![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
Die laaste wens van ’n jare lange vriendin stuur Talla na die Glencoe-vallei in Skotland. Sy neem digbundels saam, asook haar wolkboekie om haar stokperdjie voort te sit – die soeke na seldsame wolke. Sy gaan by Munro’s tuis, ’n onopgesmukte herberg gewild onder bergklimmers, en hoop om stories oor tradisionele tartanwewerye te versamel. By Munro’s ontmoet sy die koddige rondloper, Mikey, wat die hele Skotland plat stap op soek na sy Kate – ’n geliefde wat hom glo jare gelede sonder waarskuwing verlaat het. Talla word by Mikey se soektog betrek, maar dit blyk gou dat sy gedagtes nie helder is nie, en sy geestestoestand net so troebel. Intussen duik herinneringe aan Talla se kinderdae in Warmbad, en aan haar eerste liefde, Astian, by haar op. Wat is dit aan die stilte van hierdie vallei wat vergete verledes na die oppervlak laat dryf? Dit help ook nie dat Astian net ’n dag se reis ver, in Shetland, woon nie. Sal sy dit waag om die antwoorde op vrae uit haar eie verlede na te jaag?
Gracie-Jane Coetzee se eerste kleinkind word gebore kort voordat die president die eerste inperking aankondig. Gracie is ’n skrywer en illustreerder van kinderboeke, en nie juis ’n konvensionele ouma nie. Sy verkies die geselskap van haar getroue basset-hond bo enige ander verhouding in haar lewe. Saans wanneer PTS haar tussen die mure van haar huis rondjaag en die gevoel van onheil soos ’n uil op die dak kom sit, dokter sy graag die kompulsief obsessiewe simptome met ’n glasie wyn of twee . . .
’n Vrou, Katerina Steenkamp, haar oog ferm op die berg, gaan op ’n aanlyn dating site en ontmoet mense met onverwagse gevolge. ’n Man, sy kop vol apokaliptiese frases, patrolleer die strate sonder enige sigbare voorneme of doel. ’n Ander man hou die naghemel dop en wag op die koms van ’n elliptiese tuig. Nog ’n vrou, aan die einde van haar lewe, besin oor haar huwelik, en die lewens van haar drie susters. ’n Uitdagende roman, wat bowenal dui op vernuwing in Winterbach se werk.
Wenner van die tweede prys in die Sanlam-Tafelberg Romanwedstryd in 2009. ’n Meesleurende verhaal uit die vyftiger- en sestigerjare, toe die Suid-Afrikaanse platteland nog sy geheime kon bewaar. Carli Botha is amper sewe jaar oud toe haar Italiaansgebore ma sterf tydens die geboorte van haar wanskape boetie. Sy word agtergelaat in die sorg van haar dranksugtige pa, Wilhelm. Dora, wat ook soms in die plaashuis help, kom tot Carli se redding.
Duits Suidwes-Afrika, 1905. ‘n Tyd van oorlog en beroering. Die tengerige Siegfried Bock kom as soldaat na die protektoraat om sy staal te wys. Maar hy word gou ontnugter toe hy vergrype aanskou wat hy nie kan vergeet nie. Lisbeth Löwenstein is hier om met ’n man te trou wat sy skaars onthou, ’n setlaar wat vir haar armlastige ouers geld gestuur het om haar tot vrou te neem. Mordegai Guruseb ontsnap uit ’n konsentrasiekamp waar gevangenes van ontbering omkom. Maar kort voor lank word sy vryheid weer bedreig. En dan is daar die mislukte dokter Albert Pitzer wat homself ’n wetenskaplike ag en hoop om data te versamel wat sy teorieë staaf. Alvaus Luipert, ’n plaaslike skoolmeester, duld egter nie sy arrogante aannames en vernederende metodes nie. In die uitgestrekte, majestueuse landskap van Duits Suidwes-Afrika word dié vyf mense se lot vervleg en elkeen se menslikheid word tot die uiterste beproef.
Blouwillestories is 'n keur uit Willem Theron se weeklikse rubrieke in Beeld, Die Burger en Volksblad die afgelope agt jaar en is geskryf in 'n humoristiese, tong-in-die-kies-trant. Dit handel hoofsaaklik oor die lewe in die Ou en Nuwe Suid-Afrika. Blouwillem vertel onder andere van sleepwabestuurstegnieke (of 'n tekort daaraan), snorkers in die Wildtuin, sonde met jou bure se honde en met jou honde se bure, bleskoppe en krullebolle, skooltake in die nuwe bedeling en treinry in die ou bedeling. Blouwillem se "skertse" sal geniet word deur mense van feitlik alle ouderdomme (die gesensorde verhale sal selfs die kinders vermaak) wat graag die humor in (soms ernstige) situasies raaksien en waardeer.
Henok kry ’n verrassing wanneer sy vrou in Israel kom kuier. Re’uven se pyn oor sy eersgeborene se dood lê nog vlak. Dit laat Marc wonder of hy Adonai nog sal kan liefhê as dit hom sou tref. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is.
Gert Garries: ’n Baaisiekel-babelas word in 2002 by die KKNK opgevoer en gee vleis aan ’n karakter uit Etienne Leroux se roman Magersfontein, O Magersfontein! Die plaaswerker Gert Garries ry vir drie dae met die verbrande liggaam van sy kind op sy fiets rond. Hy wil ’n doodsertifikaat bekom, ’n voorvereiste voordat hy die kind kan begrawe. Weens sy velkleur word hy egter deur die burokrate van bakboord na stuurboord gestuur. Na sy ontmoeting met Le Grange, ’n empatiese verkeersbeampte, ontstaan ’n sonderlinge verhouding tussen hulle. Hierdie verhouding suggereer ’n beter toekoms en menslike identiteit vir Gert, terwyl die kind simbool word van ’n bitter en wrang verlede. Eindelik begrawe Gert sy kind saam met die room van die Engelse. Die gehoor volg Gert Garries op sy drie dae lange fietsrit en beleef saam met hom ’n prutpot van emosies. Die drama word gepubliseer in 2019 as Gert Garries: ‘n Baaisiekel-blues.
Dan Sleigh’s latest work is once more an historical novel. While Eilande was published in English set at the beginning of the Western presence in the Cape, Afstande is much closer to the foundations of Western civilisation itself. It is based on the Anabasis of the Greek soldier and writer Xenophon, in which he reported on what has been described as one of the great adventures in human history. This “adventure”, which began in 401 BC, was nothing less than one of the clearest examples of human hardship and endurance. The adventurers were an army of ten thousand Greek mercenaries who were hired by a Persian prince to overthrow his brother, the king of the mighty Persian Empire. He ingeniously introduced another main character besides Xenophon, namely the Jewish eunuch Nagri, who was hailed as a prophet in Babylon, where the Israelites were in exile at the time. In Sleigh’s version the prisoner, Nagri, is used by Xenophon to compile the Anabasis from his cryptic notes. Afstande is therefore an intertwinement of the stories of two writers, namely the soldier-writer and the writer-prophet. Apart from being a grueling, authentic portrayal of one of the most remarkable military adventures in history, Sleigh’s novel is a representation of man’s search for identity and stability in a fast-changing, turbulent and unforgiving time. He shows how religion and ideology paradoxically guide and complicate this search. Through his two writer characters, their alliance and the friction between them, he also investigates the passion, desires, conflicts, but above all the emotion that underlies being a writer. In this way Sleigh transforms antique material into something absolutely contemporary and he achieves what all great writers achieve, and that is to confirm the permanence of that which is universally human.
Hoe kyk ’n mens terug na jou lewe en wens jy het ‘n ander vurk in die pad geneem? Wat sou gebeur het as? As? In dié diep ontroerende novelle toor die skrywer soos ’n alchemis van ouds met verdriet en spyt. Dit is ’n liefdesroman, ’n elegie aan die verlore liefde. Die verteller verlang terug na Anders, na Jena, na Duitsland. Maar die verlede spoel ’n mens rond soos die see. Nou is dit te laat. Vir altyd te laat.
Huilboek is Hattingh se eerste boek in negentien jaar. Dit is ’n verweefde teks wat afspeel tussen die hier van Nieu-Seeland en die verlede van Ryk se kinderjare in die 1960’s aan die Oosrand. Wie wás die kind op die stoep saam met sy ma en pa en ouma en boeties en Outa Toon? En wie was Outa Toon, van wie ons slegs die skouer en rug sien op ’n foto met pa en seuns? Die man wat vir Ryk gesê het, “Jy is mos die een met die hart.”? Huilboek is ’n kragtoer.
Wat Frederik de Jager se verhale uniek maak, is die feit dat dit om mense sentreer, dat dit fyngetekende portretstudies is. Of dit nou Jan Rabie, die enigste dogtertjie op ’n seunskoolbus, Mal Marina die klawerkoningin is of die seun op die speelgrond wat so stip kon kyk, of sy laerskoolvriend die aksieheld, dis karakters waarmee elke leser kan vereenselwig. Soms is die onderwerp die skrywer self, die skaam seun wat Sartre se selfbewustheid as bewustheid verstaan, die een wat weier om die klavierspelende sissie te wees. Die skryfwerk is dus tydloos en universeel. De Jager het ’n fyn oog en ’n slag met die woord. Soos Dana Snyman kan hy ’n emotiewe snaar raaktokkel en nostalgie opwek. De Jager is egter eerder prosaïs as volksverteller. Hierdie verhale is raak woordprente wat die uitsonderlikheid van gewone mense vasvang, met deernis, humor en ’n skeut hartseer - Op een na het al hierdie stukke verskyn in die tydskrif Vrouekeur van 2015 tot met die sluiting daarvan in 2020, as aflewerings in die rubriek “Mense onderweg”. Die laaste, langer stuk was ook in Vrouekeur, maar as alleenstaande artikel.
Na vele mislukte verhoudings, staan privaatspeurder Willem Vasbyt Loriet uiteindelik op trou. Dankbaar dat hy die groot stao kan neem viirdat hy 40 is, pak hy die taak aan om van seker aandenkings ontslae te raak. Dan gebeur daar skielik 'n klompie dinge bykans tegelyk. Hy sien 'n man raak wat hy nie kan plaas nie, maar glo dis ;n skelm wat hy tevore teëgekom het en wil hom graag identifiseer en weer ondersoek.
Dis iewers in die nabye toekoms. Kolonel “Rooipiet” Moolman se lieflingprojek is die jaarlikse Versoeningsfeesopvoering, ’n eietydse weergawe van die Slag van Bloedrivier, wat by ’n inryteater boop Welkom se mynhoop gehou word. Enkele seisoene tevore is ’n merkwaardige vonds gemaak: ’n koperplaatfoto wat tydens die destydse veldslag geneem is . . en dit wys drie engele teen die oggendmis! Net daar besluit Rooipiet dat die engele deel moet word van sy toneelstuk. Die neerdaal van die engele word die hoogtepunt van die opvoering, en vanjaar is daar ’n spesiale engel wat almal se asem wegslaan. Rooipiet is heimlik verlief op haar. Toe sy egter tydens die kleedrepetisie oënskynlik vermoor word en die koperplaatfoto boonop verdwyn, word Rooipiet se kultuurryk tot in die fondamente geskud. En hiervandaan raak die intrige net méér interessant. Weerlose meganika is ’n heerlik aweregse roman, sowel ryke verbeeldingsvlug as skerp satire.
Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Van Aardt is een van die volrondste personasies wat in baie jare in ’n Afrikaanse roman na vore getree het, en wat so heerlik is van sy uitbeelding is dat hy so nugter as ’n feilbare, onsekere volwassene geskets word. Die leser sien deur Van Aardt se oë - maar soos ons mettertyd agterkom, is daar nie werklik uitsluitsel oor die dinge wát hy sien nie. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde? Die titel van dié fassinerende roman deur die skrywer van Kamphoer kan op baie dinge slaan; onder meer op die verlies van alle sekerheid, selfs op die kleinste vlak. Dit sê eindelik baie oor die transformasie wat Suid-Afrika besig is om te ondergaan, uit die oogpunt van ’n hoogs gekultiveerde wit man.
Toemaar, jou dag sal kom . . . Dis die woorde wat Diana Botha, wynmaker van die spoglandgoed Soeterwijn, help om staande te bly en telkens weer die lewe met nuwe ywer aan te pak. As jong meisie erf sy die las vir ’n skande vir iets waaraan sy geen skuld het nie. Dit pla haar tot ’n studiebeurs haar help om haar passie vir wynmaak te laat ontluik. Maar in die Boland leer sy opnuut dat vooroordeel steeds stewig in die mensdom sit.
"Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun he langs die pad. "Met die woorde lei die mooi, rebelse Dalena haar nuwe vriendin, Mart, 'n wereld in waaroor ordentlike tienermeisies net in die donker fluister. So begin 'n inisiasieproses wat met opwinding, maar ook met ontnugtering en pyn gepaard gaan. Die dinge van 'n kind is ’n onthutsende eerlike boek oor die begin van vrouwees, en die verlies van onskuld op seksuele, politieke en morele vlak.
Ná ’n storm spoel ’n kleutermeisie op die Olifantsrivier se oewer uit.
Wie is klein Ellie, hoe het sy in die rivier beland, en waarom soek ’n
Romeense bendebaas na haar?
Magdaleen Verster probeer die stukke van haar lewe optel na die dood van haar tweelingsuster, Misha. Wanneer sy ’n onwaarskynlike vriendskap smee met haar eksentrieke buurman, die wetenskaplike Darius Achenbach, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede wêreld van stamselnavorsing. Asof Misha haar aksies vanuit die dood rig, vind gematigde Magdaleen dat sy skielik bereid is om groot risiko’s te neem. Sy kan haar suster nie terugbring nie, tog kan sy moontlik ’n verskil aan ander se lewens maak. Wat begin as ’n onbaatsugtige projek, vang haar gou vas in geheime bedrywighede waarvan sy min verstaan. Wie is so angstig om Darius se navorsing te ontspoor? Of wil hulle dit dalk vir hulself toeëien? Alles kom teen ’n prys. En soms is die prys van een mens se lewe ’n ander mens se dood.
Sy’s ʼn boeremeisie, hy ʼn Jood. ʼn Boerejood, ja, maar nogtans ʼn Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms as hulle dit nie self skep nie. Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd ʼn plan. Altyd. Hy, met sy lag, sy terg, die sagtheid in sy oë. Die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk. Soos die middelmannetjie in die drif. Hulle weet van mekaar vermy, van voorgee sodat niemand iets vermoed nie. Van wag. En van liefhê … Totdat Elizabeth gedwing word om ʼn doodsbelofte te maak. En sy weet, sy wéét, hierdie keer is dit verby, nie eers Izak sal nou meer raad hê nie.
Twee dramas oor familie, verhoudings, vergifnis en herinneringe. Wat bybly, is dat mense maar net mense is. Dat versoening deel van menswees is. Dat stukkende mense mekaar kan help heel word en dat familie tog familie bly – ondanks omstandighede, persoonlike keuses en uitdagings. Sandton City grootdoop: ‘n Drama oor ’n ma en haar twee dogters wat vir die eerste keer in ’n lang tyd bymekaarkom om die oudste, Danel, se verjaardag in Sandton City te vier. In die proses begin die trio mekaar se verlede, gevoelens en emosies oopkrap met eerlike, en snaakse, oomblikke. Kara, die ma, is die aktrise wat haar man en kinders op ’n jong ouderdom verlaat het om haar groot droom om wereldberoemd te word, na te volg. Sy erken dat sy nie bevoeg of beskore was vir moederskap nie, maar probeer tog om tot hulle deur te dring en hulle vertroueling te wees. Haar oudste dogter, Danel, is bipoler en bly na ‘n onlangse selfmoordpoging weer by haar ma. Sy is naief en emosioneel en val maklik vir haar ma se manipulasie. Haar suster, Lisa, is gay en verwyt haar ma dat sy nog niks met haar lewe gedoen het nie. Sy is kwaad en kras en wil graag haar ma skok met haar uitlatings oor seks, maar ’n mens kom agter dat sy eintlik baie kwesbaar is. Die dag is bros: Dis laatmiddag. Elsa, voorheen ’n lektor in Afrikaanse letterkunde, berei ’n driegangmaaltyd voor vir Brian se verjaarsdag. Hy was ’n jeugmisdadiger wat ’n tweede kans gegun is onder Elsa se vlerk. Sy stel hom bloot aan Sheila Cussons en hy vul ’n leemte in haar lewe. Tussendeur word daar speletjies gespeel met Tertius – die vreemde kind wat kersiebloeisels aandra uit Japan. Voor die kos koud kan word sal die dag ’n ingrypende wending neem. Die Dag is Bros is benoem vir ’n Fiesta as beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie.
Hoe gebeur dit dat ’n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek? In Geknelde land gee FA Venter ’n diep-menslike antwoord op dié en ook op baie ander vrae oor die Groot Trek. Dit is die verhaal van die Dreyer-gesin van Grensplaas en vertel van die ontberings en terugslae wat dié boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek.
“Pappa, die sterre is dieselfde hier.” Milano Kaliempie is Mieta en Hennerik se enigste vlaktekuiken op die plaas Spookwerwe in die dorre Bo-Karoo. Hul buurman, Geelsuiker, leer Milano die geheime van die veld, ook jakkalsjag, en op die werf is dit Mieta wat soggens douvoordag brood inknie en die hartklop van hul bestaan is. Dis wanneer juffrou Meintjies die dag met haar wit karretjie by die huis aankom, dat die hol kol op Mieta se maag kom sit. Want Milano was dan net die een dag laat vir skool. Maar juffrou Meintjies het ander nuus. Dis Geelsuiker wat raad gee: “Jy moet nou gaan doen wat die regte ding is, Mieta. Daardie klong,” en hy wys na waar Milano die perd inspan, “vat nou die grootpad. Moenie hom in ’n klein kampie ingekeer hou nie.” Die kinders van Spookwerwe is ’n roman wat soos die vaal stof van die Bo-Karoo oral inkruipplek kry en diep in jou hart kom lê. Dis ’n roman oor ma-wees, oor grootword, en oor verliese. Maar ook van weer vol word.
Speurder Sollie Mtembu lê snags wakker oor of sy salaris ooit sy vrou se ambisies sal ewenaar. Maar in Oktober verdwyn 'n ou vriend van die polisiekommisaris en hy word opdrag gegee om dié “verdwyning” te ondersoek. Kort ná hy in Rhynveld arriveer verander die oënskynlike ontvoering in ’n moordsaak en Sollie moet sy vrese opsy skuif sodat sy speurvernuf kan seëvier.
|
You may like...
|