![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op 'n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. Snaar Windvogel, vroeër van Matjiesfontein, is nou in transisie onder die lem van ’n enigmatiese plastiese chirurg. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . . Hierdie en vele ander fassinerende karakters bevolk ’n landskap waarin die enigste sekerheid ónsekerheid is. Want Etienne van Heerden se tergend aktuele nuwe roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar privaatheid en identiteit abstrakte begrippe geword het, fopnuus ononderskeibaar van die werklikheid, en “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal.
Die laaste wens van ’n jare lange vriendin stuur Talla na die Glencoe-vallei in Skotland. Sy neem digbundels saam, asook haar wolkboekie om haar stokperdjie voort te sit – die soeke na seldsame wolke. Sy gaan by Munro’s tuis, ’n onopgesmukte herberg gewild onder bergklimmers, en hoop om stories oor tradisionele tartanwewerye te versamel. By Munro’s ontmoet sy die koddige rondloper, Mikey, wat die hele Skotland plat stap op soek na sy Kate – ’n geliefde wat hom glo jare gelede sonder waarskuwing verlaat het. Talla word by Mikey se soektog betrek, maar dit blyk gou dat sy gedagtes nie helder is nie, en sy geestestoestand net so troebel. Intussen duik herinneringe aan Talla se kinderdae in Warmbad, en aan haar eerste liefde, Astian, by haar op. Wat is dit aan die stilte van hierdie vallei wat vergete verledes na die oppervlak laat dryf? Dit help ook nie dat Astian net ’n dag se reis ver, in Shetland, woon nie. Sal sy dit waag om die antwoorde op vrae uit haar eie verlede na te jaag?
Soos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel? Daar is net een uitweg… Janine was klein toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet. Sy wou groot wees en wegkom van die klein dorpie waar almal mekaar ken. Haar kans kom toe Greg Walker die Engelsklas oorneem. Met drome in haar oë is sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste ontdekking van haar lewe maak.
Die driejarige seuntjie van Elias en Barta van Rooyen raak spoorloos weg in die Knysna-bos. In die Lange Kloof, anderkant die berg, ontferm Fiela Komoetie haar oor ’n weggooilam wat een nag voor haar deur kom huil. Die een kind is Lukas, die ander Benjamin. Is dit dieselfde kind? Dié raaisel word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat die wit kind met die blou oë by ’n bruin gesin in die Lange Kloof kry. Fiela se kind is ’n boek met ’n warm hartklop, dit is ’n boek oor moederliefde, oor liefde wat oor alle grense heen strek. “Hierdie roman bevestig op skitterende wyse dat min mense by Dalene Matthee kan kers vashou as dit by die vertelkuns op sy eerste en onderhoudendste kom.” - André P. Brink, Rapport
c. Johan Bakkes is die geliefde skrywer van aweregse reisjoernale. Amper twintig jaar ná die verskyning van c. Johan Bakkes se tweede boek, Nou’s ons in ons donner in tref dit weer die rak – nie slegs as heruitgawe nie, die skrywer het bygereis en bygewerk. Dit is ’n terugblik sowel as nuwe ervarings/ gewaarwordings soos net Bakkes dit kan verhaal.
In Sondes van die vaders is Danny Hector en haar ondersoekspan weer warm op die spoor van ’n nuwe moordverdagte. Die weeskind Hansie Roodt, wat in die 1980’s as tienerseun galgdiens moes doen, het begin om die nasate van diegene wat hom destyds te na gekom het, vir húl sondes te laat boet. Hansie, nou bekend as Gabriël, is ’n reeksmoordenaar met ’n slinkse modus operandi wat aanhou uitdaag en verras, en kreatiewe maniere moet gevind word om hom te vang. Nes sy voorganger beloof Sondes van die vaders om ook ’n groot gunsteling by lesers te wees – ’n viering van ’n skrywer wat ’n sonderlinge aanvoeling vir karakters, dialoog en bowenal vir stórie gehad het. Die veelsydige en veelbekroonde François Bloemhof is verantwoordelik vir die afronding van Lerina se manuskrip.
Vatmaar vertel die boeiende verhaal van 'n klein gemeenskappie buite Kimberley, van die draai van die eeu tot ongeveer 1930. Die leser word bekend gestel aan 'n magdom fassinerende karakters sowel as aan nuwe perspektiewe op bekende historiese gebeure. Die stories is vol kleur en opwinding, dit voed jou siel en laat jou soms uitbars van die lag, net om netnou weer trane in die oë te kry.
Laat jou terugvoer na die jare van inbly-naweke, studentepret, huis-toe-verlang en troospakkies beskuit onder die enkelbed. Koshuis, saamgestel deur Erns Grundling van Elders-faam, bevat heerlike lekkerlees-vertellings, komies, verspot én roerend, oor die koshuislewe – op skool én universiteit, selfs oorsee – deur ’n verskeidenheid bydraers, insluitend reisskrywer Dana Snyman, geliefde Weg!-joernalis en -aanbieder Toast Coetzer, akteur en komediant Schalk Bezuidenhout, Huisgenoot-redakteur Yvonne Beyers, oudredakteur van Die Burger Bun Booyens, bekroonde romansiers Harry Kalmer en Kerneels Breytenbach, skrywers en joernaliste soos Celesté Fritze, Theunis Strydom, Leroux Schoeman, Marnus Hattingh en Pieter van Zyl, en vele meer. Skink ’n koppie koffie, onthou weer die liedjie wat gespeel het toe jy by jou eerste huisdans gesoen is, en laat die jare terugrol!
In 1837 het ’n engel aan ’n jong skaapwagter verskyn, en die weerklank van hierdie gebeurtenis in sy eie lewe en dié van ander mense oor ’n tydperk van anderhalwe eeu is die onderwerp van dié uitsonderlike roman. Die verlede is “’n ander land . . . ’n netwerk wat saamgeweef is uit werklikheid en herinnering”.
’n Verbeeldingryke roman waarin die Suid-Afrikaanse verlede as tema gebruik word. Ná ’n beroerte aan die einde van haar lewe mymer ’n bejaarde vrou oor die verlede – om hierdie lewe te volbring moet sy as die swygsame buitestaander in haar familiekring die raaisels rondom die gebeure en verhoudings van die verlede ontsluit.
Verliesfontein was beoog as die eerste roman in die drieluik Stemme, maar is laaste voltooi. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dié roman van Schoeman oor die Suid-Afrikaanse verlede. Hier is die sentrale gegewe die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900–1901, tydens die Anglo-Boereoorlog.
Magrieta Prinsloo, dierkundige, se kop haak uit op die verkeerde antidepressant. Sy raak vervreem van haar kollegas, beledig haar departementshoof, en haar illustere akademiese loopbaan kom tot ’n einde. Sy aanvaar ’n betrekking by die Buro vir Voortgesette Onderrig, met die enigmatiese Markus Potsdam as hoof van die Kaapse tak. Daar word van haar verwag om te reis om met medewerkers te skakel, o.m. na die Oos-Kaap. Op hierdie reise kom sy heelwat teë – sowel medewerkers as walvisse – wat haar lewe in ’n beduidende ander koers stuur. Wanneer Markus Potsdam boonop op ’n oggend verdwyn, raak haar lewe nog verder gekompliseer. In Die troebel tyd bewys Winterbach weer haar merkwaardige vernuf as romansier, met ’n eiesoortige, snydende humor en ’n buitengewone insig in die menslike psige. Die roman is as wenner aangewys van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2018.
Op 'n dag in die vroee sewentigs bemerk 'n afgelee Noord-Kaapse gemeenskap 'n gebou in hul midde waar voorheen net 'n stuk braakgrond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . . Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een maal lewe, oor die jong man wat so skaam is dat hy nie op foto's kan vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van 'n paartjie wie se lewenspaaie net vir 'n paar sekondes gekruis het.
Twintig jaar ná die Hardskip. Dié wat oor is in die Wes-Kaap is gelooi deur die groot honger toe al die oeste misluk het, deur die stof en die gluur van die son. Op Kylemore wonder Ampersand wat geword het van Wakinyan, die swarthaar- man wat als kom deurmekaarroer het. Hier’s min vir haar oor ná haar ouma se dood, so sy vat die pad – met haar sade. Sy moet vir Wakinyan vind, en sy moet sorg dat die saad nie in Meconium – hulle wat alle saad wil beheer – se hande val nie, want plantsaad is in 2081 ’n streng taboe en Amper se grootste las. Maar juis in Meconium moet sy gaan soek, waar high-tech shit en high-shit tech vennote is. Amper en haar unieke neus wat die groot stof kan deurtas moet haar pad voel-voel baan deur die stank van dié regime. Stof is subtiele toekomsfiksie, avontuurverhaal én ’n aards-poëtiese ontginning van ’n beeldskone anderster Afrikaans. Dié debuut spruit uit ’n cum laude- meestersgraad in kreatiewe skryfwerk onder leiding van Marlene van Niekerk en Willem Anker.
Wanneer Reina Sauer se ouma sterf, hoor sy dat sy haar huis op McGregor erf. Maar ’n ontwikkelaar, die ontnugterde en siniese Derek Retief, wil graag die huis deel van ’n sekuriteitskompleks maak. Al wat Derek kort is Reina se handtekening. Maar dinge is nie heeltemal so eenvoudig nie. Wat op aarde maak Reina met haar ouma se vriende wat afhanklik was van haar ouma? En wanneer Reina die huis begin opruim, kom sy op ’n boks vol briewe in die solder af. Met verstomming lees sy hoe haar ouma dit reggekry het om ’n onmoontlike besluit te neem wat uiteindelik haar kleindogter se lewe moontlik gemaak het. Iewers langs die pad het sy wat Reina is ophou bid, ophou glo, maar terwyl sy deur haar ouma se lewe blaai, ontdek sy weer haar behoefte aan die Here.
Om joune te wees: Kayla maak abrup kennis met Briand en sy fiets, en sy ontdek dat hy, nes haar ouers op hul beesplaas, in Brasilië werk en eintlik net by die bure kuier. Kayla se hart werk dadelik oortyd, maar sal Briand se oog nie eerder val op haar sexy blonde vriendin Sunette nie? Dan is dit die een drama ná die ander: Kayla se tante weier dat Briand sy voete in haar huis sit en die bure huisves ’n immer-repeterende band. Kayla begin weens al die oorverdowende geraas glo iemand wil haar en haar tantes uit die huis verdryf. Het Briand dalk iets daarmee te doen? Maryna se liefdeslied: Maryna moet noodgedwonge Christiaan se hulp tydens ’n reënstorm aanvaar. Maryna ken haarself nie so nie, maar sy’s dadelik bakvissie oor dié mooie, sjarmante man. Bitter onwillig vat sy weer die pad – maar niemand anders nie as Christiaan vind sy in Durban. Hulle moet egter eers ’n onaangename taak uitsorteer en dit blyk dat die uitdaging ’n verhouding tussen hulle twee in die kiem kan smoor.
“Ek wil ’n enkelkaartjie bespreek,” fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre. “Waarnatoe?” vra hy en kyk op. “Geen idee nie,” sê Selma en lek oor haar droë lippe. “Solank dit baie ver van Johannesburg is.” Selma Barnard se hele lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur ’n sogenaamde ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sý haar nie gewaarsku nie. Indië toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en ’n nuwe mens terugkom. À la Eat Pray Love.
Afgetrede polisieman Jaap Reyneke vra Sarah Fourie, ’n rekenaargenie met ’n kriminele rekord, om die raaisel rondom die dood van sy peetdogter, Janien Steyn, op te los. Janien was op die oog af geliefd, ’n suksesvolle kunstenaar met ’n slag vir besigheid, en op die punt om met haar universiteitsliefde te trou. Was dit selfdood of moord? Waarom is die toneel om haar liggaam so sorgvuldig, amper kunstig, gerangskik? En hoekom is haar rekenaar se geheue voor die tyd so sorgvuldig skoongevee?
Henok kry ’n verrassing wanneer sy vrou in Israel kom kuier. Re’uven se pyn oor sy eersgeborene se dood lê nog vlak. Dit laat Marc wonder of hy Adonai nog sal kan liefhê as dit hom sou tref. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is.
Jana is net drie jaar oud toe haar ma tydens ’n besoek aan Ierland spoorloos verdwyn. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm oor sy pragtige vrou wat hom met haar fluitmusiek betower het. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, dieselfde wind wat ’n hele huis kan optel en anderkant die berge kan neersit. Maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, hoë note van haar ma se fluit. Een so ’n stormnag ontmoet Jana vir !X’uri − ’n klein dogtertjie, bruin soos klip, met net ’n velletjie om haar heupe en ’n wit stringetjie krale om haar nek. !X’uri kom uit ’n gat in die grond waar die groot olienhoutboom se wortels eens was. !X’uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek. Stormkind is ’n betowerende, liriese verhaal oor verlies, vergifnis en die kulturele erfenis van die Boesmans.
n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle gesinslewe ontwrig "mens" te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam - oppasma - wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot "Boetatjie" kan deurdring. Die gelyknamige film (met Diaan Lawrenson in die hoofrol) begin op 16 Februarie 2018 in fliekteaters draai!
In die opvolg op Debora en seuns is die fokus weer die lief en leed van die Schlagerfeldts. Dis nou die 1960’s, en die hoofkarakter is Debora se kleindogter, ook ’n Debora. Die 27-jarige dokter kom terug na die Oos-Vrystaat om by haar pa in sy praktyk aan te sluit. Maar dan ontmoet sy dr Tristan Murray en al haar voorgenome drome stort ineen. Sy volg haar neef na Londen om haar wonde te lek, en vind dat die pad van verlore liefde na geluk deur gevaar en hartseer lei.
Wenner van die tweede prys in die Sanlam-Tafelberg Romanwedstryd in 2009. ’n Meesleurende verhaal uit die vyftiger- en sestigerjare, toe die Suid-Afrikaanse platteland nog sy geheime kon bewaar. Carli Botha is amper sewe jaar oud toe haar Italiaansgebore ma sterf tydens die geboorte van haar wanskape boetie. Sy word agtergelaat in die sorg van haar dranksugtige pa, Wilhelm. Dora, wat ook soms in die plaashuis help, kom tot Carli se redding.
Isabella staak haar studies en durf saam met Gideon die harde wereld van die Noord-Kaap aan, waar sy met die aardsheid van die mynmense kennis maak. Na haar dogter se geboorte ruk die lewe haar voete onder haar uit: stemme klink op die wind uit die kameeldoringbos, en sy bevind haar in 'n ondenkbare situasie. Versoening kom op onverwagte wyses, totdat sy haar kopdokter vind: die suidoos langs die branders by Bloubergstrand. ?Isabella ?is ’n deurdagte verkenning van ’n ongewone moederskap.
Vir die eerste keer is vier van Deon Meyer se Afrikaanse filmdraaiboeke nou saam gebundel.
Jakhalsdans:
Die laaste tango:
Die ballade van Robbie de Wee:
Jagveld: |
![]() ![]() You may like...
Rising From The Township - Inspiring…
Dr. Steven Zwane, Yamkela Khoza Tywakadi
Paperback
Ocean Remote Sensing Technologies - High…
Wei Min Huang, Eric W. Gill
Hardcover
Computer Simulation of Aerial Target…
Yakov Davidovich Shirman
Hardcover
R3,532
Discovery Miles 35 320
Low Power UWB CMOS Radar Sensors
Herve Paulino, Joao Goes, …
Hardcover
R4,717
Discovery Miles 47 170
|