0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (54)
  • R100 - R250 (203)
  • R250 - R500 (542)
  • R500+ (21)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction

Veilige Hawe vir die Hart (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete Veilige Hawe vir die Hart (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Paula Swart het baie empatie met die pasiënte by die kliniek waar sy ’n arbeidsterapeut is. Vir haar kollega se vriend Derick het sy egter nie ooghare nie, al het sy hom nog nie eens ontmoet nie. In haar oë is hy ’n swakkeling en vir sy soort het sy nie tyd nie.

Toe Derick Boland toe trek en tydelik blyplek nodig het, beland hy in Paula se huis. Hy daag egter nie alleen op nie. In sy arms is ’n vuil, verwaarloosde brakkie wat hy langs die pad opgetel het en summier Paultjie gedoop het.

Teen wil en dank moet Paula leer om Derick én Paultjie te verdra. Kan verdraagsaamheid die eerste tree na liefde wees?

Huis Toe Vir Kersfees (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Huis Toe Vir Kersfees (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Al wat Surika Breedt wil hê nadat haar kêrel haar vir ’n ander meisie gelos het, is ’n rustige Kersvakansie by haar ouerhuis.

Daar vind sy egter ’n indringer: Alex de Bruyn wil hulle Karoodorp in ’n vakansie-oord omskep. Wie is hy om te dink hy weet wat Grysbult nodig het?

Boonop moet Surika vir ses weke saam met Alex in haar ma se gastehuis bly. Tot haar ontsteltenis ontdek sy die man kan soen soos ’n droom. Gaan sy hom kan weerstaan?

Sy Proe Soos Heuning (Afrikaans, Paperback): Ciska Olivier Sy Proe Soos Heuning (Afrikaans, Paperback)
Ciska Olivier
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Irma het ’n bakkievrag probleme. Daar is haar eks-verloofde, ’n sukkelende trekker en ’n koei wat dringend mediese hulp benodig.

Boonop is Michael, die veearts wat tydelik in Mariental kom waarneem en in die woonstel op hulle plot kom bly, die allerlaaste man wat sy weer wil sien!

Sy probeer uit Michael se pad bly, maar hul paaie bly kruis. Sal sy sy sjarme kan weerstaan?

'n Tyd om te Sing (Afrikaans, Paperback): Lizelle von Wielligh 'n Tyd om te Sing (Afrikaans, Paperback)
Lizelle von Wielligh
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Tien jaar gelede het hy haar hart verniel. En hier, sonder waarskuwing, stap hy weer in haar lewe in – met daardie ontstellend sexy stoppelbaard ...

Destyds was hy Ruan Smit, nou is hy die bekende Christelike sanger Jacques van die groep Storms en Stilte. Sy is egter steeds Amy, dieselfde Amy wie se hart hy destyds gebreek het. Sy kan hom nie toelaat om haar weer te misbruik nie, maar hoe weerstaan sy die aantrekkingskrag tussen hulle?

Intussen soek hy huis saam met die liefdevolle Stella aan sy sy. Maar toe sy nuutste treffer vrygestel word, het dit almal aan die gis: Vir wie het hy dit geskryf en hoekom is dit ’n liefdeslied? Kan Amy haarself toelaat om te glo dit is vir haar? Of stel sy haarself opnuut bloot om weer seer te kry?

Vlinders en Vonke (Afrikaans, Paperback): E L Bester Vlinders en Vonke (Afrikaans, Paperback)
E L Bester
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Karo is ’n suksesvolle model in Milaan en verloor haar hart op die man van haar drome: die charismatiese Kabous. Toe hy uit die bloute ’n romantiese bootreis saam met sy beste vriende voorstel, is sy oortuig hy voer groot planne in die mou.

Nog voordat hulle egter aan boord kan gaan, kondig Kabous aan dat hy ’n krisis by die hospitaal moet gaan hanteer. Haar romantiese bootreis is daarmee heen en sy sit gestrand op die luukse Southern Star saam met sy vriende!

Veral Adam, sy bedorwe universiteitsvriend, werk op haar senuwees. Hoe gaan sy die reis saam met hierdie onuitstaanbare vent oorleef?

Storieboekheld (Afrikaans, Paperback): Rene van Zyl Storieboekheld (Afrikaans, Paperback)
Rene van Zyl
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Ná emosionele terugslae sukkel Kelly Logan, internasionaal bekroonde skrywer, om haar nuutste misdaadroman te voltooi.

Toe sy dreigbriewe ontvang, huur haar uit gewer ’n lyfwag vir haar. Gou besef Kelly dat Jason, ’n gespierde oudsoldaat, die perfekte storieboekheld is.

Nog nooit was sy so geïnspireer nie en Jason help graag met haar navorsing oor die perfekte soen. Maar hulle albei het geraamtes in die kas. Sal hulle geluk in mekaar se arms kan vind?

Of gaan die noodlot teen hulle draai?

'n Rede om te Bly (Afrikaans, Paperback): Ernalize du Toit 'n Rede om te Bly (Afrikaans, Paperback)
Ernalize du Toit
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Marguerite ’n jaar ná haar mislukte verlowing terugkeer na haar grootworddorp, is almal presies nog soos wat sy hulle onthou.

Almal behalwe Bernard Visagie. Die bruingebrande boer se omgeewoorde en bokse met groente veroorsaak ongekende moeilikheid in haar hart. Marguerite sien nie so gou weer kans vir ’n verhouding nie. Daarby is hulle ouers teen hul vriendskap gekant oor iets wat dertig jaar terug gebeur het.

Sal Marguerite en Bernard hul vriendskap lig en sonder onnodige komplikasies kan hou?

Waar die Doringbome Sing (Afrikaans, Paperback): Elize Parker Waar die Doringbome Sing (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die drie Van der Walt niggies is elkeen vasgevang in hul eie uitdagings na die onlangse warrelwind van gebeure.

Lenore worstel met ’n groot persoonlike verlies. Die kringloop van haar beproewinge oor die afgelope tyd het haar vrese oor verlating wat sy al in kleintyd ontwikkel het, net verder verdiep. Maar noudat sy self ’n ma is, besef sy dat sy haarself hiervan sal moet bevry om ’n standvastige ouer vir haar kinders te wees. Hulle oupa Tjaart se visie vir Bateleur-reservaat rus ook op haar skouers, en sy dra swaar daaraan om getrou hieraan te bly.

Bella, wat al in haar tienerjare wees gelaat is ná haar ouers se selfvernietigende besluite, begeer ’n familie van haar eie. Ná haar broer, Jaco, se hartseer dood in ’n skiettragedie, het sy in haar alleenheid die ideaal van ’n perfekte familie nagejaag. Maar miskien is daar tog ’n hegte kring van liefde vir Bella bedoel wat nie uit die standaard definisie van die perfekte familie bestaan nie, maar eerder in die warm koestering van ’n laslap familie.

Tarien se fokus is só onwrikbaar gevestig op haar toewyding aan die Here en die opofferings wat sy in haar diens aan Hom maak, dat sy nie besef haar sendeling bestaan het ’n selfopgelegde prys geëis wat die Vader nooit van haar gevra het nie. Haar ma is sterwend en Tarien begin wonder oor haar im-pulsiewe, romantiese uitkyk op die lewe en hoe dit haarself en haar naastes benadeel. Sy begin twyfel of dit ooit só moes wees. Miskien lê die antwoorde op haar vrae en brose behoeftes op haar grootwordplaas ...

Die Hart Het Geheime (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Die Hart Het Geheime (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Claire Odendaal moet geld verdien vir haar verdere grade om sielkundige te word. Sy word ’n au pair vir die moeilike stiefdogter van wewenaar Adrian Lawrence, eienaar van ’n landgoed en ’n tegnomaatskappy.

Claire en Adrian is aangetrokke tot mekaar, maar sy is ambisieus en hy wil nie weer trou nie. Daarby is Adrian se rokjagterbroer Wayne agter Claire aan en daar is kriminele aktiwiteite in die Lawrencefamilie.

Kan Claire Adrian vertrou? En wil sy in so ’n opset inp as?

Onvoorspelbare Liefde (Afrikaans, Paperback): Corne van Rooyen Onvoorspelbare Liefde (Afrikaans, Paperback)
Corne van Rooyen
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Karla is ’n sorgvrye en kreatiewe bakster. Regardt is ’n vlieënier en ’n perfeksionis. Tog is hulle vriende. Toe Regardt vir Karla vra om voor te gee om sy verloofde te wees, ter wille van sy sterwende oupa, sê sy ja.

Maar toe trou hulle regtig, want Regardt se oupa wil by die troue wees. Met elke soen en liefkosing val Karla al hoe meer vir haar nuwe man.

Gaan sy Regardt se hart kan wen, of gaan hy haar altyd net as ’n vriendin sien?

Maanlig en Blou Oë (Afrikaans, Paperback): Elize Davies Maanlig en Blou Oë (Afrikaans, Paperback)
Elize Davies
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ben Lategan is hard en verbitterd teenoor vroue ná talle liefdesteleurstellings. Lienke het self ook al baie seergekry in die verlede.

Wanneer die twee mekaar ontmoet, is die aantrekkingskrag tussen hulle egter onmiskenbaar. Ben vind haar onweerstaanbaar en sy aanrakings laat haar ook nie koud nie – inteendeel!

Maar Lienke is lugtig. Sy is op soek na ’n betekenisvolle liefdesverhouding wat verder strek as net die liggaamlike.

Sal beide die spoke van die verlede kan besweer om mekaar ’n kans te gee?

Onvergeetlike Liefde (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Onvergeetlike Liefde (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Mariette en Hannes was mekaar se skoolliefdes.Twaalf jaar later kruis hul paaie weer. Nou is hy Hank Grey, die bekende Hollywoodster, en sy bestuur ’n agentskap wat lyfwagte en beskerming aan BBP’s bied.

Kort voor lank begin die vlamme van hul vergete liefde brand.

Haar Italiaanse Prins (Afrikaans, Paperback): Beatrix Smith Haar Italiaanse Prins (Afrikaans, Paperback)
Beatrix Smith
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

As jy wag vir ’n ridder op ’n wit perd gaan jy lank wag, want hulle bestaan nie. Dis Ma Amelia se motto.

Na ’n onvergeetlike nag in Vittorio Mancini se arms, word Claudette alleen wakker. Ontnugter moet sy erken haar ma is reg: Geen man is te vertrou nie. Van haar pa wat voor haar geboorte reeds die hasepad gekies het, haar eksverloofde wat haar gelos het, tot en
met Vittorio se verraad.

Voortaan sal sy ’n man niks anders as vriendskap bied nie. Sy leer egter gou, die hart laat hom nie voorskryf nie. Sal sy die aantreklike Vittorio kan weerstaan?

Die Perfekte Meisie (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Die Perfekte Meisie (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Franzelle se pa eis dat sy ses maande lank as ’n doodgewone winkelbestuurder by die familiebesigheid werk. Sy mag vir niemand sê dat sy sy enigste erfgenaam is nie en sy mag ook nie ’n verhouding aanknoop nie. Haar sportmotor en bodemlose beursie moet ook tuis bly.

Alles werk goed uit tot sy ryk en sjarmante Marnus Bailey ontmoet.

Hy aanvaar Franzelle vir wie sy op die oog af is, maar sy ma is ’n ander storie.

Sal Franzelle en Marnus se liefde oorleef ?

Onwillige Held (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Onwillige Held (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Anja is ’n verpleegsuster met ondervinding van terapiehonde. Toe sy weens ’n bedrogspul sonder heenkome of geld op ’n kusdorp beland, bied oom Er nst haar tydelike werk aan. Sy seun Stiaan glo egter sy het bymotiewe.

Anja sien oom Ernst se troeteldiere tree vreemd op en besef iets is verkeerd. Sy oorreed die oom om vir mediese toetse te gaan, wat tot ’n vroeë kanker diagnose lei.

Maar kan oom Ernst se positiewe benadering tot sy toestand Stiaan en Anja se houding teenoor mekaar en die lewe verander?

'n Skandalige Besluit (Afrikaans, Paperback): Dina Botha 'n Skandalige Besluit (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Claire Westley was nog altyd verlief op burggraaf Charles Bryton, maar hy het nooit in haar belanggestel nie. Toe haar pa onverwags geld en ’n titel erf, vra die burggraaf uit die bloute om haar hand.

Tot hul families se skok weier Claire.

Om ’n skandaal te vermy reël haar ouers vir Claire passaat op die Swart Pêrel om vir haar vriendin Prinses Mary te gaan kuier.

Is Luca Bovien, die aantreklike kaptein van die Swart Pêrel, dalk die een wat haar hart gaan verower?

Skakerings van liefde (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Skakerings van liefde (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Barbara se ouers sterf, moet sy haar graad in beeldende kunste staak en uit haar skilder ye ’n bestaan maak.

Plaaseienaar Ryno de Villiers ontferm hom oor haar en laat haar toe om in ’n vervalle kothuis op sy plaas te bly.

Ryno is ’n bekende sanger wat oral in die land optree. Hy en Barbara is aangetrokke tot mekaar, maar albei het bagasie en boonop hulle is t eenoorgesteldes.

Die liefde het vele skakerings. Sal hulle bymekaar kan aanpas?

Goue Gloed (Afrikaans, Paperback): Anna van Tonder Goue Gloed (Afrikaans, Paperback)
Anna van Tonder
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Erica se man sterf in ’n motorongeluk en sy vind kort daarna met ’n skok uit sy is swanger. Boonop ontdek sy haar man het haar in ’n geldelike verknorsing agtergelaat.

Uit desperaatheid gaan bly sy by haar niggie, maar swyg oor haar swangerskap en soek naarstig na werk. Uiteindelik kry sy ’n pos as boekhouer by ’n goudmyn en deel van haar diensvoordele is verblyf op die myn se perseel.

Braam, ’n enkelloper, is haar baas en ’n regte brombeer. Almal trap in hul spoor wanneer hy in die omtrek is. Mettertyd kan sy nie meer haar swangerskap wegsteek nie en die mense begin oor haar skinder: Hoe raak ’n weduwee dan swanger?

Maar Braam, wat in die mynhuis reg langs haar woon, leer haar beter ken en begin met ander oë na haar kyk. Sy voel self aangetrokke tot hom, maar waak teen haar gevoelens. Sal die baba se koms hulle nader aan mekaar bring of hul lewenspaaie finaal laat skei?

Vlam (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Vlam (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Speursersant Mthembu se huwelik lê aan skerwe. Nyandi het die kinders gevat en is sak en pak terug Lesotho toe. Terwyl Parkwegstasie se ace-speurder in ’n gastehuis in Bloemfontein wakker lê en tob oor sy aandeel, brand Xanadu-galery, tuiste van die wêreldberoemde SA kunstenaar Aretha Hattingh, tot op die grond af. Haar oeuvre ’n hoop as. En in die middel van die ruïne: die oorskot van ’n vrou, vermoedelik dié van Aretha.

In Parys ontmoet Sollie ’n hand vol verdagtes: ’n kunsagent, ’n prokureur, ’n slagter, ’n bouer en ’n koerier. Voeg hierby ’n venynige aanneemkind, ’n jaloerse, skatryk eksman, die dorp se sprankelvrou én ’n stasiebevelvoerder wat die septer na haar eie reëls en tyd swaai, en jy het die wenresep vir ’n intrige gevul met hoogdrama.

Is dit moord? Selfdood? Of bloot ’n fratsongeluk?

Sollie geniet reeds groot aftrek onder Afrikaase lesers. En Vlam, die nuwe roman deur Gilroy, beloof om soos sy vorige twee krimi’s te boei en te vermaak tot op die laaste bladsy.

Volbloedvrou (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete Volbloedvrou (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Joga-instruktrise Lexi Retief glo aan dankbaarheid en om in die oomblik te leef. Toe fisioterapeut Alex van Aarde Lexi se geliefde hond Hilde kom behandel, bly nié Hilde of Lexi se hart onaangeraak nie. Maar Lexi is besig om haar besigheid op te bou en hou nie van rooikoppe nie, al is sy self een.

Kan twee mense wat so eender s is werklik ’n gesonde verhouding bou? En wat van Alex se moeilike ma en Lexi se oom Danny?

Die Dokter Langsaan (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Die Dokter Langsaan (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bea Botes het pas klaar gestudeer en begin ’n boek-en-koffiewinkel terwyl sy werk soek.

Romantiese verhoudings is nie bo-aan haar lys nie, en sy glo buitendien liefde bestaan net in feëverhale.

Hawe Vir Haar Hart (Afrikaans, Paperback): Tosca de Villiers Hawe Vir Haar Hart (Afrikaans, Paperback)
Tosca de Villiers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die volmaakte prentjie van Wendy se lewe spat aan skerwe toe haar verloofde erken hy is lief vir ’n ander man.

Op die ingewing van die oomblik besluit sy om as skoonheidsdeskundige op ’n passasierskip te gaan werk, al is sy as fisioterapeut gekwalifiseer, in die hoop om van alles en almal te vergeet.

Doug (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Doug (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

“Sy vingers glip teen haar voet op tot by die soom van die jeans wat sy aanhet.

Hy kyk op na haar. Terwyl hy stadig regop kom, beweeg hy sy hande bo-oor die jeans teen haar bene op. Stadig kom hy regop en vou sy hande om haar middel. In die sagte lig van die woonkamer blink haar oë. “Doug ...”

“As jy nie wil hê ek moet jou soen nie, is nou die tyd om weg te stap.”

Vir ’n oomblik staar hulle na mekaar. “Malligheid, absolute malligheid,” prewel sy voor sy sy hemp in haar hande vasgryp en hom nadertrek.

Dis al waarvoor hy gewag het. Hy buk af en gryp haar lippe met syne vas. Haar rose- en nartjiegeur vou om hom en half bedwelmd, glip sy hande onder haar T-hemp in. Satyn. Sag. Maar dis nie genoeg nie, lank nie meer nie.

Mieke stap tussen sy bene in, trek-trek aan sy hemp. Hy wil haar help, maar hy is te besig. Eers toe die gespe van haar bra los is, lig hy sy kop en pluk sy hemp oor sy kop.

“Ek wil jou sien. Ek moet jou sien,” hyg hy, sy hande op die onderkant van haar T-hemp. Sy lig haar arms op.

“Bliksem ...” Hy lig die hemp oor haar kop, trek haar bra eenkant toe. Met ontsag, vou sy hande om haar sagte kurwes. “Hierdie ... ek droom al ’n week lank hiervan,” fluister hy.

Mieke se suster Fleur vra of sy haar swaer wat sy vrou verloor het, kan kom help met sy baba. Mieke stem in, maar op die vlug na Kaapstad beland sy langs ’n sexy rooikop.

Wewenaar Doug Sutherland is aangetrokke tot die groenoog donkerkop langs hom op die vlug. Hul vurige omhelsing op die lughawe, het egter onverwagse gevolge, want Mieke is die nuwe au pair wat na Doug se baba moet kom kyk.

Gaan hulle mekaar weer in die oë kan kyk?

Toevlug (Afrikaans, Paperback): Louise Viljoen Toevlug (Afrikaans, Paperback)
Louise Viljoen
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Tydens ’n staatsgreep in die Kongo, val ’n ekstremis en sy handlangers ’n sendingstasie aan met gruwelike gevolge. Een van die oorlewendes vlug vir haar lewe deur die reënwoud by die kuslyn af tot haar paaie haar terug lei na Suid Afrika.

Petro beland by Toevlug – ’n skuilplek vir randfigure soos sy met haar seer, ontnugterde hart. Daar ontmoet sy vir Riaan, ’n dominee wat hom oor haar ontferm, maar Petro wil niks weet van ’n God wat toegelaat het dat sy aan soveel genadelose geweld en hartverskeurende verlies blootgestel is nie.

’n Jaar later ontdek twee noodlenigingswerkers ’n verrassende vonds by ’n ou, versteekte mynskag in die reënwoud ... Ida en Gary tref reëlings om hulle kosbare ontdekking terug te neem na Suid-Afrika waar hulle werk hul ook na Toevlug neem.

Die een verloor haar geloof en die ander moet leer om te glo ... maar is dit te veel gevra om te hoop dat alles tog ten goede sal uitwerk? Kan blote geloof vertroosting bied en diep geëtste hart wonde weer gesond maak? Wat maak ’n mens met die letsels op jou hart wanneer oorbegin jou roep? En dan is daar ook die onmiskenbare samevloeiing van iets groters as hul albei wat hierdie vroue onlosmaaklik aan mekaar verbind. Beide Petro en Ida word tot die uiterste toe beproef ...

“U is ’n toevlug … ’n skuilplek …” het Jesaja gesê. Tussen aksie en avontuur, ongelooflike verlies en lyding, en die verbete houe van die noodlot, vind twee vroue mekaar in hul eie besonderse geloofsreise in Toevlug.

Somersoen (Afrikaans, Paperback): Lizelle von Wielligh Somersoen (Afrikaans, Paperback)
Lizelle von Wielligh
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Chrisjan Grey op Nicolene verlief raak, tel sy lewe as rykmanskind teen hom. Nicolene se broer glo nie Chrisjan sal die mas opkom as die plaas sou ondergaan nie. Chrisjan verbreek noodgedwonge kontak met Nicolene, maar kan haar nie vergeet nie.

Nicolene daag met ’n ander kêrel by haar broer se troue op, oortuig dat sy net afleiding vir Chrisjan was. Vol jaloesie besluit Chrisjan om homself te bewys deur self sukses te behaal.

Sal hy Nicolene kan terugwen voor dit te laat is?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die verdwyning van Mina Afrika
Zuretha Roos Paperback R364 Discovery Miles 3 640
Leeumens
Rudie van Rensburg Paperback R365 R310 Discovery Miles 3 100
Weskus-Omnibus 2 - Ter wille van Talita…
Helena Hugo Paperback R340 R319 Discovery Miles 3 190
Stiltetyd
Marita van der Vyfer Paperback R297 Discovery Miles 2 970
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Doolhof
Rudie van Rensburg Paperback R375 R352 Discovery Miles 3 520
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R365 R342 Discovery Miles 3 420
Vloek
Rudie van Rensburg Paperback R454 Discovery Miles 4 540
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R385 R361 Discovery Miles 3 610
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R300 R281 Discovery Miles 2 810

 

Partners