![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
Karoliena Kapp is ’n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur ’n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Nog voordat sy twintig is, trou sy met Johannes en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan. Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag ná die troue weet sy: Sy het verkeerd gekies. Sy het van die bos af weggevlug en haar vryheid verruil vir ’n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug.
Mariza, 'n bekende historiese romanskrywer, het haar woorde verloor nadat 'n brand haar huis byna in puin gelê het. Daarna sterf haar man en nou, 'n jaar later, haar Jack Russell wat 16 jaar haar metgesel was. Sy ontmoet Joubert Hofmeyr, en hulle vertrek op 'n reis na die Kgalagadi: Sy om haar woorde terug te kry en hy om meer vir sy navorsing oor sy voorgeslag se skades en skandes by haar uit te vind. Mariza en Joubert verskil soms, is 'n klankbord vir mekaar en ryg mekaar se stories aanmekaar, maar besef dat die verlede soms jou toekoms bepaal. Die goue draad deur die storie van vyf geslagte vroue is dat hul probleme universeel is. Dat die kollektiewe geheue van die vroue mekaar van geslag tot geslag beïnvloed. Die reis is alles is nie so eenvoudig nie. Dit is die medereisigers wat alles die moeite werd maak. Selfs die voorgeslagte oor eeue heen.
Soos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel? Daar is net een uitweg… Janine was klein toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet. Sy wou groot wees en wegkom van die klein dorpie waar almal mekaar ken. Haar kans kom toe Greg Walker die Engelsklas oorneem. Met drome in haar oë is sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste ontdekking van haar lewe maak.
Kassie het geglo sy speurderdae is getel ná die Medusa-pedofielsaak, en sy hartaanval. Maar ses maande tuis bring perspektief – hy is ’n speurder in murg en been. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi: Hulle moet ’n reeksverkragter vastrek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk. 'Is die skuldige die man wat beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers laat?
Vatmaar vertel die boeiende verhaal van 'n klein gemeenskappie buite Kimberley, van die draai van die eeu tot ongeveer 1930. Die leser word bekend gestel aan 'n magdom fassinerende karakters sowel as aan nuwe perspektiewe op bekende historiese gebeure. Die stories is vol kleur en opwinding, dit voed jou siel en laat jou soms uitbars van die lag, net om netnou weer trane in die oë te kry.
In 1837 het ’n engel aan ’n jong skaapwagter verskyn, en die weerklank van hierdie gebeurtenis in sy eie lewe en dié van ander mense oor ’n tydperk van anderhalwe eeu is die onderwerp van dié uitsonderlike roman. Die verlede is “’n ander land . . . ’n netwerk wat saamgeweef is uit werklikheid en herinnering”.
’n Verbeeldingryke roman waarin die Suid-Afrikaanse verlede as tema gebruik word. Ná ’n beroerte aan die einde van haar lewe mymer ’n bejaarde vrou oor die verlede – om hierdie lewe te volbring moet sy as die swygsame buitestaander in haar familiekring die raaisels rondom die gebeure en verhoudings van die verlede ontsluit.
Mindie Rochebrandt en haar tweelingsuster, Mandelien, is beide swanger met hul eersteling. Ná ’n onsmaaklike insident tydens Mindie se ooievaarstee besluit sy egter om haar advokaatman, Marius, te verlaat sodra sy geboorte geskenk het. Maar enkele dae later kom Mindie af op ’n gruwelike toneel in Mandelien se meenthuis. Wie verniel ’n swanger vrou en haar ongebore baba so wreedaardig? En hoekom? Siembamba is ’n naelbyt-riller. Angswekkend, aksiebelaaid en propvol onvoorspelbare intriges.
Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein – waaruit Johnson klaarblyklik gespring het – is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting. Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy ’n laksman vir die Stasi en KGB was. Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?
’n Spieel is ’n vreemde ding, want in ’n spieel leef ’n koue leuen; alles is andersom, verkeerdom en plat. Regs is links en links is regs. ’n Spieel lieg, dink hy, want jy kan jouself nie regtig sien nie, nes mens jouself nie kan kielie nie. Tensy jy natuurlik ’n soort aap is, dan kan jy jouself kielie. En lag. Maar Dolf Eksteen lag nie. Daar’s min rede die laaste tyd om te wil lag. Joe Minnie se lewe raak verweef met die van een van die rykste besigheidsmanne in die land. Sy opdrag is om Dolf Eksteen met sy lewe te bewaak. Dolf se weelderige bestaan word versuur deur bedelbriewe, afpersboodskappe en doodsdreigemente, en die beeldskone Belinda Eksteen, ’n opkomende vermaaklikheidster, is soos ’n emosionele en finansiele tikkende tydbom aan sy sy. Met ’n rolverdeling wat ’n deursnit van die Suid-Afrikaanse gemeenskap bied – die onaantasbares, die onderdruktes, die onderduimses – word Spieelbeeld ’n intense en meesleurende, psigologiese karakterstudie wat nog vir lank by die leser sal spook. ’n Wereldklas spanningsverhaal waartydens die leser die speurder is.
c. Johan Bakkes is die geliefde skrywer van aweregse reisjoernale. Amper twintig jaar ná die verskyning van c. Johan Bakkes se tweede boek, Nou’s ons in ons donner in tref dit weer die rak – nie slegs as heruitgawe nie, die skrywer het bygereis en bygewerk. Dit is ’n terugblik sowel as nuwe ervarings/ gewaarwordings soos net Bakkes dit kan verhaal.
Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig? Terwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op Sir Lowryspas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n reeksmoordenaar. Ongeïdentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring – waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die Gebleikte Lyk. Kort daarna word sy Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy’s ’n buitelander: Alicia Lewis, ’n kunskenner op die spoor van ’n Fabritius-skildery wat kwansuis in die Kaap is – en hý was ’n Rembrandt-leerling van wie bloedweinig werke bekend is. ’n Onbekende Fabritius sou ’n gróót storie in die kunswêreld wees. Dan vind Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar, en Vaughn weet dadelik daar’s gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .
Vin is die verhaal van kunstenaar-kurator Vin Verster se geleidelike greepverloor op haar skeppende en skikkende omgaan met kuns, haar verhouding met haar argeoloog-man, en haar vermoë om in SA sielerus te voel. Deur twee dekades van oorsese kunsresidensies, voortslepende familiedrama en die benouende obsessie van ’n vyandiggesinde in die kunswêreld sien die leser met die oë van dié vindingryke kuns-vlugteling.
Keur 10 van dié gewilde liefdesverhaalskrywer sluit drie
bekoorlike verhale in: Die glasappel is ’n heerlike roman
waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is.
Hugo hou sy hand in die lug. “Wag jy ook eers in die eetsaal. Ek gaan net gou die situasie bekyk. Ek kan nie toelaat dat hierdie ʼn sirkus word nie.” “Ek verstaan,” fluister Irma. ʼn Warm gloed van woede stoot teen haar wange op. Sirkus! Sy draai om en stap na die eetsaal waar die span en Inus reeds sit en wag. Irma frons. As almal siek is, is dit dan net die span en syself, Inus en Mari wat nie simptome toon nie. Hoe kan dit wees? Irma Mulder vind haarself steeds vasgevang na die reeksmoorde van die verlede. Die Bloedspore van haar verlede weerhou haar sosiale vryheid. Tog besluit sy om deel te neem aan die groot skryf uitdaging waarheen sy genooi is. Wat kan tog verkeerd gaan? Nes Irma dink dinge werk in haar guns val haar drome plat en staan sy te midde van ‘n massamoord. Weereens word sy as verdagte gesien deur Hugo. Gaan die saak vinnig opgelos word, en wat gaan oorbly van die reeds sukkelende vriendskap tussen haar en Hugo. Of gaan daar dalk die keer erkenning gegee word aan die liefde wat in haar hart brand?
Adriana vra Ranna en Alex om onder die dekmantel van joernalistiek die storie van ’n jong vrou onder haar beskerming te ondersoek. Dit bring hulle op die spoor van ’n ou misdaad – die verdwyning van ’n talentvolle jong kunstenaar wat in haar matriekjaar spoorloos verdwyn het. Die meisie se destydse kêrel en haar kunsonderwyser is verdink, maar die saak is nooit opgelos nie. ’n Foto van die meisie naby ’n aborsiekliniek in Johannesburg speel ’n kardinale rol. In die foto kyk sy oor haar skouer, asof sy bang is sy word agtervolg. Alex dek ook ’n storie oor ’n jong onwettige immigrant wat van vervolging in sy eie land gevlug het om ’n nuwe lewe in SuidAfrika te maak. Maar xenofobie dreig om sy drome te verwoes. AJ Williams is op dertig kaptein in die polisie, maar sy veg om die stereotipering te oorkom wat haar bruin vel en geslag ontlok. ’n Foto van Ranna in Pretoria sit AJ op dié se spoor.
In 1977, terwyl Henna en haar man Stone juis op soek is na ’n stukkie grond waar hulle saam kan ontspan, weg van die stadsgeraas en mensegedrang, sterf Henna se ma en word ’n familieplaas onverwags en onbepland haar erfdeel. In pleks van die plaasidille wat Stone voorgehou het, word Henna nou gekonfronteer met die harde werklikheid van volskaalse boerdery en alles wat daarmee gepaard gaan: droogte, peste, plae, veesiektes, vrektes en vrees. Stone se pligte as “befaamde ginekoloog” hou hom immers besig in die stad – en dis Henna wat vrou-alleen stoetvee koop, hanslammers grootmaak, met plaasarbeiders onderhandel en ’n tuiste probeer skep uit ’n vervalle murasie. Uit briewe aan haar jarelange vriendin Ida leer ken die leser ’n belese en berese “ek” wat skielik ’n totale ommeswaai in haar netjiese bestaan beleef. Só word die teks ook ’n boeiende karakterstudie oor ’n ouerwordende vrou wat stoei met haar komplekse familiegeskiedenis (haar ma was eksentriek en afwesig, haar pa het met sy kop in boeke geleef) en die onopgeloste geheime wat ná haar ma se dood op die lappe kom. Die Henna wat enersyds kan brande blus, kalwe versorg en vendusies bywoon openbaar haarself al skrywende as fyngevoelige, intellektuele en filosofiese “ek” wat vlymskerp kan spot met haar eie swakhede, maar ook pynlik akkurate waarnemings maak oor die wêreld waarin sy leef. Benewens interessante wetenswaardighede oor boerdery wat na vore kom, is dit ook ’n veelseggende teks wat betref rasverhoudings op plase, die rol en posisie van vroue in die gemeenskap, die ewige waarhede in die letterkunde en die mens se afhanklikheid van die natuur.
In Ryan Pedro se debuutbundel kom ’n sterk nuwe stem aan die woord in roerende gedigte wat dikwels uit die oogpunt van ’n bruin seun op ’n plattelandse dorp aangebied word. Die kompleksiteite van identiteit, ras, klas en opvoeding word ondersoek deur dié seun se beweging tussen verskillende wêrelde binne sy eie familie en binne die kleindorpse opset. Dit word in die taalgebruik in die bundel weerspieël deur ’n wisseling tussen variëteite. ’n Onderverteenwoordigde ervaringswêreld word oopgeskryf.
Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oral. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Nino weet dit was nie toeval nie. Hy is uitgekies. Iemand wou vir hom ’n boodskap stuur. Op sy speurtog na antwoorde lei die leidrade hom op ’n kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing. Elke tree nader aan die waarheid is ook ’n tree nader aan lewensgevaar. Sal Nino die antwoorde kry waarna hy soek? En hoeveel van sy eie duiwels gaan hom langs die pad inhaal? Die beweging van bloed is ’n naelbytspanningsverhaal wat jou laat raai tot die einde.
Dit is die vroeë 1990’s. Ben Brandt duik al jare lank ondergronds onder die Poolse naam Jozeph Brzinski. Maar die tyd het aangebreek dat hy sy ou werk hervat: dié van huurmoordenaar. In sy lewe voor hy moes onderduik as mynwerker, het hy moorde gepleeg vir wie ook al hom kon betaal. Hierdie keer het die Beweging hom nodig. Hy moet twee teikens by die Wêrelhandelsentrum in Kemptonpark elimineer. Gerhard Coetzee, topadvokaat met ’n tragiese verlede, is die enigste een wat in sy pad staan.
Emma reis na Clarens om haar man se as te strooi. Terwyl sy by tante Vera tuisgaan, daag ’n geheimsinnige koevert op waarvan die inhoud Vera angsbevange maak. Dit blyk dat sy jaarliks anoniem só gedreig word voordat daar op iets wat vir haar kosbaar is toegeslaan word. Wie koester ’n wrok teen Vera? Waarom? Sal Emma antwoorde vind voordat die teisteraar se wraak toeneem? Met die spannende ontrafeling van ’n skrikwekkende raaisel word temas van skuld, straf, boetedoening en vergifnis ondersoek.
Bessie Botha, deesdae weduwee Botha, woon saam met haar broer, Willem,
op ’n kleinhoewe buite Bloemfontein. 1974 was tot dusver nie ’n goeie
jaar nie, en om alles te kroon is oorlede Stefaans se welgestelde broer
en sy jong neus-in-die-lug vrou op pad om te kom
Hierdie verhaal is vol van avontuur, misterie en romanse. Dit is 'n lekkerleesboek wat die leser se aandag tot die einde behou. Toe 'n vreemde man onverwags op Rietkuil as plaasbestuurder begin werk, is dit die begin van 'n reeks onverklaarbare gebeure. Waar Rietkuil eens op ’n tyd die rustigheid self was, bring die nuweling op die werf ’n vlaag van misdade met hom saam en selfs harte bly in die slag. Dan sien Tant Annie een spookagtige aand die vreemde man met 'n groot, donker bondel in sy arms haastig in die donker skaduwees verdwyn. Wie is hierdie man? Wat is sy regte naam? Waar kom hy vandaan? Wat steek hy weg? Met Man uit die vreemde prikkel Kas van den Bergh die leser se nuuskierigheid met volgehoue vernuf, sodat die boek nie neergesit kan word voordat die ware identiteit van die vreemdeling bekend is en al sy geheime onthul is nie.
’n Afgelegde professor in Durban, KwaZulu-Natal, dink terug en probeer sin maak van sy verlede. Hy leef met ’n vrou in sy herinnering – Mied. Deur die oënskynlike diefstal van sy geel Volkswagen Kewer met sy hond Os-Moses agterin, ontmoet hy ’n Afrikaanssprekende Zoeloe-meisie, Mandie. Hy word Mandie, haar Ma Nxasana en ’n gestremde kind na wie Ma Nxasana omsien, Gumanam, se vertroueling. Intussen word hy lastig geval deur oproepe van ene John wat ’n MA wil doen oor eko-literatuur en mineurskrywers. Is mos Oos is ’n surrealistiese, byna absurde roman, ’n verhaal van verandering wat ontvou in die spel van name en die vervloeiing van uiterstes: hede/verlede, man/vrou, leuen/waarheid, lewe/dood. |
You may like...
The Securitisation of Migration in the…
Gabriella Lazaridis, Khursheed Wadia
Hardcover
The Political Economy of Automotive…
Richard F. Doner, Gregory W. Noble, …
Hardcover
R2,458
Discovery Miles 24 580
Democracy Reloaded - Inside Spain's…
Cristina Flesher Fominaya
Hardcover
R2,452
Discovery Miles 24 520
|