![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
’n Reeks geheimsinnige oorsese betalings aan weeskinders van die Bosoorlog het die Inkomstediens diep bekommerd. Dit dra die vingermerke van die ou SAW se koverte intelligensiegroep, Delta 40. Tex se aandag is erg verdeel tussen dié saak en die selfdood van die Engelsman, ‘n oud-makker, wat uit gewetensbeswaardheid nooit aan ‘n vuurwapen gevat het nie. Met Carlos nou terug in Angola, probeer Tex die vreemde omstandighede van die Engelsman se dood opsy skuif en Helena met die naspoor van die geheimsinnige transaksies help. Maar hy en Carlos se bosoorlog-verlede – en die spoor van ‘n ivoor-smokkelnetwerk wat hulle saam met die Engelsman in Angola oopgekrap het – bly opdring tot Tex dit nie meer kan ignoreer nie.
Dis 1938 en Elisabet Uys se onrus oor haar voorgenome huwelik met Johannes Barnard groei saam met die gerugte dat daar dalk ’n tweede Groot Oorlog mag uitbreek. Gepantser met Ouma Liesbet se raad besluit sy kort voor haar troue om die verlowing te verbreek en vrou-alleen na Europa te reis. Sal Elisabet in die oorloggeteisterde London vryheid en onvoorwaardelike liefde vind? Helene de Kock op haar beste.
Op ’n verlate grondpad in Limpopo druk hulle twee kilogram se vlekvrye staal – die reuse Smith & Wesson Model 500 – teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: “Waar is dit?” Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan betaal. Hulle gaan ’n spoor trap wat wyd sal loop.
Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, nou as private speurder, is 'n bisarre een. Donna Maas, huisvrou en eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het 'n skelmpie. En dit is Ella se taak om met die bewyse vorendag te kom. Die roman begin egter by die einde van die verhaal, waar Ella haar finale verslag optik. Daar is 'n moord gepleeg, maar ons weet nie wie die slagoffer is nie, en nog minder, wie die skurk. 'n Verskeidenheid karakters word betrek in Die versoeking van Thomas Maas, waaronder Thomas, sy vrou, hul tienertweeling, Maas se pa, wat aan dementia ly, en ook die hoof van 'n perdeskool, Amalia Rojas. 'n Verbysterende roman deur een van die mees ervare spanningsromanskrywers in Afrikaans. Karsten dop die genre se reëls op sy kop, en kom vorendag met 'n hoogtepunt nie net in sy eie oeuvre nie, maar in die Afrikaanse krimikorpus
Marc se ou kunsdosent Simon kom kuier en hulle wys die hele land vir hom. Ma se Mara en haar oppasser Anna kom kuier in Jerusalem en Mara begin al meer haar Joodse afkoms verwelkom. Dit is Yoshi se bar mitzvah? Die dae is vir die Kriges soms donker, maar soms ook wondermooi. Shir-HaShirim - 'n hooglied? Dikwels nie. Tog is daar altyd 'n lied om te sing. Die hooglied van Israel is die elfde boek in die reeks.
1987. Die opdrag aan Spesmagte se sersant Jos Fourie is eenvoudig: pas 'n vrag missiele op wat stil-stil uit Oos-Duitsland verskeep moet word. Maar iets vrot. Eers die onverklaarbare teenwoordigheid van 'n groep US Navy Seals wat hom in Duitsland dophou, daarna die skokontdekking van wapengehalte uraan-235 wat versteek is in sy vrag. Jos het elke greintjie vernuf waaroor hy beskik nodig om aan die lewe te bly onder die aanslag van Nigeriese seerowers, die agtervolgende Angolese vloot en sy ontluikende gevoelens vir die mooi ingenieurstudent Ashley Ramirez. Dit word 'n nagmerrie-tog van die Noordsee tot by 'n geheimsinnige Weermag-skag in die Kalahari se duine, 'n aksiebelaaide wedren teen tyd om 'n katastrofiese kerntoets te stop voor dit 'n internasionale insident veroorsaak en sodoende die brose onderhandelingsproses na Suid-Afrika se ontluikende demokrasie kelder.
Boek een van 'n trilogie.
Die derde boek in die Abel-rillertrilogie. Die polisie word ontbied na
'n hotelkamer in Johannesburg. Bloed en hare in die bad dui op 'n
slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer 'n gelooide en onthaarde
vel gevind word, weet Ella Neser sy is weer op reeksmoordenaar Abel
Lotz se spoor. Abel bevind hom in Brugge, en kort voor lank soek hy
weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy
Kosmiese Reise, hierdie keer met Ignaz Bouts se hulp.
Bykans dertig jaar was die verteller veldwagter in Namibie. Hy het ’n obsessie gehad met die wilde, ongetemde Afrika waar ’n mens ongebonde kan lewe. Maar intussen het die wildernisse waarin hy geswerf het, begin verander. As safarigids was hy deel van hierdie verandering. Hy het wilde plekke help toeganklik maak vir mense. Saam met daardie mense het stropers gekom. In Plunderwoestyn word vertel oor die stryd teen stropers in Namibie en is gebaseer op Christiaan Bakkes se lewe.
'n Jong man op pad na 'n klooster in Frankryk word deur sy familie
aangeraai om eers 'n verlangse oom in Parys op te soek. Adelbert van
Breda was 'n senior priester in die Katolieke Kerk wat dekades gelede
Parys toe getrek en hom tot die Katolisisme bekeer het.
Twyfelbos is ’n meesleurende historiese roman wat afspeel in die
Overberge in die vroeë agtienhonderds.
PG du Plessis was een van Afrikaans se meestervertellers. En met Koöperasiestories wat ook as ’n televisiereeks uitgesaai is, het hy volksbesit geword. Hierdie heruitgawe is ’n keur van die gewildste humoristiese kortverhale oor die lief en die leed van die mense in die dorp Gezinasrus. Flambojante karakters soos Veldsman, Genis, Vissertjie, Myta, Oom Botes en die Pieterses kruip ten spyte hulle stommighede en streke, diep in ’n mens se hart. Hierdie heruitgawe van Koöperasiestories bevat 30 kortverhale en sluit onder meer die volgende ou gunstelinge in:
Milla Roux is ’n veearts wat werk by ’n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die DRK. Spoedig begin die skermutselings tussen regeringstroepe en rebelle-organisasies van die hele Kongo ’n gevaargebied maak, en kort voor lank is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur vasgevang. Saam met drie klein sjimpansee-wesies slaan ’n gewonde Milla op die vlug, vergesel van die enigmatiese Graham Saunders van die organisasie Dokters sonder grense.
Lien, Katryn en Charlotte was jare lank beste vriendinne. Die vriendskap was van die begin af onwaarskynlik. Lien is heeltemal together, Katryn is temperamenteel en onvoorspelbaar. En Charlotte is die een wat stil-stil foto’s neem en skilder, en nooit ophou waarneem nie. ’n Vlymskerp en eerlike roman oor die verbintenis tussen drie jong vroue. ’n Aangrypende verhaal wat strek oor jare en skuif tussen kuns en seks, joga, vriendskap, lojaliteit en geheime. Deur die skrywer van In my vel.
In die Oos-Kaapse veld maak ’n skrywer haar in sy verbeelding staan: Vir Decima – ’n formidabele swartrenosterkoei. Haar dogter, Tandeka, is dragtig, en die handvol renosters sien uit na die kalf se koms in die lente. Maar vir Decima is daar vrees wat met elke volmaan in haar opwel. Sy kan steeds die gebeure onthou wat haar baie seisoene vantevore wees gelaat het. Al werkend aan Decima se verhaal, is Eben. Hy vra: Hoe skryf mens oor hierdie dier as gevoelvolle wese? Deel van die storie is die verskillende karakters wat ’n impak op die lot van die renosters het: stropers, hul kliënte, beoefenaars van tradisionele medisyne, ook die bewaarders. En tussendeur is daar Eben se brose ma wat in die land agtergebly het. Soos hy sy weg vind deur die bladsye van sy manuskrip, is dit die stem van Decima wat die suiwerste in sy gedagtes klink. Eben Venter se boek kombineer outofiksie, fabel, ’n speurverhaal en die wetenskap, en is ’n dringende pleidooi vir die bewaring van een van die wêreld se megaherbivore. Decima is ’n elegiese werk vir baie stemme waarin die skrywer die aard van verlies in sy vele gestaltes besing en besweer.
Toe Daan van der Walt, 'n eerstydse Kalahari-boer, 'n vertigo-aanval kry, laai sy vervreemde seun hom by 'n monnikeklooster in China af. Onder leiding van Meester Yang moet Daan tai chi doen in 'n poging om sy balans te herstel. Maar daar is ook iets anders wat aan Daan vreet, iets wat hy van sy hart móét afkry voor hy sy weg na die hiernamaals kan vind. Dalk is dit tyd dat hy aan Magrieta, sy oorlede vrou, skryf en sê dat hy haar liefgehad het.
Dié boek kry dit reg om peripheral characters en vertellers oppie voorgrond te plaas. Die tailor-dokter met sy briefcase vol sample-lappe, maatband en pen. Die pyn vanne vrou wat haar pasgebore tweeling moet begrawe. Ennie stryd vannie pligsgetroue, prim en proper Mareldia. En dan is daar oek Ghoemeira wat tradisionele waardes mettie modern moet versoen. Hier hoor jy die klanke vannie gemeenskap, musky en soet soes ryke uit die Jannat.
Magrieta Prinsloo, dierkundige, se kop haak uit op die verkeerde antidepressant. Sy raak vervreem van haar kollegas, beledig haar departementshoof, en haar illustere akademiese loopbaan kom tot ’n einde. Sy aanvaar ’n betrekking by die Buro vir Voortgesette Onderrig, met die enigmatiese Markus Potsdam as hoof van die Kaapse tak. Daar word van haar verwag om te reis om met medewerkers te skakel, o.m. na die Oos-Kaap. Op hierdie reise kom sy heelwat teë – sowel medewerkers as walvisse – wat haar lewe in ’n beduidende ander koers stuur. Wanneer Markus Potsdam boonop op ’n oggend verdwyn, raak haar lewe nog verder gekompliseer. In Die troebel tyd bewys Winterbach weer haar merkwaardige vernuf as romansier, met ’n eiesoortige, snydende humor en ’n buitengewone insig in die menslike psige. Die roman is as wenner aangewys van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2018.
"Die teenwoordigheid van die Chinese in Steynshoop het die dorp
die afgelope paar jaar ingrypend verander.
Shomer Yisra'el: Die tweede Libanese oorlog breek uit en Marc word
opgeroep. Hul persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat Rivkah
weer swanger is.
Ná ouma Leen en oupa Koen se dood besef Jessie dat sy en Janine nie langer op die Weskus sal kan oorleef nie. Sy kry werk in Roodepoort en oortuig Janine om saam te gaan met die belofte van ’n nuwe toekoms. Janine belowe Bennie dat sy eendag na hom toe sal terugkom. Die nuwe omgewing is alles behalwe gemaklik en hulle is finansieel nog slegter af. Janine se egskeiding word op die langebaan geskuif. Hul lewe verander drasties as die meenthuis se geiser ingee, die Oosthuizens langaan intrek en Werner Hougaardt, die eienaar van die meenthuis vir Janine begin ruikers stuur. ’n Dag se uitstappie saam met Werner bring twyfel in haar hart oor Bennie. So ’n ryk man sal beter as Bennie kan sorg. Jessie se ou studentevriend daag op en Werner se ware motiewe word oopgevlek. Friedrich se dogter, Christine, bied aan om Janine se saak pro bono te doen. Huweliklokkies lui vir Jessie en Friedrich en Bennie daag onverwags op om Janine weereens van sy liefde en trou te verseker.
Hulle albei het dit tog vertel. Dit is wat sy onthou toe sy tussen ’n klomp papiere die uitdruk van ’n ou e-pos van haar kry. Hoe Vader hulle Ventershoop toe gestuur het en toe alles voorsien het, selfs die kar, die petrol. Maar hulle het ooreengekom dat hy ook – in sy woorde – van die wonder sou getuig het. Wat het daarvan geword? Die getuienis is ’n egpaar se verslag van ’n reis. Dit is die verslag van drome en visioene, van wonderwerke en vloeke, van bloedverwantskappe en sluimerende woede.
’n Reeksmoordenaar jag by stormweer, en Rooi en Kassie moet hom vastrek. Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige mede-seëlversamelaar. Vlerksleep is nie vir sissies nie. Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas daarvan verdink dat sy hul ondersoek in die wiele ry, en Kassie moet haar onskuld bewys. Intussen word Kaapse vroue vermoor wanneer daar onweer broei.
BLOED/BLUT is ’n historiese roman wat in Berlyn, hoofstad van Duitsland, afspeel gedurende 1933, toe Hitler kanselier geword het, tot 1938, amper net voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog. Die liefde oorbrug alles. Helmut, ’n jong Duitser en seun van ’n Duitse generaal, raak verlief op die beeldskone donkerkop Rut, Jodin en dogter van ’n bekende rabbi. Helmut is ’n informant van die gevreesde Gestapo. Hy doen dit noodgedwonge om sy gay broer teen vervolging te probeer beskerm. Die Gestapo is die oë en die ore van die Duitsers wat die Jode haat en bloedvermenging tussen eg Ariese Duitsers en untermensch, die Jood, wat nie as menswaardig beskou is nie, verbied. Oortreding van hierdie wet is ten sterkste veroordeel en kon selfs later met die dood gestraf word. Ironies dat Rut se suster met opregte katte teel en probeer om die bloedlyn suiwer te hou. Sal die talle kerke in Duitsland en die groot wêreldmoondhede daarbuite die vasgekeerde Jode, wat nou afgesonder, bespot, verneder, wreed vervolg, verarm en selfs vermoor word, kan help? En wat van die verliefde Rut en Helmut... die Jode is tog mos die uitverkore volk van God? Het die donker voorspellings van die eeue oue profete oor die Jode, dan nou uiteindelik waar geword?
Marinda van Zyl is daarvoor bekend dat sy onverkende gebeure in die geskiedenis ontgin en dit verweef in verhale waarvan die karakters en hulle lotgevalle ’n mens bybly. Rooiborslaksman is ’n welkome opvolg op Van Zyl se die epiese historiese roman Amraal. In Rooiborslaksman word die negentiendeeeuse konflik met die Herero’s en Duitsers in die destydse SuidwesAfrika vervleg met die lewensverhale van Liesbet Lambert (Amraal Lambert se laatlam) wat wees gelaat word tydens die pokkeepidemie en Frederik Vlermuis vir wie Gobabis se kerktoring soos die spierwit pendoring van die kameeldoringboom lyk waaraan die rooiborslaksman genadeloos sy prooi ryg. |
You may like...
|