![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat
se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde
grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.
Magdaleen Verster probeer die stukke van haar lewe optel na die dood van haar tweelingsuster, Misha. Wanneer sy ’n onwaarskynlike vriendskap smee met haar eksentrieke buurman, die wetenskaplike Darius Achenbach, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede wêreld van stamselnavorsing. Asof Misha haar aksies vanuit die dood rig, vind gematigde Magdaleen dat sy skielik bereid is om groot risiko’s te neem. Sy kan haar suster nie terugbring nie, tog kan sy moontlik ’n verskil aan ander se lewens maak. Wat begin as ’n onbaatsugtige projek, vang haar gou vas in geheime bedrywighede waarvan sy min verstaan. Wie is so angstig om Darius se navorsing te ontspoor? Of wil hulle dit dalk vir hulself toeëien? Alles kom teen ’n prys. En soms is die prys van een mens se lewe ’n ander mens se dood.
Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, is haar rang kwyt en oorgeplaas Mooibaai toe. Die bedompige klimaat voel soos ’n tronksel en sy mis die ooptes van die Vrystaat en, daarmee saam, bekostigbare blyplek. Speursersant JP Hendriks, aan wie sy deesdae rapporteer, toon boonop nie ’n greintjie simpatie nie. Een Vrydagoggend in Desember vang ’n vakansieganger met sy hommeltuig se kamera ’n afgryslike toneel vas. Tussen die voetstukke van ’n geroeste windpomp in ’n afgeleë stuk veld wat grens aan ’n staproete, lê ’n bebloede bondeltjie mens. Minder as 24 uur later word ’n foto van nóg ’n slagoffer iewers in ’n stegie van die onderdorp soos ’n veldbrand op sosiale media versprei. Wat het Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriarg van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament gemeen? En waar kom die albaster wat in die eerste slagoffer se hand vasgeknyp is, vandaan? Petunia en JP bevind hulself oornag as die hoofondersoekers in ’n duistere moordsaak.
Vir sommige is Ravensmead in die Kaap die gatkant van onse wêreld. Vir ander – soos Anastasia de Vries – hul komvandaanplek, speelplek en droomplek. Hul hartsgronde. Want dis hier in die Lane waar oud en jonk om ’n ghellie kan staan en kan stukke sny; kan lag en kan ghai en kan leef. Jy moet hier gebore word om te verstaan hoe jou hart teen jou ribbes begin skop as jy op Vlaktegrond uitstap en hoe jou “jippe somma so in die loop saam die een-vir-jou-een-vir-my ritme van die Vlaktevrou se lyf optel…” Hier word baie gehuil, maar nog meer gelag – want waar mooi en onmooi half onverskillig deurmekaargeklits is, daar gebeur die lewe.
Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Van Aardt is een van die volrondste personasies wat in baie jare in ’n Afrikaanse roman na vore getree het, en wat so heerlik is van sy uitbeelding is dat hy so nugter as ’n feilbare, onsekere volwassene geskets word. Die leser sien deur Van Aardt se oë - maar soos ons mettertyd agterkom, is daar nie werklik uitsluitsel oor die dinge wát hy sien nie. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde? Die titel van dié fassinerende roman deur die skrywer van Kamphoer kan op baie dinge slaan; onder meer op die verlies van alle sekerheid, selfs op die kleinste vlak. Dit sê eindelik baie oor die transformasie wat Suid-Afrika besig is om te ondergaan, uit die oogpunt van ’n hoogs gekultiveerde wit man.
“Daar is spore doodgevee. Iemand het die opdrag gegee vir wat met
Tikkop is 'n roman oor verraad, maar ook oor vriendskap en die liefde vir 'n taal en 'n land. Die Nederlander, Mulder, en die Suid-Afrikaner, Donald, hernu hulle weer hul vriendskap en verken weer hulle gevoelens van weleer: daar is 'n gedeelde liefde, vriende wat verraai is en ideale wat verloen is. Mulder, wat in Parys woon, besluit om in die Kaap te kom bly, terwyl Donald sy stryd voortsit in 'n verstikkende klein vissersdorpie. Die plaaslike bevolking voel verraai: hulle visregte is opgeskort deur korrupte leiers, daar is geen werk nie en hul kinders ontvlug deur TIK te gebruik. Die twee manne ontferm hulle dan oor 'n talentvolle verslaafde seun aan wie hulle 'n nuwe toekoms wil bied - mits die knaap die TIK kan oorwin.
Met die bundel beeldgedigte stel Marlene van Niekerk op ’n oorspronklike en toeganklike manier die minder bekende Nederlandse skilder Jan Mankes (1889-1920) bekend. Sy lewer daarmee nogeens ’n bewys van die vernuwende aard van haar werk. Die bundel bevat ’n dosyn of wat skilderye, in kleur afgedruk, telkens vergesel van ’n beeldgedig in Afrikaans met die Nederlandse vertaling daarvan op die volgende bladsy. Beskryf as “’n poetiese kragtoer”.
Dié nuwe spanningsroman delf diep in Ella se verlede. Elf jaar gelede is haar pa amper noodlottig gewond, en die skuldige, Arthur Wilky, word nou weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde – en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky. Hoekom kan Ella se speurderkollegas nie die verbintenisse raaksien nie? Selfs kolonel Silas wil nie ag slaan op haar vermoedens nie . .
Die verhaal van Cato van Johannesburg, wat in haar middeljare op ’n hartsreis na die Nyl gaan ná ’n ernstige verlies. Op haar tog word sy vergesel van ’n Egiptiese artefak, wat trouens een rede vir die reis is – dié antieke klein klipskilpadjie moet huis kry. Vroeg in haar Nylbesoek ontmoet sy vir Da’oud, ’n jong Koptiese Egiptenaar op ’n eie lewensveranderende sending. Sy familie is intens geraak, oor etlike generasies, deur sosiopolitieke onrus en ongeregtigheid, met 2011 se onlus op die Tahrirplein as onlangse laagtepunt. Op hul bootvaart op die Nyl ontmoet dié twee ietwat ongemaklike vriende ’n bonte verskeidenheid soekers en swerwers, en die terugkeer van die skilpadartefak na sy plek van heenkome word ’n simbool vir die afleggings en totruskom wat Cato en jong Da’oud, op sy eie, verskriklike manier, moet deurmaak – elkeen alleen. ’n Roman vir die fiksiefynproewer.
Wanneer Kassie Kasselman die verdwyning van 'n ekskollega begin
ondersoek, is dit duidelik dat hier meer as net 'n dwelmverwante
verdwyning skuil. Hoe lyk dit dan of dit verband hou met die ontvoering
wat sy kollega Rooi Els se vrou se werkplek getref het?
Hoe gebeur dit dat ’n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek? In Geknelde land gee FA Venter ’n diep-menslike antwoord op dié en ook op baie ander vrae oor die Groot Trek. Dit is die verhaal van die Dreyer-gesin van Grensplaas en vertel van die ontberings en terugslae wat dié boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek.
Gedurende die Eerste Wêreldoorlog staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale van ’n Britse militêre hospitaal. Op die deur is ’n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien jaar tevore was sy gedurende die Anglo-Boereoorlog in die Winburgse konsentrasiekamp, en dit is waar sy daardie naam leer ken het. Sy lig haar hand om daardie deur oop te maak. Haar hand bewe onbeheerbaar. Maar sy is ’n psigiatriese verpleegster en dit is wat sy moet doen, getraumatiseerde soldate terugbring na die lig. As daardie soldaat egter die een is wat sestien jaar te vore met sy heupe alle lig uit jou gestamp het, is dit nie so voor die hand liggend nie. Susan Nell huiwer voordat sy die deur oopmaak, sy wik en weeg desperaat – sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood. Kamphoer is die ware verhaal van ’n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls weggegooi is. Met die hulp van ’n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses kom sy weer haar verkragters teë . . . In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is ’n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.
Twee plaasdramas oor grense, tradisies, grond en bloed.
Melk & Vleis Dis 1996. Suid-Afrika het verander, maar sekere huishoudings nog nie. ’n Suksesvolle aktuaris los haar werk in die stad nadat sy verlief raak op ’n sjarmante jong boer. Sy probeer haar bes om in te pas by die kleindorpse gemeenskap, haarself in haar huwelik te laat geld, en die familieplaas van ondergang te red. Nadat ’n erfgenaam gebore word, begin dinge egter op die plaas uitrafel ...
Bloed & Bodem Jana besoek haar pa en oom op die familieplaas. Die plaas gaan agteruit en haar pa sit meer op die kroegstoel as die kerkbank. Een nag los hy in sy dronkenskap die hek oop en dit word ‘n aand wat niemand sal vergeet nie... ’n Verhaal oor plaasaanvalle en die desperate nalatenskap van Afrikanermans wat nooit kon heel nadat hulle aan die “verkeerde” kant van die apartheidstryd geveg het nie.
Privaat speurder Zeus van Wyngaardt sou nooit kon droom dat ’n godin soos Diana Engelbrecht (sy naam is Zeus, hy ken godinne) op ’n dag by sy gehawende kantoor in Springs sou instap nie. Haar opdrag: Vind die vermiste Esias Kok. Zeus besef gou agter elke storie is daar baie stories, en dié godin is dalk nie wat sy voorgee om te wees nie. Soos wat hy elke spoor begin volg, vervaag die grense tussen die reële en die digitale wêreld, oortreder en slagoffer, skuld en onskuld … In hierdie aweregse roman vervleg Julio Agrella die lewens van uiteenlopende karakters op vindingryke wyse. Dit wat agter die geslote deure van die armstes tot die rykstes in die samelewing gebeur, wys dat misbruik en geweld nie onderskeid tref nie. ’n Boek wat die leser sal skok, sal laat lag met die donker humor daarvan, en aan die raai sal hou tot die einde.
Stories word daagliks van een person na ‘n ander oorgedra. Dit is ‘n natuurlike deel van mense se sosiale omgang met mekaar. “Stories word aan kinders vertel om lewenslesse oor te dra, en vriende vertel vir mekaar stories om mekaar te vermaak, of om inligting oor te dra. Die vertelling van verhale is dus ‘n belangrike deel van menslike interaksie. “Vertel stories waar dit nodig is. Dit voed die mens se siel. Ons het partykeer elkeen net ‘n goeie storie nodig.
Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees. Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans, en tydens ’n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is. Dit is immers een van haar “broers” teen wie sy haar hart moet staal, en sy moet probeer kophou om nie die grense van haar aanneemfamilie se lojaliteit te oorskry en hul vertroue in haar te skaad nie. Want hoe sal sy haar tweede stel ouers teleurstel as sy vir hulle moet vertel wat in haar hart brand? Veral as die gevoelens vir iemand is wat, deur die wêreld en haar aanneemouers gesien, veronderstel is om haar broer te wees? ’n Broer wat dit ook telkemale duidelik gemaak het dat hy haar nie in die familie wil hê nie!
Toneelspel 3 vir skole handel oor die lief en leed van mense binne die gemeenskap waarin die skrywer grootgeword het. Sy draai nie doekies om as sy reguit en op die man af gebeure weergee nie. Die uniekheid van haar mense word weerspieël in die kleurvolle taalgebruik en eiesoortige karaktertrekke van die mense wat diep onder haar vel ingekruip het. Voorbeelde hiervan is:
Met hierdie klassieke verhaal oor die lewe van ’n mossiegemeenskap skep Hickey ’n werk vir oud en jonk. Kuif Kwaster en sy familie – ’n voorbeeldige en vername mossiegesin in die bodorp – neem die leser op ’n reis wat nie vir mense beskore is nie. Saam met Skeel At en Kuif verdedig lesers die mossie-eer teen die wraaksugtige en rebelse Beatnik-bende; en saam met Meks en Maja word daar vir die mannetjies in die bodorp flikkers gegooi. Oor die ontstaan van hierdie uitmuntende werk skryf Hickey: “Gedurende April 1961 het ek by my skryftafel gesit. Deur die oop venster kyk ek na die doen en late van ’n elftal mossies. Hulle is bra baie vir ’n enkele gesin, maar daar is tog ’n intimiteit wat die indruk skep dat hulle meer is as terloopse kennisse. Die groepie is verteenwoordigend van enige gemeenskap (daardie vaal, verkeerdeveer-wyfietjie lyk juis soos ’n skinderbek!) met die goeies en die minder goeies …” Die sukses van hierdie eiesoortige werk kan gemeet word aan die feit dat die boek vanaf 1961 drie-en-twintig keer herdruk is.
Lady Die het huisvesting gevind in die ruïne van ’n kerk, in ‘n
stadsbuurt genaamd Simoelégri. Baie vlugtelinge het hier opgeëindig, ná
eers die virus en toe nog rampe tot sosiale onrus gelei het. In ander
dele van die land is daar nog ’n mate van orde, maar nie in Simoelégri
nie. In Simoelégri is jou beste vriend die straat se dwelmhandelaar, en
jou enigste bron van hitte 'n konkavuur. Oral loop die gerugte van
groter onrus en geweld.
Kaapstadse sielkundige Chris se rustige lewe word bedreig. ’n Trigger-happy vrou uit sy verlede probeer hom afpers, sy pasiënte se koppe haak een vir een uit, en sy dirty little secret begin hom kriewelrig maak. Boonop irriteer sy gay eksvrou hom met haar verhoudingsprobleme, amper net soveel soos sy skoolvriend se skynbaar sorgelose lewe. Op Bella, sy jong Portugese vrou met haar voorliefde vir lawwe YouTube-videos, kan hy darem werklik staatmaak – of hoe? Hierdie genuanseerde, ironiese blik op seks, intieme verhoudings en eksistensiële krisisse word uit die oogpunt van verskeie karakters vertel, en elkeen het ’n kinkel-einde. Besluit self wie s’n is gelukkig en wie s’n nie . . .
Bloemfonteinse speurder Sollie Mthembu en sy vrou, Nyandi, verwag hul tweede baba. Nes baba Naledi in haar buik, groei Nyandi se inkopielys van dag tot dag. Terwyl dié sersant planne beraam om naweekuitstappies na Mimosa Mall met sy kredietkaart te ontduik, sluip daar snags ’n psigopaat deur die strate van Harrismith wat kleuters met roomyse uit hul ouerhuise weglok en ontvoer. Wanneer die oorskot van ’n verminkte vierjarige in ’n Fruitti Tutti-roomyskarretjie in die vroeë oggendure aan die voet van Platberg ontdek word, besluit kaptein Maartin Brummels om Parkweg se bulhond saam te sleep vir die ondersoek. Sollie lyk dalk na ’n bedeesde ou wat op die vreemdste tye oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie. Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is 2019 met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang. Almal stem saam dat beide skrywer en speurder Sollie ’n groot aanwins tot die Afrikaanse krimikorpus is. |
You may like...
Braving a New World - Cambodian (Khmer…
Marycarol Hopkins
Hardcover
Quantum Analogues: From Phase…
William Unruh, Ralf Schutzhold
Hardcover
R1,574
Discovery Miles 15 740
Mathematics For Engineering Students
Ramoshweu Solomon Lebelo, Radley Kebarapetse Mahlobo
Paperback
R397
Discovery Miles 3 970
Advanced Database Technology and Design
Mario Piattini, Oscar Diaz
Hardcover
R2,156
Discovery Miles 21 560
|