![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
Daar is iets aan die stil blik van die donker oe wat nie heeltemal reg lyk nie, en die oomblik dat die hees stem oor die luidspreker kom, weet Mattheus wat dit is. "Matt," se die hondebek, "dis ek. Maak oop asseblief." Mattheus Duiker, seun van Benjamin Duiker, eertydse eienaar van Duiker's Motors, maak die hek van die Kaapse herehuis oop vir sy minnaar Jack. Vermom soos 'n wolf dring Jack die intieme donkerte binne waar Matt wag dat sy pa doodgaan sodat sy lewe kan begin. Blinkoog oor die vooruitsigte sluip die twee jonges verby die studeerkamer waar die blinde ou man, deurdrenk van droewe verknogthede en donker vermoedens, sit en wag vir die voetval van die dood. Eben Venter se roman is 'n diepsnydende ondersoek na die verhouding tussen pa en seun, na die ontreddering van 'n man wat bitter min uit die verlede kan neem om hom toe te rus vir 'n lewe in 'n snel veranderende bestel. Intens. Ontstellend. 'n Meesterlike ontrafeling van die dun lyn van gevoel – Venter aan die toppunt van sy vermoens.
Philida is gebaseer op historiese werklikheid en sluit wat tema en tydperk betref aan by een van Brink se vroeër romans, Houd-den-bek. Philida was ’n slavin wat tussen 1820 en 1835 op die plaas Zandvliet in die Drakenstein-distrik gewoon het. (Die plaas wat vandag bekend is as Solms Delta). Sy het ’n paar kinders gehad by Frans, die seun van Cornelis Brink, die eienaar van die plaas. Maar toe besluit Cornelis dat Frans met die dogter van ’n ryk Kaapse familie moet trou en dat dit beter is om Philida en haar kinders te verkoop. Die roman begin waar Philida by die drostdy op Stellenbosch ’n klag teen haar baas gaan lê, ongehoorde optrede vir ’n slawevrou, optrede wat haar duur te staan kom: Philida en haar kinders word in 1833 deur Brink op ’n slaweveiling op Worcester verkoop. Die Britse regering stel kort daarna die slawe vry, maar Philida is vir vier jaar by haar nuwe eienaar, Meester de la Bat, ingeboek. Die swaarkry en vernedering van baie jare het Philida egter gebrei en op ’n dag eien sy vir haarself vryheid toe. Saam met die Moslem-slaaf, Labyn, trek sy deur die barre Karoo na die verre Gariep – “die grote Gariep: hy is die hele land en die hele wêreld …die rivier in onse binneste. My Gariep…” dink Philida. “Hier in sy nabyte is ons almal saam.” Philida is ’n versetsroman – maar dit is ook ’n bevrydingsroman. Dit demonstreer wat vryheid beteken, en óók wat aan die kern van baasskap lê. En alhoewel daar onthutsende tonele is, is daar ook oomblikke van teerheid en humor. En boweal, die stem van ’n meesterverteller. ’n Interessante aspek van die roman is dat Brink gebruik maak van geskiedkundige feite wat een van sy voorsate insluit.
Elena ontdek ’n ou kaart in die solder op hul plaas, ’n kaart wat haar Italiaanse oupa as krygsgevangene na Suid-Afrika gebring het. Dis ’n vonds wat kan lei na ’n goudskat wat die diktator Mussolini in oorlogsbunkers weggesteek is. Wanneer sy die kaart vir haar vriend in Stellenbosch, historikus Ernst, wys, bars alle hel los. In die chaos wat volg, word sý verdink dat sy Ernst vermoor het en moet sy vlug, nie net vir die polisie nie, maar ook die mense wat Ernst vermoor het. George, ’n vriend van Ernst, word teen sy sin by Elena se vlugtog ingetrek. Maar wanneer sy eie familie se lewens in gevaar kom, moet hy moeilike besluite neem. Laat hy Elena aan haar eie lot oor, of help hy haar om die skat via die Vatikaan – met al sy geheime en intriges – in Italië te gaan soek?
Lucky is 'n rentboy. Die vryhede wat die nuwe demokratiese bestel het, het hy nie benut om geleertheid te bekom nie. Al is hy begaafd. Hy het ook nie die politiek aangegryp nie. Al loop hy oor van charisma. Lucky vier sy vryheid op die direkste moontlike manier, naamlik met die lyf, en aan enigeen wat kan betaal - man, vrou, oud en jonk, boer en burgemeester - bied hy die ekstases van die lyf. En op die Karoodorp Santa Gamka versmelt al die opsigtelike verdeelthede ondergronds tot 'n poel kolkende begeerte. Wit en swart, bodorp en onderdorp, boer en plaaswerker, toeris en dorpenaar, wankel almal heerlik preker saam op die donker ondergrond waar Lucky sake roer.
Die roman wat by uitstek met die naam van Van Melle geassosieer word, is Bart Nel, de opstandeling (1951), wat eers in Nederlands met Afrikaanse dialoë gepubliseer is, in 1942 volledig verafrikaans is tot En ek is nog hy en in 1951 vir ’n herdruk sy finale titel, Bart Nel, gekry het. Die essensie van die roman is ook nie die historiese Rebellie van 1914 waaromheen die gebeure van hierdie roman gebou is nie. Bart Nel is trouens nie ’n historiese roman nie. Dis eerder ’n sielkundige of karakterroman wat handel oor ’n komplekse vereensamingsproses. Daarmee was die werk verrassend modern in Afrikaans, soseer dat niemand dit aanvanklik besef het nie. Aan die hand van ’n nugter, maar darem nie gevoellose verteller nie word die leser binnegelei in die sel van Bart en Fransina se leef- en dinkwêreld, wat onvermydelik en dus tragies in twee vyandige selle splits en vanweë trots en onbegrip nie meer tot eenwording in staat is nie. Hierdie gebeure van ’n genadelose afstropingsproses, waarby geliefdes en besittings in die slag bly, was in dié stadium uniek in die Afrikaanse prosa. Volgens Olivier (1981:55) wat op Spangenberg (1980) gereageer het, is daar min romans “waarin die onmag en die beperktheid van mense, en die onmoontlikheid om selfs naasbestaandes en geliefdes te begryp, op so ’n beklemmende en oortuigende manier uitgebeeld word”.
Wie sal ooit verstaan wat in die gemoed van ‘n moeder heers as sy haar baba onder dwang aborteer. Nog meer, wie sal ooit die gevoel van die baba verstaan as sy na vyf-en-dertig jaar ontdek dat sy drie pogings tot aborsie oorleef het. En dan die finale vraag: wié is nou werklik die Skikker van Lewe en Dood? “Vertel dit soos wat dit was, Mamma!” het Lodene se dringende stem by my gesmeek en ek was opnuut vasgevang in die gebeurtenisse van vyf-en-dertig jaar gelede. “Die waarheid sal jou vrymaak,” word daar gespreek. “Doen dit?” het ek myself afgevra terwyl ek deur elke woord in die verhaal geworstel het. Die storie is ‘n eg boeiende spanningsverhaal uit die pen van ‘n mamma wat haar baba se lewe uit die hand van God gesmeek het. Dit sal die leser meesleur met emosies van liefde, teleurstelling, pyn, en haat. Dié ware verhaal het plaasgevind in 1983, toe aborsies onwettig was. Lonika, ‘n jong vrou, het haar hart verloor op dié van ‘n gesiene sakeman, Wilhelm.“Verlief en verlore,” sou Stephan skouerophalend, met ‘n strak gesig sê, terwyl hy hulpeloos toesien hoedat sy broer, Wilhelm, oornag verander in ‘n ongenaakbare, gevoellose, eggenoot wat die lewe van sy ongebore baba op agterbakse wyses probeer beëindig het. Lonika se lewe word ‘n marteling tussen leuens en hartelose brutaliteit. Sy vlug na veiligheid. Genoeg is genoeg! ‘n Lewe word geneem, ‘n Lewe word gegee - maar teen ‘n prys. Weereens moes Lonika op die dorsvloer van naakbare onderhandelinge staan.
Dina Botha is een van die suksesvolste skrywers in Afrikaans. Sedert
Februarie 2013 was Dina Botha 192 keer op Nielsen Bookscan se Top100
vir fiksieverkope.
Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om ’n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine – miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink ’n swartgallige Willem. Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder ’n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, ’n jong man wat sy pa skaars ken. Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, ’n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wat saam met hom is dié Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars. Misverstand is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. ’n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut.
Terwyl die 17-jarige Marta se pa in haar arms sterf, vra hy haar om na haar ma om te sien. Sy vertolk hierdie belofte letterlik en verlaat die skool. Marta verwerf 'n diploma in haarkappery en begin 'n haarsalon in haar tuisdorp, sodat sy haar ma kan versorg. Mettertyd kring haar dienslewering wyer uit: na die ouetehuis in Lambertsbaai en werk by die kerk. Sy en haar Ma het 'n roetine van Bybellees en bid in die aand, maar dis net nog 'n plig en hul gebede steek vas by afgerammelde rympies. Sy neem haar kort-kort voor om haar lewe beter in te rig, maar dit gebeur nie. Eendag word dit alles te veel vir haar - die dag toe haar blinde bewondering vir Deon Swanepoel haar in groot verleentheid bring. Dit is Marta se verhaal en hoe sy uit 'n web van pligpleging, onderdrukking, skewe waardes en onmoontlike drome bevry word. Hierdie treffende verhaal van onvervulde drome, leë werke en liefdelose pligplegings wat geen bevrediging bring nie, maar net hartseer en verwyte, wys dat alles omgedraai kan word wanneer mense tyd maak vir Jesus. Deur sy vergifnis en sy liefde te aanvaar, kan jy met dankbaarheid die toekoms tegemoet gaan.
Die ontroerende verhaal van ’n jong ma wat haar seuntjie se dood moet
leer verwerk.
Hierdie verhaal van Leon van Nierop is ’n fenomeen wat oorspronklik die lig gesien het as radiovervolgverhaal (1979), toe ’n roman geword het (1983), daarna ’n televisiereeks (1985) – en nou word dit in Oktober vanjaar uitgereik as rolprent, die eerste “Boere-noir”. Leon het self die draaiboek geskryf, en dít het hom geïnspireer om weer hierdie roman te skep! Dit is dus ’n totaal nuwe roman wat tot stand gekom het, met dieselfde geliefde karakters as destyds, maar geplaas in die hier-en-nou van hedendaagse Suid-Afrika. Die mooi jong Sonja Daneel beland in Hazyview in ’n motorongeluk. Sy herwin haar bewussyn, maar ly egter aan geheueverlies. Sy herstel by die skouspelagtige Hotel Njala, en raak betrokke by die intriges en lotgevalle van ’n formidabele familie wie se lewens onlosmaakbaar verbind is aan dié onheilspellende hotel. Voeg hierby geraamtes uit Sonja se eie verlede wat spoedig hul opwagting begin maak en die tafel is gedek vir ’n heerlike, spannende storie wat lesers nie sal kan neersit nie.
On a winter's afternoon Gertruida returns to Kiepersolkloof after her mother and father’s funeral in town. Her heart rejoices. They were not her mother and father. They were Abel and Susarah. People who walked with God. At the same time walking arm in arm with Satan. She was never their precious little crowned plover. When she still wished to run after dragonflies in her mummy’s garden, Abel had brutally stolen her innocence and threatened her with the fork-tongued leguan that walked by night. Child-woman who danced naked in front of the window in the moonlight while Susarah slept behind drawn curtains. Or was she awake? She closes and locks the gate to the farm-yard. In years to come she will have to pilot her own life. But she only knows how to hate; love has no meaning to her. Her boundaries were destroyed. The only place of solace and dignity that ever belonged to her was the hidden stone house she had built in a secluded kloof. In the house on the ridge Mama Thandeka sits with a sorrowful heart. For fifty three years she had watched a black blanket slowly descending upon Kiepersolkloof. At night she is deeply troubled because there are many things that she regrets. Years ago she was little Abel's black mama, and when she should have spoken up, she thula-ed. Now the time for speaking up has gone by. All that remains is to call the spirits of the papas and mamas to come closer so that she can speak to them: Sit down, listen carefully. Then, with iNkosi as her witness, the truth will flow from her tongue. And on Monday she hopes to shuffle down to the farm-yard with her notsung kierie to cherish Gertruida against her soft mama-bosom for a while. Even though Gertruida does not want to be held by anyone.
Marlize Hobbs se jongste roman raak roerende temas aan. Iza is ‘n lesbiese vrou en die leser volg haar soos wat sy die herinneringe van haar kindertyd en haar daaglikse ervarings in fyn besonderhede deel. Sy probeer sin maak van die lewe en span verskeie oorlewingsmeganismes in. Sy ly onder andere aan epilepsie en ‘n geestesversteuring. Sy vertel van haar worstelinge en onsekerhede oor kwessies soos seksualiteit en geloof, veral as jong kind en tiener, maar ook van haar persepsie van die wêreld rondom haar as volwasse vrou. Sy ontvlug na verskillende fantasieë en het voortdurend gesprekke met haar alter ego’s. Hobbs kry dit reg om tegeleykertyd op reguit en senitiewe manier die samelewing aan te spreek en laat baie stof tot nadenke. Hierdie boek kruip regtig op aangrypende wyse in die hart van die leser en sal beslis broodnodige gesprekke aanwakker.
Wanneer Josua een middag vir Eva de Winter in ’n Rotterdamse koffiewinkel ontmoet, voel dit vir hom onwerklik dat ’n begaafde regsgeleerde soos sy in ’n verhouding sou belangstel. Maar sy getuienis vroeër in ’n hofsitting interesseer haar – dit lei tot verdere afsprake, en algaande word hulle vriende. Dis eers ná hul huwelik voltrek is dat Josua begin begryp daar is iets onpeilbaars aan Eva. Hoeveel raaisels het sy van hom weerhou, en wat hy slegs d.m.v. obskure soekenjins oor haar kon naspeur?
Charl bestuur ’n groot vervoerbesigheid en sorg al jare vir sy drie
jonger sibbe. Hy het nie tyd vir verhoudings nie, selfs nie vir Renise,
sy jeugliefde nie. Tot hy haar een aand gestrand langs ’n gevaarlike
pad met ’n stukkende motor vind. Hy moet dringend ’n vrag gaan aflaai
en neem haar, ter wille van haar veiligheid, saam met hom.
Jong dokters Mia en Dolf word vir drie dae in ’n hysbak vasgevang ná ’n
ontploffing. Hulle leer mekaar in daar die put van vrees en pyn ken.
Chrisanne Alberts het haar hele lewe gewerk om die bitterheid van die
verlede en verwerping agter haar te los. As ’n grootwithaainavorser is
sy gewoond aan die wêreld van wetenskap, maar sy dra swaar aan die
verlies van haar ouers, haar broer, en die skuld wat daarmee saamgaan.
Samantha, ’n kunstenaar, woon met haar hond op Kruisklipbaai ná haar
verloofde se dood. Sy stel glad nie in ’n verhouding belang nie. Staan
sy egter ’n kans teen die ernstige man wat haar en Wolf een oggend uit
die seestroom red?
Toe haar oorheersende aanstaande Renske se onderwysloopbaan ruïneer,
bied haar peetma seer flating ’n nuwe begin. Saam met die huis op
Soutbosb aai erf Renske vir Tippie, die opt elhond, en die buurman,
Rocco du Randt.
1001 nagte, 1001 wonders, 1001 gevare. Wanneer Herman Swart se tweelingsuster Herma onverwags sterf, val ’n deel van hom weg. Hy raak toenemend eensaam en onttrek in ’n wêreld van ou films. Hy sien haar in sy eie spieëlbeeld en hoor haar op ongeleë tye. ’n Bykomende traumatiese ervaring versplinter sy wêreld finaal en Herman verval in ’n diep koma. Hy bevind homself binne-in ’n avontuur, ’n nagmerrie, ’n wêreld waarin droom, fantasie, film, vervolgverhale, musiek en die gotiese ineenvleg. In hierdie vreemde, magiese realisme beweeg hy tussen plekke, ontmoet verskeie karakters en word weggelok deur die prinses, ’n meisie wat baie aan Herma herinner. François Bloemhof het al plaaslik en wêreldwyd vir talle literêre eerstes gesorg, maar met hierdie unieke lees-luister-en-kyk-ervaring oortref hy homself. Die duisend en eerste nag het geen geduld met ou, veilige storiegrense nie.
Robyn het alles wat ’n meisie kan begeer. As sy net verlief was op die man waarmee almal verwag sy gaan trou. Eers toe Connor in haar lewe verskyn, weet sy wat sy misgeloop het. Alles wat ’n meisie maar kan begeer, dit het Robyn. Skoonheid, kreatiwiteit, geld en ’n gesogte beroep. Boonop kan sy binnekort die vrou wees van ’n man wat self skatryk is en met die huwelik sal haar gesin se sakebelange verder bevorder word. Dis nou te se as hulle kan ooreenkom oor ’n troudatum, iets waartoe sy haar tot dusver nog nie kon bring nie omdat sy heimlik nie seker is of sy op hom verlief is nie. In hierdie kritieke stadium verskyn Connor asof uit die niet in haar kantoordeur. Hy wil he sy moet ’n ontmoeting met haar pa vir hom reel. Eers toe Robyn nie daarin slaag nie, besef sy haar pa het al die jare ’n geheim in hom omgedra, iets wat reelreg bots met die etiek wat hy Robyn en haar susters ingeprent het. Die gevoelens wat Robyn vir Connor begin ontwikkel het, is gewoon ’n onmoontlikheid want hy blyk haar pa se aartsvyand te wees en sy wil ook nie haar pa geruineer sien nie. Toe gebeur die ondenkbare en haar lewe verander in ’n oogwink in die soort bestaan wat sy haar nooit eens sou kon voorstel nie. Nie dat sy ongelukkig is nie, maar so ...?
Die man met wie Danika vir ’n baie kort rukkie dolgelukkig was, het in
’n vreemdeling ontaard. Sy verloor haar baba nadat hy haar aanrand, en
jare later worstel sy steeds om te herstel. Sy skryf jeugboeke en doen
vrywillige werk by die neonatale afdeling van ’n hospitaal om die
honger na haar eie kind te stil.
Die woord “weduwee” is ’n verdrietige woord, ’n toestand waarmee sy
haarself moeilik vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig
sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ’n skamele
drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar haar
ondersteuningsnetwerk is. Of dit ’n goeie plan is om terug te gaan na
die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet sy nie, maar in dié stadium
wil sy nêrens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie. Êrens
tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die
roudiens en die werklikheid van ’n leë plek langs haar in die bed, het
sy haarself verloor en in haar plek ’n bang vreemdeling gevind. In
Stellenbosch wag ook die gewilde Big Pink-teaterrestaurant. Hoe sy kans
gesien het om dié onderneming te koop, weet sy nie, en wens dis net ’n
nare droom. Dit help ook nie dat die vreemdeling langs haar op die
vliegtuig vir haar sê daar bestaan nie iets soos beter dae nie…
Toe Marié vier jaar oud is, verhuis haar ouers van Suid-Afrika na ’n
sendingstasie in die destydse Rhodesië waar haar pa vir die plaaslike
drukpers werk. In hierdie oënskynlike paradys beleef Marié die wêreld
om haar met verwondering, humor, nuuskierigheid en, namate sy ouer
word, met groeiende ontnugtering. |
You may like...
|