Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
As skoolkind was Carli dolverlief op haar ouer broer se vriend Rudolph
Beyers. Hoekom het sy haar dan so skaamteloos gedra toe hy by die
maskerbal vir haar matriekafskeid opgedaag het? En het hy haar agter
haar masker herken?
Sy’s ʼn boeremeisie, hy ʼn Jood. ʼn Boerejood, ja, maar nogtans ʼn Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms as hulle dit nie self skep nie. Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd ʼn plan. Altyd. Hy, met sy lag, sy terg, die sagtheid in sy oë. Die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk. Soos die middelmannetjie in die drif. Hulle weet van mekaar vermy, van voorgee sodat niemand iets vermoed nie. Van wag. En van liefhê … Totdat Elizabeth gedwing word om ʼn doodsbelofte te maak. En sy weet, sy wéét, hierdie keer is dit verby, nie eers Izak sal nou meer raad hê nie.
'n Deerniswekkende verhaal van twee vroue wat elkeen op hul eie manier weer hul voete vind. Wanneer Bea Klinge as jong boervrou op Leliepan aan die soom van die Namib aankom, glo sy dat sy hier vir haar, Kurt en hul kinders 'n oase van liefde sal kan skep. Ná 'n skokontdekking meer as vier dekades later kry Bea 'n miniberoerte en beland in 'n koma in die hospitaal. Haar herstel bring Bea voor nuwe keuses te staan. Sy besef sy het haar vier dogters elkeen op 'n manier gefaal deur by Kurt te staan al het hy hulle hoe verontreg. Moet sy oop kaarte met hulle speel oor die donker geheim wat haar vasgevang gehou het in 'n liefdelose huwelik met 'n man wat haar soos 'n onderdaan behandel? Bowenal moet Bea besluit of sy die kans op geluk waarop sy destyds haar rug gekeer het gaan aangryp en vir een keer in haar lewe gaan doen wat reg is vir haar en nie vir ander nie. Nel, haar rebelse laatlam, gaan soek haar heil in Johannesburg. Hier word sy as sukkelende aktrise met die donker kant van die vermaaklikheidsbedryf gekonfronteer. Sy raak betrokke in 'n toksiese verhouding met 'n invloedryke filmvervaardiger Buks Bothma en word die slagoffer van date-rape. Nel ontdek ook die skokkende waarheid omtrent haar herkoms. Lex le Roux, 'n medeakteur en donkieboer bied haar 'n kontrak aan om die gesig te wees van sy velsorgprodukte wat uit donkiemelk vervaardig word. Nel gryp die geleentheid met albei hande aan. Ná die trauma waardeur Nel is, het sy tyd nodig om heel te word. Sy besluit om haar droom na te volg en 'n dramakursus in New York te gaan volg. Mettertyd ervaar sy die vreugde om haar pad boontoe te werk en nie te slaap nie. Sy kry dit reg om aan haarself te bewys dat Nel Klinge sonder hulp sukses kan behaal. Nel besef ook dat haar genesingsproses voltooi is en dat sy reg is vir meer as 'n vriendskapsverhouding met Lex.
Opregte liefde is onbreekbaar. Lunaise vestig haar op Kosiebaai na ‘n liefdesteleurstelling. Hier aan die ooskus van Afrika vind sy vrede en genesing in die tropiese water van die warm Mosambiekstroom. Totdat Rolf Pfeiffer een aand onverwags by haar voordeur opdaag en deur al haar skanse breek sonder om ‘n vinger verroer. Skielik bevind sy haar tussen meer beeldskone vroue om Rolf se hart te wen. As befaamde fisioterapeut stort sy haar hart en siel daarin om Rolf se peetkind, Ingrid, te behandel na ‘n ernstige vliegtuigongeluk waarin sy die gedeeltelike gebruik van haar een ledemaat verloor het. Lunaise se hart word ‘n oseaan waarvan die getye haar dwing om soms asemloos tussen hoogwater en laagwater te oorleef. Maar ‘n man met die getye in sy oë trek haar veilig onder sy skouer in en wys haar hoe die toekoms wel kan lyk. Kan hierdie twee mense die aanslae van die lewe deurstaan sodat hulle liefde vir mekaar kan seëvier?
Die privaat ondersoeker Renata Malan worstel steeds met die feit dat haar oupa en pa moordenaars is. Te meer omdat haar stiefpa, ’n sielkundige, in sy ondersoek na hierdie geval byna bo twyfel bewys het kinders erf hulle voorgeslagte se bose gene. Renata bevind haar in ’n benouende posisie toe haar pa al hoe sterker verdink word van die reeksmoorde wat sy en haar kollega ondersoek. Hoewel die doodstraf destyds oor haar pa uitgespreek is, het hy op pad na sy teregstelling ontsnap en nou lyk dit of hy veel nader aan Renata woon en leef as wat sy gedink het. Eers wanneer hy agter tralies is, sal sy met haar lewe kan aangaan. Wel, in die sin dat sy dan sal kan bewys sy wil hom uit die samelewing verwyder. Maar is die reeksmoordenaar inderdaad haar pa? En as dit nie is nie, hoekom kry Renata telkens ’n boodskap daaroor en waarom word die slagoffers op sulke strategiese plekke gevind?
“Ek het vir prof ʼn storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en ’n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan om hom in te lig dat hy haar familiegeskiedenis gaan skryf. Die ellendige saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop wat byna reeds uitgewerk is, begin. Almal wat kom soek het na ’n diamant so groot soos ’n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan ’t sterwe. Maar die hoop bly, die hoop bly ... En alles wat goed en sleg is, word soos die aarde uitgewerk onder dié wat volhard. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees. Hieruit groei die verhaal van ’n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog ’n verhaal en daaruit nog een. En uiteindelik keer dit terug na waar dit begin het. Só word die verlede oopgebreek om in die hede lig vir die liefde te maak. Toe skryf die professor oor Katryn se ma, haar ouma en oumagrootjie, sonder dat hy of sy kon voorsien dat hulle self deel van dié saga van dooie drome, armoede en vernedering sou word. Selfs die liefde is onvoorspelbaar op ʼn delwery tussen die mielielande van die wispelturige Hoëveld. Durf ons droom van ’n beter lewe waarin minagting nie langer verduur hoef te word nie? Hans du Plessis is ’n geliefde naam in die Afrikaanse letterkunde. Sy historiese romans staan stewig in die hede gewortel en hy is bekend vir die bedrieglike eenvoud in sy verhale wat dieper waarhede dra – hy ken die mense oor wie hy skryf en dié waarvoor hy skryf. Du Plessis is ook bekend as digter, dramaturg en taalkundige.
Niemand mag haar sien sonder haar mantel nie.
Dawid Neethling is ’n suksesvolle psigiater op Stellenbosch met ’n deeltydse pos by die universiteit, ’n knalgeel Porsche en ’n steriele huwelik. Wanneer die beeldskone musiekstudent Eva Rodriguez sy pasiënt word, kan hy hom nie indink langs watter paadjies sy hom sal laat loop nie. Voor hy sy oë kan uitvee, staan hy in die beskuldigdebank op aanklag van moord. En dan begin onbeheersde kragte uitspeel wat uiteindelik sy éie lewe sal bedreig.
Anelia le Roux wil in haar oorlede pa se joernalis-voetspore volg. Haar nuwe werk by Nuus-Direk bied egter die een op die ander uitdaging – en nie almal is ewe aangenaam nie. Sy waai een woeste, winderige dag teen die navorser Leon de Hanie vas. Daar is onmiddellik ’n wilde aantrekkingskrag tussen die twee en Anelia besef gou dat sy halsoorkop op hom verlief is. Sy wonder net: Hoe voel hý oor háár? Intussen het Anelia ’n nare ondervinding met een van haar kollegas. Leon se geheimsinnige optrede laat haar ook wonder of hy nie iets vir haar wegsteek nie. Mettertyd ontdek Leon nuwe inligting oor Anelia se pa se sogenaamde selfdood. Dan vertel iemand haar dat Leon doelbewus die inligting aan die media verkoop het om sy eie loopbaan te bevorder. Gaan sy vir Leon ’n kans gee om sy optrede te verduidelik?
Wanneer ʼn man doodgeskiet word deur sy vrou in hul pragtige huis in die noordelike voorstede, besef die bure dat hulle dalk nie die oënskynlike gelukkige paartjie langsaan baie goed geken het nie. Stories oor MJ en Emilee loop skielik die buurt vol, stories wat net so uiteenlopend is soos Salemstraat se inwoners. Almal, van die oud weermagman Stefaans tot die mooie Russiese Natasja, onthul ’n nuwe blik op die paartjie. Dit val grootliks op die skouers van dr. Ann, afgetrede psigiater, en Liz, die jong prokureur met ’n voorliefde vir hoëprofiel-egskeidings, om uit te vind watter stories waarheid inhou en wat blote bog is. Maar hoe dieper hulle grawe, hoe meer geheime word verklap, en een ná die ander kom die middelklas geraamtes uit die instapkaste getuimel. Een ding is egter seker: Satan het nog altyd in die suburbs geskuil.
Lennet Loots is ’n alleenloper wat woon op ’n lappie grond in Baardskeerdersbos waar hy boer met groente en vrugte, en dagga. Jare gelede was hy ’n rekenmeester wat ’n voorstedelike bestaan gevoer het, maar iewers langs die pad het hy alles opgegee. ’n Ontroerende debuutroman – die relaas van ’n jong man wat verkies om eerder in ’n karavaan van hand tot mond te lewe as om die waarheid te konfronteer.
Vandat Emily kan onthou, droom sy oor haar troudag: die ring, die rok,
die onthaal, die blomme. Sy het ook ’n lysie met die presiese vereistes
vir haar trouman gemaak. En Ryno Henning, hoe knieëknakkend sexy hy ook
al mag wees, voldoen nie aan ’n enkele een van hierdie vereistes nie.
Die stomende drome wat sy snags oor hom droom, sal dus net by drome bly.
Jan Wentzel, verhaleredakteur van Die voorpunt, kry te make met Marié Hurter, ’n aspirant-skrywer wat maar net nie wíl aanvaar dat haar liefdesverhaal afgekeur is nie. Jan het hoë ideale en neem sy werk ernstig op, maar ’n probleem ontstaan. Hoe gemaak as hy nou ook ’n ogie op Marié het? Of voer dié ondeunde rooikop iets in die mou? In Die rooikop en die redakteur en ander stories bring H&R vroeë verhale deur een van Afrikaans se belangrikste skrywers in een band byeen. Vóór die Sestiger-beweging, etlike literêre pryse en internasionale aansien het André Brink sy loopbaan begin as skrywer van humoristiese stories en spannings- en liefdesverhale in gesinstydskrifte. Die vermaaklike stories in dié bundel het gedurende die 50's in die tydskrifte Die huisgenoot en Die brandwag verskyn. Dié bundel kombineer Brink se eiesoortige sin vir humor met ’n tikkie nostalgie – perfek vir ’n ouer én nuwe geslag lesers. Saamgestel deur Cecilia van Zyl, voormalige verhaleredakteur van Die huisgenoot.
Toe Jak Stapelberg die pos van algemene bestuurder van die Sonderkloof- goudmyn aangebied word, weet hy dis te goed om waar te wees. Hy is te jonk en boonop beskik hy nie oor die nodige kwalifikasies nie. Sy vermoede word bevestig toe Manfred Steiner sy voorwaarde stel: Jak moet doen wat hy vra, sonder teenspraak. En Jak stem in, want dié kans gaan nie gou weer verbykom nie. As hy net eers die werk het, kan hy Manfred se opdrag mos weier. Nie Jak óf Manfred het rekening gehou met die eintlike magte wat Jak se aanstelling bewerk het nie. Terwyl dié magte planne smee om die grootste goudmyne te vernietig en die ekonomie omver te werp, is Jak se aandag verdeel. Dit blyk dat ’n sindikaat gouderts uit die myn steel. En dan is daar Tess, Manfred se beeldskone maar gefrustreerde vrou, wat ongeoorloofde begeertes in Jak wakker maak . . . Mag, gierigheid, wraak en begeerte vier hoogty op die goudvelde van die 1960’s in dié Afrikaanse vertaling van Wilbur Smith se gewilde Gold Mine.
Imelda Grys – sakevrou, kunskenner en miljoenêr – val na haar dood op die aand van ’n eksklusiewe Nuwejaarsete. Iemand het met haar stoelhysbak gepeuter, die hyser wat haar 24 meter en teen ’n helling van 33 grade tot by haar voordeur hoog teen die steiltes van een van Kaapstad se rykmansbuurte moes besorg. Privaat speurder Vos moet die moordenaar vastrek. Sy en haar tweelingbroer, Deventer, was ’n gedugte span toe hulle destyds in die polisie was. Deventer verkies egter deesdae om gesond te eet en sy dae om te mediteer ... Maar sy suster weet wat hy na die ondersoek kan bring en watse knoppies om te druk. Die moordenaar moes iemand in Imelda se binnekring gewees het, ’n gas dié aand toe sy vir oulaas met swier onthaal het. Was dit miskien een van haar twee kinders, Dennis en Sandra? Dennis se vrou, Fikile, of Sandra se metgesel, James? Wat het die Shanghaise sakevrou Jane Zhang aan tafel gemaak, en Jakkie Brits, die radiojoernalis? En hoe kom dit dat ’n eks-kollega van Vos en Deventer, Bradley Moynahan, ook daar was? Die lys verdagtes is kort, maar met nog lewens in gevaar is Vos en Deventer se tyd selfs korter.
Wanneer Emma Louw ná ’n motorongeluk haar bewussyn in die hospitaal herwin het sy geen idee wie sy of die aantreklike vreemdeling is wat langs haar bed waak nie. Daniel Swart slaag egter daarin om haar gerus te stel: Sy is au pair vir sy seuntjie Neal en volgens die dokter is haar geheueverlies net tydelik. Emma is geskok wanneer Daniel haar vertel dat hulle ’n liefdesverhouding het hoewel hy getroud is. Hy oortuig haar om saam met hom terug te keer na sy plaas Omdraai. Op die plaas begin Emma geleidelik grepe uit haar kinderdae onthou, maar oor haar volwasse lewe is daar steeds ’n donker sluier getrek. Emma besef gou dat sy meer as blote fisieke aantrekkingskrag voel vir die man wat haar met soveel geduld en deernis versorg. Die emosionele verbintenis tussen hulle verdiep en omdat Emma hom vertrou, is sy bereid om sy seksuele fantasieë saam met Daniel uit te leef. Maar gaan hierdie ’n duur les wees?
Renata, ’n forensiese sielkundige, ondersoek ’n saak waarin ’n sestienjarige meisie gesterf het: volgens die polisie was dit selfmoord en volgens die oorledene se familie was dit nie. Renata glo laasgenoemde maar sy het bewyse daarvoor nodig.
Die oorlog en Gordon Fraser veroorsaak ’n oënskynlik onoorbrugbare kloof tussen Catriona en Rudolf Dreyer. Waar daar kort gelede nog liefde was, lees Catriona haat, afkeer en veragting in sy oë. Hy glo sy was vir sy twee broers se teregstelling verantwoordelik en sy kan hom nie bereik om hom van die teendeel te oortuig nie. Hierdie is die tweede boek in ’n tweeluik na Onder 'n Sterrehemel.
Tristan Hansen is 'n man wat R15 000 per nag vra en die land se mees
invloedryke en wêreldwyse vroue soveel plesier gee dat hulle terugkom
vir meer. Maar wanneer een van sy kliënte haar eie lewe neem, verander
die plesierengel in 'n doodsengel, en bely sy kliënte die een na die
ander wat agter toe deure gebeur het. Maar waarom doen hy dit? Beslis
nie net vir die geld nie. 'n Sielkundige, Erika Hamilton, ontmoet hom
toevallig. Albei van hulle bied op beroepsvlak verligting van neurose,
onvervuldheid en frustrasie - die een op akademiese wyse, die ander met
lyflike plesier. Wat gebeur wanneer hulle ontmoet?
Ignatius Smit sterf by geboorte op Woensdag, 3 Maart 1982 op Katima Mulilo in Namibie se Kaprivistrook. Omdat Ignatius se ouers die sendingpaar is, word hy begrawe op 'n afgelee plek in 'n bos, naby die graf van magistraat Trollop wat aan koors in Barotsiland gesterf het. Sy ma sukkel om sy dood te verwerk, omdat sy as geestelike leier verantwoordelik voel vir die vertroosting van die dorpsmense, wat net so platgeslaan is deur sy onverwagte dood. Jare later haal sy onverwekte dood haar in. Hierdie is haar, Leonette, se verhaal. Dis 'n verhaal van verlies en die verwerking daarvan, wat grootliks afspeel binne die militêre milieu - waarvan grenslewe 'n groot komponent is. Baie jare later kry sy vertroosting deur berading en musiekterapie van 'n orrelsimfonie van Saint-Saens. Dit gee vir haar 'n visualisering van Ignatius se lewe na die dood. So kry sy volkome bevryding vir haar pynlike smart.
Aan die einde van elke jaar word daar op Gatlek, Dawid Fourie se plaas, feesgevier. ʼn Soort danksegging, kan jy sê. Dawid beloon sy werkers vir hul harde werk, en hulle betoon hul dankbaarheid op ʼn manier waaroor daar ná die tyd nie veel uitgewei word nie. Dit was tydens die nag van die laaste groot vleisbraai dat dinge vir Dawid en Gatlek begin skeefloop het. Jan-Vlok, Dawid se seun, sit nou verbitterd sonder ʼn erfplaas. Sy pa swyg oor Gatlek terwyl hy sy dae vul met grafstene maak in sy agterplaas. Totdat sy mal oom Outa oor die verlede begin praat en niemand hom meer kan ignoreer nie. Dan is daar Bettie Rondganger. ’n Alleenloper. ’n Vrou wat wil voorthol om van haar verlede te vergeet. Sy gee haar lyf vir Jan-Vlok, maar ook vir Klippies, sy jeugvriend wat aan die werkerskant van die plaas grootgeword het. Sy en Klippies ken immers die etiek van die vullishope waar hulle nou ʼn bestaan moet maak. Maar wat het werklik daardie aand op Gatlek gebeur? Dinge van ’n hond is ’n roman oor vergeet, maar ook oor onthou. En die besef dat ’n mens jou nooit rêrig van jou verlede kan losmaak nie.
In Die vrou in die spieël word die hoofkarakter een oggend wakker . . . en ontdek dat sy niks kan onthou nie, nie eens haar eie naam nie. En toe ’n lang, aantreklike man skielik die kamer binnestap, noem hy haar Ansie, ’n naam wat sy in haar diepste wese wéét nie hare is nie! In Die oujongnooi van Polkadraai gebruik Silpa haar besonderse grimeertalent om haarself ’n volle twintig jaar ouer te laat voorkom – sy beeld ’n middeljarige oujongnooi uit wat aansoek doen om die pos van huishoudster vir twee jong kinders. Maar sy het nie rekening gehou met die streng dog aantreklike pa van die kinders nie. En in Die kleine kring lig Henda se verloofde haar ’n maand voor hul troue in dat hy ’n ander vrou liefhet. Om aan die lewe te bly aanvaar sy ’n pos as huishoudster op Brakrivier, maar die opset waarin sy haar bevind is veel anders as wat sy haar dit voorgestel het . . .
Klara Francke het ’n donker geheim. Sy is vasgekeer in ’n giftige huwelik met die sadistiese Johan. Sy leef in konstante vrees vir haar eie lewe en dié van haar tienerjarige seun. Wanneer Johan die nuwe ingenieur wat by die sonkragaanleg buite die dorp begin werk het vir ’n braai nooi, is daar onmiddellik ’n wedersydse aangetrokkenheid tussen Klara en haar man se kollega. Terwyl Klara worstel met haar onverklaarbare – en ontoelaatbare – gevoelens, spook speurder Basie Snyman en sy kollega om die moorde op twee jong meisies op te los. Hulle weet hulle werk teen tyd wanneer ’n derde meisie verdwyn. Kort voor lank ontdek die speurders ’n skakel tussen die drie slagoffers: Klara Francke ...
Die middeljarigedoktor Tertius Pelser is ʼn gefrustreerde Geskiedenis dosent aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy vervelige lewe verander hand om keer wanneer hy op ’n aand homself oorgee aan drank en by ’n jongstudent, Carina, slaap. ’n Paar dae later is daar foto’s van Tertius en Carina se sekseskapades op sosialemedia. In ʼn poging om sy sukkelende loopbaan en huwelik te red, gaan konfronteer Tertius vir Carina by haar studentehuis. ʼn Struweling ontstaan en Carina val vanaf die oopplan-dakvertrek na die sitkamer op die grondvloer. Tertius besluit om dadelik land uittevlug. Sonderom enigiets aan sy vrou te verklap, bevind Tertius om binne enkeleure op ʼn vliegtuig na Patagonië in Argentinië–op pad om die familielede wat hy daar het, en nog nooit ontmoet het nie, te gaan opspoor.
Elkeen wat vra, ontvang, elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop
sal oopgemaak word. |
You may like...
|