0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (6)
  • R50 - R100 (19)
  • R100 - R250 (219)
  • R250 - R500 (517)
  • R500+ (18)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction

Robyn se Ongetemde Man (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Robyn se Ongetemde Man (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Robyn het alles wat ’n meisie kan begeer. As sy net verlief was op die man waarmee almal verwag sy gaan trou. Eers toe Connor in haar lewe verskyn, weet sy wat sy misgeloop het.

Alles wat ’n meisie maar kan begeer, dit het Robyn. Skoonheid, kreatiwiteit, geld en ’n gesogte beroep. Boonop kan sy binnekort die vrou wees van ’n man wat self skatryk is en met die huwelik sal haar gesin se sakebelange verder bevorder word. Dis nou te se as hulle kan ooreenkom oor ’n troudatum, iets waartoe sy haar tot dusver nog nie kon bring nie omdat sy heimlik nie seker is of sy op hom verlief is nie. In hierdie kritieke stadium verskyn Connor asof uit die niet in haar kantoordeur. Hy wil he sy moet ’n ontmoeting met haar pa vir hom reel. Eers toe Robyn nie daarin slaag nie, besef sy haar pa het al die jare ’n geheim in hom omgedra, iets wat reelreg bots met die etiek wat hy Robyn en haar susters ingeprent het.

Die gevoelens wat Robyn vir Connor begin ontwikkel het, is gewoon ’n onmoontlikheid want hy blyk haar pa se aartsvyand te wees en sy wil ook nie haar pa geruineer sien nie. Toe gebeur die ondenkbare en haar lewe verander in ’n oogwink in die soort bestaan wat sy haar nooit eens sou kon voorstel nie. Nie dat sy ongelukkig is nie, maar so ...?

Die Duisend En Eerste Nag (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Die Duisend En Eerste Nag (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R141 Discovery Miles 1 410 Ships in 4 - 6 working days

1001 nagte, 1001 wonders, 1001 gevare.

Wanneer Herman Swart se tweelingsuster Herma onverwags sterf, val ’n deel van hom weg. Hy raak toenemend eensaam en onttrek in ’n węreld van ou films. Hy sien haar in sy eie spieëlbeeld en hoor haar op ongeleë tye. ’n Bykomende traumatiese ervaring versplinter sy węreld finaal en Herman verval in ’n diep koma. Hy bevind homself binne-in ’n avontuur, ’n nagmerrie, ’n węreld waarin droom, fantasie, film, vervolgverhale, musiek en die gotiese ineenvleg. In hierdie vreemde, magiese realisme beweeg hy tussen plekke, ontmoet verskeie karakters en word weggelok deur die prinses, ’n meisie wat baie aan Herma herinner.

François Bloemhof het al plaaslik en węreldwyd vir talle literęre eerstes gesorg, maar met hierdie unieke lees-luister-en-kyk-ervaring oortref hy homself. Die duisend en eerste nag het geen geduld met ou, veilige storiegrense nie.

Die Vrou Met Nege Lewens (Afrikaans, Paperback): Debbie Loots Die Vrou Met Nege Lewens (Afrikaans, Paperback)
Debbie Loots
R320 R239 Discovery Miles 2 390 Save R81 (25%) Pre-order

Op die drempel van sestig, met haar jongste kind op pad uit die huis, sukkel die hoofkarakter van Die vrou met nege lewens om rus in haarself te kry. Die enigste konstante blyk haar sorg van katte te wees, wat soos ’n draad deur haar lewe loop.

Onvergenoeg met die een na die ander blyplek, haar werk, die mense naaste aan haar, en veral haarself, gaan sy op ’n soektog na betekenis en ’n doel in haar lewe. Dit lei tot lang meditasies, swem in die see, joga, psigoanalise, en sy pak selfs meer as een psigedeliese
reis aan, met verreikende gevolge.

En dan word haar soeke deur ’n gesondheidskok op die spits gedryf . . .

Die eilandbruid se sluier (Afrikaans, Paperback): Elize Parker Die eilandbruid se sluier (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker
R300 R239 Discovery Miles 2 390 Save R61 (20%) Pre-order

Chrisanne Alberts het haar hele lewe gewerk om die bitterheid van die verlede en verwerping agter haar te los. As ’n grootwithaainavorser is sy gewoond aan die węreld van wetenskap, maar sy dra swaar aan die verlies van haar ouers, haar broer, en die skuld wat daarmee saamgaan.

Nadat sy as voog van haar broerskind aangestel is, bevind sy haar op ’n nuwe lewenspad wat haar terugneem na die afgeleë dorp, Albatroshoek.

Hiér het sy en haar kleintydvriendinne, Reinet en Essie, saam grootgeword en trauma beleef. Wanneer ’n moordwalvis sy weg na Albatroshoek vind, bring hy verandering saam, en alles wat Chrisanne geglo het oor die balans van die see en haar eie lewe, word op die proef gestel.

Die kluisenaar van Atlaseiland, Ben Benade, lei haar op ’n reis van onthullings, en saam baklei hulle teen die uitbuiting van seebronne. Maar Chrisanne moet al hoe meer gewigtige keuses maak ... Wat gebeur met ’n vrou wat nie net haar mense verloor het nie, maar ook haar plek in die węreld, en haar eie geloof betwyfel?

Soos ’n sluier wat stadig gelig word, ontsluit haar verhouding met die eilandkluisenaar al hoe meer van haarself. Saam soek sy en haar vriendinne oplossings vir hul kleintydtrauma terwyl die geheime van die dorp ontrafel.

En die vraag bly: Is jy die som van jou verlede en jou pyn, of is jy wie God sę jy is? Geroep, gesalf, geliefd.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Cloud of Unknowing - A Book Of…
Evelyn Underhill Hardcover R534 Discovery Miles 5 340
An Introduction to the Technique of…
Domenico Cantone, Pietro Ursino Hardcover R1,402 Discovery Miles 14 020
Canon and Criterion in Christian…
William J. Abraham Hardcover R9,391 Discovery Miles 93 910
How To Start Your Own Shoe Company
Wade Motawi Hardcover R1,130 Discovery Miles 11 300
Constraints Meet Concurrency
Jacopo Mauro Hardcover R2,299 R1,804 Discovery Miles 18 040
Handbook of Artificial Intelligence…
Adel Mellit, Soteris Kalogirou Paperback R3,277 Discovery Miles 32 770
From Qubits to the Unified Superstandard…
Stephen Blaha Hardcover R1,142 Discovery Miles 11 420
Application of Geometric Algebra to…
Andrew Seagar Hardcover R3,298 Discovery Miles 32 980
Fuzzy Systems - Concepts, Methodologies…
Management Association Information Reso Management Association Hardcover R9,437 Discovery Miles 94 370
Modern Software Tools for Scientific…
A. Bruaset, E. Arge, … Hardcover R2,862 Discovery Miles 28 620

 

Partners