0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (54)
  • R100 - R250 (203)
  • R250 - R500 (544)
  • R500+ (21)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction

Soos In Stories (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Soos In Stories (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R154 Discovery Miles 1 540 Ships in 2 - 4 working days

Wie weet in watter gewaad storieboekliefde sy verskyning gaan maak?

Om bibliotekaresse te wees op ’n dorpie soos Trompieshoogte is vir Marijke die maklikste manier om te verseker dat haar lewe teen ’n slakkepas nêrens heen sal gaan nie. Wat nog gepraat van haar liefdeslewe. Maar dan gewaar sy ’n nuwe gesig op die dorp, al is daai gesig nou wel ongeskeer, die hare te lank, en die klere taamlik verslons.

Maar wat maak die skatryk entrepreneur Jean-Pierre Immelman in hierdie verlate uithoek, en hoekom lyk hy so afgerem? Dalk meer belangrik, wat is hierdie hartkloppings wat Marijke naby hom ervaar, en wat is die ooreenkoms wat hy met haar wil tref voor hy terugkeer na sy eie glansryke wêreld toe?

Lodene (Afrikaans, Paperback): June Botha Lodene (Afrikaans, Paperback)
June Botha
R210 R190 Discovery Miles 1 900 Save R20 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Wie sal ooit verstaan wat in die gemoed van ‘n moeder heers as sy haar baba onder dwang aborteer. Nog meer, wie sal ooit die gevoel van die baba verstaan as sy na vyf-en-dertig jaar ontdek dat sy drie pogings tot aborsie oorleef het. En dan die finale vraag: wié is nou werklik die Skikker van Lewe en Dood?

“Vertel dit soos wat dit was, Mamma!” het Lodene se dringende stem by my gesmeek en ek was opnuut vasgevang in die gebeurtenisse van vyf-en-dertig jaar gelede. “Die waarheid sal jou vrymaak,” word daar gespreek. “Doen dit?” het ek myself afgevra terwyl ek deur elke woord in die verhaal geworstel het. Die storie is ‘n eg boeiende spanningsverhaal uit die pen van ‘n mamma wat haar baba se lewe uit die hand van God gesmeek het. Dit sal die leser meesleur met emosies van liefde, teleurstelling, pyn, en haat. Dié ware verhaal het plaasgevind in 1983, toe aborsies onwettig was.

Lonika, ‘n jong vrou, het haar hart verloor op dié van ‘n gesiene sakeman, Wilhelm.“Verlief en verlore,” sou Stephan skouerophalend, met ‘n strak gesig sê, terwyl hy hulpeloos toesien hoedat sy broer, Wilhelm, oornag verander in ‘n ongenaakbare, gevoellose, eggenoot wat die lewe van sy ongebore baba op agterbakse wyses probeer beëindig het. Lonika se lewe word ‘n marteling tussen leuens en hartelose brutaliteit. Sy vlug na veiligheid. Genoeg is genoeg! ‘n Lewe word geneem, ‘n Lewe word gegee - maar teen ‘n prys. Weereens moes Lonika op die dorsvloer van naakbare onderhandelinge staan.

Soeter As Kondensmelk (Afrikaans, Paperback): Lizelle von Wielligh Soeter As Kondensmelk (Afrikaans, Paperback)
Lizelle von Wielligh
R154 Discovery Miles 1 540 Ships in 2 - 4 working days

Vergeet en vergewe Leane kan haar dalk nog met twee jaar se geheueverlies versoen, maar nie om aan die mooie boer Rudolf met sy kakieklere verloof te wees nie! Hy is allesbehalwe haar droomman en boonop trou hulle oor ses dae. Toe hy haar uitkomkans gee, wys sy dit egter van die hand. Is dit haar gewete of sy donker oë wat haar weerstand afbreek en terselfdertyd noop om voort te gaan met die troue? Om liggaam en siel aan hom te gee, is egter nie so eenvoudig nie. Daarby verskyn sy beste vriendin op die toneel - haar huwelik feitlik op die rotse en haar man galbitter omdat sy die grond aanbid waarop Rudolf loop. ʼn Belangrike tema in die verhaal is die impak van alkoholmisbruik op familielede en die krag van rehabilitasie.

Liefde Van Haar Lewe (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Liefde Van Haar Lewe (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R154 Discovery Miles 1 540 Ships in 2 - 4 working days

Moet sy vir hom veg of moet sy vlug? Esti de Beer se nuwe buurman is steeds onmoontlik aantreklik, maar Omar is nie meer die verliefde tienerseun van destyds wat in die vervalle huis langs hare woon nie. Hy is nou 'n kosmopolitaanse prokureur wat nie uit haar sake kan bly nie. Omar met sy ongevraagde besorgdheid herinner haar aan ʼn tyd toe sy werklik gelukkig was, maar ook aan ʼn aand wat sy eerder wil vergeet. Omar de Vries onthou vir Esti goed … Inteendeel, hy kon nie die snobistiese buurmeisie wat hom om haar pinkie gedraai het uit sy gedagtes kry nie. Die noodlot het haar terug gebring na Jagersville, maar hoe gaan hy haar dié keer laat bly?

Romanza Nostalgie: Didi Potgieter (Afrikaans, Paperback): Didi Potgieter Romanza Nostalgie: Didi Potgieter (Afrikaans, Paperback)
Didi Potgieter
R202 Discovery Miles 2 020 Ships in 2 - 4 working days

Leer my liefhê Toe Diaan uiteindelik haar studieleier ontmoet, is hy allesbehalwe 'n verstokte ou man, hoe onverbiddelik hy ook al is. En hy weet van iets uit haar verlede wat haar drome oor hom fataal maak. Hoe om 'n hart te wen Janke was van altyd af verlief op haar grootwordmaatjie, Louw. Maar nou is Louw verloof en hy trou binnekort. Janke en Henry gaan voorgee dat hulle 'n paartjie is om Louw jaloers te maak en sy oë oop te maak, maar hulle hou nie rekening met Kupido se streke nie. Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.

Waar Onthou Begin (Afrikaans, Paperback): Connie Luyt Waar Onthou Begin (Afrikaans, Paperback)
Connie Luyt
R300 R270 Discovery Miles 2 700 Save R30 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Toe Elfrieda ná ʼn lang koma uiteindelik haar oë oopmaak, is haar kop leeg. Sy is in ’n Durbanse hospitaal nadat sy voor ’n motor ingehardloop het en die angs pak haar wanneer sy besef sy kan níks van haar verlede onthou nie.

’n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar omsien, bring ’n flits herinnering: Voor haar sien sy ’n vaalgroen boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary. Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van haar geheue aanmekaar sit.

Maar soos haar grootwordjare voor haar begin oopspoel, bring die onthou ook hartseer: soos die herlewing van die tragedie van haar pa se ongeluk tydens ʼn vakansie by die see en haar ma se kille verwyt en woede daarna.

Terwyl Elfrieda ’n pad stap – verby die verskrikking van vergeet en die ontsetting van onthou – neem die verhaal van Mary Livingstone vorm aan: van haar grootwordjare op Kuruman in die Noord-Kaap, tot kinders grootmaak in die wildernis van Betsjoeanaland. En deur dit als: David se oorrompelende reisdrif wat hom ’n koers laat inslaan het na ’n plek waarheen sy gesin hom eindelik nie kon volg nie.

Die Antie Met Die Pienk Rok En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Jan Spies Die Antie Met Die Pienk Rok En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Jan Spies
R316 Discovery Miles 3 160 Ships in 2 - 4 working days

Daar is min mense wat ’n storie soos Jan Spies kan vertel. Die antie met die pienk rok en ander stories is ’n keur uit sy humoristiese vertellings in Pilatus tot molshoop, Poort deur die koue, Profeet met kondensmelk en Pille vir servette.

En hierdie nuwe keur word van Woensdag 17 Junie 2020 op weeksoggende om 10:45 op RSG voorgelees. Die akteur-skrywer Lochner de Kock skuif agter die mikrofoon in om hierdie “Spieserye” nuwe lewe te gee. RSG se dramahoof, Kobus Burger, is die regisseur.

Liefde Vir 'n Liefling (Afrikaans, Paperback): Didi Potgieter Liefde Vir 'n Liefling (Afrikaans, Paperback)
Didi Potgieter
R218 Discovery Miles 2 180 Ships in 2 - 4 working days

Vir die wêreld is Tilla Jonker die Parkers se liefling. Vir Sean Thomas is sy net die handtekening op ñ tjek – ʼn rykmansdogter met te veel geld. Totdat Sean vir Tilla leer ken ...

Ou Liefde Nuwe Liefde (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Ou Liefde Nuwe Liefde (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R328 Discovery Miles 3 280 Ships in 2 - 4 working days

Kristin verloor haar werk én haar kêrel maar sy besluit om haar eie besigheid te stig en kommandeer haar buurman - Ryno - as vennoot. Sy besef egter dat haar broederlike gevoelens vir hom drasties verander het: Van vennoot na sielsgenoot!

In 'n Land Sonder Voëls (Afrikaans, Paperback): Harry Kalmer In 'n Land Sonder Voëls (Afrikaans, Paperback)
Harry Kalmer
R376 Discovery Miles 3 760 Ships in 2 - 4 working days

Dit was die vyftiende jaar van ekonokrasie. Vyftien jaar nadat ons ons demokrasie vir die Korporasie verruil het. Die politiek is geprivatiseer. Nes ons polisiediens en hospitale, dekades vroeër. Danksy tegnologie, die stygende reënval, die veranderende klimaat, kon die land aan derduisende yskoue, dankbare Amerikaners en Kanadese blyplek bied. Vir beide die aankomelinge én die gevestigde inwoners het voorspoed en ’n beter lewe aangebreek.

So het ons geglo, of so is aan ons vertel. Maar nou leer ek ’n nuwe taal. Die taal van onthou. En dit maak my gevaarlik.

Wanneer ’n mediese dokter die aandag van die Sentinels trek, moet hy deur ’n verwoeste landskap vlug. In ’n wêreld waar ’n skynson lig verskaf, raak hy ’n pion in ’n komplot waarvan hy onbewus is. Selfs die verdwyning van sy kind tydens die chaos en die kosopstande voor die Wending kon hom nie hierop voorberei nie.

In ’n land sonder voëls is ’n verdoemende ondersoek na die impak van ’n totalitêre bestel en een man se besinning oor sterflikheid en dít wat ons mense maak.

Donatello & Volksie (Afrikaans, Paperback): Erskine. Marion Erskine. Marion Donatello & Volksie (Afrikaans, Paperback)
Erskine. Marion Erskine. Marion
R370 Discovery Miles 3 700 Ships in 2 - 4 working days

Dis die goeie ou dae van chat rooms en Internet Explorer; emoji’s met leestekens; waar jy moet verduidelik wat afkortings soos LOL beteken; en Joost en Amor is Suid-Afrika se “it couple”.

Zoë Zietsman sit op Oukersaand stoksielalleen voor haar rekenaar – sonder selfs ’n hond om mee te cuddle. En cuddle is volgens Zoë ’n basic human right. Vanaand is die aand, besluit sy terwyl sy as “Volksie” op die Matchmatewebwerf inteken.

Só ontmoet sy vir “Donatello”, ’n advokaat wat sy klerekas colour code en net suiwer Afrikaans praat. Zoë, daarenteen, meng haar tale, sy ry nog met haar Vespa en gee jogaklasse vir swanger vroue.

Wat het ’n konserwatiewe metro-man en ’n alternatiewe maltrap soos Zoë gemeen? Met twee goeie feë in die gedaante van ’n gay boesembuddie en ’n huishulp wat nie met haar laat sukkel nie, kan Mars en Venus dalk tog bymekaarkom.

Maar kan mens regtig jou instink vertrou oor skerms, sleutelborde en digitale kabels?

Skakerings van Geluk (Afrikaans, Paperback): Madelie Huma Skakerings van Geluk (Afrikaans, Paperback)
Madelie Huma
R328 Discovery Miles 3 280 Ships in 2 - 4 working days

Haar geluk bestaan uit verskillende skakerings ...

Lea Richter is vasgevang in 'n situasie waaruit sy nie kan kom nie. Haar ma is aan 'n rolstoel vasgekluister, erg depressief en afhanklik van haar. Lea se onblusbare gees hou haar egter staande: met haar kragtige motorfiets gaan sy op lang ritte en saans skryf sy romanses onder 'n skuilnaam om haar balans te probeer hou. Om den brode is sy die prim en proper bibliotekaris van Fynbos. Stef Brits, 'n motorfietsrenjaer en -handelaar, stap met sy groot stewels in haar biblioteek in en kom gooi haar saai bestaan geheel en al skoon omver. Hy is aantreklik en opwindend - die verpersoonliking van die helde wat Lea vir haar romanses skep. Stef het lankal besluit dat hy nooit wil trou nie, maar Lea doen iets aan hom wat hom erg omkrap. Hy is 'n filofobiak, bang vir die liefde, maar het nooit met ware liefde rekening gehou nie.

Die hekelgroep van Skakerings besef dat hulle hul plig teenoor Lea en haar ma versuim het en beraam planne om die twee verliefdes te hulp te snel. Lea se ma onthul egter wat die oorsaak van haar psigosomatiese verlamming is en plaas 'n splinternuwe hindernis op die paartjie se pad na geluk. Kan hulle ook dit oorkom?

Skakerings van geluk is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks. Dit is die derde boek in die Skakerings-reeks, en is voorafgegaan deur Skakerings van hoop en Skakerings van liefde.

'n Spook in die Huis - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Francois Loots 'n Spook in die Huis - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Francois Loots
R352 Discovery Miles 3 520 Ships in 2 - 4 working days

Die spook in sy huis kry alleenloper Paul nie verdryf nie, al probeer hy hoe hard om met ingewikkelde resepte sy dae om te bak. Sy lewe verander onomkeerbaar wanneer hy by ’n moord ingesleep word. Nou is sy lewe ook ’n koerantopskrif, nes dié wat hy elke nag bekook vir die Shrien Dewanisaak by die nuuskantoor waar hy werk.

Die skaduwêreld van sado-masochisme kom tydens die Dewaniondersoek aan die lig: ’n wêreld goed bekend aan Div. Fisieke pyn is hoe hy vergeet van sy afgetakelde pa en sy junkie-broer. Wanneer die gedaante van die vermoorde Anni Dewani lewensgroot aan Div verskyn, besef hy dat dít wat by hom spook nie slegs metafories is nie.

Wat jaag ons, en wat maak ons vry? In ’n Spook in die huis, François Loots se sewende roman, word die kompleksiteite rondom ontvlugting en verlossing op boeiende en verrassende wyse verken.

Sara (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Sara (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens
R322 Discovery Miles 3 220 Ships in 2 - 4 working days

Hoe praat die Onsigbare, Abram?” “Onontwykbaar.” In dié roman word Abraham van die Bybel deur sy vrou Sara se oë gesien. Die Bybelse narratief word aangevul deur deeglik nagevorste materiaal uit ander bronne. Die leser word meegesleur na die Middel-Bronstydperk, na die mense van die sondvloed, na Abraham se stanings en huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en die lewe van sy vrou Sara. En gekonfronteer met die Wese en die werklikheid van God.

Onweerstaanbare Passie (Afrikaans, Paperback): Marijke Greeff Onweerstaanbare Passie (Afrikaans, Paperback)
Marijke Greeff
R310 Discovery Miles 3 100 Ships in 2 - 4 working days

Nog 'n Marijke Greeff-omnibus ...

Onweerstaanbare passie is 'n samestelling van drie van Marijke Greeff se vorige Romanzas, 'n Ongewone meisie, Soleil en die sakeman en Formuleliefde. Die leser kan onweerstaanbare helde, sterk heldinne, interessante kinkels in die storielyne en vurige liefdestonele verwag!

'n Ongewone meisie:

Alhoewel hy Juli se teenwoordigheid verpes, begeer hy haar ook. Toe Juli Baxter se biologiese pa haar as lyfwag vir Zack huur, beskou sy dit as bloot 'n opdrag. Sy kom egter gou agter sy het haar lelik misgis …Wie haat Zack genoeg om hom te wil vermoor? En wat is die betekenis van die wit angeliere wat telkens voor 'n aanslag op sy lewe by Zack afgelewer word? Juli oortree elke reël van professionaliteit wanneer sy voor sy sjarme swig. Die spanning - ook tussen Zack en Juli - bereik 'n hoogtepunt toe Zack die moordenaar uitlok, maar byna self in sy eie strik trap …

Soleil en die sakeman:

Soleil het van kleins af 'n heldeverering vir Jason gekoester, sedert haar ma as huishoudster in sy pa se diens getree het. Sy is skaars agtien toe sy die passie in hulle verhouding ontdek. Kort daarna verdwyn Jason - waarheen, weet nugter alleen. Nou, twaalf jaar later, het sy haar mediese studie voltooi en Jason is terug. En Soleil kan nie eens teenoor haarself erken met hoeveel drif sy hierdie man liefhet nie. Maar 'n ander kant van Jason word ook nou duidelik: dié van 'n berekende sakeman. Van haar droom om 'n kliniek te heropen vir minderbevoorregtes, wil hy niks weet nie. Is sy aandrang op 'n skynverlowing ook deel van sy sakemansvernuf?

Formuleliefde:

Jarod Hunter speel nie met sy mededingers én vyande nie. Hy word nie verniet Die Jagter genoem nie. Dié formule-een-wêreldkampioen verpes die media, en Catherine is juis 'n joernalis - met die opdrag om sy verlede oop te krap en sappige brokkies aan haar lesers op te dis. Jarod weet nie sy is 'n verslaggewer nie en laat haar onder valse voorwendsels naby hom toe. Ná sy vrou se geheimsinnige motorongeluk steur hy hom nie aan vroue nie, maar Cat kan hy nie weerstaan nie. Totdat hy agterkom dat sy 'n lid van die media is en sy intiemste besonderhede op haar koerant se voorblad lees …

Dans Met My (Afrikaans, Paperback): Cynthia Robertson Dans Met My (Afrikaans, Paperback)
Cynthia Robertson
R310 Discovery Miles 3 100 Ships in 2 - 4 working days

Liefde kom nie altyd in die pakkie wat jy bestel het nie

Miranda, ’n skrywer, se adrenalien-verslaafde verloofde Lukas sterf net voor hul troue in ’n motorfietsongeluk. Sy ontmoet Lukas se ewebeeld, ’n wildvanger en wildplaaseienaar, Markus op die Kaapstadse lughawe net ná albei uitgevind het dat hul maats ontrou was.

Later ontmoet hulle weer in die Kruger Wildltuin, en die vonk tussen hulle is ooglopend, maar beide is so bang vir seerkry dat hulle nie sien wat reg voor hulle is nie. Liefde kom nie altyd in die pakkie wat jy bestel het nie, en hul paadjies skei. Albei moet deur hul eie vrese werk om te besef dat dit erger is om sonder daardie persoon te wees as om jou vrese in die oë te kyk.

Welmenende familielede, asook Markus se geliefde hond, Max veroorsaak interessante kinkels in die verhaal.

Keira - 'n Storie van Oorbegin (Afrikaans, Paperback): Corne Welman Keira - 'n Storie van Oorbegin (Afrikaans, Paperback)
Corne Welman
R539 Discovery Miles 5 390 Ships in 10 - 15 working days

Keira en die mense van Walkers Village leer ons dat elke mens 'n kans het om oor te begin. Dat elke mens die reg het om oor te begin.

Vir die inwoners van Walkers Village is Keira se manier van dinge doen aanvanklik baie vreemd en ongehoord. Maar Keira verstaan dat regte mense regte probleme het. En ook dat regte mense soms so 'n bietjie hulp nodig het om die regte probleme op te los. Al klink dit aanvanklik vreemd en ongehoord. Saam met Keira leer ons om te verstaan dat die lewe nie altyd regverdig is nie. Dat goeie mense se paaie soms met donker siele se paaie kruis. Dat ons nie altyd kan kies wie ons pad kruis nie, maar dat ons wel kan kies hoe ons daai pad van ons stap.

Want hoe jy jou pad stap, is wat saak maak. Nie hoe jy jou storie vertel nie.

Man Sonder Weerga (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Man Sonder Weerga (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R310 Discovery Miles 3 100 Ships in 2 - 4 working days

Bets Smith is een van Afrikaans se gevestigde skrywers. Behalwe vir romanses, skryf sy ook spanningsverhale.

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Bets se vorige Romanzas, Die towerformule, Liefste Valentyn en Engel sonder vlerke.

Die towerformule:
Esti se nuwe huisbaas op die Noord-Kaapse dorpie verwar haar. Is Bernhard Ehmke die beer, wat hom oor vroue ontferm, of die wolf, wat harte verorber? Maar beer of wolf, dié dokter sal haar nie ook meesleur nie.

Liefste Valentyn:
Elvira vermoed lankal Marius gebruik haar. Die hospitaalgange dreun oor hom en die baas se dogter. Reuel, die nuwe chirurg, wil Marius jaloers maak, en Elvira wonder – is sy verpletter? Of dalk verlig?

Engel sonder vlerke:
Minette se laaste studiejaar ontaard in ’n nagmerrie toe sy self moet sorg vir elke sent wat sy benodig. Sy waardeer beslis nie die enigmatiese dokter Hugo Storm se ongevraagde inmenging in haar lewe – of haar hart – nie.

Doodsake op Karibib (Afrikaans, Paperback): Isa Konrad Doodsake op Karibib (Afrikaans, Paperback)
Isa Konrad
R388 Discovery Miles 3 880 Ships in 2 - 4 working days

Inspekteur Conrad Dorfling is terug!

Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling, weer krap waar daar ’n lyk is.

Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee goed, nee drie:

- Die lyk is oud. Dit gaan moeite kos om uit te vind wat aangaan.

- Alet Gouws is terug in Karibib. Hoekom weet hy nie, maar hy is nie seker dat dit goeie nuus is nie.

- Die hele polisiestasie weet skynbaar van sy en Alet se afskeidsoen …

Conrad weet nie wie se lyk dit is nie, maar hy is dankbaar dat dit ’n geraamte is, ’n doodloopsaak dus. Hy kan nie twee moorde in twee weke onder sy neus laat gebeur nie.

En boonop krap Alet se teenwoordigheid hom om. Hy het regtig gedink daardie soen was vaarwel. Sy is ’n mooi vrou en Con se vorige huwelik het rampspoedige gevolge gehad ...

Alet het per ongeluk ’n getuie in sy vorige moordsaak geword. Namibië is nie haar wêreld nie, haar lewe en haar man is in Kaapstad.

Hoekom het sy skielik teruggekom Karibib toe? Alet het hom laat glo sy was op pad om van haar man te skei.

Intussen warm sy doodloopsaak op. Binnekort is hulle op soek na ’n tweede lyk, en binne in sy eie lyf bewe die geraamtes in hulle kaste.

Dors (Afrikaans, Paperback): Marinda van Zyl Dors (Afrikaans, Paperback)
Marinda van Zyl
R412 Discovery Miles 4 120 Ships in 2 - 4 working days

In die loop van 1876 kom verskeie groepe Transvalers by die samevloei van die Krokodil- en Maricoriviere aan met die idee om na Damaraland te trek. Om daar te kom, moet hulle ’n stuk waterlose Kalahari, bekend as die Dors, oorsteek. Maar die magstryd tussen die voormanne van elke groep om die hoofleier van die trek te wees laat die trek op 'n ramp afstuur, lank voor hulle die Dorsland binnegaan.

Liefste Verleidster (Afrikaans, Paperback): Elize Davies Liefste Verleidster (Afrikaans, Paperback)
Elize Davies
R148 Discovery Miles 1 480 Ships in 2 - 4 working days

Annette raak verlief op haar ridder-bestuurder-fotograaf. Maar Markus het vroeg-vroeg al geleer dat hy op niemand kan staatmaak nie en sy emosies is stewig verskans agter 'n ondeurdringbare muur. Wat moet Annette doen om by sy hart uit te kom?

Waar Liefde Begin (Afrikaans, Paperback): Schalkie van Wyk Waar Liefde Begin (Afrikaans, Paperback)
Schalkie van Wyk
R148 Discovery Miles 1 480 Ships in 2 - 4 working days

Lani Taljaard en haar beste vriendin besluit dis tyd om op hul eie voete te staan. Silwersee is net die regte plek om dit te doen. Lani word uit die staanspoor oorweldig deur dokter Jan- Erik van Eeden se onbetwisbare selfversekerdheid, maar sy hou nie daarvan om nie in beheer te voel nie. Hoekom beveel tant Marcia vir Lani om nie vir haar ma van Jan-Erik te vertel nie? Wat het jare gelede tussen die Van Eedens en die Taljaards skeefgeloop?

Hartsbegeerte (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Hartsbegeerte (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, Terug na jou, Kolwyntjie en Altyd die strooimeisie.

Terug na jou:

Jare gelede het Mercia haar liefde vrygelaat, soos mens ’n boemerang van jou af weggooi. Nes die boemerang het haar liefde nou na haar toe teruggekeer. Sal sy hierdie keer daarin slaag om dit vas te hou en vir altyd te koester?

Kolwyntjie:

Die tweelingdokters in die spreekkamers reg langs Melani se nuwe besigheid is albei ewe sjarmant. Dis egter Lourens wat haar hart verower, maar hy wil verder studeer en het nie tyd vir ’n verhouding nie ...

Altyd die strooimeisie:

Meyer Malan steel Zoë se hart met die eerste oogopslag, maar hoe kan sy hom liefhê as hy juis een van die bevoorregtes is wat op haar pa se erfplaas grootgeword het. Kan sy die familie vertel wie sy werklik is?

Die Sin van die Hut (Afrikaans, Paperback): Gilbert Gibson Die Sin van die Hut (Afrikaans, Paperback)
Gilbert Gibson
R310 Discovery Miles 3 100 Ships in 2 - 4 working days

Weer eens ’n verrassende, andersoortige digbundel deur die talentvolle en bekroonde digter van die Vrystaat. Gibson is reeds bekend vir die wyse waarop hy taal ondermyn, selfs benadeel, en so nuwe betekenisse herskep/ontdek. Die bundel bevat baie liriese oomblikke tydens hierdie ontdekkingstog. Die hut bied net soos die taal beskerming, maar die ‘ek’ wil ook daaruit wegbreek en ontsnap.

Gister is Lankal Verby (Afrikaans, Paperback): Salome Schutte Gister is Lankal Verby (Afrikaans, Paperback)
Salome Schutte
R142 Discovery Miles 1 420 Ships in 2 - 4 working days

Om sy voete teen die warm sand te beskerm, tel Lia ’n seun by die strand op en ontmoet sy mooie, maar moeilike pa, Viljé. Sy weet sy moet wegbly van hulle, maar die oulike seun steel haar hart âˆ' ’n talent wat hy blykbaar met sy pa deel.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Machines and Intelligence - A Critique…
Staurt Goldkind Hardcover R2,318 Discovery Miles 23 180
International Brigade Against Apartheid…
Ronnie Kasrils, Muff Andersson, … Paperback R320 R288 Discovery Miles 2 880
Oxford English Dictionary for Schools
Oxford Dictionaries Paperback R281 Discovery Miles 2 810
Volmaan: Omnibus - Troetelgedrog / Tande…
Jaco Jacobs Paperback R230 R216 Discovery Miles 2 160
No Kings in the Kitchen Grade 1 - Home…
Jill Eggleton Paperback R81 R73 Discovery Miles 730
The Little Liar
Mitch Albom Hardcover R462 Discovery Miles 4 620
11+ Practice Papers for the GL…
Alison Milford, Nicola Palin Paperback R188 Discovery Miles 1 880
The Frozen River
Ariel Lawhon Paperback R577 R464 Discovery Miles 4 640
Power Maths 2nd Edition Practice Book 6B
Tony Staneff, Josh Lury Paperback R147 Discovery Miles 1 470
Healthier Planet, Healthier You - 100…
Annie Bell Paperback R625 R562 Discovery Miles 5 620

 

Partners