0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (54)
  • R100 - R250 (201)
  • R250 - R500 (541)
  • R500+ (21)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction

Donker Bloeisel (Afrikaans, Paperback): Jacques Le Roux Donker Bloeisel (Afrikaans, Paperback)
Jacques Le Roux
R280 Discovery Miles 2 800 Ships in 2 - 4 working days

Ben se ma sterf toe sy hom as jong seun seun uit 'n vuur red. Dit leit tot verdere spanning in sy reeds moeilike verhouding met sy pa. Ben se broer, die windmakerige Andries, word sy pa se gunsteling. Andries pleeg later op 'n bisarre wyse selfmoord tydens 'n veldslag in die Anglo-Boereoorog. In 'n poging om sy broer te red word Ben gewond, en deur die Britte gevange geneem.

Ben ontmoet die pragtige verpleegsuster, Kate, in die hospitaal op Deelfontein. Hy raak verlief op haar, maar Kate het egter 'n donker geheim: morfienverslawing. Na vele probleme en omswerwinge, vind Ben onder valse voorwendsels verblyf in Montagu waar hy vir Kate wag. Hier ontmoet hy vir Helen, wie se man 'n Kaapse rebel was en wat ook na St. Helena verban was. Hy begin 'n vriendskap met Helen en gou is daar verwikkelinge.

Intussen probeer Ben en sy pa elk op sy eie manier ook om hul verhouding te red en leer baie lewenslesse in die proses. Hierdie verhaal spreek tema's van swaarkry en verlies aan, maar ook van hoop en die krag van liefde.

In die Hart van Lente (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman In die Hart van Lente (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lente is verloof aan die aantreklike Herman Pretorius, maar sy weet haar hart behoort eintlik aan haar gevaarlike en stormagtige jeugliefde, Stander Gerber. Hy is egter verantwoordelik vir die dood van hul goeie vriend en die letsel in haar nek…

Stander stoei steeds met skuldgevoelens oor destyds, maar sy liefde vir Lente brand al hoe sterker.

Sal hulle die spoke van die verlede kan verjaag of gaan hulle die maklike roete kies en met ’n hart vol letsels wegstap?

Waar die Wolwe Huil (Afrikaans, Paperback): Magdaleen Walters Waar die Wolwe Huil (Afrikaans, Paperback)
Magdaleen Walters
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dis 1814 in Carlisle, Engeland, en die lewe het min genade vir ’n werkersklasvrou. Edith Maberry is dus verbaas toe Lewis Bloodsworth vir haar in die bresse tree in die kroeg waar sy werk.

Toe Edith haar werk en blyplek verloor, wend sy haar tot Lewis. Hiermee dompel sy beide van hulle in ’n krisis. Lewis word met sy verlede gekonfronteer en kom voor ’n keuse te staan.

Sal hy Edith kies wat vir hom die verpersoonliking is van alles wat hy in ’n vrou wil hê? Of sal hy hul liefde opoffer om die geheim te bewaar oor wie en, belangriker, wát hy werklik is?

Ek, jy en Hawaii (Afrikaans, Paperback): Analize Theron Ek, jy en Hawaii (Afrikaans, Paperback)
Analize Theron
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Nadat sy weens die eise van haar loopbaan en lewe byna uitbrand, neem Hanna ’n blaaskans in Hawaii.

Daar ontmoet sy die charismatiese Richard, sakeman en medeeienaar van ’n groep koffiewinkels. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar en Hanna vergesel Richard op ’n sakebesoek aan Maui.

Hanna verloor haar hart, maar Richard glo nie in langtermynverhoudings nie. Kan sy hom van plan laat verander of gaan hy haar hart flenters breek?

Met My Rooi Rok Voor Jou Deur (Afrikaans, Paperback): Met My Rooi Rok Voor Jou Deur (Afrikaans, Paperback)
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 5 - 7 working days

Die onweerstaanbare Audrey Blignault het destyds die wêreld van die Afrikaanse vrou óópgeskryf en was haar tyd vooruit. Dié unieke keur bring haar beste werk byeen, van kort sketse uit die vroeë bundels tot langer essays en verhale uit latere publikasies. Hierdie baldadige, skalkse, “onwennige ouma” skryf dalk oor vervloë dae, maar op so ’n unieke, toeganklike manier dat dit vir vandág se leser kraakvars is, en jou ten diepste raak.

'Met my rooi rok voor jou deur: ‘n Keur uit die werk van Audrey Blignault' sal voorgelees word op RSG vanaf einde Mei 2021! Die briljante Rika Sennett sal die voorleser wees.

Vlug van die Berghaan (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Vlug van die Berghaan (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Olivia Welgemoed se toekoms lyk rooskleurig: Sy is ’n mediese dokter met ’n suksesvolle praktyk en verloof aan ’n predikant met ’n gemeente wat uitsien na ’n lojale predikantspaar.

Dan kom haar pa, ’n bekende dokter van die Noord-Kaap, skielik tot sterwe. Asof sy ná ’n skeepsramp alleen in ’n reddingsboot sit, reik alle hande na haar vir hulp: haar verloofde, haar stiefma, haar stiefbroer en ’n gesondheidskliniek wat oorstroom ...

Op haar erfgrond, Koepelplaas, is daar boonop ’n vreemdeling wat volgens haar wederregtelik op die oewer van die rivier uitkamp. Hy lyk soos ’n boemelaar en word haar grootste probleem.

Beskik Olivia werklik oor die spirituele eienskappe van die berghaan soos wat die mense sê? En sal sy tussen al haar probleme en verantwoordelikhede kan leer onderskei tussen plig en ware liefde?

Moerbeibos (Afrikaans, Paperback, 3de Heruitgawe): Dalene Matthee Moerbeibos (Afrikaans, Paperback, 3de Heruitgawe)
Dalene Matthee
R340 Discovery Miles 3 400 Ships in 2 - 4 working days

Italiaanse sywurmboere word ingevoer om 'n sybedryf te kom vestig in Gouna se boswereld, maar moerbeibome verseg om in die potklei te groei. In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante geteister deur reen, koorssiekte en onbegrip, en raak hulle al meer verbitter teen die goewerment wat hulle onder valse voorwendsels in die wildernis afgelaai het. Die man wat hulle tot hulp kom, is 'n bosmens met 'n onregeerbare dogter en 'n kop vol planne - die eiesinnige Silas Miggel. Hy wil hulle op 'n skip kry, terug Italie toe.

Brisant (Afrikaans, Paperback): Hein Viljoen Brisant (Afrikaans, Paperback)
Hein Viljoen
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Hierdie bundel is ‘n postmoderne spanningsverhaal in epiese digvorm in die voetspore van moderne tekste soos Awater en The Waste Land.

Dit vertel die verhaal van die verset van ‘n baie gewone man teen sy mislukkings en teen die magte wat sy lewe beheer – ‘n verset waarin hy hom gaandeweg laat verlei om ‘n bomplanter te word.

Die sentrale temas van liefde, verraad en vergelding word uitgespeel in ‘n ryk intertekstuele verwysingsveld.

Sophia se Beskermengel (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Sophia se Beskermengel (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 5 - 7 working days

Sophia Joubert en haar skoonfamilie is na afloop van die Anglo-Boereoorlog weer vry om terug te keer na die verwoeste familieplaas – sonder vee en sonder kos. Geoffrey Doubell help die Jouberts om weer op hul voete te kom. Dié samaritaan is wel ’n halwe Engelsman, maar elke keer as Geoffrey na haar kyk, bruis Sophia se bloed en word haar wange warm.

Haar eerste liefde lê egter begrawe in die grond van Natal en Sophia is diep gekwes. Sy sien ook in Geoffrey se oë ’n treurigheid wat nie wyk nie. Dié man ken ook verlies. Durf sy nou hoop op ’n tweede liefde? Op geluk by ’n man wat haar kan aanvul en verstaan?

Daar heers egter onheilspellende spanning tussen die Jouberts en die inwoners van die buurplaas. Boonop wonder Sophia of Geoffrey werklik sy lewe met slegs een vrou kan deel, want sy is beslis nie die enigste een wat in hom belangstel nie.

Dis Ek, Anna (Afrikaans, Paperback, Uitg): Elbie Lotter Dis Ek, Anna (Afrikaans, Paperback, Uitg)
Elbie Lotter
R295 R277 Discovery Miles 2 770 Save R18 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Nielsen BookData Bookseller's Choice-prys (2005) Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan iemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is 'n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik anderkant uitgekom het. Dis ek, Anna is gebaseer op 'n ware verhaal en is ook in Engels beskikbaar as It's me, Anna. Elbie Lotter is 'n skuilnaam.

Rookskerm (Afrikaans, Paperback): Joubert Odendaal Rookskerm (Afrikaans, Paperback)
Joubert Odendaal
R220 R198 Discovery Miles 1 980 Save R22 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Wouter Wessels praktiseer as prokureur vanuit ’n omskepte woonhuis in ‘n voorstad van Pretoria. Na ‘n reeks terugslae in sy lewe, is beide sy regsloopbaan en persoonlike lewe weer besig om op koers te kom. Totdat daar op ’n gewone werksdag ‘n skynbaar gewone klient by sy praktyk instap.

Sy het egter nie die deursnee regsprobleem nie. Nadat hy haar begin bystaan, kom hy onverwags op ’n katnes van bedrog en swendelary af waarby hooggeplaastes en invloedrykes betrokke is. Skielik bars alle hel rondom hom los en sy lewe is in gevaar.

Hy betrek spoedig ’n vriendin, wat ’n joernalis by ’n dagblad is, asook ’n eksentrieke forensiese wetenskaplike om hom by te staan om dié bedrogspul te probeer ontrafel. Hy het egter nie die luukse van tyd nie, en boonop verdwyn sy sleutelgetuie skielik spoorloos.

Die  Dinge Van 'n Kind (Afrikaans, Paperback, Nuwe Boekomslag): Marita van der Vyver Die Dinge Van 'n Kind (Afrikaans, Paperback, Nuwe Boekomslag)
Marita van der Vyver
R375 R313 Discovery Miles 3 130 Save R62 (17%) Ships in 4 - 8 working days

"Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun he langs die pad. "Met die woorde lei die mooi, rebelse Dalena haar nuwe vriendin, Mart, 'n wereld in waaroor ordentlike tienermeisies net in die donker fluister. So begin 'n inisiasieproses wat met opwinding, maar ook met ontnugtering en pyn gepaard gaan. Die dinge van 'n kind is ’n onthutsende eerlike boek oor die begin van vrouwees, en die verlies van onskuld op seksuele, politieke en morele vlak.

Husky Se Bloedige Karooplaasvakansie (Afrikaans, Paperback): Hannes Haasbroek Husky Se Bloedige Karooplaasvakansie (Afrikaans, Paperback)
Hannes Haasbroek
R200 R180 Discovery Miles 1 800 Save R20 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Vier ouens, ‘n meisie in ‘n kortbroek en ‘n man in ‘n rok – so kan die hoofkarakters in die boek opgesom word.

Husky en sy drie vriende is na hul Graad 12 eindeksamen op pad na ‘n Karooplaas, Blouwater, vir ‘n heerlike vakansie van niksdoen en kuier. Die plaas behoort aan een van die vriende se pa, een van die rykste mense in die land. Langs die pad laai hulle ‘n pragtige, blonde ryloper op, ‘n meisie met ‘n verlede en ‘n .38-rewolwer in haar handsak. Sy aanvaar die uitnodiging om saam op Blouwater te gaan uitspan, min wetend dat sy in doodsgevaar gaan beland.

Op die plaas stuur alles egter op ‘n afgryslike bloedbad af. Onverklaarbare gebeurtenisse, ‘n waansinnige pastoor met sy lang swart gewaad, ‘n kerkie, grafstene, kraaie en ‘n bejaarde gravin met haar haelgeweer skep ‘n atmosfeer van spanning, misterie en Gotiek. Blouwater sal nooit weer dieselfde wees nie.

Jonk en oud sal hierdie spanningsverhaal geniet met ‘n ontknoping aan die einde wat die leser uitasem sal laat.

Skepsel (Afrikaans, Paperback): Willem Anker Skepsel (Afrikaans, Paperback)
Willem Anker
R270 R235 Discovery Miles 2 350 Save R35 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip.

’n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis.

En in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se kollega en minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie.

Willem Anker se roman Buys (2014) is bekroon met die Universiteit van Johannesburg-prys, die WA Hofmeyrprys, die kykNET-Rapportprys, die Hertzogprys en die Helgaard Steyn-toekenning. In vertaling as Red Dog was dit in 2020 op die langlys vir die International Booker Prize. Anker doseer skeppende skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch.

Merk (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Merk (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R375 R352 Discovery Miles 3 520 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kassie het geglo sy speurderdae is getel ná die Medusa-pedofielsaak, en sy hartaanval. Maar ses maande tuis bring perspektief – hy is ’n speurder in murg en been. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi: Hulle moet ’n reeksverkragter vastrek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk. 'Is die skuldige die man wat beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers laat?  

Aanspreeklikheid - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Fouche, Jaco Aanspreeklikheid - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Fouche, Jaco
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Jaco Diehl woon op Hermanus. Hy word getuie van 'n poging tot moord op sy buurvrou, en geleidelik word hy betrek by ander dade van geweld: eers op Hermanus, maar later ook op Somerset-Wes en eindelik in Kaapstad. Sy lewe is aan die disintegreer, en dit lyk nie of hy regtig omgee nie. Die hoofkarakter sleur ons al dieper mee in 'n doolhof. Wie is aanspreeklik vir die moorde, en wat is die waarheid? Of word ook die waarheid 'n storie, 'n verdoeseling wat nes Jaco nie vertrou kan word nie?  

Prooi (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Prooi (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 1
R375 R352 Discovery Miles 3 520 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein – waaruit Johnson klaarblyklik gespring het – is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting.

Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy ’n laksman vir die Stasi en KGB was.

Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?

Kringe in 'n bos (Afrikaans, Paperback): Dalene Matthee Kringe in 'n bos (Afrikaans, Paperback)
Dalene Matthee 1
R305 R286 Discovery Miles 2 860 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days
Diagnose - Hart Verloor (Afrikaans, Paperback): Madgda Schmidt Diagnose - Hart Verloor (Afrikaans, Paperback)
Madgda Schmidt
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Retha Malan sien dokter Isak Vermeulen die eerste keer toe hy ontstoke uit haar dosent se spreekkamer storm en haar amper onderstebo loop. Hy hoor lat er dat sy hom ’n brombeer noem!

Soos hulle mekaar leer ken, besef hulle hulle is geesgenote en Isak begin selfs praat van trou. Dan sien Isak vir Retha in ’n vurige omhelsing met ’n ander man. Hy konfronteer haar en sy sien sy gebrek aan vertroue onvergeeflik.

Sal liefde en vergifnis dié struikelblokke kan oorwin?

Middernag (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Middernag (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Bloemfonteinse speurder Sollie Mthembu en sy vrou, Nyandi, verwag hul tweede baba. Nes baba Naledi in haar buik, groei Nyandi se inkopielys van dag tot dag. Terwyl dié sersant planne beraam om naweekuitstappies na Mimosa Mall met sy kredietkaart te ontduik, sluip daar snags ’n psigopaat deur die strate van Harrismith wat kleuters met roomyse uit hul ouerhuise weglok en ontvoer.

Wanneer die oorskot van ’n verminkte vierjarige in ’n Fruitti Tutti-roomyskarretjie in die vroeë oggendure aan die voet van Platberg ontdek word, besluit kaptein Maartin Brummels om Parkweg se bulhond saam te sleep vir die ondersoek. Sollie lyk dalk na ’n bedeesde ou wat op die vreemdste tye oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie.

Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is 2019 met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang. Almal stem saam dat beide skrywer en speurder Sollie ’n groot aanwins tot die Afrikaanse krimikorpus is.

Hart Onder Arres (Afrikaans, Paperback): Judy Troskie Hart Onder Arres (Afrikaans, Paperback)
Judy Troskie
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Joernalis Cecile se humeur is net so warm soos haar vlamrooi hare en kaptein Ruan de Wet laat dit elke keer opvlam. Cecile is nuut by die plaaslike koerant en niks gaan haar keer om die scoop te kry oor die diefstal van die blou diamante nie.

Dit plaas haar egter direk in die spervuur. En dan dreig haar hart boonop om sag te word om Ruan.

Gaan hy haar hart kan vasboei of gaan sy weereens eerder vlug as veg?

Versamelaar Van Verlore Drome (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Versamelaar Van Verlore Drome (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lyra en Andante is in Venesië in die Karnavaltyd, op soek na waardevolle antieke items wat vir hulle nie net estetiese of geskiedkundige waarde het nie, maar ook persoonlike en sentimentele betekenis het.

Hulle soektog lewer egter raaisels en probleme op wat konflik tussen hulle veroorsaak, geheime wat hulle verhouding affekteer, en antwoorde wat hulle albei seermaak.

Sal begrip en vergifnis genoeg wees om hulle liefde vir mekaar te red?

Leer my liefkry (Afrikaans, Paperback): Louise van der Merwe Leer my liefkry (Afrikaans, Paperback)
Louise van der Merwe
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

“Hy voel hoe haar klein hande soekend onder sy hemp probeer inkruip. Hy staan net ’n aks van haar af terug en trek sy hemp met een beweging oor sy kop voor hy haar weer tot styf teen hom aantrek en hy weer haar mond opsoek. Haar knieë knak liggies en hy trek haar stywer teen hom om haar te steun. So deur die soen du hy haar terug na die groot bed toe. Haar oë rek groot toe hy haar optel en op die bed neer sit. “Ek sal niks doen wat jou ongemaklik maak nie. Ek belowe. As my hande te verdwaal, vat dit weg. As jy ongemaklik voel en wil stop, sê my. Ek is in jou hande.”

Sy knik haar kop en vat inisiatief om sy kop nader te trek vir ’n soen. Bliksem, hierdie vrou weet nie wat sy aan hom doen nie! Haar hande is oral op sy bors en arms en hy stut homself so dat sy die toegang het na wat sy verlang. Hy probeer seker maak sy is gewoond aan hom voor hy sy eie verkenningstog begin waarna hy so smag. Hy sis deur sy tande toe sy liggies met haar naels oor sy rugspiere trek en eis weer haar mond op. Sy hand skuif onder haar toppie in en hy sprei sy hand gretig oor haar plat maag en heupe.

Sy kreun toe hy die soen verbreek om sy kop in haar nek te druk en haar sagte vel daar te soen en proe. Stadig, sonder om haar te laat skrik, vou hy sy hand oor haar bors. Die materiaal is van kant en haar bors pas perfek in sy hand. Hy beweeg oor na haar ander bors en dit is haar beur t om deur haar tande te sis.”.

Liham Vermaak, ’n suksesvolle entrepreneur, se streng reëls en koue houding keer dat ’n vrou deel word van sy lewe. Tot Landrie in sy lewe instap.

Landrie wil die wêreld gaan sien en nie gering geskat word as ’n ernstige besigheidsvrou nie. Al maak Liham dit hoe moeilik, gaan sy haar nie laat afgeskrik nie. Maar haar behoef te om hom te leer liefkry word groter as haar droom om die sakewêreld te verower.

Gaan hulle ’n plek in mekaar se harte kan vind?

Liefde in die Lug (Afrikaans, Paperback): Alma Carstens Liefde in die Lug (Afrikaans, Paperback)
Alma Carstens
R110 R86 Discovery Miles 860 Save R24 (22%) Ships in 7 - 11 working days

Vir Armin en Gia is dit liefde met die eerste oogopslag toe hulle op ’n vlug tussen Dub ai en Londen ontmoet, maar die noodlot gryp in. Toe hulle mekaar vyf jaar later weer op ’n vlug raakloop, is Gia getroud.

Byna drie jaar later kruis hulle paaie weer en alhoewel Gia intussen geskei is, is Ar min nou verloof. Sal die vonk tussen hulle dié keer behoorlik ontvlam? En wat van die geheim wat Gia tenalle koste van Armin wil weerhou?

Die Huis op die Hoek (Afrikaans, Paperback): Madeleine Louw Blignault Die Huis op die Hoek (Afrikaans, Paperback)
Madeleine Louw Blignault
R300 R255 Discovery Miles 2 550 Save R45 (15%) Ships in 7 - 11 working days

Dit is 1950 en Pasgatyd in Oudtshoorn. Leah Abrams, ’n jong entoesiastiese navorser in antieke tale, kuier by haar Joodse rabbi pa en sy tweede vrou, Daniela. Hulle is albei navorsers oor, onder andere, die geskiedenis van Israel. Maar daar heers konflik in die huis want Leah wil gesels oor die Messias wie sy leer ken het in haar studies, en haar Joodse gesin is nie ontvanklik daarvoor nie.

Diverse kultuur- en geloofsgroepe en na-oorlogse politieke kwessies skep ook probleme vir die Abrams-gesin en hul tuisdorp. ’n Sluipmoordaanval krap wonde en geheime in die dorp en Leah se gesin oop en die plaaslike polisie se vooroordele help nie die ondersoek na die skuldige aan nie …

Leah is oorweldig deur seer en onsekerheid. Maar sy begin stadig maar seker by mense wie sy nooit sou verwag het leer dat vergifnis, verhoudings en liefde die dinge is wat mense bymekaar bring, ongeag van hulle stand of kultuur. Sy besef ook met die hulp van ander dat God nie tussen die blaaie van ’n boek leef nie, maar in jou hart. Dalk het die Here nog heeltyd ’n ander plan gehad vir die mense in Die huis op die hoek.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Management of Soil Problems
Khan Towhid Osman Hardcover R4,001 Discovery Miles 40 010
Approximation with Positive Linear…
Vijay Gupta, Gancho Tachev Hardcover R3,567 Discovery Miles 35 670
Modern Computational Techniques for…
Krishan Arora, Vikram Kumar, … Hardcover R3,955 Discovery Miles 39 550
Handbook of Polymer Nanocomposites…
Kamal K. Kar, Jitendra K. Pandey, … Hardcover R5,996 Discovery Miles 59 960
Time-Frequency Analysis Techniques and…
Ram Bilas Pachori Hardcover R3,175 Discovery Miles 31 750
Changing Spatial Elements in Chinese…
Lei Wang Hardcover R3,021 Discovery Miles 30 210
Game Theory for Managing Security in…
Laobing Zhang, Genserik Reniers Hardcover R1,597 Discovery Miles 15 970
Works of Art and Artists in England
Gustav Friedrich Waagen Paperback R649 Discovery Miles 6 490
Theory and Practice of Soil Loss Control…
J. C. Zhang, D.L. DeAngelis, … Hardcover R4,608 Discovery Miles 46 080
Seven Votes - How WWII Changed South…
Richard Steyn Paperback  (1)
R300 R254 Discovery Miles 2 540

 

Partners