![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
Jacomien is moeg vir haar man. Haar lewe lank wag sy op eendag om gelukkig te wees net om te besef dat eendag nie meer op haar wag nie. Eendag is hier - eendag is nou. Eendag is nou.
In die loop van 1876 kom verskeie groepe Transvalers by die samevloei van die Krokodil- en Maricoriviere aan met die idee om na Damaraland te trek. Om daar te kom, moet hulle ’n stuk waterlose Kalahari, bekend as die Dors, oorsteek. Maar die magstryd tussen die voormanne van elke groep om die hoofleier van die trek te wees laat die trek op 'n ramp afstuur, lank voor hulle die Dorsland binnegaan.
In die ou Kaap de Goede Hoop stap ’n jongmeisie aan wal ná die vervolging van Protestante in Frankryk. Omdat Royale op die seereis haar ouers verloor het, is sy nou ’n weeskind in ’n land wat sy nog nooit gesien het nie. Die goewerneur wys Aragon as haar voog aan, ook ’n Hugenoot wat vroeër aan die Kaap ’n nuwe begin kom maak het. Aragon is gekant teen Royale se liefde vir balletdans – dié ydele vermaak wat aan Louis die Veertiende se hof so modieus is – en wil haar nie toelaat om kontak met jongmans te hę nie. Dit is egter nie al wat Royale hinder nie want sy weet nie waarheen met haar romantiese gevoelens vir haar voog nie. Boonop hang die swaard van ’n huwelik met sy neef oor haar kop. Dit is ook nie net Royale wat besef wat ’n onweerstaanbaar aantreklike man Aragon is nie en die ander vrou, Amalia het ’n dodelike wapen: Die plaas Petit Paris, waarop Aragon boer, behoort aan haar ...
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, Terug na jou, Kolwyntjie en Altyd die strooimeisie. Terug na jou: Jare gelede het Mercia haar liefde vrygelaat, soos mens ’n boemerang van jou af weggooi. Nes die boemerang het haar liefde nou na haar toe teruggekeer. Sal sy hierdie keer daarin slaag om dit vas te hou en vir altyd te koester? Kolwyntjie: Die tweelingdokters in die spreekkamers reg langs Melani se nuwe besigheid is albei ewe sjarmant. Dis egter Lourens wat haar hart verower, maar hy wil verder studeer en het nie tyd vir ’n verhouding nie ... Altyd die strooimeisie: Meyer Malan steel Zoë se hart met die eerste oogopslag, maar hoe kan sy hom liefhę as hy juis een van die bevoorregtes is wat op haar pa se erfplaas grootgeword het. Kan sy die familie vertel wie sy werklik is?
Hoe oorleef 'n mens tragedie ná tragedie? Neil Viljee vlug Australië toe ná ʼn tragedie, maar hy kom terug toe sy ma hom laat weet sy pa is terminaal siek: om afskeid te neem en sy ouers by te staan. Dis egter nie sy ma wat hom inwag nie. Hy tref sy pa, ʼn familievriendin en sy niggie se ontwrigte tienerdogter aan, want sy ma is onverwags dood aan ʼn hartaanval. Neil besef dat hy in Australië net sy vroeëre rouproses uitgestel het, en die verlies aan sy ma dwing hom om die verwoestende gebeurtenis wat hom landuit laat vlug het in oënskou te neem. Karel probeer Neil help midde-in sy eie droefheid en fisieke agteruitgang. Millie skep orde terwyl sy ʼn besluit probeer neem oor haar huwelik wat in gevaar is. Charlie weet dat sy nie terug kan gaan na haar bedenklike huislike omstandighede nie, en sy probeer haar agterstallige skoolwerk inhaal en ʼn toekoms op haar eie karteer. Elkeen verwerk die geliefde Lea se dood op ʼn eiesoortige manier. Innerlike konflik word na die oppervlak gedwing en geheime en waarhede word ontbloot. Hulle vorm ʼn unieke gesin, wat mekaar dwing tot selfondersoek, maar wat mekaar veral ondersteun en bystaan, en elkeen vind ʼn mate van vrede. Hierdie is veral 'n storie oor die genesing van ou emosionele wonde. Die manlike hoofkarakters dryf die roman en gee insig in die manlike psige, terwyl die altyd teenwoordige kat in die skrywer se romans (byna soos in die Frans-Joodse kunstenaar Marc Chagall s'n) al sinoniem is met haar werk en al haar handelsmerk geword het. 'n Goeie jaar vir rose is Santie van der Merwe se sewende roman. Die laaste drie boeke wat dit voorafgegaan het, is: Ver in die węreld Kittie, Die einde van die storie en Al wat oorbly.
Van 1981 tot 2014 skryf Cecile Cilliers rubrieke vir Beeld, De Kat en Sarie. Deur die jare het sy etlike bydraes vir verskillende bundels gemaak, maar Die ou vrou en die priester is haar eerste eie kortverhaalbundel. Verskeie klassieke temas word onder die loep geneem: dit wat in 'n huwelik ongesę bly tussen man en vrou, die verwikkelde band tussen ma en dogter, die oorweldigende blindheid van 'n eerste liefde, en bowenal die uitdagings van oud word. Die verhale spreek tot 'n breë gehoor. Baie leesbaar, met 'n diep menslikheid wat uit die stories straal.
Dis waar dit geëindig het, toe die trekker se wiel Klara se pa papgedruk het. Toe hulle ná haar pa se dood van Boplaas moes weg en in die wit lokasie gaan woon, toe was alles verby. En dit was nog lank voordat al agt die kinders gebore is wat die agt knope in Klara se naelstring voorspel het. Maar verby was die tyd dat Klara die dae onder die wilgerboom op die damwal langs die lusernland kon omdroom, of met rooi koeldrank en koekies voor die stoof kon sit en luister na Polla se stories oor waar die bul vir oom Slap Soois geskop het. Boplaas het hulle afgeskud. Of so het Klara gedink. Maar die waarheid is dat Boplaas nie klaar was met haar nie. Haar susters kon wegkom – Leen met haar oneerbiedigheid en Martie deur met ’n halwe Duitser te trou en landuit te vlug – maar nie sy nie. Iemand moes omsien na Ma wie se kop heeltemal uitgehaak het, en iemand moes help om Ma se fratskind, Henk, deur matriek te sien, en daarby moes Klara ook nog haar eie geleerdheid kry. Eers toe die ding met Dries, Boplaas se erfgenaam, op die rotse loop, was dit asof Klara haar kon losmaak van haar verlede. Maar dit is juis toe sy uiteindelik weggaan dat sy agterkom hoe onlosmaaklik sy verstrengel is met daardie plaas en sy mense. Klara is ’n verhaal met ’n onweerstaanbare aardsheid. Snaaks én hartverskeurend. Dis nie aldag dat ’n mens jou so kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie.
Die ontroerende verhaal van ’n jong ma wat haar seuntjie se dood moet
leer verwerk.
'n Deerniswekkende verhaal van twee vroue wat elkeen op hul eie manier weer hul voete vind. Wanneer Bea Klinge as jong boervrou op Leliepan aan die soom van die Namib aankom, glo sy dat sy hier vir haar, Kurt en hul kinders 'n oase van liefde sal kan skep. Ná 'n skokontdekking meer as vier dekades later kry Bea 'n miniberoerte en beland in 'n koma in die hospitaal. Haar herstel bring Bea voor nuwe keuses te staan. Sy besef sy het haar vier dogters elkeen op 'n manier gefaal deur by Kurt te staan al het hy hulle hoe verontreg. Moet sy oop kaarte met hulle speel oor die donker geheim wat haar vasgevang gehou het in 'n liefdelose huwelik met 'n man wat haar soos 'n onderdaan behandel? Bowenal moet Bea besluit of sy die kans op geluk waarop sy destyds haar rug gekeer het gaan aangryp en vir een keer in haar lewe gaan doen wat reg is vir haar en nie vir ander nie. Nel, haar rebelse laatlam, gaan soek haar heil in Johannesburg. Hier word sy as sukkelende aktrise met die donker kant van die vermaaklikheidsbedryf gekonfronteer. Sy raak betrokke in 'n toksiese verhouding met 'n invloedryke filmvervaardiger Buks Bothma en word die slagoffer van date-rape. Nel ontdek ook die skokkende waarheid omtrent haar herkoms. Lex le Roux, 'n medeakteur en donkieboer bied haar 'n kontrak aan om die gesig te wees van sy velsorgprodukte wat uit donkiemelk vervaardig word. Nel gryp die geleentheid met albei hande aan. Ná die trauma waardeur Nel is, het sy tyd nodig om heel te word. Sy besluit om haar droom na te volg en 'n dramakursus in New York te gaan volg. Mettertyd ervaar sy die vreugde om haar pad boontoe te werk en nie te slaap nie. Sy kry dit reg om aan haarself te bewys dat Nel Klinge sonder hulp sukses kan behaal. Nel besef ook dat haar genesingsproses voltooi is en dat sy reg is vir meer as 'n vriendskapsverhouding met Lex.
Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar
deurgesny is?
Die vrou van die klippesee vertel hoe die lewe vir Hendrik tot nou toe gerol het soos ’n stormsee. Hy is ’n visserman van ’n klein dorpie aan die Weskus wat jou aan Paternoster laat dink en in sy lewe het hy reeds sy broer aan die dood afgestaan. Maar dit is die verdwyning van sy vrou wat hom bitter maak en na die papsak wyn laat reik. Só staan hy dronk en droewig in die koue see, reg om homself te verdrink terwyl sy hond op die strand vir hom wag wanneer die roman begin. Hendrik se lewe begin handomkeer verander wanneer hy ’n gewonde gedierte, miskien iets soos ’n meermin, huis toe bring. Die vrou van die klippesee wys hoe goed fiksie sosiale en politieke kwessies kan ondersoek wanneer die skrywer lig werp op die lewe van ’n karakter wat aanvanklik niksseggend en nietig blyk te wees.
Philida is gebaseer op historiese werklikheid en sluit wat tema en tydperk betref aan by een van Brink se vroeër romans, Houd-den-bek. Philida was ’n slavin wat tussen 1820 en 1835 op die plaas Zandvliet in die Drakenstein-distrik gewoon het. (Die plaas wat vandag bekend is as Solms Delta). Sy het ’n paar kinders gehad by Frans, die seun van Cornelis Brink, die eienaar van die plaas. Maar toe besluit Cornelis dat Frans met die dogter van ’n ryk Kaapse familie moet trou en dat dit beter is om Philida en haar kinders te verkoop. Die roman begin waar Philida by die drostdy op Stellenbosch ’n klag teen haar baas gaan lę, ongehoorde optrede vir ’n slawevrou, optrede wat haar duur te staan kom: Philida en haar kinders word in 1833 deur Brink op ’n slaweveiling op Worcester verkoop. Die Britse regering stel kort daarna die slawe vry, maar Philida is vir vier jaar by haar nuwe eienaar, Meester de la Bat, ingeboek. Die swaarkry en vernedering van baie jare het Philida egter gebrei en op ’n dag eien sy vir haarself vryheid toe. Saam met die Moslem-slaaf, Labyn, trek sy deur die barre Karoo na die verre Gariep – “die grote Gariep: hy is die hele land en die hele węreld …die rivier in onse binneste. My Gariep…” dink Philida. “Hier in sy nabyte is ons almal saam.” Philida is ’n versetsroman – maar dit is ook ’n bevrydingsroman. Dit demonstreer wat vryheid beteken, en óók wat aan die kern van baasskap lę. En alhoewel daar onthutsende tonele is, is daar ook oomblikke van teerheid en humor. En boweal, die stem van ’n meesterverteller. ’n Interessante aspek van die roman is dat Brink gebruik maak van geskiedkundige feite wat een van sy voorsate insluit.
In die paar dae voor Kersfees neem Hendrik en Amalia se lewe ’n onverwagse wending, iets waarvoor hulle nooit voorsiening gemaak het nie. Maar wat vir hulle ’n nuwe era in hulle verhouding sou kon wees, word verdonker deur ’n verskriklike voorval waarvoor Hendrik in hegtenis geneem word. Nog Amalia, ’n staatsaanklaer op Witteberg, nog Hendrik se knap prokureur kan verhoed dat hy opgesluit word – deels vir sy eie veiligheid, deels omdat ’n lafhartige speurder sy mag misbruik. Wat voorbereiding vir ’n heugelike gebeurtenis en Kersfees moes word, word dae waarin Hendrik intiem met die binnekant van ’n sel en die se bewoners kennis maak. Daar word van moord gepraat op die taxibaas se seun wat deur ’n dwaalkoeel getref word en dis die taxibaas se woord teen Hendrik s’n. Boonop leef die grensoorlog steeds in Hendrik se gedagtes; die nagmerrie toe hy ’n makker wat deur die Kubane gevange geneem is, gaan red het. Dekades later buk ’n Kubaanse dokter oor hom in ’n hospitaal. En as Hendrik gemeen het dat Amalia veilig is, het hy ’n fout gemaak …
In die stormagtige jare voor en tydens die Groot Trek raak drie vroue
se lewe vervleg in ’n stryd om voortbestaan. Lojaliteit word getoets en
inbors word beproef.
Koos Sas, Khoi plaaswerker op Touwsrivier smag na die vryheid wat sy voorouers gehad het. Terwyl hy dros van sy werk op die plaas, kom hy tot die besef dat Suiderlike Afrika nou opgedeel is in plase wat aan individuele eienaars behoort. Britse imperialisme en die mag van die gereg bring hom in botsing met die samelewing. Kort voor lank word hy berug in die kolonie. Sy situasie word oornag gekompliseer met die ontmoeting van ‘n Khoi meisie wat self opsoek is na vryheid. Die soeke na vryheid word vererger deur Koos se miskenning van die mitologie van die Khoi, wat hom op ‘n dwaalspoor plaas.
Komies, hartroerend, meditatief, verruimend! Hierdie kick-ass roman bied ’n priemende blik op twee parallelle reise: ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en ’n suster se ondergang. Na ’n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teësinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Karl – heavy-metal-fan de luxe – se reis word vertraag deur sy obsessies wat hom in verskillende situasies lelik kniehalter. Maria Volschenk word op ’n dag oorval deur ’n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op ’n sending waarteen sy lankal opsien, in ’n poging om hierdie beleërende leegte af te weer. Die twee verhaallyne vloei saam op ’n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad, waar die broer, Ignatius Hofmeyr, in ’n bitter tweestryd met die onpeilbare Brandt-kęrel gewikkel is.
Wat hét met Anna gebeur die oomblik ná sy die sneller getrek het? Ná sy haar stiefpa wat haar soveel jare lank fisies en emosioneel verrinneweer het, vroeg een oggend in Bloemfontein in die oë gekyk, en toe geskiet het? Agt jaar ná die verskyning van Dis ek, Anna neem Anchien Troskie aldus Elbie Lötter weer haar pen op, en skryf die opvolg. Hoe vra ’n mens vergifnis, en wanneer mag jy wraak neem? Dit is die vrae waarmee Anna – en ook die skrywer – worstel . . . ’n Skreiend eerlike roman oor Anna Bruwer se lewe ná die moord op haar stiefpa – ’n boek gevul met deernis, en eindelik ook hoop.
Dis 1933 – ses jaar voor die Tweede Węreldoorlog. Kate Woodroffe was nog die heeltyd in watte toegedraai en soos ’n porseleinpoppie opgepas totdat sy besef dat daar ’n ander węreld bestaan as die herehuis in Parktown Ridge. Haar studierigting bring haar in aanraking met die verwoestende armoede van Vrededorp, skaars tien kilometer van waar sy woon, en sy besluit om ’n verskil te maak in die stukkende węreld om haar. Maar die man wat haar pa aanstel om haar op te pas terwyl sy navorsing doen in die agterbuurte, krap haar netjiese planne deurmekaar. Want hy leer haar hart vlieg, laat ’n vreugde diep binne-in haar oopbreek. Maar hy ketting haar ook vas. “In die regte lewe is daar nie ’n óns nie, Kate …” Kate weet dit. Sy is ryk John Woodroffe se dogter, midde-in die wurgende depressie, die armblankes oral, die woedende myners diep in haar pa se goudmyne. En Bernard Neethling is ’n mynwerker. Hul węrelde is onversoenbaar. En dis ononderhandelbaar. Albei weet dit. Maar hy skulp haar toe met sy krag, sy warmte. Hy wil die Suiderkruis vir haar pluk. En dit, weet Kate, sal makliker wees as om hul liefde te laat blom.
Kan ‘n gebroke huwelik betyds gered word? ʼn Brief van ʼn geskeide vrou skud Noulien se huwelik se fondasie. Ná agt jaar se getroude lewe is sy en Stephan verby die maanskyn en rose stadium en het hulle paadjies uitmekaar begin loop. Net verlange bly oor van die dae toe sy in haar man se arms aan die slaap geraak het. Selfs in die slaapkamer is dit nou eerder plig as plesier en sukkel sy nog steeds om swanger te raak en die Cloetefamilie ‘n erfgenaam te gee. Daarby is Belinda, die bure se dogter wat saam met Stephan grootgeword het en steeds gevoelens vir hom het, besig om te skei en terug op Grasdal by haar ouers. Noulien besluit om Marriage Capsule se huwelikskursus te doen, want ʼn huwelik is soos ʼn motor: As dit eers breek, is die skade groot, soms onherstelbaar. Maar het sy betyds wakker geskrik?
Paloma glo nie sy’s mooi genoeg vir so ’n aantreklike, suksesvolle man nie en wil nie betrokke raak nie. Arno sien net die mooi in mense raak. Mettertyd, leer Paloma dat mens nie volmaak hoef te wees om liefgehę te word nie.
Die węreld van die gemarginaliseerde is ’n eensame plek, sou Jakkie Duvenhage spoedig ontdek. Die bewuswording van sy “andersheid” dompel hom in ’n lewe wat wipplank ry van skoonheidstitels en aanvaarding tot skokterapie en huisgeweld. Deurentyd voel hy die druk van staande te probeer bly teen die sosiale diskriminasie wat sy lewenswyse ontlok. En dan word hy by ’n reeks sinistere moorde betrek...
Wie weet in watter gewaad storieboekliefde sy verskyning gaan maak?
Haar kans op vir ewig en altyd is nou. Vyf jaar na haar egskeiding is Milan 'n bedrywige sakevrou met 'n vol lewe. Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior rekenmeester met groot drome om die korporatiewe leer te klim. Jessica, Estie se rna, het sewentien jaar gelede haar rug op Vaalkrans gekeer en bestuur nou 'n gewilde trouplaas. Drie suksesvolle vroue met vervulde lewens, of so wil dit voorkom. Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds 'n houvas op elkeen. Milan kan nie vir Herk vergeet nie, en alhoewel sy die seuns gereeld sien, is Estie se verwerping pynlik. Estie is steeds verbitterd teenoor Milan en haar ma, en sukkel met 'n eetversteuring wat besig is om handuit te ruk. Jessica is in 'n rolstoel en aanvaar haar gestremdheid as straf vir die feit dat sy haar gesin versaak het. Die troues wat sy reel, is 'n poging om boete te doen. Wanneer Milan se lewe onverwags ontwrig word, begin die domino's een vir een kantel, en word hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef is, onkeerbaar geraak. Durf hulle 'n kans op geluk, 'n kans op vir altyd, waag?
Casey Olivier van Velddrif in die Sandveld aan die skilderagtige Weskus het alles: ’n goeie man, twee suksesvolle seuns en lekker kantoorwerk by die munisipaliteit. Dog, reeds van haar tienerjare smag sy na die groen gras aan die ander kant van die draad. Helaas ook na wat baie mense sal afkeur as onsedelikheid. Dit lę in haar gene. Afkomstig uit die geslag van haar ontugtige oumagrootjie, Anna Smit, kan sy beswaarlik beter vaar, verdedig sy haarself. Die roman begin in 1861, strek oor vier geslagte en eindig in 2020, die jaar van die groot Covid-19-pandemie – op ’n verrasssende hoogtepunt. |
You may like...
|