![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
Van Bientang het net die naam van 'n restaurant in Hermanus oorgebly: Bientang's Cave, asook 'n weggooi-opmerking: die laaste Strandloper. Uit hierdie gegewens sny die digter se verbeelding spoor in 'n kontra-epos. Wie was Bientang? Te midde van historiese geskrifte, kontemporêre angste en oorlewerings verskyn buitelyne om haar vir oomblikke binne bereik te bring. Die toonaard van die bundel is egter verlies oor 'n verlede wat geen spoor laat in die opgeskryfde geskiedenisse van die land nie.
Die derde boek in die Abel-trilogie. Die polisie word ontbied na ’n kamer in die Sleep Inn in Bez Valley. Bloed en hare in die bad dui op ’n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer ’n gelooide en onthaarde vel in formalien gevind word, weet Ella Neser sy is weer op Abel Lotz se spoor. Abel bevind hom in Brugge, by sy vriend Ignaz Bouts. Kort voor lank soek hy weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, hierdie keer met die hulp van Ignaz. Hy het twee velle en kort nog agt. Intussen word die lyk van ’n amptenaar van Binnelandse Sake kaal en bevrore langs ’n dam gevind, sy keel afgesny. Dit blyk dat ’n joernalis op sy spoor was, nadat ’n Suid-Afrikaanse paspoort aan die lyk van ’n meesterbrein van Al-Kaïda gevind is.
Hans van Kraaienburg is mos nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie, en hy ken geldsake. Hý sal hom nie met ’n piramideskema laat vang nie . . . of hoe? Toe Huis Madeliefie se mense onder ’n gladdebek-skelm deurloop en hul kosbare geldjies soos mis voor die son sien verdwyn, trek Hans sy kuite styf. Dié swendelaar se akker gaan nie ongekraak bly nie, besluit hy. Toe die polisie ’n beloning uitloof aan enigeen wat hulle na die skurk kan lei, neem Hans die handskoen met mening op. Met behulp van ’n mankolieke bussie en karavaan, mannemoed en vrouedaadkrag gaan Hans en trawante op die oorlogspad, Weskus toe. Javel Davel sál hul geld teruggee, of Hans laat los Nella en haar magtige bloomers op hom . . . Maar twee geslepe broers, Hans se paranoïese dogter en ’n venynige Valke-kaptein belemmer Hans se Sherlock-speurtog telkens. In die mees avontuurlike Hans-verhaal nóg vorder ons geliefde ouetehuiskommando tot by Paternoster se Panty Bar, en anderkant uit. Maar gaan hul beursies maer bly?
Ester Labuschagne en Nonthando Majolo het saam groot geword op 'n afgeleë plaas in die Oos-Kaap. Boesemvriendinne gewees – tot een dag van verraad. Nou, soveel jare later, met Nonthando se dogter Mila self al 'n volwasse vrou, kom spook die verlede by Ester. Sy besef sy kan nie langer hul geheime met haar haar saamdra nie. Met Somtotaal vestig Troskie haar opnuut as meevoerende skrywer. Dit is 'n storie wat geen leser onaangeraak sal laat nie.
Die duiwel is hierdie jaar los by die klooster van die heilige sint
William, Beskermheilige van die Metaversum. Dapper de Wet, roosteler,
gourmand en deurwinterde loodswaaier, word teen sy sin deur die
Departement afgevaardig om vas te stel wat aan die gang is.
Bloedbroers. 'n Vriendskap en totale vertroue gesmee in Angolese pseudooperasies. Carlos Veiyera, die veteraan met 'n duister, gewelddadige verlede. Tex Texeira, sy talentvolle protégé. En toe is die oorlog verby. Of is dit? Hoekom, na jare van donker geheime, het Carlos nou die grens oorgesteek as renosterstroper in Mosambiek? Die gevreesde, onaantasbare Kalingono, dood verklaar na ‘n duister operasie … nou moordend terug? Militêre Inligting soek antwoorde. En Tex Texeira is die enigste operateur wat dit naby hom kan waag. As hy die skietdood van sy eie vrou kan verwerk. En die gevoel van 'n lokval wat hy net nie kan afskud nie ...
Verliesfontein was beoog as die eerste roman in die drieluik Stemme, maar is laaste voltooi. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dié roman van Schoeman oor die Suid-Afrikaanse verlede. Hier is die sentrale gegewe die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900–1901, tydens die Anglo-Boereoorlog.
’n Verbeeldingryke roman waarin die Suid-Afrikaanse verlede as tema gebruik word. Ná ’n beroerte aan die einde van haar lewe mymer ’n bejaarde vrou oor die verlede – om hierdie lewe te volbring moet sy as die swygsame buitestaander in haar familiekring die raaisels rondom die gebeure en verhoudings van die verlede ontsluit.
In 1837 het ’n engel aan ’n jong skaapwagter verskyn, en die weerklank van hierdie gebeurtenis in sy eie lewe en dié van ander mense oor ’n tydperk van anderhalwe eeu is die onderwerp van dié uitsonderlike roman. Die verlede is “’n ander land . . . ’n netwerk wat saamgeweef is uit werklikheid en herinnering”.
“Ek wil ’n enkelkaartjie bespreek,” fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre. “Waarnatoe?” vra hy en kyk op. “Geen idee nie,” sê Selma en lek oor haar droë lippe. “Solank dit baie ver van Johannesburg is.” Selma Barnard se hele lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur ’n sogenaamde ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sý haar nie gewaarsku nie. Indië toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en ’n nuwe mens terugkom. À la Eat Pray Love.
Afgetrede polisieman Jaap Reyneke vra Sarah Fourie, ’n rekenaargenie met ’n kriminele rekord, om die raaisel rondom die dood van sy peetdogter, Janien Steyn, op te los. Janien was op die oog af geliefd, ’n suksesvolle kunstenaar met ’n slag vir besigheid, en op die punt om met haar universiteitsliefde te trou. Was dit selfdood of moord? Waarom is die toneel om haar liggaam so sorgvuldig, amper kunstig, gerangskik? En hoekom is haar rekenaar se geheue voor die tyd so sorgvuldig skoongevee?
Jana is net drie jaar oud toe haar ma tydens ’n besoek aan Ierland spoorloos verdwyn. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm oor sy pragtige vrou wat hom met haar fluitmusiek betower het. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, dieselfde wind wat ’n hele huis kan optel en anderkant die berge kan neersit. Maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, hoë note van haar ma se fluit. Een so ’n stormnag ontmoet Jana vir !X’uri − ’n klein dogtertjie, bruin soos klip, met net ’n velletjie om haar heupe en ’n wit stringetjie krale om haar nek. !X’uri kom uit ’n gat in die grond waar die groot olienhoutboom se wortels eens was. !X’uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek. Stormkind is ’n betowerende, liriese verhaal oor verlies, vergifnis en die kulturele erfenis van die Boesmans.
Hier is iets betreklik nuut in Afrikaans: wetenskapfiksie vir volwassenes. Die stories is uiteenlopend, maar deur elk loop die silwer draad van fantasie en wetenskap. Uiteindelik gaan dit natuurlik oor die karakters en Schoombie se gatskop-verteltrant. Hier is ’n bedrewe skrywer met ’n verstommende verbeelding aan die woord – innovering, spanning en die verrassingselement is op die spyskaart.
n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle gesinslewe ontwrig "mens" te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam - oppasma - wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot "Boetatjie" kan deurdring. Die gelyknamige film (met Diaan Lawrenson in die hoofrol) begin op 16 Februarie 2018 in fliekteaters draai!
’n Bildungsroman wat in die Overberg en Kaapstad afspeel. Dit is Lea Floris se komvandaanstorie wat afspeel sedert die 1980’s. Haar ouers, Jakob en Dientjie, is plaaswerkers en die omstadighede van haar kinderjare is moeilik. Maar een besluit verander die koers van haar lewe en Lea vlug van haar vriende, familie en alles wat sy ken. Dis ’n storie van liefde, hoop en ’n beskermengel or twee.
Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van ’n raaiselagtige moord. In ’n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee, dood gevind met engelvlerke aan. Te midde van kantoorpolitiek probeer Ella die leidrade naspeur, maar dan draai haar wereld inmekaar: wie is die rooikop wat by haar geliefde Lou uithang? Die storie is briljant aanmekaargesit, met ’n plot wat die slimste leser sal fnuik.
n Opwindende nuwe spanningsverhaal deur die skrywer van Skoenlapper. Journalis Alex Derksen verdwyn terwyl hy 'n storie oor 'n mynsindikaat dek. Sy hacker vriendin, Sarah, spoor Ranna Abrahamson in Indie op en oorreed haar om na Suid-Afrika terug te keer. Sarah hou vol dat sy Alex slegs met Ranna se hulp kan opspoor. Haar motiewe is egter nie heeltemal suiwer nie. Ranna moet die traumatiese aand van haar pa se dood onthou om die buit van ’n lank vergete rooftog kan opspoor en so Alex se lewe te red.
Soos die verwysing na perspektief in sy digbundeltitel, Brief op
veertigduisend voet, aandui, laat Dreyer die leser nuut en in
verwondering na objekte en verskynsels kyk.
Vin is die verhaal van kunstenaar-kurator Vin Verster se geleidelike greepverloor op haar skeppende en skikkende omgaan met kuns, haar verhouding met haar argeoloog-man, en haar vermoë om in SA sielerus te voel. Deur twee dekades van oorsese kunsresidensies, voortslepende familiedrama en die benouende obsessie van ’n vyandiggesinde in die kunswêreld sien die leser met die oë van dié vindingryke kuns-vlugteling.
In Die honger hart moet Julia Naude haar peetpa se ongewone voorwaarde behou om die plaas, wat sy saam met die plaasbestuurder geerf het, te beskerm. In Deel van die pakket staan Gita van Duinen op die drumpel van ’n nuwe lewe, maar meer veranderinge le voor. In Verskuilde liefde, keer dr. Edmund Wiese terug uit die buiteland. Hy moet vrede maak met die lee kol wat sy broer, Fanie, agtergelaat het. En drie weke later maak hy ’n onverwagse ontdekking wat sy prioriteite verander.
Helene de Kock skryf meesleurende romans en sy beeld haar karakters met deernis en humor uit. Hierdie keur bevat twee van haar gewildste wynlandverhale: ’n Kind vir Vier Oude Vrinde en Volmaakte versnit?.
Vir die eerste keer is vier van Deon Meyer se Afrikaanse filmdraaiboeke nou saam gebundel.
Jakhalsdans:
Die laaste tango:
Die ballade van Robbie de Wee:
Jagveld:
Mindie Rochebrandt en haar tweelingsuster, Mandelien, is beide swanger met hul eersteling. Ná ’n onsmaaklike insident tydens Mindie se ooievaarstee besluit sy egter om haar advokaatman, Marius, te verlaat sodra sy geboorte geskenk het. Maar enkele dae later kom Mindie af op ’n gruwelike toneel in Mandelien se meenthuis. Wie verniel ’n swanger vrou en haar ongebore baba so wreedaardig? En hoekom? Siembamba is ’n naelbyt-riller. Angswekkend, aksiebelaaid en propvol onvoorspelbare intriges.
Karoliena Kapp is ’n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur ’n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Nog voordat sy twintig is, trou sy met Johannes en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan. Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag ná die troue weet sy: Sy het verkeerd gekies. Sy het van die bos af weggevlug en haar vryheid verruil vir ’n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug.
Mariza, 'n bekende historiese romanskrywer, het haar woorde verloor nadat 'n brand haar huis byna in puin gelê het. Daarna sterf haar man en nou, 'n jaar later, haar Jack Russell wat 16 jaar haar metgesel was. Sy ontmoet Joubert Hofmeyr, en hulle vertrek op 'n reis na die Kgalagadi: Sy om haar woorde terug te kry en hy om meer vir sy navorsing oor sy voorgeslag se skades en skandes by haar uit te vind. Mariza en Joubert verskil soms, is 'n klankbord vir mekaar en ryg mekaar se stories aanmekaar, maar besef dat die verlede soms jou toekoms bepaal. Die goue draad deur die storie van vyf geslagte vroue is dat hul probleme universeel is. Dat die kollektiewe geheue van die vroue mekaar van geslag tot geslag beïnvloed. Die reis is alles is nie so eenvoudig nie. Dit is die medereisigers wat alles die moeite werd maak. Selfs die voorgeslagte oor eeue heen. |
You may like...
The Relation of the Poet to His Age - a…
George Stillman Hillard
Paperback
R335
Discovery Miles 3 350
Bug Club Phonics Fiction Reception Phase…
Emma Lynch, Jeanne Willis
Paperback
R221
Discovery Miles 2 210
Alles-in-een: Ons gaan mark toe…
Mart Meij, Beatrix de Villiers
Paperback
R379
Discovery Miles 3 790
|