![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
Die dag toe Pappie die kaleidoskoop stukkend gekap het, het ’n paar van die gekleurde skywe ver weggespat en in die lang gras gaan skuil. Later, nadat die ouman weg was poskantoor toe, het hy die stukkies gaan bymekaar maak – ’n paar geles, ’n mooi groene en ’n klompie bloues en perses. Die res was gewone spieëltjies en hy het net ’n paar daarvan opgetel. Maar daar was bitter min van sy droom oor. Hy voel die hitte van daardie dag se woede deur hom spoel. Sien weer die arend teen die lug draai en die skelm blink van die paar stukkies glas in die lang gras. Dan ontspan hy. Sy lewe was nooit heel nie. Altyd in stukke. Tronk was sy voorland – soos Pa voorspel het … NOU gaan Schoeman huis toe. MAAR sal hy nou die liefde en aanvaarding kry waarna hy smag, of sal hy steeds nie goed genoeg wees nie …? KALEIDOSKOOP is ‘n historiese roman wat die verhaal van Schoeman en sy familielede vertel. Die besonderse verhaal van lief en leed sal jou as kieskeurige leser enduit boei.
’n Koelbloedige moord by die Kaapse Waterfront. Wat dalk verband hou met geheimsinnige briewe wat geskorste luitenante Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang het. Maar eers moet Bennie-hulle op Stellenbosch soek na ’n verdwene student, en die spoor vat van die eiendomsagent wat die kooptransaksie van Donkerdrif, korporatiewe swendelaar Jasper Boonstra se peperduur wynplaas, behartig het. Stadigaan besef die speurders al hul ondersoeke het ’n gemene deler: die donkerste drif, gierigheid.
Dit was nog nie behoorlik dag nie toe Kaatjie Danster, haastig op pad Halte toe, die kind van die weemoed in die voetpaadjie voor haar gewaar. Tjoepstil het hy gestaan en luister na die wind. Sy het dadelik geweet: Druppeltjie du Pisanie, kind van Waterwyser du Pisanie en KensTillie Moolman, het die lewe vir die dood verruil. Maar hoe Druppeltjie onder in die boorgat beland het, dit weet niemand nie. En die af-arm magistraat wat nou, veertien maande later, kom ondersoek instel na die oorsaak van sy dood, torring verniet aan dinge wat verby is. Want Toorberg se mense – die lewendes en die dooies – ken van geheime wegbere. Net oor een ding het magistraat van der Ligt dit reg: hoe meer getuies daar is, hoe verder wyk die waarheid.
Reisgenote bevat ʼn keur uit die kortverhaalbundel, Die reisgenoot, wat oorspronklik in 2013 ingedien is as kreatiewe komponent van ʼn meestersgraadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat (onder leiding van prof HP van Coller). As simboliese “reisgenote” is enkele gedigte getoonset wat tematies aansluit by Joanita se eie verhale. Die “reisgenote” is tematies van aard, maar ook in die gesprek tussen tekste, musikale werke en die kunstenaars wat betrokke was by die projek.
Daar is ’n kluis in ’n winkeltrollie op die dak van Wille Willemien se 4×4. Want sy en haar sus is op pad. Richtersveld toe. Om tussen Eksteenfontein en Khuboes hul pa se kluis – en sy sneeujas – nou ná sy dood oor ’n afgrond te boender. Terwyl die twee vroue reis, ontvou die verhaal van Willemien en haar pa: ’n Storie oor ’n Afrikaanse Al Capone, ’n man wie se duister sakeondernemings nie net tot die grense van Suid-Afrika beperk was nie. In Palm Springs dra sy lyfwagte koeldrank vir die fbi-agente aan vanwaar hulle sy huis dophou. Vroeër jare moet Willemien in haar pa se kattebak wegkruip terwyl hy sake in verlate parkeerareas doen. Ná sulke uitstappies was haar beloning altyd ’n lekkerny, en só word haar lewenslange stryd met kos aangevuur. Van Kaapstad na San Francisco en selfs Sri Lanka, met ’n wavrag vol seks, drugs & rock ’n’ roll, tref Anoeschka von Meck se nuutste roman jou soos ’n reusegolf en spoel sy die verhoudings oop wat van ons denkende, spirituele wesens maak.
Wat is dit wat mense dryf om daardie fyn lyn tussen reg en verkeer doortesteek, welwetende dat hulle in die proses oor die krans gaan ry? Die karakters in Dryfveer is geen uitsondering nie. 'm Mpumalanga Wholesale Supplies spesialis word vermoor en Karl-Jan Schoeman ontbloot bedrog. Beleef die spanning saam met hom, Eileen Wessels wat die rekenaarskelm moet soek en kaptein Marcus Dube wat die kriminele ondersoek na die moord en 'n ontvoering lei. Voeg hierby ʼn sluimerende romanse, 'n listige vrou wat bedreig voel, en die vonke spat.
Wouter Wessels praktiseer as prokureur vanuit ’n omskepte woonhuis in ‘n voorstad van Pretoria. Na ‘n reeks terugslae in sy lewe, is beide sy regsloopbaan en persoonlike lewe weer besig om op koers te kom. Totdat daar op ’n gewone werksdag ‘n skynbaar gewone klient by sy praktyk instap. Sy het egter nie die deursnee regsprobleem nie. Nadat hy haar begin bystaan, kom hy onverwags op ’n katnes van bedrog en swendelary af waarby hooggeplaastes en invloedrykes betrokke is. Skielik bars alle hel rondom hom los en sy lewe is in gevaar. Hy betrek spoedig ’n vriendin, wat ’n joernalis by ’n dagblad is, asook ’n eksentrieke forensiese wetenskaplike om hom by te staan om dié bedrogspul te probeer ontrafel. Hy het egter nie die luukse van tyd nie, en boonop verdwyn sy sleutelgetuie skielik spoorloos.
Daar is ’n klop aan die deur. My vinger wil nie verder saamtrek nie. My hart hamer die sekondes in my ore om. Wat sal gebeur as ek die sneller trek? Johan is negentien en in die weermag. Wanneer die adjudant hom inlig dat hy na Seksie C in die Zambesivallei gestuur word om onreëlmatige ontgroening te ondersoek, pak ’n ongekende opgewondenheid hom beet. Maar dit is korte duur, want Johan besef gou hy is nie opgewasse teen die weermag nie. Ter ontvlugting besoek Johan pasnaweke sy ouer neef Ben in Pretoria. Ben, die rebelse seun van die generaal. Ben wat sy eie oorlog veg. Die Generaal is ’n onthutsende, oorrompelende en aangrypende verhaal wat die absurditeit van die Grensoorlog en die verwoestende impak daarvan op jong mans se lewens met sensitiwiteit teken.
Harriët se droom is om die beste kleremaakster in die Kaap te word.
Maar haar droom lê aan skerwe toe haar dobbelverslaafde pa haar aan ’n
dobbelb aas beloof om sy skuld af te betaal.
Ciska Luckhoff, ’n joernalis by Dagblad, se lewe verander handomkeer
wanneer beide haar ouers kort na mekaar sterf en haar geliefde, Liam,
gediagnoseer word met ’n lewensbedreigende siekte. Gedurende hierdie
tyd neem sy onbetaalde verlof om as voltydse versorger en broodwinner
op te tree met haar deeltydse werk as manuskripontleder en skrywer.
Wilmarié en Dirk ontmoet as tieners by die swemkuil op sy pa se plaas.
Drie jaar later vier hulle haar mondigwording en verlowing tegelyk,
maar Dirk verbreek die verlowing om met iemand anders te trou.
Louisa het ’n lysie met die eienskappe van haar droomman. Vir daardie
man bid en wag sy.
Toe Marina vra of sy haar derde roman in die stilte van die bos op sy
plaas kan kom skryf, sê Hugo ja. Marina was altyd ’n vaal meisietjie
met haar neus in die boek, maar dit pas hom.
Alichi, ’n kunswewer, moet nuwe verblyf soek, maar haar weefgetou is te groot vir ’n plek in die stad. Sy vind uitkoms op ’n plaas waar sy deel kan wees van ’n opheffingsprojek om plaaswerkers se vrouens op te lei in die weefkuns. Haar nuwe lewe tussen die Kleinrivierber ge word gekompliseer deur haar baas, Wikus, ’n gesogt e vrygesel. Hy kom tot haar redding wanneer sy bergop stap en v erdwaal. Sy wil nie los drade hê wat haar nuwe sprokieslewe gaan bederf nie en hulle besluit om uiteindelik dinge uit te praat. Sal sy hom met haar hart kan vertrou?
Steffi trou met Dawid sodat sy haar erfgeld kan kry. Dis veronderstel
om net ’n huwelik in naam te wees, maar op ’n vakansie saam met haar pa
op Kreta, moet sy en Dawid tot haar skok ’n bed deel.
Eiva Richter het twee probleme: sy is blykbaar koud in die bed en het
nog nooit ’n klimaks ber eik nie. Sy steek dit weg totdat sy haar enkel
verstuit.
Ná trauma en verlies vlug Kayla na Dwarskersbos om rigting te soek.
Jack kom ook na die vissersdorpie om oor sy toekoms te besluit. Op die
strand sien Kayla hom elke dag op die rotse, maar steur haar nie aan
hom nie. Toe sy haar voet sny, moet sy Jack se
Chloe Basson is bang vir rillers en spoke. Nou moet sy die bekroonde
skrywer Zack Basson by ’n verlate kasteel op Lesotho se grens ontmoet.
Die donker het 'n manier om jou in te haal. Op die plaas Die Laagte in die hartjie van die Boland, waar vyf geslagte Jouberts 'n bestaan gemaak het, word Tina in 'n huis vol donkerte groot: Daar is haar bullebakpa, Servaas, haar sagte, maar swakkelingma, Annie, en haar outboet, Sarel, die “sondekind”. Wanneer haar pa sy woede op hulle uithaal, paai haar ma: “Vergewe hom maar. Sy kindertyd was donker.” In 'n poging om van haar eie donker kindertyd te vlug, word Tina uiteindelik 'n verpleegster. In stede van haat, sal sy heling bring. Sy kom egter gou agter dis nie so maklik om van jou verlede te ontsnap nie, en die donker het 'n manier om jou in te haal.
Pandora se kruik is oop ...
Alexa en Bryan is van dag een af soos olie en water. Hy is openlik
gekant daarteen dat ’n vr ou sy seun se rugbysp an afrig. Alexa skrik
egter nie vir die dodelike aantreklike en bedonderde man nie. Sy is
immers die dogter van ’n oud-Springbok en het self ook op die veld
gedraf.
Toe Adelie haar aantreklike Franse tutor ontmoet, begin haar hart
volksvreemde tale praat. Sy moet besigheidsterminogie leer, maar bewys
gou sy is dit reeds baas. Daarna maak Sihan elke oomblik tussen hulle
kosbaar en leer haar die werklike betekenis van die
Juliëtte geniet haar werk as juffrou en sy en haar trouman, Lodewijk,
beplan om verloof te raak. Dis nou tot haar grootword-boetie, Arendt,
onverwags uit Frankryk terugkeer.
Verhale uit die hartland. Al die Karoostories wat Etienne van Heerden tot op hede geskryf het, word vir die eerste keer in een bundel versamel. Dit sluit onder andere in “Die gas in Rondawel Wilhelmina”, een van sy heel sterkste tekste. Heerlike verhale wat Van Heerden se suiwer aanvoeling vir die woord en sy vermoë tot knap karakterisering en situasietekening demonstreer, almal geplaas binne ’n landskap wat hom besonder na aan die hart lê.
Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor 'n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net 'n swart vlek op die vlakte. En aan die rand hiervan gloei 'n tent soos 'n lantern. Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeet sien van 'n man wat oor die klawerbord van 'n klavier buig. Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van 'n sittende vrou kon uitmaak. Diegene wat vanuit die kamp sou luister, hulle wat nie reeds volledig deur die stryd tussen lewe en dood ingeneem is nie, sou dalk agter die onbeholpe klavierspel van die man die vergeefse smagting hoor, agter die wankelende note die stilte wat groter is as enige geluid. Jare later buig majoor Philip Brooks in 'n biblioteek oor 'n vergelende foto. En hy probeer vasstel wat dit is wat hy op daardie foto sien. Hy probeer onthou wat gebeur het. Dit was hy in daardie tent. Die vrou op die bed was die mooiste vrou wat hy nog gesien het. Die klavier het gekom uit haar huis, een van die plaashuise wat sy soldate afgebrand het. Nou probeer hy kyk met die oog van Joey Drew, die skeeloog sukkelaar van Somerset, Engeland, wat die foto’s geneem het. Hy kyk na ’n foto van ’n vrou met ’n baba in haar arms. Hy weet wat die pa van die kind nie geweet het toe hý die foto gesien het nie, dat die kind dood was. Dat hy een van die duisende slagoffers van die konsentrasiekampe was. Hy kyk na ’n familiefoto van die Van Wyks, en nog een keer, voordat die vergetelheid so koud soos die graf self oor alle geheue sak, probeer hy deur Joey se foto’s die verhaal van die Van Wyks agterhaal. |
You may like...
Linear Algebra - A Modern Introduction
David Poole
Hardcover
(3)
Aliens: The Original Years Vol. 1
Mark A Nelson, Anina Bennett
Paperback
|