0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (6)
  • R50 - R100 (21)
  • R100 - R250 (214)
  • R250 - R500 (507)
  • R500+ (18)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction

Die Tuiskoms (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Sophia Kapp Die Tuiskoms (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Sophia Kapp 1
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Tien jaar gelede is Liz Aucamp van haar geboortedorp weggejaag. Nou moet sy terug en haar verlede in die oe kyk. Die leuens is groter, die geheime donkerder. Durf sy meer as net haarself beskerm?

Mirre (Afrikaans, Large print, Paperback): Chanette Paul Mirre (Afrikaans, Large print, Paperback)
Chanette Paul
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe ontmasker 'n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir sy wraak te word?

“Hy sal vir jou sê dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ʼn maagdevlies. Jy kan nooit weer ʼn maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers verloor het, kry jy dit nooit weer terug nie. En die aanrandings sal eskaleer. It is the nature of the beast.”

Mirre weet Marilyn is reg, maar ʼn Dreyer skei nie. En as sy hom aankla van huishoudelike geweld, sal hy nooit weer sy beroep as befaamde huweliksberader kan volg nie. Sy reputasie sal vernietig wees. En dít sal hy haar nooit vergewe nie.

Buitendien, sy verstaan waar die 'beast' in haar andersins sjarmante man vandaan kom. Maar sy weet ook dat sy volgende keer dalk nie ʼn aanranding sal oorleef nie.

Mirre gaan skuil by haar vriendin Corali op Vywerbaai, waar Boeta Naudé met sy vrou en drie seuns ook woon. Boeta, haar jeugliefde wat steeds haar hart in die holte van sy growwe bouershand hou.

Mirre is die tweede deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Uit die Bloute (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Uit die Bloute (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul 1
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël, Ewebeeld en Paaiboelie is terug.

Sy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir ʼn moederskip van die Pleiade-sterrestelsel. Sy weier egter om weer saam met Irene en Valk te werk, tot ʼn boogskutter op rolskaatse ʼn bekende regter vermoor en die vermoede ontstaan dat dit moontlik verband kan hou met die UFO-groep.

Toe sy weer sien, konkel sy saam met Irene agter Valk se rug om die raaisel te probeer oplos. Iets wat haar verhouding met Joachim tot die uiterste beproef.

Vir Ayla is haar verlede ʼn verleentheid. Nes haar liggaamsbou. Maak nie saak wat sy doen nie, die stigma van haar ma se bewering dat sy ʼn vlieënde piering gesien het bly net so aan haar kleef soos die groot heupe wat sy by haar ouma oorgeërf het. Sy het egter haar lewe so ingerig dat sy uit die oog kan bly – totdat sy as grafoloog ʼn handskrif moet ontleed en besef haar suster verkeer in wesenlike gevaar. Jojo Richter sal haar kan help om Nimue op te spoor, maar Jojo werk reeds vir Irene en dis Irene se suster wat vir Nimue gevaar inhou. En Strach Serfontein met sy liederlike handskrif wat integriteit, maar ook misleiding verklap, is nou weer ʼn ander tameletjie.

Die Opstand Van Poppie Nel (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Die Opstand Van Poppie Nel (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Liefde is al wat vir die mens oor is

Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie – praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir ’n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig.

Só ontvou Poppie se verhaal. Dit begin in haar ouerhuis en in ’n saaltjie op ’n plot waar ’n pastoor openbarings kry en waar die Nels slaafse navolgers van sy leringe is. Dis net, die openbarings kom en gaan soos dit die pastoor ten beste kan dien. Langmourokke, manskoene, niks mooimaakgoed nie, studie is ook van die duiwel, uitgedink deur die bose wêreld daar buite. Die skade aan ’n meisiekind se siel ... Nou ja.

Uiteindelik berei Lukas ’n preek oor die liefde voor. Want dit is al wat daar vir die mens oor is.

Marilyn (Afrikaans, Paperback, Groot Druk): Chanette Paul Marilyn (Afrikaans, Paperback, Groot Druk)
Chanette Paul
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Liefde in die Tyd van die Internet (Afrikaans, Paperback): Fransi Phillips Liefde in die Tyd van die Internet (Afrikaans, Paperback)
Fransi Phillips
R147 Discovery Miles 1 470 Ships in 5 - 7 working days

Al sê haar shrink nou ook wát, Hanna weet sy werk basies as prostituut.

Om uit haar nagmerrie-verhouding en -werk by Pretoria se goorste prokureur te ontsnap, kry Hanna werk as Engelsonderwyser in Moskou – met die raad en hulp van skrywer-karakter Fransi Phillips, wat self in Moskou Engels gee en Hanna as storiekarakter wil inspan. Daar gekom, is een van Hanna se eerste Skype-leerders die onweerstaanbare Nureyev lookalike Wolf79, ’n skeepsmagnaat en man van formaat. Maar sy’t dan juis Rusland toe gevlug om haar as professionele vrou te kom bewys, nie om halsoorkop verlief te staan en raak nie! En wat voer Phillips anyway in die mou met haar Hanna-karakter? Om nie te praat nie van die doos van ’n verloofde wat Hanna in Pretoria agtergelaat het . . .

In hierdie verruklike stadsprokie vir grootmense gaan die leser verras word, lê van die lag, dalk ongemaklike nuwe gedagtes dink, en régdeur tonekrul-lekkerkry vir die mees oorrompelende romanse nóg.

Soos 'n Diep Waterkuil (Afrikaans, Paperback): Peet Venter Soos 'n Diep Waterkuil (Afrikaans, Paperback)
Peet Venter
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Twee slagoffers, twee moordenaars en kinders wat met reëlmaat verdwyn. Speur-adjudant Jaap (Boel) Helberg ondersoek die saak. Een slagoffer is ’n invloedryke sakeman se vrou. Hy is ’n man met ’n diaboliese stokperdjie: veghonde. Die ander moordenaar hou van raaiselspeletjies. Hy bel Helberg met die slagoffer se selfoon, vertel hom waar hy haar lyk kan kry en stuur vir hom ’n video van hoe sy vermoor word. Daar is ’n reël; net hy mag by die ondersoek betrokke wees, anders ... En sy is die derde slagoffer. Die ander twee is in ’n verlate, skemer plek, in donker water wat nooit son sien nie, by ’n groot swart kruis wat met son kom en gaan. Helberg is geskok toe hy uitvind wat die ryk sakeman se stokperdjie is en wie sy vrou vermoor het. In die makabere klimaks waarop dit uitloop skiet die moordenaar hom. Helberg herwin sy bewussyn in die hospitaal en hoor dat sy vrou vermis word. Toe hy genoegsaam herstel het, soek hy na sy vrou. Hy kry haar in die plek waar die lyke van die twee vroue in die donker waterkuil is. Sy leef nog. Haar ontvoerder is die moordenaar van drie vroue; iemand wat Helberg nooit sou verdink nie.

Tolbos (Afrikaans, Paperback, Unabridged edition): Irma Joubert Tolbos (Afrikaans, Paperback, Unabridged edition)
Irma Joubert; Narrated by Carla Smith 1
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Suid-Afrika se onstuimige tagtigs raak Katrien Neethling bewus van ’n ander wêreld wat nog altyd daar was maar wat sy nie geken het nie. Kan mens net ophou om ’n Afrikaner te wees? Helaas nie. Soos ’n tolbos in die wind bly sy dwarrel tussen politieke woelinge en haar geliefdes wat behoudende boeremense is. Dit is ook die jare waarin die Voëlvry-toer konserwatiewe Suid-Afrikaners en hulle kinders tref met die gevleuelde woorde: “Ons is die mense teen wie julle ouers julle gewaarsku het.” Kort tevore het Wladek Kowalski die politieke woelinge in Pole beleef. Hy met sy digte bos hare en sy eie hartseer verhaal uit die ysige noorde. Ook hy betaal die prys van mense wat anders begin dink. En al is die verlange na sy geboorteland onhoudbaar by tye, kry hierdie hardekwas Afrikaanse meisie dit reg om hom teen sy sin te fassineer. En Katrien leer by Wladek wat die mooi Poolse woorde “moje kochanie” beteken.

Losprys (Afrikaans, Paperback): Martin Steyn Losprys (Afrikaans, Paperback)
Martin Steyn
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kry ryk mense voorkeurbehandeling in kriminele sake? Die wêreld is nie meer ’n goeie plek nie. Dis maar net hoe dit is.

“Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.”

Adjudant Enzo Ariefdien verkies moorde. Dooie slagoffers. Hy wil nie ’n vermiste lewe in sy hande vashou nie, nog minder ’n kind s’n. Maar dis presies wat hy kry en dis boonop ’n ontvoering vir ’n losprys. ’n Hoë-profielsaak met die desperate Amerikaanse ouers aan die een kant en die ambisieuse kaptein Lubambo aan die ander. En almal wil resultate hê. Intussen trek die onderhandelingspan by die gesin se huis in Llandudno in, adjudant Karla Blanckenberg in die rol van primêre onderhandelaar. Uitgelewer aan die ontvoerders se skedule om kontak te maak – te verbreek – kan sy net wag en dis dan wanneer die handjie met die rooi gaatjie haar bly teister.

Die ontvoerders het duidelik die gesin se roetine geken. Maar is die gesin van buite dopgehou? Of van binne? En hoekom klink dit asof daar iets meer persoonlik agter die ontvoering skuil?

Martin Steyn het twee keer die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur ontvang.

Getyeman (Afrikaans, Paperback): Wilreza Smit-Theron Getyeman (Afrikaans, Paperback)
Wilreza Smit-Theron
R151 Discovery Miles 1 510 Ships in 4 - 6 working days

Opregte liefde is onbreekbaar.

Lunaise vestig haar op Kosiebaai na ‘n liefdesteleurstelling. Hier aan die ooskus van Afrika vind sy vrede en genesing in die tropiese water van die warm Mosambiekstroom. Totdat Rolf Pfeiffer een aand onverwags by haar voordeur opdaag en deur al haar skanse breek sonder om ‘n vinger verroer.

Skielik bevind sy haar tussen meer beeldskone vroue om Rolf se hart te wen. As befaamde fisioterapeut stort sy haar hart en siel daarin om Rolf se peetkind, Ingrid, te behandel na ‘n ernstige vliegtuigongeluk waarin sy die gedeeltelike gebruik van haar een ledemaat verloor het. Lunaise se hart word ‘n oseaan waarvan die getye haar dwing om soms asemloos tussen hoogwater en laagwater te oorleef. Maar ‘n man met die getye in sy oë trek haar veilig onder sy skouer in en wys haar hoe die toekoms wel kan lyk.

Kan hierdie twee mense die aanslae van die lewe deurstaan sodat hulle liefde vir mekaar kan seëvier?

Doug (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Doug (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Sy vingers glip teen haar voet op tot by die soom van die jeans wat sy aanhet.

Hy kyk op na haar. Terwyl hy stadig regop kom, beweeg hy sy hande bo-oor die jeans teen haar bene op. Stadig kom hy regop en vou sy hande om haar middel. In die sagte lig van die woonkamer blink haar oë. “Doug ...”

“As jy nie wil hê ek moet jou soen nie, is nou die tyd om weg te stap.”

Vir ’n oomblik staar hulle na mekaar. “Malligheid, absolute malligheid,” prewel sy voor sy sy hemp in haar hande vasgryp en hom nadertrek.

Dis al waarvoor hy gewag het. Hy buk af en gryp haar lippe met syne vas. Haar rose- en nartjiegeur vou om hom en half bedwelmd, glip sy hande onder haar T-hemp in. Satyn. Sag. Maar dis nie genoeg nie, lank nie meer nie.

Mieke stap tussen sy bene in, trek-trek aan sy hemp. Hy wil haar help, maar hy is te besig. Eers toe die gespe van haar bra los is, lig hy sy kop en pluk sy hemp oor sy kop.

“Ek wil jou sien. Ek moet jou sien,” hyg hy, sy hande op die onderkant van haar T-hemp. Sy lig haar arms op.

“Bliksem ...” Hy lig die hemp oor haar kop, trek haar bra eenkant toe. Met ontsag, vou sy hande om haar sagte kurwes. “Hierdie ... ek droom al ’n week lank hiervan,” fluister hy.

Mieke se suster Fleur vra of sy haar swaer wat sy vrou verloor het, kan kom help met sy baba. Mieke stem in, maar op die vlug na Kaapstad beland sy langs ’n sexy rooikop.

Wewenaar Doug Sutherland is aangetrokke tot die groenoog donkerkop langs hom op die vlug. Hul vurige omhelsing op die lughawe, het egter onverwagse gevolge, want Mieke is die nuwe au pair wat na Doug se baba moet kom kyk.

Gaan hulle mekaar weer in die oë kan kyk?

Marilyn (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Marilyn (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vywervrou? Nee, ‘n kaivrou. Dis wat sy is.

Omring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ʼn kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe.

Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. So ver terug as daardie jaar toe sy Paul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting.

Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het.

Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ‘n mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie ...

Husky Se Bloedige Karooplaasvakansie (Afrikaans, Paperback): Hannes Haasbroek Husky Se Bloedige Karooplaasvakansie (Afrikaans, Paperback)
Hannes Haasbroek
R200 R185 Discovery Miles 1 850 Save R15 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Vier ouens, ‘n meisie in ‘n kortbroek en ‘n man in ‘n rok – so kan die hoofkarakters in die boek opgesom word.

Husky en sy drie vriende is na hul Graad 12 eindeksamen op pad na ‘n Karooplaas, Blouwater, vir ‘n heerlike vakansie van niksdoen en kuier. Die plaas behoort aan een van die vriende se pa, een van die rykste mense in die land. Langs die pad laai hulle ‘n pragtige, blonde ryloper op, ‘n meisie met ‘n verlede en ‘n .38-rewolwer in haar handsak. Sy aanvaar die uitnodiging om saam op Blouwater te gaan uitspan, min wetend dat sy in doodsgevaar gaan beland.

Op die plaas stuur alles egter op ‘n afgryslike bloedbad af. Onverklaarbare gebeurtenisse, ‘n waansinnige pastoor met sy lang swart gewaad, ‘n kerkie, grafstene, kraaie en ‘n bejaarde gravin met haar haelgeweer skep ‘n atmosfeer van spanning, misterie en Gotiek. Blouwater sal nooit weer dieselfde wees nie.

Jonk en oud sal hierdie spanningsverhaal geniet met ‘n ontknoping aan die einde wat die leser uitasem sal laat.

Gifbeker (Afrikaans, Paperback): Irna van Zyl Gifbeker (Afrikaans, Paperback)
Irna van Zyl
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Speurders Storm van der Merwe en Andreas Moerdyk is terug. Storm werk nou in Hermanus en tydens ʼn ete saam met ʼn vriendin in Zebardines, ʼn spoggerige restaurant, slaan ʼn gehate kosblogger dood neer. Dit blyk dat daar giftige sampioene in haar kos was.

Dis maar net die begin van Storm se probleme. Haar oudkollega, Andreas Moerdyk, daag sak en pak op haar drumpel op. Hy het bedank en kom soek ʼn nuwe heenkome in Hermanus. Terwyl al die restaurante in die omgewing reg maak vir fooddotcom, ʼn restaurant- en koswebtuiste, se toekenningsaand, waar die beste sjefs in die land vereer word, eis die moordenaar nog slagoffers.

Gaan Storm daarin slaag om die moordenaar vas te trek voor haar tyd uitloop?

Vreemde Vis (Afrikaans, Paperback): Milton Schorr Vreemde Vis (Afrikaans, Paperback)
Milton Schorr
R261 Discovery Miles 2 610 In Stock

Die storie van Jono, die alleenloper-visserman, wat een dag ‘n wonderwerk vang.

Jono is ’n alleenloper-visserman wat met harde werk sy skuld moet terugbetaal. Uncle Mike is ’n fabriekbaas wat worstel om kop bo water te hou. Die Baai is ’n klein plekkie waarvan die inwoners al vir generasies op dieselfde manier hengel. En nou’s daar nie meer vis nie.

Wanneer uitlanders met reuse vissersbote opdaag, steier dié eenvoudige gemeenskap onder die fratsgolwe van ’n veranderende wêreld. Hoe gaan die Baai dit oorleef? Maar die seun het ’n sonderlinge talent: hy kan die visse se gedagtes hoor.

En in die dieptes skuil ’n groot geheim, iets wat slegs Jono met sy lyn kan uitkatrol…

Finlay (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Finlay (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Fleur Greyling is verstom toe Finlay Sutherland op die plaas opdaag.

Hulle het mekaar op ’n troue ontmoet waar van sy bitter min onthou – net dat sy te veel vonkelwyn gedrink het en in haar onderklere wakker geword het.

Finlay is ’n hartebreker wat nooit ’n vrou meer as een maal uitneem nie, maar Fleur is anders. Hoe meer tyd hy saam met haar spandeer, hoe meer wil hy by haar wees.

Gaan die liefde dié keer die hartebreker vang?

Tien Voor Een (Afrikaans, Paperback): Adele Vorster Tien Voor Een (Afrikaans, Paperback)
Adele Vorster 1
R388 Discovery Miles 3 880 Ships in 4 - 6 working days

Die verhaal van 'n veertigjarige vrou se bestekopname van haar lewe. Sy is morbied obees en kos speel 'n baie belangrike rol. Dis in die vorm van dagboekinskrywings, sms'e en e-posse. Dit bied 'n kykie in die psige van 'n eetverslaafde; iets waarmee baie lesers sal kan identifiseer. Dis ook 'n liefdesverhaal (wat in die verlede afspeel), d.m.v. sms'e en e-posse en derdens volg die leser die broodkrummels na die jeugtrauma wat haar gedefinieer het.

Hierdie is 'n roman wat jou verbeelding beetpak en nie maklik laat gaan nie. Omdat dit in kleinerige brokke aangebied word, omdat dit soveel donker humor bevat en ontdaan is van selfbejammering, omdat die taal so lewendig is, is dit toeganklik sowel as ... wel, gewigtig.

Die Verleiding Van Eva de Winter (Afrikaans, Paperback): Louis Kruger Die Verleiding Van Eva de Winter (Afrikaans, Paperback)
Louis Kruger
R371 Discovery Miles 3 710 Ships in 4 - 6 working days

Wanneer Josua een middag vir Eva de Winter in ’n Rotterdamse koffiewinkel ontmoet, voel dit vir hom onwerklik dat ’n begaafde regsgeleerde soos sy in ’n verhouding sou belangstel.

Maar sy getuienis vroeër in ’n hofsitting interesseer haar – dit lei tot verdere afsprake, en algaande word hulle vriende. Dis eers ná hul huwelik voltrek is dat Josua begin begryp daar is iets onpeilbaars aan Eva.

Hoeveel raaisels het sy van hom weerhou, en wat hy slegs d.m.v. obskure soekenjins oor haar kon naspeur?

Doodsengel (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Doodsengel (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Is dit 'n vergeldingsdrang wat iemand laat moor, of kan dit die psigologiese nagevolge van traumatiese kinderjare wees?

Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug, gedring deur die moeras van molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het. Niemand behalwe die onbekende vrou wat haar help wegkom, weet van die verkragting nie. En niemand sal weet dat Magdalena haar aanvaller se lewe geneem het nie. Sy sal nooit weer in 'n sel sit nie, al kos dit wát. Sy veg om 'n fasade van normaliteit te behou, help haar beskadigde kliënte en bied vir 'n groep ewe beskadigde elfjarige weeskinders Sondagskoolklasse aan terwyl sy haar blinde ma ondersteun en poog om die psigologiese nagevolge van die verkragting en moord te verwerk. Is daar onheil by die kinderhuis? Hoe diep en wyd strek die boosheid? Is haar ma werklik in die greep van demensie, of is daar iets anders, iets erger aan die gang? Sal die groep vigilantes daarin slaag om haar moord toe te smeer, of sal die groot polisieman sy woord gestand doen en die moordenaar aankeer?

Doodsengel is Rust se 6de boek met 'n splinternuwe hoofkarakter.

Bloedfamilie (Afrikaans, Paperback): Elsa Hamersma Bloedfamilie (Afrikaans, Paperback)
Elsa Hamersma
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Een moord in die familie is erg genoeg, maar twee in een week raak bisar.

Soos Kain en Abel het Bart en Jakes Brink nie liefde vir mekaar nie. Bart is talentvol, aantreklik, sportief en populêr. Maar hy is inherent sleg, ʼn opperste skelm met geen genade vir sy medemens nie. Jakes is onaantreklik, vol skete en kwale, sonder uitstaande talente, behalwe dat hy ’n finansiële sukses van sy lewe gemaak het.

Jakes is nie verbaas wanneer Bart een aand brutaal vermoor word nie, want hy het baie vyande gehad. Tog is die familie geskok om te hoor dat die speurders vermoed die moordenaar is een van hulle. Die tweede moord enkele dae later skep selfs meer vrae.

Is die moordgeen in die familielede se DNS? Of lê die motief vir die moorde in ʼn familiegeheim? Die moorde is oënskynlik impulsief en sonder voorbedagte rade gepleeg en die speurders sit met min leidrade. Hoe vind hulle die moordenaar tussen die drie sibbe en vier kleinkinders?

Veral aangesien die forensiese bewysstukke min is en dit weke neem om te ontleed. Die twee Brink-susters lewer kommentaar op die sosiale situasie van die hede en die verlede, maar ken nie die donker geheime van die familie nie. Die kleinkinders is die volgende geslag en weer eens gaan die leser wonder watter DNS hulle geërf het.

Corali (Afrikaans, Large print, Paperback, Grootdruk): Chanette Paul Corali (Afrikaans, Large print, Paperback, Grootdruk)
Chanette Paul
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is?

As jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef. Daarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie. Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.

Vyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is. Ná jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het. Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar. ʼn Swaard hang oor haar kop. Haar familie het haar afgeskryf. Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.

Geleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ʼn rol in haar lewe speel. Boeta Naude wat vir haar soos ʼn kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn. Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.

Corali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Dag Drie (Afrikaans, Paperback): Jeanette Stals Dag Drie (Afrikaans, Paperback)
Jeanette Stals
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Luna Joubert se moed en vernuf word weer tot die uiterste beproef in Dag drie. Sy en haar medespeurder, Johan, vergesel vir Mike, ’n volbloed diepdekkingsagent, op ’n missie na Mauritius waar Mike met ’n informant kontak sal maak. Luna en Johan moet die skyn van gewone vakansiegangers vir hom help bewaar, maar niks loop volgens plan nie.

Hulle eerste dag op die eiland lewer die lyk van ’n jong meisie op wat ooglopend vermoor is. Die informant laat nie van hom hoor nie en hulle word uit die bloute deur wildvreemde mense ‘bevriend’. Rooi ligte flikker toe hulle genooi word vir ’n visvang-uitstappie op ’n luuksejag. Luna het nie ’n goeie gevoel oor die eienaar van die boot nie, want hy is net ’n bietjie té gretig om hulle van naderby te leer ken. Nie alleen beland sy en haar twee kollegas in lewensgevaar nie; toe Johan verdwyn waag sy dit ook op baie dun ys om hom te probeer opspoor en dag drie eindig onvermydelik in ’n breekspul.

As Jy Van Moord Droom (Afrikaans, Paperback): Deborah Steinmair As Jy Van Moord Droom (Afrikaans, Paperback)
Deborah Steinmair
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat maak ʼn ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn?

Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat vlotter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het ’n daggagewoonte, is stuurs en stil.

Erin is nie ’n emosionele mens nie, haar greep op die werklikheid is glibberig en sy praat moeilik oor haar gevoelens. Sy is obsessief oor die man wat haar verlaat het en die jeugvriend wat steeds na haar hunker. Hoe gemaak met die kuiken wat onder haar vlerk uit gesteel is, wat deur vreemdelinge hanteer is sodat sy haar reuk nie meer eien nie, wat grootgeword en tuisgekom het om te broei?

Wie lê op loer na haar kind? As jy van moord droom voel dit dikwels asof jy in ’n parallelle werklikheid inderdaad gemoor het; jy word met ’n knaende skuldgevoel wakker en wonder waartoe jy regtig in staat is.

Erin het haarself beskou as iemand aan wie moederinstink ontbreek, maar toe haar kind verdwyn het, het haar lewe alle betekenis verloor. Nou is Maryna terug, maar hoe dring sy tot hierdie woedende vreemdeling deur?

En wat sal sy doen om haar dié keer te beskerm?

Hier is ’n karaktergedrewe blitsblaaier vol noir en stokou raaisels.

Kroonwild (Afrikaans, Paperback): Henk Breytenbach Kroonwild (Afrikaans, Paperback)
Henk Breytenbach
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

'n Wit man soos Paul is so goed soos kroonwild ... In die vorige bedeling was Paul van Heerden se lewe een van gemak: groot huis in Pretoria se vooraanstaande woonbuurt, vanselfsprekende bevordering in die werk, welvaart en voorspoed. Toe kom die opstande en die grondbesetting. Nou word die Volksrepubliek van Azanie deur Die Party regeer. Alle wit mense is Weskaap toe verban. Die wat in Azanie wil werk, word toegelaat, maar word onderwerp aan dieselfde vernederende praktyke wat gedurende die Apartheidsjare beoefen is. Paul se vrou en kinders sit in 'n tentekamp in die Kaap, hy bly in 'n hostel en sukkel om sy werk te behou. Paul het egter 'n plan: hy begin met mampoer smokkel. Kort voor lank het hy 'n weldoener en sakevenoot in Thabo Ntombela, mampoerstokers en verspreiders. Maar in Azanie wil elkeen sy deel hê en 'n wit man soos Paul is so goed soos kroonwild.

Die Vyfde Slag (Afrikaans, Paperback): Johann Grobbelaar Die Vyfde Slag (Afrikaans, Paperback)
Johann Grobbelaar
R338 Discovery Miles 3 380 Ships in 4 - 6 working days

Karl Louw, ʼn prokureur, word deur Helen Brodie genader om haar in ʼn regsgeding te verteenwoordig. Die regsaak veroorsaak dat Karl en sy vrou Wilma ook met ou wonde van die verlede gekonfronteer word: verraad, verkragting, die mag wat mans in ’n patriargale, chauvinistiese samelewing oor vrouens aanvaar.

Terwyl Karl en Helen veg om haar professionele reputasie te beskerm, worstel Wilma met haar eie donker skuldgevoel en probeer haar man se verlede ontrafel. Sy onskuldige en ietwat idilliese skoolromanse is die grondslag vir alles wat Karl glo van die liefde, verhoudings en intimiteit – en die rede waarom Wilma nie haar geheim met hom kan deel nie.

Hoe vergewe jy as daar nie om vergifnis gevra word nie?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Binnerym van Bloed - 'n Outobiografiese…
Antjie Krog Paperback R370 R321 Discovery Miles 3 210
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R320 R300 Discovery Miles 3 000
Nagreisiger
Leon van Nierop Paperback R240 Discovery Miles 2 400
Monster
Rudie van Rensburg Paperback R365 R326 Discovery Miles 3 260
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R360 R321 Discovery Miles 3 210
Moederland
Madelein Rust Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Die verdwyning van Mina Afrika
Zuretha Roos Paperback R327 Discovery Miles 3 270
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R385 R344 Discovery Miles 3 440
Katvis
Annelie Botes Paperback  (1)
R360 R332 Discovery Miles 3 320

 

Partners