0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (6)
  • R50 - R100 (33)
  • R100 - R250 (174)
  • R250 - R500 (508)
  • R500+ (22)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction

Helene de Kock Keur 8 - Abel se Dogters / Soetwyn vir 'n Sondagkind (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Helene de Kock Keur 8 - Abel se Dogters / Soetwyn vir 'n Sondagkind (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) In Stock

Helene de Kock Keur 8 sluit in ’n Oos-Vrystaatse familiesage en een van haar wynlandromans.

In Abel se dogters smag Abel Buitendag se dogters na meer warmte en kontak. Sedert hul ma se dood, toe hulle nog klein was, klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos hulle een vir een uit die huis verlaat en deel word van die groter wêreld, gryp die lewe hul met woede en vreugde vas. Hulle ervaar die mooi, en ook die bitterheid, wat liefde bring. Adelien bevind haar skielik op ’n plek waar sy dringend haar eie hart moet leer ken. Bernadette loop ’n pad wat geen vrou ooit self sal kies nie. En Christelle kan eenvoudig nie haar jeugliefde vergeet nie.

Soetwyn vir ’n Sondagkind is die verhaal van ’n jong meisie wat vir die eerste keer voor die kompleksiteite van die lewe te staan kom en in die proses ryp word. Kleintyd al het Nicola besluit dat sy eendag soetwyn gaan maak op haar steifpa se wynplaas. Maar wanneer sy terugkom van haar studie in die buiteland, het dinge verander.

Rooisand - Die verhaal van Dirk Aruseb en die Bondelswarts (Afrikaans, Paperback): Jeremy Vearey Rooisand - Die verhaal van Dirk Aruseb en die Bondelswarts (Afrikaans, Paperback)
Jeremy Vearey
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dirk Aruseb was sewentien toe Abraham Morris hom uit die Pella-weeshuis kom haal het om by die Bondelswarts aan te sluit. By Schansvlakte begin die eerste van Dirk se lewenslesse: wees nederig, geduldig, en genadig. Vind jou eland, tem jou janfiskaal.

Rooisand speel af in Namaland – van Duits-Suidwes-Afrika tot die Kaapkolonie – vanaf 1904 tot 1922. Dit is ’n epiese oorlogsroman wat strek van Tsumeb tot Upington, van Windhuk se interneringskampe tot die droë rivierlope van die Visrivier.

Al die swendelaars (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Al die swendelaars (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R255 Discovery Miles 2 550 Save R95 (27%) In Stock

Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras.

Waar begin die storie wat Arrie eindelik oorvertel? By die Turkse perdekopers? By Jooste se ponzi wat Bertie en vriend Diek se neseiers ingesluk het? Of begin als by die miljoene wat uit ’n rusbank op Jooste se stoetplaas verdwyn het?

Die Keiser se Duim (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Die Keiser se Duim (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ella Neser en Lou Pepler werk weer saam as private ondersoekers. Maar die dag voor Ella op pad is Brugge toe, daag ’n familielid van Lou se eks op en smeek hulle om hulp. Liesbet se broer en sy neef is wynboere wat in Hongarye op ’n wynlandgoed naby Boedapest werk. Maar nou het hulle verdwyn. Lou moet tog dringend die twee jong boere in een stuk terugbring.

So vertrek Ella na België, en Lou na Boedapest. Maar iewers duskant die Donau regeer daar ’n mafioso met die mag van ’n keiser.

Roulette (Afrikaans, Paperback): Sidney Gilroy Roulette (Afrikaans, Paperback)
Sidney Gilroy
R320 R230 Discovery Miles 2 300 Save R90 (28%) In Stock

In 1998 was hulle onskuldige tieners. In 2025 is hulle verdagtes.
Sersant Sollie Mthembu se nuwe ondersoek lei hom terug na ’n onopgeloste dossier van die negentigs. Om die moordenaar te stuit, en tegelyk iemand na aan hom se lewe te red, moet Sollie agter die kap van die byl kom: Is dit wraak? Of word mense stilgemaak?
Roulette is die bekroonde skrywer Sidney Gilroy se vyfde roman – ’n onthutsende krimi wat die gevolge van familiegeheime en gevaarlike speletjies onder die vergrootglas plaas.

Ek En Jy Bestaan Nie (Afrikaans, Paperback): Danie Marais Ek En Jy Bestaan Nie (Afrikaans, Paperback)
Danie Marais
R299 R267 Discovery Miles 2 670 Save R32 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die langverwagte vierde bundel uit die pen van die bekroonde digter Danie Marais. Soos in sy vorige bundels is dit gedigte wat openhartige, intieme gesprekke met die leser aanknoop – hierdie keer oor die ongemakke van ras en klas.

Dis ’n bundel oor die menslike middelklastoestand en die unbearable whiteness of being wat waag om te praat oor die dinge waaroor mense liefs stilbly in die woonbuurte van Stellenbosch waar ’n koue burgeroorlog stil in die boomryke strate woed.

Van Vaders en Vlugtelinge (Afrikaans, Paperback): S.J. Naude Van Vaders en Vlugtelinge (Afrikaans, Paperback)
S.J. Naude
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Daniël voer ’n trekvoëlbestaan tussen Londen en Kaapstad.

Wanneer sy bejaarde pa sterf, bevat dié se testament ’n ongewone klousule: Daniël sal slegs sy deel van die boedel erf indien hy besoek aflê by sy neef Theon, op die ou familieplaas in die Vrystaat. Dié besoek lei tot ’n ander reis – hy en sy neef neem ’n siek seuntjie na Tokio, met die hoop dat ’n nuwe soort behandeling die kind sal genees.

’n Aangrypende roman deur die bekroonde skrywer SJ Naudé.

Maalkolk (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Maalkolk (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Onskuldige man word in sy motorhuis met ’n jaggeweer doodgeskiet. ’n Jong vrou se lyk hang aan ’n boomtak diep in die Magaliesberg.

Speurder-kaptein Alek Strauss en sy span by die Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid is verbysterd. Iewers is ’n moordenaar wat slu speletjies speel.

Intussen is adjudant-offisier Anele Vilakazi op die spoor van ’n boogskutter aan die Wildekus.

Sal kaptein Strauss en adjudant Vilakazi die skuldiges kan stuit, voor daar nog slagoffers geteiken word?

Eugene (Afrikaans, Paperback): Kirby van der Merwe Eugene (Afrikaans, Paperback)
Kirby van der Merwe
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Eugene ken van skollies, gangsters en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou soos iemand uit die upper-middle class. Hy kom immers uit die ghetto se killing fields van die 60’s, 70’s en 80’s.

Maar nou is dit baie jare later. En die ou alliances met sy kindervriende Alan, Huey en Jenny ná alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer nie, en Eugene word aangekla van moord.

'n Aangrypende roman oor vriendskap en verraad.

Deja vu (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Deja vu (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R360 R285 Discovery Miles 2 850 Save R75 (21%) In Stock

Wat skuil agter die Sheldon-fortuin?

Zabeth Meyer beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In sy skatryk familie se Victoriaanse herehuis, Sheldon Manor, kom sy al hul vreemde tragedies en intriges teë: Eers verdrink die oudste Sheldonkleinkind, en ’n paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag.

Net een erfgenaam van die Sheldon-fortuin bly oor: Die onbekwame Keith. En Ethel, die familiematriarg, is al in haar tagtigs.

Kort ná Zabeth se aankoms gebeur daar nog ’n ongeluk by Sheldon Manor en skielik lyk gebeure van vyf en twintig jaar gelede heel anders ...

Tussen Zabeth, Wilbur en die aantreklike Liam Sheldon moet hulle die dinastie se donker geheime en hul elkeen se eie verlede ontrafel voordat nog iemand seerkry.

Nagdier (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Nagdier (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
R330 R294 Discovery Miles 2 940 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bekende sakeman Peet Hoffman word laatnag in sy studeerkamer doodgeskiet.

’n Paar dae later word ’n egpaar in hul naweekhuis in die bos vermoor.

Die vroulike slagoffer is op ’n veel gruweliker wyse om die lewe gebring, maar die modus operandi van al drie moorde toon duidelike ooreenkomste.

Waarom het Terese Ebersohn se moordenaar haar met soveel passie gehaat? En hoe hou die drie moorde verband met die ontvoering van ’n bejaarde man kort daarna?

Voor hy hom kom kry, bevind majoor Alek Strauss hom in die middel van ’n klein oorlog waarin die raaisels van die hede slegs deur die verlede opgelos kan word.

Eleksie op Erdvark (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Eleksie op Erdvark (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
R290 R210 Discovery Miles 2 100 Save R80 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Soois Swart bedryf sy sukkelende koerantjie op die dorpie Erdvark in die Knersvlakte waar die afwesigheid van moderne tegnologie groot uitdagings aan hom stel. Met die naderende munisipale eleksie vermenigvuldig sy kopsorge.

Vir die eerste keer in ’n dekade word die regerende BA Minus deur twee ander partye teengestaan. Burgemeester Duimpie du Plooy dreig om sy kompos-onderneming se advertensies uit die koerant te onttrek indien hy ontevrede is met wat Soois skryf.

Soois moet ’n koorddans uitvoer tussen goeie joernalistiek en beriggewing wat nie aanstoot gee nie. Geensins ’n maklike taak nie, gegewe die talle strydpunte – die brandenste een die afwesigheid van spoeltoilette op die dorp. Die BA Minus is vurige kampvegters vir die
behoud van kleinhuisies en die opposisie driftige voorstanders vir vernuwing.

Wanneer ’n horingadder in ’n kleinhuisie sy tande in ’n kwesbare deel van ’n inwoner slaan, klap die eerste eleksieskoot amptelik. Van daar af gaan dit doller as kopaf.

Bybelvroue-omnibus: Sara & Hanna (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Bybelvroue-omnibus: Sara & Hanna (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sara: In dié roman word die leser word meegesleur na die Middel-Bronstydperk, na verskeie gebeure, na Abraham se stanings en huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en die lewe van sy vrou Sara. Hanna:  Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns hê om sy priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en ná nege jaar trou hy weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind ná die ander. Sal Hann guns kan vind in die oë van die God sodat Hy haar lamp weer aansteek?

Bonsaimeisies (Afrikaans, Paperback): Erla Diedericks Bonsaimeisies (Afrikaans, Paperback)
Erla Diedericks
R320 R250 Discovery Miles 2 500 Save R70 (22%) In Stock

Buig die boompie ...

Psigiater Ann Marais breek weg na die Wonderberge, maar ’n vlaag ontvoerings vertroebel haar vakansie. Speurder Marnus Mostert vertel haar van die grieselrige manier waarop die ontvoerder sy jong slagoffers martel voordat hy hulle vermoor:

Hy buig en snoei hulle soos Bonsaiboompies ...

Daar is net een mens wat hulle kan help: Samael de Kock, ’n martelspesialis, psigopaat en gevagene van Molenberg Psigiatriese Hospitaal. Kort voor lank is daar ’n vreesaanjaende magspel tussen Samael, Ann en die Tuinier, soos hulle die moordenaar noem.

Intussen duik ander karakters op om sake verder te kompliseer: ’n Plantkundige vasgevang in haar verlede, ’n geheimsinnige byeboer, en ’n gasteplaaseienaar met weermaggeraamtes in die kas.

Sal Ann die Tuinier kan help vastrek voordat hy weer sy snoeiskêr optel?

Knal (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Knal (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R330 R294 Discovery Miles 2 940 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Nicci de Wee is weer op die spoor van ’n nuwe booswig … en hierdie keer is dit persoonlik. Een van haar eie spanlede, Stella, word vermis. Het sy bloot op die ingewing van die oomblik weggegaan omdat sy ’n blaaskans van alles en almal nodig gehad het, of is sy ontvoer? Nicci kan nie die gevoel afskud dat Stella die nuutste slagoffer van die diaboliese krimineel is wat talentvolle jong vroue in openbare plekke teiken en hulle oënskynlik in die niet laat verdwyn nie.

Niemand weet wie hierdie ontvoerder is of wat hy aan die vermiste vroue doen nie. Hy is ’n spook, ’n onsigbare en ontasbare skim. En hulle kan nie uitpluis hoekom die klokke so onheilspellend lui, of wat die betekenis is van die klein silwer klokkies wat die skurk op die misdaadtonele los nie.

Te midde van die sirkelende ondersoek word Nicci ook oorrompel. Sy herwin haar bewussyn in ’n afgryslike nagmerrie van haar eie ... Vir Blackie en Henk word dit ’n verbete wedloop teen tyd. Hulle moet Nicci vind voor dit te laat is, ás dit nie alreeds is nie ... Is die duiwel wat hulle jag die een wat haar geneem het, of is daar iemand selfs meer sinister agter alles?

Iemand wat hulle dalk oorgeslaan het in hulle berekeninge?

Wyngaard het geen probleem daarmee om die karakters in haar boeke af te maai nie. Wat die bloedstollende vraag na vore bring ... Kan hierdie dalk Nicci de Wee se finale speursaak wees?

Die Vyf Susters (Afrikaans, Paperback): Eleanor Baker, Alex Muller Die Vyf Susters (Afrikaans, Paperback)
Eleanor Baker, Alex Muller
R270 R195 Discovery Miles 1 950 Save R75 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Die vyf Delportsusters woon saam in een huis. Wanneer die oudste doodgeskiet word, is daar dus minstens vier verdagtes. Maar mettertyd kom dit aan die lig dat die slagoffer allermins geliefd was. Moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger moet al sy vernuf inspan om die skuldige te probeer ontmasker.

Die vyf susters is die eerste titel in ’n reeks spanningsverhale deur Eleanor Baker. ’n Skerpsinnige whodunnit wat met ’n tikkie romanse en humor gepaardgaan.

Drie Moorde in die Baai (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Drie Moorde in die Baai (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die Strandlopergastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in ’n misdaadtoneel.

Bianca probeer haarself as verdagte uitskakel en die regte boosdoener aan die kaak stel, maar dit veroorsaak ’n hele reeks onvoorsiene gebeure . . .  

Dié spanningsvolle en skerpsinnige intrige is boonop propvol kwinkslae én ontluikende romanse.

Sweetie - Stories (Afrikaans, English, Paperback): Nataniel Sweetie - Stories (Afrikaans, English, Paperback)
Nataniel
R300 R219 Discovery Miles 2 190 Save R81 (27%) In Stock

Hierdie splinternuwe versameling van Nataniël bevat 31 stories — 5 in Engels, 26 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is uit Nataniël-produksies oor ’n periode van twee jaar: Ring Van Vuur, Nineveh Song, Cake Topper en Duif.

Waar Bloed Kruip (Afrikaans, Paperback): Marieta Carrick Waar Bloed Kruip (Afrikaans, Paperback)
Marieta Carrick
R320 R249 Discovery Miles 2 490 Save R71 (22%) Pre-order

Met haar aankoms by Noordeberg Hospitaal is Lola Anley aangenaam verras om aangewys te word as een van die topmediese studente wat blyplek in die gesogte Straumann Huis kry.

Maar haar opgewondenheid is van korte duur wanneer sy uitvind dat sy in die kamer gaan bly van ’n student wat ’n jaar gelede op die kampus vermoor is. Die raaisel rondom Asher Parker se dood is nooit opgelos nie en die moordenaar is nog op vrye voet.

Wie het vir Asher vermoor en hoekom? En waarom voel dit asof iemand Lola dophou en wag vir die regte oomblik om toe te slaan?

In die Straumann Huis begin vreemde dinge gebeur. Boonop word Lola se slaap versteur deur drome oor haar oorlede tweelingsuster. Om al die spoke ter ruste te lê móét sy die geheim van Asher se moord ontrafel – sónder dat iemand die waarheid oor haar eie verlede leer ken.

Waar bloed kruip is Marieta Carrick se debuutroman, nou heruitgegee. Die gebeure vind plaas voor dié van haar gewilde Bloed van ’n vlinder.

Omnibus 37 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Omnibus 37 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R538 Discovery Miles 5 380 Ships in 18 - 22 working days

Met die oorspronklike publikasie van die drie romans oor die wel en wee van vier geslagte Meissners het Ena Murray opnuut haar status as koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal gestand gedoen. Die drieluik bestaan uit: Die Meissner-kliniek, waar ons die die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek en sy gedugte span dokters ontmoet. Die vrede word in 'n oogwink omvergewerp wanneer 'n nuwe trolliejoggie daar begin werk ... Dokter Julene, waar Julene die veilige hawe van die Meissner-kliniek verlaat om by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit ... en dan onverwags in Istanboel beland. En Die ongebore uur, waar Inge Buchner, die agterkleindogter van dr. Albert Meissner, alles in haar vermoe doen om te probeer verseker dat iemand met die van Meissner weer aan die hoof van die kliniek sal staan.

Donker Spoor (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Martin Steyn Donker Spoor (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Martin Steyn
R350 R310 Discovery Miles 3 100 Save R40 (11%) Ships in 7 - 11 working days

Waarheen sal die donker spoor hom lei?

Hulle kry haar lyk in ’n veld. ’n Tienermeisie – verkrag, gemartel, vermoor. En sy’s nie die eerste een nie.

Adjudant-offisier Jan Magson moet die reeksmoordenaar vang. Hy moet die slagoffers se ma’s en pa’s in die oë kyk en hul vrae beantwoord, maar hy kan nie. Hy kan nie eens sy eie vrae beantwoord nie. Want agter hom lê daar ook ’n donker spoor ...

Kort voor lank haal die moorde hoofopskrifte en die gemeenskap eis antwoorde:

Hoekom trek die polisie nie die boosaard vas nie? Toe ’n ma ’n brief vir die koerant skryf en ’n pa ’n beloning uitloof, word dinge op ’n mespunt gedryf. Bevind Magson hom op nóg ’n dwaalspoor of is hy uiteindelik op die donker spoor wat hom na die ware antwoorde sal lei?

Donker spoor was blitsverkoperskrywer Martin Steyn se bekroonde debuutroman.

In dié splinternuwe heruitgawe met ’n treffende nuwe omslag kan lesers weer saam met Jan Magson in die duistere psige van die moordenaar delf.

Die Laaste Wals - 'n Keuse uit Hennie Aucamp se Verhaalkuns (Afrikaans, Paperback): Die Laaste Wals - 'n Keuse uit Hennie Aucamp se Verhaalkuns (Afrikaans, Paperback)
R330 Discovery Miles 3 300 Ships in 2 - 4 working days

n Langverwagte versameling van Hennie Aucamp se beste kortverhale. Aucamp was by uitstek 'n kortverhaalskrywer, en is in 1982 met die Hertzogprys vir sy prosawerk bekroon. Hierdie versameling bevat sy eie keuse uit die vele kortverhale waarmee hy lesers oor die dekades heen geraak en vermaak het. Die keuse is so interessant soos die verhale self - daar is voorspelbare bekende verhale, en ook minder bekendes waarvoor hy 'n spesiale toegeneentheid gehad het. Saamgestel deur Johann de Lange.

Geheime Op Philadelphia (Afrikaans, Paperback): Riaan Grobler Geheime Op Philadelphia (Afrikaans, Paperback)
Riaan Grobler
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Reghardt du Toit is ’n bekende sanger met die wêreld aan sy voete. ’n Ernstige ongeluk verander sy lewe onherroeplik. As gevolg van gehoorverlies, is sing skielik buite die kwessie. Hy gaan soek na ’n nuwe begin in die klein WesKaapse dorpie van Philadelphia.

Hier maak Reghardt ’n boetiekrestaurant oop terwyl die dorpie en inwoners in sy hart inkruip. ’n Dokter met ’n praktyk in die naburige Malmesbury trek ook met sy gesin en ’n geheimsinnige au pair na Philadelphia.

Die plaaslike dominee se dogter is ’n internasionale model en haar pa se enigste kind. Sy weet sy presies wat sy in die lewe wil hê. Sy spits haar toe daarop om Reghardt se hart te verower. Die dowe sanger fokus egter daarop om mentor te wees vir ’n seun wat sy eie sangtalent wil slyp.

’n Skokkende tragedie bring ’n onverwagse wenteling in almal se lewens. Sal Reghardt genoeg liefde en vergifnis kan vind om die ontrafeling wat volg te weerstaan, of sal alles weer inmekaartuimel?

'n Droomhuis vir Kristie (Afrikaans, Paperback): Elaine Marais 'n Droomhuis vir Kristie (Afrikaans, Paperback)
Elaine Marais
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) In Stock

’n Vreemdeling by ’n familiebegrafnis keer Kristie se lewe onderstebo. Haar daaglikse take by die argiteksfirma beleef ook ’n wending: Erik is ’n moeilike kliёnt en ook die onweerstaanbare tipe. Toe Kristie se werklikheid ineenstort, vlug sy na Phuket in Thailand. Maar die eiland bring nie vir haar die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy van haar omgekeerde wêreld probeer sin maak, begin een van die laaste bastions in haar lewe wankel.

Kinnes - 'n Novelle (Afrikaans, Paperback): Chase Rhys Kinnes - 'n Novelle (Afrikaans, Paperback)
Chase Rhys
R79 Discovery Miles 790 Ships in 2 - 4 working days

Almal in Jurassic Park op die Kaapse Vlakte ken vir Anwaar ‘Ahnie’ Brandt vandat hy ’n ekstra in die film GangStar was. Maar die baas van die Butcher Boys soek nog meer roem. Nou maak die gang hulle eie movies met hul selfone – movies wat die vrees in mense se oë vasvang. Ahnie se ma, Mary, kyk anderpad en sê sy weet van niks. Sy het mos nog ’n baksteenfoon, sy like nie van tegnologie nie.

Nicole Lamb en Derick Delcarme is in matriek en verlief, maar toe Nicole swanger raak, moet Derick die skool verlaat om ’n werk te soek. Hy het geen ander keuse as om by die UML-gang aan te sluit nie, want daar kan hy darem geld maak.

Rolanda Fischer wil ’n lewe van weelde soos ’n Cape Kardashian hê en as sy nie ’n celebrity op sosiale media kan word nie, gaan sy vir haar ’n ryk man kry. Maar sy hou ook van ’n bad boy . . .

In Kinnes deur Chase Rhys word moeilike waarhede met deernis en humor oopgeskryf.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die Verkeerde Vrou
Irma Venter Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
25 Trappe Na Benede
Madelein Rust Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Moederland
Madelein Rust Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Doolhof
Rudie van Rensburg Paperback R365 R326 Discovery Miles 3 260
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R385 R344 Discovery Miles 3 440
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R300 R281 Discovery Miles 2 810
Die Laaste Kanariegeel Notaboek
Anchien Troskie Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Die Dood Van Rachel April
P.P. Fourie Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Roman
Cas Wepener Paperback R355 Discovery Miles 3 550

 

Partners