0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (6)
  • R50 - R100 (21)
  • R100 - R250 (210)
  • R250 - R500 (508)
  • R500+ (18)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction

Tweede kans vir liefde (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Tweede kans vir liefde (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Karla Malan, ’n prokureur, kuier in Ciprus waar haar dogter as au pair vir die Demetriou-gesin werk.

Daar ontmoet sy die aantreklike professor Nikolas Demetriou. Karla en Nikolas voel aangetrokke tot mekaar, maar beide het slegte skeisake agter hulle en iemand anders wat in hulle belangstel.

Kan hulle die hindernisse in hul pad oorkom en ’n tweede kans vir liefde vind?

Droomwewer (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Droomwewer (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ná ’n vernederende insident by die werk, verwag Mariechen Jonker onmiddellike ontslag. ’n Werksaanbod naby Kaapsehoop bied ’n welkome uitkoms, veral omdat sy by haar geliefde tante kan gaan bly.

Die restourasieprojek op Kaapsehoop is ’n lekker uitdaging. Maar dan begin sy vreemde drome droom waarin ’n karakter uit die dorp se delwersgeskiedenis sterk figureer – ’n man wat nes haar werkgewer, Heinrich Retief, lyk.

Op ’n spooktoer tydens die Wildeperdefees, ontdek Mariechen dat drome en werklikheid kan oorvleuel, en dat ware liefde kosbaarder is as goud.

Boere-Aspoester (Afrikaans, Paperback): Beatrix Smith Boere-Aspoester (Afrikaans, Paperback)
Beatrix Smith
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alinda is vasbeslote om haar sterfbedbelofte aan haar ma na te kom voor sy trou. Maar watter man sal sewe jaar vir haar wag, soos Jakob vir Ragel?

Dieselfde dag waarop sy haar ontroue aanstaande die deur wys, steel ’n Gautenger haar parkeerplek. Alinda besluit net daar om mans die rug te keer.

Toe dit blyk die Gaut enger is haar buur man se kleinseun Harry, spat die vonke behoorlik tussen hulle. Sal Harry Alinda kan oortuig hy is ’n man soos Jakob?

Bloedsteen (Afrikaans, Paperback): Irna van Zyl Bloedsteen (Afrikaans, Paperback)
Irna van Zyl
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor ’n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met ’n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, lê leweloos in ’n luukse hotel op Hermanus.

Hande om Storm te help met die ondersoek ná Beebee se dood is min, want protesaksie lê die dorp lam. Boonop sweep ’n charismatiese profeet die skare op tot ’n histerie.

Storm besef gou nie net haar ma se lewe is in gevaar nie. Sy is ook ’n teiken.

Intussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou ’n privaat speurder, om ’n skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor.

Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van ’n sneltrein.

Hospitaal Weltevreden (Afrikaans, Paperback): Riaan Grobler Hospitaal Weltevreden (Afrikaans, Paperback)
Riaan Grobler
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Anna-Mart is ’n noodeenheid-spesialis en ken die lang gange van Hospitaal Weltevreden goed. Sy is nie bang vir harde werk nie. Dis immers ál hoe sy uit die armoede van haar en haar twee broers se enkelma-huishouding kon ontsnap en haar droom om ’n dokter te word, kon verwesenlik. Maar sy en haar ma, Beatrice, is bekommerd want haar broers is met verkeerde vriende deurmekaar. Hulle het maande terug van die twee gehoor. En boonop skaam Anna-Mart haar vir haar eenvoudige ma wat deesdae by haar woon.

Uit die bloute arriveer ’n pasiënt by die ongevalle eenheid vanuit haar verlede. Jacques Fourie laat weer eens haar hart klop soos hy destyds op skool gedoen het, al het sy hom nooit vertel hoe sy voel nie ...

Louise Tredoux is Anna-Mart se boesemvriendin en ’n onkoloog wat in wetenskap en niks anders glo nie – totdat Petro met haar groot juk en nog groter geloof by haar spreekkamer instap en in Louise se swart-op-wit logika kom rondkrap. Maar Louise staan sterk op haar beginsels totdat sy eendag onverwags inmekaarsak en alles in haar lewe omver gewerp word.

En dan is daar Rentia le Roux, die geskeide sielkundige met twee kinders en die interessante pasiënt, Shawn, wat van een verhouding na ’n ander rond fladder. Is dit van hom wat sy skielik romantiese geskenke kry, of kom dit van die aantreklike Dr Marloux Pienaar? Die kardioloog staan self op skei en vang al die verpleegsters se oë, en ná wat in sy kantoor gebeur het, ook Rentia s’n. Maar is daar enigsins ’n toekoms vir haar met ’n man soos Marloux?

Veral nadat sy een oggend met ’n verblindende hoofpyn in ’n vreemde plek wakker word ...

Liefste Kersvader (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Liefste Kersvader (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Danielle is moeg om alleen te wees. Veral oor Kersfees. Dis haar derde Kerspartytjie by Love Incorporated en sy het steeds nie ’n man in haar lewe of ’n ring aan haar vinger nie. Mense begin skinder. Hoekom is ’n beeldskone jong vrou soos sy steeds enkellopend? Vir die pret skryf al die werknemers hulle Kerswense neer en die bestuurshoof stuur dit Noordpool toe.

Maar die briefies is anoniem. Hoe sal Kersvader weet Danielle is die een wat vir ’n man vra?

'n Jetski vir twee (Afrikaans, Paperback): Ilze Beukes 'n Jetski vir twee (Afrikaans, Paperback)
Ilze Beukes
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Met haar prokureur se hulp, vind Lizzy onder ’n nuwe identiteit ’n toevlug op ’n plaas by die see. Daar versorg sy die visser shuisies en bly naweke in die eienaar, Reuben, se huis terwyl hy in Mauritius is.

Alles gaan goed, tot Reuben een nag onv erwags opdaag en Lizzy hom vir ’n inbreker aansien en haar self verdedig.

Reuben is kalm, onder steunend en dierbaar. Hy maak haar deurmekaar, al sê hy hy wil ook nooit trou nie. Gaan haar hart dié keer selfs seerder kry as voorheen?

Dol Heuning (Afrikaans, Paperback): S.J. Naude Dol Heuning (Afrikaans, Paperback)
S.J. Naude
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die verhale in Dol heuning kring soos breedtegrade om ’n aardbol uit – van Suid-Afrika na Ysland, die Belgiese platteland en die Italiaanse Alpe.

In ’n boomryke Johannesburgse woonbuurt koester ’n paar hul seuntjie terwyl hul skoonmaker se kind in volle aangesig van die land se ongeregtighede moet staan.

In die yslandskap van Reykjavic neem ’n vrou dol heuning saam met die man wat haar vir ’n ander verruil het en bring hulle ’n angswekkende laaste aand saam met ’n gewelddadige Rus en sy metgesel deur.

Terwyl twee minnaars in New England aan die wreedheid van hul gasheer uitgelewer word toe sy menslikheid hom verlaat, ontferm ’n ma haar oor ’n straatkind op Park-stasie.

Die verhaalsiklus wat die kroon span, vertel hoe ’n jong Namibiër en sy Japannese vriendin – ’n jong wiskundige vir wie elektroniese musiek ’n meditasie is – saam ’n tragedie in die berge en ’n nag in ’n beklemmende chateau met ’n donker poel vol glimmende palings beleef.

Ná die veelbekroonde Alfabet van die voëls, publiseer SJ Naudé ’n tweede bundel kortverhale wat ontstel, verras, en boweal bekoor

Dominique (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Dominique (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dalk is hy hier. Besig om jou dop te hou.

Dominique is ’n kunstenares en ’n hoogsbetaalde gesellin wat spesialiseer in seksfetisjes. Martin is ’n sielkundige wat bekruipers navors. Hul paaie kruis wanneer Dominique by Martin om hulp aanklop omdat sy agtervolg word. Hulle mag so uiteenlopend wees soos nag en dag, maar albei word geteister deur donker geheime. Martin het syfers nodig om sy angstigheid te beheer, Dominique die vertroosting van haar sekswerk-persona, Courtesan.

Soos Dominique en Martin deur haar lys van klante werk om Die Bekruiper te ontbloot, word die bedreiging al hoe erger. En die tyd al hoe minder.

Volmaansoene in Mauritius (Afrikaans, Paperback): Rene van Zyl Volmaansoene in Mauritius (Afrikaans, Paperback)
Rene van Zyl
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Zoey haar beste vriende se troue op Mauritius bywoon, moet sy Liam, die man wat haar kort voor hul huweliksdag verneuk het, trotseer.

Zoey neem haar gay vriend as haar kamma-verloofde saam om haar waardigheid te beskerm, maar sy kom gou agter dat haar hart steeds na Liam smag, al is hy nou weer verloof.

Nou moet sy besluit of sy haar hart of kop moet volg.

Die Jare Tussen Ons (Afrikaans, Paperback): Jozine Botha Die Jare Tussen Ons (Afrikaans, Paperback)
Jozine Botha
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Elaine vlug weg van haar verloofde, Alex sonder enige verduideliking.

Haar geheim bly haar eie want as Alex ooit moet uitvind sal dit sy lewe ruïneer, of so glo sy. Sy het geen ander keuse as om met Ben van Staden, die rykmanseun van Bloemfontein, te trou nie.

Die jare wat volg is verwonde jare gevul met vrees en verwyt. Elaine verloor haar geloof in ‘n liefdevolle God en dit is net wyn wat haar help om soms te vergeet. Maar haar liefde vir Alex bly ’n brandende vuur in haar binneste wat nie geblus kan word nie.

Skielik, ná sewe jaar, staan Alex weer voor haar en sy besef dat God tog alles ten goede kan laat meewerk vir die wat Hom liefhet. Maar, sal Alex haar ooit kan vergewe vir die onreg wat sy aan hom gedoen het?

Ester (Afrikaans, Paperback): Kerneels Breytenbach Ester (Afrikaans, Paperback)
Kerneels Breytenbach
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 4 - 6 working days

’n Meesleurende roman oor ’n verbode passie en ’n politieke intrige. Dis gebaseer op ’n werklike historiese insident, en die gevolge daarvan: Die ontmoeting in 1940 tussen Dr DF Malan en ‘n Duitse spioen, mev Thyra Denk. Nou, in 1946, kry Dieter Bergman, ’n senior polisieman, instruksies om mev Denk per trein van Windhoek na Kaapstad te vergesel, waar sy voor ’n Gekose Komitee van die Parlement moet getuig. As daar bewys kan word dat Malan met die Nazi’s meegewerk het tydens die Tweede Wereldoorlog, kan hy van hoogverraad aangekla word en sal dit die einde van sy politieke loopbaan beteken. Tydens die lang reis per trein ontstaan daar ‘n verhouding tussen Bergman en die beeldskone spioen. Op die trein is egter ook ene adv Doerkstra. Sy missie: hy moet die spioen in die geheim te sien kry en haar oorrreed om nie met haar getuienis Malan se loopbaan te vernietig nie...

As die Lentebloeisels Bot (Afrikaans, Paperback): Corne van Rooyen As die Lentebloeisels Bot (Afrikaans, Paperback)
Corne van Rooyen
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe rekenmeester Zelri Cloete se mededinger as afdelingshoof aangestel word op grond van al Zelri se harde werk, is Zelri woedend en ontnugter.

By haar broer op sy wildreservaat, Enigma, ontmoet sy vir Phillip de Necker, ’n aantreklike blonde veearts met die mooiste blou oë.

Phillip doen snaakse dinge aan haar. Hy maak haar woedend, laat haar lag en vir die eer ste keer in jare voel sy spesiaal. Sy’t nie liefde kom soek nie, maar sy kan dit ook nie ontwyk nie. Gaan die liefde die som van haar lewe laat klop?

Die Hart Het Geheime (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Die Hart Het Geheime (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Claire Odendaal moet geld verdien vir haar verdere grade om sielkundige te word. Sy word ’n au pair vir die moeilike stiefdogter van wewenaar Adrian Lawrence, eienaar van ’n landgoed en ’n tegnomaatskappy.

Claire en Adrian is aangetrokke tot mekaar, maar sy is ambisieus en hy wil nie weer trou nie. Daarby is Adrian se rokjagterbroer Wayne agter Claire aan en daar is kriminele aktiwiteite in die Lawrencefamilie.

Kan Claire Adrian vertrou? En wil sy in so ’n opset inp as?

Leer my liefkry (Afrikaans, Paperback): Louise van der Merwe Leer my liefkry (Afrikaans, Paperback)
Louise van der Merwe
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Hy voel hoe haar klein hande soekend onder sy hemp probeer inkruip. Hy staan net ’n aks van haar af terug en trek sy hemp met een beweging oor sy kop voor hy haar weer tot styf teen hom aantrek en hy weer haar mond opsoek. Haar knieë knak liggies en hy trek haar stywer teen hom om haar te steun. So deur die soen du hy haar terug na die groot bed toe. Haar oë rek groot toe hy haar optel en op die bed neer sit. “Ek sal niks doen wat jou ongemaklik maak nie. Ek belowe. As my hande te verdwaal, vat dit weg. As jy ongemaklik voel en wil stop, sê my. Ek is in jou hande.”

Sy knik haar kop en vat inisiatief om sy kop nader te trek vir ’n soen. Bliksem, hierdie vrou weet nie wat sy aan hom doen nie! Haar hande is oral op sy bors en arms en hy stut homself so dat sy die toegang het na wat sy verlang. Hy probeer seker maak sy is gewoond aan hom voor hy sy eie verkenningstog begin waarna hy so smag. Hy sis deur sy tande toe sy liggies met haar naels oor sy rugspiere trek en eis weer haar mond op. Sy hand skuif onder haar toppie in en hy sprei sy hand gretig oor haar plat maag en heupe.

Sy kreun toe hy die soen verbreek om sy kop in haar nek te druk en haar sagte vel daar te soen en proe. Stadig, sonder om haar te laat skrik, vou hy sy hand oor haar bors. Die materiaal is van kant en haar bors pas perfek in sy hand. Hy beweeg oor na haar ander bors en dit is haar beur t om deur haar tande te sis.”.

Liham Vermaak, ’n suksesvolle entrepreneur, se streng reëls en koue houding keer dat ’n vrou deel word van sy lewe. Tot Landrie in sy lewe instap.

Landrie wil die wêreld gaan sien en nie gering geskat word as ’n ernstige besigheidsvrou nie. Al maak Liham dit hoe moeilik, gaan sy haar nie laat afgeskrik nie. Maar haar behoef te om hom te leer liefkry word groter as haar droom om die sakewêreld te verower.

Gaan hulle ’n plek in mekaar se harte kan vind?

Winterwens (Afrikaans, Paperback): Lizelle von Wielligh Winterwens (Afrikaans, Paperback)
Lizelle von Wielligh
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Lianca op haar broer se troue met Paul van Huyssteen dans, weet sy hy is haar trouman, maar Paul het net oë vir die bruid.

Twee jaar later gee Paul se ouers Lianca werk én reël vir haar verblyf in die woonstelletjie op Paul se werf. Hy weet nie Lianca is die man wat sy verloofde gesteel het se suster nie.

Wat gaan gebeur as hy uitvind? Sal Lianca se omgeehart Paul se skanse kan oorkom?

Passie in Parys (Afrikaans, Paperback): Tosca de Villiers Passie in Parys (Afrikaans, Paperback)
Tosca de Villiers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Margaux is op pad Parys toe. Sy wil ’n kunstenaar word, daarom draai sy haar rug op haar familie, hul besigheid en ’n amper se gereëlde huwelik.

Met Saint-Émilion se oesseisoen op hande is die Kaapse wynboer Dawid Malan te besig om hom deur ’n p aar sexy bene te laat verlei. Veral nie die bene van ’n kunstenaar nie – daardie les het hy op die har de manier geleer.

Maar Parys word nie verniet die Stad van Liefde genoem nie …

Waar die Doringbome Sing (Afrikaans, Paperback): Elize Parker Waar die Doringbome Sing (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die drie Van der Walt niggies is elkeen vasgevang in hul eie uitdagings na die onlangse warrelwind van gebeure.

Lenore worstel met ’n groot persoonlike verlies. Die kringloop van haar beproewinge oor die afgelope tyd het haar vrese oor verlating wat sy al in kleintyd ontwikkel het, net verder verdiep. Maar noudat sy self ’n ma is, besef sy dat sy haarself hiervan sal moet bevry om ’n standvastige ouer vir haar kinders te wees. Hulle oupa Tjaart se visie vir Bateleur-reservaat rus ook op haar skouers, en sy dra swaar daaraan om getrou hieraan te bly.

Bella, wat al in haar tienerjare wees gelaat is ná haar ouers se selfvernietigende besluite, begeer ’n familie van haar eie. Ná haar broer, Jaco, se hartseer dood in ’n skiettragedie, het sy in haar alleenheid die ideaal van ’n perfekte familie nagejaag. Maar miskien is daar tog ’n hegte kring van liefde vir Bella bedoel wat nie uit die standaard definisie van die perfekte familie bestaan nie, maar eerder in die warm koestering van ’n laslap familie.

Tarien se fokus is só onwrikbaar gevestig op haar toewyding aan die Here en die opofferings wat sy in haar diens aan Hom maak, dat sy nie besef haar sendeling bestaan het ’n selfopgelegde prys geëis wat die Vader nooit van haar gevra het nie. Haar ma is sterwend en Tarien begin wonder oor haar im-pulsiewe, romantiese uitkyk op die lewe en hoe dit haarself en haar naastes benadeel. Sy begin twyfel of dit ooit só moes wees. Miskien lê die antwoorde op haar vrae en brose behoeftes op haar grootwordplaas ...

Bloedspoor (Afrikaans, Paperback): Tinus Viviers Bloedspoor (Afrikaans, Paperback)
Tinus Viviers
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 6 - 10 working days

Privaatspeurder Willem Lotriet se besigheid floreer, maar dis al. Sy liefdeslewe is een groot gemors. Hy was reeds in vele verhoudings, maar kon sover nie een maak werk nie. Nou vrees hy dat hy nooit tot trou sal kom nie. Dan tref drie rampe hom binne 24 uur.

Terwyl hy soek na die mense wat daarvoor verantwoordelik is, kry hy boonop 'n opdrag om iemand in Katar se agtergrond te ondersoek. In die proses ontmoet hy twee vroue in wie hy belangstel. Ilse, sy opdraggewer se persoonlike assistent en Susan Naudé, 'n joernalis met burgerskap in beide Suid Afrika en Katar. Susan is besig met 'n storie oor die opstande in die Arabiese wêreld en ondersoek 'n groep mans wat klaarblyklik skuldig is aan aanhitsing tot opstand en finansiering daarvan. Toe sy al ses van hulle aan 'n nuwe maatskappy kan verbind en ook uitvind dat vier vermoor is, vra sy Willem om haar te help. Tydens hulle ontleding van die leidrade, raak hulle by mekaar betrokke. Kort daarna moet Willem terugkeer SuidAfrika toe en glo sy probleem om tot trou te kom is opgelos.

Dan kry hy die finale skakel tussen die moorde en ontplof alles rondom hom.

Om Leah veilig te hou (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Om Leah veilig te hou (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Leah Roelofse werk op haar uitgewer se aandrang saam met krimiskrywer Arend Bosman aan ’n moor dtoneel in haar liefdesverhaal. Die skurke oor wie Arend se nuwe misdaadroman handel, spoor vir Leah by sy huis op. Arend besluit om saam met haar op ’n veilige plek te bly totdat die misdadiger s wat hulle bedreig gevang word. Sy krimi benodig onverwags ’n liefdestoneel, een waarmee Leah hom kan help. Om dae lank saam met Leah in die klein woonstel te werk, raak egter baie vinnig baie gekompliseerd.

Uit Die Donker (Afrikaans, Paperback): Santie van der Merwe Uit Die Donker (Afrikaans, Paperback)
Santie van der Merwe
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die ding lyk geheel en al anders noudat dit in die ope is, noudat dit in die lig is.

Ian Strydom het twee gesinne: Madelein en driejarige Liam vir wie hy soveel tyd moontlik steel, en Henriette en sy ouer kinders wat hom al minder nodig het. Henriette vermoed haar man het 'n verhouding, maar wil dit nie aan haarself erken dat haar prentjiegesin aan die verbrokkel is nie. Haar geluk draai om dié lewe wat sy deur soveel jare opgebou het, en waarvoor sy so baie prysgegee het. Madelein, aan die ander kant, is bewus van Ian se vrou en kinders. Haar verhouding met Ian was aanvanklik slegs platonies, maar nou besef sy dat sy te vas aan hom gegroei het. En klein Liam begin vrae vra oor sy pappa wat bykans nooit by die huis slaap nie. Veel langer sal sy nie 'n leuen kan lewe nie.

Wanneer een van Ian se ouer kinders hom toevallig saam met sy tweede gesin sien, kan Ian nie langer die onafwendbare besluit wat hy moet neem uitstel nie. 'n Besluit wat nie net 'n omwenteling in sy eie lewe gaan bring nie, maar ook in die lewens van al die mense wat hy liefhet.

Die Dooies Praat Nie (Afrikaans, Paperback, Groot Druk): Peet Venter Die Dooies Praat Nie (Afrikaans, Paperback, Groot Druk)
Peet Venter
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Jagter (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Jagter (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan.

Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom.

Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou.

Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme.

Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak.

In Jagter, haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.

Swyg (Afrikaans, Paperback): Erla Diedericks Swyg (Afrikaans, Paperback)
Erla Diedericks
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Slegs die dooies kan swyg soos die graf ...

In 2009 word Stellenbosch geruk deur ’n sensasionele moord. Vanessa Wessels, dogter van ’n welgestelde familie, vermoor haar studentemaat, maar swyg soos die graf oor die voorval. Dokters beweer sy ly aan psigotiese geheueverlies weens die dwelms wat in haar bloedmonsters gevind is, maar almal het hulle bedenkinge.

’n Paar jaar later jaag die bekende digter en dosent Didi Donkermann, geheime en al, by Voëlklip oor die afgrond in ’n vermeende selfdood.

Die raaisels begin net stof opgaar, toe die Molenberg psigiatriese hospitaal vir dr. Ann Marais laat weet dat Vanessa Wessels haar wil sien. Ná jare se stilte wil sy uiteindelik praat oor wat die aand van die moord gebeur het. Dan kom Didi se seun, die skrywer Louis Donkermann, ook uit die houtwerk met aantygings dat ’n jong skrywer sy nuutste boek geplagieer het.

Maar hoe is hierdie twee ou sake verbind? Waar oorvleuel moord, obsessie en letterkunde? En hoe vind jy die waarheid na soveel jare se stilswye?

Swyg, Erla Diedericks se vierde spanningsroman, snuffel heerlik tussen die geraamtes van die akademiese en uitgewerswêreld.

Volbloedman (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete Volbloedman (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Denise vind nog haar voete in die Boland nadat sy uit ’n toksiese huwelik ontsnap het. Dirk is ’n toegewyde polisieman, maar sy eksvrou het hom oor ’n enkele fout in sy verlede finansieel afgepers.

Toe Denise se woonstelgebou afbrand, vermoed sy haar eksman is verantwoordelik. Maar sy bly uit skaamte stil oor haar verlede. Dirk vind uit hoe Denise van haar eksman ontkom het en moet besluit of hy hom daarmee kan versoen.

Sal hulle saam liefde en aanv aarding bymekaar kan vind?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Encyclopedia of Child and Adolescent…
Bonnie Halpern-Felsher Hardcover R60,438 Discovery Miles 604 380
The Chemical Dialogue Between Plants and…
Vivek Sharma, Richa Salwan, … Paperback R3,943 Discovery Miles 39 430
Revenge Of The Tipping Point…
Malcolm Gladwell Paperback  (1)
R444 Discovery Miles 4 440
Deep Learning Applications for…
Monica R. Mundada, Seema S., … Hardcover R6,648 Discovery Miles 66 480
The Youth Athlete - A Practitioner’s…
Brian J. Krabak, M. Alison Brooks Paperback R3,237 Discovery Miles 32 370
A Different Kind Of Power - A Memoir
Jacinda Ardern Paperback R399 R362 Discovery Miles 3 620
Advances in Genetics, Volume 107
Dhavendra Kumar Hardcover R3,723 Discovery Miles 37 230
Churchill & Smuts - The Friendship
Richard Steyn Paperback  (6)
R320 R286 Discovery Miles 2 860
The Psychology of Salesmanship
William Walker Atkinson Hardcover R706 Discovery Miles 7 060
Clinical PET/MRI
Onofrio Antonio Catalano Paperback R3,511 Discovery Miles 35 110

 

Partners