0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (6)
  • R50 - R100 (21)
  • R100 - R250 (210)
  • R250 - R500 (508)
  • R500+ (18)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction

Sophia se Beskermengel (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Sophia se Beskermengel (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 5 - 7 working days

Sophia Joubert en haar skoonfamilie is na afloop van die Anglo-Boereoorlog weer vry om terug te keer na die verwoeste familieplaas – sonder vee en sonder kos. Geoffrey Doubell help die Jouberts om weer op hul voete te kom. Dié samaritaan is wel ’n halwe Engelsman, maar elke keer as Geoffrey na haar kyk, bruis Sophia se bloed en word haar wange warm.

Haar eerste liefde lê egter begrawe in die grond van Natal en Sophia is diep gekwes. Sy sien ook in Geoffrey se oë ’n treurigheid wat nie wyk nie. Dié man ken ook verlies. Durf sy nou hoop op ’n tweede liefde? Op geluk by ’n man wat haar kan aanvul en verstaan?

Daar heers egter onheilspellende spanning tussen die Jouberts en die inwoners van die buurplaas. Boonop wonder Sophia of Geoffrey werklik sy lewe met slegs een vrou kan deel, want sy is beslis nie die enigste een wat in hom belangstel nie.

Skadumagte (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Skadumagte (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord van ’n regter. Dit lei haar na oud-Recces met griewe, oorlewingskampe, ’n geheime organisasie genaamd Die Beskermers, wraak, intimidasie en verskeie moorde.

Myne (Afrikaans, Paperback): C M Christians Myne (Afrikaans, Paperback)
C M Christians
R151 Discovery Miles 1 510 Ships in 4 - 6 working days

Clayton kom steel Lida se hart in 'n oogwink. Dit was nie veronderstel om te gebeur nie. Sy wou dit beslis nie hê nie, maar hy het haar lewe binnegeval, gevoelens in haar aangesteek wat sy gedink het sy nooit weer sal ervaar nie, en 'n passie aangevuur wat sy nooit geweet het bestaan nie.

As die huidige MotoGP-wêreldkampioen, leef Clayton permanent op die dun rand van adrenalien. Of dit nou óp of áf van die baan is, alles wat hy wil hê is reeds syne: sukses, gewillige vroue, en al die media-aandag wat 'n sportster van kan droom. Hy het alles, behalwe vir Lida. Sý is die uitsondering, want vir die eerste keer val 'n vrou nie voor sy voete nie. Hul chemie is onmiskenbaar. Hul aantrekkingskrag is magneties. Maar vir Lida bly Clayton te veel van 'n risiko. Al probleem is dat daar iets aan Clayton is waarvan sy nie kan, of wíl, wegloop nie.

Myne stel die leser bloot aan die opwindende wêreld van MotoGP Dit is die derde titel in die nuwe Romanza Stoom afdeling wat fokus op warmer liefdestonele vir lesers wat meer erotiese liefdesverhale verkies.

Die Einde van die Storie (Afrikaans, Paperback): Santie van der Merwe Die Einde van die Storie (Afrikaans, Paperback)
Santie van der Merwe
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lizzie de Villiers dink sy het haar man, Marthinus nie meer lief nie. Sy neem haar lewe en hulle huwelik van 28 jaar in oenskou. Wanneer het hulle uitmekaar begin dryf? Sal sy hulle ou liefde weer kan laat ontvlam? As sy nie kan nie, moet sy in hulle liefdelose, maar gemaklike huwelik bly, of moet sy maar haar eie paadjie stap? Marthinus stem nie met Lizzie saam nie. Volgens hom is daar niks verkeerd nie, en hy wil gewis he Lizzie moet bly, lief vir hom of nie. Die konflik tussen Lizzie en Marthinus veroorsaak konflik tussen Lizzie en hulle dogter Estelle, wat op die ouderdom van vier en twintig skielik soos n tiener optree. Beide Lizzie en Marthinus voel daar is fout, maar sy bly afsydig en byna vyandig, veral teenoor Lizzie. Lizzie se vertwyfeling bring haar egter nader aan die ander vroue in haar lewe. Hulle word groter bondgenote, elkeen met n unieke perspektief. n Geleentheid om afstand te kry tussen Lizzie en Marthinus duik op, en Lizzie gryp dit met albei hande. Sy bevraagteken gou haar oenskynlik onafhanklikheid, en Marthinus word gedwing om hand in eie boesem te steek. Sal hierdie huwelik die toets deurstaan?

Die Vyfde Aspoester (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Die Vyfde Aspoester (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Donkerkopmeisie se liggaam word in ’n agteraf hotel in ’n Aspoester-uniform gevind. Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas. Haar oë is netjies verwyder. Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy haar kon doodbloei.

“Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen? Haar naam is mos Franci?”

Dit is wat die elektronies vermomde stem vir doktor Olaf Demeyer, forensiese profileerder, vra terwyl hy die dossierfoto’s van die moordtoneel bestudeer.

“Hoekom sou jy dieselfde met my dogter wou doen?”

’n Koggellaggie klink op. “Dit is wat jy moet uitvind, Doktor. Kom ons kyk of jy werklik so baie vir verontregde vroue omgee soos wat die media beweer. En kom ons kyk of jy my betyds met jou agtste sintuig kan uitoorlê.”

Die lyke van nog drie meisies word binne ’n paar dae gevind. Olaf besef hy sal baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word.

Herinneringe aan sy traumatiese kinderjare, sy oordrewe skuldgevoelens en sy fobie vir lemme, maak nie sy taak vir hom ligter nie. Intussen voel hy hoe die uurglas baie vinnig vir Franci leeg loop.

Willemien (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Willemien (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Willemien (1909, Tamara se broerskind) speel die taalstryd 'n rol. En die romantiese vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou, wat 'n konsentrasiekampkind was en wie se hele familie feitlik uitgewis is deur die Engelse, verlief raak op 'n Ier?

En as sy boonop 'n stryder vir die taal is en haar liefde vir die man verg dat sy Ierland toe moet trek?

Dinge Van 'n Hond (Afrikaans, Paperback): S.P. Benjamin Dinge Van 'n Hond (Afrikaans, Paperback)
S.P. Benjamin
R300 R180 Discovery Miles 1 800 Save R120 (40%) Ships in 5 - 7 working days

Aan die einde van elke jaar word daar op Gatlek, Dawid Fourie se plaas, feesgevier. ʼn Soort danksegging, kan jy sê. Dawid beloon sy werkers vir hul harde werk, en hulle betoon hul dankbaarheid op ʼn manier waaroor daar ná die tyd nie veel uitgewei word nie.

Dit was tydens die nag van die laaste groot vleisbraai dat dinge vir Dawid en Gatlek begin skeefloop het.

Jan-Vlok, Dawid se seun, sit nou verbitterd sonder ʼn erfplaas. Sy pa swyg oor Gatlek terwyl hy sy dae vul met grafstene maak in sy agterplaas. Totdat sy mal oom Outa oor die verlede begin praat en niemand hom meer kan ignoreer nie.

Dan is daar Bettie Rondganger. ’n Alleenloper. ’n Vrou wat wil voorthol om van haar verlede te vergeet. Sy gee haar lyf vir Jan-Vlok, maar ook vir Klippies, sy jeugvriend wat aan die werkerskant van die plaas grootgeword het. Sy en Klippies ken immers die etiek van die vullishope waar hulle nou ʼn bestaan moet maak.

Maar wat het werklik daardie aand op Gatlek gebeur?

Dinge van ’n hond is ’n roman oor vergeet, maar ook oor onthou. En die besef dat ’n mens jou nooit rêrig van jou verlede kan losmaak nie.

Moordhuis (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Moordhuis (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Moordhuis is die derde boek in die reeks met doktor Renata Malan as die hoofkarakter. Die eerste twee boeke in die reeks is Monstersaad en Bloedlyn. Renata is ’n profileerder met ’n donker verlede en ’n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeerfde boosheid wat in haar gene skuil maak van haar ’n gedugte teenstander en ’n gehate vyand. In hierdie roman word die sewejarige Gainsfordtweeling op grusame wyse in ’n skuur op Mooiplaats in die Bloemfonteindistrik vermoor. Binne-in die opstal is vier van die welgestelde Therons doodgemaak, die liggame uitgestal in die sitkamer. Doktor Renata Malan en die span van Malan & Coetsee Privaatondersoeke word deur die tweeling se ouers aangestel om die moordenaar aan te keer. Die ondersoek neem Renata in onverwagse rigtings: Bloemfontein se seksbedryf, die donker web, die nasleepsels van misdaad gedurende die bosoorlog in die tagtigs, die wereld van kinderpornografie en pedofilie, hebsug, haat en buite-egtelike verhoudings. Die een geraamte na die ander tuimel uit die kas en hoewel die lys van verdagtes daagliks groei, is bewyse skaars. Wie behalwe die Therons se erfgenaam sal voordeel trek uit die gesin se dood? Hou die Gainsfordseuns se dood verband met ’n baba se verdrinking drie jaar vantevore? Was Jakes Gainsford dalk self betrokke by sy kinders se dood? Was hierdie die perfekte misdaad? Terwyl Renata en haar vennoot, Stefan Coetsee, die verdagtes se maskers afskil en dieper delf in bloedige intriges, baklei sy teen die onwelkome sagte gevoelens wat Stefan na al die jare skielik in haar wakker maak en die liefde vir haar moordenaar-pa.

'n Redelike Hoeveelheid Moeilikheid (Afrikaans, Paperback): Andre Kruger 'n Redelike Hoeveelheid Moeilikheid (Afrikaans, Paperback)
Andre Kruger
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Plaaslike spioenasie wipplankrit..

Robert Ferreira is in die pekel. Sy vrou Sylvia het spoorloos verdwyn. Hy is seker haar Portugese familie, die Monteiro’s van Rossetenville, het iets daarmee te doen. Om dinge te vererger vereis sy bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie, dat hy deelneem aan een laaste geheime sending, al is dit teen sy wil…

Dit het alles begin met die kaping van die passasierskip, die Santa Maria, in Kabinda. Watter rol het die Amerikaners en Mossad gespeel? En die Russe, waar pas hulle in? Wat van die vermiste koevert, waarvoor almal bereid is om te moor?

Robert sal enige-iets doen om sy vrou te vind. Sy bevelvoerder, met al sy kontakte, weet dalk net waar sy is. Hy het dus geen keuse om die laaste sending aan te pak nie. Die vraag is: steek sy vrou dalk ook iets weg? Net tyd sal leer…

Die leser word deel van Robert se sending na plekke soos Siprus, Portugal en Beiroet, waar hy vir Julia Breytenbach, ’n Britse SIS-agent ontmoet. Daar is ook ’n aantal ander rolspelers om die gevaarlike Ursula Scheider vas te trek; sy wat die ontwykende koevert in haar besit het. Sal hulle haar kan vang voor die inligting in die verkeerde hande beland, met katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika? Ook: gaan Robert sy gevoelens vir Julia in toom kan hou?

Moordvis (Afrikaans, Paperback): Irna van Zyl Moordvis (Afrikaans, Paperback)
Irna van Zyl 2
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

’n Grieselige gesig begroet speuradjudant Storm van der Merwe en haar hond op Grootbaai se strand: die lyk van ’n jong joernalis – sonder haar arm.

Vir dié kusdorpie se inwoners is dit slegte nuus; lyke wat rondlê kan die haaiduikbedryf waarvoor Grootbaai beroemd is, erge skade berokken. Storm se hande jeuk om die saak te ondersoek, maar sy is vir eers ingeperk tot saai kantoorwerk. Boonop het sy nie ’n ryding nie nadat ’n inwoner – ’n aantreklike een daarby – met sy insleepwa in haar Volla vasgejaag het. Intussen sukkel Storm se onmoontlike oudkollega, Andreas Moerdyk, om te fokus terwyl hy ondersoek instel na die dood van ’n bekende Springbokstut wie se motor op die N1 deur ’n soortgelyke trok getref is.

Het Storm se ongeluk iets met die rugbyspeler se noodlottige botsing te doen? En hoe steek die joernalis se dood en die stories oor perlemoenstropery op Grootbaai in mekaar?

Terwyl Storm antwoorde op dié tergende vrae soek, raak dinge vir haar gevaarliker as ’n haaihokduik – sonder die hok.

Geen Engel Nie (Afrikaans, Paperback): Andre Kruger Geen Engel Nie (Afrikaans, Paperback)
Andre Kruger
R290 R154 Discovery Miles 1 540 Save R136 (47%) Ships in 5 - 7 working days

Nuwe plek, nuwe skool, nuwe mense. Ek het my eenkant gehou, net in die middae pinball gespeel by die Griek se kafee op die hoek. Pinball was my ding. My nuwe klasmaats het gesien hoe ek speel.

“Kyk hoe jive die cat daar agter die pinball,” lag die een. “Ek scheme dié Randfontein cat is nie te bad nie.”

Omdat ek ’n soort van pinball wizard was, het hulle my nie so geboelie soos vir my kleinboet Johnny nie.
 
Ná ’n lewe in die skadus neem ’n man stelling in, rewolwer in die hand, om sy allerlaaste misdaad te pleeg.
 
Terwyl hy in ’n donker sitkamer wag, loop sy herinneringe wye draaie: na harde grootwordjare in Randfontein en Germiston se strate, waar selfs jou eie familie jou kon bloedmond slaan. Hy onthou die Suid-Afrika waarin hy opgegroei het: die Castle Lager en Lucky Strikes agter skoolpawiljoene, die seuns met aanvalsgewere op die grens.
 
Vir ’n hierjy soos hy was sy pad reeds vroeg uitgemeet: hoëtroustelle steel, baie Klipdrift, verbeteringskool, daarná die army. En toe sluk Sunnyside se nagklubs en onderwêreld hom in.
 
In André Krüger se aangrypende roman oor familie, verraad en wraak – geskryf in die taal van die straat en die tyd – voer een man ’n uiterste stryd teen sy lotsbestemming.

Tussen Stasies (Afrikaans, Paperback): Irma Joubert Tussen Stasies (Afrikaans, Paperback)
Irma Joubert
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 7 - 11 working days

As ’n Duitse wesie kom Gretl ná die Tweede Wêreldoorlog Suid-Afrika toe. Vir haar oorlewing, het Jakób Kowalski besluit. Maar net Jakób ken haar groot geheim, kan dalk die vuur in haar drome verstaan. En help heelmaak.

Sneeu In Die Karoo (Afrikaans, Paperback): Jeanne Goosen Sneeu In Die Karoo (Afrikaans, Paperback)
Jeanne Goosen
R228 Discovery Miles 2 280 Ships in 4 - 6 working days

’n Nuwe novelle van die gewilde skrywer Jeanne Goosen verskyn binnekort by Hemel & See Boeke. Sneeu in die Karoo ’n uiters rare boek, waarin twee novelles verskyn: Eerstens Jeanne Goosen se beskrywing van ’n maand se verblyf in Nieu-Bethesda. Sy gaan juis na dié klein Karoodorpie om te skryf en neem haar huishulp, Agnes Morao, saam.

Om Agnes besig te hou, koop Jeanne vir haar ’n Croxley oefenboek en ’n pen. Agnes begin skryf oor alles wat sy in Nieu-Bethesda ervaar – en oor haar kinderdae – terwyl die eintlike skrywer, Jeanne Goosen, nie aan die werk kan kom nie.

Die verskyning van Agnes se boek – dit is ook die titel daarvan – in een band saam met Jeanne Goosen se novelle is heel waarskynlik ’n eerste in wêreldletterkunde!

Soeter As Kondensmelk (Afrikaans, Paperback): Lizelle von Wielligh Soeter As Kondensmelk (Afrikaans, Paperback)
Lizelle von Wielligh
R135 Discovery Miles 1 350 Ships in 4 - 6 working days

Vergeet en vergewe Leane kan haar dalk nog met twee jaar se geheueverlies versoen, maar nie om aan die mooie boer Rudolf met sy kakieklere verloof te wees nie! Hy is allesbehalwe haar droomman en boonop trou hulle oor ses dae. Toe hy haar uitkomkans gee, wys sy dit egter van die hand. Is dit haar gewete of sy donker oë wat haar weerstand afbreek en terselfdertyd noop om voort te gaan met die troue? Om liggaam en siel aan hom te gee, is egter nie so eenvoudig nie. Daarby verskyn sy beste vriendin op die toneel - haar huwelik feitlik op die rotse en haar man galbitter omdat sy die grond aanbid waarop Rudolf loop. ʼn Belangrike tema in die verhaal is die impak van alkoholmisbruik op familielede en die krag van rehabilitasie.

Vleisfees Op Karibib (Afrikaans, Paperback): Isa Konrad Vleisfees Op Karibib (Afrikaans, Paperback)
Isa Konrad
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Liefde en dood loop hand aan hand deur die woestyn.

Ná haar egskeiding keer Alet Snyman terug na Karibib toe om die drade wat sy aan die begin van die jaar daar laat lê het, weer op te tel. Haar terugkoms val saam met die jaarlikse Vleisfees, maar toe sy eers daar is, is haar nuwe lewe alles behalwe 'n fees. Sy het 'n man se loopbaan verongeluk - 'n man vir wie sy omgee ook nog. Erika Schultz, die Herero-vrou wat haar aan die begin van die jaar onder haar vlerk geneem het, wil haar nie meer daar hê nie. En toe sy haar eerste konsert op Karibib bywoon, sterf die hoofkunstenaar in die middel van die vertoning.

Inspekteur Con Dorfling, bevelvoerder van Karibib polisie, het pas 'n dissiplinêre verhoor weens aanranding agter die rug. Hy word 'n proeftyd van ses maande opgelê, waarna sy pos geherevalueer sal word. Con is nog in Windhoek, sy vonnis nog nie koud nie, toe hy die nuus uit Karibib kry dat 'n bekende sanger uit Duitsland op sy dorp vermoor is. Ook dat Alet Snyman terug is en by was toe dit gebeur het. Hulle sê rampe gebeur in drieë en dit is die derde keer wat sy Karibib toe kom. Dus moet dit hom eintlik nie verbaas nie.

Want waar Alet gaan, volg moord en doodsake.

Drie Vroue en 'n Meisie (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Drie Vroue en 'n Meisie (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Ek het vir prof ʼn storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en ’n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan om hom in te lig dat hy haar familiegeskiedenis gaan skryf. Die ellendige saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop wat byna reeds uitgewerk is, begin.

Almal wat kom soek het na ’n diamant so groot soos ’n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan ’t sterwe. Maar die hoop bly, die hoop bly ... En alles wat goed en sleg is, word soos die aarde uitgewerk onder dié wat volhard. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees.

Hieruit groei die verhaal van ’n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog ’n verhaal en daaruit nog een. En uiteindelik keer dit terug na waar dit begin het. Só word die verlede oopgebreek om in die hede lig vir die liefde te maak.

Toe skryf die professor oor Katryn se ma, haar ouma en oumagrootjie, sonder dat hy of sy kon voorsien dat hulle self deel van dié saga van dooie drome, armoede en vernedering sou word. Selfs die liefde is onvoorspelbaar op ʼn delwery tussen die mielielande van die wispelturige Hoëveld. Durf ons droom van ’n beter lewe waarin minagting nie langer verduur hoef te word nie?

Hans du Plessis is ’n geliefde naam in die Afrikaanse letterkunde. Sy historiese romans staan stewig in die hede gewortel en hy is bekend vir die bedrieglike eenvoud in sy verhale wat dieper waarhede dra – hy ken die mense oor wie hy skryf en dié waarvoor hy skryf. Du Plessis is ook bekend as digter, dramaturg en taalkundige.

Annabella (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Annabella (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Annabella (1922/1923, Tamara se oudste dogter) het die verkryging van vrouestemreg as tema. Die vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou twee groot passies in haar lewe het - stemreg vir vroue en haar musiekstudies - én sy moet kies tussen twee uiteenlopende mans?

Die een is in 'n posisie om die saak van stemreg te bevorder en die ander een is 'n briljante violis wat haar hart in die holte van sy hand hou, maar vrede het met vrouestemreg.

Soete Sonde (Afrikaans, Paperback): Lizz Meiring Soete Sonde (Afrikaans, Paperback)
Lizz Meiring
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

’n Versameling woorde oor die verleidelikste ding op aarde: Sjokolade!

Die mensdom se emosionele verhouding met sjokolade is legendaries. Van suikersoet tot bittersoet, van donker tot melk – dié lekkerny bied ons oor al die eeue heen troos, terapie, hedonisme en loutere plesier. Sjokolade was nog altyd ’n simbool van belofte, versugting, verlange en sensualiteit.

In Soete Sonde ondersoek bekende skrywers en nuwe stemme die tekstuur van sjokolade in al sy heerlike vorme – van lewensredder tot moordwapen. Daar’s komedie, satire, sensasie, tragedie, die absurde en fantasie. Sommige stories daag jou uit, ander verskuif grense en baie laat jou tot in jou kiewe lekkerkry. Die samesteller van die bundel is Lizz Meiring, aktrise, vervaardiger, skrywer en selferkende plesiervraat, hedonis en sjokolis.

Laaste Dans, Drienie (Afrikaans, Paperback): Steve Hofmeyr Laaste Dans, Drienie (Afrikaans, Paperback)
Steve Hofmeyr
R206 Discovery Miles 2 060 Ships in 4 - 6 working days

Toe Oscar Pistorius blosend in die gange van die Brooklyn-polisiestasie by luitenant Muller Joubert verbyloop, was Muller seker dat daar in jare nie so 'n bisarre saak was nie en daar nie gou weer so een sou wees nie. Hy was verkeerd. Daar was reeds. En hy was in die middel daarvan.

In die omgewing van die liefde is niemand se hart veilig nie; dit weet Muller maar alte goed, want die meisie wat hy liefhet is blykbaar nie vir hom beskore nie. En dan kom vertel 'n tannie hom van haar laaste dans in 1941.

Twee broers. Een oorlog. Een meisie. Een liefde. Een kans. En 'n liefdesverhaal wat reeds sewentig jaar wag om vertel te word.

'n Soort van Bevryde Vrou (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots 'n Soort van Bevryde Vrou (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R316 Discovery Miles 3 160 Ships in 4 - 6 working days

Zoe is ’n bevryde vrou. Wel . . . soort van. Sy is nou wel een van die wulpse Lombaard-niggies, maar sy het nie ’n man nodig om vir haar vlerke te gee nie.

Haar ma en Swietie-pie, ’n brak sonder ’n pedigree, is egter old school en kritiseer haar graag – verál Zoe se losloop-leefstyl. Haar ma sal selfs betaal sodat daar “’n man” op die sitplek langs haar dogter kan plaasneem.

Zoe het egter ’n heimlike begeerte om ook ’n soortgelyke liefde soos Lucy, ook bekend as Funky Feetjie, en dié se man, Billy, te ervaar. Sodat sy ook happy family-foto’s op Facebook kan post.

Dis tyd vir dié late bloomer om koers te kry. Zak, die wannabe danser, kan dalk die antwoord op almal se drome wees. Zander verskyn ook op die horison. Hy skryf moord- en doodslagboeke en is nou op sy derde vrou. ’n Man om te vermy. Maar ook ’n man wat haar verstand stil soen.

Sal sy die regte besluit kan neem? Indien nie, sal sy ’n tweede kans kry om haar foute reg te stel?

Volmaan Oor Die Marico (Afrikaans, Paperback): Herman Charles Bosman Volmaan Oor Die Marico (Afrikaans, Paperback)
Herman Charles Bosman
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 4 - 6 working days

Die stories in Volmaan oor die Marico is 60 goeie redes waarom Lionel Abrahams vir Herman Charles Bosman ''n Suid-Afrikaanse literêre genie' genoem het.

Hulle illustreer ook waarom Roy Campbell ná die publikasie van Mafeking Road in 1947 gesê het dat dit 'die beste stories is wat nog uit Suid-Afrika te voorskyn gekom het'.

Dié stories sal jou laat glimlag, hulle sal in jou diepste wese weerklank vind, en jy sal die romantiek raaksien in wat Bosman self genoem het 'daardie dinge wat die ware stempel van Suid-Afrika dra'.

Karaktermoord (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo Karaktermoord (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

Jare gelede het die beeldskone digter Anna Neethling finaal uit die uitgewer Malan Sinclair se lewe gestap. Hul verhouding was ’n maalkolk wat sy huwelik en loopbaan wou verswelg. Maar nou is Anna onverwags terug. Wanneer Malan haar lyk langs sy motor vind ná ’n helse uitval in sy kantoor, bou die afwaartse spiral momentum op.

’n Paar dae later maak ’n uittreksel uit Anna se dagboek Malan die hoofverdagte in haar moord en kom gebeure wat ’n dekade gelede tydens ’n drinkparty op ’n wynplaas afgespeel het op die lappe. Iets het daardie aand in die kelder gebeur en meer as een paar hande is bevlek.

Aankoms en Vertrek - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Pat Stamatelos Aankoms en Vertrek - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Pat Stamatelos
R187 Discovery Miles 1 870 Ships in 4 - 6 working days

Bailey Kellerman verlaat Suid-Afrika finaal ná nog ’n liefdesteleurstelling deur haar eerste liefde, Adam. Hulle het ’n aan-en-af-verhouding sedert hulle jong dae, maar Adam verneuk haar gereeld en kom nie tot trou nie. In London trou sy met ’n Fransman, maar word ook deur hom in die steek gelaat.

Terwyl sy oorsee is, word haar ouers wreed in hul huis in Johannesburg tydens ’n rooftog vermoor. Haar broer, Zak, daag woedend by haar huis op en dring daarop aan dat sy terugkom Suid-Afrika toe. Hy verwyt haar ook dat sy nie by die begrafnis was nie, min wetend wat haar omstandighede daardie tyd was.

Sewe maande later is Bailey terug in Suid-Afrika, maar iewers is daar ’n slang in die gras. Hoekom het haar pa nie die kluis tydens die rooftog vir die rowers oopgemaak nie? Wat is in die toegesluite kluis? En gaan Adam weer amok in haar lewe kom maak?

Asof Geen Berge Ooit Hier Gewoon Het Nie (Afrikaans, Paperback): Pieter Odendaal Asof Geen Berge Ooit Hier Gewoon Het Nie (Afrikaans, Paperback)
Pieter Odendaal
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie is ’n opwindende en verweefde debuut uit ’n jong digter se pen. Met ’n eietydse en aktuele aanslag skryf Odendaal oor die politiek van verskil in ’n multikulturele samelewing, die natuur en ons ekologiese voetspoor, verganklikheid, menswees, die liefde, asook die onlangse studentepolitiek. Ten einde vra hy: Re mang? Wie is ons? En wie is hulle?

Die Daggaboer (Afrikaans, Paperback): Jean-Pierre de Kock Die Daggaboer (Afrikaans, Paperback)
Jean-Pierre de Kock 1
R322 Discovery Miles 3 220 Ships in 4 - 6 working days

Lennet Loots is ’n alleenloper wat woon op ’n lappie grond in Baardskeerdersbos waar hy boer met groente en vrugte, en dagga. Jare gelede was hy ’n rekenmeester wat ’n voorstedelike bestaan gevoer het, maar iewers langs die pad het hy alles opgegee. ’n Ontroerende debuutroman – die relaas van ’n jong man wat verkies om eerder in ’n karavaan van hand tot mond te lewe as om die waarheid te konfronteer.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Parched
Z. L. Arkadie Paperback R460 R399 Discovery Miles 3 990
Immoral Tales - Walerian Borowczyk…
Jeremy Mark Robinson Hardcover R752 Discovery Miles 7 520
True to the Spirit - Film Adaptation and…
Colin MacCabe, Kathleen Murray, … Hardcover R1,910 Discovery Miles 19 100
Court Of The Vampire Queen
Katee Robert Paperback R298 R274 Discovery Miles 2 740
Hollywood's Made To Order Punks, Part 2…
Richard Roat Hardcover R1,106 Discovery Miles 11 060
Iron Flame - The Empyrean: Book 2
Rebecca Yarros Paperback R305 R272 Discovery Miles 2 720
The Ragpicker King - The Chronicles Of…
Cassandra Clare Paperback R399 R362 Discovery Miles 3 620
Onyx Storm - The Empyrean: Book 3
Rebecca Yarros Hardcover R690 R593 Discovery Miles 5 930
Iron Flame - The Empyrean: Book 2
Rebecca Yarros Hardcover  (1)
R601 Discovery Miles 6 010
America Is Elsewhere - The Noir…
Erik Dussere Hardcover R3,842 Discovery Miles 38 420

 

Partners