![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
Kassie het geglo sy speurderdae is getel ná die Medusa-pedofielsaak, en sy hartaanval. Maar ses maande tuis bring perspektief – hy is ’n speurder in murg en been. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi: Hulle moet ’n reeksverkragter vastrek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk. 'Is die skuldige die man wat beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers laat?
Vatmaar vertel die boeiende verhaal van 'n klein gemeenskappie buite Kimberley, van die draai van die eeu tot ongeveer 1930. Die leser word bekend gestel aan 'n magdom fassinerende karakters sowel as aan nuwe perspektiewe op bekende historiese gebeure. Die stories is vol kleur en opwinding, dit voed jou siel en laat jou soms uitbars van die lag, net om netnou weer trane in die oë te kry.
Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein – waaruit Johnson klaarblyklik gespring het – is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting. Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy ’n laksman vir die Stasi en KGB was. Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?
’n Bildungsroman wat in die Overberg en Kaapstad afspeel. Dit is Lea Floris se komvandaanstorie wat afspeel sedert die 1980’s. Haar ouers, Jakob en Dientjie, is plaaswerkers en die omstadighede van haar kinderjare is moeilik. Maar een besluit verander die koers van haar lewe en Lea vlug van haar vriende, familie en alles wat sy ken. Dis ’n storie van liefde, hoop en ’n beskermengel or twee.
Hier is iets betreklik nuut in Afrikaans: wetenskapfiksie vir volwassenes. Die stories is uiteenlopend, maar deur elk loop die silwer draad van fantasie en wetenskap. Uiteindelik gaan dit natuurlik oor die karakters en Schoombie se gatskop-verteltrant. Hier is ’n bedrewe skrywer met ’n verstommende verbeelding aan die woord – innovering, spanning en die verrassingselement is op die spyskaart.
Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig? Terwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op Sir Lowryspas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n reeksmoordenaar. Ongeïdentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring – waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die Gebleikte Lyk. Kort daarna word sy Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy’s ’n buitelander: Alicia Lewis, ’n kunskenner op die spoor van ’n Fabritius-skildery wat kwansuis in die Kaap is – en hý was ’n Rembrandt-leerling van wie bloedweinig werke bekend is. ’n Onbekende Fabritius sou ’n gróót storie in die kunswêreld wees. Dan vind Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar, en Vaughn weet dadelik daar’s gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .
Hugo hou sy hand in die lug. “Wag jy ook eers in die eetsaal. Ek gaan net gou die situasie bekyk. Ek kan nie toelaat dat hierdie ʼn sirkus word nie.” “Ek verstaan,” fluister Irma. ʼn Warm gloed van woede stoot teen haar wange op. Sirkus! Sy draai om en stap na die eetsaal waar die span en Inus reeds sit en wag. Irma frons. As almal siek is, is dit dan net die span en syself, Inus en Mari wat nie simptome toon nie. Hoe kan dit wees? Irma Mulder vind haarself steeds vasgevang na die reeksmoorde van die verlede. Die Bloedspore van haar verlede weerhou haar sosiale vryheid. Tog besluit sy om deel te neem aan die groot skryf uitdaging waarheen sy genooi is. Wat kan tog verkeerd gaan? Nes Irma dink dinge werk in haar guns val haar drome plat en staan sy te midde van ‘n massamoord. Weereens word sy as verdagte gesien deur Hugo. Gaan die saak vinnig opgelos word, en wat gaan oorbly van die reeds sukkelende vriendskap tussen haar en Hugo. Of gaan daar dalk die keer erkenning gegee word aan die liefde wat in haar hart brand?
Emma reis na Clarens om haar man se as te strooi. Terwyl sy by tante Vera tuisgaan, daag ’n geheimsinnige koevert op waarvan die inhoud Vera angsbevange maak. Dit blyk dat sy jaarliks anoniem só gedreig word voordat daar op iets wat vir haar kosbaar is toegeslaan word. Wie koester ’n wrok teen Vera? Waarom? Sal Emma antwoorde vind voordat die teisteraar se wraak toeneem? Met die spannende ontrafeling van ’n skrikwekkende raaisel word temas van skuld, straf, boetedoening en vergifnis ondersoek.
Die storie van ’n seun, Paul, se komplekse verhouding met sy gewelddadige dog charismatiese alkoholis-pa. Paul onthou sy ouers se somtydse versoening, gevolg deur desperate vlugtogte saam met sy ma. Dit is ook die roerende verhaal van Paul se ontwikkeling as jongman, en van sy selfontdekking. En die storie van sy ontferming oor sy vervreemde half-broer, iemand wat hy met alle mag wil beskerm, die enigste ander persoon wat dáárdie man “Pa” kan noem.
In Ryan Pedro se debuutbundel kom ’n sterk nuwe stem aan die woord in roerende gedigte wat dikwels uit die oogpunt van ’n bruin seun op ’n plattelandse dorp aangebied word. Die kompleksiteite van identiteit, ras, klas en opvoeding word ondersoek deur dié seun se beweging tussen verskillende wêrelde binne sy eie familie en binne die kleindorpse opset. Dit word in die taalgebruik in die bundel weerspieël deur ’n wisseling tussen variëteite. ’n Onderverteenwoordigde ervaringswêreld word oopgeskryf.
Die nuwe Afrikaanse prosaboek is ’n viering van verskeidenheid. Dit bied ’n verruimende, vars blik op die Afrikaanse kortverhaal met sowel klassieke verhale deur welbekende skrywers asook voorheen ongepubliseerde verhale deur nuwe stemme. Jan Rabie, wat in die laat-1950’s die kontoere van die literêre landskap verlê het met sy soms absurde, soms filosofiese, soms politieke “prosas”, dien as inspirasie.
In Uit die kroes word die Noord-Kaapse leefwêreld opgeroep in verse wat Namawoorde op verrykende wyse inkorporeer. Dit bevat gedigte wat die sentrale dog geringgeskatte rol van die bruin vrou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis belig. Ook die hedendaagse posisie van die jong bruin vrou word bekyk – hoe daar byvoorbeeld steeds teen wanpersepsies oor ras en skoonheid gestry word. Jy dra jou kroes hare so laat mense kan sien. glad alleen beteken nie mooi nie.
Dora en Whashiela patsy graag op lit aande in die holte van Hoerikwaggo se skaduwee. Die girls is nie op hul bek geval nie. Maar albei weet ook die veilige hawe van sisterhood kan hulle nie beskerm teen die geweld wat snags op donker sypaadjies sluimer nie. Een oggend op Bellville-stasie gebeur iets wat hul lewe onherroeplik verander. Dianne Du Toit Albertze se debuutroman is ’n aangrypende ondersoek na identiteit, na huis en behoort. Opreg, vlymskerp én hartverskeurend.
’n Afgelegde professor in Durban, KwaZulu-Natal, dink terug en probeer sin maak van sy verlede. Hy leef met ’n vrou in sy herinnering – Mied. Deur die oënskynlike diefstal van sy geel Volkswagen Kewer met sy hond Os-Moses agterin, ontmoet hy ’n Afrikaanssprekende Zoeloe-meisie, Mandie. Hy word Mandie, haar Ma Nxasana en ’n gestremde kind na wie Ma Nxasana omsien, Gumanam, se vertroueling. Intussen word hy lastig geval deur oproepe van ene John wat ’n MA wil doen oor eko-literatuur en mineurskrywers. Is mos Oos is ’n surrealistiese, byna absurde roman, ’n verhaal van verandering wat ontvou in die spel van name en die vervloeiing van uiterstes: hede/verlede, man/vrou, leuen/waarheid, lewe/dood.
Bessie Botha, deesdae weduwee Botha, woon saam met haar broer, Willem,
op ’n kleinhoewe buite Bloemfontein. 1974 was tot dusver nie ’n goeie
jaar nie, en om alles te kroon is oorlede Stefaans se welgestelde broer
en sy jong neus-in-die-lug vrou op pad om te kom
Mindie Rochebrandt en haar tweelingsuster, Mandelien, is beide swanger met hul eersteling. Ná ’n onsmaaklike insident tydens Mindie se ooievaarstee besluit sy egter om haar advokaatman, Marius, te verlaat sodra sy geboorte geskenk het. Maar enkele dae later kom Mindie af op ’n gruwelike toneel in Mandelien se meenthuis. Wie verniel ’n swanger vrou en haar ongebore baba so wreedaardig? En hoekom? Siembamba is ’n naelbyt-riller. Angswekkend, aksiebelaaid en propvol onvoorspelbare intriges.
Oor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet uitvind hóé. Die soektog stuur haar op verborge paaie na haar verlede – waar familiegeheime gevaarlik lê en skuil. Intussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op . . . Wat probeer Mara wegsteek en hoekom? Terwyl Rakie desperaat probeer om antwoorde te kry, loop sy die gevaar om haarself te vernietig. Want eindelik is die skrikwekkendste vraag van almal: Wat is donkerder as jou eie bloed?
Lourens Schoeman veroorsaak 'n beroering met sy aankoms op 'n dorpie in
Botswana. Die gemeenskap wonder hoekom die aantreklike jong man 'n pak
klere dra ten spyte van geweldige hitte en waarom daar soveel hartseer
in sy oë skuil. Maar hy swyg soos die graf oor sy verlede. Toe Elzaan
Jonker dit regkry om Lourens effens beter te leer ken, besluit sy om
ondersoek in te stel. Sy is vasbeslote om uit te vind wat hom jaag en
hoekom 'n plaaslike inwoner glo dat hy die doodsengel is.
Wenner van die Woordveertjie vir beste dramateks in 2021. Die stuk oor drie geslagte is gebaseer op die 17de eeuse slavin in Karel Schoeman se Armosyn van die Kaap, senaatsdebatte van Piet Odendaal in die 1970's, en die geskiedenis van die Odendaal-familie in Suid-Afrika. Dit ondersoek onder andere die gevolge van intergenerasie-trauma en die spanning tussen Westerse psigiatrie en Afrika-spiritualiteit.
Vyf vooraanstaande sakemanne van Pretoria word koelbloedig met hul eie
jagwapens vermoor.
Manon Viljoen is ‘n jong advokaat en ywerige motorfietsryer. Sy word ingeroep om as amicus curiae die regter by te staan in ‘n moordsaak om ‘n regverdige uitspraak te lewer. Die beskuldigde is Charles Mouton, ‘n suksesvolle senior advokaat wat een oggend wakker word langs die bebloede lyk van sy vrou en van haar moord aangekla word. Hy weet nie wat gebeur het nie. Of so beweer hy. Hy weier om aan die verhoor deel te neem omdat hy glo die hof moet die waarheid soek. Dit val dus op Manon se skouers om die waarheid te soek en voor die hof te lê. Manon se aanstelling word bemoeilik deur die feit dat sy en regter Nantes Castel ‘n geskiedenis het. Die verhoor loop allerande draaie terwyl Manon na redelike twyfel soek en terselfdertyd haar gevoelens vir Nantes bevraagteken. Stel hy nog belang, of terg hy haar sommer net? Vind Manon die waarheid waarna sy soek ‒ oor die identiteit van die moordenaar en ook oor Nantes se gevoelens vir haar? Of is daar redelike twyfel?
Johannesburg, 1985. Braam Brink, joernalis, ontmoet sy pel Adam Williams vir ontbyt. Adam onthul sy rol as soldaat tydens die apartheidsregime, en kort daarna word Braam se liggaam gevind. Dertig jaar later volg speurder Daniella Hector, Braam se dogter, die spoor van ’n reeksmoordenaar. Waarom vind die moorde altyd ’n paar weke na mekaar plaas? En hoe hou dit verband met die dood van Danny se pa?
’n Spieel is ’n vreemde ding, want in ’n spieel leef ’n koue leuen; alles is andersom, verkeerdom en plat. Regs is links en links is regs. ’n Spieel lieg, dink hy, want jy kan jouself nie regtig sien nie, nes mens jouself nie kan kielie nie. Tensy jy natuurlik ’n soort aap is, dan kan jy jouself kielie. En lag. Maar Dolf Eksteen lag nie. Daar’s min rede die laaste tyd om te wil lag. Joe Minnie se lewe raak verweef met die van een van die rykste besigheidsmanne in die land. Sy opdrag is om Dolf Eksteen met sy lewe te bewaak. Dolf se weelderige bestaan word versuur deur bedelbriewe, afpersboodskappe en doodsdreigemente, en die beeldskone Belinda Eksteen, ’n opkomende vermaaklikheidster, is soos ’n emosionele en finansiele tikkende tydbom aan sy sy. Met ’n rolverdeling wat ’n deursnit van die Suid-Afrikaanse gemeenskap bied – die onaantasbares, die onderdruktes, die onderduimses – word Spieelbeeld ’n intense en meesleurende, psigologiese karakterstudie wat nog vir lank by die leser sal spook. ’n Wereldklas spanningsverhaal waartydens die leser die speurder is.
Adriana vra Ranna en Alex om onder die dekmantel van joernalistiek die storie van ’n jong vrou onder haar beskerming te ondersoek. Dit bring hulle op die spoor van ’n ou misdaad – die verdwyning van ’n talentvolle jong kunstenaar wat in haar matriekjaar spoorloos verdwyn het. Die meisie se destydse kêrel en haar kunsonderwyser is verdink, maar die saak is nooit opgelos nie. ’n Foto van die meisie naby ’n aborsiekliniek in Johannesburg speel ’n kardinale rol. In die foto kyk sy oor haar skouer, asof sy bang is sy word agtervolg. Alex dek ook ’n storie oor ’n jong onwettige immigrant wat van vervolging in sy eie land gevlug het om ’n nuwe lewe in SuidAfrika te maak. Maar xenofobie dreig om sy drome te verwoes. AJ Williams is op dertig kaptein in die polisie, maar sy veg om die stereotipering te oorkom wat haar bruin vel en geslag ontlok. ’n Foto van Ranna in Pretoria sit AJ op dié se spoor.
Alex het 'n teorie oor chaos. Waar hy ookal gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanie bevind. By 'n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, 'n vryskutfotograaf met 'n bos swart krulhare, 'n t-hemp wat se Dr. Seuss is altyd reg, en 'n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reen en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van 'n Amerikaanse IT-biljoener op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang? |
You may like...
New Caribbean Junior English Book 2
Frances Mordecai, Haydn Richards
Paperback
R481
Discovery Miles 4 810
Goodnight Golda - A Handbook For Brave…
Batya Bricker, Ilana Stein
Paperback
Kaarte - 'n Pretereis Deur Die Lande…
Aleksandra Mizielinska, Daniel Mizielinski
Hardcover
R490
Discovery Miles 4 900
|