|
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Adventure
Hoe kleiner die plek, hoe groter sy geheime
Lekespeurder Ludo Labuschagne sit saam met ’n vriendin af na die
Overberg. Kort voor lank verdwyn mense daar tussen neus en ore. Net om
weer hul opwagting te maak. As lyke …
Die spanning kring uit. Aanvalle. Afpersing. ’n Berekende blik agter ’n
gemoedelike plattelandse glimlag.
Kan die bose vastrapplek in so ’n idilliese landskap kry? En sal Ludo
oorleef om die waarheid oop te krap?
In ’n hiernamaals waar die goeies beloon word en skuldiges moet boete
doen, glo hy nie. Almal wat aandadig was, moet in hierdie lewe gestraf
word. Dit gaan haar nie terugbring nie, of hom vryspreek nie, maar dit
is ten minste iets.
’n Serwiese geheime agent wat ’n dwelmsindikaat ondersoek, word
koelbloedig vermoor in Kaapstad se berugte nagklubdistrik. Die
Suid-Afrikaanse Polisiediens was hulle hande – dit was ’n gewone
straatroof; die skuldiges is onbekend.
Die Serwiese geheime diens, ’n organisasie met ’n reputasie vir
vergelding, koop dit nie; hulle stuur die gedugte majoor Viktor Vesić
na Suid-Afrika om ondersoek in te stel.
Sy speurwerk lei hom na onverwagse plekke . . . en dan raak dit
persoonlik. Nou word die spoor ’n bloedspoor.
Katrina Hunt has a disturbing secret. Since her earliest days fighting for survival in the poverty of a trailer park, she’s been able to sense moral corruption. And her gift is never wrong. This strange ability affects every relationship, for people have no way to hide from her.
Katrina harnesses her gift and sets it to work, sniffing out evil in positions of privilege and power. Yet she soon finds she is not the only one who can do it. On the far side of the world, a scientist cracks an algorithm that will forever change law-enforcement. His new scan can detect a person’s genetic propensity for wrongdoing, even before they act.
But what if the most corrupt man in the world, a political figure assuming ever higher office, is able to beat the scan? What if he alone can hide his true darkness? What if he is ... not quite human?
Katrina’s path will lead inexorably to confrontation with an immense power. But can she stop him, before it is too late for humanity?
 |
Hard Rain
(Paperback)
Irma Venter
|
R350
R312
Discovery Miles 3 120
Save R38 (11%)
|
Ships in 5 - 10 working days
|
|
|
Journalist Alex Derksen’s new assignment in Tanzania should be easy, but he soon finds himself on the wrong side of the news.
It starts when he meets Ranna, a beautiful photographer with something to hide. When an IT billionaire washes up onshore after seasonal flooding, he finds himself at the center of an investigation.
Should he listen to his heart and help Ranna hide the bloody trail leading to her?
Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het, se geraamtes
word in ’n veld opgediep.
Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak
ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind.
Anders kan Kassie-hulle ook die gevaar loop om vermoor te word soos die
drie speurders wat by die destydse verdwyningsaak betrokke was.
’n Stikdonker onderwêreld, waar antieke voorwerpe miljoene rande op
swartmarkveilings behaal, duld nie inmenging nie . . .
Rocco de Witt se argitekspraktyk in Kaapstad doen goed, hy is verloof aan 'n pragtige vrou en hy woon in 'n droomhuis. Maar nou staan oudmakker Gert Malan voor sy deur . . . en die geweld van destyds kom opnuut Rocco se lewe binne. Sy bestaan ontaard in 'n nagmerrie - tot die onvermydelike konfrontasie wat op hom wag, daar op die plasie Nadraai.
JJ van Solms, so hardegat soos wat hy hardwerkend is, se rykdom lê in Afrika se kobaltriwwe. In die Kongo vestig hy ’n myn saam met twee vennote, maar toe die geld begin inrol, raak hy vir hulle oorbodig. Ná ’n aanslag op sy lewe moet hy vlug.
Dit is naby die Brandberg in Namibië waar JJ saam met sy gesin skuiling soek. Hier probeer hy ’n sukkelende tantalietmyn en sy mislukte huwelik red. In die skaduwee van die alomteenwoordige Brandberg wat oor die landskap waak, wonder hy wat sy lot sal bepaal: diegene op sy spoor, of die vrees en paranoia wat aan sy gemoed vreet.
Ella Neser en Lou Pepler werk weer saam as private ondersoekers. Maar
die dag voor Ella op pad is Brugge toe, daag ’n familielid van Lou se
eks op en smeek hulle om hulp. Liesbet se broer en sy neef is wynboere
wat in Hongarye op ’n wynlandgoed naby Boedapest werk. Maar nou het
hulle verdwyn. Lou moet tog dringend die twee jong boere in een stuk
terugbring.
So vertrek Ella na België, en Lou na Boedapest. Maar iewers duskant die
Donau regeer daar ’n mafioso met die mag van ’n keiser.
The Western Cape is now an independent country. Successful, safe, murderous.
Lisa Robinson has moved from Durban to Cape Town to be with Grant, the prospective next First Minister of the Good Hope Territory. The GHT is the safest and most prosperous country in the southern hemisphere – at a price.
Citizens contract to be tracked by drones, executions are synchronised to the Noon Gun and only those with qualifications are permitted to vote in the Qualified Franchise system.
Life here is picture-perfect. The Mother City is pristine. Everyone has a job. Tourism is booming. But this shiny new state has decided that Lisa is a problem, and problems here disappear quickly and quietly.
Eugene ken van skollies, gangsters en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou soos iemand uit die upper-middle class. Hy kom immers uit die ghetto se killing fields van die 60’s, 70’s en 80’s.
Maar nou is dit baie jare later. En die ou alliances met sy kindervriende Alan, Huey en Jenny ná alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer nie, en Eugene word aangekla van moord.
'n Aangrypende roman oor vriendskap en verraad.
When a patient describes an experience of mental torture and sexual
mutilation by a gynecologist at the hospital where she works,
psychologist Megan Wright decides to investigate.Determined to find
out the truth and stop the abuse, but bound to silence by the
ethics of confidentiality, Megan must enter the dark mind of a
dangerously disturbed man. She uncovers horrifying details of abuse
and damage, but can tell no one because of the ethics of
confidentiality. Her investigation will lead her client and herself
into the mind and hands of a dangerously disturbed man.
Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang die blye tyding dat hulle
uiteindelik weer bevorder is tot die rang van kaptein. Maar hul vreugde
is van korte duur. Die vergruisde liggaam van een van Cupido se beste
vriende is gevind onder die motor waaraan hy in sy motorhuis gewerk het
. . . was dit 'n ongeluk, of koelbloedige moord? En op ’n imposante
plaas buite Stellenbosch ontplof ’n woonwa. Onverklaarbaar. Nadat die
vuur geblus is, word ’n liggaam in die wrak gevind . . .
Met haar aankoms by Noordeberg Hospitaal is Lola Anley aangenaam verras
om aangewys te word as een van die topmediese studente wat blyplek in
die gesogte Straumann Huis kry.
Maar haar opgewondenheid is van korte duur wanneer sy uitvind dat sy in
die kamer gaan bly van ’n student wat ’n jaar gelede op die kampus
vermoor is. Die raaisel rondom Asher Parker se dood is nooit opgelos
nie en die moordenaar is nog op vrye voet.
Wie het vir Asher vermoor en hoekom? En waarom voel dit asof iemand
Lola dophou en wag vir die regte oomblik om toe te slaan?
In die Straumann Huis begin vreemde dinge gebeur. Boonop word Lola se
slaap versteur deur drome oor haar oorlede tweelingsuster. Om al die
spoke ter ruste te lê móét sy die geheim van Asher se moord ontrafel –
sónder dat iemand die waarheid oor haar eie verlede leer ken.
Waar bloed kruip is Marieta Carrick se debuutroman, nou heruitgegee.
Die gebeure vind plaas voor dié van haar gewilde Bloed van ’n vlinder.
Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n
oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin
ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens
Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras.
Waar begin die storie wat Arrie eindelik oorvertel? By die Turkse
perdekopers? By Jooste se ponzi wat Bertie en vriend Diek se neseiers
ingesluk het? Of begin als by die miljoene wat uit ’n rusbank op Jooste
se stoetplaas verdwyn het?
Hell of a Country is a creative reimagining of a true crime story
from early-1970s South Africa. The novel tells the story of teenager
Lorraine van Niekerk who despises the fact that her boss and lover,
middle-aged André Bekker, won’t leave his wife Sunette and marry her
instead. When Lorraine’s life fatefully intersects that of Alfie
Geemooi, a recent amputee, she comes up with a hell of a plan. Is
murder an adequate price to pay for love?
Bekende sakeman Peet Hoffman word laatnag in sy studeerkamer
doodgeskiet.
’n Paar dae later word ’n egpaar in hul naweekhuis in die bos vermoor.
Die vroulike slagoffer is op ’n veel gruweliker wyse om die lewe
gebring, maar die modus operandi van al drie moorde toon duidelike
ooreenkomste.
Waarom het Terese Ebersohn se moordenaar haar met soveel passie gehaat?
En hoe hou die drie moorde verband met die ontvoering van ’n bejaarde
man kort daarna?
Voor hy hom kom kry, bevind majoor Alek Strauss hom in die middel van
’n klein oorlog waarin die raaisels van die hede slegs deur die verlede
opgelos kan word.
In 1998 was hulle onskuldige tieners. In 2025 is hulle verdagtes.
Sersant Sollie Mthembu se nuwe ondersoek lei hom terug na ’n
onopgeloste dossier van die negentigs. Om die moordenaar te stuit, en
tegelyk iemand na aan hom se lewe te red, moet Sollie agter die kap van
die byl kom: Is dit wraak? Of word mense stilgemaak?
Roulette is die bekroonde skrywer Sidney Gilroy se vyfde roman – ’n
onthutsende krimi wat die gevolge van familiegeheime en gevaarlike
speletjies onder die vergrootglas plaas.
Nicci de Wee is weer op die spoor van ’n nuwe booswig … en hierdie keer
is dit persoonlik. Een van haar eie spanlede, Stella, word vermis. Het
sy bloot op die ingewing van die oomblik weggegaan omdat sy ’n
blaaskans van alles en almal nodig gehad het, of is sy ontvoer? Nicci
kan nie die gevoel afskud dat Stella die nuutste slagoffer van die
diaboliese krimineel is wat talentvolle jong vroue in openbare plekke
teiken en hulle oënskynlik in die niet laat verdwyn nie.
Niemand weet wie hierdie ontvoerder is of wat hy aan die vermiste vroue
doen nie. Hy is ’n spook, ’n onsigbare en ontasbare skim. En hulle kan
nie uitpluis hoekom die klokke so onheilspellend lui, of wat die
betekenis is van die klein silwer klokkies wat die skurk op die
misdaadtonele los nie.
Te midde van die sirkelende ondersoek word Nicci ook oorrompel. Sy
herwin haar bewussyn in ’n afgryslike nagmerrie van haar eie ... Vir
Blackie en Henk word dit ’n verbete wedloop teen tyd. Hulle moet Nicci
vind voor dit te laat is, ás dit nie alreeds is nie ... Is die duiwel
wat hulle jag die een wat haar geneem het, of is daar iemand selfs meer
sinister agter alles?
Iemand wat hulle dalk oorgeslaan het in hulle berekeninge?
Wyngaard het geen probleem daarmee om die karakters in haar boeke af te
maai nie. Wat die bloedstollende vraag na vore bring ... Kan hierdie
dalk Nicci de Wee se finale speursaak wees?
Based on a true story.
The Girdlestone’s yacht is stolen by desperate thieves in Cape Town, and sailed off to… who knew where? A worldwide search by Nelson and Maureen leads to a miraculous discovery halfway across the globe.
Fetching the yacht and then, taking advantage of circumstances, Nelson and Maureen start enjoying a nomadic cruising life in the magical Caribbean and Mediterranean waters before returning home and setting up operations in a newly established V&A.
 |
Raiders
(Paperback)
Rudie van Rensburg
|
R365
R275
Discovery Miles 2 750
Save R90 (25%)
|
Ships in 5 - 10 working days
|
|
|
Are Kassie and Rooi on a suicide mission?
Five years after their disappearance, the skeletons of wealthy twin
brothers are uncovered in a field.
At the insistence of the Western Cape police chief, Kassie and Rooi
have to investigate the case, but in top secrecy. Otherwise they will
run the risk of being murdered just like the three detectives who
originally investigated the brothers’ disappearance.
But to try to solve a case under the radar proves impractical.
When Kassie and Rooi start to investigate openly, they kick a hornet’s
nest, landing themselves in untold danger.
A pitch-dark underworld, where ancient objects fetch millions of rands
at black-market auctions, will not tolerate meddling. Especially since
the syndicate leader in this underworld is more dangerous than a mamba
when his business is threatened.
Moord aan boord van die Leonardo
Forensiese patoloog Madelein Blignaut het al te veel dood in haar
loopbaan gesien. Ná nog ’n ontstellende hofsaak besluit sy om
ontvlugting te gaan soek op die Leonardo, ’n luukse passasierskip wat
deur die verre ooste vaar.
Daar ontmoet sy ’n groep fassinerende Suid-Afrikaners: Die bekroonde
pianis Tibor Lindeque wat kort-kort bekommerd vir haar kyk en ’n
aantreklike kulkunstenaar Helmut Coleman wat gou vir haar
onweer-staanbaar raak.
Wanneer hulle op Okinawa afklim, vertel Tibor vir haar die inwoners van
hierdie eiland word oeroud. “Daar is nie dood op Okinawa nie.”
Maar hy is verkeerd. Kort voor lank tref hulle die een na die ander
medepassasier se lyk aan. ’n Storm dwing hulle na dieper waters toe, en
dan besef Madelein daar is ’n moordenaar op die Leonardo. Wie is dit?
Wat wil hulle hê? En, meer belangrik, wie’s volgende?
Gaan hulle mekaar vind of vernietig?
Lucas Jordaan sluit sy bosveldlodge naby Hoedspruit nadat sy meisie
onder raaiselagtige omstandighede verdwyn. Dan stop joernalis Renske du
Toit voor Jagtersrus se hekke, gestuur deur ’n reistydskrif om oor die
lodge te skryf.
Die aantrekking tussen hulle is dadelik tasbaar, al probeer albei dit
ontken. Maar wanneer Renske begin stories hoor van die
duiwel-in-die-bos wat glo sy eks uit die weg geruim het, ontdek sy ’n
donker kant aan Lucas wat haar bang maak, maar ook bedwelm.
Intussen duik nog onheilspellende raaisels op. Wat steek hy vir haar
weg? Hoekom waarsku almal haar oor hom? Wat beteken die hangertjie om
sy nek? En wie stuur vir hom gedurig kriptiese, dreigende boodskappe?
Hoe meer Renske hom leer ken, hoe sterker haar aangetrokkenheid, maar
ook hoe groter die gevaar. Gaan hulle mekaar in hierdie waaghalsige
stryd vol begeerte vind of vernietig?
Droomjagter is ’n erotiese spanningsverhaal vol kinkels wat jou om meer
as een rede uitasem sal laat.
’n Groep jong Suid-Afrikaanse Jode, die teiken van ’n terreuraanval in
Kairo, is die vlam in ’n kruitvat vir grootskaalse oorlog in die
Midde-Ooste. In die middel daarvan, die joernalis Ruby Heyns, in
besit van verdoemende inligting wat die skaal in dié konflik kan swaai.
Wanneer Ruby Heyns oornag verdwyn, moet Staatsekuriteit se Reuben
Kruger al sy tegniese kennis inspan om haar spoor op te tel. Spanning
en aksie uit die boonste rakke!
Kassie has never had to cope with a case like this before, and his
emotions are getting the better of him. As a rookie cop he learned to
keep his distance from a case, not get emotionally involved, because
that’s when mistakes happen. But this case makes distance impossible .
. . children’s lives are at stake. And every time he and Rooi seem to
be making progress with the case, it slithers out from under them, like
a venomous snake.
Wanneer iemand jou kind steel, wat is jou breekpunt?
Twee jong kinders verdwyn spoorloos uit die veiligheid van hul
ouerhuise in Johannesburg. Albei is meisies, albei word in die middel
van die nag weggelok . . .
Kaptein Alek Strauss ondersoek die saak en kom agter die ontvoerder se
modus operandi stem grootliks ooreen met dié van ’n misdadiger wat al
jare agter tralies sit nadat hy twee ander meisies ontvoer het. Hoekom
dink een van die slagoffers se ma dan hierdie man is onskuldig? En
watter skokkende ontdekking maak sy in haar dogter se slaapkamer ses
jaar ná haar verdwyning?
Dan kom ’n jong paartjie op ’n gruvonds in die Drakensberg af en dit
dompel almal in ’n nuwe maalkolk van raaisels.
Sal hulle die meisies betyds vind?
Breekpunt, Marie Lotz se vierde spanningsroman, is ’n meesleurende en
meesterlike speurtog.
|
You may like...
Sleeper
Mike Nicol
Paperback
R300
R277
Discovery Miles 2 770
Leo
Deon Meyer
Paperback
(2)
R442
R406
Discovery Miles 4 060
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks
Paperback
(1)
R320
R300
Discovery Miles 3 000
Die Verevrou
Jan van Tonder
Paperback
R350
R312
Discovery Miles 3 120
Katvis
Annelie Botes
Paperback
(1)
R360
R332
Discovery Miles 3 320
Canary
Onke Mazibuko
Paperback
R320
R286
Discovery Miles 2 860
Now You Suffer
Gareth Crocker
Paperback
(1)
R300
R268
Discovery Miles 2 680
Kringloop
Bets Smith
Paperback
R270
R253
Discovery Miles 2 530
Blood Trail
Tony Park
Paperback
R310
R281
Discovery Miles 2 810
|