0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (6)
  • R50 - R100 (20)
  • R100 - R250 (215)
  • R250 - R500 (516)
  • R500+ (18)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction

Tolbos (Afrikaans, Paperback, Unabridged edition): Irma Joubert Tolbos (Afrikaans, Paperback, Unabridged edition)
Irma Joubert; Narrated by Carla Smith 1
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Suid-Afrika se onstuimige tagtigs raak Katrien Neethling bewus van ’n ander wêreld wat nog altyd daar was maar wat sy nie geken het nie. Kan mens net ophou om ’n Afrikaner te wees? Helaas nie. Soos ’n tolbos in die wind bly sy dwarrel tussen politieke woelinge en haar geliefdes wat behoudende boeremense is. Dit is ook die jare waarin die Voëlvry-toer konserwatiewe Suid-Afrikaners en hulle kinders tref met die gevleuelde woorde: “Ons is die mense teen wie julle ouers julle gewaarsku het.” Kort tevore het Wladek Kowalski die politieke woelinge in Pole beleef. Hy met sy digte bos hare en sy eie hartseer verhaal uit die ysige noorde. Ook hy betaal die prys van mense wat anders begin dink. En al is die verlange na sy geboorteland onhoudbaar by tye, kry hierdie hardekwas Afrikaanse meisie dit reg om hom teen sy sin te fassineer. En Katrien leer by Wladek wat die mooi Poolse woorde “moje kochanie” beteken.

Sypaadjie (Afrikaans, Paperback): Alma Rossouw Sypaadjie (Afrikaans, Paperback)
Alma Rossouw
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Romanse, maar vol millenniër-kinkels

“Drawwers is die go-getters, eintlik dink ek net hulle hardloop weg van iets. Elke oggend staan hulle op en gaan draf op die donnerse selfde sypaadjie. Die dansers, soos jy, dans deur die lewe. Hulle is met min tevrede en dan dans hulle daaroor. Die drinkers sit agteroor en lag vir die drawwers en dansers.”

“Met ander woorde sit die drinkers op die kantlyn?”

“Nee die drinkers sit in die middel van die pad en wag vir die drawwers en dansers om te besef dat almal eendag doodgaan.”

Leah het haar lus vir die lewe verloor. Sy is jonk, suksesvol en hardkoppig. Sy verlaat Johannesburg om een van haar besigheid se filiale in Kaapstad reg te ruk. Daar ontmoet sy, soos die noodlot dit wil hê, weer vir Hannah, wat 'n bietjie meer as net 'n vriendin was tydens haar universiteitsdae.

Gaan sy, Hannah, 'n veilige sypaadjie wees, of 'n glibberige, maar opwindende afdraaipad?

Sypaadjie is 'n romantiese drama met 'n interessante kinkel. Die storie word vertel uit 'n tipiese millenniër se oogpunt, daar is baie vrae oor die liefde, romanse en seksuele oriëntasie. Soms is die karakters effens konserwatief en naïef, maar nooit vervelig nie. Leah worstel met vrae wat baie jong meisies deesdae mee sukkel, veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse meisies. Hoe vind ek 'n balans tussen liefde en 'n loopbaan? Is dit nog die moeite werd om jou hart op die spel te plaas? Die storie herinner aan Annie on my mind deur Nancy Garden en South of Sunshine deur Dana Elmendorf.

Versamelaar Van Verlore Drome (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Versamelaar Van Verlore Drome (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lyra en Andante is in Venesië in die Karnavaltyd, op soek na waardevolle antieke items wat vir hulle nie net estetiese of geskiedkundige waarde het nie, maar ook persoonlike en sentimentele betekenis het.

Hulle soektog lewer egter raaisels en probleme op wat konflik tussen hulle veroorsaak, geheime wat hulle verhouding affekteer, en antwoorde wat hulle albei seermaak.

Sal begrip en vergifnis genoeg wees om hulle liefde vir mekaar te red?

Die Lang Papawer (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Die Lang Papawer (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe vind?

Libbi de Lange is die langste meisie in die kontrei. In die hele wye wêreld, of so voel dit vir haar. Die lewe werk rof met iemand wat nie by die gewone inpas nie; die neiging is mos oral om die kop af te kap van ’n papawer wat aanhou uitstyg. As jy dan nog die dogter is van ’n pastoor van ’n volksvreemde kerk in die Knysnabosse, is die verleentheid groot en die hoop min.

Die nuwe millennium is op pad, die vrees vir die Y2K-virus ’n werklikheid. Libbi moet trou, en gou ook sodat sy die gespot oor haar van kan agterlaat. Nogal moeilik as jou dansmaat se kop deur jou boobs verswelg word.

Dis Flooze, haar kamermaat op universiteit, wat Libbi leer om haar eie identiteit te omarm en uitdagend anders te wees, om uit die soetkoekblik te klim. Die verlange na liefde bly egter knaag, die honger van die lyf ook. Toe word sy maar mevrou Libbi Landman – en sit steeds met ’n honger vir 51% meer as wat sy gekry het. Boonop vergemaklik haar vriend Beer se huiwering op haar drumpel glad nie sake nie.

Tydens Covid kry die komplikasies rondom haar liewe, halfheilige pa, Beer en haar gesin net kleintjies. Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe ontdek? Voordat die lang papawer kan blom?

Tamara (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Tamara (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul 1
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Davelvroue bestaan uit sewe boeke: Tamara, Willemien, Annabella, Deborah en Isabelle, Maryn en Fleur. Die reeks, wat in 2006 verskyn het, word nou heruitgegee op aandrag van lesers. Benewens die kwessie van vroue se bemagtiging, spreek Die Davelvroue ook eg Suid-Afrikaanse en spesifiek Afrikaanse geskiedkundige kwessies op subtiele wyse aan, alhoewel die genre steeds fokus op vroue se belewing van die liefde.

Tamara (1899 – 1902) speel tydens die Anglo-Boereoorlog af en die romantiese vraag in dié boek is: Wat gebeur as twee mense grootgemaak is om te glo dat hulle broer en suster is, mekaar liefkry en teen die agtergrond van die chaos van oorlog moet probeer uitvind hoe sake inmekaar steek?

'n Man Vir Altyd (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete 'n Man Vir Altyd (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie is ’n omnibus bestaande uit drie van Marile Cloete se vorige Romanzas Man van min woorde, Man met ’n missie en Man van sy woord. Man van min woorde: Hy kan toor met honde en rekenaars, maar as dit by praat kom, verdamp Henri van der Merwe se woorde. Francesca is vasbeslote om deur die swygsaamheid te breek. Sy begeer een van die Duitse herdershonde wat hy teel, maar sy toets vir eienaarskap dop sy soos ’n klip. En haar selfbeeld is hoeka bitter broos na die Siebert-episode. Bowendien word haar frustrasie by die dag groter – as sy en haar galery-huis vol kunswerke nie goed genoeg is vir sy honde nie, sal sy in der ewigheid nie goed genoeg wees vir hul baas nie. Want helaas, sy begeer die swygsame Henri mettertyd baie, baie meer as sy lieflike honde. Man met ’n missie: Hy gaan haar nader trek, syne maak. Suutjies, sonder dat sy dit weet. Maar Lukas Bezuidenhout is ’n haastige man, geduld moet hy nog aanleer. Dis gewoonlik hy wat vir meisies weghol, maar die keer het hy sy moses teegekom. ’n Harder hardekwas as Mignon Grobbelaar kry jy nie. En tog, agter haar hardekwas-houding kruip ’n bang meisie weg, ’n kind-vrou met heeltemal te veel seer en bagasie. Daarom, weet Lukas, moet hy geduldig wees. Hy wil haar beskerm, laat veilig voel. Sy moet weet sy is as mens die moeite werd. En hy moet, nee, sal leer vasbyt; en hy wat lawwe Loekie Bezuidenhout is, kan leer om te wag. Man van sy woord: ’n Ouer en ryper Lourens – maar nog net so dodelik aantreklik soos lank gelede – is na twintig jaar onverwags terug en haar kind se gradeplegtigheid word vir Bianca ’n nagmerrie. Alles het mos verander en daar is nie meer vir hom ’n plek in haar lewe nie – of bluf sy haarself? Lourens is nie meer die impulsiewe jongman wat Bianca so hartstogtelik liefgekry het nie, en sy het ook met die jare ryper en meer volwasse geword. Dis net die onblusbare vonk tussen hulle en die honger na mekaar wat onveranderd gebly het ... Het daar te veel water in die see geloop of gaan hulle waag om hulle liefde weer ’n kans gee?

Die Goeie Suster (Afrikaans, Paperback): Henda Olivier Die Goeie Suster (Afrikaans, Paperback)
Henda Olivier
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die geheim van ʼn goeie leuen is om altyd bietjie waarheid by te voeg ...

Mila Berg is seker van een ding: Sy en Markus hoort saam. Vandat sy hom die eerste keer gesien het, was haar hart syne. Die feit dat hy ʼn vrou en kinders het maak geen verskil nie, want Mila het ʼn plan. Sodra sy haar regmatige plek in sy gesin inneem sal die verlede nie meer saak maak nie.

Haar streng pa se frons sal nie meer rillings teen haar ruggraat afstuur nie. Haar ma sal haar weer in die oë kan kyk. Die liters bloed op die kombuisvloer sal skoongewas word. Hulle almal sal haar sien, raaksien vir meer as die goeie suster. Mila se werklike lewe is binne haar bereik. Al wat sy moet doen is kophou.

Klaskamer (Afrikaans, Paperback): Vita du Preez Klaskamer (Afrikaans, Paperback)
Vita du Preez
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Waar die juffer toe gedissiplineer moet word

Vita du Preez was nog nooit skaam om haar heldinne in die bed te druk met ’n mooi man nie. Dink maar aan die openingstoneel van Solitaire waar Donna langs die bloedjong surfer wakker word!

In Klaskamer haal Vita die sweep uit, klits die boeie om sekere mense se polse en gee aan dissipline ’n totaal ander betekenis.

Emma Louw kry die geleentheid om as kinderoppasser op 'n Karooplaas te gaan werk vir Daniel Swart. Sy is pas uit ’n langtermynverhouding en is lus vir ’n nuwe uitdaging.

Sy raak gou lief vir die seuntjie, en is ook nie onaangeraak deur Daniel se teenwoordigheid nie.

Alles maak egter nie vir haar sin nie. Steek sy dalk haar kop in 'n byekorf? Hoekom is Daniel so geheimsinnig oor sy verlede en oor die letsel op sy bors? Waar pas die impulsiewe Sally, Daniel se eksvrou in die prentjie? Dan praat ons nie eers oor Irma Rothman nie. Sy is immers Daniel se destydse onderwyseres op skool ..

Op 'n dag, kom Emma op 'n geheime kamer af. Dinge oor die geheimsinnige Daniel begin vir Emma duideliker word. Sal sy die binnekant van die klaskamer aandurf? Indien wel, sal sy lewendig anderkant uitkom?

Vita du Preez skryf skaamteloos oor die liefde. Sy hou van heldinne wat hulle seksualiteit uitleef. Hierdie boek is egter stomender as ooit te vore.

Wanneer Bloekoms Dans (Afrikaans, Paperback): J.M. Gilfillan Wanneer Bloekoms Dans (Afrikaans, Paperback)
J.M. Gilfillan
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 4 - 6 working days

‘n Versameling kortverhale deur die bekende skrywer J.M Gilfillan. Die hooftema is verhoudings en die wyse waarop mense reageer op die vreugde en verdriet wat deel is van hierdie lewe.

Meestal gaan dit nie oor groot en aardskuddende gebeurtenisse nie, maar die klein dinge van elke dag. Die broosheid van verhoudings.

Die bundel het ook ’n ligter kant. So is daar byvoorbeeld ’n spookstorie, daar is ’n bietjie erotiek, en heelwat oor die krag van woorde.

Die Seepunt-Insident (Afrikaans, Paperback): Gerhard Greyvensteyn Die Seepunt-Insident (Afrikaans, Paperback)
Gerhard Greyvensteyn
R300 R154 Discovery Miles 1 540 Save R146 (49%) Ships in 5 - 7 working days

Imelda Grys – sakevrou, kunskenner en miljoenêr – val na haar dood op die aand van ’n eksklusiewe Nuwejaarsete. Iemand het met haar stoelhysbak gepeuter, die hyser wat haar 24 meter en teen ’n helling van 33 grade tot by haar voordeur hoog teen die steiltes van een van Kaapstad se rykmansbuurte moes besorg.

Privaat speurder Vos moet die moordenaar vastrek. Sy en haar tweelingbroer, Deventer, was ’n gedugte span toe hulle destyds in die polisie was. Deventer verkies egter deesdae om gesond te eet en sy dae om te mediteer ... Maar sy suster weet wat hy na die ondersoek kan bring en watse knoppies om te druk.

Die moordenaar moes iemand in Imelda se binnekring gewees het, ’n gas dié aand toe sy vir oulaas met swier onthaal het. Was dit miskien een van haar twee kinders, Dennis en Sandra? Dennis se vrou, Fikile, of Sandra se metgesel, James? Wat het die Shanghaise sakevrou Jane Zhang aan tafel gemaak, en Jakkie Brits, die radiojoernalis? En hoe kom dit dat ’n eks-kollega van Vos en Deventer, Bradley Moynahan, ook daar was? Die lys verdagtes is kort, maar met nog lewens in gevaar is Vos en Deventer se tyd selfs korter.

Om Karolien te beskerm (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Om Karolien te beskerm (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Karolien Watermeyer het haar eie patisserie in Kaapstad en geniet haar lewe. Dis net die liefde wat kort. Niemand kon haar nog laat voel soos Stefan Bosman wat haar op haar sestiende verjaardag gesoen het nie.

Stefan kon Karolien nooit heeltemal vergeet nie. Maar hy het ’n sekuriteitsfirma en ’n verhouding hou gevare in. Die vreemde motor by Karolien se blyplek bevestig dat ou vyande weer op sy spoor is.

Kan hy vir Karolien beskerm sonder om sy hart te verloor?

Marilyn (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Marilyn (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vywervrou? Nee, ‘n kaivrou. Dis wat sy is.

Omring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ʼn kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe.

Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. So ver terug as daardie jaar toe sy Paul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting.

Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het.

Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ‘n mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie ...

Fiela Se Kind (Afrikaans, Paperback): Dalene Matthee Fiela Se Kind (Afrikaans, Paperback)
Dalene Matthee
R320 Discovery Miles 3 200 Ships in 4 - 6 working days
Fleur (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Fleur (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Fleur (1938), 'n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van 'n verwaarloosde wynplaas en 'n groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie.

En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is 'n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.

Bloedfamilie (Afrikaans, Paperback): Elsa Hamersma Bloedfamilie (Afrikaans, Paperback)
Elsa Hamersma
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Een moord in die familie is erg genoeg, maar twee in een week raak bisar.

Soos Kain en Abel het Bart en Jakes Brink nie liefde vir mekaar nie. Bart is talentvol, aantreklik, sportief en populêr. Maar hy is inherent sleg, ʼn opperste skelm met geen genade vir sy medemens nie. Jakes is onaantreklik, vol skete en kwale, sonder uitstaande talente, behalwe dat hy ’n finansiële sukses van sy lewe gemaak het.

Jakes is nie verbaas wanneer Bart een aand brutaal vermoor word nie, want hy het baie vyande gehad. Tog is die familie geskok om te hoor dat die speurders vermoed die moordenaar is een van hulle. Die tweede moord enkele dae later skep selfs meer vrae.

Is die moordgeen in die familielede se DNS? Of lê die motief vir die moorde in ʼn familiegeheim? Die moorde is oënskynlik impulsief en sonder voorbedagte rade gepleeg en die speurders sit met min leidrade. Hoe vind hulle die moordenaar tussen die drie sibbe en vier kleinkinders?

Veral aangesien die forensiese bewysstukke min is en dit weke neem om te ontleed. Die twee Brink-susters lewer kommentaar op die sosiale situasie van die hede en die verlede, maar ken nie die donker geheime van die familie nie. Die kleinkinders is die volgende geslag en weer eens gaan die leser wonder watter DNS hulle geërf het.

Uit Die Hart Van 'n Vrou (Afrikaans, Paperback): Rozaan De Wet Uit Die Hart Van 'n Vrou (Afrikaans, Paperback)
Rozaan De Wet 1
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Claire die krat met leë drankbottels ontdek, skiet haar gemoed vol. Sy is tot sterwens toe moeg vir haar man se drinkery en verlaat hom tydelik deur te ontsnap na haar huis by die see. Aan die ander kant dra sy swaar aan haar aandeel aan Kris se probleem.

Dit grief haar dat haar man so pateties afhanklik geword het van drank en dat dit veroorsaak dat selfs sy waardigheid in die slag bly. Die ergste is sy ontkenning van die probleem en dat hy halsstarrig op ’n pad van selfvernietiging is.

Daarenteen weifel Wanda by haar eie vurk in die pad. Net toe sy dink Sephus het sy ou streke laat staan, steek dit weer kop uit en moet sy uit noodweer optree om dinge stil te hou want die dorp is klein.

Sy ken haar man en sy beheer oor haar. Hy maak haar sag om haar lojaliteit te koop, maar sy is gekonfyt daarin om hom te paai en sy onbeheersde woedebuie te temper, hoewel dit nou so geëskaleer het dat dit onhoudbaar is. Beide vriendinne sukkel om emosioneel kop bo water te hou, maar daar is troos in susterskap.

Dag Drie (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Dag Drie (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Luna Joubert se moed en vernuf word weer tot die uiterste beproef in Dag drie. Sy en haar medespeurder, Johan, vergesel vir Mike, ’n volbloed diepdekkingsagent, op ’n missie na Mauritius waar Mike met ’n informant kontak sal maak. Luna en Johan moet die skyn van gewone vakansiegangers vir hom help bewaar, maar niks loop volgens plan nie.

Hulle eerste dag op die eiland lewer die lyk van ’n jong meisie op wat ooglopend vermoor is. Die informant laat nie van hom hoor nie en hulle word uit die bloute deur wildvreemde mense ‘bevriend’. Rooi ligte flikker toe hulle genooi word vir ’n visvang-uitstappie op ’n luuksejag. Luna het nie ’n goeie gevoel oor die eienaar van die boot nie, want hy is net ’n bietjie té gretig om hulle van naderby te leer ken. Nie alleen beland sy en haar twee kollegas in lewensgevaar nie; toe Johan verdwyn waag sy dit ook op baie dun ys om hom te probeer opspoor en dag drie eindig onvermydelik in ’n breekspul.

Stil Vloei die Komati (Afrikaans, Paperback): Elize Parker Stil Vloei die Komati (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Fratskoeël het hulle dit genoem. Die een wat hulle nefie, Jaco, in die voorkop net bo sy oog getref het. Sy ouers het die drie niggies vir sy dood verantwoordelik gehou.

Jare later word Lenore se hulp ingeroep om die renosterkalfie by Bateleur te help versorg. Haar droom is om ’n toevlugsentrum vir diereslagoffers van wildmisdaad te stig. Tarien droom daarvan om ’n skuilhuis vir die slagoffers van mensehandel teen die grens te vestig. Maar nou is sy al hoe minder oortuig sy is waar sy moet wees. Bella dra ontwerperspakkies. Hofsaak ná hofsaak maak sy seker die waarheid seëvier. En nou is hulle deur Tjaart, wildboer en een van die rykste suikerrietboere duskant Komatipoort, bymekaar gebring om die bande te knip of bevestig.

Katrienkie (Afrikaans, Paperback): Cara Blake Katrienkie (Afrikaans, Paperback)
Cara Blake
R137 Discovery Miles 1 370 Ships in 4 - 6 working days

"Katrienkie is ʼn móét-lees boek, ʼn móét-versprei, móét-bespreek boek. Dit word sonder enige voorbehoud, onvoorwaardelik aanbeveel vir enige persoon wat in chroniese trauma leef of ʼn ongestrykte bondel eie trauma in ʼn laai geprop het." – Maretha Maartens

Hierdie is nie net ’n storie nie maar ’n geselsboek vanuit die skrywer se eie agtergrond wat stap vir stap terapeutiese tegnieke bied aan die getraumatiseerde.

Die Lemmingmense (Afrikaans, Paperback): Fransi Phillips Die Lemmingmense (Afrikaans, Paperback)
Fransi Phillips
R272 Discovery Miles 2 720 Ships in 4 - 6 working days

Die verhaal neem die leser van grootwordjare op die platteland tot 'n verblyf in Rusland waar die heldin steeds nie inpas nie. Die lemming word gebruik as 'n metafoor vir blinde menslike konformisme onder druk van groepe en opvoedkundige instellings.

Die leser sal die heerlike, absurde humor geniet. Sowel die ou as die nuwe Suid-Afrika loop onder skerp kommentaar deur.

Vereistes vir 'n Trouman (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Vereistes vir 'n Trouman (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R151 Discovery Miles 1 510 Ships in 4 - 6 working days

Vandat Emily kan onthou, droom sy oor haar troudag: die ring, die rok, die onthaal, die blomme. Sy het ook ’n lysie met die presiese vereistes vir haar trouman gemaak. En Ryno Henning, hoe knieëknakkend sexy hy ook al mag wees, voldoen nie aan ’n enkele een van hierdie vereistes nie. Die stomende drome wat sy snags oor hom droom, sal dus net by drome bly.

Ryno het ’n oog vir ’n mooi vrou en Emily is een van die mooistes wat hy nog gesien het, maar hy weet hy kan nie vir haar gee wat sy wil hê nie. Trou en kinders kry is nie deel van sy toekomsplanne nie.

Dan, op ’n dag, hou Emily in die gietende reën stil om ’n hond te red en kry nie haar motor weer aan die gang nie. Dis Ryno wat tot haar redding kom. Sal haar troumanlysie en sy planne in hul pad bly staan of sal die vonk tussen hulle die oorhand kry?

Liefde Genees (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Liefde Genees (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R151 Discovery Miles 1 510 Ships in 4 - 6 working days

Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met ʼn verpleegster en sy besluit om die huwelik te beëindig. Sy doen aansoek vir ʼn pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoek-kliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet.

Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie. Nie een van die twee beoog weer ʼn verhouding nie, maar hulle kan ook nie die aantrekkingskrag tussen hulle ignoreer nie.

Sal hulle die vele uitdagings kan oorwin en toelaat dat die liefde ou wonde genees?

Myne (Afrikaans, Paperback): C M Christians Myne (Afrikaans, Paperback)
C M Christians
R151 Discovery Miles 1 510 Ships in 4 - 6 working days

Clayton kom steel Lida se hart in 'n oogwink. Dit was nie veronderstel om te gebeur nie. Sy wou dit beslis nie hê nie, maar hy het haar lewe binnegeval, gevoelens in haar aangesteek wat sy gedink het sy nooit weer sal ervaar nie, en 'n passie aangevuur wat sy nooit geweet het bestaan nie.

As die huidige MotoGP-wêreldkampioen, leef Clayton permanent op die dun rand van adrenalien. Of dit nou óp of áf van die baan is, alles wat hy wil hê is reeds syne: sukses, gewillige vroue, en al die media-aandag wat 'n sportster van kan droom. Hy het alles, behalwe vir Lida. Sý is die uitsondering, want vir die eerste keer val 'n vrou nie voor sy voete nie. Hul chemie is onmiskenbaar. Hul aantrekkingskrag is magneties. Maar vir Lida bly Clayton te veel van 'n risiko. Al probleem is dat daar iets aan Clayton is waarvan sy nie kan, of wíl, wegloop nie.

Myne stel die leser bloot aan die opwindende wêreld van MotoGP Dit is die derde titel in die nuwe Romanza Stoom afdeling wat fokus op warmer liefdestonele vir lesers wat meer erotiese liefdesverhale verkies.

Die Vyfde Aspoester (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Die Vyfde Aspoester (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Donkerkopmeisie se liggaam word in ’n agteraf hotel in ’n Aspoester-uniform gevind. Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas. Haar oë is netjies verwyder. Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy haar kon doodbloei.

“Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen? Haar naam is mos Franci?”

Dit is wat die elektronies vermomde stem vir doktor Olaf Demeyer, forensiese profileerder, vra terwyl hy die dossierfoto’s van die moordtoneel bestudeer.

“Hoekom sou jy dieselfde met my dogter wou doen?”

’n Koggellaggie klink op. “Dit is wat jy moet uitvind, Doktor. Kom ons kyk of jy werklik so baie vir verontregde vroue omgee soos wat die media beweer. En kom ons kyk of jy my betyds met jou agtste sintuig kan uitoorlê.”

Die lyke van nog drie meisies word binne ’n paar dae gevind. Olaf besef hy sal baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word.

Herinneringe aan sy traumatiese kinderjare, sy oordrewe skuldgevoelens en sy fobie vir lemme, maak nie sy taak vir hom ligter nie. Intussen voel hy hoe die uurglas baie vinnig vir Franci leeg loop.

Willemien (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Willemien (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Willemien (1909, Tamara se broerskind) speel die taalstryd 'n rol. En die romantiese vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou, wat 'n konsentrasiekampkind was en wie se hele familie feitlik uitgewis is deur die Engelse, verlief raak op 'n Ier?

En as sy boonop 'n stryder vir die taal is en haar liefde vir die man verg dat sy Ierland toe moet trek?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kringloop
Bets Smith Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Roman
Cas Wepener Paperback R307 Discovery Miles 3 070
Op Pad Na Moormansgat - Die Verhaal Van…
Chris Karsten Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R360 R321 Discovery Miles 3 210
Doolhof
Rudie van Rensburg Paperback R365 R326 Discovery Miles 3 260
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese…
Antjie Krog Paperback R370 R321 Discovery Miles 3 210
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R320 R300 Discovery Miles 3 000
Die Hart Het Sy Redes
Helena Gunter Paperback R245 Discovery Miles 2 450

 

Partners