0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (6)
  • R50 - R100 (21)
  • R100 - R250 (210)
  • R250 - R500 (508)
  • R500+ (18)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction

Draairivier (Afrikaans, Paperback): Engela Ovies Draairivier (Afrikaans, Paperback)
Engela Ovies
R299 R267 Discovery Miles 2 670 Save R32 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Draairivier, Engela Ovies se debuutroman, is ’n deernisvolle verhaal oor familie, vriendskap, liefde en vergifnis. 

Flora (Afrikaans, Paperback): Engela Ovies Flora (Afrikaans, Paperback)
Engela Ovies
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) In Stock

Flora Beukes woon saam met haar pa Frans, ma Siena en drie jonger sibbe op die Myburghs se plaas, Vlakpoort, ’n klipgooi ver van Keimoes. Siena is bekommerd oor Frans wat te veel tyd oor naweke saam met hul buurman, Jan Olyn, langs die bierpotte deurbring en dan laataand besope soos ’n besetene kom moles maak by hulle rietdakhuis.

Tydens die Kersvakansie van 1982, terwyl Siena besig is om planne te maak om van Frans te skei, word die gesin onvermydelik en tragies uitmekaar geruk. Flora voel verantwoordelik vir haar jonger broers en suster se welstand, maar in die herberg op Doringvlei word die kinders se lewens verder omvergegooi wanneer hulle van mekaar geskei word.

Flora, Engela Ovies se tweede roman, is ’n hartroerende verhaal oor ’n dapper twaalfjarige se liefde vir haar sibbe en die opofferings langs die pad om haar ma se droom te laat waar word. Eerlik, deernisvol en opreg soos die oop vlaktes van die Noord-Kaap.

Drome het ook Asem (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Drome het ook Asem (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Duncan Weston, eienaar van Soeterwijn, voel of hy uit homself kan stap. Hoe kan ’n mens alles hê en tog voel asof jy niks het nie?  ’n Vakansie weg van sy alledaagse roetine is wat hy nodig het. In Rome wag Isabel Haasen hom by die lughawe in. Ondanks haar kil houding voel Duncan intuïtief tuis in haar geselskap, maar daar is iets wat sy  wegsteek . . .

Drome het ook asem se karakters en intrige beloof om lesers te boei en te betower. ’n Fyn genuanseerde verhoudingsroman vir volwassenes.

Weg is nie 'n plek nie (Afrikaans, Paperback): Santie van der Merwe Weg is nie 'n plek nie (Afrikaans, Paperback)
Santie van der Merwe
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Natasja bevind haar vroegoggend op die snelweg, tien ure noord van Kaapstad. Al haar besittings is agter in die kar en sy sweer sy sit haar voete nooit weer naby Johnny nie. Eers nadat sy op die N18 afgedraai het, onthou Natasja: George, haar pa se boesemvriend, woon nog op Lelievlei. Miskien moet sy gaan aanklop?

In dié aangrypende roman herinner die skrywer ons hoe die liefde ons almal raak. En soms skenk die heelal vir jou ’n beskermengel wanneer jy dit die nodigste het.

Donkermaan (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Donkermaan (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

1991. Israel in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind. En ’n geskikte rekruut vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir Siriese missiele.

Die kandidaat: Ruth Heyns, doktorsgraadstudent in Tel Aviv. Maar sy trek die aandag van Teenspioenasie se ervare Gunther Eckhardt en die toenemende agterdog van die Lugmag-liaison, kolonel Leon Rutger...

Die Ooggetuie (Afrikaans, Paperback): Wilna Roux Die Ooggetuie (Afrikaans, Paperback)
Wilna Roux
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie.  Om dinge nog meer te kompliseer is Julia heimlik daarvan oortuig dat die aangeklaagde skuldig is aan moord.

Dié pakkende hofdrama speel af in die Boland – die eerste in die nuwe reeks met die regsgeleerde Julia Blomerus in die hoofrol.

Die Dood Van Rachel April (Afrikaans, Paperback): P.P. Fourie Die Dood Van Rachel April (Afrikaans, Paperback)
P.P. Fourie
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Joernalis en meestersstudent Rachel April se lyk word gevind met ’n steekwond in haar hart. Lesea du Plessis, ’n medestudent, stel ondersoek in. Sy het Rachel se dogtertjie belowe sy sal uitvind wat met haar ma gebeur het.

Dit blyk dat Rachel tydens ’n internskap by die Anglo-Boereoorlogmuseum iets ontdek het. Maar wat kan dit wees?

Gou raak dit duidelik iemand wil keer dat Lesea en haar aanneemboetie die waarheid oor Rachel se moord ontbloot. En nou is hulle self in doodse gevaar.

Haas en Harriët (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Haas en Harriët (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Mila Verster is ’n suksesvolle entrepreneur in haar vyftigs. Haar dogter, Tami, word eersdaags agttien, en Mila is gereed vir ’n nuwe hoofstuk. Wanneer Tami een middag spoorloos verdwyn, word Mila genoop om die sluier oor die verlede te lig, die gebeure te herbesoek en te ontrafel. Maar al genees tyd sommige wonde, bly die letsels rou en die pad na vergifnis kom teen ’n prys.

Haas en Harriët is ’n hartroerende roman oor onvolmaakte ouerskap.

Cara (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Cara (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Cara is ná twee wêreldoorloë eindelik op pad terug na haar geboorteland. Sy is destyds wettig deur die Du Toits aangeneem en sy en Clarabelle het  saam grootgeword. Na haar weggaan het die twee gereeld gekorrespondeer, maar later het die oorlog tussenbeide gekom. Sy word goed ontvang en almal is begaan oor haar welstand, maar sy bly verward en eensaam. Vir haar voel dit soms of sy vir die res van haar lewe op reis sal wees. Het sy eindelik haar bestemming bereik? Tyd sal wel leer.

Die Laaste Leuen (Afrikaans, Paperback): Anita du Preez Die Laaste Leuen (Afrikaans, Paperback)
Anita du Preez
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sophia het weer een van die episodes gehad waar sy eenvoudig wegraak. Asof sy in die put is waarin sy as kind met haar troetelkuiken, Rebecca, geval het. Swart. Niks.

Toe sy bykom, vind sy haar man, die popster Max Bladen, met ’n bloederige wond aan sy kop. Wie het Max reg hier in hul leefkamer aangeval? Dit kan tog nie wees dat sý . . .?

Te midde van ’n mediasirkus, word Sophia gearresteer. En sy sal bitter vinnig ’n manier moet vind om haar onskuld te bewys – al kan sy niks onthou nie.

Kronkelpad (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): Irma Joubert Kronkelpad (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Irma Joubert
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Deernisvolle roman oor die kronkelpaaie van die lewe en die liefde. Marco Romanelli, ’n Italianer wat in ’n konsentrasiekamp was, gaan woon in 1948 om gesondheidsredes in die Bosveld. Daar ontmoet hy vir dr. Lettie Viljoen. Die liefde blom tussen hulle . . . maar dan breek die polio-epidemie van die jare vyftig uit.

Is Jy Orraait, Elizabeth? (Afrikaans, Paperback): Rozaan de Wet Boer Is Jy Orraait, Elizabeth? (Afrikaans, Paperback)
Rozaan de Wet Boer
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Is jy orraait, Elizabeth? is ’n verhaal oor drie vroue wat dekades lank bevriend is en elkeen met hulle eie persoonlike probleme en gesinskwessies worstel. Dit is ’n roman wat diep menslike ervarings en die kompleksiteit van interpersoonlike verhoudings ondersoek.

Want niemand ken jou diepste seer en jou moordende baklei teen die houe van die lewe so goed soos ’n naby vriendin nie. Sy koester jou en beskerm jou, selfs teen jouself.

Die Rooi Angelier (Afrikaans, Paperback): Eleanor Baker, Alex Muller Die Rooi Angelier (Afrikaans, Paperback)
Eleanor Baker, Alex Muller
R270 R195 Discovery Miles 1 950 Save R75 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Speurder Adriaan Kruger is op die spoor van ’n moordenaar wat só pynlik netjies te werk gaan dat hy oënskynlik geen leidrade agterlaat nie. Boonop lyk dit asof die moordenaar doelbewus kat-en-muis met hom speel. Sal hy die moordenaar kan vastrek voordat dié weer toeslaan?

Dié senutergende misdaadondersoek waarin Adriaan gewikkel is, sal die leser aan die raai hou tot en met die heel laaste bladsy.

Sarah Plus Een (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Sarah Plus Een (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sarah het geen begeerte om met grasie oud te word nie. Sy dra onpaar oorbelle, ’n groot sonbril en haar hare is bloedrooi gekleur. Wat sy wel nie op haar ouderdom verwag het nie, is om na haar 55ste martriekreünie genooi te word. En boonop vereis die uitnodiging dat sy ’n metgesel saambring  – wat sy, ’n weduwee, wáár moet kry? Sy is nuuskierig oor die affêre, maar om na haar grootworddorp terug te keer gaan ou wonde oopkrap. En sy gaan vir Franco, die hartevertrapper, weer in die oë moet kyk!

Hou Jou Oe Oop (Afrikaans, Paperback): Brian Fredericks Hou Jou Oe Oop (Afrikaans, Paperback)
Brian Fredericks
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ricardo woon in Kewtown saam sy ma, ouer broer, Anton, en sussie, Tracy, wat deurmekaar is met die gangster van die blokke, Capone. Maar voor Ricardo sy oë uitvee, is beide sy ma en broer oorlede, en eindig hy op in ’n wendyhuis agter op Capone se jaart.

Hoe moet hy maak, as hy nie eers vir sy girlfriend, Mentha, ’n bord warm kos kan aanbied of ’n Sealy Posturepedic vir hulle kan koop nie?

’n Meesleurende bildungsroman deur die bekroonde skrywer van As die Cape Flats kon praat.

Drie Moorde in die Baai (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Drie Moorde in die Baai (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die Strandlopergastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in ’n misdaadtoneel.

Bianca probeer haarself as verdagte uitskakel en die regte boosdoener aan die kaak stel, maar dit veroorsaak ’n hele reeks onvoorsiene gebeure . . .  

Dié spanningsvolle en skerpsinnige intrige is boonop propvol kwinkslae én ontluikende romanse.

Die Kleine Klitse (Afrikaans, Paperback): Bonham Jayden Jimmy Kukari Die Kleine Klitse (Afrikaans, Paperback)
Bonham Jayden Jimmy Kukari
R95 R88 Discovery Miles 880 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Kom ontmoet die mense van Volksvreemd, ’n gemeenskap in die Bruinstad van Suid-Afrika. Hulle is ’n hegte klomp, al kan hulle ook heerlik oor mekaar skinder.

Die vurige en ondeunde Marie is ’n tipiese 12-jarige-effens aan die katterige kant, meestal selfbehep, dikwels in die moeilikheid. Sy maak haar streng Oupa Martinus en godvresende Ouma Hettie mal! Wanneer gaan sy leer dat die lewe nie net om haar draai nie, en dat ’n mens soms opofferinge moet maak om ander te help wat nie so bevoorreg is soos jy nie?

Marie se neef, Leroy, is baie wyser as wat sy ouderdom verklap. Ou Wouks, die suinige buurman wat homself sien as ’n sjarmante heer, en Lêven, die dorpie se grapjas, sorg vir kleur in die alledaagse doen en late van Volksvreemd.

Die kleine klitse is ’n verhaal van hoop – ’n vars, humoristiese storie oor wat dit werklik beteken om deel te wees van ’n gemeenskap.

Die Verdwyning van Billy Katz (Afrikaans, Paperback): Chris Karstens Die Verdwyning van Billy Katz (Afrikaans, Paperback)
Chris Karstens
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier voete in 'n Checkers-sak in 'n openbare tuin gevind word. Lou Pepler, eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met 'n saak wat hy 20 jaar gelede ondersoek het - die verdwyning van Billy Katz, rykmanseun en rokjagter. Ella se soektog lei na 'n begrafnisonderneming in Turffontein en die Pottas-familie. Maar hoe hou die voete verband met Billy Katz se verdwyning en die saak wat Lou sy loopbaan en amper sy lewe gekos het?

Klein Konings (Afrikaans, Paperback): Theo Kemp Klein Konings (Afrikaans, Paperback)
Theo Kemp
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

Min weet die staatsamptenare Pixley en Joubert wat op hulle wag toe Minister hulle na ’n vergadering genaamd “Removal of Monuments” ontbied. Dié twee amptenare se agtergrond is so uiteenlopend soos kan kom: Pixley is afkomstig van die Zoeloe-adelstand, terwyl Joubert glo van sy betoorgrootmoeder se kant afstam van generaal Piet Joubert. Minister se opdrag: Al die apartheid- en koloniale standbeelde, simbole en monumente moet verskuif word.

Pixley en Joubert moet deur die land reis en die ongewenste monumente besoek, die situasie evalueer, en dan met ’n plan vorendag kom oor hoe dit gedoen sal word. Die tydsberekening vir die toer is nie goed vir Joubert nie: Sy siek pa (Pompies, wat op sy dag ’n waterwyser was) trek by hom en sy vrou, Alet, in. Alet is ’n medium en nou met Pompies in die huis, maak Joubert se ma se gees ook haar verskyning. Ook vir Pixley is die tyd nie eintlik geleë nie: Hy is nie seker waar hy staan met sy droomvrou, Memory, nie. Die Rwandese kunstenaar uit Nederland wat hy, toe hy haar vir die eerste keer ’n snoekerstok sien vashou, geweet het kán naai.

Soos wat Pixley en Joubert vorder met hulle toer op soek na ’n geskiedenis waarvan sommiges eerder wil vergeet, kom besoek hulle persoonlike geskiedenisse hulle ook. Geheime word onthul, maar nog meer vrae en raaisels ontstaan.

Sewe-en-Veertig (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Sewe-en-Veertig (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sarah Fourie kry halfvier op ’n koue wintersoggend ’n oproep van Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae. Sarah moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help.

Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot. Sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke moet saam – sy jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar in die moederstad skuil.

Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou stilweg tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste salig onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei.

Nog ’n verbluffende roman deur die meester-krimiskrywer Irma Venter.

Die Ongelooflike Onskuld van Dirkie Verwey - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Charl-Pierre Naude Die Ongelooflike Onskuld van Dirkie Verwey - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Charl-Pierre Naude
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op 'n dag in die vroee sewentigs bemerk 'n afgelee Noord-Kaapse gemeenskap 'n gebou in hul midde waar voorheen net 'n stuk braakgrond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . .

Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een maal lewe, oor die jong man wat so skaam is dat hy nie op foto's kan vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van 'n paartjie wie se lewenspaaie net vir 'n paar sekondes gekruis het.

Met ander woorde (Afrikaans, Paperback): Wilna Adriaanse Met ander woorde (Afrikaans, Paperback)
Wilna Adriaanse
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toe Kristina een aand vermis raak nadat sy gaan draf het, bel haar huismaats die polisie. Hulle kry haar in die vroeë oggendure teen die berg. Sy kan nie onthou wat met haar gebeur het nie; daar is ook geen verklaring vir die drastiese persoonlikheidsverandering wat sy ondergaan het nie. Ten einde raad word die hulp van psigiater Ben Krige ingeroep. By sy kliniek is Kristina vir hom soos ’n labirint–vreemd en onbekend. Al wat hulle het, is woorde. Maar geleidelik breek woorde alle grense af.

Om my Kastele in Spanje te Sloop (Afrikaans, Paperback): Jaco Barnard-Naudé Om my Kastele in Spanje te Sloop (Afrikaans, Paperback)
Jaco Barnard-Naudé
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Jaco Barnard-Naudé se digdebuut betrek ’n wye verskeidenheid temas: queer identiteit, die trauma van kinderjare, en die verhouding tussen ouers en seun. Deurgaans vloei die digterlike geheue soos ’n leitmotiv deur die verse. Die bundel getuig van ’n soepel en gespierde taalaanvoeling, en tree dikwels in gesprek met ander digters, filosowe en musici. ’n Diep-gelade emosionele bewussyn vibreer regdeur die bundel – getuienis van ’n uitsonderlike nuwe digter-denker ter plaatse.

Liefde en Verset (Afrikaans, Paperback): Andre le Roux Liefde en Verset (Afrikaans, Paperback)
Andre le Roux
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

André le Roux se tweede digbundel verskyn 47 jaar ná sy debuut, Struisbaai-blues, wat kort ná publikasie in 1977 verbied is. Nou skryf hy met selfs skerper eerlikheid oor die liefde, begeerte, verlange en vreugde. Meer nog: oor die afslyt van die liggaam en die insig wat leefervaring bring. Hy tree in gesprek met mededigters soos Krog, Breytenbach, Bukowski, Van Wyk Louw, Cohen, cummings en Neruda, en steek kers op by die Oosterse meesters.

Le Roux se verse spreek van universele menslikheid en deernis, met bytende humor en selfspot. Hy verken ’n landskap van verval en vervreemding – nie sonder verset nie.

Deja vu (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Deja vu (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R360 R285 Discovery Miles 2 850 Save R75 (21%) In Stock

Wat skuil agter die Sheldon-fortuin?

Zabeth Meyer beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In sy skatryk familie se Victoriaanse herehuis, Sheldon Manor, kom sy al hul vreemde tragedies en intriges teë: Eers verdrink die oudste Sheldonkleinkind, en ’n paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag.

Net een erfgenaam van die Sheldon-fortuin bly oor: Die onbekwame Keith. En Ethel, die familiematriarg, is al in haar tagtigs.

Kort ná Zabeth se aankoms gebeur daar nog ’n ongeluk by Sheldon Manor en skielik lyk gebeure van vyf en twintig jaar gelede heel anders ...

Tussen Zabeth, Wilbur en die aantreklike Liam Sheldon moet hulle die dinastie se donker geheime en hul elkeen se eie verlede ontrafel voordat nog iemand seerkry.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Czech Republic Workbook of Affirmations…
Alan Haynes Paperback R479 Discovery Miles 4 790
Lectures on Topics Connected With…
Edward John Phelps Paperback R376 Discovery Miles 3 760
An Outline History of Greece
John Heyl Vincent Paperback R461 Discovery Miles 4 610
Damask Floral Workbook of Affirmations…
Alan Haynes Paperback R479 Discovery Miles 4 790
Lectures on the Atheistic Controversy…
Benjamin Godwin Paperback R572 Discovery Miles 5 720
Advertising & Marketing Sales…
Success Experts Paperback R477 Discovery Miles 4 770
BABADADA, American English - Swahili…
Babadada Gmbh Paperback R803 Discovery Miles 8 030
The Memoirs of Jaxx Affirmations…
Affirmations World Paperback R476 Discovery Miles 4 760
How to Educate Yourself - With or…
George Cary Eggleston Paperback R420 Discovery Miles 4 200
Baby Ultrasound Workbook of Affirmations…
Alan Haynes Paperback R479 Discovery Miles 4 790

 

Partners