![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
Juta Enslin is ’n spor tredakteur en aan oefen verslaaf. Tot meningitis
haar by die dood laat omdraai en haar gehoor en balans aantas. Sy is
skielik van almal om haar af hanklik en voel sy het alles verloor.
“Jy lyk ongelooflik. Sensueel. Ek het nie eens besef daar skuil so ’n
ongelooflike figuur onder daardie onooglike slaaphemp wat jy gisteraand
aangehad het nie.”
A page turning, gender and genre-bending novel set on the Cape Flats; a story of people who live in a place of violence which involves drugs, corrupt clergy, queerness, friendships - and how these survive in a society that is dysfunctional due to historical social problems; very much a novel of now, the 21st century. A book that will change the literary landscape of this country.
Toe Barbara se ouers sterf, moet sy haar graad in beeldende kunste
staak en uit haar skilder ye ’n bestaan maak.
Pop se hande staan vir min verkeerd, maar op die vooraand van haar
vyftigste verjaardag is sy moedeloos en bemoerd. Sy is ’n vreemdeling
vir haarself en almal soek ’n hap van haar. Haar dobbelverslaafde man,
Jan, niksnut van ʼn seun, Evan, die verarmde kleinhoewe en die
versorging van haar hoenders druk swaar op haar skouers.
Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling,
weer krap waar daar 'n lyk is. Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee
goed, nee drie:
Isabella voel nie soos die tradisionele beeldskone heldin wat jy op ’n
silwerskerm gaan raaksien nie, want sy is ietwat sag om die kante en
haar hare het ’n onbuigbare wil van hul eie. Sy besluit die tyd het
aangebreek vir opwinding en avontuur, want sy wil nie meer stry teen
die knaende begeerte in haar om skaamteloos aan die ontvangkant van ’n
man se hartstogtelike liefde te wees nie.
N twee jaar op haar eie is Lelanie oortuig sy is oor haar verslawing
aan haar vervreemde man, Adam. Tot hy aangestel word as die besturende
direkteur by die maatskappy waar sy werk.
Vir Armin en Gia is dit liefde met die eerste oogopslag toe hulle op ’n
vlug tussen Dub ai en Londen ontmoet, maar die noodlot gryp in. Toe
hulle mekaar vyf jaar later weer op ’n vlug raakloop, is Gia getroud.
Adam Human het ’n verskriklike geheim. So groot, om die waarheid te
vertel, dat hy eers sou moes doodgaan as hy ooit ’n kans vir oor begin
wou h. Hy sou alles moes agterlaat en wegraak in een van die laaste
wildernisse op aarde.
N emosionele terugslae sukkel Kelly Logan, internasionaal bekroonde
skrywer, om haar nuutste misdaadroman te voltooi.
Nadine Bester is ’n traumasuster op lugambulanse. Toe haar seun
gedragsprobleme toon, stel die laer skool se jeugwerker, Rusty, voor
dat Nadine w eer begin uitgaan.
Joga-instruktrise Lexi Retief glo aan dankbaarheid en om in die oomblik
te leef. Toe fisioterapeut Alex van Aarde Lexi se geliefde hond Hilde
kom behandel, bly ni Hilde of Lexi se hart onaangeraak nie. Maar Lexi
is besig om haar besigheid op te bou en hou nie van rooikoppe nie, al
is sy self een.
Kortverhale kan soms jou hart breek en weer aanmekaar sit, jou laat
skaterlag, dieper oor die lewe te laat besin, en jou wegvoer na ander
tye en plekke.
Toe Chrisjan Grey op Nicolene verlief raak, tel sy lewe as rykmanskind
teen hom. Nicolene se broer glo nie Chrisjan sal die mas opkom as die
plaas sou ondergaan nie. Chrisjan verbreek noodgedwonge kontak met
Nicolene, maar kan haar nie vergeet nie.
Anja is ’n verpleegsuster met ondervinding van terapiehonde. Toe sy
weens ’n bedrogspul sonder heenkome of geld op ’n kusdorp beland, bied
oom Er nst haar tydelike werk aan. Sy seun Stiaan glo egter sy het
bymotiewe.
Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek. Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.
Die hulp van die forensiese profileerder, doktor Olaf Demeyer, word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van 'n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen 'n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam. Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit, want “Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang, om te probeer help. Toe my eie dogter deur 'n reeksmoordenaar ontvoer word, het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad.” Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie hy lief geword het. Sy het uit sy lewe gestap toe sy agterkom sy verwag sy kind. Cor is nou twee maande oud en hy ly aan 'n ernstige hartdefek. Hy moet dringend in die Kaap kom vir 'n operasie, maar hy het verdwyn. Hy word vermoedelik deur sy ma se moordenaar aangehou. Sy uurglas is besig om leeg te loop. “Jy het jou dogter se lewe gered,” soebat adjudant Jordaan van Somerset-Oos vir Olaf. “Kom help ons nou om jou babaseun ook te red.” Kwessies soos geestesversteuring, seksverslawing en kannibalisme word aangespreek teen die agtergrond van 'n reeks bisarre misdade waarin jong vroue grusaam vermink word voordat hulle sterf en hulle babas verdwyn. Ondier is die skrywer se tweede volwasse roman en volg op Die Vyfde Aspoester.
Kainsmerk is ’n versameling stories wat meestal as kortverhale en vervolgverhale in tyd- skrifte verskyn het. In hierdie verhale vertel Annelie Botes van mense wat as brose wesens dikwels ’n teken van vervloeking (Kainsmerk) in hul siele ronddra wat hulle vir die wreld wil verberg. Lesers maak kennis met verskeie karakters wat telkens op die Damaskuspad beland as gevolg van die seerkry wat hulle ervaar. ’n Boervrou se ouderlingman verrinneweer haar en sy begin drink, en droom van die dag dat sy haar man se lyk in die put op die werf afgooi. ’n Ander boervrou bou ’n padstal en werk haar tot eelte, terwyl sy haar man afskeep. Totdat sy op ’n dag tydens ’n vloed op die dak van die padstal vasgekeer word. Nog ’n plaasvrou het geen behae in haar huwelik nie. Een nag beleef sy en haar man ’n plaasaanval en is hulle nt op mekaar aangewese. ’n Vrou wat tronkstraf uitgedien het vir diefstal, beland as huishoudster by ’n hoogaangeskrewe man met ’n rare obsessie. ’n Mevrou- dominee gaan soek rus en heling in ’n grot op haar geboorteplaas. Hierdie is maar enkele van die karakters waarmee Botes Suid-Afrikaanse tydskriflesers deur die jare meegevoer het. Nou word di juwele vir die eerste keer byeengebring in een band. As spesiale bonus is die immergewilde “Duiwelsbrood”, wat geruime tyd reeds uit druk is, ook in Kainsmerk opgeneem.
Ek is gebore by kerslig, op ’n plaas, Vaalhoek, naby Keimoes en Kakamas! Op ’n jong ouerdom begin ek onder andere Rooi Jan en Swart Luiperd lees. Ek begin ook stories vertel. Ek lees graag en skryf graag. Ek het ’n onderwyser, dominee en kliniese sielkundige geword met ’n D.Litt in kliniese sielkunde en werk nog as kliniese sielkundige. Ek verwerf jaarliks ’n diploma in sielkunde. Ek is ’n wewenaar en het van Upington na Pringlebaai verhuis. Vir my is dit belangrik dat verhale dadelik vrae moet laat ontstaan soos, “Wat gebeur volgende?”en eindig met onverwagse bevredigende gebeure. In my eie stories pas ek hierdie metode toe. Van die stories het heelwat humor in en is vir oud en jonk. Genotvolle verhale wat jy nie kan mis nie. Sommige verhale is kort en lekker leesstof vir mense wat haastig is en sommige langer vir bedtyd. Elke verhaal is uitstekende vermaak en laat mens na die ligter kant van die lewe kyk. Daar’s ’n muis wat kan praat, ’n Ou wat dink hy kan ’n rivier in vloed klop, ’n man wat alles kan regmaak, behalwe ’n kar se ratte wat agtertoe inspring in plaas van vorentoe, ’n lekker polisiestorie, ’n vroutjie wat mediese verteenwoordiger speel, liefde en hartseer, ’n geheimsinnige vrou met asemrowende lippe en nog sulke stories. Lees en geniet hulle!
Claire Westley was nog altyd verlief op burggraaf Charles Bryton, maar
hy het nooit in haar belanggestel nie. Toe haar pa onverwags geld en ’n
titel erf, vra die burggraaf uit die bloute om haar hand.
Henk Andreas de Melker, eerste museumassistent in 'n klein dorpie in die Oos-Kaap, kry onverwags 'n brief van 'n juris in Nederland. Die brief lig Henk in dat hy sy lankverdwene Tante Zan se huis in Amsterdam geerf het. Tante Zan met die geheime lewe, waarvan Henk in Amsterdam gaan uitvind. Ook Tante Zan, die aktrise met die onverwoesbare erotiese drif en die politieke aktivis met die voorliefde vir vreemde vriende, soos die rolprentmaker Cecil Dimaggio en die Luandese straatmusikant van die Leidse plein. Ten slotte moet Henk kies of hy in Amsterdam gaan woon, en of hy na Suid-Afrika gaan terugkeer. Maar eers moet hy alles oopvlek wat van hom weggesteek is, en sy eie lewe opnuut leer ken. Sy dertig nagte in Amsterdam verander die besadigde Henk de Melker se lewe vir altyd.
Geloof en mag sorg vir 'n dodelike kat-en-muis speletjie...
Die vraag wat die Romeinse digter Juvenalis 2000 jaar gelede gevra het,
word vandag steeds onbeantwoord gelaat: Wie sal toesien dat die
bewakers bewaak word?
ʼn Feministiese roman vir konvensionele vroue Kantelpunt is die boekstawing van Nellie van der Merwe (gebore Petronella Jacoba van Aarde) se wederopstanding. Nellie is pas 50, ʼn konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag – sy het stilgebly. Met haar stilte het sy haar plek gekoop in haar huwelik, haar gesin, haar familie, haar werk, in die kerk, in die land, in die samelewing. Maar dan ondergaan sy ʼn histerektomie, en haar wreld kantel. Sy is losgesny van die ding wat van haar ʼn vrou gemaak het, en daarmee saam raak sy bevry van die stilte. Sy begin haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen ʼn ontsettende prys. Sy word gedwing om alles wat sy tot dusver as gegewe aanvaar het te ondersoek, en in die proses moet sy nie net die mense naaste aan haar se aandeel in haar stryd erken nie, maar ook haar eie aandadigheid aan haar lot bepaal. Met elke insident, elke veldslag en elke gesprek tree sy verder weg van die geskiedenis en die konvensies wat haar stom gehou het, en kom sy nader aan die vrou wat sy van die begin af veronderstel was om te wees – die een met wie s in vrede kan saamleef. “Daar bestaan by my geen twyfel dat Kantelpunt nog meer suksesvol as Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva sal wees nie. Dis die soort verhaal wat elke Afrikaanssprekende behoort te lees – vroue en mans.” – Chanette Paul Nie vir sensitiewe lesers nie. |
You may like...
Handbook of Data Science with Semantic…
Archana Patel, Narayan C Debnath
Hardcover
R10,299
Discovery Miles 102 990
Critical Reading and Writing in the…
Andrew Goatly, Preet Hiradhar
Paperback
(1)R1,002 Discovery Miles 10 020
Advances in Biomembranes and Lipid…
Aleš Iglič︎, Michael Rappolt, …
Hardcover
R4,863
Discovery Miles 48 630
Cell Volume Regulation, Volume 81
Irena Levitan, Eric Delpire, …
Hardcover
R4,454
Discovery Miles 44 540
Parallel Computing - Numerics…
Roman Trobec, Marian Vajtersic, …
Hardcover
R2,944
Discovery Miles 29 440
|