikkelingsvlak van die kind. Gebaseer op die klankmetode. Ook geskik vir gebruik deur niemoedertaalsprekers. Unieke heelbreinbenadering. Graad 1 tot 3: Leesboekies met pragtige volkleurillustrasies. Elke leesles word vergesel van prikkelende vrae en takies om die onderwyser se taak te vergemaklik. Pretboeke vir elk van die eerste drie skooljare, met die oog op die vaslegging van die lees- en skryfproses. Onderwyserspakket en Leerlingpakket vir Graad 1.

Die jakkalsdans (Afrikaans, Paperback): Francois Loots Die jakkalsdans (Afrikaans, Paperback)
Francois Loots
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R217 Discovery Miles 2 170 Ships in 2 - 4 working days

Op 'n klein plekkie in die Bo-Karoo is lewe en dood soos die paaie wat in en uit die dorp loop, albei deel van die orde. Maar in die jare sewentig kry die dood 'n flambojante teehanger in die jong man Jopie wat wil klere ontwerp; met Annelien Kriel as sy leidende ster wil uitbreek na die verre Kaap. Die dood daarenteen kry gestalte in ene Rotman, wat onder die dorpenaars kom woon. Hy asem die stof, want die stof is asbes, en jy moet twee keer dink as hy jou vir die jakkalsdans uitnooi. Jopie se aanneem-pa, Mannetjies, dink hy moet boet oor sy minnares, Tryn. Of wil Rotman met sy vrou Aletta dans? En al die tyd is hulle, soos al die mense op die dorp, onwetend vasgevang in iets groters as hulleself.

Die kat (Kur 2005) (Afrikaans, Paperback, 1995 ed): L. Loots, K. Neethling, R. Rutherford, R.  Schoeman, A. Slabber, H. Visser Die kat (Kur 2005) (Afrikaans, Paperback, 1995 ed)
L. Loots, K. Neethling, R. Rutherford, R. Schoeman, A. Slabber, …
R116 Discovery Miles 1 160 Ships in 5 - 10 working days

Die teks in hierdie reeks is gemoderniseer en vrae is bygevoeg om n wye spektrum van interpretasie te dek. volkleurillustrasies sal die leerder prikkel om die teks te lees, en die leerleesprogram is ontwikkel volgens die leerder se ontwikkelingsvlak Die Knipsels Leerdersboek het tydskrifartikels Ook geskik vir gebruik deur niemoedertaalsprekers. Unieke heelbreinbenadering. Graad 1 tot 3: Leesboekies met pragtige n die ontwikkelingsvlak van die kind. Gebaseer op die klankmetode. Ook geskik vir gebruik deur niemoedertaalsprekers. Unieke heelbreinbenadering. Graad 1 tot 3: Leesboekies met pragtige volkleurillustrasies. Elke leesles word vergesel van prikkelende vrae en takies om die onderwyser se taak te vergemaklik. Pretboeke vir elk van die eerste drie skooljare, met die oog op die vaslegging van die lees- en skryfproses. Onderwyserspakket en Leerlingpakket vir Graad 1.

Lekker stories (Kur 2005): Boek 5: Grade 3 (Afrikaans, Paperback, 1995 ed): L. Loots, K. Neethling, R. Rutherford, R. ... Lekker stories (Kur 2005): Boek 5: Grade 3 (Afrikaans, Paperback, 1995 ed)
L. Loots, K. Neethling, R. Rutherford, R. Schoeman, A. Slabber, …
R266 Discovery Miles 2 660 View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Die teks is gemoderniseerd en vrae is bygevoeg om 'n wyer spektrum van interpretasie te dek. Volkleur illustrasies sal die kind prikkel om die teks te lees. Die leerleesprogram is ontwikkel volgens die vermoens van die ontwikkelingsvlak van die kind. Gebaseer op die klankmetode. Ook geskik vir gebruik deur niemoedertaalsprekers. Unieke heelbreinbenadering. Graad 1 tot 3: Leesboekies met pragtige volkleurillustrasies. Elke leesles word vergesel van prikkelende vrae en takies om die onderwyser se taak te vergemaklik. Pretboeke vir elk van die eerste drie skooljare, met die oog op die vaslegging van die lees- en skryfproses. Onderwyserspakket en Leerlingpakket vir Graad 1.

Foxtrot Van Die Liefde (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Foxtrot Van Die Liefde (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 2 - 4 working days

Katalaya het silwerwit hare en dra funky klere, maar sy is sestig jaar oud. En alleen. Soms wens sy Franco het eerder mooi ordentlik doodgegaan as om die pad te vat. Al wat vir haar oorbly is ’n miniatuurgrootte gaatjie in die meenthuiskompleks vir weduwees, weggooivroue en lelike vroue wat nie mans kon kry nie. Haar kinders gee haar grys hare, wat sy juis nie wil he nie. Verder worstel haar bejaarde ma met seniliteit en lap alles uit wat hulle ’n leeftyd lank geheim wou hou. Ook oor Ben wat in die buitekamer gebly het toe haar pa die stadsklerk van die dorp was. Dit was net Jan-Adam Vermeulen wat vermoed het Ben was soveel meer as net ’n chauffeur. Maar na ’n tragedie wat die hele dorp geskud het, het hy uit hul lewe verdwyn. Nou beweer haar ma ’n man met ’n Elvis-kuif was in haar besemkasgrootte kamertjie in Huis Herfsblaar. En later kom sy met ’n vreemde versoek – Katalaya moet na Ben gaan soek voordat dit te laat is. Maar sy gaan nie alleen nie. Katalaya se pelgrimstog lei haar na die laaste skakel wat die legkaart van haar lewe voltooi. Net om te ontdek dat die liefde en die begeertes van die lyf nie sommer tot rus kom nie. En dat die lewe so veranderlik soos kwiksilwer is.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Demeter Gin & Tonic Cologne (120ml…
R923 R748 Discovery Miles 7 480
Titanic - 4K Ultra HD + Blu-Ray
Leonardo DiCaprio, Kate Winslet Blu-ray disc R622 Discovery Miles 6 220
Azzaro Wanted By Night Eau De Parfum…
 (1)
R2,462 R1,958 Discovery Miles 19 580
FS A4 3 Quire F&M 128Pg Hardcover…
R29 R20 Discovery Miles 200
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R367 R340 Discovery Miles 3 400
Bostik Glue Stick - Loose (25g)
R42 R23 Discovery Miles 230
Bostik Clear Gel (25ml)
R42 Discovery Miles 420
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R367 R340 Discovery Miles 3 400
Understanding the Purpose and Power of…
Myles Munroe Paperback R280 R258 Discovery Miles 2 580
PXN V3 Pro Gaming Steering Wheel
R1,293 R1,213 Discovery Miles 12 130

 

Partners