0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 50 matches in All Departments

Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Various Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Various; Foreword by Nicol Stassen
R307 Discovery Miles 3 070 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Wat is vir jou uniek en kosbaar aan Suid-Afrika? Wat laat jou verlang? Wat laat jou lag? Wat maak jou trots? Is dit ’n spesifieke landskap, landmerk, kos, dier, plant, liedjie of tradisie? Vir elkeen is dit iets anders.

In hierdie bundel beskryf verskeie skrywers, kunstenaars en ander bekendes wat vir hulle besonders is aan Suid-Afrika. Die bundel bestaan uit kort sketse (1000 woorde of minder) en enkele gedigte. ’n Verskeidenheid van perspektiewe op wat belangrik en spesiaal aan Suid-Afrika is, word van mense van verskillende ouderdomme en agtergronde gegee.

Dit sluit nostalgiese herinneringe uit die verlede, reisbeskrywings, ’n komiese bespreking van die ikoniese Suid-Afrikaanse melktert, ’n essay oor die merkwaardige fossielvondste van die land, en nog vele meer, in.

De Jagers In Die Dorsland (Afrikaans, Hardcover): Nicol Stassen De Jagers In Die Dorsland (Afrikaans, Hardcover)
Nicol Stassen
R484 Discovery Miles 4 840 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

In die jare 1891 tot 1893 het ongeveer 770 persone Transvaal verlaat en na Angola en Duits-Suidwes-Afrika getrek om hulle heil daar te soek. Dit staan bekend as die “sesde” Dorslandtrek.

Sowat 45 De Jagers het in verskillende groepe aan hierdie epiese trek deelgeneem. Ná die sesde Dorslandtrek het hulle tussen Angola, Suidwes-Afrika, Suid-Afrika en selfs Kenia rondgeswerf en verdere avonture oor die hele Suider-Afrika beleef. Sommige De Jagers het in 1928 van Angola na Suidwes-Afrika getrek en hulle daar gevestig, terwyl ander eers in 1958 uit Angola gerepatrieer is.

Uit die beperkte beskikbare bronne is die verskillende trekroetes van die sesde Dorslandtrek gerekonstrueer en vir die eerste keer word ’n kaart van die verskillende trekroetes gepubliseer. ’n Geslagregister van bykans 1800 afstammelinge en aangetroude familielede van die De Jagers van die sesde Dorslandtrek en byna 500 foto’s vorm ’n omvattende beeld van hierdie familiegeskiedenis.

Ek Wens Ek Was... Dink Die Meerkat (Afrikaans, Hardcover): Werner Holzwarth Ek Wens Ek Was... Dink Die Meerkat (Afrikaans, Hardcover)
Werner Holzwarth; Illustrated by Stefanie Jeschke; Translated by Nicol Stassen
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 6 - 10 working days

Na links...reguit vorentoe...na regs...reguit vorentoe...na links...waaksaam bespied die meerkat sy omgewing. Hy bewonder sy bure in die dieretuin: Die sjimpansees wat die hele dag lawwe dinge aanvang, die bere wat so sterk is, en natuurlik die koning van die diere, die leeu. Wanneer daar skielik 'n gevaarlike skaduwee te voorskyn kom, kruip die meerkat die vinnigste weg. Het die klein vent maar geweet hoeveel hy daarvoor deur die ander diere bewonder word, sou hy van verassing bollemakiesie slaan!'n Boek vir verskuilde helde en meerkatliefhebbers.

The Circle Of Life (Hardcover): Koos Meinderts, Harrie Jekkers The Circle Of Life (Hardcover)
Koos Meinderts, Harrie Jekkers; Illustrated by Piet Grobler; Translated by Nicol Stassen
R67 Discovery Miles 670 Ships in 6 - 10 working days
Die geheim van die woud (Afrikaans, Hardcover): Beatriz Martin Vidal Die geheim van die woud (Afrikaans, Hardcover)
Beatriz Martin Vidal; Illustrated by Gustavo Martin Garzo; Translated by Nicol Stassen
R167 Discovery Miles 1 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

In Die geheim van die woud lees ’n ma vir haar kinders, Amelie en Roland, elke aand dieselfde storie. Sy vertel van die twee konyntjies, Oortjies en Tongetjie, en ’n woud waar die wolwe vriende is van die konyne en hulle nooit seermaak nie. Soos in elke woud is daar in hierdie verhaal ook ’n wolf. Sy is egter blind en bekommerd dat sy nie na haar welpies sal kan omsien wanneer hulle gebore word nie. Soos die ma die verhaal vertel, word die twee kinders as’t ware Oortjies en Tongetjie en verander die kamer in die magiese woud. Die metafoor van die herstel van die verbond tussen mens en dier word op subtiele en verbeeldingryke manier daardeur verken. Die geheim van die woud is nie ’n verhaal oor bang hasies en wrede wolwe nie, maar ’n verhaal wat vertel van moederliefde, die verbeeldingswereld van ’n kind en die herstel van die ewewig van die natuur.

Gaap (Afrikaans, Hardcover): Marco Viale Gaap (Afrikaans, Hardcover)
Marco Viale; Translated by Nicol Stassen
R167 Discovery Miles 1 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Het jy al ooit probeer om op te hou gaap? Dis onmoontlik!. Dis soos om te probeer om die reen te laat ophou val. Of soos om jou ouers te oorreed dat sjokolade jou vinniger sal laat groei as groenbone. As ’n gaap kom, moet dit nie onderdruk nie, want netnou raak jy aan die slaap!. Hierdie is ’n uitstekende boek vir ouers wat sukkel om kleintjies aan die slaap te maak! Niemand kan met hierdie boek ’n GAAP onderdruk nie!. Ever tried to stop a yawn? That’s impossible!. It’s like trying to stop the rain from falling. It’s like trying to convince your parents that chocolate will make you grow faster than soup. When a yawn arrives, don’t hold it back. Just be careful or ... you’ll fall asleep!. This book is the answer for desperate parents trying to get kids into bed early on a school night. No one can stifle this YAWN.

Die ridder Buik-op-den-Bodem (Afrikaans, Hardcover): Gilles Bachelet Die ridder Buik-op-den-Bodem (Afrikaans, Hardcover)
Gilles Bachelet; Translated by Nicol Stassen
R167 Discovery Miles 1 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Die groot dag van die genadelose veldslag het aangebreek! Maar voordat die ridder Buik-op-den-Bodem kan vertrek, moet hierdie slak blitsvinnig ’n paar dinge afhandel. Hy moet ontbyt eet, sy Facebook-blad bywerk, sy vrou en kinders vaarwel soen, ’n prinses red, ’n potjie skaak met ’n ou vriend speel … Die humor van Gilles Bachelet betower met hierdie vredeliewende fabel, wat met heerlike verwysings na die alledaagse lewe wys wat regtig belangrik is en wat eerder tot more kan wag.

Die Geheim Van Die Keel Van Die Nagtegaal (Afrikaans, Hardcover): Peter Verhelst Die Geheim Van Die Keel Van Die Nagtegaal (Afrikaans, Hardcover)
Peter Verhelst; Translated by Nicol Stassen; Illustrated by Carll Cneut
R84 Discovery Miles 840 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Die Keiser van China droom van 'n nuwe Keiserlike Tuin van Tuine. Een man kry dit reg om die Keiser se droom waar te maak en 'n asemrowende tuin te ontwerp. Maar selfs die drome van keisers skiet soms te kort. Toe die Keiser 'n nagtegaal hoor sing, weet hy dat sy tuin nie volmaak is nie. Die nagtegaal is gewillig, maar nie willoos nie. Sy musiek is uniek, maar kan nie vasgevang word nie.

Leonard (Afrikaans, Hardcover): Wolf Erlbruch Leonard (Afrikaans, Hardcover)
Wolf Erlbruch; Illustrated by Wolf Erlbruch; Translated by Nicol Stassen
R67 Discovery Miles 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Leonard hou van honde. Hy weet alles oor hulle. Hy ken al die soorte en weet of hulle spits ore of slap ore het. Wanneer Leonard se: “Dis nie ’n worshond nie!”, dan is dit ook nie een nie. Natuurlik weet Leonard ook dat hulle almal skerp tande het. En dit is ’n probleem. Maar wat sal gebeur as Leonard op ’n dag wakker word en self ’n hond is?

Een Miljoen Vlinders (Afrikaans, Hardcover): Edward Van De Vendel Een Miljoen Vlinders (Afrikaans, Hardcover)
Edward Van De Vendel; Illustrated by Carl Cneut; Translated by Nicol Stassen
R67 Discovery Miles 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Een miljoen vlinders is ’n verhaal oor grootword, weggaan, verlief word en weer huis toe kom. In die middel van die nag sien Martiens hulle vir die eerste keer: die vlinders wat om sy kop fladder. Ten minste ’n miljoen van hulle! Martiens weet nie waar die vlinders vandaan kom nie, maar sy ouers weet duidelik iets wat hy nie weet nie. "Dis tyd om te gaan," se hulle, en stuur hom die woud in. Oppad ontmoet Martiens verskeie diere, maar niemand anders sien sy vlinders nie. Die ouer diere het egter ’n vermoede waarheen die vlinders hom wil lei … en gee vir hom alles wat hy nodig het vir sy reis.

Die voeltjie wat nie kon fluit nie (Afrikaans, Hardcover): Gry Kappel Jensen Die voeltjie wat nie kon fluit nie (Afrikaans, Hardcover)
Gry Kappel Jensen; Illustrated by Sissan Richardt; Translated by Nicol Stassen
R167 Discovery Miles 1 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

In 'n woud noord van Bosrand woon 'n swerm voels soos... wel, soos hierdie geveerde diere gewoond is om te lewe. Hulle vlieg rond, bou hulle neste... en hulle almal fluit. Net die klein grys spreeutjie kan nie fluit nie. Selfs die lyster kan hom nie leer om te fluit nie. Wanneer sy boeties en sussies die nes verlaat, bly die arme klein spreeutjie agter. Wat op aarde gaan met hom gebeur? Maar op 'n koue winternag neem die klein spreeutjie die saak in sy eie vlerke. Hy gaan leer om te fluit...

Kerneels Die Geel Kat (Afrikaans, Hardcover): Gry Kappel Jensen Kerneels Die Geel Kat (Afrikaans, Hardcover)
Gry Kappel Jensen; Translated by Nicol Stassen; Illustrated by Sissan Richardt
R84 Discovery Miles 840 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Op baie maniere is Kerneels net soos ander katte. Hy hou daarvan om in die son te le en slaap. Hy hou daarvan om die rusbank met sy skerp kloue te krap (hoewel hy dit nie mag doen nie) en hy hou daarvan as Martjie hom agter sy oor krap. Kerneels spin, strek homself uit en lek sy pels net soos ander katte. Maar daar is iets van Kerneels wat anders is. Kerneels die geel kat is ’n lieflike storie oor anders wees. Kerneels word deur die ander katte geterg en hy wens hy was soos hulle. Uiteindelik leer Kerneels om homself te aanvaar presies soos wat hy is.

The Land of the Big Word Factory (Hardcover): Agnes De Lestrade The Land of the Big Word Factory (Hardcover)
Agnes De Lestrade; Illustrated by Valeria Docampo; Translated by Nicol Stassen
R167 Discovery Miles 1 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

There is a country where people almost never speak. In this strange country you have to buy words and swallow them before you can pronounce them. Little Daniel needs words to tell a girl what’s going on in his heart. But how must he do it? To say everything he wants to say to Hanli, will cost a fortune... Die land van die groot woordfabriek has appeared in several different languages, including Chinese, German, English, French, Catalan, Korean, Dutch, Slovenian and Spanish. The Dutch version won the Vlag en Wimpel from the Griffeljury in 2010.

Martie En Haar Ouma (Afrikaans, Hardcover): Tine  Mortier Martie En Haar Ouma (Afrikaans, Hardcover)
Tine Mortier; Illustrated by Kaatje Vermeire; Translated by Nicol Stassen
R67 Discovery Miles 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

’n Wondermooi prenteboek net 'n ontroerende storie oor 'n dogtertjie se besonderse verhouding met haar ouma. Martie is ’n ongeduldige, woelige kind. Alles moet sommer dadelik gebeur. Nou! Dadelik! Haar ouma is net soos sy en die twee verstaan mekaar goed. Op ’n dag word Ouma siek en sy kan haar woorde nie meer vind nie. Die grootmense behandel die siek vrou asof sy ’n kind is, maar vir Martie is sy steeds die kragtige, pragtige ouma wat net sy verstaan.

Die Ongelooflike Liefdesverhaal Van Meneer Morf (Afrikaans, Hardcover): Carll Cneut Die Ongelooflike Liefdesverhaal Van Meneer Morf (Afrikaans, Hardcover)
Carll Cneut; Translated by Nicol Stassen
R71 Discovery Miles 710 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Meneer Morf is ’n sirkushond met ’n groot hart. Elke dag dans hy op die koorde in die nok van die sirkustent en kry ’n dawerende applous.

Maar roem is nie alles nie, en Meneer Morf voel baie eensaam.

Op ’n dag verlaat hy die sirkus en gaan soek na ware liefde …

Nie eens 'n bietjie vuil nie (Afrikaans, Hardcover): Wanja Olten Nie eens 'n bietjie vuil nie (Afrikaans, Hardcover)
Wanja Olten; Illustrated by Wanja Olten; Translated by Nicol Stassen
R59 Discovery Miles 590 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Leeu kan nie skryf nie. Maar dit pla hom nie, want hy kan brul en sy tande wys. En meer het hy nie nodig nie. Maar op ’n dag kom hy ’n leeuwyfie tee. En nou? Hoe kan hy vir die wyfie se dat hy van haar hou as hy nie kan skryf nie? Hy vra die ander diere om te skryf, natuurlik. Maar is dit werklik so ’n goeie idee?

Voordat Daar Skole Was (Afrikaans, Hardcover): Vincent Malone Voordat Daar Skole Was (Afrikaans, Hardcover)
Vincent Malone; Illustrated by Andre Bouchard; Translated by Nicol Stassen
R167 Discovery Miles 1 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Het jy al ooit gewonder hoe die wereld was voordat daar skole bestaan het? Wat het mense van hulle wereld geleer? Het hulle gese dat die engeltjies piepie as dit reen? Het hulle geweet van mense soos Napoleon en Paul Kruger? Was kinders regtig veilig teen 'n onvoorbereide toets?'n Skreeusnaakse boek vir kinders wat verwag dat dinge beter moes wees voordat daar skole was. Die skrywer neem die leser terug na prehistoriese tye waar wiskunde, geskiedenis, musiek en fisika nie regtig saakgemaak het nie. Terselfdertyd herinner dit die leser op humoristiese wyse waarom kinders skool toe moet gaan. Met groot illustrasies, waterverf met bruin potlood en gepaste raak sinne en uitdrukkings wat die illustrasies telkens aanvul en ironiseer.

Oupa Se Engel (Afrikaans, Paperback): Jutta Bauer Oupa Se Engel (Afrikaans, Paperback)
Jutta Bauer; Translated by Nicol Stassen
R59 Discovery Miles 590 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Oupa vertel graag stories wanneer ek vir hom kom kuier. Oupa vertel van die oorlog, van die hongersnood en van die los werkies wat hy moes doen. Hy vertel hoe hy verlief geraak het en toe pa en oupa geword het. Hy vertel van die engelestandbeeld waarby hy as kind elke dag verbygehardloop het skool toe. Maar is dit die engel wat deur al die jare ’n wakende hand oor Oupa gehou het? Moet wees.

Die Vallei Van Die Windmeulens (Afrikaans, Hardcover): Noelia Blanco Die Vallei Van Die Windmeulens (Afrikaans, Hardcover)
Noelia Blanco; Illustrated by Valeria Docampo; Translated by Nicol Stassen
R160 R146 Discovery Miles 1 460 Save R14 (9%) View more sellers Ships in 6 - 10 working days

In die Vallei van die Windmeulens het die mans, vroue en kinders soos al die ander mans, vroue en kinders in die wereld geleef. Tot die dag wat die volmaakte masjiene opgedaag het. Danksy die volmaakte masjiene was alles van daardie dag af volmaak. Dit was slegs nodig om ’n knoppie te druk om in ’n volmaakte wereld te leef. Dit was van daardie dag af dat almal ophou droom het. Maar het almal ophou droom?

Toe Pappa Klein Was, Was Daar Dinosourusse (Afrikaans, Hardcover): Vincent Malone Toe Pappa Klein Was, Was Daar Dinosourusse (Afrikaans, Hardcover)
Vincent Malone; Illustrated by Andre Bouchard; Translated by Nicol Stassen
R167 Discovery Miles 1 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Het jy al ooit gewonder hoe die wereld gelyk het toe jou pa klein was? Was daar al dinge soos skole, kantore, yskaste en TV’s? Hoe het mense vir mekaar sonder e-pos boodskappe gestuur? Het hulle regtig doodgegaan van iets soos verkoue omdat daar nog nie medisyne was nie? Die skrywer neem die leser terug na prehistoriese tye waar die wereld baie meer primitief en gevaarlik was. Groot illustrasies in waterverf en bruin potlood word telkens met 'n gepaste skreeusnaakse kort sin vergesel.'n Skreeusnaakse boek vir kinders wat vermoed dat hulle pa’s uit 'n ander wereld kom.

Die storie van die leeu wat nie kon skryf nie (Afrikaans, Hardcover): Martin Baltscheit Die storie van die leeu wat nie kon skryf nie (Afrikaans, Hardcover)
Martin Baltscheit; Illustrated by Martin Baltscheit; Translated by Nicol Stassen
R59 Discovery Miles 590 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

'n Mens behoort tog net hande te was wanneer hulle regtig vuil is. En dit is maar selde! So glo die jonge dame, totdat haar ma vir haar vertel van die kieme op 'n mens se hande ... O, gonna! Kieme! Kyk, g'n natuurlike kind hou van hande was nie, maar kieme! Jig! Sies! Mammas sal baie bly wees as hulle kinders ook so oor kieme kan dink.

'n Baie Verliefde Klein Krokodilletjie (Afrikaans, Hardcover): Daniela Kulot 'n Baie Verliefde Klein Krokodilletjie (Afrikaans, Hardcover)
Daniela Kulot; Translated by Nicol Stassen; Illustrated by Daniela Kulot
R167 Discovery Miles 1 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Dit is duidelik: Krokodil is verlief. Maar, soos dit gewoonlik maar gaan as iemand verlief is, is daar 'n klein probleempie … Die kameelperd op wie hy verlief is, is so veel langer as hy! Krokodil loop al dae lank rusteloos rond. Soms kry hy te koud, soms kry hy te warm, soms is hy bitter hartseer, soms is hy so gelukkig dat hy die hele wereld wil omhels.

Neuskrap is Lekker (Afrikaans, Hardcover): Daniela Kulot Neuskrap is Lekker (Afrikaans, Hardcover)
Daniela Kulot; Translated by Nicol Stassen; Illustrated by Daniela Kulot
R167 Discovery Miles 1 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Neuskrap is lekker', se Olifant. En Muis stem saam. Net Padda mag nie neuskrap nie. Hoekom nie? Dit is 'n prenteboek vir slim kinders hierdie. Daniela Kulot is in 1966 in Beiere gebore en stel al sedert kindsbeen belang in die skep van kinderboekillustrasies. Haar deurbraak het in 1996 gekom met Neuskrap is lekker, wat sedertdien in verskeie tale verskyn het. Die onderwerp het groot opspraak by verskeie uitgewers gewek, maar dit het mettertyd duidelik geword dat dit sekere taboes uit die weg geruim het. Maar Daniela is nie altyd provokerend nie. Die meeste van haar kinderboeke handel oor die dag-tot-dag-probleme wat kinders (en volwassenes) ervaar.

Ek Sou Graag 'n Kind Wil Opvreet (Afrikaans, Hardcover): Sylviane Donnio Ek Sou Graag 'n Kind Wil Opvreet (Afrikaans, Hardcover)
Sylviane Donnio; Translated by Nicol Stassen; Illustrated by 'Dorothee de Monfreid
R167 Discovery Miles 1 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Een oggend wil Kareltjie niks eet nie. Mamma Krokodil is bekommerd en vra: “Is jy seker? Wil jy nie een van hierdie heerlike, sagte piesangs he nie?” “Nee dankie, Mamma,” antwoord Kareltjie. “Vandag wil ek liewer ’n kind opvreet.” “Wat ’n gedagte, Kareltjie!” roep sy ma uit. “Daar groei nie kinders aan piesangbome nie, net piesangs!” Tot nou toe het Mamma Krokodil elke oggend vir Kareltjie lekker piesangs gebring vir ontbyt. En elke oggend se sy verbaas: “My seun, kyk hoe groot word jy, en mooi! Kyk net daardie tande!”

Andries Anders - N Reis Met Die Wind (Afrikaans, Hardcover): Miriam Koch Andries Anders - N Reis Met Die Wind (Afrikaans, Hardcover)
Miriam Koch; Edited by Rentia Bartlett-Mohl; Illustrated by Miriam Koch; Translated by Nicol Stassen
R162 Discovery Miles 1 620 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Andries Anders vertel die verhaal van 'n droomverlore skaap wat graag reis. Hy het in die noorde aan die kus langs 'n gestreepte rooi vuurtoring sy plek tussen 'n trop skape gevind. Wanneer die wind egter stories oor die see aanwaai en van verre plekke vertel, ontwaak sy avontuurlus. En dan onderneem Andries en sy maat, die meeu, 'n wonderbaarlike reis na die fassinerendste plekke op aarde. Hulle troue begeleier is die wind, saam met wie hulle ten einde weer daar land waar dit tog die mooiste is: tuis! 'n Poetiese boek met subtiele illustrasies, vir almal wat hulle tuistes liefhet, maar ook van ver plekke hou. Hierdie is die tweede boek van die skaap Andries Anders wat Protea Boekhuis vertaal en publiseer.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Video Workbook with the Math Coach for…
Jamie Blair, John Tobey, … Paperback R1,469 Discovery Miles 14 690
Living in Balance - A simple guide to…
Christina Stern Hardcover R605 Discovery Miles 6 050
Geometry, Algebra, Number Theory, and…
Amir Akbary, Sanoli Gun Hardcover R4,104 Discovery Miles 41 040
You Can't Give What You Don't Have…
Greg Hiebert Hardcover R720 Discovery Miles 7 200
Candide
Voltaire Hardcover R518 Discovery Miles 5 180
Society, Health And Disease In South…
Leah Gilbert, Liz Walker, … Paperback R650 R580 Discovery Miles 5 800
Systems Evolutionary Biology…
Bor-Sen Chen Paperback R3,167 R2,968 Discovery Miles 29 680
Lore Of Nutrition - Challenging…
Tim Noakes, Marika Sboros Paperback  (4)
R350 R323 Discovery Miles 3 230
The Wisdom Literature & Psalms
James E. Smith Hardcover R1,310 R1,113 Discovery Miles 11 130
Legends & Lore of Western Pennsylvania
Thomas White Paperback R523 R482 Discovery Miles 4 820

 

Partners