![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
Wat Frederik de Jager se verhale uniek maak, is die feit dat dit om mense sentreer, dat dit fyngetekende portretstudies is. Of dit nou Jan Rabie, die enigste dogtertjie op ’n seunskoolbus, Mal Marina die klawerkoningin is of die seun op die speelgrond wat so stip kon kyk, of sy laerskoolvriend die aksieheld, dis karakters waarmee elke leser kan vereenselwig. Soms is die onderwerp die skrywer self, die skaam seun wat Sartre se selfbewustheid as bewustheid verstaan, die een wat weier om die klavierspelende sissie te wees. Die skryfwerk is dus tydloos en universeel. De Jager het ’n fyn oog en ’n slag met die woord. Soos Dana Snyman kan hy ’n emotiewe snaar raaktokkel en nostalgie opwek. De Jager is egter eerder prosaïs as volksverteller. Hierdie verhale is raak woordprente wat die uitsonderlikheid van gewone mense vasvang, met deernis, humor en ’n skeut hartseer - Op een na het al hierdie stukke verskyn in die tydskrif Vrouekeur van 2015 tot met die sluiting daarvan in 2020, as aflewerings in die rubriek “Mense onderweg”. Die laaste, langer stuk was ook in Vrouekeur, maar as alleenstaande artikel.
'n Vuur brand in Kassie Kasselman se binneste. Reeds as
groentjiespeurder het hy geleer dat jy altyd afsydig moet staan van 'n
saak, anders maak jy oordeelsfoute. Maar hierdie saak krioel in sy
binneste soos 'n bondel giftige slange. Die gedagte aan die kinders,
aan wat hulle moet meemaak . . . En die slagoffers gil desperaat om
hulp. In Medusa boor Van Rensburg 'n nuwe, donkerder aar oop vir ons
geliefde speurder kaptein Kassie Kasselman.
Hoe kyk ’n mens terug na jou lewe en wens jy het ‘n ander vurk in die pad geneem? Wat sou gebeur het as? As? In dié diep ontroerende novelle toor die skrywer soos ’n alchemis van ouds met verdriet en spyt. Dit is ’n liefdesroman, ’n elegie aan die verlore liefde. Die verteller verlang terug na Anders, na Jena, na Duitsland. Maar die verlede spoel ’n mens rond soos die see. Nou is dit te laat. Vir altyd te laat.
Duits Suidwes-Afrika, 1905. ‘n Tyd van oorlog en beroering. Die tengerige Siegfried Bock kom as soldaat na die protektoraat om sy staal te wys. Maar hy word gou ontnugter toe hy vergrype aanskou wat hy nie kan vergeet nie. Lisbeth Löwenstein is hier om met ’n man te trou wat sy skaars onthou, ’n setlaar wat vir haar armlastige ouers geld gestuur het om haar tot vrou te neem. Mordegai Guruseb ontsnap uit ’n konsentrasiekamp waar gevangenes van ontbering omkom. Maar kort voor lank word sy vryheid weer bedreig. En dan is daar die mislukte dokter Albert Pitzer wat homself ’n wetenskaplike ag en hoop om data te versamel wat sy teorieë staaf. Alvaus Luipert, ’n plaaslike skoolmeester, duld egter nie sy arrogante aannames en vernederende metodes nie. In die uitgestrekte, majestueuse landskap van Duits Suidwes-Afrika word dié vyf mense se lot vervleg en elkeen se menslikheid word tot die uiterste beproef.
Oom Chris is die baas van Doodsedrif – of so het hy gedink. Sy vet, bruin kalf lê versuip langs die seekoeigat. Toe dryf oom Jan Oortjies se ou hond opgeblaas langs die oewer. Kraaibek, die mak bobbejaan, spring kort daarna waansinnig in die rivier en verdrink. Telkens sien oom Chris se seuns die drietonige voetspoor op die riviersand. Manienk, een van die plaasseuns, meen dis Salmaklak, “die gladde nat dier wat hier by jou in die water is”. Hy trek die diere in die water in en los hul liggame om in die rivier af te dryf. Maar wie het die Tswanaseun met ’n graaf oor die kop geslaan en in ’n vlak graf begrawe?
In die 1980’s verower die sanger genaamd Ober die Afrikaanse musiektoneel. Jare later belig sy vriend en agent, Sybie de Waal, Ober se lewensloop in ’n plakboek van woorde – van hulle skooldae af, deur die jare toe Obermania die publiek beetgepak het, tot die terreurdaad toe alles tot ’n einde kom. Die onsigbare pou is ’n verhaal van ambisie en kreatiwiteit, roem en anonimiteit, vriendskap en verraad. In Zirk van den Berg se pittige, poëtiese vertelstyl.
Tian Killian se ouers is voor sy oë vermoor, die aand van die vuurwerke op Slootplaas. Nou reis hy, Amsterdam toe en na Kowloon, oral op die spoor van Charlie Oeng, oftewel Koekepan, oftewel Gelatenheid, oftewel Sjinees. Eens op ’n tyd ’n onbeduidende Hollywood-ekstra, maar ’n hoofrolspeler in Tian se wêreld. Hoe harder Tian probeer om die pyn wat hom sedert sy jeug vergesel, te verstaan, hoe tergender word die vraag: Waar eindig die Sjinees se skuld en waar begin sy éie aanspreeklikheid? ’n Ryke verskeidenheid karakters bevolk dié ambisieuse verhaal, van die Sjinese matriarg Ouma Voetjies in Amsterdam tot die blinde siener Ouma Ogies in die Oos-Kaap, van Cor van Gogh, hy met die kleinood in die koker, tot die enigmatiese, naamlose “Sy” . . . Die wêreld van Charlie Oeng staan in die tradisie van breedopgesette vertellings met veelvuldige verhaallyne en uitgebreide agtergrondbeskrywings. Feit en verdigsel is sjarmant verweef in hierdie verbluffende roman.
"Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun he langs die pad. "Met die woorde lei die mooi, rebelse Dalena haar nuwe vriendin, Mart, 'n wereld in waaroor ordentlike tienermeisies net in die donker fluister. So begin 'n inisiasieproses wat met opwinding, maar ook met ontnugtering en pyn gepaard gaan. Die dinge van 'n kind is ’n onthutsende eerlike boek oor die begin van vrouwees, en die verlies van onskuld op seksuele, politieke en morele vlak.
Sy’s ʼn boeremeisie, hy ʼn Jood. ʼn Boerejood, ja, maar nogtans ʼn Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms as hulle dit nie self skep nie. Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd ʼn plan. Altyd. Hy, met sy lag, sy terg, die sagtheid in sy oë. Die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk. Soos die middelmannetjie in die drif. Hulle weet van mekaar vermy, van voorgee sodat niemand iets vermoed nie. Van wag. En van liefhê … Totdat Elizabeth gedwing word om ʼn doodsbelofte te maak. En sy weet, sy wéét, hierdie keer is dit verby, nie eers Izak sal nou meer raad hê nie.
Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat
se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde
grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.
Die onweerstaanbare Audrey Blignault het destyds die wêreld van die Afrikaanse vrou óópgeskryf en was haar tyd vooruit. Dié unieke keur bring haar beste werk byeen, van kort sketse uit die vroeë bundels tot langer essays en verhale uit latere publikasies. Hierdie baldadige, skalkse, “onwennige ouma” skryf dalk oor vervloë dae, maar op so ’n unieke, toeganklike manier dat dit vir vandág se leser kraakvars is, en jou ten diepste raak. 'Met my rooi rok voor jou deur: ‘n Keur uit die werk van Audrey Blignault' sal voorgelees word op RSG vanaf einde Mei 2021! Die briljante Rika Sennett sal die voorleser wees.
Nadat Ella Neser as moordspeurder uit die polisie bedank het, het sy op plesierbote in die Karibiese See gaan werk. Toe kom die virus, en sy is verplig om na SuidAfrika te repatrieer. Nou sit sy sonder werk en sonder toekoms. Sy word gevra om 'n private ondersoek te loods op die dorpie Osspruit in Mpumalanga. Vier jong manne het oënskynlik besluit om voor en tydens die inperkingstyd weg te loop, maar meer sinistere gebeure word agter hulle verdwynings vermoed . . . Die aksie speel binne vier dae in Julie af, tydens die grendeltyd. Hoe dieper Ella begin krap, hoe meer besef sy daar is 'n gewetenlose brein wat agteraf konkel met die steenkoollorries na Eskom as rookskerm. Ella is genoodsaak om haar eie intuïsie te vertrou ten einde by die waarheid uit te kom – maar dit gebeur nie sonder verdere hikke en bloedlating nie. Man uit die dode verskyn as krimivervolgverhaal op Netwerk24 en daarna in boekvorm by H&R. Dit speel af net voor die aanvang van Die versoeking van Thomas Maas.
In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. 'Tweegevreet bied, soos sy voorganger, Die vertes in, spanning én stof tot nadenke.
Magdaleen Verster probeer die stukke van haar lewe optel na die dood van haar tweelingsuster, Misha. Wanneer sy ’n onwaarskynlike vriendskap smee met haar eksentrieke buurman, die wetenskaplike Darius Achenbach, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede wêreld van stamselnavorsing. Asof Misha haar aksies vanuit die dood rig, vind gematigde Magdaleen dat sy skielik bereid is om groot risiko’s te neem. Sy kan haar suster nie terugbring nie, tog kan sy moontlik ’n verskil aan ander se lewens maak. Wat begin as ’n onbaatsugtige projek, vang haar gou vas in geheime bedrywighede waarvan sy min verstaan. Wie is so angstig om Darius se navorsing te ontspoor? Of wil hulle dit dalk vir hulself toeëien? Alles kom teen ’n prys. En soms is die prys van een mens se lewe ’n ander mens se dood.
Speurder Sollie Mtembu lê snags wakker oor of sy salaris ooit sy vrou se ambisies sal ewenaar. Maar in Oktober verdwyn 'n ou vriend van die polisiekommisaris en hy word opdrag gegee om dié “verdwyning” te ondersoek. Kort ná hy in Rhynveld arriveer verander die oënskynlike ontvoering in ’n moordsaak en Sollie moet sy vrese opsy skuif sodat sy speurvernuf kan seëvier.
Bloedbroers. 'n Vriendskap en totale vertroue gesmee in Angolese pseudooperasies. Carlos Veiyera, die veteraan met 'n duister, gewelddadige verlede. Tex Texeira, sy talentvolle protégé. En toe is die oorlog verby. Of is dit? Hoekom, na jare van donker geheime, het Carlos nou die grens oorgesteek as renosterstroper in Mosambiek? Die gevreesde, onaantasbare Kalingono, dood verklaar na ‘n duister operasie … nou moordend terug? Militêre Inligting soek antwoorde. En Tex Texeira is die enigste operateur wat dit naby hom kan waag. As hy die skietdood van sy eie vrou kan verwerk. En die gevoel van 'n lokval wat hy net nie kan afskud nie ...
Jare lank al is Lauretta Blom ’n gedienstige huisvrou in haar beige paleis, die eggenoot van Tobias Blom, ’n suksesvolle sakeman met belange in Johannesburg én die Kaap. Maar met hulle seunskinders wat nou groot en uit die huis uit is, begin die stilte en die pynlike netheid van Retta se praghuis in die Johannesburgse sekuriteitslandgoed haar vasdruk. En sy wonder oor al die dinge wat sy nié gedoen het nie en hoe dit haar lewe gevorm het. Wanneer sy boonop begin vermoed dat Tobie vir haar iets wegsteek, besluit sy dat dit tyd is om dié dinge te doen wat sy nooit tevore aangedurf het nie. Eerste op die lys is ’n road trip Kaap toe saam met haar hond, Charlie, en haar kunstenaarsvriendin, Leigh. Die reis lei na die ontwaking van ’n nuwe Retta op ’n kleinhoewe buite Bethulie, maar ook na onthullings in die Kaap wat haar hele lewe omverwerp.
Sanlam Prize for Youth Literature: silver (1990)
Dan Sleigh’s latest work is once more an historical novel. While Eilande was published in English set at the beginning of the Western presence in the Cape, Afstande is much closer to the foundations of Western civilisation itself. It is based on the Anabasis of the Greek soldier and writer Xenophon, in which he reported on what has been described as one of the great adventures in human history. This “adventure”, which began in 401 BC, was nothing less than one of the clearest examples of human hardship and endurance. The adventurers were an army of ten thousand Greek mercenaries who were hired by a Persian prince to overthrow his brother, the king of the mighty Persian Empire. He ingeniously introduced another main character besides Xenophon, namely the Jewish eunuch Nagri, who was hailed as a prophet in Babylon, where the Israelites were in exile at the time. In Sleigh’s version the prisoner, Nagri, is used by Xenophon to compile the Anabasis from his cryptic notes. Afstande is therefore an intertwinement of the stories of two writers, namely the soldier-writer and the writer-prophet. Apart from being a grueling, authentic portrayal of one of the most remarkable military adventures in history, Sleigh’s novel is a representation of man’s search for identity and stability in a fast-changing, turbulent and unforgiving time. He shows how religion and ideology paradoxically guide and complicate this search. Through his two writer characters, their alliance and the friction between them, he also investigates the passion, desires, conflicts, but above all the emotion that underlies being a writer. In this way Sleigh transforms antique material into something absolutely contemporary and he achieves what all great writers achieve, and that is to confirm the permanence of that which is universally human.
Twee vroeë romans deur een van Afrikaans se gewildste liefdesverhaalskrywers. Albei verhale speel af in die Vrystaatse Riemland, die heimat van die Bassons en Baumanns, twee families wie se geskiedenis deur vriendskap en intrige verweef is. In Ver vlug na môre reis Eugene Basson na Europa om te gaan vasstel wat van sy gevoelens vir die mooi blonde Elsje geword het. In Met vandag se brood is Renier, die jong dominee op Petrusdal, vasgevang tussen sy verstand en sy hart.
Gedurende die Eerste Wêreldoorlog staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale van ’n Britse militêre hospitaal. Op die deur is ’n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien jaar tevore was sy gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Winburgse konsentrasiekamp, en dit is waar sy daardie naam leer ken het. Sy lig haar hand om daardie deur oop te maak. Haar hand bewe onbeheerbaar. Maar sy is ’n psigiatriese verpleegster en dit is wat sy moet doen, getraumatiseerde soldate terugbring na die lig. As daardie soldaat egter die een is wat sestien jaar te vore met sy heupe alle lig uit jou gestamp het, is dit nie so voor die hand liggend nie. Susan Nell huiwer voordat sy die deur oopmaak, sy wik en weeg desperaat – sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood. Kamphoer is die ware verhaal van ’n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls weggegooi is. Met die hulp van ’n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses kom sy weer haar verkragters teë . . . In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is ’n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.
Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Die bedompige klimaat voel soos ’n tronksel en sy mis die ooptes van die Vrystaat en, daarmee saam, bekostigbare blyplek. Speursersant JP Hendriks, aan wie sy deesdae rapporteer, toon boonop nie ’n greintjie simpatie nie. Een Vrydagoggend in Desember vang ’n vakansieganger met sy hommeltuig se kamera ’n afgryslike toneel vas. Tussen die voetstukke van ’n geroeste windpomp in ’n afgeleë stuk veld wat grens aan ’n staproete, lê ’n bebloede bondeltjie mens. Minder as 24 uur later word ’n foto van nóg ’n slagoffer iewers in ’n stegie van die onderdorp soos ’n veldbrand op sosiale media versprei. Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriarg van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen? En waar kom die albaster wat in die eerste slagoffer se hand vasgeknyp is, vandaan? Petunia en JP bevind hulself oornag as die hoofondersoekers in ’n duistere moordsaak.
Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Van Aardt is een van die volrondste personasies wat in baie jare in ’n Afrikaanse roman na vore getree het, en wat so heerlik is van sy uitbeelding is dat hy so nugter as ’n feilbare, onsekere volwassene geskets word. Die leser sien deur Van Aardt se oë - maar soos ons mettertyd agterkom, is daar nie werklik uitsluitsel oor die dinge wát hy sien nie. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde? Die titel van dié fassinerende roman deur die skrywer van Kamphoer kan op baie dinge slaan; onder meer op die verlies van alle sekerheid, selfs op die kleinste vlak. Dit sê eindelik baie oor die transformasie wat Suid-Afrika besig is om te ondergaan, uit die oogpunt van ’n hoogs gekultiveerde wit man. |
You may like...
Recent Developments in Intelligent…
Dariusz Krol, Lech Madeyski, …
Hardcover
R4,886
Discovery Miles 48 860
Intelligence Integration in Distributed…
Dariusz Krol, Ngoc Thanh Nguyen
Hardcover
R4,955
Discovery Miles 49 550
Quantum Computing:An Environment for…
Aboul Ella Hassanien, Mohamed Elhoseny, …
Hardcover
R5,892
Discovery Miles 58 920
Advanced Introduction to Artificial…
Tom Davenport, John Glaser, …
Hardcover
R3,097
Discovery Miles 30 970
Frontiers in Computational Intelligence
Sanaz Mostaghim, Andreas Nurnberger, …
Hardcover
R3,225
Discovery Miles 32 250
Big Data for the Greater Good
Ali Emrouznejad, Vincent Charles
Hardcover
R4,019
Discovery Miles 40 190
Field and Service Robotics - Results of…
Marco Hutter, Roland Siegwart
Hardcover
R5,289
Discovery Miles 52 890
Theoretical Advances in Neural…
Vwani Roychowdhury, Kai-Yeung Siu, …
Hardcover
R4,253
Discovery Miles 42 530
|