0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (6)
  • R50 - R100 (20)
  • R100 - R250 (215)
  • R250 - R500 (516)
  • R500+ (18)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction

Judaskus (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Judaskus (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R542 Discovery Miles 5 420 Ships in 18 - 22 working days

Beendere word gevind op 'n stortingsterrein, en skielik moet speurder Kassie Kasselman nuut dink oor ou moordsake. Gou begin die moorde vinnig opmekaar kom, en tussendeur die nuwe buurvrou wat Kassie se kop aan't swymel het, én sy enorme posseël-meevaller weens nog 'n moord, moet hy uitwerk waarom 'n geheimsinnige bende skynbaar besig is om sigself uit te roei. Elke warm leidraad lewer 'n koue lyk op, en Kassie kan nie voorbly nie . . .

Liefde Langs Die Eersterivier (3 in 1) (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Liefde Langs Die Eersterivier (3 in 1) (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas, Tussen jazz en rock, Anderkant liefhê en Sonder bagasie.

Tussen jazz en rock:

Sanet se hart klop vinniger as sy naby Jak kom, maar na ’n vorige verhouding waartydens sy baie van haarself moes prysgee, is sy baie versigtig. Jak se belangstellings en hare is so uiteenlopend dat sy nie kan sien hoe ’n verhouding tussen hulle kan werk nie.

Anderkant liefhê:

Martha en Hans ken mekaar al lankal, maar die laaste paar maande is hulle gereeld in mekaar se geselskap gegooi, meestal in ’n poging om hulle vriende bymekaar te kry. Hans is nie heeltemal seker wat om met Martha te doen nie: sy is heeltemal te loud vir hom, het vreemde skilderye teen haar mure en het sowaar ’n rooi bank. Die enigste manier om haar stil te kry, is om haar te soen. Die enigste probleem is nou dat hy aan niks anders kan dink nie. Martha het al seergekry en wil hierdie keer die sprokie met die prins hê, beslis nie ’n man wat nie kan besluit of hy haar wil soen of nie.

Sonder bagasie:

Lisa het haar lewe baie netjies uitgewerk. Sy hou van lysies maak, van dinge op hulle plek hê al probeer haar drie susters gereeld om haar lewe deurmekaar te krap. Sy is ’n ouditeur en sy verstaan syfers in netjiese rye. Die nuwe besturende direkteur by die firma het ’n hond, sy huis is deurmekaar en hy maak haar deurmekaar. Hy het nou wel ’n BMW-motorfiets wat haar hart vinniger laat klop, maar sy het haar eie Harley Davidson. Sy kom dus heeltemal goed oor die weg so op haar eie, maar Peet keer haar wêreld om.

Lemoenseisoen (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Kristel Loots Lemoenseisoen (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Kristel Loots
R362 Discovery Miles 3 620 Ships in 4 - 6 working days

Al is sy Mevrou Dominee, is Suzy in die eerste plek ’n mens, ’n bloedwarm vrou wat deur haar man bemin wil word. Maar hy stel lankal nie meer belang nie, en sy moet ’n ingrypende besluit neem – ’n besluit wat die skindertonge losmaak en haar reputasie aan flarde ruk.

Om die kroon te span is daar ’n seerplek diep in haar verlede wat dreig om oop te bars. Maar Suzy laat haar nie onderkry nie. Sy begin haar nuwe lewe met oorgawe en pak dinge aan wat haar in ongemaklike situasies laat beland. Watter vrou wil immers in ’n geleende ontwerpersrok tussen ’n spul duur koivisse orent kom, druipnat, en dit saam met ’n dodelik aantreklike man?

Sommer ’n gewone vrou is Suzy voorwaar nié, sy storm in waar engele dit nie sou waag nie. Maar haar waaghalsigheid is ook haar redding. Dit laat haar terugloop op haar spore van die verlede, en in ’n bibberkoue Londen besweer sy haar seer en kom daar vir haar liefde soos sy nooit geken het nie.

Sjokoladesoene (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Kristel Loots Sjokoladesoene (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Kristel Loots
R315 Discovery Miles 3 150 Ships in 4 - 6 working days

Jessie Jansen weet sy het haarself as vrou die afgelope tyd verwaarloos. Nee, meer nog, sy vergryp haar gruwelik aan soetgoed. Sjokolade.

Maar sjokolade, weet sy, maak daardie gat in haar toe. Die gat wat Andries gelos het toe hy met die jong dingetjie weg is. So oud soos haar kind.

Maar Bruno Baumann sien haar in die supermark raak. Dink sy pas perfek in hulle reklameveldtog vir nuwe onderklere – die gewone vrou wat ander kan laat verstaan dat hulle tog sensueel is. Mooi en maer ofte nie.

Net, Jessie is vir hom beeldskoon. Maar sy het genoeg bagasie om ’n man te laat verbyhou. Hy sal hom liewer vermaak met die jong dollas wie se foto’s hy in sy beursie hou.

Komplot (Afrikaans, Paperback): Andre Kruger Komplot (Afrikaans, Paperback)
Andre Kruger
R315 Discovery Miles 3 150 Ships in 4 - 6 working days

Die Russiese intelligensiedienste beplan om Verwoerd te vermoor.

Hul kontak in Suid-Afrika is Thomas Jacobs, ’n Suid-Afrikaanse anargis wat in die Spaanse Burgeroorlog geveg het. Na die ontnugtering van die oorlog vestig Thomas hom naby Colesberg, ver van politieke knoeiery. Maar die politiek haal hom in.

’n Ou kameraad is na Colesberg oppad, waar hy sy eertydse vriend ’n laaste keer vir die saak wil werf . . .

Solitaire (Afrikaans, Paperback): Vita du Preez Solitaire (Afrikaans, Paperback)
Vita du Preez
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

Wanneer Donna de Villiers en haar man Divan skei, moet hulle suksesvolle juweliersonderneming sowel as hulle huis in Tamboerskloof verkoop word sodat hulle bates verdeel kan word. Haar selfbeeld is aan skerwe na Divan se verraad en die eens suksesvolle juwelier wat pryse vir haar werk losgeslaan het se skeppingsdrang is daarmee heen.

Sy wil wegkom uit die kringe waarin sy en Divan beweeg het, waar almal nou oor haar vernederende egskeiding skinder. Donna swerf van kusdorp na kusdorp waar sy ontvlugting op haar branderplank en in die arms van surfers vind. Wanneer sy na amper ’n jaar die allerlaagste punt bereik, besef Donna sy is op ’n pad van selfvernietiging.

Donna moet weer van voor af begin en sy aanvaar ’n opdrag om ’n replika van ’n antieke hangertjie te maak. Dit neem haar na Minnaarshof, ’n spogplaas in die Riebeekvallei. Hier ontmoet sy vir Toit Minnaar.

Toit treur al meer as ’n jaar oor sy vrou se dood en hy neem ’n wilsbesluit om weer sy lewe op koers te kry. Hy aanvaar ’n uitdaging om deel te neem aan ’n realiteitstelevisiereeks, Boer soek ’n vrou. Wanneer die drie dames op die plaas kom kuier saam met die TV-span, begin die poppe dans. Daar is wedywering en katgevegte en Toit begin al hoe meer aangetrokke voel tot Donna.

Donna doen egter haar bes om gevoelens wat Toit in haar wakker maak, te onderdruk. Sy wil weer haar loopbaan op dreef kry én terugkry wat ’n man by haar gesteel het.

Goue Dagbreek (Afrikaans, Paperback, 2nd Uitgawe): Bets Smith Goue Dagbreek (Afrikaans, Paperback, 2nd Uitgawe)
Bets Smith
R330 Discovery Miles 3 300 Ships in 4 - 6 working days

Die oorlog en Gordon Fraser veroorsaak ’n oënskynlik onoorbrugbare kloof tussen Catriona en Rudolf Dreyer.

Waar daar kort gelede nog liefde was, lees Catriona haat, afkeer en veragting in sy oë. Hy glo sy was vir sy twee broers se teregstelling verantwoordelik en sy kan hom nie bereik om hom van die teendeel te oortuig nie.

Hierdie is die tweede boek in ’n tweeluik na Onder 'n Sterrehemel.

Kopskoot (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Kopskoot (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R542 Discovery Miles 5 420 Ships in 18 - 22 working days

Dit lyk asof kaptein Kassie Kasselman met 'n reeksmoordenaar te kampe het toe Kaapstad se ses en vyftigjarige mans kopskote begin kry. Maar Kassie is nie oortuig die moorde dui nie op iets anders nie . . .

Ballade vir 'n Enkeling (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Ballade vir 'n Enkeling (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R512 Discovery Miles 5 120 Ships in 9 - 17 working days

Gebaseer op die treffer TV-reeks. Jacques Rynhard, een van die land se gewildste skrywers, verdwyn op die kruin van sy loopbaan. Joernalis Carina Human moet uitvind waar hy is, maar meer belangrik, hoekom hy verdwyn het. Sy krap 'n perdebynes oop van verraad, donker geheime, moord en mislukte verhoudings.

Kruispad (Afrikaans, Paperback): Deon Opperman Kruispad (Afrikaans, Paperback)
Deon Opperman 1
R325 Discovery Miles 3 250 Ships in 4 - 6 working days

Kruispad is die kern van Deon Opperman se groot TV-trilogie oor die Afrikaner se pad in Suid-Afrika. Dit beeld presies uit waar die groot verandering gekom en hoe die Afrikaner daarop gereageer het.

Die roman wentel om Sophia en Mariana, die twee dogters van ’n welgestelde boer, Soois van Rooyen, en sy vrou, Mart. Sophia is met die skatryk FG van den Berg getroud en Mariana met die arm, bekrompe Andries Landman. Terwyl FG en Andries albei hul ekonomiese status ná die verkiesing van 27 April 1994 verloor, sit hul onderskeie seuns, Klein FG en Henk, met die nalatenskap van apartheid.

Kruispad belig nie net die snykant van apartheid fel nie, maar boor ook diep in die problematiek waarmee die Afrikaner in die jare negentig moes worstel en toon hoeveel inbors en karakter dit verg om die juk van die verlede af te skud.

Die Bewaker (Afrikaans, Paperback): Marguerite Poland Die Bewaker (Afrikaans, Paperback)
Marguerite Poland
R278 Discovery Miles 2 780 Ships in 4 - 6 working days

Vuurtoringwagter Hannes Harker word met sy vrou na ’n afgeleё eiland verplaas. Hy ontdek iets wat lank in die toring weggesteek was wat hom sy balans laat verloor, en hy val.

In die hospitaal vertel hy met rukke en stote aan verpleegsuster Rika sy lewensverhaal – van sy ma se geheimsinnige dood, van sy onbeheerbare jong vrou, Aletta, en van die verlate eiland waar net die vuurtoringwagters en ghwanowerkers woon. Dié twee groepe leef saam maar tog ook streng apart op een van die onherbergsaamste plekke op aarde. Met die aankoms van ’n karakter uit Aletta se verlede kom haar eie geheime onvermydelik aan die lig, net soos die pruttende spanning en onregte wat die ghwanowerkers so lank verduur het tot uitbarsting kom in ’n enkele, skokkende gebeurtenis.

Die Bewaker is die verhaal van twee geslagte vuurtoringwagters – mans verbete in hulle plig, en vroue wat saam met hulle in skrikwekkende afsondering leef. Dit is geskryf in die kenmerkende meevoerende styl waarvoor Marguerite Poland so bekend is, nou vir die eerste keer in Afrikaans.

’n Roman oor die krag van geheime, die krag van die liefde en die krag van stories.

Slim Leuens (Afrikaans, Paperback): Lien Roux-de Jager Slim Leuens (Afrikaans, Paperback)
Lien Roux-de Jager
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Die briljante poligrafis Kalli Krynauw is deel van Special Intelligence Services se span. Hulle is op die spoor van ’n reeksmoordenaar wat tot die uiterste gaan om sy slagoffers te skend voor hy hulle om die lewe bring. Kalli het goeie rede om te vermoed die reeksmoordenaar is deel van SIS se ondersoekspan want hy stuur selfs e-posse om hulle in kennis te stel dat hy op die hoogte van elke beweging van SIS is. Maar wie in die span kan dit wees? Daar is ten minste drie moontlikhede.

En, net so erg, die skisofreen wat ’n obsessie gehad het om Kalli dood te maak, bevind hom glad nie meer permanent in ’n Kaapse inrigting soos sy destyds ingelig is nie. Trouens, hy woon nou in ’n nabygeleë buurt.

Intussen word dit tyd vir Kalli en haar Brink se troue wat nou al hoe lank uitgestel word. Op wat hulle troudag sou wees, het hulle egter allesbehalwe ’n huwelik om te vier ...

Die Engel En Die Bont Bees (Afrikaans, Paperback): Johnita le Roux Die Engel En Die Bont Bees (Afrikaans, Paperback)
Johnita le Roux
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

Nes ’n geslypte diamant het die waarheid baie kante. Hoe dit vir jou skyn, hang af van waffer kant af jy kyk. Magrieta Malgas, die kleindogter van ’n reenmaker en die half-Koranna Klein-Lit, word in die sewentigerjare vir die onwettige ontginning van edelgesteentes aangekla. Saam met haar onwaarskynlike medebeskuldigdes, ’n bejaarde en ’n gestremde, beweer sy dat hulle die rivieroewer slegs maar oopgeskiet het om 'n oorlede vrou se as te bere waar 'n groot vloed dit sal meesleur. "Weg … see toe." Susara Vermeulen, 'n ietwat onbeholpe verslaggewer, word Oranjerivier toe gestuur om die saak op te volg. Sonder haar redakteur se medewete neem sy Magrieta se verhaal, getik in die Afrikaans van daardie streek, en ’n raaisel na 'n versteekte skat, saam. Deurweef met liriese oomblikke en ou legendes, ontvou die storie van Ntatisi, die Matabele-krygsvrou wat ’n diamant op haar voorkop gedra en haar soldate vreesloos in die stryd gelei het. Soos die Oranjerivier in vloed edelgesteentes saamspoel, raak Susara se verhaal met Magrieta s’n vervleg en word dit ’n reis na kennis van die mistieke, die self en lotsverbondenheid in Afrika. Jeanette Ferreira oor Die engel en die bont bees: “Uit die metafore van ’n gesuurde brood en ’n rivier wat die oewers oorstyg, groei hier ’n wonderlik verbeeldingryke roman. So word feite die klein begin van groot mites wat eweseer oortuig, diep verweef in Ou Afrika en die vele tonge van Afrikaans. Uitsoek-Le Roux."

Dubbelspel (Afrikaans, Paperback): Wilna Adriaanse Dubbelspel (Afrikaans, Paperback)
Wilna Adriaanse
R288 Discovery Miles 2 880 Ships in 4 - 6 working days

Hulle is almal in die land. Van die Chinese triades tot die Russiese mafia. Niemand is egter hier vir die land en die Kaap se natuurskoon nie. Hulle het nie sentiment oor ’n politieke bestel of ’n reënboognasie nie. Geld is die enigste god wat aanbid word.

Toe Ellie McKenna instem om hierdie wêreld te infiltreer, het sy gedink sy weet waarvoor sy haar inlaat. Maar soos haar pa altyd gesê het, die duiwel deel nie visitekaartjies uit nie.

En nou is haar pa nie meer daar nie, en moet sy self besluit wie sy kan vertrou, en waartoe sy in staat is. Haar pa het ook gesê dis ’n job waaruit iemand dikwels nie lewend wegstap nie.

Verwoerdburg (Afrikaans, Paperback): Johann Rossouw Verwoerdburg (Afrikaans, Paperback)
Johann Rossouw
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

Tydens ’n skoolreünie kom die lewe van ’n groep Suid-Afrikaners onder die loep.

Dit is twintig jaar ná demokrasie, en die land neem die nuwe bedeling in oënskou. Demokrasie het vryheid vir baie beteken, maar vir hierdie groep het dit ook beteken dat die lewe waarvoor hulle voorberei is, oornag verdwyn het. Is nostalgie vir ’n verlore wêreld hul enigste uitkoms?

’n Pakkende kontroversiële roman.

Monument (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Monument (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days

Haar tyd op Winburg raak ’n ontdekkingstog deur die dorp se verlede en haar eie verbintenisse daarmee. Sy verken bywonerstentedorpe ná die Anglo-Boereoorlog, kyk saam met die vroue van 1901 in die naghemel op na die Groot Komeet, hoor van die vloek wat Christiaan de Wet oor Winburg uitgespreek het. Daar is die monument wat haar ma se buurvrou en dié se seuns ná ʼn plaasmoord begin bou het – die mees onwaarskynlike monument ooit. En haar ma se oppasster, wie se grootjie in die swart konsentrasiekamp was, praat ook saam.

Wanneer Yachin, Margo se Israeliese geliefde, op besoek kom om haar terug te vat na hul tuiste in Israel, is die besluit – waar hoort ek? – nie meer so eenvoudig nie. Monument is die verhaal van die Vrouemonument in Bloemfontein, en van ander monumente: dié van klip en marmer, maar ook die monumente wat Suid-Afrikaners – die vroue in die eerste plek – in mekaar se menswees gebou het.

Donkerland (Afrikaans, Paperback): Deon Opperman Donkerland (Afrikaans, Paperback)
Deon Opperman
R93 Discovery Miles 930 Ships in 4 - 6 working days

Een plaas. Een familie. Een bloedlyn. Sewe geslagte.

In 1838 vlug Pieter de Witt uit die Oos-Kaap na Natal om ná maande van uiterste ontbering op die walle van die Tugelarivier ’n hoekpaal in te kap en sy plaas af te tree. Hy noem die plaas Donkerland. Dit is hier waar sewe geslagte De Witts die wel en wee van ’n ontluikende volk beleef: die Groot Trek, die stryd teen die Zoeloes, die Anglo-Boereoorlog, Groot Depressie, 1948-verkiesing, Grensoorlog, Soweto-opstande en die oorgang tot ’n demokratiese Suid-Afrika. Vir honderd agt-en-vyftig jaar leef die De Witts die triomf en die smaad van die geskiedenis op ’n enkele stuk grond uit; ná sewe geslagte begin dit deurskemer wat dit beteken om in hierdie aarde ’n hoekpaal in te slaan en ’n plaas af te tree.

Donkerland is die eerste aflewering in Deon Opperman se Afrikaner-trilogie.

Plesierengel (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Plesierengel (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R547 Discovery Miles 5 470 Ships in 18 - 22 working days

Tristan Hansen is 'n man wat R15 000 per nag vra en die land se mees invloedryke en wêreldwyse vroue soveel plesier gee dat hulle terugkom vir meer. Maar wanneer een van sy kliënte haar eie lewe neem, verander die plesierengel in 'n doodsengel, en bely sy kliënte die een na die ander wat agter toe deure gebeur het. Maar waarom doen hy dit? Beslis nie net vir die geld nie. 'n Sielkundige, Erika Hamilton, ontmoet hom toevallig. Albei van hulle bied op beroepsvlak verligting van neurose, onvervuldheid en frustrasie - die een op akademiese wyse, die ander met lyflike plesier. Wat gebeur wanneer hulle ontmoet?

Omnibus 38 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Omnibus 38 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R526 Discovery Miles 5 260 Ships in 18 - 22 working days

In Die Tonnel word die verlamde Ilse deur haar vader se testament verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp.

In Keerkring Van Die Hart het Kasper ’n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel. Kan dié skugter man tot haar redding kom, al het sy met ’n swierbol getrou?

En in En Die Klippe Sal Uitroep is Emile, kroonprins van modelplaas La Rhône, ’n gesogte vangs onder die skone geslag, maar by nuwe verpleegsuster Miempie, ’n kampvegter vir menseregte, loop hy sy rieme styf .

Klara (Afrikaans, Paperback): Mariel le Roux Klara (Afrikaans, Paperback)
Mariel le Roux
R309 Discovery Miles 3 090 Ships in 4 - 6 working days

Dis waar dit geëindig het, toe die trekker se wiel Klara se pa papgedruk het. Toe hulle ná haar pa se dood van Boplaas moes weg en in die wit lokasie gaan woon, toe was alles verby. En dit was nog lank voordat al agt die kinders gebore is wat die agt knope in Klara se naelstring voorspel het. Maar verby was die tyd dat Klara die dae onder die wilgerboom op die damwal langs die lusernland kon omdroom, of met rooi koeldrank en koekies voor die stoof kon sit en luister na Polla se stories oor waar die bul vir oom Slap Soois geskop het.

Boplaas het hulle afgeskud.

Of so het Klara gedink. Maar die waarheid is dat Boplaas nie klaar was met haar nie. Haar susters kon wegkom – Leen met haar oneerbiedigheid en Martie deur met ’n halwe Duitser te trou en landuit te vlug – maar nie sy nie. Iemand moes omsien na Ma wie se kop heeltemal uitgehaak het, en iemand moes help om Ma se fratskind, Henk, deur matriek te sien, en daarby moes Klara ook nog haar eie geleerdheid kry.

Eers toe die ding met Dries, Boplaas se erfgenaam, op die rotse loop, was dit asof Klara haar kon losmaak van haar verlede. Maar dit is juis toe sy uiteindelik weggaan dat sy agterkom hoe onlosmaaklik sy verstrengel is met daardie plaas en sy mense.

Klara is ’n verhaal met ’n onweerstaanbare aardsheid. Snaaks én hartverskeurend. Dis nie aldag dat ’n mens jou so kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie.

Grens (Afrikaans, Paperback): Leonette Smit Grens (Afrikaans, Paperback)
Leonette Smit
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Ignatius Smit sterf by geboorte op Woensdag, 3 Maart 1982 op Katima Mulilo in Namibie se Kaprivistrook. Omdat Ignatius se ouers die sendingpaar is, word hy begrawe op 'n afgelee plek in 'n bos, naby die graf van magistraat Trollop wat aan koors in Barotsiland gesterf het.

Sy ma sukkel om sy dood te verwerk, omdat sy as geestelike leier verantwoordelik voel vir die vertroosting van die dorpsmense, wat net so platgeslaan is deur sy onverwagte dood. Jare later haal sy onverwekte dood haar in. Hierdie is haar, Leonette, se verhaal. Dis 'n verhaal van verlies en die verwerking daarvan, wat grootliks afspeel binne die militêre milieu - waarvan grenslewe 'n groot komponent is.

Baie jare later kry sy vertroosting deur berading en musiekterapie van 'n orrelsimfonie van Saint-Saens. Dit gee vir haar 'n visualisering van Ignatius se lewe na die dood. So kry sy volkome bevryding vir haar pynlike smart.

Moord In Die Beloofde Land (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Moord In Die Beloofde Land (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

’n Spanningsvolle roman oor ’n man in wie ’n onbekende mag stadig die oorhand kry.

Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe. Sy inisiasies in die grootmenswêreld (liefde, seks, die “reëls” van die ou Suid-Afrika, joernalistiek), van die 1970’s tot die 1990’s, is vervleg met sy obsessie met die skêrmoordenares Marlene Lehnberg.

’n Boeiende, intrigerende roman – die skrywer kry dit goed reg om die tydsgees en die manier waarop onskuld geleidelik verdwyn oor te dra.

Skadumagte (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Skadumagte (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord van ’n regter. Dit lei haar na oud-Recces met griewe, oorlewingskampe, ’n geheime organisasie genaamd Die Beskermers, wraak, intimidasie en verskeie moorde.

'n Ander Mens (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg 'n Ander Mens (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 4 - 6 working days

Polisievrou Erica van der Linde het die perfekte manier gevind om te verseker dat getuies onder haar bewaring in die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad versteek bly. Sy vermoor hulle.

En wanneer die voormalige kriminele oorgaan van ’n lewe van misdaad na diè van versteekte staatsgetuies, is daar niemand wie vir hulle soek nie.

Maar sy’t nog nooit ’n getuie soos Daniel Enslin teëgekom nie.

Die Ander Vrou (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Die Ander Vrou (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Linda is die ander vrou, die oorwinnaar in die liefdesdriehoek. Maar die krake in haar huwelik wys reeds tydens die wittebrood. Dié roman vorm ’n tweeluik met Eendagmooi, waarin die versaakte vrou se verhaal vertel word.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Handbook of Model Predictive Control
Sasa V. Rakovic, William S. Levine Hardcover R4,363 Discovery Miles 43 630
No Sure Victory - Measuring U.S. Army…
Gregory A. Daddis Hardcover R1,467 Discovery Miles 14 670
Evidence-Based Validation of Herbal…
Pulok K. Mukherjee Hardcover R4,281 Discovery Miles 42 810
Estée Lauder Pleasures Eau De Parfum…
 (22)
R2,124 R1,266 Discovery Miles 12 660
Blood on Our Hands - The American…
Nicolas J S Davies Hardcover R812 Discovery Miles 8 120
Hell is for Children
Jo Szewczyk, Haunted Mtl Paperback R581 Discovery Miles 5 810
Joker One - A Marine Platoon's Story of…
Donovan Campbell Paperback  (1)
R494 Discovery Miles 4 940
Redemption - 2017 Tales from the Writers…
Bernie Dowling, Vera M Murray, … Hardcover R788 Discovery Miles 7 880
Radiowave Propagation Over Ground
J Maclean, G. Wu Hardcover R5,309 Discovery Miles 53 090
Iraqi Media - from Saddam's Propaganda…
Haider Al Safi Paperback R1,211 Discovery Miles 12 110

 

Partners