0
Your cart

Your cart is empty

Books > Health, Home & Family > Mind, body & spirit > Alternative therapies, healing & health

Buy Now

Boererate (Afrikaans, Hardcover, 2de Uitgawe) Loot Price: R150
Discovery Miles 1 500
You Save: R40 (21%)

Share your images

Boererate (Afrikaans, Hardcover, 2de Uitgawe)

Danie Smuts

 (sign in to rate)
List price R190 Loot Price R150 Discovery Miles 1 500 You Save R40 (21%)

Bookmark and Share

Expected dispatch within 4 - 8 working days

As jong seun het Danie Smuts met ’n blikkie agter vee in die veld aangeloop om kuttels te versamel vir ’n konkoksie om maselspasiŽnte se simptome te verlig. Min het hy toe geweet dat hy eendag die legendariese aanbieder van ’n gewilde Springbok Radio-program sou word waarin die volk kure vir allerlei kwinte en kwale deel.

Toe Boererate – ’n keur van die tradisionele advies wat luisteraars oor die jare vir Smuts se radioprogram ingestuur het – in 1989 verskyn, was dit onmiddellik ’n treffer. Sedertdien het diť besonderse boek uit sirkulasie verdwyn, maar die aanvraag daarvoor nie.

’n Byna vergete era in die Afrikaanse kultuurgeskiedenis word in herinnering geroep deur diť vreemdsoortige en dikwels skreeusnaakse wenke. Die volgende stappe word byvoorbeeld aanbeveel om griep te bekamp:

  • Plaas ’n bottel whiskey en ’n glas saam met ’n brandende kers langs jou bed.
  • Klim in die bed, maak seker jy lÍ onder baie komberse, en begin geleidelik aan die whiskey teug.
  • Sodra jy twee kerse sien, sit die glas neer, plaas die prop terug op die whiskey-bottel, blaas al twee kerse dood en gaan slaap.

Maar wees gewaarsku: Dat die griep binne 24 uur sal verdwyn, word gewaarborg, maar jy mag dalk ’n hoofpyn oorhou.

Boererate se oorsprong word teruggevoer na verskillende bronne: waarnemings, eerstehandse ondervinding, mites, godsdiens en selfs toorkuns. Behandeling gaan dikwels gepaard met die uitvoer van komieklike rituele.

Tussen die mediese advies is daar ook handige raad oor sake op die plaaswerf: hoe om ’n troeteldier se vel te laat blink, aartappelsteggies lank vars te hou, van lastige miere ontslae te raak, en nog baie meer.

Boererate bied onontbeerlike pitkos vir geskiedenis-liefhebbers en is ’n nostalgiese terugblik op ’n kosbare stukkie Afrikaner-erfenis.

General

Imprint: The Penguin Group (SA) (Pty) Ltd
Country of origin: South Africa
Release date: February 2015
Authors: Danie Smuts
Dimensions: 258 x 198 x 23mm (L x W x T)
Format: Hardcover
Pages: 231
Edition: 2de Uitgawe
ISBN-13: 978-0-14-353921-6
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Local Author Showcase > Lifestyle
Books > Afrikaans
Promotions
Books > Health, Home & Family > Mind, body & spirit > Alternative therapies, healing & health
Books > Mind, Body & Spirit > Alternative therapies, healing & health
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
Books > Medicine > Complementary medicine > Traditional medicine & remedies
Books > Medicine > Complementary medicine > Traditional medicine & remedies > General
Books > Afrikaans > Geneeskunde
LSN: 0-14-353921-3
Barcode: 9780143539216

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Loyalty partners