![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
“Liefde, welke soort ookal, kom nooit alleen nie.” ’n Versamel erotiese verhale oor die liefde, wellus, genot, soete verleiding, passie, honger en vlamvat. Deur skrywers soos Maya Fowler, Joan Hambidge, Zirk van den Berg, Fanie Viljoen, Riana Scheepers, Jan Vermeulen, Irna van Zyl, Hans Pienaar, Marion Erskine, Leon van Nierop en Kerneels Breytenbach.
Dis twee jaar ná ’n oudkollega Julia en haar seun Rudi se lewe hel gemaak het. Maar die inwoners van Kosmoslaan het herstel en aanbeweeg. Dit blyk op die oppervlak asof dinge weer vreedsaam is in Kosmoslaan. ’n Knorrige man met ’n fyn meisiekind en ’n hartseer verlede trek in Ida se huis in. Vanaf die eerste oomblik wat hy trompop in haar vasloop, ontwrig hy Julia se lewe. Watse verspottigheid laat haar nou skielik op twee-en-veertig in vervoering raak oor ’n befoeterde man? En wie saboteur haar en Rudi se eiendom skielik? Ida voel en lyk soos ’n ou en halwe vrou na ’n ontdekking. En Alma se Jurie is deesdae so omgekrap dat niemand met hom kan huishou nie. Ellie en Justin smag steeds na ’n baba van hul eie na haar vorige miskraam, terwyl hul grootste wens soos ’n ryp perske in Hugo en Claire se skoot val. Ellie smee egter ’n onverwagse band met ’n kinderhuismeisie wat gereeld by Marella se teruggetrokke seun, Bouwer, kuier. En Bouwer is nie Marella en Lourens se enigste bekommernis nie. Marella voel deesdae nie haarself nie ... Boonop kom Klein-Lourens met groot nuus wat sy en Sabina se lewens kan verander. Daar is dinge wat broei in Kosmoslaan en die vriende en families tot hulle uiterstes toets. Gelukkig is daar ook engele in Kosmoslaan.
Die derde bundel uit die beroemde verhoogkunstenaar Nataniël se gewilde rubriek in SARIE – na meer as 10 jaar, steeds een van die gewildste rubrieke in ’n Suid-Afrikaanse tydskrif. (Baie lesers erken dat dit die eerste bladsy is waarnatoe hulle blaai in SARIE!) In hierdie rubrieke deel Nataniël sy insigte met humor en eerlikheid en styl, en ’n aangrypende waardering vir die eenvoudige dinge wat ons lewens verryk en verruim. ’n Ikon wie se Kaalkop-wysheid en pittige sosiale kommentaar daagliks inspirasie en plesier kan bied. Kaalkop 3 sluit in:
Dit is 1950 en Pasgatyd in Oudtshoorn. Leah Abrams, ’n jong
entoesiastiese navorser in antieke tale, kuier by haar Joodse rabbi pa
en sy tweede vrou, Daniela. Hulle is albei navorsers oor, onder andere,
die geskiedenis van Israel. Maar daar heers konflik in die huis want
Leah wil gesels oor die Messias wie sy leer ken het in haar studies, en
haar Joodse gesin is nie ontvanklik daarvoor nie.
Petrus wil sy kleinseun opspoor sodat hy sy geliefde plaas aan iemand
kan nalaat.
Willem is ‘n eenkantkind. Sy pa, die formidabele dominee Riaan Cronjé, is die trots van Bijlstad se Moedergemeente. Sy woord is wet; dit bepaal dat Willem in sy voetspore sal volg en ook die kansel bestyg. By die seunskool tel al die Bybelstudie egter vir niks. Daar is Willem omring deur ’n spul Filistyne wat die see nie kan skoon was nie; tieners met seks op die brein en ’n dialek wat die verf van die mure af laat dop. Te midde ’n eensame uur in ‘n koffiewinkel, kom sit ’n aantreklike ouer vrou oorkant die kerkseun. Sonder om ’n woord te sę, neem sy ’n hap van sy beskuit, ’n sluk van sy koffie, en verdwyn so gou soos sy verskyn het. Willem, te oorbluf om enige rooi vlaggies op te let, is natuurlik die volgende dag terug. Sy ook.
Grietjie se loutering is die aangrypende verhaal van ’n weduwee wat haar inkomste as tydelike huiswerker verdien in Grabouw. Sy sukkel om kop bo water te hou, maar haar geloof dra haar. Wanneer haar seun deur ’n provinsiale rugbyspan gewerf word, het die gesin hoop op ’n beter lewe. Grietjie se geloof word getoets wanneer ’n tragedie die gesin tref. “Ek weet wanneer ek eendag by die punt kom waar ek weer met die Here kan praat met vrymoedigheid, dan wag Hy vir my. En wanneer dit voel ek kan nie meer nie, dan dra Hy my. Maak nie saak wat ek verloor nie, ek het Hom altyd. Wat meer wil ek hę?”
Wanneer het lewe so goedkoop geword en genade so duur? Masjiengeweervuur skeur deur die stilte van die nag in die distrik van Opathe in die Natalse bosveld. Dit verander die lewe van een boeregesin vir altyd, want twee geslagte word in ’n oogwink koelbloedig op hulle plaas deur gesiglose aanvallers uitgewis. Aella O’Malley, die ondersoekbeampte, sukkel om sin te maak uit ’n reeks leidrade wat deur politiek, afguns, vrees, geloof en bygeloof tot ’n verwarrende mengelmoes van inligting deurmekaar geroer word. Om sake te kompliseer kry sy ’n boodskap: “Onthou die pad na Opathe,” wat in gewone omgangstaal ’n doodsdreigement is. Net daarna wórd sy inderdaad raakgeskiet. Wat is die motief? Is dit net nog ’n sinlose plaasmoord, waarom wil iemand Aella uit die weg ruim, en sit daar iets meer agter hierdie slagting? Haar eerste verdagte word wreed aangerand deur ’n gefrustreerde jong boer, en nou het die oorwerkte polisie hóm ook in hegtenis geneem. Die roman bied ’n sonderlinge blik op die polisie se werkwyse. Breytenbach werk daagliks in ons strafregstelsel en sy beskryf die polisieprosedures in detail, maar só dat die leser voel jy stap saam in die aanklagkantoor in. Die lykskouings, die vorms, die klagteboeke, alles word deel van die storie. Hier is ’n kenner se hand aan die werk. Wat meer is, die roman toon hoe sekere ondersoekbeamptes steeds probeer funksioneer in ’n disfunksionele stelsel en ondanks politieke inmenging in hulle werk. Moord, verraad en hoop: Watter een van hierdie drie sal uiteindelik oorwin? Eers teen die einde, wanneer Aella besef sy is bedrieg, verstaan sy dat die pad na Opathe ’n verraderlike pad is wat met groot omsigtigheid gestap moet word.
Dit was voorwaar geen eenvoudige paadjie nie. Hulle ontmoet skrams. Ontmoet weer – en vind mekaar. Maar só maklik gaan dit nie wees nie, want so diep as wat hulle gevoel vir mekaar mag wees, beur die twee in heeltemal verskillende rigtings . . .Kom reis terug in die tyd (1997 tot 2000) vir hierdie twee mense se sonderlinge verhaal. Mardaleen Derks was die wenner van Huisgenoot en kykNET se tweede fliekkompetisie.
Bippie se pad word onderbreek met haar onbeplande swangerskap, dus moet sy nou ’n nuwe een soek. Sy maak 'n belofte teenoor die Here - sy sal nie weer ’n man in haar lewe toelaat as hy nie met haar wil trou nie. Maar die man wat skielik al onder haar voete is, Riekert Tredoux. Hy het lankal besluit hy wil nooit trou nie. Toe hy en sy broer klein seuntjies was het sy ma hulle net so gelos en by die voordeur uitgestap. So hy het allerhande issues. Sal Bippie haar belofte gestand kan doen en Riekert wel wil trou?
Jou buurman dink hy besit die polisie ... Petra Smit erf onverwags haar oupa se ou werkswinkel in ʼn klein Vrystaatse dorpie. Daar is gelukkig kopers wat tou staan vir die gebou, maar Petra gaan, heel nuuskierig, kyk na hierdie eiendom waarvan sy nie glad nie geweet het nie. Daar aangekom, ontdek sy die erf vol motorwrakke wat aan die plaaslike slagter behoort. Dié einste slagter is ook die buurman, hy is 'n vroueslaner en hy skeep sy seun, Monty, af, maar hy het kontant en staan gereed om Smit Motors te koop. Petra, wat baie lief was vir haar oupa, wil nie die erflating aan so 'n persoon verkoop nie en 'n mini-oorlog breek uit. Dinge word nog moeiliker toe Arno, 'n reus van 'n man met die psige van 'n kind, aan haar deur kom klop. Hy wil help. Die reus maak homself tuis en word vriende met die slagter se seun, Monty. Petra hoort nie in hierdie dorp nie. Sy mis haar mooi meisie en die roman wat sy wil skryf, bly tweede kom in die oorlog met die slagter. Die slagter hoort wel op die dorp. Hy ken die polisie en intimideer almal. Sal die vreemde Petra en haar twee nuwe maats, Arno en Monty, die oorlog kan wen? Die boek word uit verskeie perspektiewe vertel. Petra is een perspektiefkarakter, so ook is die Johanna, Monty se oppasser. Aan die ander kant van die węreld bly Susan, ʼn kunstenaar, vasgevang in ʼn luukse Sweedse kunstepark, nog 'n perspektiefkarakter. Wat het hierdie vroue met mekaar in gemeen? Hoe bind Smit Motors hulle almal? Smit Motors is toeganklike literęre fiksie. Réney Warrington slaag daarin om die spanning snaarstyf te hou, terwyl die leser die speurwerk moet doen, wetende dat iemand se bloed sal moet vloei. Die vraag is: Wie s'n?
In Ploeg die wolke moet Brenda Rabie onverwags na Johannesburg gaan om haar pas geskeide suster te ondersteun. Daar begewe Brenda haar op ’n pad van persoonlike intrige wat sy nie vooraf kon voorsien nie. Ansje Korber word eensklaps haar gewese skoonsuster, Joan, se vertroueling in Sirkelbaan. Hoe gemaak wanneer ’n man en vrou elkeen op hul beurt gebroke op Ansje se drumpel staan? Boonop wonder sy of die teenwoordigheid van Joan se nuwe swaer nie juis die probleem is nie. In Die stille roep maak die leser op boeiende wyse kennis met die lief en leed van die Defórs-gesin. Regina Defórs moet as weduwee die fort hou. Haar drie kinders – wat elk met hul eie liefdeslewe worstel – is egter gekant teen die man by wie sy veel steun vind.
Toe Daan van der Walt, ’n eerstydse Kalahari-boer, ’n vertigo-aanval kry, laai sy vervreemde seun hom by ’n monnikeklooster in China af. Onder leiding van Meester Yang moet Daan tai chi doen in ’n poging om sy balans te herstel. Maar daar is ook iets anders wat aan Daan vreet, iets wat hy van sy hart móét afkry voor hy sy weg na die hiernamaals kan vind. Dalk is dit tyd dat hy aan Magrieta, sy oorlede vrou, skryf en sę dat hy haar liefgehad het. In Die Dao van Daan van der Walt word die Afrikaner-dilemma in die moderne lewe met ’n fyn lem oopgevlek.
Toe Claire die krat met leë drankbottels ontdek, skiet haar gemoed
vol. Sy is tot sterwens toe moeg vir haar man se drinkery en
verlaat hom tydelik deur te ontsnap na haar huis by die see. Aan
die ander kant dra sy swaar aan haar aandeel aan Kris se probleem.
Hierdie boek is ’n hersiene weergawe van Emma is g’n engel nie (2011). Emma dra verskriklike verwyte in haar binneste rond. Sy het iets vreesliks gedoen en dit kou aan haar. Sy voel al klaar moeilik om lief te hę met haar mollige lyf en haar vaal gelaatstrekke. Miskien as sy ook funky en blond en pret kon wees sou sy liefde kon vind. Sy wil ook weet hoe dit voel om iemand se arms styf om jou te voel … iemand soos Burger Botha. Dis ’n eensame pad wat sy stap en die laaste mense by wie sy kan troos soek is haar ma en suster. Die Bybelversies van haar kindertyd weergalm in haar kop en herinner haar dat sy eintlik maar ’n closet Christen is. Sy weet wat sy verkeerd gedoen het, wat sy aangevang het, maar hoe gaan sy dit regmaak? Waar begin sy om na vergifnis te soek? As ’n mens nie van jouself hou nie is dit moeilik om te glo dat iemand anders van jou sal kan hou. En as Emma nie haarself kan vergewe, of vir haarself lief kan wees nie, wie sal ooit kan? Sy voel allesbehalwe soos ’n engel, eintlik meer soos ’n duiwel, om die waarheid te sę. Haar skuld is te swaar om alleen te dra. Emma het gehoor dat bevryding jou vlerke gee, en daar is soveel engel-vroue rondom haar met vlerke. Dalk kan hulle haar help om haar eie vlerke te kry sodat sy uiteindelik vry en haarself kan wees.
Lija is ’n meisie van Joods-Romeinse afkoms en die aangenome dogter van
Pontius Pilatus. Sy bevind haar in ’n gereëlde verlowing met Silva, ’n
Romeinse tribuun. Eers dink sy hy is nes al die ander Romeinse mans,
harteloos en ongenaakbaar.
Ná jare van ontbering vind Mina Afrika geluk in Whitewing Lodge, ’n gastehuis op die rotse naby Visbaai. In die moderne kombuis leef sy haar ten volle uit as sjef; sy raak al hoe meer betrokke by die interessantste mense. Dan verander 'n doodgewone aankondiging oor bykomende gaste vir middagete alles. Skielik word dit weer nag vir Mina. En vir die mense naaste aan haar.
Die volmaakte prentjie van Wendy se lewe spat aan skerwe toe haar verloofde erken hy is lief vir ’n ander man. Op die ingewing van die oomblik besluit sy om as skoonheidsdeskundige op ’n passasierskip te gaan werk, al is sy as fisioterapeut gekwalifiseer, in die hoop om van alles en almal te vergeet.
Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n węreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwęreld het. Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. Op die nippertjie kry sy 'n tydelike pos as aupair in Spanje by 'n Suid-Afrikaanse familie. Hier loop sy haar vas in 'n uiters aantreklike man met 'n verlede wat by hom spook , sy niggie wat aan 'n persoonlikheidsteuring ly, en sy sjarmante neef. Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoëns en geneigdheid om eerder te vlug as om te veg. In 'n omgewing waar vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.
Koos Sas, Khoi plaaswerker op Touwsrivier smag na die vryheid wat sy voorouers gehad het. Terwyl hy dros van sy werk op die plaas, kom hy tot die besef dat Suiderlike Afrika nou opgedeel is in plase wat aan individuele eienaars behoort. Britse imperialisme en die mag van die gereg bring hom in botsing met die samelewing. Kort voor lank word hy berug in die kolonie. Sy situasie word oornag gekompliseer met die ontmoeting van ‘n Khoi meisie wat self opsoek is na vryheid. Die soeke na vryheid word vererger deur Koos se miskenning van die mitologie van die Khoi, wat hom op ‘n dwaalspoor plaas.
Jy is te naby aan die water,” fluister Paul. “Babers slaap in die modder. Hulle sal wakker word as jy op hulle trap.” Paul en Dominique se sorgelose kinderdae op ’n Vrystaatse plaas is vir ewig verby wanneer hul ouers se linkse politiek die skoollewe op die dorp onmoontlik maak. Hulle word weggestuur na kosskole in Natal. Paul is ’n belowende jong digter, sy suster sy vertroueling. Maar Paul is vol woede en sy ontwaking word ’n afwaartse spiraal. Hulle vlieg London toe om die bedrukking van Suid Afrika te ontsnap, maar hy gaan ook sy dood tegemoet. Dominique Botha se roerende debuutroman is ’n elegie vir die lewe van haar kleintyd en haar verlore broer. Die boek is op ware gebeure gebaseer.
Hierdie ware verhaal handel oor 'n jong seun uit 'n arm gesin wat op die spoorlyne van Carnarvon-stasie grootgeword het en moes as kind onder andere bottels en bene in die dorp optel en verkoop vir eksta geld vir die gesin om te oorleef. Sy weetgierige geaardheid, positiewe uitkyk en wil om bo uit te kom, lei egter tot 'n inspirerende suksesverhaal. Die skrywer vertel met humor, passie en 'n gemaklike skryfstyl unieke en skreeusnaakse stories wat net in 'n klein Karoodorpie kan plaasvind.
Elkeen wat vra, ontvang, elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop
sal oopgemaak word.
Isla Vosloo se lewe word bedreig ná sy haar nuwe baas aangekla het van
teistering. Toe hy haar dreig en begin agtervolg, moet sy teen haar
wense haar vriendin se broer, Janco Watermeyer, toelaat om by haar in
te trek tot haar woonstel beveilig is.
Voetstoots is ’n bontgejasde keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou. ’n Kind wat doodgeskok word terwyl hulle jagentjies speel. ’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Toentertyd se poskoets en handsentrale. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bęre. Mense sonder ’n woord van eer. ’n Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt is. ’n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. ’n Boks papsakwyn wat suur geword het. Dis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald. |
You may like...
Handbook of Research on Deep…
Alex Noel Joseph Raj, Vijayalakshmi G. V. Mahesh, …
Hardcover
R8,070
Discovery Miles 80 700
Mathematics and Computing 2013…
Ram. N. Mohapatra, Debasis Giri, …
Hardcover
Behavioral Modeling for Embedded Systems…
Luis Gomes, Joao M Fernandes
Hardcover
R4,644
Discovery Miles 46 440
|