0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (6)
  • R50 - R100 (21)
  • R100 - R250 (210)
  • R250 - R500 (508)
  • R500+ (18)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction

Dooiegety (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Dooiegety (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Geliefde inwoner van ʼn kusdorpie sterf in verdagte omstandighede. Haar vriendin Daleen soek na antwoorde maar ontdek net meer raaisels. Kriptiese waarskuwings en haar dogter se verdwyning suggereer ’n verband tussen die moord en vroeëre tienerverdwynings.

Heimwee (Afrikaans, Paperback): Sophia Kapp Heimwee (Afrikaans, Paperback)
Sophia Kapp
R380 R351 Discovery Miles 3 510 Save R29 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Heimwee is die storie van Mart-Mari wat moet terugkeer na die familieplaas sodat sy haar ma kan begrawe en finaal kan afskeid neem van die familie by wie sy nooit tuis gevoel het nie. Maar in ʼn ondeurdagte oomblik betaal sy die knutselaar-nutsman-van-langsaan, Anton Nieuwoudt, om saam te gaan omdat sy vir haar susters gelieg het oor ʼn man in haar lewe.

Gou besef sy dat hy hom nie laat gebruik nie. Hy is die alles-of-niks-tipe, wat haar dwing tot emosionele eerlikheid en die spieël voor haar ophou sodat sy bewus kan word van haar aandeel in haar gekompliseerde familieverhoudinge.

Dit is ook die storie van Liesbet Vermaak wat in die nadraai van die allergrootste vernedering alleen moet omsien na haar broers: Andries, die dromer, en Benna, die kind wat alles verstaan, maar nie met die wêreld kan kontak maak nie. Wat die foto van die soldaat steel sodat sy kan voorgee sy is getroud, maar dan op ʼn dag in Humansburg se hoofstraat opkyk in die helder heuning van Gert Niemand se oë en besef haar leuen het haar ingehaal.

Dis ʼn storie wat strek oor geslagte, van mense wat so seer gekry het dat hulle swerf, maar dis ook ʼn storie van heling. Boweal is dit die storie van moederskap, van die verskriklike prys wat dit soms vra, en van ma's wat bo-oor die ewigheid sal reik om seker te maak hulle kinders is geborge.

Sluitstuk (Afrikaans, Paperback): Johann Rossouw Sluitstuk (Afrikaans, Paperback)
Johann Rossouw
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Drie jaar ná die dood van een van Afrikaans se grootste skrywers kom ’n Nederlandse vrou Suid-Afrika toe om navorsing vir ’n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel – bykans dertig jaar nadat die twee mans se weë pynlik geskei het.

Onder die priemende blik van die biograaf lê die vakleerling, eens ’n aspirantskrywer en nou ’n Zen-monnik, sy lewe bloot in die bestek van een nag.

Wie was die groot skrywer werklik? Waarom was die impak van sy kluisenaarsbestaan en sy werk op die jong man so enorm? Hoekom het die skrywer hom na sy eensame sterfbed laat kom? Wat is die ware rede agter die Nederlander se biografie?

Sluitstuk is ’n elegiese roman oor verlange, verlies, wraak en versoening wat die roete na stilte en die skeppingsimpuls oopskryf.

Mispa (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Mispa (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) In Stock

Die nuutste roman van topverkoperskrywer Helena Hugo. Caroline is maar dertig jaar oud toe sy haar agtste kind in die wêreld bring. Al waarop sy gehoop het was om te sterf. Die kloof tussen haar en Willem is so wyd dit lyk asof hulle mekaar nooit weer sal vind nie. Intussen dan pak die onweerwolke van oorlog op die horison saam. Maar die hoop beskaam nie: Genesing begin by 'n weggooikind en 'n gekneusde veldblom.

1795 (Afrikaans, Paperback): Dan Sleigh 1795 (Afrikaans, Paperback)
Dan Sleigh 3
R465 Discovery Miles 4 650 Ships in 4 - 6 working days

Dit is die winter van 1795. Die Kaap is nog Hollands, maar nie meer vir lank nie. Kommissaris Sluysken, die VOC se hoofamptenaar aan die Kaap, het sy Politieke Raad vir 'n vergadering in die Kasteel byeengebring. Hier sit kolonel Robert Gordon, bevelvoerder van die garnisoen, avonturier en Oranje-man. Ook majoor William van Reede van Oudshoorn, lord Hunsdon, vir wie die land en die dorp sy lewe is; verloor hy dit, word hy niks. Hy is bevelvoerder van 'n korps klerke wat vir hierdie krisis hul penne vir gewere moet inruil. Sluysken lees 'n brief voor van die bevelvoerder van die Engelse vloot by Simonstad wat dreig om sy matrose op die land los te laat. William kyk strak voor hom uit. Hy en kameraad Louis Thibault het reeds 'n krygplan ter tafel gele. Sy hoop is op die binnelanders, eerder as op Gordon se garnisoen – die boere, wat so hard soos hierdie kontinent se klippe is. Tussen Gordon en Van Oudshoorn sal die stryd om die siel van hierdie droewe land besleg word. Of vir ewig bly voortwoed. Dan Sleigh se loopbaan as romansier het in Eilande met die pionierstyd aan die Kaap begin, en in 1795 word 'n sirkelgang van die geskiedenis voltrek, met die laaste Kaapse maande onder die Kompanjiesvlag. Sleigh skryf met 'n onfeilbare aanvoeling vir die konflikte en hartstogte wat die totstandkoming en verval van gemeenskappe onderle, en met 'n verstommende oog vir detail.

Geloof soos 'n Mosterdsaadjie (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Geloof soos 'n Mosterdsaadjie (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Om terug te dink aan sy lewe is soos om ’n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome.

Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af – van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met ’n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders ’n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie.

Hy en Stephan, het in ’n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou ’n tuisgeboorte wees, ’n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis. Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het.

Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos ’n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.

Misfit - Stories Vannie Anne Kant (Afrikaans, Paperback): Chase Rhys Misfit - Stories Vannie Anne Kant (Afrikaans, Paperback)
Chase Rhys
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Misfit bevat verwerkte rubrieke en kortverhale wat oorspronklik in Rapport gepubliseer is. Hierdie stories onnesoek issues van identiteit, seksualitieit, gesinsdinamika ennie daaglikse lewe van mense aan die rand vannie samelewing – die misfists.

Ons leer ken vir Nana, ’n onverwagse geestelike gids (dink Boeddha met geperoxide hare in ’n updo) wat van drag races hou. Daar’s oek stories oor die lockdown-familiebraai oor Zoom, hoe seksualiteit innie bruin gemeenskap navigeer word en hul oupa se twie unsuspecting girlfriends wat by sy begrafnis ankom.

En verhale oor die ervaring van gemarginaliseerde mense van Ocean View en binne die groter samelewing. In hierdie bundel, geskryf in Kaaps, weerklink die outentisiteit en humor waarvoor Chase Rhys bekend is.

Plaas Se Prys (Afrikaans, Paperback): Willemien du Preez Plaas Se Prys (Afrikaans, Paperback)
Willemien du Preez
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 6 - 10 working days

Die verteller en haar man, Liefie, besluit om digby aftrede hulle lewe in die stad agter te laat en ’n plaas naby Greyton te koop. Hulle word verlei deur die blou berge en plattelandse idille. Wanneer hulle eers daar woon, word hulle egter ontnugter deur die werklikheid van die plaaslewe.

Daar is ’n prys te betaal vir die mooi prentjies waarna gehunker word. Gif wat blom, plant, vrug en dier perfek vir die mark laat gedy sodat die landskap sag op die oog val, terwyl die versweë giwwe in die samelewing ook uitgespit word. Die alewige wind en vragmotors wat stof na die huis toe laat waai, teister hulle en stof word amper ’n soort hoofkarakter in die verhaal. Liefie sukkel om die boerdery winsgewend te maak, terwyl die verteller tevergeefs met die bouers stoei om die plaashuis in haar droomhuis te omskep (en tevergeefs skoonmaak aan die stof!).

Die skrywer het ’n uitstekende waarnemingsvermoë en die beskrywing van die swaarkry en gesukkel op die plaas word verweef met ’n fyn sin vir humor. Die leser word ingetrek in die wêreld van die verteller, Liefie en hulle hond, Saar – asook hulle bure en die plaaswerkers.

Die Drie Weduwees (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Die Drie Weduwees (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) In Stock

Ami het geweet die dag gaan kom dat sy moet afskeid neem van Paul de Jager, die afgetrede polisiegeneraal wat met mening teen alzheimers baklei het.

Maar wat sy nie verwag het nie, is sy laaste opdrag aan haar: Sy moet met behulp van sy drie eksvroue na ’n onopgeloste saak uit die 1990’s kyk.

Die drie weduwees, soos hulle genoem word, is aanvanklik ewe min lus om aan Paul se versoek gehoor te gee. Wanneer ’n vyftienjarige seun van Pretoria op pad kafee toe met net R20 in sy sak spoorloos verdwyn, behoort daar tog iewers ’n leidraad te wees –
iets meer as die wit paneelwa wat daardie dag in die straat opgemerk is.

Met haar eerste besoek aan die Moot besef Ami sy is in die moeilikheid. Hierdie storie gaan haar heel insluk en eers uitspoeg as die boomryke buurt se laaste geheim blootgelê is.

Die drie weduwees is die vierde boek in hierdie opwindende misdaadfiksiereeks. Dit volg op Minder as niks, Die verkeerde vrou en Al wat tel, maar kan ook alleen gelees word.

Die Ballade Van Robbie De Wee - En Ander Verhale (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Die Ballade Van Robbie De Wee - En Ander Verhale (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 1
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Internasionaal gevierde misdaadskrywer Deon Meyer se bundel tydskrifverhale Bottervisse in die jêm het in 1997 verskyn. Nou is dié lekkerleesverhale in ’n splinternuwe, hersiene gedaante te kry, mét vyf verhale wat nog nooit voorheen gebundel is nie, onder andere "Die ballade van Robbie de Wee".

Elke verhaal ontlok ’n gevoel van deernis met die karakters, of ’n uitbundige skaterlag. En die romantiek bly nie agterweë nie.

Van eerste tot laaste krul die leser se tone van pure leesplesier.

Toe Ons In Ghrieshuis Was (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Toe Ons In Ghrieshuis Was (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na Die Ramp?

Die Ramp waarin hulle geliefde huis, Miernes, heeltemal afgebrand het en nou moet haar hele groot gesin in haar pa se ou werkswinkel, Ghrieshuis, gaan bly. Die Ramp waarin haar pa, motorwerktuigkundige en kranige fotograaf, sy sig verloor het en nou nie meer kan werk nie. Die Ramp wat alles verander het.

Maretha Maartens skryf met haar ervare skrywershand ’n deernisvolle verhaal oor verlies, hoop en geloof.

Christine le Roux Keur 9 (Afrikaans, Paperback): Christine le Roux Christine le Roux Keur 9 (Afrikaans, Paperback)
Christine le Roux
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) In Stock

Hierdie keur bevat drie lekkerlees liefdesverhale deur Christine le Roux: ’n Wêreld sonder hom​, ’n Kwessie van tegniek en Bewys van liefde.

Infanta (Afrikaans, Paperback, TV Uitgawe): Deon Meyer Infanta (Afrikaans, Paperback, TV Uitgawe)
Deon Meyer
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Een van Deon Meyer se mees geliefde boeke is nou ook te sien as die TV-reeks Devil’s Peak.

“My naam is Bennie Griessel en ek is ’n alkoholis.”

Om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Bennie Griessel eers vir Artemis keer: die vigilante wat die doodstraf teruggebring het, wat besig is om misdaad teen kinders met ’n lang lem en ’n skrikwekkende meedoënloosheid te wreek.En met die media wat skree, die politici wat druk toepas, ’n span onbeholpe jong speurders en verskeie kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie Griessel ’n lokval.

Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van ’n sekswerker vir haar kind, die haat van die Sangrenegra-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nie.

Heks (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Heks (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die verteller in Heks vind haar toevlug in sprokies en mites. Terwyl die wêreld die oorlog in Oekraïne op TV-skerms gadeslaan, verdiep sy haar in die mitologie van dié land – ook as skans teen die toenemende vyandelikheid in haar huwelik.

’n Ongeoorloofde verhouding maak ’n besieldheid in haar wakker. Sy beroep haar op dié nuwe krag toe sy van ongerymdhede bewus word by die kosmetiekmaatskappy vir wie sy bemarkingskopie skryf.

Dis tyd om beheer van haar eie verhaal neem.

Bloed van 'n vlinder (Afrikaans, Paperback): Marieta Carrick Bloed van 'n vlinder (Afrikaans, Paperback)
Marieta Carrick 1
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer Suster Libby Lucas by Noordeberg Hospitaal begin werk, hoop sy dat dit vir haar ’n nuwe begin sal wees. En dat sy al haar geheime in die verlede sal kan los.

Maar dan word ’n verpleegsters vermoor – haar lyk in ’n oënskynlike uitbeelding van skoonheid gerangskik.

Skielik voel dit weer asof die onheil Libby agtervolg waar ook al sy gaan. En asof haar verstand met haar begin parte speel.

Loop die moordenaar in die hospitaal rond? En wie stuur dreigende briewe aan Libby oor haar verlede?

Gerugte Van 'n Ontvoering (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Gerugte Van 'n Ontvoering (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer Harry Grimbeek asemskep tussen sy gevaarlike omswerwinge deur Afrika, kom kuier hy by sy geliefde ma in Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart ná sy pa haar vir ’n jonger pop gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar luukse penthouse in Ponte Towers, wat sy deel met ’n erfstuk van groot sentimentele waarde: Jong vrou en boek, geskilder in die veertienhonderds deur die Vlaamse meester Petrus Christus.

Teen die tyd dat Harry in OosAfrika opgespoor word, is sy ma al dae lank dood. Het haar eensame lewe inderdaad vir Gusta tot selfdood gedryf, soos gespekuleer word? En wat het van haar kosbare skildery geword wat uit haar woonplek verdwyn het? Van die oomblik dat hy in sy ma se penthouse instap, kry Harry die reuk van ’n groot gekonkel. En die skuldiges sal aan die pen ry, die hele lot van hulle! Nie eens daai parmantige Ella Neser gaan hom keer nie.

Nog ’n hoogtepunt in Chris Karsten se oeuvre. ’n Vermeende moord, ’n vermeende ontvoering . . .

Wegkruiper (Afrikaans, Paperback): Christelle Wessels Wegkruiper (Afrikaans, Paperback)
Christelle Wessels
R330 R294 Discovery Miles 2 940 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Onheil op Onrus

Iemand speel ’n grusame speletjie op Onrus. ’n Oudonderwyseres word in haar dansateljee vermoor en twee vroue word ontvoer en gemartel.

Kaptein Werner de Wege en adjudant Lisamore Talakase moet ’n legkaart bou om die raaisel op te los, maar die belangrikste stukke speel wegkruipertjie met hulle.

Sal die speurders die moordenaar betyds kan vastrek voor die volgende slagoffer val? En wat het ’n afgetrede onderwyseres, ’n bekende dokter, ’n sukkelende eiendomsagent en ’n boer gemeen?

Wegkruiper, Christelle Wessels se vierde spanningsroman, wys in watter nagmerrie ’n dorp ontaard wanneer die sondes van die verlede ’n gemeenskap inhaal.

Die Nege Lewens van Mevrou Smit (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Die Nege Lewens van Mevrou Smit (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R330 R294 Discovery Miles 2 940 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kan sy dit weer doen?

Die fantastiese Mevrou Smit is terug! En daar is weer ’n geheimsinnige moord…

Gaan die aweregse, hardekwas vrou met die skerp tong weer die moordenaar vastrek? Die nege lewens van Mevrou Smit is die heerlike opvolg op die gewilde  Die fantastiese Mevrou Smit,  die eerste boek in hierdie nuwe lekkerlees-spanningsreeks.

Dié keer hou Aronspoort bruilof en die dorp bewe behoorlik van op-winding. Maar op die troudag verloop niks volgens plan nie. Nie met Mevrou Smit in die omtrek nie …

Net voordat die skone bruid kansel toe stap waar haar aanstaande blouoogdokter vir haar wag, slaan dié se eksvrou morsdood in een van die kerkbanke neer. Pandemonium bars los. Was dit moord? En wie sal so ’n verskriklike ding op so ’n heuglike dag doen? Boonop loop die dorp onder ’n reeks boewery deur.

Wie of wat skuil agter al hierdie boosheid en wat het dit met Mevrou Smit se eie donker verlede te doen? Sal sy die dorp en haarself kan red?

Infanta (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Infanta (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 2
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Een van Deon Meyer se mees geliefde boeke is nou weer beskikbaar!

“My naam is Bennie Griessel en ek is ’n alkoholis.”

Om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Bennie Griessel eers vir Artemis keer: die vigilante wat die doodstraf teruggebring het, wat besig is om misdaad teen kinders met ’n lang lem en ’n skrikwekkende meedoënloosheid te wreek.

En met die media wat skree, die politici wat druk toepas, ’n span onbeholpe jong speurders en verskeie kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie Griessel ’n lokval. Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van ’n sekswerker vir haar kind, die haat van die Sangrenegra-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nie.

Mirre (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Mirre (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe onmasker ’n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir sy wraak te word?

“Hy sal vir jou sê dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ʼn maagdevlies. Jy kan nooit weer ʼn maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers verloor het, kry jy dit nooit weer terug nie. En die aanrandings sal eskaleer. It is the nature of the beast.”

Mirre weet Marilyn is reg, maar ʼn Dreyer skei nie. En as sy hom aankla van huishoudelike geweld, sal hy nooit weer sy beroep as befaamde huweliksberader kan volg nie. Sy reputasie sal vernietig wees. En dít sal hy haar nooit vergewe nie.

Buitendien, sy verstaan waar die ‘beast’ in haar andersins sjarmante man vandaan kom. Maar sy weet ook dat sy volgende keer dalk nie ʼn aanranding sal oorleef nie.

Mirre gaan skuil by haar vriendin Corali op Vywerbaai, waar Boeta Naudé met sy vrou en drie seuns ook woon. Boeta, haar jeugliefde wat steeds haar hart in die holte van sy growwe bouershand hou.

Mirre is die tweede deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Martha - 'n Verhaal Oor Martha Solomons, Countess Of Stamford (Afrikaans, Paperback): Winnie Rust Martha - 'n Verhaal Oor Martha Solomons, Countess Of Stamford (Afrikaans, Paperback)
Winnie Rust
R67 Discovery Miles 670 Ships in 6 - 10 working days

Martha Solomons is 'n eenvoudige vrou, die dogter van 'n vrygestelde slaaf. Harry Grey is 'n gewese priester uit die Britse adelstand, wat weens wangedrag na die Kaapkolonie van die middel-negentiende eeu gestuur word. In die dorre Namakwaland kruis hulle paaie en ontstaan daar 'n liefdesband wat hulle deur die kontrasterende landskappe van hulle lewens bybly. Martha is hulle meersleurende verhaal.

Bruidzilla (Afrikaans, Paperback): Marion Erskine Bruidzilla (Afrikaans, Paperback)
Marion Erskine
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Tillie het ’n heel goeie lewe, dankie. Ja, sy werk haar oor ’n mik as kelnerin in Mellville, en ja daar’s nie iemand spesiaals in haar lewe nie, en ja, haar beste vriendin Milanka ís high­maintenance, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksieperfeksie, #blessed vriendin Milanka.

Maar uhm… Sy’t nou nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie!

Eensklaps is Tillie in ’n warrelwind van warmlugballonne, dringende missed calls en uitheemse Milanka­bestellings: reënbooghoringperde, en ’n Alice in Wonderland­tema, en en en… En dít terwyl Jacques eintlik aanvanklik Tillie se date was!

Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, begin Tillie bemerk iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monster­mondering? Sal sy en Jacques ooit gekerk kom – en sal haar vriendskap met Tillie dit oorleef?

Reen Vir Stofvlei (Afrikaans, Paperback): Katherine Graham Reen Vir Stofvlei (Afrikaans, Paperback)
Katherine Graham
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die tienjarige Elsie, oftewel Gogga, is 'n regte rabedoe wat eerder saam met die seuns op die plaas rondhardloop as om pop te speel soos haar perfekte sussie, Riette.

Dit is die veertigerjare en daar is 'n Wereldoorlog wat woed, maar Elsie se grootste bekommernis is die droogte wat die gebied teister. Saam met haar gesin moet sy veg om hulle geliefde plaas, Stofvlei, te red.

’n Innemende, universele verhaal oor familie, kontrei en die natuur.

Die Fantastiese Mevrou Smit (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Die Fantastiese Mevrou Smit (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R330 R305 Discovery Miles 3 050 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Skaars op Aronspoort, of mevrou Smit hoor sy slaap in die polisieselle – vir haar “onaanvaarbare gedrag” en drink-agter-die-stuur. Wanneer sy die volgende oggend uiteindelik by haar nuwe huis instap, wag ’n lyk op die kombuisvloer. Moes dit dalk eerder sý gewees het, daar in die bloedkol?

Maar mevrou Smit is nie ’n lelie wat jy sonder skêr pluk nie. Sy gáán die moordenaar vastrek, maak nie saak op hoeveel tone sy trap of hoeveel van die dorp se skandes uitpeul nie. Die sterftesyfer styg en sy raak al hoe meer ongewild. Haar skerp tong spaar nie eens die dokter met die mooi blou oë nie.

Want sien, sy is ’n vrou met ’n donker verlede. Wat sy met los klere, gemaklike skoene en natuurlike, grys hare probeer verbloem. As die polisie te lank krap, kom hulle dalk op háár spoke af. En dit mag nie gebeur nie.

Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is moeilikheid. Hoekom is die Valke op die misdaadtoneel? Was dit ’n sluipmoord? En wat is dit wat die speurder optel en in sy sak druk? Voor Ami hierdie raaisels kan oplos, kruis haar pad met dié van ’n Duitse joernalis wat bewerings van ’n ontstellende voorval in Mosambiek ondersoek. Is daar werklik ’n verband tussen die twee stories?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The GOWISE Air Fryer Cookbook for Family…
Lisa Lawrence Hardcover R695 Discovery Miles 6 950
Project Management Techniques
Rory Burke Paperback R550 R503 Discovery Miles 5 030
Goldair GIM-200S Ice Maker
R3,314 Discovery Miles 33 140
Margo's Got Money Troubles
Rufi Thorpe Paperback R389 Discovery Miles 3 890
2pc Magnetic Washing Machine Door Holder…
R439 R299 Discovery Miles 2 990
The Therapeutic State - Justifying…
James L. Nolan Jr Hardcover R2,895 Discovery Miles 28 950
Treeline Cabinet (For Wall Mounting)(20…
R383 Discovery Miles 3 830
Primate Neuroethology
Michael L Platt, Asif A. Ghazanfar Hardcover R8,738 Discovery Miles 87 380
Baking With Jackie Cameron
Jackie Cameron Paperback  (3)
R149 R109 Discovery Miles 1 090
Full House - A Wild Cards Collection
George R. R. Martin Paperback R461 Discovery Miles 4 610

 

Partners