![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
In die 1980’s verower die sanger genaamd Ober die Afrikaanse musiektoneel. Jare later belig sy vriend en agent, Sybie de Waal, Ober se lewensloop in ’n plakboek van woorde – van hulle skooldae af, deur die jare toe Obermania die publiek beetgepak het, tot die terreurdaad toe alles tot ’n einde kom. Die onsigbare pou is ’n verhaal van ambisie en kreatiwiteit, roem en anonimiteit, vriendskap en verraad. In Zirk van den Berg se pittige, poëtiese vertelstyl.
Lourens Schoeman veroorsaak 'n beroering met sy aankoms op 'n dorpie in
Botswana. Die gemeenskap wonder hoekom die aantreklike jong man 'n pak
klere dra ten spyte van geweldige hitte en waarom daar soveel hartseer
in sy oë skuil. Maar hy swyg soos die graf oor sy verlede. Toe Elzaan
Jonker dit regkry om Lourens effens beter te leer ken, besluit sy om
ondersoek in te stel. Sy is vasbeslote om uit te vind wat hom jaag en
hoekom 'n plaaslike inwoner glo dat hy die doodsengel is.
Wenner van die Woordveertjie vir beste dramateks in 2021. Die stuk oor drie geslagte is gebaseer op die 17de eeuse slavin in Karel Schoeman se Armosyn van die Kaap, senaatsdebatte van Piet Odendaal in die 1970's, en die geskiedenis van die Odendaal-familie in Suid-Afrika. Dit ondersoek onder andere die gevolge van intergenerasie-trauma en die spanning tussen Westerse psigiatrie en Afrika-spiritualiteit.
Tian Killian se ouers is voor sy oë vermoor, die aand van die vuurwerke op Slootplaas. Nou reis hy, Amsterdam toe en na Kowloon, oral op die spoor van Charlie Oeng, oftewel Koekepan, oftewel Gelatenheid, oftewel Sjinees. Eens op ’n tyd ’n onbeduidende Hollywood-ekstra, maar ’n hoofrolspeler in Tian se wêreld. Hoe harder Tian probeer om die pyn wat hom sedert sy jeug vergesel, te verstaan, hoe tergender word die vraag: Waar eindig die Sjinees se skuld en waar begin sy éie aanspreeklikheid? ’n Ryke verskeidenheid karakters bevolk dié ambisieuse verhaal, van die Sjinese matriarg Ouma Voetjies in Amsterdam tot die blinde siener Ouma Ogies in die Oos-Kaap, van Cor van Gogh, hy met die kleinood in die koker, tot die enigmatiese, naamlose “Sy” . . . Die wêreld van Charlie Oeng staan in die tradisie van breedopgesette vertellings met veelvuldige verhaallyne en uitgebreide agtergrondbeskrywings. Feit en verdigsel is sjarmant verweef in hierdie verbluffende roman.
Die drama speel af in die Karoodorpie Willowmore. Die rol van die kerk, verkragting, verlies en familie is van die temas wat aangeraak word. Lekas kyk na 'n kind se weerloosheid en na die familie se verantwoordelikheid om na haar om te sien. Die watermeid (waternimf of meermin) is die mitiese figuur wat tot die dorpie se redding moet kom en drie kinders in die stuk hoop sy sal hulle kom red. Dit raak egter gekompliseerd wanneer die skuldige persoon 'n belangrike figuur in die gemeenskap is - die dominee.
Vyf vooraanstaande sakemanne van Pretoria word koelbloedig met hul eie
jagwapens vermoor.
Johannesburg, 1985. Braam Brink, joernalis, ontmoet sy pel Adam Williams vir ontbyt. Adam onthul sy rol as soldaat tydens die apartheidsregime, en kort daarna word Braam se liggaam gevind. Dertig jaar later volg speurder Daniella Hector, Braam se dogter, die spoor van ’n reeksmoordenaar. Waarom vind die moorde altyd ’n paar weke na mekaar plaas? En hoe hou dit verband met die dood van Danny se pa?
Manon Viljoen is ‘n jong advokaat en ywerige motorfietsryer. Sy word ingeroep om as amicus curiae die regter by te staan in ‘n moordsaak om ‘n regverdige uitspraak te lewer. Die beskuldigde is Charles Mouton, ‘n suksesvolle senior advokaat wat een oggend wakker word langs die bebloede lyk van sy vrou en van haar moord aangekla word. Hy weet nie wat gebeur het nie. Of so beweer hy. Hy weier om aan die verhoor deel te neem omdat hy glo die hof moet die waarheid soek. Dit val dus op Manon se skouers om die waarheid te soek en voor die hof te lê. Manon se aanstelling word bemoeilik deur die feit dat sy en regter Nantes Castel ‘n geskiedenis het. Die verhoor loop allerande draaie terwyl Manon na redelike twyfel soek en terselfdertyd haar gevoelens vir Nantes bevraagteken. Stel hy nog belang, of terg hy haar sommer net? Vind Manon die waarheid waarna sy soek ‒ oor die identiteit van die moordenaar en ook oor Nantes se gevoelens vir haar? Of is daar redelike twyfel?
Adriana vra Ranna en Alex om onder die dekmantel van joernalistiek die storie van ’n jong vrou onder haar beskerming te ondersoek. Dit bring hulle op die spoor van ’n ou misdaad – die verdwyning van ’n talentvolle jong kunstenaar wat in haar matriekjaar spoorloos verdwyn het. Die meisie se destydse kêrel en haar kunsonderwyser is verdink, maar die saak is nooit opgelos nie. ’n Foto van die meisie naby ’n aborsiekliniek in Johannesburg speel ’n kardinale rol. In die foto kyk sy oor haar skouer, asof sy bang is sy word agtervolg. Alex dek ook ’n storie oor ’n jong onwettige immigrant wat van vervolging in sy eie land gevlug het om ’n nuwe lewe in SuidAfrika te maak. Maar xenofobie dreig om sy drome te verwoes. AJ Williams is op dertig kaptein in die polisie, maar sy veg om die stereotipering te oorkom wat haar bruin vel en geslag ontlok. ’n Foto van Ranna in Pretoria sit AJ op dié se spoor.
Liefdeskortverhale deur 27 bekende Afrikaanse skrywers om jou naweek op ’n romantiese noot mee te begin. Laat die week en sy gewoel agter met dié stories uit die pen van Juanita Aggenbach, Bernette Bergenthuin, Henk Breytenbach, Malene Breytenbach, Alma Carstens, Alta Cloete, Leona Conradie, Trisa Hugo, Madelie Human, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Kristel Loots, Cliffordene Norton, Susan Olivier, Didi Potgieter, Gerrit Rautenbach, Felicia Snyman, Cecilia Steyn, Dibi Symington, Louise van der Merwer, Santie van der Merwe, Nanette van Rooyen, Frenette van Wyk, Antoinette Venter, Louise Viljoen, Magdaleen Walters en Elsa Winckler.
Oom Chris is die baas van Doodsedrif – of so het hy gedink. Sy vet, bruin kalf lê versuip langs die seekoeigat. Toe dryf oom Jan Oortjies se ou hond opgeblaas langs die oewer. Kraaibek, die mak bobbejaan, spring kort daarna waansinnig in die rivier en verdrink. Telkens sien oom Chris se seuns die drietonige voetspoor op die riviersand. Manienk, een van die plaasseuns, meen dis Salmaklak, “die gladde nat dier wat hier by jou in die water is”. Hy trek die diere in die water in en los hul liggame om in die rivier af te dryf. Maar wie het die Tswanaseun met ’n graaf oor die kop geslaan en in ’n vlak graf begrawe?
Jaco Diehl woon op Hermanus. Hy word getuie van 'n poging tot moord op sy buurvrou, en geleidelik word hy betrek by ander dade van geweld: eers op Hermanus, maar later ook op Somerset-Wes en eindelik in Kaapstad. Sy lewe is aan die disintegreer, en dit lyk nie of hy regtig omgee nie. Die hoofkarakter sleur ons al dieper mee in 'n doolhof. Wie is aanspreeklik vir die moorde, en wat is die waarheid? Of word ook die waarheid 'n storie, 'n verdoeseling wat nes Jaco nie vertrou kan word nie?
Jare lank al is Lauretta Blom ’n gedienstige huisvrou in haar beige paleis, die eggenoot van Tobias Blom, ’n suksesvolle sakeman met belange in Johannesburg én die Kaap. Maar met hulle seunskinders wat nou groot en uit die huis uit is, begin die stilte en die pynlike netheid van Retta se praghuis in die Johannesburgse sekuriteitslandgoed haar vasdruk. En sy wonder oor al die dinge wat sy nié gedoen het nie en hoe dit haar lewe gevorm het. Wanneer sy boonop begin vermoed dat Tobie vir haar iets wegsteek, besluit sy dat dit tyd is om dié dinge te doen wat sy nooit tevore aangedurf het nie. Eerste op die lys is ’n road trip Kaap toe saam met haar hond, Charlie, en haar kunstenaarsvriendin, Leigh. Die reis lei na die ontwaking van ’n nuwe Retta op ’n kleinhoewe buite Bethulie, maar ook na onthullings in die Kaap wat haar hele lewe omverwerp.
Nadat Ella Neser as moordspeurder uit die polisie bedank het, het sy op plesierbote in die Karibiese See gaan werk. Toe kom die virus, en sy is verplig om na SuidAfrika te repatrieer. Nou sit sy sonder werk en sonder toekoms. Sy word gevra om 'n private ondersoek te loods op die dorpie Osspruit in Mpumalanga. Vier jong manne het oënskynlik besluit om voor en tydens die inperkingstyd weg te loop, maar meer sinistere gebeure word agter hulle verdwynings vermoed . . . Die aksie speel binne vier dae in Julie af, tydens die grendeltyd. Hoe dieper Ella begin krap, hoe meer besef sy daar is 'n gewetenlose brein wat agteraf konkel met die steenkoollorries na Eskom as rookskerm. Ella is genoodsaak om haar eie intuïsie te vertrou ten einde by die waarheid uit te kom – maar dit gebeur nie sonder verdere hikke en bloedlating nie. Man uit die dode verskyn as krimivervolgverhaal op Netwerk24 en daarna in boekvorm by H&R. Dit speel af net voor die aanvang van Die versoeking van Thomas Maas.
Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip. ’n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis. En in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se kollega en minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie. Willem Anker se roman Buys (2014) is bekroon met die Universiteit van Johannesburg-prys, die WA Hofmeyrprys, die kykNET-Rapportprys, die Hertzogprys en die Helgaard Steyn-toekenning. In vertaling as Red Dog was dit in 2020 op die langlys vir die International Booker Prize. Anker doseer skeppende skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch.
Markus Gerlach en sy kameraad Domingos Magadzi vlug oor die grens van Suid-Afrika na die noorde van Mosambiek omdat hulle vrees dat hulle van die moord op drie mense aangekla sal word. Vir Phoebe Maritz, ’n kleindorpse joernalis, is dit ’n kans om eindelik ’n storie van internasionale belang na te jaag en sy sit die twee met die hulp van ’n veiligheidskontrakteur, Paul Fryer, agterna. Sy hoop om ’n eksklusiewe onderhoud met Markus los te slaan en die waarheid te ontbloot. Maar Cabo Delgado, waar Markus wegkruip, word deur verwoestende terreur geteister en niemand is daar veilig nie. Gou bevind Phoebe haar in die middel van ’n plofbare botsing tussen gevreesde insurgente, kastige filantrope, private militêre kontrakteurs, agente van internasionale olie-en-gasmaatskappye en – erger nog – ’n bloeddorstige reeksmoordenaar.
Die storie van ’n seun, Paul, se komplekse verhouding met sy gewelddadige dog charismatiese alkoholis-pa. Paul onthou sy ouers se somtydse versoening, gevolg deur desperate vlugtogte saam met sy ma. Dit is ook die roerende verhaal van Paul se ontwikkeling as jongman, en van sy selfontdekking. En die storie van sy ontferming oor sy vervreemde half-broer, iemand wat hy met alle mag wil beskerm, die enigste ander persoon wat dáárdie man “Pa” kan noem.
Dora en Whashiela patsy graag op lit aande in die holte van Hoerikwaggo se skaduwee. Die girls is nie op hul bek geval nie. Maar albei weet ook die veilige hawe van sisterhood kan hulle nie beskerm teen die geweld wat snags op donker sypaadjies sluimer nie. Een oggend op Bellville-stasie gebeur iets wat hul lewe onherroeplik verander. Dianne Du Toit Albertze se debuutroman is ’n aangrypende ondersoek na identiteit, na huis en behoort. Opreg, vlymskerp én hartverskeurend.
In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. 'Tweegevreet bied, soos sy voorganger, Die vertes in, spanning én stof tot nadenke.
In hierdie ambisieuse bundel word die leser op reis geneem. Na wêrelde van verstommende – dog onmiddellik herkenbare – tegnologiese vooruitgang. Waar bespiegeling en die magiese skouers skuur met die “alledaagse”. Waar waarheid en versinsel nie meer onderskeibaar is nie. Waar nuwe, onthutsende eksistensiële vrae opduik, en in gesprek tree met die oerbekende een: waar begin menswees, en waar eindig dit? Bot is ’n verrassende debuut wat ’n eiesoortige staanplek in die Afrikaanse verhalewêreld kry.
Twee vroeë romans deur een van Afrikaans se gewildste liefdesverhaalskrywers. Albei verhale speel af in die Vrystaatse Riemland, die heimat van die Bassons en Baumanns, twee families wie se geskiedenis deur vriendskap en intrige verweef is. In Ver vlug na môre reis Eugene Basson na Europa om te gaan vasstel wat van sy gevoelens vir die mooi blonde Elsje geword het. In Met vandag se brood is Renier, die jong dominee op Petrusdal, vasgevang tussen sy verstand en sy hart.
‘n Spanningsverhaal wat afspeel op ’n afgeleë plaas in Limpopo se Waterberg-distrik. Adriaan Botha is angstig oor misdaad in Suid-Afrika en moedeloos oor sy loopbaan as argitek. Hy besluit om die land te verlaat, maar stel sy plan uit om eers ʼn belangrike projek te voltooi. Terwyl hy daarmee besig is, erf hy uit die bloute ’n plaas by sy oupa wat hy nooit geken het nie. Hy sukkel nog om dié nuus te verwerk, toe ’n insident met die kliënt se vrou hom dwing om die stad inderhaas te verlaat. Vergesel deur sy geliefde hond gaan skuil hy op die plaas. Onderwyl Adriaan wag vir die stof om te gaan lê, wik en weeg hy om die plaas te verkoop - hy is immers oppad landuit! Maar spoedig raak hy al vaster verstrik deur ’n sameloop van gebeure. Alles begin toe hy ‘n reuse-swartmamba in die veld raakloop, want wat daarna gebeur, is ‘n tuimeltreinrit vol interessante karakters en onverwagse gebeure. As hy maar net vroeër rigti ng gekry het! Hoe de hel gaan hy lewend hier uitkom? Sekondêre temas van belang is ekologiese aangeleenthede, kultuurhistoriese kwessies binne rasverband en geleentheid vir versoening. Die teenwoordigheid van die legendariese mamba vorm ʼn belangrike simbool in die verhaal. Mamba is ’n roman wat die leser gaan oorrompel en enduit geboei gaan hou.
Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op 'n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. Snaar Windvogel, vroeër van Matjiesfontein, is nou in transisie onder die lem van ’n enigmatiese plastiese chirurg. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . . Hierdie en vele ander fassinerende karakters bevolk ’n landskap waarin die enigste sekerheid ónsekerheid is. Want Etienne van Heerden se tergend aktuele nuwe roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar privaatheid en identiteit abstrakte begrippe geword het, fopnuus ononderskeibaar van die werklikheid, en “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal.
In Uit die kroes word die Noord-Kaapse leefwêreld opgeroep in verse wat Namawoorde op verrykende wyse inkorporeer. Dit bevat gedigte wat die sentrale dog geringgeskatte rol van die bruin vrou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis belig. Ook die hedendaagse posisie van die jong bruin vrou word bekyk – hoe daar byvoorbeeld steeds teen wanpersepsies oor ras en skoonheid gestry word. Jy dra jou kroes hare so laat mense kan sien. glad alleen beteken nie mooi nie. |
You may like...
SSAT Upper Level Math Workbook 2019…
Reza Nazari, Sophia Hill
Paperback
|