![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
’n Onskuldige man word in sy motorhuis met ’n jaggeweer doodgeskiet. ’n
Jong vrou se lyk hang aan ’n boomtak diep in die Magaliesberg.
Met haar aankoms by Noordeberg Hospitaal is Lola Anley aangenaam verras
om aangewys te word as een van die topmediese studente wat blyplek in
die gesogte Straumann Huis kry.
Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang die blye tyding dat hulle
uiteindelik weer bevorder is tot die rang van kaptein. Maar hul vreugde
is van korte duur. Die vergruisde liggaam van een van Cupido se beste
vriende is gevind onder die motor waaraan hy in sy motorhuis gewerk het
. . . was dit 'n ongeluk, of koelbloedige moord? En op ’n imposante
plaas buite Stellenbosch ontplof ’n woonwa. Onverklaarbaar. Nadat die
vuur geblus is, word ’n liggaam in die wrak gevind . . .
Buig die boompie ...
Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n
oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin
ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens
Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras.
Die vyf Delportsusters woon saam in een huis. Wanneer die oudste
doodgeskiet word, is daar dus minstens vier verdagtes. Maar mettertyd
kom dit aan die lig dat die slagoffer allermins geliefd was.
Moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger moet al sy vernuf inspan om die
skuldige te probeer ontmasker.
In 1998 was hulle onskuldige tieners. In 2025 is hulle verdagtes.
Hierdie splinternuwe versameling van Nataniël bevat 31 stories — 5 in
Engels, 26 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is uit
Nataniël-produksies oor ’n periode van twee jaar: Ring Van Vuur,
Nineveh Song, Cake Topper en Duif.
Nicci de Wee is weer op die spoor van ’n nuwe booswig … en hierdie keer
is dit persoonlik. Een van haar eie spanlede, Stella, word vermis. Het
sy bloot op die ingewing van die oomblik weggegaan omdat sy ’n
blaaskans van alles en almal nodig gehad het, of is sy ontvoer? Nicci
kan nie die gevoel afskud dat Stella die nuutste slagoffer van die
diaboliese krimineel is wat talentvolle jong vroue in openbare plekke
teiken en hulle oënskynlik in die niet laat verdwyn nie.
Bekende sakeman Peet Hoffman word laatnag in sy studeerkamer
doodgeskiet.
n Langverwagte versameling van Hennie Aucamp se beste kortverhale. Aucamp was by uitstek 'n kortverhaalskrywer, en is in 1982 met die Hertzogprys vir sy prosawerk bekroon. Hierdie versameling bevat sy eie keuse uit die vele kortverhale waarmee hy lesers oor die dekades heen geraak en vermaak het. Die keuse is so interessant soos die verhale self - daar is voorspelbare bekende verhale, en ook minder bekendes waarvoor hy 'n spesiale toegeneentheid gehad het. Saamgestel deur Johann de Lange.
Met die oorspronklike publikasie van die drie romans oor die wel en wee van vier geslagte Meissners het Ena Murray opnuut haar status as koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal gestand gedoen. Die drieluik bestaan uit: Die Meissner-kliniek, waar ons die die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek en sy gedugte span dokters ontmoet. Die vrede word in 'n oogwink omvergewerp wanneer 'n nuwe trolliejoggie daar begin werk ... Dokter Julene, waar Julene die veilige hawe van die Meissner-kliniek verlaat om by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit ... en dan onverwags in Istanboel beland. En Die ongebore uur, waar Inge Buchner, die agterkleindogter van dr. Albert Meissner, alles in haar vermoe doen om te probeer verseker dat iemand met die van Meissner weer aan die hoof van die kliniek sal staan.
Reghardt du Toit is ’n bekende sanger met die wêreld aan sy voete. ’n Ernstige ongeluk verander sy lewe onherroeplik. As gevolg van gehoorverlies, is sing skielik buite die kwessie. Hy gaan soek na ’n nuwe begin in die klein WesKaapse dorpie van Philadelphia. Hier maak Reghardt ’n boetiekrestaurant oop terwyl die dorpie en inwoners in sy hart inkruip. ’n Dokter met ’n praktyk in die naburige Malmesbury trek ook met sy gesin en ’n geheimsinnige au pair na Philadelphia. Die plaaslike dominee se dogter is ’n internasionale model en haar pa se enigste kind. Sy weet sy presies wat sy in die lewe wil hê. Sy spits haar toe daarop om Reghardt se hart te verower. Die dowe sanger fokus egter daarop om mentor te wees vir ’n seun wat sy eie sangtalent wil slyp. ’n Skokkende tragedie bring ’n onverwagse wenteling in almal se lewens. Sal Reghardt genoeg liefde en vergifnis kan vind om die ontrafeling wat volg te weerstaan, of sal alles weer inmekaartuimel?
Met die aanvang van die Anglo-Boereoorlog besluit Robert Campbell, ’n
dokter in Pretoria, en sy aptekersvriend, Thomas Park, om ’n ambulans
na die gevegsfront te stuur. Campbell se dogter, Eleanor, saam met
Thomas se dogter, Mary, en hul buurvrou, Martha, sluit aan as
verpleegsters.
’n Vreemdeling by ’n familiebegrafnis keer Kristie se lewe onderstebo.
Haar daaglikse take by die argiteksfirma beleef ook ’n wending: Erik is
’n moeilike kliёnt en ook die onweerstaanbare tipe. Toe Kristie se
werklikheid ineenstort, vlug sy na Phuket in Thailand. Maar die eiland
bring nie vir haar die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy
van haar omgekeerde wêreld probeer sin maak, begin een van die laaste
bastions in haar lewe wankel.
Almal in Jurassic Park op die Kaapse Vlakte ken vir Anwaar ‘Ahnie’ Brandt vandat hy ’n ekstra in die film GangStar was. Maar die baas van die Butcher Boys soek nog meer roem. Nou maak die gang hulle eie movies met hul selfone – movies wat die vrees in mense se oë vasvang. Ahnie se ma, Mary, kyk anderpad en sê sy weet van niks. Sy het mos nog ’n baksteenfoon, sy like nie van tegnologie nie. Nicole Lamb en Derick Delcarme is in matriek en verlief, maar toe Nicole swanger raak, moet Derick die skool verlaat om ’n werk te soek. Hy het geen ander keuse as om by die UML-gang aan te sluit nie, want daar kan hy darem geld maak. Rolanda Fischer wil ’n lewe van weelde soos ’n Cape Kardashian hê en as sy nie ’n celebrity op sosiale media kan word nie, gaan sy vir haar ’n ryk man kry. Maar sy hou ook van ’n bad boy . . . In Kinnes deur Chase Rhys word moeilike waarhede met deernis en humor oopgeskryf.
Bendes in die Kaap is weer op mevrou Smit se spoor. Sy sal self moet
ingryp as sy haar doodgewone lewe wil behou.
In 2021, is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy
force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie
sandduine gespeel. Die man wattie media ‘The Railway Ripper' noem,
het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse
en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective
Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner
vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit.
Fransien Theron, ’n jong kunstenaar, besluit om haarself te gaan
afsonder op ’n gasteplaas in die Baviaanskloof. Dis tyd om finaal
afskeid te neem van haar baba wat sy twee jaar gelede in ’n ongeluk
verloor het, en te aanvaar dat Hein van haar wil skei. Sy onderneem
Die woord “weduwee” is ’n verdrietige woord, ’n toestand waarmee sy
haarself moeilik vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig
sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ’n skamele
drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar haar
ondersteuningsnetwerk is. Of dit ’n goeie plan is om terug te gaan na
die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet sy nie, maar in dié stadium
wil sy nêrens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie. Êrens
tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die
roudiens en die werklikheid van ’n leë plek langs haar in die bed, het
sy haarself verloor en in haar plek ’n bang vreemdeling gevind. In
Stellenbosch wag ook die gewilde Big Pink-teaterrestaurant. Hoe sy kans
gesien het om dié onderneming te koop, weet sy nie, en wens dis net ’n
nare droom. Dit help ook nie dat die vreemdeling langs haar op die
vliegtuig vir haar sê daar bestaan nie iets soos beter dae nie…
In 1916 keer Caleb Kelly, ’n jong WOI-veteraan, getraumatiseerd en
geskend terug na die Oos-Kaap. Die afgryse wat hy in Frankryk beleef
het, is ingebrand in sy wese.
Toe Marié vier jaar oud is, verhuis haar ouers van Suid-Afrika na ’n
sendingstasie in die destydse Rhodesië waar haar pa vir die plaaslike
drukpers werk. In hierdie oënskynlike paradys beleef Marié die wêreld
om haar met verwondering, humor, nuuskierigheid en, namate sy ouer
word, met groeiende ontnugtering.
Helga Roets is dalk aan die verkeerde kant van 80, maar jy kan haar
steeds deur ’n ring trek, elke dag van die week. Sy woon nou al amper
vyf jaar by Silwerhare Aftreeoord in Pretoria, en hoewel die aanpassing
swaar was, voel haar blyplekkie deesdae soos huis. Sy
het darem nog haar motortjie waarmee sy gereeld winkel toe ry.
DIE AARDE HOU AAN MET DRAAI
Dis hoe mens weet dat die Here werklik leef: Jy sien sy krag wanneer Hy
van mense splinternuwe skepsels maak. |
You may like...
Drug Delivery Nanosystems for Biomedical…
Chandra P Sharma
Hardcover
Anaerobiosis and Stemness - An…
Zoran Ivanovic, Marija Vlaski
Hardcover
R2,274
Discovery Miles 22 740
Applications of Unsaturated Polyester…
Sabu Thomas, Cintil Jose Chirayil
Paperback
R5,294
Discovery Miles 52 940
Imaging in Photodynamic Therapy
Michael R. Hamblin, Ying-Ying Huang
Paperback
R1,588
Discovery Miles 15 880
Beam's Eye View Imaging in Radiation…
Ross I. Berbeco, Ph.D.
Hardcover
R5,772
Discovery Miles 57 720
Electrofluidodynamic Technologies…
Vincenzo Guarino, Luigi Ambrosio
Hardcover
R5,304
Discovery Miles 53 040
Computational Intelligence in Medical…
G. Schaefer, A. Hassanien, …
Paperback
R2,492
Discovery Miles 24 920
Emerging Nanomedicines for Diabetes…
Michael K. Danquah, Jaison Jeevanandam
Paperback
R3,714
Discovery Miles 37 140
|