![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
Megan is ’n vuurvreter advokaat wat haar nie van stryk bring nie,
totdat sy die aantreklike Eckhardt met sy verspotte kort kakiebroek
raakloop. Boonop moet sy nou saam met sy broer, ’n alombekende
mode-ontwerper, werk.
Jessica Rabbit probeer nie voorgee om iets te wees wat sy nie is nie.
Sy’s ’n uitlokkende vrou en klaar.
Ansone wou nog altyd boer en nou gaan daardie droom bewaarheid word.
Haar oorlede oom Simon het sy plaas aan haar bemaak en sy is reeds
verlief op daardie pragtige stuk grond: Die rondawel, die oopte, die
mooiste berge.
Die verhale in Dol heuning kring soos breedtegrade om ’n aardbol uit – van Suid-Afrika na Ysland, die Belgiese platteland en die Italiaanse Alpe. In ’n boomryke Johannesburgse woonbuurt koester ’n paar hul seuntjie terwyl hul skoonmaker se kind in volle aangesig van die land se ongeregtighede moet staan. In die yslandskap van Reykjavic neem ’n vrou dol heuning saam met die man wat haar vir ’n ander verruil het en bring hulle ’n angswekkende laaste aand saam met ’n gewelddadige Rus en sy metgesel deur. Terwyl twee minnaars in New England aan die wreedheid van hul gasheer uitgelewer word toe sy menslikheid hom verlaat, ontferm ’n ma haar oor ’n straatkind op Park-stasie. Die verhaalsiklus wat die kroon span, vertel hoe ’n jong Namibiër en sy Japannese vriendin – ’n jong wiskundige vir wie elektroniese musiek ’n meditasie is – saam ’n tragedie in die berge en ’n nag in ’n beklemmende chateau met ’n donker poel vol glimmende palings beleef. Ná die veelbekroonde Alfabet van die voëls, publiseer SJ Naudé ’n tweede bundel kortverhale wat ontstel, verras, en boweal bekoor
Op skool was sy dié meisie: mooi en gewild met skatryk ouers.
Marina wil so graag ’n sorgelose jeug hê, maar geld – of eerder die gebrek daaraan – staan in haar pad. Dan stap haar buurvrou se broer by haar lewe in… Riaan is ’n musikant en ’n groot geleentheid wag vir hom in Amerika. Hy weet dus ’n langtermynverhouding met Marina is buite die kwessie. Maar hy gebruik die kans om haar anders te laat kyk na álles in die lewe. In die proses stamp hulle koppe, maar vind mekaar ook onweerstaanbaar. Intussen kruip die datum nader wanneer Riaan na Amerika moet terugkeer. Gaan hy sy groot droom vir Marina laat vaar? Of gaan Marina instem tot ’n onkonvensionele reëling?
Universiteit van Johannesburg Debuutprys vir Skeppende Skryfkuns (2010) M-Net Letterkundetoekenning in die rolprentkategorie (2010) Inspekteur Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die brutaliteit van misdaad in Johannesburg. Hy kom soek rus en vrede op ’n klein dorpie aan die rand van die Kalahari, waar hy ’n nuwe veediefstal-eenheid op die been moet bring. Dan word ’n grusame dubbele moord op ’n plaas gepleeg. Gou kry Beeslaar egter met veel meer as ’n “gewone plaasmoord” te doen. Hy word gekonfronteer met ’n koelbloedige veediefstalsindikaat, Afrika-towerkuns, ’n ou grondeis in ‘n plofbare politieke klimaat wat deur ’n regse wit vigilantegroep uitgebuit word. En dit is maar net die begin. ’n Naelkou-misdaadroman met ’n nuwe, eg Suid-Afrikaanse speurheld. Plaasmoord is in Nederlands vertaal as Moord op Huilwater.
Grietjie se loutering is die aangrypende verhaal van ’n weduwee wat haar inkomste as tydelike huiswerker verdien in Grabouw. Sy sukkel om kop bo water te hou, maar haar geloof dra haar. Wanneer haar seun deur ’n provinsiale rugbyspan gewerf word, het die gesin hoop op ’n beter lewe. Grietjie se geloof word getoets wanneer ’n tragedie die gesin tref. “Ek weet wanneer ek eendag by die punt kom waar ek weer met die Here kan praat met vrymoedigheid, dan wag Hy vir my. En wanneer dit voel ek kan nie meer nie, dan dra Hy my. Maak nie saak wat ek verloor nie, ek het Hom altyd. Wat meer wil ek hê?”
Sandveldstories is ’n keur uit Ferdinand Deist se gewilde kontreistories uit Pofadder en Peddelford, Die pomporrel-kônsert en ander Sandveldstories en Bom Appeltiet op Eselspoort. Die stories, geskryf in tipiese streekstaal, handel oor ’n unieke wêreld en sy mense, sommige groots soos hul omgewing, of klein en dwaas soos mense ook maar is. Ferdinand Deist was ’n gesoute storieman en fyn waarnemer. Sy verhale is humoristies en tydloos, sy karakters kleurryk, en sy vertelwyse is soos ’n bontspul vygies wat in ’n dorre landskap uitbars. Sandveldstories sluit onder meer die volgende stories in: - “Die oorbesige prekkereer” - “Die dood van die founmannetjie” - “Hermaans Askies se opperasie” - “Die suster m't die snôr” - “Frans en Lakkie se Peddelford” - “Ta' Anna se wye tanne” - “Die plaag van Bawel” - “Petrus se ontydige soenery”
Hierdie ware verhaal handel oor 'n jong seun uit 'n arm gesin wat op die spoorlyne van Carnarvon-stasie grootgeword het en moes as kind onder andere bottels en bene in die dorp optel en verkoop vir eksta geld vir die gesin om te oorleef. Sy weetgierige geaardheid, positiewe uitkyk en wil om bo uit te kom, lei egter tot 'n inspirerende suksesverhaal. Die skrywer vertel met humor, passie en 'n gemaklike skryfstyl unieke en skreeusnaakse stories wat net in 'n klein Karoodorpie kan plaasvind.
Die kunstenaar Marieke Marais gebruik ’n koffietafelboek waaraan sy
werk as verskoning om te vlug van haar manupilerende eksverloofde. Sy
gaan bly in afsondering in ’n berghuis om haar opdrag te voltooi.
Elaine vlug weg van haar verloofde, Alex sonder enige verduideliking.
Christelle Boshoff is die sakeman Francois Sutherland se lyfwag, maar
nou moet sy saam met hom op vakansie gaan om sy twee dogtertjies op te
pas. Die kinders dink sy is Francois se meisie en hulle deel die
misverstand met sy familie.
Ná haar verloofde se kapingsdood worstel Frieke met skuldgevoelens. Sy soek troos by haar stiefbroer wat as argeoloog in Italië werk. Op haar ontdekkingsreis tussen Middeleeuse geboue vind sy vertroosting en heling, en die kosbaarste skat: ware liefde.
Samantha Loots se man verlaat haar vir sy sekretaresse nadat sy nie vir
hom ’n kind kon gee nie.
San-Marie Crafford se drie vriendinne is getroud met die mededirekteure
in ’n maatskappy. Nou is die vierde direkteur, Jacques Myburgh, skielik
heeltyd onder haar voete. Sy weet uit ervaring gelukkige eindes bestaan
nie en stel nie belang in romanse nie.
Dit was nog nie behoorlik dag nie toe Kaatjie Danster, haastig op pad Halte toe, die kind van die weemoed in die voetpaadjie voor haar gewaar. Tjoepstil het hy gestaan en luister na die wind. Sy het dadelik geweet: Druppeltjie du Pisanie, kind van Waterwyser du Pisanie en KensTillie Moolman, het die lewe vir die dood verruil. Maar hoe Druppeltjie onder in die boorgat beland het, dit weet niemand nie. En die af-arm magistraat wat nou, veertien maande later, kom ondersoek instel na die oorsaak van sy dood, torring verniet aan dinge wat verby is. Want Toorberg se mense – die lewendes en die dooies – ken van geheime wegbere. Net oor een ding het magistraat van der Ligt dit reg: hoe meer getuies daar is, hoe verder wyk die waarheid.
Lucky is 'n rentboy. Die vryhede wat die nuwe demokratiese bestel het, het hy nie benut om geleertheid te bekom nie. Al is hy begaafd. Hy het ook nie die politiek aangegryp nie. Al loop hy oor van charisma. Lucky vier sy vryheid op die direkste moontlike manier, naamlik met die lyf, en aan enigeen wat kan betaal - man, vrou, oud en jonk, boer en burgemeester - bied hy die ekstases van die lyf. En op die Karoodorp Santa Gamka versmelt al die opsigtelike verdeelthede ondergronds tot 'n poel kolkende begeerte. Wit en swart, bodorp en onderdorp, boer en plaaswerker, toeris en dorpenaar, wankel almal heerlik preker saam op die donker ondergrond waar Lucky sake roer.
Dalk is hy hier. Besig om jou dop te hou.
’n Verhaal oor sterk vroue, bendegeweld en aanvaarding. Niemand spreek haar as Nicola de Wee aan nie. Vir Blackie, die kollega in wie se plek sy telkens bevorder word, is sy “ounooi”; vir Peters, wat onredbaar beenaf op haar is, is sy “kaptein”; haar priestervriendin Sally noem haar “Nic”. Dis net die Khayelitsha-stasiebevelvoerder vir wie sy “kaptein De Wee” heet. Die nag toe hulle na ’n brandende voertuig uitgeroep word, kon kaptein De Wee nie droom dat dit Thandi se motor is nie, dat sy later haar grusaam verminkte lyk sou moes uitken, en watter verreikende uitwerking die moord op haar vriendekring sou hê nie. Allermins dat sy uiteindelik die ondersoek na die moord sou moes lei. Maar om die agt moordenaars op te spoor en hul motief te ontrafel, is nie die enigste uitdaging waarvoor Nicci in hierdie ongewoon verweefde misdaadroman taan nie. Sy het self ’n geheim wat sy slim verdoesel. Tot die aand dat sy en Blackie en Peters ’n potjie maak.
Verpleegsuster Kira Louw gaan werk op die Sea Nymph-toerskip sodat sy
van ’n teisteraar af weg kan kom.
Slegs die dooies kan swyg soos die graf ...
Grondhervorming jaag verskillende emosies by verskillende mense op net soos die kunsmatige skeiding tussen mense. Die onsinnigheid van hierdie skanse blyk eers wanneer verhoudings spontaan ontstaan en toegelaat word om natuurlik te ontwikkel. Dié boek toon hoe die aktuele werklikheid van grondhervorming in Suid Afrika deur die spontane goeie verhoudings tussen blanke boere en bruin plaaswerkers tot sinvolle en vreedsame naasbestaan kan lei. Hierdie goeie verhoudings is dan uiteindelik verantwoordelik vir die suksesvolle afhandeling van dieselfde plaaswerkers se grondeise op dieselfde en aangrensende plase waarop hulle grootgeword en gewerk het. Die teenoorgestelde word ook in die boek getoon hoe jy weens onaanpasbaarheid en selfsug alles kan verloor indien jy nie hierdie nuwe strewes in Suid Afrika kan aanvaar en daarby aanpas nie. Die skrywer toon ook die beperkings van eie beheer oor mense se keuses in die lewe. Jy loop jou paaie soos wat dit vir jou uitgestraat is. Die vraag of dit “nie beter sou wees” as die mens vooraf “sy paaie wis” nie, word in die boek aan die orde gebring met die oopvlek van ou geheime van familievetes en buurtwiste. Verbode manewales oor die destydse kleurskeidslyn heen deur die baas van die plaas het drastiese gevolge op die grondeise van al die voorheen benadeelde plaaswerkers. Die aanvaarding van hierdie gevolge laat geen eie keuse nie maar is ook ‘n werklikheid waarmee die lewe almal dan dwing om te lewe.
Monica bewaar al vir meer as ses jaar lank ’n geheim wat maak dat sy
soms te koketterig optree teenoor Johan, haar broer se beste vriend. Sy
is vasbeslote dat hy nooit die rede mag uitvind nie.
Daar is ’n kluis in ’n winkeltrollie op die dak van Wille Willemien se 4×4. Want sy en haar sus is op pad. Richtersveld toe. Om tussen Eksteenfontein en Khuboes hul pa se kluis – en sy sneeujas – nou ná sy dood oor ’n afgrond te boender. Terwyl die twee vroue reis, ontvou die verhaal van Willemien en haar pa: ’n Storie oor ’n Afrikaanse Al Capone, ’n man wie se duister sakeondernemings nie net tot die grense van Suid-Afrika beperk was nie. In Palm Springs dra sy lyfwagte koeldrank vir die fbi-agente aan vanwaar hulle sy huis dophou. Vroeër jare moet Willemien in haar pa se kattebak wegkruip terwyl hy sake in verlate parkeerareas doen. Ná sulke uitstappies was haar beloning altyd ’n lekkerny, en só word haar lewenslange stryd met kos aangevuur. Van Kaapstad na San Francisco en selfs Sri Lanka, met ’n wavrag vol seks, drugs & rock ’n’ roll, tref Anoeschka von Meck se nuutste roman jou soos ’n reusegolf en spoel sy die verhoudings oop wat van ons denkende, spirituele wesens maak. |
![]() ![]() You may like...
Complex Networks and Their Applications…
Hocine Cherifi, Sabrina Gaito, …
Hardcover
R6,118
Discovery Miles 61 180
Nonsmooth Optimization-analysis and…
M. M. Makela, P. Neittaanmaki
Paperback
R879
Discovery Miles 8 790
ISCS 2014: Interdisciplinary Symposium…
Ali Sanayei, Otto E. Roessler, …
Hardcover
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz
Paperback
![]()
Origami Paper 100 sheets Kimono Patterns…
Tuttle Publishing
Notebook / blank book
|