0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (9)
  • R50 - R100 (137)
  • R100 - R250 (183)
  • R250 - R500 (355)
  • R500+ (4)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction

Koors (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Koors (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 4
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie.

Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – én mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na ’n plek om die samelewing weer te vestig.

Wanneer hulle dit eindelik sover het by die ou Vanderkloof – nou Amanzi – met ’n groepie swerflinge wat saam van voor af wil begin, steek al die ou sondes van die mensdom kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die swaar gewapende motorfietsbendes wat dwarsoor Suid-Afrika plunder en moor raak al hoe moeiliker. En wat van die geheimsinnige, yskoue Domingo, wat by Amanzi aangery kom op ’n motorfiets van sy eie en spoedig as paramilitêre leier ontpop – kan hý ooit vertrou word?

Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi …

In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is ’n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby.

Vuurvoel (Afrikaans, Paperback): Elmarie Viljoen-Massyn Vuurvoel (Afrikaans, Paperback)
Elmarie Viljoen-Massyn
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Stella Mertens, Mark Dejongh en Riaan Steytler probeer elkeen iets uit hul verlede wegsteek . . . maar elke geheim het ’n vervaldatum. Daar is net ’n sekere tydperk wat ’n sekere hoeveelheid mense ’n geheim kan hou.

In Vuurvoël, Elmarie Viljoen-Massyn se debuutroman, word donker geheime ontrafel wanneer die oënskynlik uiteenlopende wêrelde van Big Pharma en ’n Serwiese dwelmkartel paaie kruis.

’n Hoogs leesbare roman wat getuig van puik navorsing.

Rooigety (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Rooigety (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe ver sal jy gaan om jou kind te beskerm?

Inwoners van Makulu Manzi het skaars herstel van die kinderpornografieskandaal wat die dorp vroeër die jaar getref het. Nou is daar gerugte van moetiemoorde en ekstremistiese groepe wat kinders werf vir selfmoordbomaanvalle. Die plaaslike skool stuur rebelse tieners na regrukkampe, en selfs georganiseerde bloedskenking word met agterdog bejeën.

Wanneer Daleen Boshoff se dogter tydens ’n uitstappie op die lyk van ’n tienerseun afkom, ruk dit die fondament onder hul uit. Is dit inderdaad moord vir moetie? Of hou die vermiste kinders verband met die bomaanvalle teen die kus van Afrika?

Rooigety is die opvolg van Dooiegety (2019).

Die Laaste Kanariegeel Notaboek (Afrikaans, Paperback): Anchien Troskie Die Laaste Kanariegeel Notaboek (Afrikaans, Paperback)
Anchien Troskie
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Mia Steyn is nog bloedjonk wanneer haar broer haar een laatmiddag by ’n losieshuis in Bloemfontein, aflaai. Dis toe sy ’n stowwerige boekwinkel instap dat Mia besef dis waar sy wil werk. Kort voor lank vind sy haar voete, én verloor sy haar hart.

Die laaste kanariegeel notaboek is die jongste roman uit die pen van blitsverkoperskrywer Anchien Troskie. Niks is ooit soos dit lyk op die oppervlak nie, besef ’n mens weer met die lees van hierdie aangrypende storie binne 'n storie.

Dolos (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Dolos (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Tex Texeira se wittebrood in die Caprivi word wreed onderbreek.

’n Agent van ’n geheime Mosambiekse ondersoekeenheid het die gevreesde Mecau-dwelmkartel geïnfiltreer en inligting ontdek wat só sensitief is dat hy niemand anders as Tex daarmee sal vertrou nie. Die rede: dit betrek ’n hooggeplaaste Suid-Afrikaner.

Die agent moet dringend bereik word . . . solank Tex die aandag van Islamitiese ekstremiste kan vermy. En die kruishaar van ’n sluipskutter wat die Mecau-luitenante meedoënloos uitwis.

Jagter (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Jagter (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R290 R229 Discovery Miles 2 290 Save R61 (21%) Ships in 5 - 7 working days

Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan.

Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom.

Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou.

Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme.

Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak.

In Jagter, haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.

Help, Help - Stories (Afrikaans, English, Paperback): Nataniel Help, Help - Stories (Afrikaans, English, Paperback)
Nataniel
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

This collection consists of 29 stories – 5 in English, 24 in Afrikaans. Several of the stories have been adapted from stage productions over a period of three years: BUTTERFLY, LOVESICK TIM, MOSCOW, SIX IN A BOAT, DIE SMITSTRAAT SUITE, ROME ’62 and PASSI PASSIO.

Hierdie jongste versameling van Nataniël bevat 29 stories – 5 in Engels, 24 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is verwerk uit Nataniël-produksies oor ’n periode van drie jaar: BUTTERFLY, LOVESICK TIM, MOSCOW, SIX IN A BOAT, DIE SMITSTRAAT SUITE, ROME ’62 en PASSI PASSIO.

Hans 2: Hans Gee Herklaas Horings (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans 2: Hans Gee Herklaas Horings (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hans van Kraaienburg, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie (2017 se Hans steek die Rubicon oor), is óp van al hul klagtes. Noudat hul drakoniese matrone iets van die verlede is, is daar steeds etlike klein probleempies wat Hans as beheerraadslid moet oplos – en dít met gans te min geld in die kietie. Wanneer sy vriend Vasie hom dus nooi vir ’n vakansietjie op Hermanus, as huisgaste van dié se neef Herklaas, is Hans maar te gretig om sy safaripakke te pak.

Op Hermanus gekom, vind die twee dat Herklaas in die sop is: sy blyplek staan net mooi op die plek wat die Overstrand se rykste skobbejak, Grond Graaffwater, geoogmerk het vir sy enorme nuwe hotel – maar Herklaas wil nié verkoop nie. Wanneer Grond en sy kriminele handlangers hardhandig raak, tree Hans tot die stryd toe – Herklaas moet ’n stel horings kry, en vir Grond trompop loop!

Hans steek die Rubicon oor was ’n topverkoper, veral na voorlesing op RSG. Hans se tweede avontuur gaan lesers net so laat kraai van die lag.

Geheim Van Die Gruwel Sand (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Geheim Van Die Gruwel Sand (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Moordenaars. Afpersers. Nazi’s in die Namib. En dis by verre nie die ergste waarmee die diamantsmokkelaar Barra Nel te kampe het nie.

Nie as die Nazi-navorsers se eksperimente skeefloop en liederlike gedrogte in die woestyn ontketen nie. Dis gevaar net waar jy kyk. En hoe gaan hy vir Hedda red, die Duitse wetenskaplike wat smeulende gevoelens in hom ontlok?

Geheim Van Die Gruwel Sand is ’n barre konkoksie van lekkerlees-genres: ’n skop-skiet-en-wonder-storie.

Die Hart Het Sy Redes (Afrikaans, Paperback): Helena Gunter Die Hart Het Sy Redes (Afrikaans, Paperback)
Helena Gunter
R225 Discovery Miles 2 250 Ships in 4 - 8 working days

Kortverhale met liefde as tema: Die wonderbaarlike gewaarwording wat iewers tussen verstand, psige en liggaam vatplek kry en ’n menselewe rig.

Soms trap dit met oshoewe deur die fynste ruimte. En maak wreedaardig seer. Sodat die slagoffer wil vergeld.

Of dit liefde vir die omgewing, ’n voorwerp of tussen mense is, in elke teks loop die liefde ’n pad wat sy meelopers by ’n tuiste bring, soms met ’n traan, meesal met ’n lag, maar altyd met nuwe insig.

Hans Bars Die Bioborrel (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans Bars Die Bioborrel (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Huis Madeliefie word deur die staat se vlak 5-inperking in die gesig gestaar. Hans besef teen dié virus groei geen kruid nie, maar die drakoniese reëls van die tehuis se interne bevelsraad kry nie vatplek by Hans en kie nie.

Voorts is Hans oor die hoof gesien as leier van dié raad. Altoon Ahlers, befaamde akteur van weleer, neem die leisels.

Hans se plan om die inwoners met die verbode vrug se sap aan sy kant te kry, boemerang sleg. Hy sal Ahlers op ’n ander manier moet onttroon . . .

Een Of Ander Held (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Een Of Ander Held (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In November 1905 beskryf ’n Windhoekse koerant Siegfried Bock as ’n nuwe soort held. Maar die moordenaar wat hy voor die hof gebring het se advokaat stel Siegfried in ’n heel ander lig. Boonop is oberleutnant Berghammer en die Namakryger Jager Orlam albei daarop uit om Siegfried te laat boet. En dan is daar die burokraat Stauffacher met sy ondraaglike planne. Siegfried sien nie uitkomkans nie. Maar daar móét een wees, veral noudat liefde vir hom wink . . .

Die Manjifieke Onthulling Van Mel (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Die Manjifieke Onthulling Van Mel (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Wanneer die lewe jou omwentel is die wéét binne-in jou.

Vir Mel is haar eie melkweg skitterend. Sy het wat sy wil hê, sy is wie sy wil wees. Sy maak die reëls en sy dra nie maskers nie, want sy is in beheer. Maar skielik maak ’n veel groter ster haar verskyning: Isabella, ʼn ongevraagde toevoeging tot die gesin. En boonop besef Mel dat haar beroepskeuse as mediese suster ʼn ode was aan haar oorlede ma. Susterwees was dalk haar ma se passie, maar is dit regtig hare? Mel maak gereed om uit haar einste, skitterende melkweg te verskiet. Dit is ʼn waagstuk, iets wat só nie haar ding is nie. Die ontdekkingsreis vat haar na ʼn wêreld wat sy nog altyd vermy het, tussen mense wat nie haar dam se ganse is nie.

By die flats van Belhar kom sy tot die besef dat die dam dalk nie hare is nie, maar dat sy tog, teen haar verwagting, inpas by die ganse. Sy ontmoet ’n jeugwerker met tatoes en ʼn skaatsplank wat baanbrekerswerk onder die jeug doen. Sy leer Llewellyn, haar stiefsuster se grootste aanhanger, beter ken en wys hom sy is nie so upstairs soos hy gedink het nie. Mel ontdek haarself en ʼn wêreld buite haar eie reëls.

Moet sy kies tussen wie sy was en wie sy kan wees? Of is daar plek vir Mel die skateboarder, die biker en die kelner in haar melkweg?

Hans 1: Hans Steek die Rubicon Oor (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Hans 1: Hans Steek die Rubicon Oor (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hans loop op 90 nié met ’n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.

Donker Water (Afrikaans, Paperback): Martin Steyn Donker Water (Afrikaans, Paperback)
Martin Steyn
R330 R284 Discovery Miles 2 840 Save R46 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dis donker. Dis koud. Jy’s alleen. En dis wanneer jy twyfel.

Ná drie jaar in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is konstabel Alex Steytler gewoond aan die roetine van douvoordag opstaan, inry Kaap toe, op ’n trein klim en twaalf ure lank trokke of stasies patrolleer. Die lelike kant van die lewe is waar hy werk, anders as Tasha in die woonstel langsaan wat haar kamera op die mooi fokus.

Maar nou het sy vriend en medebeampte hom by nog iets ingesleep, en hierdie keer is dit nie so eenvoudig soos ’n motorfiets koop nie. Nee, Pyper wil by die duikeenheid aansluit, want treintrappe, tikkoppe en messtekers bied klaarblyklik nie genoeg opwinding nie. En nou staan Steytler tot by sy naeltjie in ’n rivier vol riool op soek na die slagoffer van ’n boendoehof.

Dis net die begin. Om lede van die duikeenheid te word, sal hulle behoorlik aan die diep kant ingegooi word. Toe Steytler vroeg in die jaar tussen die stukke van ’n treintrapslagoffer gestaan het, kon hy nie weet dat hy teen die einde sy eie stukke sal moet bymekaar maak, of moontlik dele van homself vir ewig verloor nie.

“Hierdie tou is jou lifeline. Jy los hom nie.” Want in donker water is dit al hoe jy jou pad kan terugvind.

Die Lewe Wat Ek Jou Gegee Het (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Die Lewe Wat Ek Jou Gegee Het (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Berdine se ma en ouma kom saam tot die gevolgtrekking dat hulle hul eie drome deur Berdine, hul dogter en kleindogter wou uitleef. Berdine word groot met die idee dat sy gebore is om ander tevrede te stel. Sy beland in ’n verhouding waar sy ten spyte van haar professionele rol as dokter tuis onderdanig moet wees en deur haar lewensmaat gemanipuleer word.

Ná jare van sielkundige teistering begin sy besef dat dit nie die soort lewe is waaroor sy gedroom het nie. Haar ma en ouma Bertha sit koppe bymekaar om Berdine terug te lok na die goeie waardes waarmee hulle haar wou opvoed. Die geleentheid kom gouer as wat hulle beplan het. Daar wag nie net vreugdevolle weersiens nie, maar ook verrassings wat haar lewe drasties verander en haar voor moeilike keuses stel.

Berdine is onseker, maar sy kry helderheid nadat haar ouma haar die waarheid oor haar grootouma en dié se niggie Emma vertel – en die eintlike lewe wat ouma Breggie haar gee.

Gebeente (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Gebeente (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R385 R331 Discovery Miles 3 310 Save R54 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is byna vier dekades ná Toorberg. Met ’n onverwagte trein kom Magistraat Imker Goedeman (wat destyds as jong man die afarmmagistraat van Toorberg, Abraham van der Ligt, in die gange van Bellville se landdroshof raakgeloop het) aan op Gebeente, ’n klein dorpie op die Vergete Grootpad noord van Sutherland. Die omgewing is geruk deur ’n opspraakwekkende plaasmoord, maar ’n nog komplekser saak moet ondersoek word: die diefstal van die melkweg...

Ons is hier in die buurt van onwaarskynlikhede en eindelik word die ganse regstelsel uitgedaag.

Historie, mite en allegorie word sjarmant verweef in dié meeleurende, fassinerende roman, en eindelik voer Etienne van Heerden sy kenmerkende magiese realisme die verste in sy hele oeuvre.

Na 'n Plaas In Afrika (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Na 'n Plaas In Afrika (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R370 R318 Discovery Miles 3 180 Save R52 (14%) Ships in 7 - 11 working days

’n Nuwe lewe wag op hom

In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit London ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ’n onbekende tante van sy pa in ’n klein dorpie in Skotland. By aunty Grace wag ’n nuwe lewe op hom.

Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberië. 90 000 word gevange geneem, net sesduisend oorleef.

Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na ’n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met dié van Seretse Khama en Mentje de Vries.

Sondag (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Sondag (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter 2
R315 R271 Discovery Miles 2 710 Save R44 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Sondag. Oukersaand. Ná ’n inbraak by die Stables Estate in Pretoria-Oos word sakeman Lafras van Zyl vir dood agtergelaat. Die res van die Van Zyl-gesin verdwyn spoorloos. Kaptein AJ Williams moet inspring om te help. Alex en Ranna is op die spoor van ’n meisie, wat in Johannesburg vermis geraak het. Twee misdade. Meer vrae as antwoorde.

Wanneer Skaduwees Kantel (Afrikaans, Paperback): Elize Parker Wanneer Skaduwees Kantel (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Patriarg Tjaart van der Walt se verlede haal sy kleindogters in ná sy dood toe ’n gas onverwags by sy kleindogter, Lenore van der Walt, se bruilof opdaag. Die bewaringstatus van Bateleur Reservaat en Khulula Renosterskuiling word daardeur bedreig. Die gas wil met ’n mynbaas saamspan om ’n steenkoolmyn in die Laeveld te vestig.

Sikloon Dineo tref die reservaat langs die Mosambiek-grens en derduisende klimaatvlugtelinge word blootgestel aan mensehandel en ontvoerings. Die toenemende stel van slagysters vir bosslaghuisvleis lei ook tot ernstige vergrype teen diere.

Die drie Van der Walt-niggies – Lenore, Tarien en Bella – word meegesleur in die gety van ontheemding en dierevergrype. Ook op geestelike vlak is daar ’n vervreemding tussen die niggies en hul Skepper wanneer seer uit die verlede hul inhaal en hul binne-vrede moet vind om weer tuis by God te voel.

Romanse en nuwe vriendskappe te midde van natuurrampe en aanvalle deur insypelaars word ’n toevlug toe ’n bonkige huursoldaat en die Olifantbekoorder van die Laeveld tot die niggies se lewens toetree.

Breekpunt (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Breekpunt (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
R340 R266 Discovery Miles 2 660 Save R74 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer iemand jou kind steel, wat is jou breekpunt?

Twee jong kinders verdwyn spoorloos uit die veiligheid van hul ouerhuise in Johannesburg. Albei is meisies, albei word in die middel van die nag weggelok . . .

Kaptein Alek Strauss ondersoek die saak en kom agter die ontvoerder se modus operandi stem grootliks ooreen met dié van ’n misdadiger wat al jare agter tralies sit nadat hy twee ander meisies ontvoer het. Hoekom dink een van die slagoffers se ma dan hierdie man is onskuldig? En watter skokkende ontdekking maak sy in haar dogter se slaapkamer ses jaar ná haar verdwyning?

Dan kom ’n jong paartjie op ’n gruvonds in die Drakensberg af en dit dompel almal in ’n nuwe maalkolk van raaisels.

Sal hulle die meisies betyds vind?

Breekpunt, Marie Lotz se vierde spanningsroman, is ’n meesleurende en meesterlike speurtog.

Moer (Afrikaans, Paperback): Michele Meyer Moer (Afrikaans, Paperback)
Michele Meyer
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days

Dis 'n roman oor die aftakeling wat vrou- en ma-wees op gees en lyf kerf.

Daar is 'n ongewone, ontgogelde blik op swangerskap, ontdaan van blosende skoonheid, vreedsame afwagting en innige vervulling; eerder gekenmerk deur vrees, angstigheid en ongemak. Die bloedige slagveld van geboorte word ontstellend verwoord en daarna die allesoorheersende liefde vir die babas. Maar ook die onmoontlike gyselaarsituasie van 'n ongelukkige huwelik: “Om 'n ma te wees is onmenslik moeilik as jou gees gevlug het uit jou lyf.”

Dis ook die verhaal van die mooi vriendskap tussen 'n ma en stiefma. Kylie en Katrin word mekaar se weemoed.

Duifeling (Afrikaans, Paperback): Lize Albertyn-du Toit Duifeling (Afrikaans, Paperback)
Lize Albertyn-du Toit
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hoe Sara Koordom op Rooiduin in die verre Noord-Kaap aangeland het, is ’n raaisel. Sy het gekom soos die woestynwind – een dag was sy daar, en niemand weet van waar nie. En hoekom sy op Rooiduin bly, is selfs ’n groter raaisel.

Dis nie lank nie of die hele dorp merk op watter raakvatter Sara is. Tot meneer Thüneman van die Algemene Handelaar het gevra of sy twee keer ’n week die pos kan kom uitsorteer. En vir klein Kuikentjie Boskat is sy soos ’n eie ma.

Sara voel veral tuis by ouma Spriet en oom Alles, wat met die helm gebore is. En by ant Korreltjie, wat haar geleidelik leer van patrone uitlê en rokkies maak.

Maar die bedreiging wat Piet Boskat inhou, roep die spoke van Sara se verlede op. Kan sy vir haar ’n weg ooptrap om vry te kom van die gevare van die hede én van die verlede? En terselfdertyd die mense beskerm vir wie sy so lief geword het?

’n Aangrypende, meelewende roman deur die skrywer van die hoog aangeskrewe debuut Die kinders van Spookwerwe.

Hulle Noem Haar Carminda (Afrikaans, Paperback): E. Kotze Hulle Noem Haar Carminda (Afrikaans, Paperback)
E. Kotze
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Skipper Mias Mulder keer uit Walvisbaai terug na Ei-Land aan die Weskus toe hy hoor dat ’n ander man by sy verloofde kuier. Hy leen ’n motorfiets en pak die lang rit na sy tuisdorp toe aan. Op pad kom hy ’n vrou, Carminda, teë wat gestrand is en ’n geleentheid soek. Sy ry agterop die motorfiets saam en klou styf aan hom vas. Eers geleidelik word haar hartseer herkoms bekend.

Hulle noem haar Carminda is ’n verhaal van liefde wat byna alles bedek, hoewel spoke uit die verlede bly pla.

Weskus-Omnibus 2 - Ter wille van Talita & Haar ma se kind (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Weskus-Omnibus 2 - Ter wille van Talita & Haar ma se kind (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Twee inspirerende topverkoper-romans in een omnibus

Ter wille van Talita: Die Van den Heevers hou hulle eenkant, maar beland onder die soeklig wanneer Theuns van den Heever nie wil hê sy dogters moet aan ’n Kersspel deelneem nie.

Haar ma se kind​: Dania Pietersen is Dora en Jonnie se susterskind wat by hulle bly. Sy is ’n modelkind en volgende jaar is Dania sestien en Dora en Jonnie kan dit nie meer ontken nie: Dania hoort nie by hulle nie – sy is haar ma se kind.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R301 Discovery Miles 3 010
Al Wat Tel
Irma Venter Paperback R330 R284 Discovery Miles 2 840
Die Onsigbare
PJO Jonker Paperback R320 R275 Discovery Miles 2 750
Monster
Rudie van Rensburg Paperback R365 R314 Discovery Miles 3 140
Doolhof
Rudie van Rensburg Paperback R365 R314 Discovery Miles 3 140
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R350 R301 Discovery Miles 3 010
Een Voet Innie Kabr
Gaireyah Fredericks Paperback R280 R200 Discovery Miles 2 000
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R355 R305 Discovery Miles 3 050
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R300 R258 Discovery Miles 2 580
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R275 Discovery Miles 2 750

 

Partners