0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (43)
  • R100 - R250 (142)
  • R250 - R500 (513)
  • R500+ (24)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction

Bruidzilla (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Bruidzilla (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Tillie het ’n heel goeie lewe, dankie. Ja, sy werk haar oor ’n mik as kelnerin in Mellville, en ja daar’s nie iemand spesiaals in haar lewe nie, en ja, haar beste vriendin Milanka ís high­maintenance, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksieperfeksie, #blessed vriendin Milanka.

Maar uhm… Sy’t nou nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie!

Eensklaps is Tillie in ’n warrelwind van warmlugballonne, dringende missed calls en uitheemse Milanka­bestellings: reënbooghoringperde, en ’n Alice in Wonderland­tema, en en en… En dít terwyl Jacques eintlik aanvanklik Tillie se date was!

Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, begin Tillie bemerk iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monster­mondering? Sal sy en Jacques ooit gekerk kom – en sal haar vriendskap met Tillie dit oorleef?

Reen Vir Stofvlei (Afrikaans, Paperback): Katherine Graham Reen Vir Stofvlei (Afrikaans, Paperback)
Katherine Graham
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Die tienjarige Elsie, oftewel Gogga, is 'n regte rabedoe wat eerder saam met die seuns op die plaas rondhardloop as om pop te speel soos haar perfekte sussie, Riette.

Dit is die veertigerjare en daar is 'n Wereldoorlog wat woed, maar Elsie se grootste bekommernis is die droogte wat die gebied teister. Saam met haar gesin moet sy veg om hulle geliefde plaas, Stofvlei, te red.

’n Innemende, universele verhaal oor familie, kontrei en die natuur.

Die Fantastiese Mevrou Smit (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Die Fantastiese Mevrou Smit (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R320 R295 Discovery Miles 2 950 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Skaars op Aronspoort, of mevrou Smit hoor sy slaap in die polisieselle – vir haar “onaanvaarbare gedrag” en drink-agter-die-stuur. Wanneer sy die volgende oggend uiteindelik by haar nuwe huis instap, wag ’n lyk op die kombuisvloer. Moes dit dalk eerder sý gewees het, daar in die bloedkol?

Maar mevrou Smit is nie ’n lelie wat jy sonder skêr pluk nie. Sy gáán die moordenaar vastrek, maak nie saak op hoeveel tone sy trap of hoeveel van die dorp se skandes uitpeul nie. Die sterftesyfer styg en sy raak al hoe meer ongewild. Haar skerp tong spaar nie eens die dokter met die mooi blou oë nie.

Want sien, sy is ’n vrou met ’n donker verlede. Wat sy met los klere, gemaklike skoene en natuurlike, grys hare probeer verbloem. As die polisie te lank krap, kom hulle dalk op háár spoke af. En dit mag nie gebeur nie.

Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is moeilikheid. Hoekom is die Valke op die misdaadtoneel? Was dit ’n sluipmoord? En wat is dit wat die speurder optel en in sy sak druk? Voor Ami hierdie raaisels kan oplos, kruis haar pad met dié van ’n Duitse joernalis wat bewerings van ’n ontstellende voorval in Mosambiek ondersoek. Is daar werklik ’n verband tussen die twee stories?

Semels (Afrikaans, Paperback): Cornelia Steenkamp Semels (Afrikaans, Paperback)
Cornelia Steenkamp
R220 R203 Discovery Miles 2 030 Save R17 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Semels is ’n fiktiewe rillerstorie oor makabere onthullings deur Margaret Kruger se jongste seun uit die gevangenis wat haar ruk tot die grusame realiteit oor wat met die vermiste vrouens op Jakkalskrans gebeur het. Maar haar buurvrou, Juffrou Rosemary, het ook spoorloos verdwyn en niemand sou ooit kon raai wat met háár gebeur het nie.

Wie sou dink dat daar soveel boosheid op Jakkalskrans verborge lê, asof hedendaagse plaasmoorde nie afgryslik genoeg is nie?

Donkermaan (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Donkermaan (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 8 - 13 working days

1991. Israel in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind. En ’n geskikte rekruut vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir Siriese missiele.

Die kandidaat: Ruth Heyns, doktorsgraadstudent in Tel Aviv. Maar sy trek die aandag van Teenspioenasie se ervare Gunther Eckhardt en die toenemende agterdog van die Lugmag-liaison, kolonel Leon Rutger...

Die Grootste Hiervan is die Liefde (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Die Grootste Hiervan is die Liefde (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Esther Wolmarans, die liefde van Andreas se lewe, is ’n deernisvolle, diensvaardige, sagmoedige meisie wat deur omstandighede gedwing word om die rol van versorger en huishoudster te speel. Volgens ou standaarde is sy ’n oujongnooi in wording.

Estie, soos Andreas haar noem, is een van die min mense wat die hart en rede van haar verbitterde vader, Jacob Wolmarans, ken. Sy is die lig in sy lewe. Andreas voel met die eerste aanblik aangetrokke tot haar maar die paartjie moet haar pa se toestemming met moeite verkry om uiteindelik te trou. Sal Estie ná baie trane en groot opofferings haar plek as predikantsvrou kan vind in die gemeente waar die Wolmarans-gesin dikwels die middelpunt van die dorp se skinderstories is?

Andreas worstel ook met ’n ander probleem. Hy sien diskriminasie raak en kritiseer die apartheid wat in die kerk toegepas word, en dit word ook onder die vaandel van die liefde van God in die verhaal uitgebeeld.

In Die grootste hiervan is die liefde ervaar ons God se liefde wat vergestalting vind in Andreas en Estie se huwelik en hul bediening as predikantspaar. Hierdie deernisvolle verhaal fokus op die spesiale liefde tussen man en vrou, tussen Christene onder mekaar en hul naastes.

Minder As Water (Afrikaans, Paperback): Morne Malan Minder As Water (Afrikaans, Paperback)
Morne Malan
R300 R268 Discovery Miles 2 680 Save R32 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wat is ’n menselewe werd as jy minder as niks op jou naam het nie?

Toe die regering besluit om ’n yslike dam in die diep, dorre Noord-Kaap te bou, is die skrif teen die muur vir die vergete dorpie van Bitterwater. Inwoners het ’n jaar tyd om hul dorp te ontruim en voor die groot water uit te vlug.

Konstabel Cheslin Fielies is die een wat moet seker maak die hele storie gebeur betyds. Pas van die Cape Flats oorgeplaas, word hy gou in die dorpstories ingetrek: Hoekom verafsku die gemeenskap die drankwinkeleienaar Braam Pens so? Wat het Jan Boklam een nag in die dorpsdam sien gebeur? En spook dit regtig by die vervalle ou pastorie waar die Van Helsdingens probeer oorleef?

Terwyl hy van sy eie spoke vlug en die Bitterwaters van die sondvloed probeer red, is dit sy onverwagse vriendskap met die dominee se vrou, Miriam, wat die krake in Cheslin se damwal blootlê. Want water is vergifnis, glo sy. Water is vergeet. Maar sommige geheime sal nie deur die vloed weggespoel word nie.

Minder as water is ’n meesleurende tragikomedie wat jou gaan roer, jou gaan laat lag en uiteindelik die vraag vra: Wat gebeur met die mens wanneer hy voor syeinde te staan kom?

Liefdesles (Afrikaans, Paperback): Vita du Preez Liefdesles (Afrikaans, Paperback)
Vita du Preez
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Liefdesles is die derde en laaste boek in Vita se trilogie. Klaskamer en Skoolgeld was die eerste twee.

Daniël en Emma se verhouding is steeds ingewikkeld: Daniël probeer sy vervreemde vrou, Sally, oorreed om die egskeiding toe te staan en Emma sukkel om vir Daniël te vertel dat sy swanger is.

Sal Daniël haar steeds na sy klaskamer neem? Is BDSM veilig tydens swangerskap? Sal Daniël kan vrede maak met die verlede en sy verhouding as jong seun met die onderwyseres, die verhouding wat sy seksvoorkeure bepaal het, sien vir wat dit was?

Vir Daniël en Emma kom die liefde uiteindelik met baie lesse.

Wit Leuen (Afrikaans, Paperback): Ruan Kemp Wit Leuen (Afrikaans, Paperback)
Ruan Kemp
R342 Discovery Miles 3 420 Ships in 5 - 7 working days

Richter het 'n verlede, maar dis die hede wat hy ontglip.

In die krake van dinge beweeg hy, systap hy die gesagte en die laspostenare, al die bakhand tentakels van die unitêre staat, Uiopa. Toe hy mis trap, moet hy vlug. Saam met Margaret reis hy deur 'n nagmerrielandskap 'n bisarre avontuur in.

Helikopters, duikbote, kindersoldate, ongediertes, mensvreters… Wit leuen wemel van onwerklikhede, afdraaipaaie, en verrassings.

Donker Vuur (Afrikaans, Paperback): Pieter Stoffberg Donker Vuur (Afrikaans, Paperback)
Pieter Stoffberg
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Oudrecce André Lombard vlug na ’n Ortodokse kerk in die Oekraïne om sy grensoorlogwonde te gaan lek, maar sy nuutgevonde vrede hou nie lank nie ...

Daar is landswyd onrus en die regering dreig om vryheid van geloof in te perk. Op ’n dag klop die plaaslike mafia aan die kerk se deur op soek na betaling in ruil vir “beskerming”. Wanneer priester Arkadi weier om afgepers te word, plaas hy sy lewe op die spel.

Intussen is die skone Olja uitgelewer aan ongure karakters op Kiëf se koue, ongenaakbare strate. Wanneer André tydens ’n aanval tot Olja se redding kom, bevind hy hom nie net midde-in ’n liefdesdriehoek nie, maar ook verstrengel in ’n oorlog tussen die kerk en die misdaadsindikaat.

Donker vuur, Pieter Stoffberg se vierde roman, neem die leser op ’n ysingwekkende tuimeltrein na ’n tyd van misdadigers en heiliges, antieke boekrolle en vreesaanjaende, moderne wapens.

Gebooie (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Gebooie (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 8 - 13 working days

’n Reeksmoordenaar maai bekendes op ’n streep af.

En Kassie en Rooi moet hom vastrek. Maar dit is makliker gesê as gedaan.

Die moordtonele is smetloos, met slegs bisarre boodskappe by die lyke. Die slagoffers se hoë profiele veroorsaak ook ’n ongekende mediaherrie, wat bykomende druk op die ondersoekspan plaas.

Die Spesiale Spookeenheid se elite-speurspan tas behoorlik in die duister rond. Het hulle dié keer hulle meerdere teëgekom?

Dwelm (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Dwelm (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Twee gewese speurders word koelbloedig langs 'n plaasdam afgemaai. En Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by 'n uitgedunde Paarlse speurspan wat al 'n week lank daarmee kleitrap.

Met die ooglopendste aspekte van die ondersoek reeds afgehandel, voel dit vir Kassie of hulle 'n saak erf waarvan die karkas klaar skoon gevreet is. Kassie bevraagteken egter die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was. Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller as kopaf raak.

Geraamtes uit die verlede, 'n oud-lid van die Brixtonse Moord en Roof-eenheid, 'n leier van 'n eens berugte tronkbende, en 'n swendelaar wat die grootste maatskappy-gekonkel sedert Steinhoff orkestreer, sorg vir talle vrae waarvan die Spookeenheid-speurders probeer sin maak. En sit daar dalk iemand anders agter die man wat die sneller getrek het?

Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy 'n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet hóé om te hanteer of op te los nie.

Oor Jou Dooie Liggaam (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Oor Jou Dooie Liggaam (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe kleiner die plek, hoe groter sy geheime

Lekespeurder Ludo Labuschagne sit saam met ’n vriendin af na die Overberg. Kort voor lank verdwyn mense daar tussen neus en ore. Net om weer hul opwagting te maak. As lyke …

Die spanning kring uit. Aanvalle. Afpersing. ’n Berekende blik agter ’n gemoedelike plattelandse glimlag.

Kan die bose vastrapplek in so ’n idilliese landskap kry? En sal Ludo oorleef om die waarheid oop te krap?

Vrydag Is Ek Verlief (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Vrydag Is Ek Verlief (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ella Olivia is ’n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae.

Na ’n belaglike insident waarin sy ’n meme geword het (natuurlik op ’n Vrydag), is haar laaste minuut aanvaarding by Kovsies om medies te studeer ’n nuwe begin vir haar. Maar na nóg ’n belaglike verwarring, bevind sy haarself in die laaste situasie waarin sy wil wees: die kollig. Sy moet Con Trubleau, gewilde kitaarspeler en hoofsanger van die boyband Vuurvreter, se fake meisie wees.

Hierdie is só nie deel van haar plan nie.

Anoniem (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Anoniem (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kan jy vlug van wie jy regtig is?

Lula Prins wil oor begin op Heydendal. ’n Nuwe lewe, ’n nuwe dorp, ’n nuwe naam. Anoniem. Dan stap ’n nuwe man ongenooid by haar lewe in en haar verlede begin haar inhaal.

Kriek Kruger wil uitvind wat met sy laatlambroer, Dian, gebeur het. Het hy werklik na sy dood gespring of wil iemand dit na selfdood laat lyk? En wie het daardie verdoemende verslag geskryf wat hom finaal laat knak het?

Terwyl Kriek na antwoorde soek en Lula van die spoke in haar verlede vlug, gooi die noodlot hulle saam in ’n opwindende, gevaarlike wentelbaan. Gaan Kriek uitvind wie sy regtig is? En kan ’n mens ooit werklik van jou jouself weg vlug?

Solank As Die Aarde (Afrikaans, Paperback): Lucia Prinsloo Solank As Die Aarde (Afrikaans, Paperback)
Lucia Prinsloo
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ná ’n jagongeluk is niks op die familieplaas Soetkloof ooit weer dieselfde nie. Die 15-jarige De Viljee is dood en sy broer en suster, die 18-jarige tweeling Cornél en Ragel, se lewe is verwoes. Cornél slaan op die vlug, want hy kan nie sy gebroke ouers in die oë kyk nie. Die koeël het immers uit sy jaggeweer gekom.

In die nasleep van die tragedie moet Ragel meisie-alleen red wat te redde is op Soetkloof. Dan kom daar ’n groot droogte en die Opkomsrivier, hul laaste oorblywende reddingsboei, verdor. Boonop is hul grond in die gedrang, want ’n yslike bewaringsgroep wil al die plase in die distrik op koop.

Gaan Ragel aanhou om vir haar erfgrond te baklei of gaan die noodlot die oorhand kry? Kan die luiperdman die jong, taai vrou weer ’n proesel van lewensvreugde gee? En gaan Cornél ooit lewend na Soetkloof terugkeer?

Solank as die aarde, Lucia Prinsloo se derde roman, is uiteindelik ’n verhaal van oorwinning en hoop. Want solank as die aarde bly staan, sal saaityd en oestyd nie ophou nie, sal koue weer warm word, winter weer somer en nag weer dag.

Veldhospitaal 12 (Afrikaans, Paperback): Marinda van Zyl Veldhospitaal 12 (Afrikaans, Paperback)
Marinda van Zyl
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Dit is 1905. Helmut, ’n Duitse mediese student, gaan ’n professor te lyf wat seksuele toenadering by hom soek. Dié neem wraak hom deur vir Helmut ’n druippunt toe te ken.

Helmut se verontwaardigde ouers straf hom deur hom sy studie te laat beëindig en sy vader maak sy handtekening na op ’n kontrak waarin Helmut verbind word om vir twee jaar die Duitse mediese korps in die destydse DuitsSuidwes (Namibië) by te staan as mediese ordonnans.

Só word hy getuie van die dokter in bevel wat hom verdiep in ’n studie van Afrikamense deur hulle lyke te onthoof, die skedels te laat skoonskraap en die breine te weeg, ’n berugte praktyk wat later wyd veroordeel is.

Ver In Die Wereld (Afrikaans, Paperback): Frederik de Jager Ver In Die Wereld (Afrikaans, Paperback)
Frederik de Jager
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Ver in die wêreld is 23 stories oor die lewe in die buiteland. Sommige van die vertellings is suiwer fiksie en ander is intiem persoonlike ervarings. Dis verhale oor die verlies aan die bekende, die verlange huis toe, maar ook oor die aanpassing in die verre vreemde wat dikwels met ’n goeie skoot humor gepaard gaan.

Skop jou skoene uit, sit agteroor en laat jou wegvoer na Engeland, Nieu-Seeland, Australië, Kanada, of na een van die ander plekke waar Suid-Afrikaners nesgeskrop het.

Kompoun (Afrikaans, Paperback): Ronelda Kamfer Kompoun (Afrikaans, Paperback)
Ronelda Kamfer 1
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 8 - 13 working days

Nadia en haar nefie Xavie is op Groenplaas in die Overberg grootgemaak deur hul ouma, Sylvia McKinney, die “stammoeder van lieg”. Hulle twee kyk terug op hul kinderjare en probeer die dinge ontbloot waaroor daar in hul familie geswyg word.

Kompoun vertel die verhaal van vriendskap tussen ’n groep nefies en niggies, gesmee deur oorlewing in ’n harde werklikheid, en hoe hulle van die ouer geslag wegbreek, maar ook vind dat die verstrengelde bande van familie ’n mens nie maklik laat los nie.

Huisies Van Papier (Afrikaans, Paperback): Dalena Theron Huisies Van Papier (Afrikaans, Paperback)
Dalena Theron
R290 R268 Discovery Miles 2 680 Save R22 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Groentjiejoernalis Anna is twee-en-twintig en woon saam met haar twee pa's en onheilige horde honde en katte op 'n klein plekkie in KwaZulu-Natal. Sy onthou hoe haar ouers se huwelik op die rotse beland het toe haar pa uit die kas geneuk het - ten aanskoue van konserwatiewe familielede en nuuskierige agies vir bure en haar boheemse ma, 'n skrywer wat nou op goeie voet met Anna's se pa's verkeer.

Dis wel nie aldag maklik om kop of stert uit te maak van wat aangaan in so 'n huishouding nie, veral nie nou dat haar een pa met ernstige gesondheidsprobleme sukkel nie. Anna se werk by die koerant is ook nie sonder uitdagings nie. Maar hoe maak jy tyd vir jou eie lewe as jy die spil raak waarom die hele spulletjie tol?

In Huisies Van Papier, vier Dalena Theron die liefde en familie in al sy kleurryke gedaantes.

Die Lys (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Die Lys (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hy sug. “Weet jy wat dink ek? Ek dink jy moenie so hard dink en worrie oor wat Christa sê nie, en ek dink nie jy moet verliefraak van jou lysie afhaal nie.”

Sy wikkel haar net daar uit sy omhelsing los. “Wie sê dis op my lysie!”

“O, ek wéét dis op jou lysie.” Hy glimlag en dan trek hy haar weer terug in sy arms, sy arm om haar middellyf; sy bene onmiddellik weer die ene seekat oor hare. “Toe, hou nou op worrie oor nonsens. Slaap. Jy gaan jou energie moreoggend nodig kry as jy wakkerword.” Met dié druk hy sy lyf teenaan hare. Gits. Sekere dele van sy lyf is nie heeltemal so aan die slaap as wat hy dalk dink nie.

“Hmmm” grom hy in haar nek as hy ook sy lyf se reaksie voel. “Jy gaan dalk jou energie in die middel van die nag al benodig as ek sake so uitkyk!”

Vir ‘n ruk lank lê hulle so – rustig en salig – totdat Meiring die stilte onderbreek. “Mag ek vra waar jy aan jou inspirasie gekom het?”

“Met die ys en als?” vra sy.

“Ja … veral met die als.”

“O, ek het dit op YouTube gesien.”

Daar is ’n oomblik se stilte. “Jy is nie ernstig nie.”

Moet sy hom vertel van die seksghoeroe wat sy ontdek het wat videolesse aanbied oor hoe om ’n man te verlei? Nee, wat.

“Ek grap net. Jou ysidee het my geïnspireer,” sê sy.

Hy soen haar in die nek. “Dan sal ek met meer idees vorendag moet kom.”

Toe Karen se man haar vir ’n jonger weergawe los, besluit sy: Dis tyd om te waag.

’n Vriendin vertel haar van die eienaar van ’n toermaatskappy wat glo ’n bobaasverleier en uitstekende minnaar is …

Hy stem in om Karen uit haar penarie te red en gou beleef sy avonture waarvan sy voorheen net kon droom. Avonture het egter ’n manier om jou onverhoeds te betrap en jou op afdraaipaaie te neem wat jy nooit sien kom het nie.

Skorpio (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Skorpio (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R375 R299 Discovery Miles 2 990 Save R76 (20%) In Stock

Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang die blye tyding dat hulle uiteindelik weer bevorder is tot die rang van kaptein. Maar hul vreugde is van korte duur. Die vergruisde liggaam van een van Cupido se beste vriende is gevind onder die motor waaraan hy in sy motorhuis gewerk het . . . was dit 'n ongeluk, of koelbloedige moord? En op ’n imposante plaas buite Stellenbosch ontplof ’n woonwa. Onverklaarbaar. Nadat die vuur geblus is, word ’n liggaam in die wrak gevind . . .

Die Drie Weduwees (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Die Drie Weduwees (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R350 R255 Discovery Miles 2 550 Save R95 (27%) In Stock

Ami het geweet die dag gaan kom dat sy moet afskeid neem van Paul de Jager, die afgetrede polisiegeneraal wat met mening teen alzheimers baklei het.

Maar wat sy nie verwag het nie, is sy laaste opdrag aan haar: Sy moet met behulp van sy drie eksvroue na ’n onopgeloste saak uit die 1990’s kyk.

Die drie weduwees, soos hulle genoem word, is aanvanklik ewe min lus om aan Paul se versoek gehoor te gee. Wanneer ’n vyftienjarige seun van Pretoria op pad kafee toe met net R20 in sy sak spoorloos verdwyn, behoort daar tog iewers ’n leidraad te wees –
iets meer as die wit paneelwa wat daardie dag in die straat opgemerk is.

Met haar eerste besoek aan die Moot besef Ami sy is in die moeilikheid. Hierdie storie gaan haar heel insluk en eers uitspoeg as die boomryke buurt se laaste geheim blootgelê is.

Die drie weduwees is die vierde boek in hierdie opwindende misdaadfiksiereeks. Dit volg op Minder as niks, Die verkeerde vrou en Al wat tel, maar kan ook alleen gelees word.

Nadraai - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Jaco Kirsten Nadraai - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Jaco Kirsten
R385 R344 Discovery Miles 3 440 Save R41 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Rocco de Witt se argitekspraktyk in Kaapstad doen goed, hy is verloof aan 'n pragtige vrou en hy woon in 'n droomhuis. Maar nou staan oudmakker Gert Malan voor sy deur . . . en die geweld van destyds kom opnuut Rocco se lewe binne. Sy bestaan ontaard in 'n nagmerrie - tot die onvermydelike konfrontasie wat op hom wag, daar op die plasie Nadraai.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R300 R281 Discovery Miles 2 810
Doolhof
Rudie van Rensburg Paperback R365 R326 Discovery Miles 3 260
Moederland
Madelein Rust Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Die verdwyning van Mina Afrika
Zuretha Roos Paperback R250 R227 Discovery Miles 2 270
Monster
Rudie van Rensburg Paperback R365 R326 Discovery Miles 3 260
Katvis
Annelie Botes Paperback  (1)
R340 R314 Discovery Miles 3 140
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Droomjagter
Leon van Nierop Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Vrydagaand
Elsa Winckler Paperback R433 Discovery Miles 4 330
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000

 

Partners