![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 25 of 80 matches in All Departments
Lek gou aan 'n suurlemoen en kyk hoe lyk jy in die spieel. So suur soos wat jou gesig nou lyk, so lyk die broers Harry en Huibert Suur s'n altyd. En hulle hou boonop daarvan! Suig gou aan ’n suikerklontjie en lees wat gebeur wanneer Harry en Huibert op ’n dag ’n kaartjie in die pos kry wat hulle rustige lewe omkeer.
In Die helaasheid van die dinge keer die skrywer terug na sy geboortedorp in Vlaandere. Ons maak kennis met die pa wat trots op sy fiets van kroeg tot kroeg ry om sy pasgebore seun vir sy drinkebroers te wys, met die ouma wie se nagrus alte dikwels deur die polisie versteur word as hulle een van haar dronk seuns huis toe bring, en met die werklose ooms wat meer belangstel in ’n suipwedstryd as in ’n deugsame lewe. Dimitri Verhulst se Die helaasheid van die dinge is sowel ’n pragtige ode aan as ’n skreeusnaakse afrekening met die dorp van sy jeug.
Die opvolgverhaal van Die Brief Vir Die Koning. ’n Jong ridder. ’n Betowerde woud. ’n Lewensgevaarlike soektog. Een van die koning se ridders word vermis. Tiuri kry die gevaarlike opdrag om hom te gaan soek. Saam met sy vriend Piak vertrek hy na die Wilde Woud. Oor die Wilde Woud word vreemde stories vertel – van woeste rowers en bosgeeste, van ruďnes en kronkelpaaie wat doodloop, van geheimsinnige Manne met Groen Klere … Die verhaal bevat al die bestanddele van ’n tydlose avontuur: ’n ware held, vriendskap, liefde, dapperheid, lojaliteit, ridderlikheid … en skelm skurke.
Marc Schlosser, 'n huisdokter, begaan 'n mediese fout en as gevolg daarvan sterf een van sy pasiente. Schlosser moet voor die Mediese Raad verskyn om verantwoording te doen. Schlosser is nie te bekommerd oor die Mediese Raad nie: Hy sal seker 'n paar maande geskors word, wat nie te erg is nie. Wat die saak egter kompliseer, is dat die pasient 'n baie bekende akteur, Ralph Meier, is, wat miskien net te veel aandag gegee het aan Schlosser se pragtige vrou, Caroline. Of hou die hele gedoente verband met wat by die Meiers se vakansiehuis gebeur het toe die Schlosser-gesin daar op besoek was? Soos in Die aandete is die hoofkarakter van die verhaal ook die verteller wat net vertel wat hy wil he die leser moet weet en so die leser aan die raai hou oor wat werklik gebeur het.
"Stop! Ons is hier!” roep Haas. Vos sit die tasse neer. “Is jy seker dat dit hier is?” vra hy.“Ek sien net sand. En water. En twee bome.” Die derde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige twee dele aan. Vos en Haas op die eiland is geskryf in kort sinne, met ’n effens meer gevorderde woordeskat wat rekening hou met die jong leser se begripsvermoe. Die wisselende lettergroottes ondersteun die intonasie en beklemtoning wanneer daar hardop gelees word.
Kat is terug. Sy is in die bos. Wolf se bos! Wolf is bang vir Kat. Maar Hond nie. Hy help sy neef. Hoe? Dit kan jy in hierdie boek lees. ’n Prettige storie vir beginnerlesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik ’n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie! Die warmte en humor van die stories word wonderlik aangevul deur Marije Tolman se skitterende tekeninge in volkleur. Dit maak hierdie eerste leeservaring iets onvergeetlik.
Mamma se vriendin het onlangs gevra: “Nou, wat sal dit wees?” Mamma het geantwoord: “Gesond!” En Pappa het gesę: “’n Hond sal dit beslis nie wees nie!” Toe lag almal. Behalwe ek. Hoekom dan nie ’n hond nie? Daar is mos al ’n kind! Maar ons kort ’n hond.
Reinaard die Vos breek weg van die tradisie van ou fabels of diereverhale. Die vosverhaal is ’n bytende satire op die destydse politieke, sosiale en godsdienstige (wan) toestande. Die dinge wat deur die skrywer aan die kaak gestel word, is vandag nog deel van ons samelewing. Henri van Daele het die oorspronklike Middelnederlandse rymende eposse naatloos aanmekaargelas en in soepel prosa herskryf. Daniel Hugo se Afrikaanse vertaling maak dit ook Suid-Afrikaanse volksbesit.
Helmer se pa is sterwend en vir die eerste keer in sewe-en-dertig jaar word daar nie meer bevele geblaf op die plaas op die koue, nat Nederlandse platteland nie. Helmer dra sy pa na die boonste verdieping van die plaashuis waar hy sy siekbed moet deurbring en word vir die eerste keer gekonfronteer met ’n kans om wraak te neem. Dit word egter ’n kans om homself te leer ken en te doen wat sy hart vir hom voorskryf.
Muulke, Fing en Jes is glad nie lus om vir die hoeveelste keer te trek nie. Maar wanneer hulle eers die huis van Nege Oop Arms leer ken, wag daar verskeie ontdekkings en avonture op die Nederlandse sussies.
Anna is vies. Sy het net die helfte van die koninkryk by haar pa, die koning, gekry. Die ander helfte kry die held – soos dit met egte prinsesse gebeur. Maar om ’n egte held te vind is vir Anna glad nie so maklik nie. En kan ertjies en paddas haar regtig met die soektog help?
As negentienjarige ryloper in Spanje beland Frank Westerman toevallig in die dorpie Banyoles, waar ’n opgestopte “Kalahari-Boesman”, slegs bekend as El Negro, uitgestal word. Sy indrukke bly hom by – en wanneer hy dekades later weer van El Negro lees, die keer in ’n Franse koerant, is dit die begin van ’n ondersoeksreis wat belangrike vrae oor rasopvattings en die Westerse beskawing na vore bring. Wie was hierdie naamlose man? Wat se sy opgestopte “museumteenwoordigheid” oor Europese denke oor slawerny, rassisme en kolonialisme – en bied hy slegs ’n spieel op ’n vergange tyd, of ook op die hede?
Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibie gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude. De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het. In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.
Die Vlaamse digter Eddy van Vliet is een van die kragtigste stemme in die Nederlandse digkuns van ná die Tweede Węreldoorlog. Sy gedigte word gekenmerk deur universele temas soos die liefde en dood. Die digter bou met beeldende taalgebruik 'n brose binneplaas in 'n bedreigende węreld, 'n tydelike verblyf tot en met die onafwendbare verval. Sy bundels De binnenplaats (1987) en De toekomstige dief (1991) is hoogtepunte in sy oeuvre. Saam vorm hulle 'n tweeluik van opbou en afbreek, van orde en chaos, van herinner en vergeet.
Die koning van Katoren is dood en daar is geen troonopvolger nie. Vir 17 jaar regeer ses nare ministers die land – hulle beweer hulle is op soek na ’n nuwe koning, maar niks gebeur nie. Op ’n dag arriveer ’n seun, Stach, by die paleis. Hy is gebore op die nag van die koning se dood en is vasbeslote om die nuwe koning te word. Die ministers wil nie hulle lewenstyl prysgee nie en bedink sewe onmoontlike take vir Stach om te verrig. Hulle is vas oortuig daarvan dat Stach nie die mas sal opkom nie, maar ná die eerste taak is dit baie duidelik dat hy ’n ernstige bedreiging vir hulle inhou. Koning van Katoren is ’n veelvuldig bekroonde verhaal wat internasionaal suksesvol en beroemd is. ’n Film word vanjaar uitgereik.
Kort voor sy dood in die 1980’s gee Stefan Hertmans se oupa aan sy kleinseun ’n paar volgeskrewe ou dagboekies. Jare lank durf Hertmans dit nie oopmaak en lees nie – tot op ’n dag dat hy dit wel doen en meer as een geheim daarin ontdek. Hy lees van sy oupa se armoedige kinderjare in Gent voor 1900, van sy gruwelike ervarings as frontsoldaat in die Eerste Wereldoorlog en ’n vroeg gestorwe groot liefde. Na die oorlog sit sy oupa sy lewe voort deur sy verdriet te probeer wegskilder. Stefan Hertmans se jare lange fassinasie met sy oupa se lewe bring hom uiteindelik tot die skryf van hierdie roman.
Daar is net plek op die ark vir die boumeester en sy familie. Gam, die jonste seun, beloof aan Re Jana 'n plek op die skip. Diep in die rotswoestyn is ’n groot bouwerf, en in die middel daarvan staan dít waaroor almal in Kanaan lag: die skip in die woestyn. Die arkbouers wat almal in net een God glo, verwag 'n groot onheil. Gaandeweg kom Re Jana agter watter rampspoed hulle gaan tref: die hele wereld gaan oorstroom word. Maar dan kom die slanke Neelata daar aan. Neelata is bestem om Gam se vrou te word! Die arkvaarders is 'n spannende en diepsinnige hervertelling van die bekende Bybelverhaal oor die sondvloed.
Antwerpen 1582: Die veertienjarige dief en inbreker Gitte Niemandsdogter word deur 'n stadswagter gearresteer, en sy word ter dood veroordeel. Sy ontsnap net-net aan die galg deur die onderbalju daarvan te oortuig dat haar pa 'n Spaanse hertog is. Hy is boonop die raadgewer van koning Filips die Tweede. Die Nederlande is in oorlog met Spanje, en in ruil vir haar lewe moet Gitte spioeneer vir die Nederlandse prins van Oranje. Sy gaan na Sevilla en sal al haar lis en vernuf moet aanwend om die hertog se strategiese seekaarte te steel. Maar hoe langer Gitte in Sevilla is, hoe meer hou sy van die stad en van die hertog. Wanneer sy die elegante don Domingo ontmoet, raak sy dolverlief. Sy probeer alles in haar vermoe om van haar opdrag ontslae te raak...
Twee broers en hulle vrouens gaan een aand eet in ’n deftige restaurant: Paul Lohman, mislukte onderwyser en sy slim vrou Claire, saam met Serge Lohman, kandidaat vir die premierskap in die opkomende verkiesing, en sy vrou Babette. Teen die agtergrond van die bediening van keurige geregte en tipiese restaurantpraatjies ontvou ’n ontstellende verhaal.
Pluim besluit dis tyd om weg te kom uit die stad – en die lee hok in die heining lyk na 'n aanloklike alternatiewe woonplek. Die vierde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige drie dele aan.
In Gelukkige slawe bevind twee Belgiese mans met presies dieselfde naam en van, Tony Hanssen, hulleself op 'n keerpunt. In Buenos Aires speel Tony Hanssen – eens 'n toerdirekteur op van die mees luuksueuse plesierbote ter wereld – 'n gevaarlike speletjie as toyboy van mevrou Bo Xiang, die bejaarde eggenote van 'n skatryk Chinese bouondernemer met legendariese genadeloosheid. In Suid-Afrika korrel 'n ander Tony Hanssen – die vlugtende rekenaarprogrammeerder van 'n bankrot bank – met 'n geweer na 'n renoster in die Krugerwildtuin. Die een Tony wil sy vryheid terughe, en die ander een sy gesin. Eers as hulle mekaar vir die eerste keer ontmoet, op 'n ander kontinent, blyk dit hoeveel hulle op mekaar aangewese is.
Die Klein Kaptein is ’n kereltjie wat met ’n skoorsteenpyp, ’n sinkbad, ’n stoelpoot en ’n fietsketting sy skip die “Nooitlek” weer seevaardig maak. Wanneer die skroef, gemaak van gesmelte bronsmunte, ook klaar is, skep ’n groot brander die skip van die hoe duin af waar dit gestrand het. Die avontuurlike tog van die “Nooitlek” met die Klein Kaptein en sy kamerade Dik Druif, Marinka en Bang Tonie kan nou begin. Hulle vaar oor die oseane, kom by vreemde lande aan en trotseer talle gevare. Al drie dele van die Klein Kaptein se wereldreis is hier in een band gebundel, met illustrasies in volkleur deur Carl Hollander. |
You may like...
|