![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Adventure
Helen se lewe is gemaklik en ongekompliseerd. Sy is tevrede met haar loopbaan, maak drie gelukkige tieners groot en woon in die mees gesogte huis in die straat. Toegegee, sy raak bietjie ontnugter deur haar huwelik met haar werkolis man, Werner. Maar sy glo sy sal dit kan regstel. Toe sy egter een aand by die huis kom, word haar lewe heeltemal onderstebo gekeer deur ’n onverwagse gebeurtenis. Ralf en Brian is twee jeugmisdadigers vir wie hierdie plan goed sou uitwerk: ’n Vinnige geldmaakskema deur ’n huisinbraak te pleeg. Die teikens wie hulle gekies het, is Helen en Werner. Terwyl Ralf wag hou, verdwyn Brian in Helen en Werner se huis, maar hy kom nooit weer daar uit nie. Dis die begin van Helen se nagmerrie. Sy sou dit nooit kon voorsien hoe erg dit sou raak en wat sy alles sou doen om haar gesin te beskerm nie.
Iemand loer vanuit die skadus. Verslaggewer Anje Bruwer verruil die gevaarlike strate van Johannesburg vir ’n rustiger lewe in Colesberg om ’n misdaadroman te skryf. Maar die platteland is allermins rustig: Daar is ’n menseslagter los wie se gruweldade Anje se kop laat duisel. Sy loop haar in sy web vas wanneer sy vir die plaaslike koerant oor sy moorde begin verslag lewer. Kaptein Siegfried Scholtz – ’n man wie se skuldgevoelens hom ry – kan nie anders nie as om Anje by die ondersoek te betrek. Gaan hulle daarin slaag om te keer dat die moordenaar nog ’n lewe wreed in ’n bloederige swartsak verpak? Die afloerder is ’n sielkundige riller so koud en donker as kan kom.
A cryptic killer is cruising the streets of Johannesburg. He’s picking up young women to torture and mutilate, and it’s down to Captain David Majola and Warrant Officer Jason Basson to follow the trail of blood and find him. Majola, plagued by cocaine and lost love, feels the need to prove himself after his early promotion; his partner Basson, imprinted by the bad old days, wishes he’d walked out on the SAPS years ago. Tensions between the two rise as the bodies pile up, and while newspapers and politicians hurl accusations and the taxi bosses threaten a devastating strike, Majola and Basson must face the demons of a crazy city.
Die hel is los in Johannesburg se strate. Iemand is besig om jong meisies wreed af te maai en die bloedspoor wat hy agterlaat, sê: “Reeksmoorde”. Die stapel slagoffers raak kaptein David Majola en adjudant Jason Basson se gemors. Kaptein Majola: ’n man deurmekaar met wit lyne en opgerolde geldnote wie se ma en suster steeds in die township sit en krepeer. Adjudant Basson: die tipe polisieman wat veel eerder die Mag jare gelede vaarwel moes roep. Terwyl koerante en politici blaf en die taxibase met ’n verwoestende staking dreig, moet Majola en Basson duiwels in ’n malse stad trotseer.
Wanneer ʼn dossier uit ʼn polisiekantoor verdwyn, word ʼn jong vrouekonstabel, Lisa Olckers, van diefstal beskuldig en geskors. Ná ’n grusame aanval op haar ouers se plaas, besef haar broer, Thinus Olckers, dit was meer as net ʼn gewone rooftog. Hy besluit om reg in eie hande te neem en die aanvallers op te spoor. Maar Thinus Olckers is nie die enigste man uit op wraak nie: die geheimsinnige Patel, ’n oorlewende van ʼn martelkamp in Angola, soek die bloed van Vusi Radebe, destyds ʼn wag in die kamp. Vusi is nou ʼn generaal in die Suid-Afrikaanse Weermag en Patel ’n skatryk goudsmokkelaar. Dit blyk dat die vermiste dossier in opdrag van Patel gesteel is en Thinus Olckers krap nou waar dit nie jeuk nie. Kaptein Dirk Bremer, ’n stroomop alleenloper, is op die spoor van sowel die plaasaanvallers as Thinus, nou ʼn gevaarlike vigilante. Daar is ʼn gruweldaad op Bremer se werf gepleeg en hy is ewe onverbiddelik as Thinus en Patel.
Jare gelede het die beeldskone digter Anna Neethling finaal uit die uitgewer Malan Sinclair se lewe gestap. Hul verhouding was ’n maalkolk wat sy huwelik en loopbaan wou verswelg. Maar nou is Anna onverwags terug. Wanneer Malan haar lyk langs sy motor vind ná ’n helse uitval in sy kantoor, bou die afwaartse spiral momentum op. ’n Paar dae later maak ’n uittreksel uit Anna se dagboek Malan die hoofverdagte in haar moord en kom gebeure wat ’n dekade gelede tydens ’n drinkparty op ’n wynplaas afgespeel het op die lappe. Iets het daardie aand in die kelder gebeur en meer as een paar hande is bevlek.
Bailey Kellerman verlaat Suid-Afrika finaal ná nog ’n liefdesteleurstelling deur haar eerste liefde, Adam. Hulle het ’n aan-en-af-verhouding sedert hulle jong dae, maar Adam verneuk haar gereeld en kom nie tot trou nie. In London trou sy met ’n Fransman, maar word ook deur hom in die steek gelaat. Terwyl sy oorsee is, word haar ouers wreed in hul huis in Johannesburg tydens ’n rooftog vermoor. Haar broer, Zak, daag woedend by haar huis op en dring daarop aan dat sy terugkom Suid-Afrika toe. Hy verwyt haar ook dat sy nie by die begrafnis was nie, min wetend wat haar omstandighede daardie tyd was. Sewe maande later is Bailey terug in Suid-Afrika, maar iewers is daar ’n slang in die gras. Hoekom het haar pa nie die kluis tydens die rooftog vir die rowers oopgemaak nie? Wat is in die toegesluite kluis? En gaan Adam weer amok in haar lewe kom maak?
Vyf Gautengse vroue swem stroomop deur die lewe. Hulle kom uit baie verskillende wêrelde: Daar’s 'n uitgebrande chirurg, 'n bedroefde tipe A-prokureur, haar opstandige studentedogter, 'n oorgewig, oorstelpte huisvrou en ma van drie, en 'n vreesbevange jong data-analis in haar liefde verlaat. Hulle beland saam in groepsterapie vir die traumas wat die lewe hulle onlangs opgelê het, en deel van die terapie is 'n river rafting-ekskursie op die woeste Oranjerivier. Wanneer hul manlike gids daar in groot moeilikheid beland, moet dié vyf diep verskillende vroue saamspan, verby hul eie probleme en struwelinge kyk en die gevaarwaters sónder hul gids aandurf – of hy, en hulle, oorleef dalk nie. 'n Bemagtigende vroue-avontuur oor spanwerk, volharding en jou eie ding met oortuiging doen, deur die span van Pad na jou hart en Vir altyd. Die gelyknamige rolprent met Donnalee Roberts in een van die hoofrolle begin 9de Augustus* landwyd draai.
Inspekteur Conrad Dorfling is terug! Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling, weer krap waar daar ’n lyk is. Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee goed, nee drie: - Die lyk is oud. Dit gaan moeite kos om uit te vind wat aangaan. - Alet Gouws is terug in Karibib. Hoekom weet hy nie, maar hy is nie seker dat dit goeie nuus is nie. - Die hele polisiestasie weet skynbaar van sy en Alet se afskeidsoen … Conrad weet nie wie se lyk dit is nie, maar hy is dankbaar dat dit ’n geraamte is, ’n doodloopsaak dus. Hy kan nie twee moorde in twee weke onder sy neus laat gebeur nie. En boonop krap Alet se teenwoordigheid hom om. Hy het regtig gedink daardie soen was vaarwel. Sy is ’n mooi vrou en Con se vorige huwelik het rampspoedige gevolge gehad ... Alet het per ongeluk ’n getuie in sy vorige moordsaak geword. Namibië is nie haar wêreld nie, haar lewe en haar man is in Kaapstad. Hoekom het sy skielik teruggekom Karibib toe? Alet het hom laat glo sy was op pad om van haar man te skei. Intussen warm sy doodloopsaak op. Binnekort is hulle op soek na ’n tweede lyk, en binne in sy eie lyf bewe die geraamtes in hulle kaste.
When Karl wakes up in a dilapidated house on the outskirts of a South African mining town, he does not know who or where he is, but it’s clear that the townsfolk know him. Next door lives a ten-year-old boy, Henry. Henry’s father is a violent drug-dealer, his mother helpless in protecting them against him. A gap in the hedge between the two houses allows Henry to slip into Karl’s yard, and Karl and Henry strike up a gentle friendship as glimpses of Karl’s troubled past and his time in the army emerge. When a drug deal goes wrong, Henry’s mother is killed. His father unceremoniously dumps her body in a disused mineshaft, but a murder investigation ensues after the body is discovered. All is not as it seems, however, and in a powerful climax the real connection between Henry and Karl is revealed.
Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees, maar
wat hy nóú alles oor die SAPD lees . . . Hy't juis 'n ander
werksaanbod. En dan kom hy teen die grieseligste booswig nóg te staan,
en moet blitsig slim skuiwe bedink om die Pion van die bord af te vee.
Spioenasie, wapenhandelkorrupsie en 'n moordenaar uit jou nagmerries .
. .
Sacrificed is the English translation of Offerlam. The Congo, 1961: A man is murdered in cold blood and his beloved is left for dead. Fifty-three years later, Caz Colijn receives a phone call that tears her out of her reclusive life. In Belgium, where she tries to trace her and her daughter’s family origins, it becomes clear that that country’s colonial past has had as much impact on her life as the apartheid years in South Africa did. The phone call Professor Luc DeReu receives is less traumatic, but he too is ripped out of his familiar orbit when the woman he blames for his father’s premature death re-enters his bland existence. In the meantime, Erevu and his grandson must trace the nkisi taken from them more than five decades ago in order for them to fulfil their holy mission. When the paths of this group of people cross, it leads once again to murder.
“Ek is die sondebok. Ek het dit gedoen.” So begin Rooi haring, ’n skreeusnaakse speurverhaal wat afspeel in die Suid-Afrikaanse restaurantbedryf. Hartman Swiegers, restaurantier en topsjef, word tydens die openingsaand van sy restaurant Tydloos vermoor. Sy bevrore liggaam word in ’n yskas gevind, met twee opgerolde harings as enigste leidraad. Watter van die uitsoekgaste is verantwoordelik? Of is die moordenaar dalk een van die kombuispersoneel? ’n Humoristiese whodunnit met verskeie kinkels.
In the irreverent tradition of her best-selling Death by Carbs, Paige Nick rounds up a fresh herd of sacred cows in another hilarious local satire. But this time it’s Number One who gets the treatment. When ex-president J Muza is released from prison on medical parole for an ingrown toenail, his expectations of a triumphant return to power and admiration are cruelly dashed. His once lavish Homestead is a rotting shell, his remaining wives have ganged up on him, the Guptas have blocked his number, and not even Robert Mugabe will take his calls any more. And he just can’t seem to get his plans for world domination off the ground. Muza is banking on his memoirs full of fake news to pep up his profile, but his ghostwriter, a disgraced journalist, has problems and a tight deadline of his own. What Muza’s not banking on is a fat bill for outstanding rates on The Homestead, and a 30-day deadline to pay back the money, before the bailiffs arrive to evict him. Is Muza a mastermind, or simply a puppet who fell into the wrong hands? Who is really playing who? What are his remaining wives up to, and will they stay or will they go? And how will he ever pay back the money? Can the ghostwriter make his deadline before he winds up dead? Or are both men destined to be homeless and loathed forever?
Dark traces is the English translation of Martin Steyn’s first suspense novel, Donker spoor. When a child is murdered, it always seems as if a light has been extinguished in a parent’s eyes. They find her decomposing body in the veld. A teenager. She was raped and tortured for days. She was hanged. She wasn’t the first. The South African Police Service’s Warrant Officer Jan Magson, estranged from his son and still grieving for his wife, is assigned to the case. He has to look the mothers and fathers in the eye. He has to answer their questions. And he can’t. Headlines question the police’s ability to protect the community from this evil. A newspaper prints a mother’s heart-wrenching letter to the killer. A father offers a substantial reward. And every time another lead reaches a dead end, Magson finds himself looking down at another dead girl. Winner of the 2015 ATKV Prize for Suspense Fiction, Martin Steyn’s Dark traces deals with two sides of homicide: sadistic murder and euthanasia: killing for pleasure and killing for love.
Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van 'n ekskollega begin
ondersoek, is dit duidelik dat hier meer as net 'n dwelmverwante
verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering
wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het? Van die Kaapse
ganglands tot die Kruger-wildtuin met sy renosterstropers; tussen 'n
verslonsde Bolandse hoewe met 'n grieselige visdam en die
glans-en-skanswêreld van diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind -
of Rooi se vrou is visvoer.
Februarie, 1861. ’n Groepie trekboere maak naby die Gamagara-rivier in die Kalahari staning. Nie ver daarvandaan nie, le Stilbos – ’n misterieuse bos sonder voels, maar ook die skuilplek van die Doodsroeper, ’n onaardse wese wat uitroep voordat iemand sterf. Kort voor lank word die geskende lyk van een van die boere in die bos gevind. Dit is ongetwyfeld moord en Soois Bruwer, ’n verloopte wetsman, word versoek om ondersoek in te stel. Hoe dieper hy delf, hoe ingewikkelder word die saak en hoe meer besef hy dat hy eintlik maar bitter min van die mense om hom weet. Op hul hulp kan hy ook nie juis reken nie. Daar is nou wel oom Albert Siener met sy vreemde visioene, maar daarvan verstaan Soois g’n snars nie. Dan is daar Nella Uys, ’n onkonvensionele, geheimsinnige vrou wat baie weet, maar min se. En klein Krisjan Harmse wat die oplossing vir die raaisel ken, verraai niks. Net toe Soois dink hy is op die regte spoor, roep die Doodsroeper weer en sit hy met ’n tweede lyk op hande. Nou moet hy alles inspan om die moordenaar vas te trek, maar ’n hele klompie verrassings wag nog op hom ...
In die afgeleë Sneeuberge van die Oos-Kaap soek ’n groep argeoloë onder leiding van die nimlike professor Attie Vermaak na ’n reeks rotstekeninge: ’n befaamde oorlogstafereel van ruiters en vlugtendes. Groot is hul vreugde toe hulle dié kunswerk na ’n uitmergelende soektog vind. Hulle blydskap is egter van korte duur: ’n gevaarlike groep drosters oorrompel hulle en neem hulle gevange. Onder angswekkende omstandighede deel ekspedisie- en bendelede dieselfde kampeerplek terwyl die bendekaptein wag op verslag deur twee verspieders wat hy na die buitewêreld stuur om ’n losprys te eis. Amatola is Piet van Rooyen op sy beste.
Dead In The Water is Irna van Zyl’s highly anticipated debut thriller. Set on the coast near Hermanus in the fictitious town of Grootbaai, shark-cagediving capital of the world, the novel features oddball detective Storm van der Merwe. Stocky, smart and unconventional, Storm was banished to Hermanus after demonstrating against the shooting of beached whales. She now keeps out of trouble in the seaside town by working on cold cases. But how can she keep a low profile when bodies, limbs and other evidence keep appearing on the sandy shores of Grootbaai? When the body of investigative journalist Jessica Stander washes up on the beach minus an arm, Storm realises that the situation at Grootbaai is even more dangerous than she suspected. In Irna van Zyl’s page-turning thriller, everyone’s a suspect and the stakes are deadly.
Dis die jaar 1851 en die beeldskone Susanna Isabella Marais word aangekla van ‘sonde’. Sy word gedaag voor die Hof van Landdroste en Heemrade omdat die oudstes haar van veelmannery en bedrog beskuldig. En in die hof onder die wildeseringbome, waar die verrigtinge kort-kort onderbreek word deur die lawaai van bobbejane, voels en vlakvarke, word haar skuld getuie vir getuie duideliker. Hulle ken haar so. Dominee Johannes word deur die weledele Sinodale Kommissie uit die Kolonie gestuur om die “hoogs onwettige, onsedelike en onchristelike egverbintenis” te ondersoek. Susanna is een vroegoggend hof toe gesleep, “soos wat 'n mens 'n uitgediende velsak agter jou aansleep”. Haar lang, donker rok gekreukel, stowwerig en op die een skouer geskeur. Nogtans, soos destyds met die kerkraadsvergadering, is “haar groot, geel-bruin oe, ryp soos twee mispels, geamuseerd eerder as bang, spottend, neerbuigend selfs”. Johannes is op soek na die waarheid van die Bybelse liefde. Hoe meer verdoemend die getuienis teen haar raak, hoe meer begin hy wonder of die liefde wat hy verkondig, meer is as die liefde tussen God en mens?
Beendere word gevind op 'n stortingsterrein, en skielik moet speurder
Kassie Kasselman nuut dink oor ou moordsake. Gou begin die moorde
vinnig opmekaar kom, en tussendeur die nuwe buurvrou wat Kassie se kop
aan't swymel het, én sy enorme posseël-meevaller weens nog 'n moord,
moet hy uitwerk waarom 'n geheimsinnige bende skynbaar besig is om
sigself uit te roei. Elke warm leidraad lewer 'n koue lyk op, en Kassie
kan nie voorbly nie . . .
After 602 days dry, Captain Benny Griessel of the South African police services can't take any more tragedy. So when Benny is called in to investigate a multiple homicide, it pushes him close to breaking point - a former friend and detective colleague has shot his wife and two daughters, then killed himself. Benny wants out - out of his job, his home and his relationship with his singer girlfriend, Alexa. He moves into a hotel and starts drinking. Again. But Benny's unique talent is urgently required to help investigate another crime - the high profile murder of Ernst Richter, MD of a new tech startup, Alibi, whose body is discovered buried in the sand dunes north of Cape Town. Alibi is a service that creates false appointments, documents and phone calls to enable people to cheat on their partners. It has made Richter one of the most notorious people in South Africa. Can Benny pull together the strands of his life in time to catch the killer?
Die Russiese intelligensiedienste beplan om Verwoerd te vermoor. Hul kontak in Suid-Afrika is Thomas Jacobs, ’n Suid-Afrikaanse anargis wat in die Spaanse Burgeroorlog geveg het. Na die ontnugtering van die oorlog vestig Thomas hom naby Colesberg, ver van politieke knoeiery. Maar die politiek haal hom in. ’n Ou kameraad is na Colesberg oppad, waar hy sy eertydse vriend ’n laaste keer vir die saak wil werf . . .
Dit lyk asof kaptein Kassie Kasselman met 'n reeksmoordenaar te kampe het toe Kaapstad se ses en vyftigjarige mans kopskote begin kry. Maar Kassie is nie oortuig die moorde dui nie op iets anders nie . . .
Die briljante poligrafis Kalli Krynauw is deel van Special Intelligence Services se span. Hulle is op die spoor van ’n reeksmoordenaar wat tot die uiterste gaan om sy slagoffers te skend voor hy hulle om die lewe bring. Kalli het goeie rede om te vermoed die reeksmoordenaar is deel van SIS se ondersoekspan want hy stuur selfs e-posse om hulle in kennis te stel dat hy op die hoogte van elke beweging van SIS is. Maar wie in die span kan dit wees? Daar is ten minste drie moontlikhede. En, net so erg, die skisofreen wat ’n obsessie gehad het om Kalli dood te maak, bevind hom glad nie meer permanent in ’n Kaapse inrigting soos sy destyds ingelig is nie. Trouens, hy woon nou in ’n nabygeleë buurt. Intussen word dit tyd vir Kalli en haar Brink se troue wat nou al hoe lank uitgestel word. Op wat hulle troudag sou wees, het hulle egter allesbehalwe ’n huwelik om te vier ... |
You may like...
Risking Life For Death - Lessons For The…
Ryan Blumenthal
Paperback
(1)
|