![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
Draairivier, Engela Ovies se debuutroman, is ’n deernisvolle verhaal oor familie, vriendskap, liefde en vergifnis.
Flora Beukes woon saam met haar pa Frans, ma Siena en drie jonger sibbe op die Myburghs se plaas, Vlakpoort, ’n klipgooi ver van Keimoes. Siena is bekommerd oor Frans wat te veel tyd oor naweke saam met hul buurman, Jan Olyn, langs die bierpotte deurbring en dan laataand besope soos ’n besetene kom moles maak by hulle rietdakhuis. Tydens die Kersvakansie van 1982, terwyl Siena besig is om planne te maak om van Frans te skei, word die gesin onvermydelik en tragies uitmekaar geruk. Flora voel verantwoordelik vir haar jonger broers en suster se welstand, maar in die herberg op Doringvlei word die kinders se lewens verder omvergegooi wanneer hulle van mekaar geskei word. Flora, Engela Ovies se tweede roman, is ’n hartroerende verhaal oor ’n dapper twaalfjarige se liefde vir haar sibbe en die opofferings langs die pad om haar ma se droom te laat waar word. Eerlik, deernisvol en opreg soos die oop vlaktes van die Noord-Kaap.
Duncan Weston, eienaar van Soeterwijn, voel of hy uit homself kan stap.
Hoe kan ’n mens alles hê en tog voel asof jy niks het
nie? ’n Vakansie weg van sy alledaagse roetine is wat hy
nodig het. In Rome wag Isabel Haasen hom by die lughawe in. Ondanks
haar kil houding voel Duncan intuïtief tuis in haar geselskap, maar
daar is iets wat sy wegsteek . . .
Natasja bevind haar vroegoggend op die snelweg, tien ure noord van
Kaapstad. Al haar besittings is agter in die kar en sy sweer sy sit
haar voete nooit weer naby Johnny nie. Eers nadat sy op die N18
afgedraai het, onthou Natasja: George, haar pa se boesemvriend, woon
nog op Lelievlei. Miskien moet sy gaan aanklop?
1991. Israel in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit
Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind. En ’n geskikte rekruut
vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige
radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir
Siriese missiele.
Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op
Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort,
moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy
gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie.
Om dinge nog meer te kompliseer is Julia heimlik daarvan oortuig dat
die aangeklaagde skuldig is aan moord.
Joernalis en meestersstudent Rachel April se lyk word gevind met ’n
steekwond in haar hart. Lesea du Plessis, ’n medestudent, stel
ondersoek in. Sy het Rachel se dogtertjie belowe sy sal uitvind wat met
haar ma gebeur het.
Is jy orraait, Elizabeth? is ’n verhaal oor drie vroue wat dekades lank
bevriend is en elkeen met hulle eie persoonlike probleme en
gesinskwessies worstel. Dit is ’n roman wat diep menslike ervarings en
die kompleksiteit van interpersoonlike verhoudings ondersoek.
Speurder Adriaan Kruger is op die spoor van ’n moordenaar wat só pynlik
netjies te werk gaan dat hy oënskynlik geen leidrade agterlaat nie.
Boonop lyk dit asof die moordenaar doelbewus kat-en-muis met hom speel.
Sal hy die moordenaar kan vastrek voordat dié weer toeslaan?
Sarah het geen begeerte om met grasie oud te word nie. Sy dra onpaar
oorbelle, ’n groot sonbril en haar hare is bloedrooi gekleur. Wat sy
wel nie op haar ouderdom verwag het nie, is om na haar 55ste
martriekreünie genooi te word. En boonop vereis die uitnodiging dat sy
’n metgesel saambring – wat sy, ’n weduwee, wáár moet kry? Sy is
nuuskierig oor die affêre, maar om na haar grootworddorp terug te keer
gaan ou wonde oopkrap. En sy gaan vir Franco, die hartevertrapper, weer
in die oë moet kyk!
Mila Verster is ’n suksesvolle entrepreneur in haar vyftigs. Haar
dogter, Tami, word eersdaags agttien, en Mila is gereed vir ’n nuwe
hoofstuk. Wanneer Tami een middag spoorloos verdwyn, word Mila genoop
om die sluier oor die verlede te lig, die gebeure te herbesoek en te
ontrafel. Maar al genees tyd sommige wonde, bly die letsels rou en die
pad na vergifnis kom teen ’n prys.
Cara is ná twee wêreldoorloë eindelik op pad terug na haar
geboorteland. Sy is destyds wettig deur die Du Toits aangeneem en sy en
Clarabelle het saam grootgeword. Na haar weggaan het die twee
gereeld gekorrespondeer, maar later het die oorlog tussenbeide gekom.
Sy word goed ontvang en almal is begaan oor haar welstand, maar sy bly
verward en eensaam. Vir haar voel dit soms of sy vir die res van haar
lewe op reis sal wees. Het sy eindelik haar bestemming bereik? Tyd sal
wel leer.
Sophia het weer een van die episodes gehad waar sy eenvoudig wegraak.
Asof sy in die put is waarin sy as kind met haar troetelkuiken,
Rebecca, geval het. Swart. Niks.
’n Deernisvolle roman oor die kronkelpaaie van die lewe en die liefde.
Marco Romanelli, ’n Italianer wat in ’n konsentrasiekamp was, gaan woon
in 1948 om gesondheidsredes in die Bosveld. Daar ontmoet hy vir dr.
Lettie Viljoen. Die liefde blom tussen hulle . . . maar dan breek
die polio-epidemie van die jare vyftig uit.
Ricardo woon in Kewtown saam sy ma, ouer broer, Anton, en sussie, Tracy, wat deurmekaar is met die gangster van die blokke, Capone. Maar voor Ricardo sy oë uitvee, is beide sy ma en broer oorlede, en eindig hy op in ’n wendyhuis agter op Capone se jaart. Hoe moet hy maak, as hy nie eers vir sy girlfriend, Mentha, ’n bord warm kos kan aanbied of ’n Sealy Posturepedic vir hulle kan koop nie? ’n Meesleurende bildungsroman deur die bekroonde skrywer van As die Cape Flats kon praat.
Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die
Strandlopergastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete
gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in ’n
misdaadtoneel.
Kom ontmoet die mense van Volksvreemd, ’n gemeenskap in die Bruinstad van Suid-Afrika. Hulle is ’n hegte klomp, al kan hulle ook heerlik oor mekaar skinder. Die vurige en ondeunde Marie is ’n tipiese 12-jarige-effens aan die katterige kant, meestal selfbehep, dikwels in die moeilikheid. Sy maak haar streng Oupa Martinus en godvresende Ouma Hettie mal! Wanneer gaan sy leer dat die lewe nie net om haar draai nie, en dat ’n mens soms opofferinge moet maak om ander te help wat nie so bevoorreg is soos jy nie? Marie se neef, Leroy, is baie wyser as wat sy ouderdom verklap. Ou Wouks, die suinige buurman wat homself sien as ’n sjarmante heer, en Lêven, die dorpie se grapjas, sorg vir kleur in die alledaagse doen en late van Volksvreemd. Die kleine klitse is ’n verhaal van hoop – ’n vars, humoristiese storie oor wat dit werklik beteken om deel te wees van ’n gemeenskap.
Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier voete in 'n
Checkers-sak in 'n openbare tuin gevind word. Lou Pepler,
eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met 'n
saak wat hy 20 jaar gelede ondersoek het - die verdwyning van Billy
Katz, rykmanseun en rokjagter. Ella se soektog lei na 'n
begrafnisonderneming in Turffontein en die Pottas-familie. Maar hoe hou
die voete verband met Billy Katz se verdwyning en die saak wat Lou sy
loopbaan en amper sy lewe gekos het?
Min weet die staatsamptenare Pixley en Joubert wat op hulle wag toe Minister hulle na ’n vergadering genaamd “Removal of Monuments” ontbied. Dié twee amptenare se agtergrond is so uiteenlopend soos kan kom: Pixley is afkomstig van die Zoeloe-adelstand, terwyl Joubert glo van sy betoorgrootmoeder se kant afstam van generaal Piet Joubert. Minister se opdrag: Al die apartheid- en koloniale standbeelde, simbole en monumente moet verskuif word. Pixley en Joubert moet deur die land reis en die ongewenste monumente besoek, die situasie evalueer, en dan met ’n plan vorendag kom oor hoe dit gedoen sal word. Die tydsberekening vir die toer is nie goed vir Joubert nie: Sy siek pa (Pompies, wat op sy dag ’n waterwyser was) trek by hom en sy vrou, Alet, in. Alet is ’n medium en nou met Pompies in die huis, maak Joubert se ma se gees ook haar verskyning. Ook vir Pixley is die tyd nie eintlik geleë nie: Hy is nie seker waar hy staan met sy droomvrou, Memory, nie. Die Rwandese kunstenaar uit Nederland wat hy, toe hy haar vir die eerste keer ’n snoekerstok sien vashou, geweet het kán naai. Soos wat Pixley en Joubert vorder met hulle toer op soek na ’n geskiedenis waarvan sommiges eerder wil vergeet, kom besoek hulle persoonlike geskiedenisse hulle ook. Geheime word onthul, maar nog meer vrae en raaisels ontstaan.
Sarah Fourie kry halfvier op ’n koue wintersoggend ’n oproep van Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae. Sarah moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot. Sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke moet saam – sy jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar in die moederstad skuil. Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou stilweg tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste salig onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei. Nog ’n verbluffende roman deur die meester-krimiskrywer Irma Venter.
Op 'n dag in die vroee sewentigs bemerk 'n afgelee Noord-Kaapse gemeenskap 'n gebou in hul midde waar voorheen net 'n stuk braakgrond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . . Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een maal lewe, oor die jong man wat so skaam is dat hy nie op foto's kan vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van 'n paartjie wie se lewenspaaie net vir 'n paar sekondes gekruis het.
Toe Kristina een aand vermis raak nadat sy gaan draf het, bel haar
huismaats die polisie. Hulle kry haar in die vroeë oggendure teen die
berg. Sy kan nie onthou wat met haar gebeur het nie; daar is ook geen
verklaring vir die drastiese persoonlikheidsverandering wat sy
ondergaan het nie. Ten einde raad word die hulp van psigiater Ben Krige
ingeroep. By sy kliniek is Kristina vir hom soos ’n labirint–vreemd en
onbekend. Al wat hulle het, is woorde. Maar geleidelik breek woorde
alle grense af.
Jaco Barnard-Naudé se digdebuut betrek ’n wye verskeidenheid temas:
queer identiteit, die trauma van kinderjare, en die verhouding tussen
ouers en seun. Deurgaans vloei die digterlike geheue soos ’n leitmotiv
deur die verse. Die bundel getuig van ’n soepel en gespierde
taalaanvoeling, en tree dikwels in gesprek met ander digters, filosowe
en musici. ’n Diep-gelade emosionele bewussyn vibreer regdeur die
bundel – getuienis van ’n uitsonderlike nuwe digter-denker ter plaatse.
André le Roux se tweede digbundel verskyn 47 jaar ná sy debuut,
Struisbaai-blues, wat kort ná publikasie in 1977 verbied is. Nou skryf
hy met selfs skerper eerlikheid oor die liefde, begeerte, verlange en
vreugde. Meer nog: oor die afslyt van die liggaam en die insig wat
leefervaring bring. Hy tree in gesprek met mededigters soos Krog,
Breytenbach, Bukowski, Van Wyk Louw, Cohen, cummings en Neruda, en
steek kers op by die Oosterse meesters.
Wat skuil agter die Sheldon-fortuin? |
You may like...
|