0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (2)
  • R50 - R100 (21)
  • R100 - R250 (60)
  • R250 - R500 (48)
  • R500+ (2)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kook en Geniet

Showing 1 - 25 of 133 matches in Kook en Geniet

Laat die Potte Prut (Afrikaans, Paperback): Via Laat die Potte Prut (Afrikaans, Paperback)
Via
R275 R236 Discovery Miles 2 360 Save R39 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

Die beste resepte van die gewilde potjiekosreeks op Via. Van eenvoudig tot deftig, goedkoop tot duur – maar altyd gesellig en watertand lekker. Resepte vir voor- en hoofgeregte, bykosse en selfs nageregte, alles op die vuur. Potjies soos geroomde mossels, volstruisnekkerrie, lamskenkel, waterblommetjiebredie en ’n uithaler sjokalade-toringkoek! Met ’n verskeidenheid brode, om die laaste lekseltjie sous op te skraap – dus mos nou lekker!

Resepte (Afrikaans, Paperback): SuzelleDIY Resepte (Afrikaans, Paperback)
SuzelleDIY
R295 R234 Discovery Miles 2 340 Save R61 (21%) In stock

Welkom by Resepte! Hierdie boek se bladsye is propvol geliefkoosde resepte wat ek oor baie jare versamel en opgetower het; van my Ouma se ou klassieke resepte tot my eie skeppings wat almal gaan laat gons y oor jou volgende feesmaal!

Jy sal heerlike nageregte ontdek, maklike aandetes, asook prettige en smaaklike afdraaipaadjies van Suid-Afrikaanse gunstelinge (enigeen vir bobotieballetjies?), sowel as paar ongelooflike resepte deur spesiale gaste wat ook, ag, shame, so graag in die boek wou wees. Hierdie kookboek is vir almal! Al is jy bobaaskok of beginner; al weet jy kwalik hoe om mikrogolfoond te hanteer of dink dat jou maaltye altyd so bietjie verroes lyk: daar sal iets in hierdie kookboek wees vir jou.

Strik jou voorskoot aan, liewe mens! Dis tyd om jou eie kreatiwiteit te volg en die kombuis in gastronomiese betowering te omskep. DIY? Want almal kan!

Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie (Afrikaans, Hardcover): Martjie Malan Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie (Afrikaans, Hardcover)
Martjie Malan
R450 R376 Discovery Miles 3 760 Save R74 (16%) Shipped within 4 - 8 working days

Die pragtig geillustreerde boek is daarop gemik om van enige iemand ’n suksesvolle bakker te maak. Dit is gegrond op basiese baktegnieke en wenke. Die resepte is deeglik getoets en het maklike stappe om te volg. Daar word ook gefokus op die bakgeheime wat min ander bakboeke inhou. Dit sal vir jou die selfvertroue gee om die basiese resepte met gemak te bak en jou stadig maar seker die moed gee om die meer tegniese resepte te bemeester. Om tuis te bak gee vir jou ‘n uitlaatklep, ’n plek om kreatief te wees en geleentheid om iets te kan gee wat jy self gemaak het.

Die resepversameling sluit iets vir elke okkasie in; van kleingebak tot krummelrige pasteie. Lieflike koeke, blikke vol koekies, dekadente terte en eenvoudige skons is deel van die boek se gebak.

Ta-Da! Lyk Moeilik, Maar is Maklik. (Afrikaans, Paperback): Johane Neilson Ta-Da! Lyk Moeilik, Maar is Maklik. (Afrikaans, Paperback)
Johane Neilson
R290 R229 Discovery Miles 2 290 Save R61 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

“Kosmaak is pure toorkuns. Met ’n knippie oëverblindery en ’n skeutjie kulkuns word aartappels rose en klits eierwit en suiker tot blink, wolkerige malvalekkers.”

Dié aanhaling van Johané Neilson, Tuis se kosredakteur, som presies op wat jy in Ta-da! kan verwag. Tuis is nie om dowe neute Suid-Afrika se topverkoper in die huis-en-tuin-tydskrifmark nie – alles in dié praktiese mooimaakgids is toeganklik en makliker as wat dit lyk.

Dit geld ook die gewilde kosafdeling. Johané het deur die jare die kuns vervolmaak om met maklike truuks indrukwekkende kos vir haar geliefdes voor te sit. In dié bundel deel sy van Tuis se gewildste resepte, met nuttige wenke vir hoe jy self die ta-da! in jou kookkuns kan sit.

Die boek bevat ’n keur van ligte somermaaltye tot koesterende winterkos, spog-voorgeregte tot liplekker nageregte (verbeel jou ‘n boerewors-frittata, kerrieviskoekies, potgebraaide bief met spek en biltong, heuning-appeltert, klapperkoek . . . ).

Dit was not nooit so maklik om jou mense te beïndruk nie!

Daar Is 'n Engel in my Koskas (Afrikaans, Paperback): Willie Strauss Daar Is 'n Engel in my Koskas (Afrikaans, Paperback)
Willie Strauss
R325 R279 Discovery Miles 2 790 Save R46 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

In Daar is 'n engel in my koskas neem Willie Strauss jou op 'n nostalgiese kosreis en nooi jou om die geure en smake wat hy met groot vreugde onthou, saam met hom te geniet. Resepte of enkele bestanddele word verweef met interessante - en soms komiese - vertellings.

So is daar onder andere die blikkie kondensmelk (engelemelk) waaruit menige kind die lekkerte gesuig het en die wonderlike kondensmelkbeskuit wat Ma gebak het, die laning granaatbome naby die plaasdam en die verleidelike granaatkoek waarmee jy jou gaste sal beïndruk, die reuk van kwepers wat in 'n Jewel-oond gebak is en die pluk van groenvye in die boord vir konfyt.

Van brood en beskuit, sop, hoof- en bygeregte tot poedings, koek, koekies en terte asook konfyt en blatjang: dis alles in hierdie kookboek vervat, wat ook vir onthaal, partytjies, reis en Kerstyd voorsiening maak. Willie nooi jou om sy resepte te neem, 'n bord kos te kook en dit te deel met die engele in jou lewe. Kom, wees 'n engel!

Dit Proe Soos Huis - Geure Van My Ma Se Kombuis (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Dit Proe Soos Huis - Geure Van My Ma Se Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing 1
R365 R275 Discovery Miles 2 750 Save R90 (25%) In stock

In Dit proe soos huis eer Herman Lensing sy ma met sy uitsonderlike talent. Hy weef haar gunstelingresepte, passie vir kos en hul eie stories ineen. Dit is resepte van onthou dié – ’n kosverhaal wat dít wat is, verbind met dít wat was. Kos is liefde en in die kombuis klop die hart van die huis. 

Maalvleis - 130 Smullekker Resepte (Afrikaans, Paperback): Karen Hart Maalvleis - 130 Smullekker Resepte (Afrikaans, Paperback)
Karen Hart
R275 R236 Discovery Miles 2 360 Save R39 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

In dié boek deel Karen meer as 100 liplekker maalvleisresepte. Sy begin by hoe jy jou eie maalvleis kan maak, basiese frikkadelle en dan gee sy 'n verskeidenheid resepte van morsjorse tot iets vir die spogtafel. Met lekker resepte vir piekniekbederfies, pastageregte, pasteie en 'n groot verskeidenheid burgers. Met 'n hele arsenaal speserymengsels vir jou koskas, help sy jou om met die afskeepkind van die vleisfamilie iets spesiaals op te tower.

Gramadoela-Kos (Afrikaans, Paperback): Rita Van Dyk Gramadoela-Kos (Afrikaans, Paperback)
Rita Van Dyk
R250 R197 Discovery Miles 1 970 Save R53 (21%) In stock

Gramadoela-kos is saamgestel om in die bos te kook wanneer jy ’n ietsie meer as net boerewors en pap elke aand wil voorberei. Die resepte is vars, innoverend en bowenal, maklik! Al die resepte is getoets en kan oor ’n oop vuur of ’n kampstofi e berei word, maar dit is so smaaklik dat jy dié boek selfs in jou kombuis of vir jou braai by die huis kan gebruik.

As jy daarvan hou om in die buitelug te kook, hetsy onder die sterre by ’n kampterrein in die gramadoelas of buite in jou agterplaas te braai, is hierdie boek net vir jou.

Vegetaries (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vegetaries (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R370 R270 Discovery Miles 2 700 Save R100 (27%) In stock

'n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur. As jy iets soek vir vleislose Maandag, jou nuwe vegetariese skoondogter moet onthaal, of die kleinkinders moet kosgee - is daar geen rede waarom jy nie kan braai nie. Met Jan se liplekker braaibroodtjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poedings sal selfs die vleiseters terugkom vir nog 'n skeppie!

Die VLV-Kookboek - Resepte van Toe & Nou (Afrikaans, Hardcover): Vroue-Landbouvereniging van Kaapland Die VLV-Kookboek - Resepte van Toe & Nou (Afrikaans, Hardcover)
Vroue-Landbouvereniging van Kaapland
R350 R298 Discovery Miles 2 980 Save R52 (15%) Shipped within 4 - 8 working days

Die VLV-kookboek bevat 'n versameling flatervrye resepte deur die lede van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland ter viering van hul 90ste bestaansjaar.

Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud in die Toe-gedeelte en geniet weer die liplekker lekkerte van melktert, gemmerkoekies en gemmerbier - om maar net enkeles te noem. As jou tyd beperk is, wend jou tot die kortpad- getoetste resepte in die Nou-gedeelte waar die mikrogolf ingespan word, soos 'n sjokoladekoek wat in slegs 7 minute gemaak word, en beproefde, gesonder geregte soos spinasiegebak, pampoenmuffins, bobotie met 'n appellaag en eiervrugslaai. 'n Onontbeerlike resepteboek deur ma's en vroue vir vroue van alle ouderdomme.

50 Prutpotgeregte (Afrikaans, Paperback): LAPA Uitgewers 50 Prutpotgeregte (Afrikaans, Paperback)
LAPA Uitgewers
R80 R69 Discovery Miles 690 Save R11 (14%) Shipped within 10 - 15 working days

Woelige weeksdae wat fyn verdeel word tussen werk, skool, sport en huiswerk beteken nie dat aandete moet bestaan uit gebakte boontjies op roosterbrood nie. 50 Prutpotgeregte wys vir jou hoe om met behulp van jou prutpot (slow cooker) en minimale voorbereiding heerlike bredies, sop, sappige braaistukke en selfs poeding kan gaarmaak terwyl jy aandag aan belangriker dinge skenk.

Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is.

Die resepte bestaan uit treffers soos:

• Hoender-en-rooiwynstowe met kruiekluitjies

• Romerige Sweedse frikkadelle

• Gevlokte beesvleis

• Koolrolletjies

• Murgpampoentjiesop

• Hongaarse ghoelasj

• Italiaanse varkboud

• Geurige biefkerrie

• Sjokoladekoek

• Sjokolade-en-grondboontjiebotterpoeding

50 Prutpotgeregte gee ook wenke oor hoe om jou prutpot optimaal te gebruik en te versorg.

Suidooster Kombuis (Afrikaans, Paperback): Errieda du Toit Suidooster Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Errieda du Toit
R280 R200 Discovery Miles 2 000 Save R80 (29%) In stock

kykNET se geliefde sepie SUIDOOSTER vertel die storie van die mense van Suidooster, 'n winkelsentrum in die Kaapse voorstad Ruiterbosch. Derduisende kykers word daagliks meegevoer deur die families se vreugdes en vetes, intriges en onderstrome. Vir hulle is die mense van Suidooster soos ou bekendes van wie hulle alles wil weet, tot wat hulle sepie-familie eet. In Suidooster kombuis wys Mrs J, Mymoena en Stefan wat kook in hul kospotte!

Smulkos - 100 Watertand Resepte (Afrikaans, Paperback): Esther Malan Smulkos - 100 Watertand Resepte (Afrikaans, Paperback)
Esther Malan
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

Smulkos is 'n splinternuwe versameling van Esther se gewilde kosblad Vat Vyf wat elke week in Huisgenoot verskyn. Die resepte wissel van geurige idees vir Ontbyt, terte & pasteie, braai, hoender, straatkos, kaggelkos na vinnige en gesonde slaaie - watertand poedings en gebak bly ook nie agterweë nie. Alles getoets in die Huisgenoot toetskombuis wat verseker dat dit keer op keer werk.

JAN: My Franse Kosverhaal (Afrikaans, Hardcover): Jan Hendrik van Der Westhuizen JAN: My Franse Kosverhaal (Afrikaans, Hardcover)
Jan Hendrik van Der Westhuizen
R490 R375 Discovery Miles 3 750 Save R115 (23%) Shipped within 4 - 8 working days

JAN: My Franse Kosverhaal is ’n gedenkskrif en feesviering wat voortspruit uit JAN – die welbekende restaurant in die suide van Frankryk.

Dié restaurant is ’n vertoonstuk van die tradisionele Suid-Afrikaanse gasvryheid wat begin het op ’n plaas in die Suid-Afrikaanse platteland en voortvloei na die glansryke Franse Riviera. JAN, tans ’n eenster-Michelin-restaurant, het bewys dat drome waar kan word en dat jy eenvoudige bestanddele in ’n meesterstuk kan omskep wanneer jy jou passie uitleef. Elke hoofstuk weerspieël die stemming en inspirasie van die disse wat by JAN voorgesit word.

Die versameling van meer as 90 resepte strek van plaaslikgebakte brode, amuse bouche en watertandhoofdisse van vleis of vis, tot by die maaltye wat sjefs ná ’n lang werkdag in die warm kombuis geniet.

Suid-Afrikaanse Kookboek Vir Allergiee En Voedselsensitiwiteit (Afrikaans, Paperback): Hilda Lategan Suid-Afrikaanse Kookboek Vir Allergiee En Voedselsensitiwiteit (Afrikaans, Paperback)
Hilda Lategan
R335 R287 Discovery Miles 2 870 Save R48 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

As sekere voedselitems en bymiddels tot siektesimptome lei, is dit baie moeilik om gesonde voedingskeuses te maak tot voordeel van goeie gesondheid, asook die herstel en instandhouding van die immuunsisteem. Allergiese reaksies en sensitiwiteit vir voedingstowwe en bymiddels is aan die toeneem en al hoe meer mense sukkel om veilige, gesonde en bekostigbare plaasvervangers te vind vir voedselsoorte wat die res van ons as vanselfsprekend beskou.

Hierdie resepte is ontwikkel om maklik gebruik te kan word vir ’n verskeidenheid allergiese toestande. By elke resep is aangedui of dit vry is van: koring, gluten, mielies, eier, melk, laktose, soja, kleur- en preserveermiddels. Voorstelle by van die resepte kan help om met geringe wysiging ’n resep nog meer geskik te maak.

Daar is moeite gedoen met die keuse van bestanddele en plaasvervangers wat bekend, bekostigbaar en vrylik beskikbaar is. Die omvattende inleiding verskaf noodsaaklike inligting aangaande allergieë en voedselsensitiwiteit.

Die Demokratiese Republiek Van Braai (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Die Demokratiese Republiek Van Braai (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R330 Discovery Miles 3 300 Shipped within 4 - 8 working days

Dit is jou demokratiese reg om lekker te kuier met vriende en familie om die braaivleisvuur. Dit is die belofte van Jan Braai se Demokratiese Republiek van Braai.

In die boek deel Jan sy beste braairesepte met ons - dit is jou reg om net die beste te braai.

Met Jan se uitsonderlike braairesepte vir steak, hoender, lam en nog baie meer is daar geen verskoning om ooit weer smaaklose braai voor te sit nie.

Die Banting-Oplossing - Jou Laekoolhidraat-Gids Vir Permanente Gewigsverlies (Afrikaans, Paperback): Bernadine Douglas,... Die Banting-Oplossing - Jou Laekoolhidraat-Gids Vir Permanente Gewigsverlies (Afrikaans, Paperback)
Bernadine Douglas, Bridgette Allan
R230 R181 Discovery Miles 1 810 Save R49 (21%) Shipped within 4 - 8 working days

Uiteindelik! ’n Allesomvattende boek wat al jou vrae oor die Banting-leefstyl beantwoord en 'n oplossing bied vir permanente gewigsverlies.

Die Banting-Oplossing verduidelik nie net wat Banting behels nie, dit:

  • verskaf antwoorde op Banters se dringendste vrae;
  • skiet die mites wat rondom Banting ontstaan het, aan flarde;
  • bevat handige maaltydplanne en Banting-vriendelike voedsellysies;
  • verskaf wenke oor wat om te doen wanneer gewigsverlies tot stilstand kom;
  • help jou om voedseletikette te verstaan; en
  • wys jou hoe om te Bant sonder om die bank te breek, en dat almal dié leefstyl kan volg.

Maar die heel belangrikste – die boek leer ons hoe om ontslae te raak van daardie ekstra kilogramme en hoe om hulle vir ewig weg te hou! Resultate van in-diepte navorsing word ondersteun deur gevallestudies en voor-en-na foto’s. Lesers het nou toegang tot alle inligting oor Banting in een boek.

My Low Carb Kombuis (Afrikaans, Paperback): Vickie de Beer My Low Carb Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Vickie de Beer; Photographs by Craig Fraser 2
R298 R256 Discovery Miles 2 560 Save R42 (14%) Shipped within 4 - 8 working days

My Low Carb-Kombuis is ’n maklike, toeganklike stapvir- stap-gids tot ’n laekoolhidraat-lewenstyl. Dit verskaf riglyne oor watter kos om uit jou dieet te sny en wat om in te sluit vir optimale gesondheid en hope energie. Met meer as 50 watertandresepte, weeklikse maaltydplanne en inkopielyste om jou vinnig op dreef te kry! My Low Carb-Kombuis vertel jou alles oor: Hoe om oor te skakel na ’n laekoolhidraatdieet; Hoe om gewig te verloor op ’n laekoolhidraatdieet; Hoe ’n laekoolhidraatdieet kan help met seliaksiekte, diabetes, chroniese moegheid, glutenintoleransie en inflammasie; Hoe om smaaklike laekoolhidraatgeregte voor te berei, soos bolognaise, laekoolhidraat-broodrolletjies, geroosterde varkvleis, nacho’s, amandel-en jogurtplaatkoekies en selfs romerige kaaskoek.

Low Carb Is Lekker (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse 5
R250 R197 Discovery Miles 1 970 Save R53 (21%) In stock

As jy 'n lae-koolhidraat, hoë-vet leefstyl 'n bekostigbare 'n volhoubare werklikheid wil maak, sal jy mal wees oor die 178 lae-koolhidraat, graanvrye en suikervrye alternatiewe vir van ons land se geliefdste geregte.

Dit sluit gesinsvriendelike resepte in vir immergroen gunstelinge soos malvapoeding, beskuit en bevrore jogurt.

Die kleurfoto's en eenvoudige aanwysings sal jou oorgang na die leefstyl nie net makliker nie, maar ook lekkerder maak.

Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover): Jamie Purviance Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover)
Jamie Purviance
R267 Discovery Miles 2 670 Shipped within 7 - 9 working days

Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet.

Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar.

As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!

Vuurwarm (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vuurwarm (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R315 R271 Discovery Miles 2 710 Save R44 (14%) In stock

Suid-Afrikaners vier elke jaar Nasionale Braaidag op 24 September. ’n Dag vir al die burgers van Suid-Afrika om lekker te ontspan en rondom die braaivleisvure te kuier met hul vriende en familie. Die dryfkrag agter hierdie inisiatief is ’n man bekend as Jan Braai.

In die boek gaan Jan verder as algemene raad oor vuurmaak en die braai van steak, tjops, hoender en wors. Beslis 'n moet vir alle braailiefhebbers!.

Saam - 'n Eeu van Suid Afrikaanse Gemeenskapsresepte (Afrikaans, Hardcover): Errieda du Toit Saam - 'n Eeu van Suid Afrikaanse Gemeenskapsresepte (Afrikaans, Hardcover)
Errieda du Toit
R350 R250 Discovery Miles 2 500 Save R100 (29%) In stock

SAAM is die Suid-Afrikaanse huiskoskampioen Errieda du Toit se uitsonderlike kookboek oor kos wat ons die meeste geniet en die kultuur waarmee resepte in gemeenskapsresepteboekies gedeel word.

Errieda verdiep haar in 150 boekies wat oor 100 jaar uitgegee is en vorm ’n spesiale band met die resepte op die omkrulblaaie vol kosvlekke uit dié versamelings.

In dié eiesoortige resepteboek vier Errieda ons noue verhouding met die nederige gemeenskapsboekies, die invloed daarvan op ons koskultuur en die kenmerkende gees van samewerking. SAAM is ’n genotvolle huldeblyk aan die genre wat in ’n moderne trant en effe tong-in-die-kies inspirasie in ons kosherinneringe vind. Die verskeidenheid resepte is ruimmhartig, gasvry en vol warmte soos die huiskokke wat dit oorspronklik in die boekies gedeel het – die aanhouers (langasem-resepte wat bly oorleef), die flatervryes (epiese staatmakers), kos vir oor-en-weer-kuiers en retrogunstelinge wat ons as erfeniskos koester.

Met net die regte balans tussen nostalgie, modernisering van ou resepte en boeiende vertellinge is SAAM dié boek vir huiskokke, kookboekversamelaars en almal wat nuuskierig en entoesiasties is oor Suid-Afrikaanse kos.

Shisanyama: Braai Resepte van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Shisanyama: Braai Resepte van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai 1
R375 R318 Discovery Miles 3 180 Save R57 (15%) Shipped within 4 - 8 working days

Mzanzi se beste braairesepte, spesiaal uitgesoek en getoets deur die alombekende Jan Braai. As jy wil weet wat Suid-Afrikaners geniet, en hoe hulle braai, is dit die boek vir jou! Shisanyama is gepak met eenvoudige resepte met maklik bekombare bestanddele en dek alles van ou staatmakers tot vars nuwe braai-idees. Nog 'n Jan Braai-wenner.

Martelize Kook! - Jy's Genooi (Afrikaans, Paperback): Martelize Brink Martelize Kook! - Jy's Genooi (Afrikaans, Paperback)
Martelize Brink
R375 R318 Discovery Miles 3 180 Save R57 (15%) Shipped within 4 - 8 working days

RSG-omroeper en glanspersoonlikheid Martelize Brink bring vir jou die heerlikste kuierdisse. Die versameling van meer as 80 resepte strek van brode, uithanghappies, vis en seekos en watertandhoofdisse met vleis, wild en hoender, tot by die maaltye wat sy graag na 'n lang werkdag in haar warm kombuis geniet. Die geregte is uniek, smaaklik en suiwer genot - wie het kon dink aan beeswange of spinasie-paneer vir die eetkamertafel? Iedere resep is getoets, gekeur en verspot maklik om te maak.

Maaltye - Maklike Geregte vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback): Christine Capendale Maaltye - Maklike Geregte vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback)
Christine Capendale
R325 R250 Discovery Miles 2 500 Save R75 (23%) In stock

Die bereiding van lekker en voedsame maaltye vir die gesin is gewoonlik hoog op die lys van uitdagings wat ons elke dag die hoof moet bied. In Maaltye – maklike geregte vir elke dag kan jy slim oplossings kry vir middagetes, aandetes en onthaalmaaltye wat jou familie en vriende sal geniet en weer voor sal vra. Geïnspireer deur mense wat graag interessante en gesonde kos eet maar nie baie tyd het vir koskook nie, het Christine Capendale verleidelike geregte geskep wat nogtans maklik is om te maak en jou nie ure lank in die kombuis besig sal hou nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kaap, Kerrie & Koesisters
Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien Paperback R250 Discovery Miles 2 500
Die Kos Revolusie
Tim Noakes, Sally-Ann Creed, … Paperback  (1)
R315 R271 Discovery Miles 2 710
Kos Uit Die Veldkombuis
Betsie Rood Hardcover  (1)
R263 Discovery Miles 2 630
Recce-Resepte: Vir Kos, Die Bos, Die…
Justin Vermaak, Douw Steyn Paperback R250 R197 Discovery Miles 1 970
Karlien Kan Nie Kook Nie! - Só Maklik…
Karlien van Jaarsveld, Izelle Hoffman Paperback R320 R239 Discovery Miles 2 390
Die Kos Revolusie: Superkos vir…
Tim Noakes, Jonno Proudfoot, … Paperback R330 R262 Discovery Miles 2 620
Welgedaan!
Annette Human Paperback R253 Discovery Miles 2 530
Katrien Se Geskenke Uit Die Kombuis
Katrien van Zyl Paperback R247 Discovery Miles 2 470
Skoon & Skraal Dieet - Die Trefferboek…
James Duigan Paperback R219 Discovery Miles 2 190
Weg! Kuier Om Die Kole - 'n Keur van…
Aletta Lintvelt Paperback R330 R260 Discovery Miles 2 600

 

Partners