Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
As die enigste oorlewende erfgenaam van kinderlose alleenloper Contessa Gabriella di Bartolli, erf wynmaker Gabriella Armitage die wynplaas en herehuis in Umbrië, Italië. Die herehuis is egter vervalle en die plaas produseer nie meer wyn nie. Gabriella besluit om die eiedom te restoureer, behalwe vir die stuk grond wat haar groottante aan die skatryk en arrogante Conte Eduardo Antoneschi van die buurlandgoed, Montebello, verhuur het. Gabriella is verplig om die kontrak te hernu, al word sy deur die Antoneschi’s as ’n onwelkome inkommer en vreemdeling beskou. Ten spyte van vele probleme wat opduik en die vonke laat spat, bly die aantrekkingskrag tussen Gabriella en Eduardo onmiskenbaar. Gaan twee hardkoppige harte mekaar kan vind?
Toe Pamina Vermaak by die werk uitfreak, sit sy skielik sonder inkomste. Boonop verloor sy haar kêrel, haar woonstel in Tamboerskloof, asook die laaste flenters toekomsideale wat sy naarstig aan ’t vasklou was – alles in een dag. Sy is gedwing om druipstert terug te keer na haar ouerhuis op die klein Weskusdorp Witwaterbaai. ’n Plek wat sy gesweer het haar nooit weer sal sien nie. Intussen basuin die voorblaaie van poniekoerante dit uit dat rockster Wolf de Jager se verlowing met aktrise Daniella du Toit verbreek is en krioel dit op sosiale media van steelfoto’s waar sy hom verneuk. Hy moet weg uit die Kaap en ’n lukrake seleksie op Google Maps bring hom tot op Witwaterbaai, waar sy swart leerbaadjie harder as sy Fender Stratocaster skreeu teen die gehekelde doilies in Ant Leentjie se gastehuis. Sal Pamina en Wolf op hierdie slakkepas-dorp van bokkoms droog en stoepsit hul probleme kan ontduik? Of lê daar net nog meer komplikasies voor?
Nutsman of skurk? Nadia moet haar oorlede tweelingsussie se baba teen ’n dwelmsindikaat beskerm wanneer die halfmiljoen rand wat haar suster en swaer aan hul verskuldig is, geëis word. In die proses verwar die sindikaat vir Nadia met haar sussie en sy besluit om te vlug. Sy gaan skuil saam met die baba op ’n plattelandse dorpie by ‘n gastehuis terwyl haar broer meer oor die sindikaat uitvind. Hier ontmoet sy die aantreklike Ewan wat die gastehuis besoek vir besigheid, maar Nadia is dadelik versigtig vir hom. Hy speel te graag die ridder vir elke vrou op die dorp en sy bevraagteken sy sogenaamde sakebesoek. Nadia leer Ewan ken terwyl hy by die gastehuis bly en aanbied om bietjie instandhoudingswerk te doen. Net as sy hom amper begin vertrou wonder sy of hy nie tóg ’n verskuilde agenda het nie. Is hy moontlik self by die sindikaat betrokke?
Die vliegtuigwiele lig. Ek skeur los van Afrika. Uiteindelik begin my reis Engeland toe, om ponde te verdien. Niemand weet ek gaan by ’n brug in Londen afspring nie. Want ek is sat baklei teen ’n geldgemors wat ek eiehandig geskep het. Dobbel en foreign exchange het my sewentig maal sewe keer hel toe en terug gestuur. My sabbatsreis was ’n helnag in die hemel. Om dit te verwoord, het my ontbloot. Maar my dwingende behoefte om in my eie spieël te kyk, was nog nooit groter nie. Wat ek gesien het, het my laat terugdeins. En tog, gaandeweg, soos die mislaag op die spieël weggewasem het, het ek agter my in die spieël ’n skare gesigte gesien. Soekers, soos ek ... Verlorenes. Blindes en heldersiendes. Vervloektes en geseëndes. Almal nes ek. Sodat ek nie anders kon nie, as om midde-in die spieëlskare in te stap. Want dalk lê die essensie van die lewe iewers in dié menigte. As ek nie daar gaan soek het nie, sou ek nooit weet nie. Dit was ’n ongelykpad wat my meermale té diep in myself laat verdwaal het. Algaande het ek egter my doolhof beter begryp, die ontrouheid van my lewensmaat, die aborsie. Dat ek die pad geloop het, enduit, het my verander. Uiteindelik kon my eie stem in harmonie kom met die neuriekoor, het ek besef dat elke aardling op sy eie sabbatsreis is. En kon ek uiteindelik tuiskom in die Kanaänland van melk en heuning – in myself.
Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig? Terwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op Sir Lowryspas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n reeksmoordenaar. Ongeïdentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring – waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die Gebleikte Lyk. Kort daarna word sy Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy’s ’n buitelander: Alicia Lewis, ’n kunskenner op die spoor van ’n Fabritius-skildery wat kwansuis in die Kaap is – en hý was ’n Rembrandt-leerling van wie bloedweinig werke bekend is. ’n Onbekende Fabritius sou ’n gróót storie in die kunswêreld wees. Dan vind Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar, en Vaughn weet dadelik daar’s gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .
Tian Killian se ouers is voor sy oë vermoor, die aand van die vuurwerke op Slootplaas. Nou reis hy, Amsterdam toe en na Kowloon, oral op die spoor van Charlie Oeng, oftewel Koekepan, oftewel Gelatenheid, oftewel Sjinees. Eens op ’n tyd ’n onbeduidende Hollywood-ekstra, maar ’n hoofrolspeler in Tian se wêreld. Hoe harder Tian probeer om die pyn wat hom sedert sy jeug vergesel, te verstaan, hoe tergender word die vraag: Waar eindig die Sjinees se skuld en waar begin sy éie aanspreeklikheid? ’n Ryke verskeidenheid karakters bevolk dié ambisieuse verhaal, van die Sjinese matriarg Ouma Voetjies in Amsterdam tot die blinde siener Ouma Ogies in die Oos-Kaap, van Cor van Gogh, hy met die kleinood in die koker, tot die enigmatiese, naamlose “Sy” . . . Die wêreld van Charlie Oeng staan in die tradisie van breedopgesette vertellings met veelvuldige verhaallyne en uitgebreide agtergrondbeskrywings. Feit en verdigsel is sjarmant verweef in hierdie verbluffende roman.
Op haar man se begrafnis hoor Danika Rivers iemand sê sy moes van haar
man se bedrog geweet het. Sy en haar sesjarige dogtertjie word met
skuld en skande agtergelaat.
Nataniel is weer op sy stukke. 41 magiese nuwe stories in Afrikaans en Engels, uit sy mees onlangse verhoogproduksies landswyd. Tegelyk absurd en tog so herkenbaar Suid-Afrikaans. Soos in Nicky & Lou, en sy jongste blitsverkoper 150 stories, is die verhale in Zip! spitsvondig en baie snaaks, en tog ook so wys. Hoe skryf hy op een plek: “As mense na jou staar of jou nie aanvaar nie, is dit heeltemal in die haak. Solank hulle vir jou hande klap.” 27 stories is in Afrikaans, en 14 in Engels.
Dat Yentl Beylstra as tweejarige 'n tante geword het was destyds voorbladnuus in die kontreikoerant. Met 'n volksvreemde naam soos hare, is sy as graadagt leerling in 'n nuwe skool deur die hoofseun, Wicus Willers, van 'n klomp koggelende matrieks gered. Hy sorg vir die bynaam Gentle-Yentl, minwetende dat hy die oorsaak was vir haar eerste, en mees geheime drome, oor die liefde. Jare later, na 'n mislukte verlowing, oorreed haar neef, Bertus, haar om as locum vir hom in 'n tandartspraktyk in Engeland in te staan. Daar ontmoet sy in vreemde omstandighede Bertus se huismaat, Wicus - die einste hoofseun van haar tienerliefde. Sy ontdek dat haar gevoelens net latent gewag het om soos sjampanje weer na die oppervlak te borrel. Tussen die eeue-oue geboue ontdek sy uiteindelik die oerwete van dit wat tussen 'n man en vrou gebeur wanneer twee siele vervleg.
Clea Cilliers, student en entrepreneur, wag nie vir ’n djin in ’n lamp om haar wense te bewaarheid nie. Sy gebruik haar erfgeld om ’n baristafiets en koffiepitte te koop sodat sy aan haar oorbeskermende broers kan bewys sy kan op haar eie voete staan. Bedags is sy barista by haar koffiestasie in die middestad sodat sy saans lesings kan bywoon vir haar BA-graad. Pierre Grundling se besigheidsaanbod wat die geleentheid insluit om ’n agtiende-eeuse dagboek in Afrikaans te vertaal, verander alles. Haar lewe raak so vervleg met die avonture van die dagboekskrywer en die ontstaan van die koffiekultuur, dat sy begin vermoed dat koffie dalk wel ’n towerdrankie is.
Trou en kinders kry is nie deel van prokureur Lelanie Walter se toekomsplanne nie, maak nie saak hoe lam Werner Steyn, Steynslanden se wynmaker, haar knieë met sy soene maak nie. Werner stel nie belang in enige ander vrou nie, maar hy weet ook dat Lelanie nie wil trou of kinders hê nie. Sy begin boonop mettertyd al minder op die plaas kuier. Maar die lewe het ’n manier om alle planne vinnig te plooi soos hy dit wil hê. Dít leer Lelanie toe sy ná haar kollega en vriendin se dood hoor sy is as voog benoem vir haar drie maande oue baba, Emma. Werner se ma vang hom onkant toe sy hom vra om Lelanie op die lughawe te gaan haal. Maar niks kon hom voorberei op die prentjie wat hom inwag nie: Lelanie mét ’n baba.
As jy wag vir ’n ridder op ’n wit perd gaan jy lank wag, want hulle
bestaan nie. Dis Ma Amelia se motto.
Diana en Gerhard deel dieselfde droom, maar dit is beslis nie een wat
hulle saam kan uitleef nie. Dit is óf die een óf die ander se droom wat
gaan realiseer.
Toe Cérie Château Monet erf, besluit sy om daar te bly. Hier is sy
geliefd en haar geheim is veilig. Arthur Arenberg, ’n welgestelde
hertog en Cérie se lojale jeugvriend, is bereid om met Cérie trou om
haar teen haar pa te beskerm.
Nicola moet fokus op haar nuwe werwingsagentskap, en nie dagdroom oor Etienne Fouché, een van die direkteure van DFHM Capital nie. Sy wil in elk gev al nooit trou nie, want sy kom uit 'n huis vol konflik en drama. Dit is beslis iets wat sy nooit weer in haar lewe wil hê nie. Maar toe daag Etienne by haar werkplek op. Hy't nie geweet sy is die Nic Ackerman met wie hy 'n afspraak het nie, en al die gevoelens wat sy - én hy - die afgelope ses maande probeer onderdruk, borrel na die oppervlak. Hy soen haar, maar is baie gou om vir haar te sê sy voldoen nie aan die vereistes wat hy stel vir sy toekomstige vrou nie. Anders as sy twee vriende saam met wie hy in die kinderhuis was, wil Etienne wel eendag trou. Nicola voldoen net glad nie aan een van sy vereistes nie. Maar hoekom is sy die enigste vrou by wie hy wil wees? Die lug vol Kersmusiek kan 'n man dalk net van plan verander...
Megan is ’n vuurvreter advokaat wat haar nie van stryk bring nie,
totdat sy die aantreklike Eckhardt met sy verspotte kort kakiebroek
raakloop. Boonop moet sy nou saam met sy broer, ’n alombekende
mode-ontwerper, werk.
Mianke, is ′n romanskrywer, maar glo nie aan die liefde nie. Vir haar is liefde bloot ′n mite, nes feëverhale. Haar aanstaande swear vra haar om uit te help op sy vriend se wildreservaat. Vanaf die intrapslag laat hy haar hart vinniger klop. Gaan sy ingee tot die liefde?
Wie gaan haar hart wen? Jane Roos skilder soos sy lewe: In volkleur en groter as die werklikheid. Sy glo daar is iewers die ideale pasmaat vir haar en dis beslis nie die stil, ernstige oorlogskorrespondent, JJ Richter, nie. Soms tree hy baie vreemd op en dis duidelik dat hy nie veel respek het vir haar nie. Die feit dat JJ haar nuwe buurman op Bietjiebaai is maak dit nie juis maklik om hom te vermy nie. Boonop word hulle verplig om saam te werk aan ’n projek wat hulle heeltemal te dikwels saamgooi en dwing om mekaar te leer ken. Kobus van Rensburg, spanningsverhaalskrywer, daag intussen ook by Bietjiebaai op. Hy deel Jane se lewensvreugde en die twee kom uiters goed oor die weg. Is hy die een wat haar hart gaan vermurwe, of dalk haar knorrige buurman met al sy emosionele bagasie en die veraf kyk in sy oë?
Ná ’n bedrogskandaal, vernederende televisie-onderhoud en egskeiding, vlug Alma Roux die natuur in en word ’n veldgids. Op Thabayengwe, waar sy ’n trop olifante help rehabiliteer, voel dit net of sy haar voete weer vind toe Beyers Gunther opdaag. Hy is die man wat haar voor duisende televisiekykers verneder het en nou kom verfilm hy haar olifantprojek. Dan daag Alma se eksman boonop op en skielik is haar lewe in gevaar. Gaan sy die krisis kan ontlont en sal die volle waarheid oor Beyers uitkom?
Toe Marguerite ’n jaar ná haar mislukte verlowing terugkeer na haar
grootworddorp, is almal presies nog soos wat sy hulle onthou.
Paula Swart het baie empatie met die pasiënte by die kliniek waar sy ’n
arbeidsterapeut is. Vir haar kollega se vriend Derick het sy egter nie
ooghare nie, al het sy hom nog nie eens ontmoet nie. In haar oë is hy
’n swakkeling en vir sy soort het sy nie tyd nie.
Liefde is al wat vir die mens oor is Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie – praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir ’n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig. Só ontvou Poppie se verhaal. Dit begin in haar ouerhuis en in ’n saaltjie op ’n plot waar ’n pastoor openbarings kry en waar die Nels slaafse navolgers van sy leringe is. Dis net, die openbarings kom en gaan soos dit die pastoor ten beste kan dien. Langmourokke, manskoene, niks mooimaakgoed nie, studie is ook van die duiwel, uitgedink deur die bose wêreld daar buite. Die skade aan ’n meisiekind se siel ... Nou ja. Uiteindelik berei Lukas ’n preek oor die liefde voor. Want dit is al wat daar vir die mens oor is.
Geskeide Lillian Henderson se beste vriendin, Elzibi Cronjé, beplan 'n familiefees en vra of haar drie ongetroude broers tydens die Kerstyd by Lillian kan tuisgaan. Tot haar argwaan daag Louis, die oudste van die drie ongetroude broers, 'n week te vroeg by haar huis op. Sy laat hom goed verstaan dat hy nie heeldag op haar bank kan sit en niks doen nie, en steek hom in die werk. Sy sleep hom saam winkels toe sodat hy haar Kersfeesaankope kan dra, help geskenke toedraai en selfs dat om in die kombuis help. Louis is boonop 'n regte ou knorpot en hou haar op 'n afstand, maar ten spyte daarvan kan sy hom net nie uit haar gedagtes kry nie. Daar is egter net een probleem: Louis woon in die Kaap en is met sy werk getroud. Daar is nie plek vir 'n vrou in sy besige lewe nie. Op haar beurt glo Lillian nie in langafstandverhoudings nie. Die grootste stryd tussen die twee is egter om seker te maak hul vakansieromanse eindig nie in een van hul slaapkamers nie.
Olivia October beëindig haar netballoopban in Australië en keer terug na Suid-Afrika. Met haar spontane geaardheid en voller figuur wat sy met selfvertroue dra, skep sy die indruk van sorgvryheid. Selfs haar beste vriendin by wie sy aanvanklik tuisgaan, weet nie van die hartseer en berou wat sy met haar saamdra nie. Olivia se pad kruis met dié van Shaun Mouton, ’n professionele, krieketafrigter en hulle stamp dadelik koppe toe sy hom met prins Harry vergelyk oor sy rooi hare en hy in ’n oomblik van dwaasheid ’n opmerking oor haar lyf maak. Die twee takel mekaar konstant met woorde, maar die hart praat natuurlik ’n taal van sy eie. Die vrolike Shaun dra swaar aan die verwerping wat hy as kind ervaar het en vind tot sy verbasing troos by Olivia. Die feit dat hulle voorlopig ’n huis moet deel lei tot wrywing, maar stadigaan ook tot dieper begrip. ’n Reis deur Portugal bring nuwe insigte en ook die wete dat elke hart na ’n rusplek soek.
Die ware betekenis van la dolce vita ... In ’n skoendoos vol papiere wat Lizette de Klerk by haar bejaarde ma kry, ontdek sy ’n brief van haar oupa. Dié versoek dat ’n bedrag geld aan die Italiaanse De Lucas-gesin betaal word. Haar oupa het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Italië geveg en is daar gewond. Presies wat tussen haar oupa en die De Lucas-gesin gebeur het, is nie duidelik nie, maar dit stuur Lizette op ’n speurtog na Italië. Hier onthul die geskiedenis van oupa Isak se verbintenis met Isabella De Lucas sigself soos ’n skildery, laag-op-laag en ontroerend mooi. In Italië, aan huis van haar galante gasheer, die kunsprofessor en kunstenaar Alphonso Lombardi, leer Lizette die ware betekenis van la dolce vita ken. |
You may like...
|