![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
Die moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger verhuis saam met sy nuwe vrou
na Overberg, ’n dorpie in die Suid-Kaap. Daar ontdek hy gou onheil is
nie beperk tot die grootstad nie. Die egpaar is nog besig om hul voete
te vind toe hy skielik gekonfronteer word met ’n
Annelie Botes se afsterwe op 12 Desember 2024 het die einde van ’n era
ingelui. ’n Era van byna meer as twee dekades waarin sy gedagtes,
opinies en insigte oor die lewe met ’n toegewyde lesersgehoor gedeel
het. Vir Afrikaans lesers was haar weeklikse rubrieke ’n bron waaruit
hulle mildelik geskep het om sin te maak van die wêreld en om
inspirasie te vind sodat hul eie skale kon balanseer.
Drie van die die geliefde Ena Murray se heel beste speur- en
spanningsverhale word hier byeengebring:
Soms lê ek in my bed, my lyf opgekrul om herinneringe aan hom, totdat
dit voel asof die woonstel se dak oplig en die mure wegval en ek omhels
word deur die nag se fluweelsagte duisternis. Dan dryf ek uit my lyf,
tot in die buitenste ruim waar my ouers glo al vir dekades lank saam
met ruimterommel en stukkies meteoriet, al om en om ’n hemelliggaam
sweef.
Moord aan boord van die Leonardo
Kolisile, ’n jong Xhosa uit die Transkei, kyk na die sukkelende mielies op sy pa se lappie grond en besef dat die bestaansboerdery van sy bawu en dié se bawu voor hom nie langer volhoubaar is nie. Hy besluit om stad toe te gaan waar hy geld kan verdien wat hy weer in hulle boerderytjie sal kan inploeg. Met die belofte dat hy sal terugkom én sy verlore broer Mfazwe, wat jare gelede in die stad weggeraak het, sal saambring, vertrek Kolisile vol moed en geesdrif – net om deur die harde werklikheid van die stad ontgogel, getemper en uiteindelik geknak te word. Op die Johannesburgse myne beleef Kolisile die armoede en uitsigloosheid van plakkersdorpe, ervaar hy die rassisme en uitbuiting van die apartheidsbestel aan eie lyf, word hy vir die eerste keer met werklike haat vir die ander gekonfronteer en sien hy die aantrekkingskrag van misdaad, leuns en drankmisbruik as ontsnaproete uit die byna ondraaglike werklikheid vanuit sy broer Mfazwe se perspektief. Wanneer hy uiteindelik weer sy weg na die Transkei toe vind, is dit – soos wat sy pa gevrees en voorspel het – as ’n liggaamlik én geestelik gewonde mens.
Jacki de Wet is verslaaf aan die internet en sosiale media. Van Facebook, Instagram, X en TikTok weet sy genoeg om gevaarlik te wees. Sy en Pulani vorm ’n formidabele span en hou Die Boekhoek aan die gang. Miskien moes iemand vir Gary, Jacki se baas en verloofde, gewaarsku het toe hy ’n affair met Sally Smith wou begin. “Ebony and Ivory” laat nie met hulle mors nie. Om van Gary se skelmpie ontslae te raak, is maklik genoeg, maar wat doen sy met die verraad en die woede? Nou sit Jacki sonder iemand om haar ’n bietjie vas te hou, sonder werk en sonder ’n huis. In Tamatiestraat. Toe die musikant Giovanni Ignacio Mancini sy verskyning maak, verwar hy haar verder. Hy is soos die mooie Vivaldi-musiek wat hy op sy Stradivarius-viool speel – soms guitig of baldadig, soms strelend, smeulend, altyd sensueel. En dan is daar Sebastian, die wonderkind, wat eintlik maar net ’n seuntjie is met ’n groot hartseer. Jacki sing falsetto, sy weet nie waar sy inpas nie. Sy wil ’n sushi-en-sjampanje-lewe hê, maar die wasabi brand en gee haar sooibrand … en eintlik is sy net ’n vis-en-tjips-meisie.
Ou geraamtes en nuwe gevare. Mevrou Smit moet haar eie reëls neerlê om
te oorleef ...
Dis die Desembervakansie van 1983/84. Daar’s troepe in Angola, Lady Di is die mode-ikoon van die dag, Geloftedag word nog met groot toewyding gevier – en vakansie is nie vakansie as daar nie iemand is om die beddens op te maak en die skottelgoed te help was nie. Tebatso, self ’n enkelma van drie kinders (haar man is dood in ’n mynongeluk), is so te sê ’n ekstra lid van die Vrystaatse gesin vir wie sy werk: Sy versorg die vier kinders al van babadae af en ken Mies Engela se susters en hul mans se nukke en grille danksy jare se vakansies op die plaas. Wanneer die uitgebreide familie besluit om ’n strandhuis te huur vir drie weke oor Desember, kry Tebatso vir die eerste keer in haar lewe die geleentheid om haar geografiese horisonne te verbreed (hoewel die “wit” strand danksy apartheidswetgewing vir haar taboe is en sy eintlik maar min van die see te siene kry). Hierdie algehele wegbreek van haar normale milieu is egter ook ’n soort wegbreek uit haar aanvaarde perspektief: Sy sien vir die eerste keer dat daar ánder maniere is om na die wêreld te kyk as dít wat sy as die norm aanvaar het en leer dat daar oor die kleurgrens heen mense is wat ander gebruik en misbruik – en ook dié wat toelaat dat hulle misbruik wórd. Sy ontmoet ’n Xhosa-man wat al haar vertroude denkpatrone uitdaag en haar meteens laat wonder oor die geordende wêreldjie waarin sy nog altyd geborge voel … en sy begin deur die linksgesinde Adriaan (wat protesteer as sy hom “baas” noem) besef dat daar ook andersdenkendes onder die wit Afrikaners te vinde is.
Het Heiberg. Die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig. Sy
het dit gewaag om in opstand te kom teen ’n rigiede skoolsisteem wat
geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie. Net meneer Doep het
tussen haar en die verderflike skoolhoof meneer Erlank gestaan.
Die wonderwêreld van Willem Landman gaan onder andere oor Mintaka, een van drie sterre in Orion se gordel. Dis eintlik tweelingsterre, die een ʼn bloureus, die soldaat, en die ander sagter, vriendeliker. Dit speel op die twee broers in die boek: Alex, meestermanipuleerder en sy afwesige broer, Zander. Alex het vir hom ʼn aansienlike sakeryk uit gekonkel opgebou. Hy het vir hom ʼn vesting op ʼn koppie gebou nadat hy Bella, die Griekwa-vrou aan wie se familie die grond reeds geslagte behoort, bedrieg en die munispaliteit omgekoop het. Van daar bedryf hy sy sake en daarheen laat kom hy sy “agente”. Hy is magsbehep en ʼn sekspes. Hy is ook psigoties, bossies en vermoedelik skisofrenies. Die karakter wat die kollig steel, is die titelkarakter, Willem Landman – een van Alex se agente. Lesers het hom leer ken as die sukkelende kulkunstenaar in Die formidabele Ling Ho. Willem is ʼn formidabele bullshitter, ’n stiksienige siener wat moontlik, per ongeluk, wel oor sekere gawes beskik, effens kommin, ongeleerd maar vol planne en ʼn oog vir ʼn gaping. Onrus broei in die gemeenskap en dinge word op die spits gedryf wanneer ’n hele paar agente tegelyk by Alex se vesting byeenkom.
'n Splinternuwe, skitterende versameling kortverhale deur Nataniël. 20 in Afrikaans en 8 in Engels. Skreeusnaaks, aangrypend, wys, onvoorspelbaar en -- soos altyd -- hoogs vermaaklik. Soos gewoonlik delf hy goud uit sy kinderjare -- oor sy ouers, sy ouma -- maar daar is ook fantastiese en fantasmagoriese verhale oor sy lewe as sanger op plattelandse dorpies, oor 'n vreemdeling wat hom een aand in sy huis help om sy vrese te besweer, en hoe 'n mens jou eerste reus oorwin . . .
’n Nuwe uitgawe van die geliefde roman, wenner van die ATKV-prys vir
Liefdesromans.
Dekades lank het Peet van Jaarsveld sy bokplaas Syferfontein in die Karoo met 'n ysterhand bestuur. Na die afsterwe van sy eggenoot leef hy in toenemende isolasie van sy kinders en die gemeenskap en probeer homself probeer oortuig dat sy dade en ongenaakbare houding teenoor ander verantwoord is. Tydens Geloftenaweek in 1960 gebeur daar enkele dinge op sy plaas wat sy ouderdom, eiesinnigheid en verval onder die vergrootglas plaas. Syferfontein is die noukeurige en vaardige bestekopname van die herinneringe, denke en drome van ’n bejaarde man en vertel die verhaal van die uiteindelike ondergang van ’n patriargale Afrikaner oor die tydsverloop van 'n enkele naweek. In hierdie tragedie waarin Peet van Jaarsveld van sy verlede rekenskap neem, wys outeur Cas Wepener ons 'n wereld en 'n denkwyse wat op makabere manier sowel vertroud as vreemd is.
Een middag terwyl Carmi Molenaar, ’n eerstejaarstudent op
Potchefstroom, diep ingedagte op haar fiets ry, kruis haar pad met dié
van Herman Hattingh. Al het hierdie senior regstudent al die eienskappe
van ’n droomman, laat Carmi se verantwoordelikhede min tyd of
ruimte vir romanse.
Ná drie jaar op ’n passasierskip smag Jean Botha na ’n plek wat syne is
en waar hy gewoon net mens kan wees. Tans verkeer hy elders: iewers en
tegelykertyd nêrens.
Ná ’n meteoriet op ’n plattelandse dorp neerstort, kom soek ’n komponis
inspirasie vir die klankbaan van ’n wetenskapsfiksiefliek. Hy loseer by
’n astronoom wat navorsing oor gravitasiekolke doen. Haar agtjarige
seun praat nie.
’n Groep jong Suid-Afrikaanse Jode, die teiken van ’n terreuraanval in
Kairo, is die vlam in ’n kruitvat vir grootskaalse oorlog in die
Midde-Ooste. In die middel daarvan, die joernalis Ruby Heyns, in
besit van verdoemende inligting wat die skaal in dié konflik kan swaai.
Sara: In dié roman word die leser word meegesleur na die
Middel-Bronstydperk, na verskeie gebeure, na Abraham se stanings en
huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en die lewe van sy vrou Sara.
Hanna: Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns hê om sy
priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en ná nege jaar
trou hy weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind ná die ander. Sal
Hann guns kan vind in die oë van die God sodat Hy haar lamp weer
aansteek?
Op 25 is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot
mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in
Frankryk, in Italië op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n
kelner. Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n “regte”
werk. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van
‘n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistent,
besluit sy om aansoek te doen. Wie nie waag nie, sal nie wen nie,
is haar leuse.
Wanneer ’n nuuskierige toeris aan Zanzibar se kus vermoor word, peul die vreemdste karakters uit die spesery-eiland se tropiese woud. Die bou van Giorgio Comaneti se blinknuwe Zanzibar Zen Casino gaan die helfte van die Jozani-woud uitwis. Toast le Roux, omgewingsjoernalis, moet die stootskrapers betyds stop. Maar Comaneti se gevaarlike handlangers, Tjokkie en Bozo, is reeds op Toast se spoor. En hulle wil net vriendelik met hom gesels.
Alex het 'n teorie oor chaos. Waar hy ookal gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanie bevind. By 'n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, 'n vryskutfotograaf met 'n bos swart krulhare, 'n t-hemp wat se Dr. Seuss is altyd reg, en 'n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reen en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van 'n Amerikaanse IT-biljoener op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang?
n Televisieprogram oor die rekonstruksie van skedels dwing Carolien se gedagtes terug na ontstellende gebeure vyftien jaar tevore. En na die vreemdeling wat sy toe geteken het. Die taal van been is 'n roman oor gewone mense se strewe en verlies en die onthutsende werklikheid wat onder die oppervlak skuil. Dis tegelyk 'n speurverhaal met 'n politieke ondertoon, die storie van 'n kunsdosent wat haar werk deur regstellende aksie verloor en 'n eiesoortige liefdesverhaal. Uiteindelik gaan dit egter om veel meer. Hierdie roman bly subtiel spook omdat dit dinge se wat die teks verswyg.
Berdine se lewe in Johannesburg is vir goed verby, en die verbintenis met haar familie en vriende wat sy jare lank verwaarloos het, is aan die herstel. Haar ouma Bertha se nalatenskap van diensbaarheid en naasteliefde staan voorop vir Berdine en haar droom om ’n kliniek op te rig om die armes gratis te bedien gaan nie om eie eer nie. Dit gebeur nie oornag nie en ten spyte van haar nuutgevonde geloof pak die twyfel en mismoedigheid haar beet. Berdine loop ook ’n pad met Tiekie en haar babadogtertjie en sy kuier weer by Bekkie. Sy leer die vernames van die dorp ken wat hul naaste met onselfsugtige liefde dien. Dieter Daneel is steeds aan die voorpunt van omtrent elke bedrywigheid en met die naamgee-seremonie, toe die skuiling aan Bertha Human opgedra word ter waardering van haar jare lange diens aan die dorp en sy mense, word die wêreld onderstebo gekeer en Berdine weereens voor ’n keuse gestel.
Wat doen twee ouers ná die verlies van hul enigste kind? Mara en Bernard verloor hul tienerseun Dylan (aan selfdood) en daarmee saam hul idee van familie, van normaal, van “ons.” Hulle rou op verskillende maniere en sukkel om mekaar te verstaan en te ondersteun. Hulle het baie vrae, maar geen antwoorde nie. Daar is verwyte, woede, hartseer, beskuldigings, en toe deure. Daar is die eerste Kersfees sonder Dylan, die eerste herdenking van sy dood, hul vriende wat nie weet wat om te sê nie. Opdrifsel is ’n verhaal oor twee mense wat hulself én mekaar in die donker gat van rou verloor, en weer moet vind. In 2021 het die toneelstuk die Opwip-Aardklop prys gewen vir beste aanbieding. |
You may like...
Disciple - Walking With God
Rorisang Thandekiso, Nkhensani Manabe
Paperback
(1)
Democracy Works - Re-Wiring Politics To…
Greg Mills, Olusegun Obasanjo, …
Paperback
|