0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (6)
  • R50 - R100 (21)
  • R100 - R250 (210)
  • R250 - R500 (508)
  • R500+ (18)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction

Wat Het Geword Van Dinsdag? (Afrikaans, Paperback): Tinus Horn Wat Het Geword Van Dinsdag? (Afrikaans, Paperback)
Tinus Horn
R344 Discovery Miles 3 440 Ships in 4 - 6 working days

oe arriveer kort voor die draaipunt van die millennium in New York. Tot sy verbasing wag Nina hom by die backpackers in. Nina, wat nooit eintlik Joe se iets was nie. Nie rêrig nie.

Hy ontmoet ook vir Michael, ’n verloopte Suid-Afrikaanse Jood met absurde drome vir homself en sy lendelam fiets. O, en dan is daar Elrike, wat Joe se gedagtes lees nog voordat hy hulle kan bedink.

Dié drietal word die spil waarom alles draai in Wat het geword van Dinsdag?. Dis ’n roman wat verdigsel en waarheid vervleg, nes die kunswerke van twyfelagtige waarde wat Joe produseer. Enersyds is die roman ’n terugblik op drie onstuimige dekades in Johannesburg, en andersyds ’n verhaal van een man se leuens wat hom inhaal – oor sy kleintyd, oor drome van roem wat hy skaars kan onthou, maar bowenal oor Nina.

’n Fyn afgeronde, skerpsinnige roman oor selfontdekking, heimwee en verlies.

Lang Pad Na Liefde (Afrikaans, Paperback): Cynthia Robertson Lang Pad Na Liefde (Afrikaans, Paperback)
Cynthia Robertson
R129 Discovery Miles 1 290 Ships in 4 - 6 working days

In Troosbosbaai by haar Ouma Saar wil Pascale haar stukkende lewe regmaak, haar wonde lek terwyl sy deur haar egskeiding gaan. Juis daarom is dit so vreemd dat God hierdie tyd kies om die Ierse biker, Callum Moriarty, oor haar pad te stuur.

Salemstraat (Afrikaans, Paperback): Erla Diedericks Salemstraat (Afrikaans, Paperback)
Erla Diedericks
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wanneer ʼn man doodgeskiet word deur sy vrou in hul pragtige huis in die noordelike voorstede, besef die bure dat hulle dalk nie die oënskynlike gelukkige paartjie langsaan baie goed geken het nie. Stories oor MJ en Emilee loop skielik die buurt vol, stories wat net so uiteenlopend is soos Salemstraat se inwoners. Almal, van die oud weermagman Stefaans tot die mooie Russiese Natasja, onthul ’n nuwe blik op die paartjie.

Dit val grootliks op die skouers van dr. Ann, afgetrede psigiater, en Liz, die jong prokureur met ’n voorliefde vir hoëprofiel-egskeidings, om uit te vind watter stories waarheid inhou en wat blote bog is. Maar hoe dieper hulle grawe, hoe meer geheime word verklap, en een ná die ander kom die middelklas geraamtes uit die instapkaste getuimel.

Een ding is egter seker: Satan het nog altyd in die suburbs geskuil.

Doodsake op Karibib (Afrikaans, Paperback): Isa Konrad Doodsake op Karibib (Afrikaans, Paperback)
Isa Konrad
R349 Discovery Miles 3 490 Ships in 4 - 6 working days

Inspekteur Conrad Dorfling is terug!

Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling, weer krap waar daar ’n lyk is.

Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee goed, nee drie:

- Die lyk is oud. Dit gaan moeite kos om uit te vind wat aangaan.

- Alet Gouws is terug in Karibib. Hoekom weet hy nie, maar hy is nie seker dat dit goeie nuus is nie.

- Die hele polisiestasie weet skynbaar van sy en Alet se afskeidsoen …

Conrad weet nie wie se lyk dit is nie, maar hy is dankbaar dat dit ’n geraamte is, ’n doodloopsaak dus. Hy kan nie twee moorde in twee weke onder sy neus laat gebeur nie.

En boonop krap Alet se teenwoordigheid hom om. Hy het regtig gedink daardie soen was vaarwel. Sy is ’n mooi vrou en Con se vorige huwelik het rampspoedige gevolge gehad ...

Alet het per ongeluk ’n getuie in sy vorige moordsaak geword. Namibië is nie haar wêreld nie, haar lewe en haar man is in Kaapstad.

Hoekom het sy skielik teruggekom Karibib toe? Alet het hom laat glo sy was op pad om van haar man te skei.

Intussen warm sy doodloopsaak op. Binnekort is hulle op soek na ’n tweede lyk, en binne in sy eie lyf bewe die geraamtes in hulle kaste.

Elsa Winckler Eerste Keur (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Elsa Winckler Eerste Keur (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R260 R227 Discovery Miles 2 270 Save R33 (13%) Ships in 5 - 7 working days

Cilla kan van kleins af met diere kommunikeer in ​ Van altyd af. Reynecke Retief vertrou egter nie haar intuïtiewe benadering nie; hy beskuldig haar daarvan dat sy sy perd wil toor. Cilla krap terselfdertyd al Reynecke se vooropgestelde idees oor verhoudings en die lewe om.

Aileen se pâtisserie sal vir Stellenbossers wys hoe fyngebak moet lyk in ​Te eenders, te anders. Ongelukkig is die eienaar van die perseel heeltemal onmoontlik. Na ’n lesing oor persoonlikheidstipes, weet sy: Sy en Allen Muir sal nooit om dieselfde vuur kan sit nie. Hoekom laat sy nabyheid haar dan so verskriklik opgewonde voel?

Kalinda worstel met verskeie uitdagings in Tydlose liefde​. Soos die spook wat in haar kar geklim het én haar kantsakdoekie agtergelaat het. Sy ontmoet ook die wildewragtag van ’n Zach met sy arrogante drie-date-reël. Daar is dadelik ’n onverklaarbare drif wat tussen hulle posvat, terwyl sy die geskiedenis en haar spook se spore volg.

Altyd en Altyd (Afrikaans, Paperback): Thea Holland Altyd en Altyd (Afrikaans, Paperback)
Thea Holland
R272 Discovery Miles 2 720 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Thea Holland se vorige Romanzas, Doodgewone wonderwerk, ’n Onverstandige vrou en Bruid in blou.

Doodgewone wonderwerk

Elizabeth se erfporsie is daarmee heen en sy moet vir die temperamentele Simon, ’n skrywer, huishou om te oorleef. Dit sukkel maar met die kosmakery. Dalk is ’n huishoudster nie wat hy nodig het nie ...

’n Onverstandige vrou

Toe Jens Nielsen Laetitia destyds nie wou hê nie, het sy die pad gevat en hulle kind alleen kom grootmaak. Nou gaan sy terug Denemarke toe om Dot se pa vir haar te gee. Maar opnuut tuimel haar kaartehuis ineen.

Bruid in blou

Sondagoggend gesels Jess met haar vriendinne oor haar wittebrood wat oor twee weke begin. Haar droomtroue is tot in die fynste besonderhede beplan. Maandagmiddag trou sy in ’n blou rok en met die verkeerde man voor die landdros.

Lira (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Lira (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe.

Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.

Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle.

Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat.

Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.

Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”

Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.

Onwillig Verlief (Afrikaans, Paperback): Marijke Greeff Onwillig Verlief (Afrikaans, Paperback)
Marijke Greeff
R355 Discovery Miles 3 550 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie is ’n mega-omnibus van Marijke Greeff se vorige Kaapse liefdesverhale bestaande uit Esmeralde, Seerower vir Shakira en Markies vir Melesinda.

Esmeralde:

By haar agtiende verjaarsdagbal ontmoet Esmeralde die baie aantreklike René Courtelle. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar René is ’n getroude man. Wat Esmeralde egter nie weet nie, is dat hy baie ongelukkig getroud is met ’n erg ontroue vrou wat met iemand konkel om al die Courtelle-skatte in die hande te kry.

Seerower vir Shakira:

In ’n dobbelspel word Shakira deur haar pa aan die gevreesde seerower Raoul Monserat verpand. Op sy skip word hulle in die eg verbind. Sy verafsku hom, maar een of ander tyd gaan hy sy huweliksregte opeis.

Markies vir Melesinda:

Dis die geheimsinnige Nagvalk wat Melesinda se gedagtes sedert haar aankoms in Frankryk vollê. Maar met die markies Beaumont du Brecy moet sy trou. Beau ontken die Nagvalk se bestaan, al red hy Melesinda keer op keer.

Goudmyn (Afrikaans, Paperback): Wilbur Smith Goudmyn (Afrikaans, Paperback)
Wilbur Smith; Translated by Zirk van den Berg
R338 Discovery Miles 3 380 Ships in 4 - 6 working days

Toe Jak Stapelberg die pos van algemene bestuurder van die Sonderkloof- goudmyn aangebied word, weet hy dis te goed om waar te wees. Hy is te jonk en boonop beskik hy nie oor die nodige kwalifikasies nie.

Sy vermoede word bevestig toe Manfred Steiner sy voorwaarde stel: Jak moet doen wat hy vra, sonder teenspraak.

En Jak stem in, want dié kans gaan nie gou weer verbykom nie. As hy net eers die werk het, kan hy Manfred se opdrag mos weier. Nie Jak óf Manfred het rekening gehou met die eintlike magte wat Jak se aanstelling bewerk het nie. Terwyl dié magte planne smee om die grootste goudmyne te vernietig en die ekonomie omver te werp, is Jak se aandag verdeel. Dit blyk dat ’n sindikaat gouderts uit die myn steel. En dan is daar Tess, Manfred se beeldskone maar gefrustreerde vrou, wat ongeoorloofde begeertes in Jak wakker maak . . .

Mag, gierigheid, wraak en begeerte vier hoogty op die goudvelde van die 1960’s in dié Afrikaanse vertaling van Wilbur Smith se gewilde Gold Mine.

Geliefde Heler (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Geliefde Heler (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R129 Discovery Miles 1 290 Ships in 4 - 6 working days

Die briljante chirurg Geert Bouwman kom by die Mediclinic op Stellenbosch locum. Teatersuster Naomi Roux is glad nie ingenome met die idee dat sy ’n oog oor sy doen en late moet hou terwyl hy in sy tante se huis woon nie. Sy huur tog net die woonstel en ateljee by tant Merel. Maar Geert en Naomi is gedurig in mekaar se geselskap en hulle werk goed saam. Hoe kan sy onbetrokke staan teenoor ’n man soos dokter Geert Bouwman?

Spore in die wind (Afrikaans, Paperback): Karen de Villiers Spore in die wind (Afrikaans, Paperback)
Karen de Villiers
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 4 - 6 working days

Tinki se werk op die plaas Blouberg is ’n droom totdat sy Zac, die nuwe baas, ontmoet. Hulle vryf mekaar verkeerd op, maar moet noodgedwone saam werk wanneer wildeperde in die distrik skielik verdwyn. Stadig maak wrewel plek vir liefde en Zac trap spore op haar hart.

Hoe Hakke met Hoogwater (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Hoe Hakke met Hoogwater (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg
R212 Discovery Miles 2 120 Ships in 4 - 6 working days

Die surfer-meisie Simone, die wulpse huisvrou Andrea en die gesofistikeerde weduwee Maggie is vreemdelinge vir mekaar. Maar op ’n dag wat die lewe hul al drie platgeslaan het, bring die noodlot hulle in ’n ou kombi byeen en so begin ’n onwaarskynlike maar besonderse vriendskap. Wie sou kon raai dat hul liefdes en verliese toe nie so verskillend is nie? Saam trotseer die drie vroue die hoogwater in hul lewe, hoe hakke en al.

Vet Feetjies Vlieg Nie (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Vet Feetjies Vlieg Nie (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R272 Discovery Miles 2 720 Ships in 4 - 6 working days

Lucy Lombaard dra XL-klere in ’n eeu waar vrouelywe soos kodestrepies lyk. Om dan nog vir SARS te werk dra nie juis by tot haar gewildheid nie. Maar sy het die hart van ’n feetjie wat veerlig deur die lewe wil gaan. Al hoor sy van kleins af vet feetjies kan nie vlieg nie … Billy Bruwer van Media Uniek plaas haar hart in die hoogste versnelling, maar hy stel net belang om haar Funky Feetjie-blog in sy tydskrif te gebruik. Is haar mede-rubriekskrywer Wouter Weet-als dalk eerder haar sielsgenoot?

'n Liedjie Vir Anine (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Liedjie Vir Anine (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 4 - 6 working days

Zander Breedt is ’n Afrikaanse sanger. Roem het egter ’n wrang smaak – hy bid en lees Bybel, maar kry nie antwoorde nie. En sy nuwe aangetroude familielid, Anine, ’n joernalis, maak nie die lewe makliker nie. Anine word bewus van Zander se frustrasie en vrae, maar kan nie oor haar eie hartseer kom nie. Dan moet sy ’n artikel oor Zander skryf. Sy kan nie eens praat met hom sonder om haar woorde te verloor nie, wat nog te se ’n onderhoud met hom voer.

Skakerings van Hoop (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Skakerings van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human 1
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 4 - 6 working days

Ná ’n bitter ongelukkige huwelik bevind Anina, ’n enkelma, haar op Fynbos tot sy weer ’n pos in die stad kry. Haar toekomsplanne sluit nie in dat sy haar jeugliefde weer hier raakloop nie.

Foxtrot Van Die Liefde (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Foxtrot Van Die Liefde (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Katalaya het silwerwit hare en dra funky klere, maar sy is sestig jaar oud. En alleen. Soms wens sy Franco het eerder mooi ordentlik doodgegaan as om die pad te vat. Al wat vir haar oorbly is ’n miniatuurgrootte gaatjie in die meenthuiskompleks vir weduwees, weggooivroue en lelike vroue wat nie mans kon kry nie. Haar kinders gee haar grys hare, wat sy juis nie wil he nie. Verder worstel haar bejaarde ma met seniliteit en lap alles uit wat hulle ’n leeftyd lank geheim wou hou. Ook oor Ben wat in die buitekamer gebly het toe haar pa die stadsklerk van die dorp was. Dit was net Jan-Adam Vermeulen wat vermoed het Ben was soveel meer as net ’n chauffeur. Maar na ’n tragedie wat die hele dorp geskud het, het hy uit hul lewe verdwyn. Nou beweer haar ma ’n man met ’n Elvis-kuif was in haar besemkasgrootte kamertjie in Huis Herfsblaar. En later kom sy met ’n vreemde versoek – Katalaya moet na Ben gaan soek voordat dit te laat is. Maar sy gaan nie alleen nie. Katalaya se pelgrimstog lei haar na die laaste skakel wat die legkaart van haar lewe voltooi. Net om te ontdek dat die liefde en die begeertes van die lyf nie sommer tot rus kom nie. En dat die lewe so veranderlik soos kwiksilwer is.

Agter Maskers (Afrikaans, Paperback): Marijke Greeff Agter Maskers (Afrikaans, Paperback)
Marijke Greeff
R278 Discovery Miles 2 780 Ships in 4 - 6 working days

Ná 'n versmorende huwelik van twintig jaar sal Mia kaalvuis baklei vir die voorreg om selfstandig te wees en nie in enige iemand anders se oë te kyk vir haar daaglikse brood nie. Dit is egter makliker gesê as gedaan, want op agt en dertig is sy skielik op haarself aangewese en het sy geen opleiding, geen ervaring en boonop geen selfvertroue nie. Op hierdie kritieke tydstip in haar lewe maak die eienaar van die eksklusiewe restaurant Tsalanang haar 'n aanbod wat sy nie kan weier nie. Giep Rossouw bied haar die geleentheid om te begin bou aan 'n loopbaan en in die proses haar eie menswaardigheid te ontdek. Hoekom bly sy, wat mans vir goed afgesweer het, egter in Giep se donker, smeulende blik vasval? En hoekom bedien hy erotiese skemerkelkies in 'n dameskroeg as hy eintlik 'n opgeleide predikant is? In 'n pynlike proses, waarin ou verhoudings verbrokkel en nuwes gevorm word, word Mia gestroop van die masker waaragter sy nog altyd geskuil het en moet sy diep delf om haarself te vind en haar eie identiteit te vestig. In 'n tyd van haar lewe wat dit vir Mia voel asof sy alles verloor, ontdek sy die krag wat in haar binneste lê en besef sy wat dit beteken om haar hart eers vir haarself te win, voordat sy dit vir iemand anders kan weggee.

Soetloop (Afrikaans, Paperback): E. Kotze Soetloop (Afrikaans, Paperback)
E. Kotze
R344 Discovery Miles 3 440 Ships in 4 - 6 working days

Die vroee 20ste eeu. Klein Kattie, met Kat op die skoot, hoor die familiestories: als oor hoe die voormense beroof is - en Pa wat slaap in die buitekamer! As kinderoppasser by vername mense leer sy later 'n fyner lewe ken, maar toe sy 'n onbesonne huwelik aangaan, draai Kattie se pad af. In Soetloop keer Kotze terug na haar geliefde Weskus-milieu. Nes in Hoogty is hier meelewende insig in ’n brak lewenspad - maar tog met sy varswater-soetlope.

Amatola (Afrikaans, Paperback): Piet Van Rooyen Amatola (Afrikaans, Paperback)
Piet Van Rooyen
R272 Discovery Miles 2 720 Ships in 4 - 6 working days

In die afgeleë Sneeuberge van die Oos-Kaap soek ’n groep argeoloë onder leiding van die nimlike professor Attie Vermaak na ’n reeks rotstekeninge: ’n befaamde oorlogstafereel van ruiters en vlugtendes. Groot is hul vreugde toe hulle dié kunswerk na ’n uitmergelende soektog vind.

Hulle blydskap is egter van korte duur: ’n gevaarlike groep drosters oorrompel hulle en neem hulle gevange. Onder angswekkende omstandighede deel ekspedisie- en bendelede dieselfde kampeerplek terwyl die bendekaptein wag op verslag deur twee verspieders wat hy na die buitewêreld stuur om ’n losprys te eis.

Amatola is Piet van Rooyen op sy beste.

Vinkel en Koljander 3: Droomland (Afrikaans, Paperback): Vita du Preez Vinkel en Koljander 3: Droomland (Afrikaans, Paperback)
Vita du Preez
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

Ruby se pynlikste begeerte is om te weet wie haar pa was – of is. Nóg haar loopbaan as loopplankmodel, nóg haar gesogte modereeks kan vergoed vir hierdie leegheid in haar lewe. Of dit die oorsaak van haar slaaplopery is, weet sy nie maar toe haar ma sterf, neem sy hierdie geheim saam met haar graf toe.

Ná haar ma se begrafnis vlam die hoop egter onverwags op. Sy moet die welmenende raad van die dorp se gehate ou sedeprediker verduur en haar ma se prokureur oorhandig ’n juwelekissie met ’n sleutel aan haar. En toe ’n jeugkennis weer sy verskyning maak, weet Ruby hierdie man bedreig haar goed bewaarde hart. Dit is ook hy wat haar oortuig om elke leidraad wat sy nou gekry het op te volg en nie nee vir ’n antwoord te neem nie.

Maar elke paadjie waarop sy haar begeef, lei na ’n doodloopstraat. Monsters wat mens uit die verlede gaan haal, moes dalk gebly het waar hulle was – die hede is al wat jy eintlik het en jy moet daarmee woeker.

Viva La Vida (Afrikaans, Paperback): Bernette Bergenthuin Viva La Vida (Afrikaans, Paperback)
Bernette Bergenthuin
R190 Discovery Miles 1 900 Ships in 4 - 6 working days

Vida se beste vriend staan uiteindelik op trou. Maar as hy hom lewenslank wil opsaal met ’n meisie wat in alle opsigte die Barbie-model ’n treetjie voor is, is dit sy saak. Dit is wel hinderlik dat sy as “best woman” ’n tuxedo-aandrok moet dra en alles wat daarmee saamgaan om die verloofde gelukkig te hou. Ook die feit dat hulle haar met die verloofde se broer wil afpaar. Maar net vir die troue en net vir haar beste vriend is dit ook seker nie te veel gevra nie. En die man is regtig ’n vangs, as sy eerlik wil wees. Terwyl haar beroepslewe as argitek ook ’n onverwagte trap of twee styg en sy daarmee probeer tred hou, doem ander komplikasies op: haar ewig onvergenoegde ma, haar immer swerwende pa, ongeoorloofde affairs begin aan die orde van die dag lyk, ’n ramparty haak ampertjies uit en ’n naweek in die Bosveld het rampspoedige gevolge. As daar ooit ’n moontlikheid was dat Vida se beste vriend eintlik die liefde van haar lewe is, is dit nou te laat. Die strykkwartet speel al die troumars, letterlik. En Vida se sin vir humor is meestal al wat haar staande hou.

Sjokoladesoene (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Kristel Loots Sjokoladesoene (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Kristel Loots
R327 Discovery Miles 3 270 Ships in 4 - 6 working days

Jessie Jansen weet sy het haarself as vrou die afgelope tyd verwaarloos. Nee, meer nog, sy vergryp haar gruwelik aan soetgoed. Sjokolade.

Maar sjokolade, weet sy, maak daardie gat in haar toe. Die gat wat Andries gelos het toe hy met die jong dingetjie weg is. So oud soos haar kind.

Maar Bruno Baumann sien haar in die supermark raak. Dink sy pas perfek in hulle reklameveldtog vir nuwe onderklere – die gewone vrou wat ander kan laat verstaan dat hulle tog sensueel is. Mooi en maer ofte nie.

Net, Jessie is vir hom beeldskoon. Maar sy het genoeg bagasie om ’n man te laat verbyhou. Hy sal hom liewer vermaak met die jong dollas wie se foto’s hy in sy beursie hou.

Komplot (Afrikaans, Paperback): Andre Kruger Komplot (Afrikaans, Paperback)
Andre Kruger
R327 Discovery Miles 3 270 Ships in 4 - 6 working days

Die Russiese intelligensiedienste beplan om Verwoerd te vermoor.

Hul kontak in Suid-Afrika is Thomas Jacobs, ’n Suid-Afrikaanse anargis wat in die Spaanse Burgeroorlog geveg het. Na die ontnugtering van die oorlog vestig Thomas hom naby Colesberg, ver van politieke knoeiery. Maar die politiek haal hom in.

’n Ou kameraad is na Colesberg oppad, waar hy sy eertydse vriend ’n laaste keer vir die saak wil werf . . .

Solitaire (Afrikaans, Paperback): Vita du Preez Solitaire (Afrikaans, Paperback)
Vita du Preez
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Wanneer Donna de Villiers en haar man Divan skei, moet hulle suksesvolle juweliersonderneming sowel as hulle huis in Tamboerskloof verkoop word sodat hulle bates verdeel kan word. Haar selfbeeld is aan skerwe na Divan se verraad en die eens suksesvolle juwelier wat pryse vir haar werk losgeslaan het se skeppingsdrang is daarmee heen.

Sy wil wegkom uit die kringe waarin sy en Divan beweeg het, waar almal nou oor haar vernederende egskeiding skinder. Donna swerf van kusdorp na kusdorp waar sy ontvlugting op haar branderplank en in die arms van surfers vind. Wanneer sy na amper ’n jaar die allerlaagste punt bereik, besef Donna sy is op ’n pad van selfvernietiging.

Donna moet weer van voor af begin en sy aanvaar ’n opdrag om ’n replika van ’n antieke hangertjie te maak. Dit neem haar na Minnaarshof, ’n spogplaas in die Riebeekvallei. Hier ontmoet sy vir Toit Minnaar.

Toit treur al meer as ’n jaar oor sy vrou se dood en hy neem ’n wilsbesluit om weer sy lewe op koers te kry. Hy aanvaar ’n uitdaging om deel te neem aan ’n realiteitstelevisiereeks, Boer soek ’n vrou. Wanneer die drie dames op die plaas kom kuier saam met die TV-span, begin die poppe dans. Daar is wedywering en katgevegte en Toit begin al hoe meer aangetrokke voel tot Donna.

Donna doen egter haar bes om gevoelens wat Toit in haar wakker maak, te onderdruk. Sy wil weer haar loopbaan op dreef kry én terugkry wat ’n man by haar gesteel het.

Kruispad (Afrikaans, Paperback): Deon Opperman Kruispad (Afrikaans, Paperback)
Deon Opperman 1
R338 Discovery Miles 3 380 Ships in 4 - 6 working days

Kruispad is die kern van Deon Opperman se groot TV-trilogie oor die Afrikaner se pad in Suid-Afrika. Dit beeld presies uit waar die groot verandering gekom en hoe die Afrikaner daarop gereageer het.

Die roman wentel om Sophia en Mariana, die twee dogters van ’n welgestelde boer, Soois van Rooyen, en sy vrou, Mart. Sophia is met die skatryk FG van den Berg getroud en Mariana met die arm, bekrompe Andries Landman. Terwyl FG en Andries albei hul ekonomiese status ná die verkiesing van 27 April 1994 verloor, sit hul onderskeie seuns, Klein FG en Henk, met die nalatenskap van apartheid.

Kruispad belig nie net die snykant van apartheid fel nie, maar boor ook diep in die problematiek waarmee die Afrikaner in die jare negentig moes worstel en toon hoeveel inbors en karakter dit verg om die juk van die verlede af te skud.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R360 R321 Discovery Miles 3 210
Hans Bars Die Bioborrel
Rudie van Rensburg Paperback R295 R264 Discovery Miles 2 640
Die verdwyning van Mina Afrika
Zuretha Roos Paperback R250 R137 Discovery Miles 1 370
Kwaaiwater
Irna van Zyl Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Katvis
Annelie Botes Paperback  (1)
R360 R332 Discovery Miles 3 320
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
Stiltetyd
Marita van der Vyfer Paperback R297 Discovery Miles 2 970
Moederland
Madelein Rust Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Die Onsigbare
PJO Jonker Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R385 R344 Discovery Miles 3 440

 

Partners