0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (3)
  • R100 - R250 (11)
  • R250 - R500 (14)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 28 matches in All Departments

Vrydagaand (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Vrydagaand (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R433 Discovery Miles 4 330 Ships in 2 - 4 working days

Liefdeskortverhale deur 27 bekende Afrikaanse skrywers om jou naweek op ’n romantiese noot mee te begin.

Laat die week en sy gewoel agter met dié stories uit die pen van Juanita Aggenbach, Bernette Bergenthuin, Henk Breytenbach, Malene Breytenbach, Alma Carstens, Alta Cloete, Leona Conradie, Trisa Hugo, Madelie Human, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Kristel Loots, Cliffordene Norton, Susan Olivier, Didi Potgieter, Gerrit Rautenbach, Felicia Snyman, Cecilia Steyn, Dibi Symington, Louise van der Merwer, Santie van der Merwe, Nanette van Rooyen, Frenette van Wyk, Antoinette Venter, Louise Viljoen, Magdaleen Walters en Elsa Winckler.

Quinn (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Quinn (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Skot Quinn Sutherland het Ella du Toit se hart ses maande gelede gebreek toe hy bloot opgehou het om op haar teksboodskappe te antwoord.

Sy kies koers Londen toe waar sy as beleggingsontleder gaan werk. Dan bars ’n skietery los by die restaurant waar sy een aand kuier en Quinn is die een wat met haar hospitaal toe jaag. Hulle besef die vonk tussen hulle is nog lank nie uitgebrand nie.

Quinn is egter nie van plan om gou te trou nie en Ella is lugtig vir hom nadat hy haar so seergemaak het. Dan stel sy ’n kortstondige romanse van drie weke tussen hulle voor. Dit behoort genoeg te wees om hulle vir goed uit mekaar se gestel te kry, of hoe?

Husse Met Lang Ore (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Husse Met Lang Ore (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler; Illustrated by Alida Bothma
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R223 Discovery Miles 2 230 Ships in 2 - 4 working days

Tiaan het so baie vrae, maar sy mamma is heeltyd besig met die baba en al wat sy sę is: “Husse met lang ore”. Sy pappa praat van gaan “vakansie” hou, maar Tiaan weet nie wat dit is nie, en dit klink nie lekker nie – hy mag nie eens sy trokke saamneem om te speel nie!

Husse met lang ore is vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.

Leef Jou Nuwe Lied - 200 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler, Sonja Goldberg Leef Jou Nuwe Lied - 200 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler, Sonja Goldberg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die lewe laat jou dikwels uitgebrand en afgemat. Leef jou nuwe lied is ’n uitnodiging van die bekende skrywer Elsa Winckler en haar pastoor-sussie Sonja Goldberg om saam deur die jaar te stap met jou hand stewig in jou Vader s’n. Ontdek ’n nuwe lied in jou hart deur hierdie 200 dagstukkies en weet Hy is daar vir jou. Hy sal jou in staat stel om vreesloos in liefde te leef.

Wanneer is eendag? (Afrikaans, Hardcover): Elsa Winckler Wanneer is eendag? (Afrikaans, Hardcover)
Elsa Winckler; Illustrated by Marleen Visser
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R232 Discovery Miles 2 320 Ships in 2 - 4 working days

Abella is ‘n klein feetjie en haar hare is rooi en deurmekaar. Haar klere bly vuil, want sy speel so lekker saam met haar maatjies tussen die fynbos. Sy wil baie graag so mooi soos die ouer feetjies lyk en ook soos hulle teen die maan se strale afgly, maar hoe lank moet ’n feetjie wag voor dit kan gebeur?. Wanneer is eendag? is ‘n feetjieboek vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.

'n Liedjie Vir Anine (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Liedjie Vir Anine (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het?

Bekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat. Die helder ligte van die verhoog het hul glans verloor, en dit klink asof die suiwer melodieë in sy kop vervang is met ’n droewige klaaglied.

Boonop is daar sy nuwe skoonsus, Anine Vos, ’n joernalis, ’n spesie waarvoor hy nie baie ooghare het nie. Hy moet haar gedoog, al maak sy dit duidelik dat sy nie tyd het vir ’n popster soos hy nie. Tog, om een of ander rede begin die note weer helder deur Zander se
gedagtes klink wanneer sy naby is.

Anine kan nie verstaan hoekom juis sý die opdrag moes kry om ’n in diepte-artikel oor Zander te skryf nie. Sy het mos niks verloor by hierdie mislike musikant nie. Om deur sy lewe te krap is die laaste ding wat sy wil doen terwyl haar eie hart nog gebreek is.

Om Isla op te pas (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Om Isla op te pas (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Isla Vosloo se lewe word bedreig ná sy haar nuwe baas aangekla het van teistering. Toe hy haar dreig en begin agtervolg, moet sy teen haar wense haar vriendin se broer, Janco Watermeyer, toelaat om by haar in te trek tot haar woonstel beveilig is.

Janco is ’n IT-spesialis by ’n sekuriteitsfirma en ’n hartebreker wat nie in verhoudings belangstel nie.

In die klein ruimte van Isa se woonstel, raak dit egter toenemend moeiliker om te onthou hoekom hy nie aan haar mag raak nie.

Om Leah veilig te hou (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Om Leah veilig te hou (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Leah Roelofse werk op haar uitgewer se aandrang saam met krimiskrywer Arend Bosman aan ’n moor dtoneel in haar liefdesverhaal. Die skurke oor wie Arend se nuwe misdaadroman handel, spoor vir Leah by sy huis op. Arend besluit om saam met haar op ’n veilige plek te bly totdat die misdadiger s wat hulle bedreig gevang word. Sy krimi benodig onverwags ’n liefdestoneel, een waarmee Leah hom kan help. Om dae lank saam met Leah in die klein woonstel te werk, raak egter baie vinnig baie gekompliseerd.

The Whisperer (Paperback, Digital original): Elsa Winckler The Whisperer (Paperback, Digital original)
Elsa Winckler 1
R270 R241 Discovery Miles 2 410 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Loving him could destroy her... High school teacher Cilla Stevens has always been different, especially in how she connects with animals. When she calms a stray dog during an incident at school, she's asked to help a nearby farm with a difficult horse. Cameron Rahl has had a very different relationship with animals since his mother died in a horse riding accident. But now he's inherited his family's farm, he's determined to never let anyone affect him that way again. Until he meets Cilla. He tries to stay away from the gorgeous horse whisperer with the potential to tame him, but something keeps pulling him close. And as much as Cilla tells herself she can keep it casual, she knows they're too connected to be 'just a fling.' Will Cilla's heart win out? Or will it take history repeating itself for Cameron to realise just how much he needs her?

'n Kersboom van Hout (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Kersboom van Hout (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

San-Marie Crafford se drie vriendinne is getroud met die mededirekteure in ’n maatskappy. Nou is die vierde direkteur, Jacques Myburgh, skielik heeltyd onder haar voete. Sy weet uit ervaring gelukkige eindes bestaan nie en stel nie belang in romanse nie.

Jacques het geweet iets aan San-Marie hinder hom, maar die dagin haar werkswinkel besef hy eers hoekom. Iemand met sy agtergrond kan mos nie dink aan trou en gelukkige eindes nie? Of kan ’n Kersboom van hout alles verander?

Doug (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Doug (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Sy vingers glip teen haar voet op tot by die soom van die jeans wat sy aanhet.

Hy kyk op na haar. Terwyl hy stadig regop kom, beweeg hy sy hande bo-oor die jeans teen haar bene op. Stadig kom hy regop en vou sy hande om haar middel. In die sagte lig van die woonkamer blink haar oë. “Doug ...”

“As jy nie wil hę ek moet jou soen nie, is nou die tyd om weg te stap.”

Vir ’n oomblik staar hulle na mekaar. “Malligheid, absolute malligheid,” prewel sy voor sy sy hemp in haar hande vasgryp en hom nadertrek.

Dis al waarvoor hy gewag het. Hy buk af en gryp haar lippe met syne vas. Haar rose- en nartjiegeur vou om hom en half bedwelmd, glip sy hande onder haar T-hemp in. Satyn. Sag. Maar dis nie genoeg nie, lank nie meer nie.

Mieke stap tussen sy bene in, trek-trek aan sy hemp. Hy wil haar help, maar hy is te besig. Eers toe die gespe van haar bra los is, lig hy sy kop en pluk sy hemp oor sy kop.

“Ek wil jou sien. Ek moet jou sien,” hyg hy, sy hande op die onderkant van haar T-hemp. Sy lig haar arms op.

“Bliksem ...” Hy lig die hemp oor haar kop, trek haar bra eenkant toe. Met ontsag, vou sy hande om haar sagte kurwes. “Hierdie ... ek droom al ’n week lank hiervan,” fluister hy.

Mieke se suster Fleur vra of sy haar swaer wat sy vrou verloor het, kan kom help met sy baba. Mieke stem in, maar op die vlug na Kaapstad beland sy langs ’n sexy rooikop.

Wewenaar Doug Sutherland is aangetrokke tot die groenoog donkerkop langs hom op die vlug. Hul vurige omhelsing op die lughawe, het egter onverwagse gevolge, want Mieke is die nuwe au pair wat na Doug se baba moet kom kyk.

Gaan hulle mekaar weer in die oë kan kyk?

Engele In Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Engele In Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dis twee jaar ná ’n oudkollega Julia en haar seun Rudi se lewe hel gemaak het. Maar die inwoners van Kosmoslaan het herstel en aanbeweeg. Dit blyk op die oppervlak asof dinge weer vreedsaam is in Kosmoslaan.

’n Knorrige man met ’n fyn meisiekind en ’n hartseer verlede trek in Ida se huis in. Vanaf die eerste oomblik wat hy trompop in haar vasloop, ontwrig hy Julia se lewe. Watse verspottigheid laat haar nou skielik op twee-en-veertig in vervoering raak oor ’n befoeterde man? En wie saboteur haar en Rudi se eiendom skielik?

Ida voel en lyk soos ’n ou en halwe vrou na ’n ontdekking. En Alma se Jurie is deesdae so omgekrap dat niemand met hom kan huishou nie. Ellie en Justin smag steeds na ’n baba van hul eie na haar vorige miskraam, terwyl hul grootste wens soos ’n ryp perske in Hugo en Claire se skoot val. Ellie smee egter ’n onverwagse band met ’n kinderhuismeisie wat gereeld by Marella se teruggetrokke seun, Bouwer, kuier. En Bouwer is nie Marella en Lourens se enigste bekommernis nie. Marella voel deesdae nie haarself nie ... Boonop kom Klein-Lourens met groot nuus wat sy en Sabina se lewens kan verander.

Daar is dinge wat broei in Kosmoslaan en die vriende en families tot hulle uiterstes toets. Gelukkig is daar ook engele in Kosmoslaan.

Finlay (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Finlay (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Fleur Greyling is verstom toe Finlay Sutherland op die plaas opdaag.

Hulle het mekaar op ’n troue ontmoet waar van sy bitter min onthou – net dat sy te veel vonkelwyn gedrink het en in haar onderklere wakker geword het.

Finlay is ’n hartebreker wat nooit ’n vrou meer as een maal uitneem nie, maar Fleur is anders. Hoe meer tyd hy saam met haar spandeer, hoe meer wil hy by haar wees.

Gaan die liefde dié keer die hartebreker vang?

Die Vroue Van Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Die Vroue Van Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Vroue Van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue.

Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in ’n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is ’n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem ’n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek.

Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer ’n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word ’n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk.

Die boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het.

Om Karolien te beskerm (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Om Karolien te beskerm (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Karolien Watermeyer het haar eie patisserie in Kaapstad en geniet haar lewe. Dis net die liefde wat kort. Niemand kon haar nog laat voel soos Stefan Bosman wat haar op haar sestiende verjaardag gesoen het nie.

Stefan kon Karolien nooit heeltemal vergeet nie. Maar hy het ’n sekuriteitsfirma en ’n verhouding hou gevare in. Die vreemde motor by Karolien se blyplek bevestig dat ou vyande weer op sy spoor is.

Kan hy vir Karolien beskerm sonder om sy hart te verloor?

Om Weer Te Droom (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Om Weer Te Droom (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.

Arendsvlerke Vir Siebert (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Arendsvlerke Vir Siebert (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Liewe Here, ek verstaan nie. Help my.

Terwyl Katinka probeer om die dood van haar man te verwerk, dring haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur. Sy is verslae en geskok deur die besef dat hy vasgevang is in omstandighede wat ook sy lewe kan beëindig. Wanneer vrees die oorhand kry, wend sy haar tot die Here. Here, U sę vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.

Arendsvlerke vir Siebert is 'n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.

Hierdie boek is die eerste fiksie boek vir volwassenes uit LAPA Uitgewers se nuwe druknaam, LUCA, wat fokus op geestelike fiksie en niefiksie. Arendsvlerke vir Siebert fokus op die impak van die verlies van dood en ook hoe dwelmmisbruik 'n gesin beďnvloed.

Loving Brooke (Paperback): Elsa Winckler Loving Brooke (Paperback)
Elsa Winckler
R326 Discovery Miles 3 260 Ships in 18 - 22 working days
Adoring Stacey: Elsa Winckler Adoring Stacey
Elsa Winckler
R324 Discovery Miles 3 240 Ships in 18 - 22 working days
Protecting Lindsay (Paperback): Elsa Winckler Protecting Lindsay (Paperback)
Elsa Winckler
R326 Discovery Miles 3 260 Ships in 18 - 22 working days
Kissing Charlie (Paperback): Elsa Winckler Kissing Charlie (Paperback)
Elsa Winckler
R328 Discovery Miles 3 280 Ships in 18 - 22 working days
Ware Noord (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Ware Noord (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Evan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd ’n meisie aan die arm. Die lewe is ’n lied. Tot daardie dag toe sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is ’n intense skuldgevoel en woede.

Vir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede.

Tog: Drie jaar later speel hy vir die Springbokke.

Wanneer hy op die krukkelys beland weens ’n besering, vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van ’n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelhoë hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is ná haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. Evan weet ook: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie.

Die ware gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes het die skrywer geďnspireer om hierdie verhaal te skryf, die boek ondersoek Christenskap en liefde tussen jong mense.

A Captivating Touch - Prequel: Cavallo Brothers Series (Paperback): Elsa Winckler A Captivating Touch - Prequel: Cavallo Brothers Series (Paperback)
Elsa Winckler
R320 Discovery Miles 3 200 View more sellers Ships in 18 - 22 working days
Chris Barnard 2020 (Afrikaans, Paperback): Van der Spuy Van der Spuy, Madelein Rust, Elsa Winckler, Malene Breytenbach, Belinda... Chris Barnard 2020 (Afrikaans, Paperback)
Van der Spuy Van der Spuy, Madelein Rust, Elsa Winckler, Malene Breytenbach, Belinda Bras-Nel
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R334 Discovery Miles 3 340 Ships in 2 - 4 working days
'n Belofte vir Bippie (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Belofte vir Bippie (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R270 R227 Discovery Miles 2 270 Save R43 (16%) Ships in 5 - 7 working days

Bippie se pad word onderbreek met haar onbeplande swangerskap, dus moet sy nou ’n nuwe een soek. Sy maak 'n belofte teenoor die Here - sy sal nie weer ’n man in haar lewe toelaat as hy nie met haar wil trou nie. Maar die man wat skielik al onder haar voete is, Riekert Tredoux. Hy het lankal besluit hy wil nooit trou nie. Toe hy en sy broer klein seuntjies was het sy ma hulle net so gelos en by die voordeur uitgestap. So hy het allerhande issues. Sal Bippie haar belofte gestand kan doen en Riekert wel wil trou?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Comfee' Multicooker Cookbook for…
Michelle Worley Hardcover R917 Discovery Miles 9 170
Sharing Your Christianity
Tim Cooke Paperback R258 R237 Discovery Miles 2 370
The Effortless Air Fryer Cookbook - 700…
Charles Hartman Hardcover R881 Discovery Miles 8 810
Faith's Response to Melancholy
Richard Baxter Paperback R144 Discovery Miles 1 440
Wild Oats
Shirley MacLaine, Jessica Lange, … DVD  (2)
R210 Discovery Miles 2 100
Logan
Hugh Jackman, Patrick Stewart, … DVD R248 Discovery Miles 2 480
Gateway to a Supernatural Life - The…
Jeff Leake Paperback R335 R311 Discovery Miles 3 110
A Plain Account of Christian Perfection…
John Wesley Paperback R364 R340 Discovery Miles 3 400
Foolproof Pit Boss Wood Pellet Grill and…
Barbara Carroll Hardcover R943 Discovery Miles 9 430
Healthy Anti-Inflammatory Diet Plan - An…
Camila Allen Hardcover R721 R635 Discovery Miles 6 350

 

Partners