|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance
Lumé Gous het ’n spesifieke olie nodig vir die parfuum wat sy maak. Die
enigste plek waar sy dit kan kry, is op Neil Mulder se plaas.
Lumé en Neil verskil soos dag by nag. Sy is ’n per feksionis en hy ’n
sorgelose terggees. Geen wonder hul eerste ontmoeting is katastrofies
nie en sy wil hom en sy hond nooit weer sien nie.
Maar hoe kry sy dan die olie vir haar parfuum? Sy beraam ’n plan, maar
die noodlot gryp in.
“Hy voel hoe haar klein hande soekend onder sy hemp probeer inkruip. Hy
staan net ’n aks van haar af terug en trek sy hemp met een beweging oor
sy kop voor hy haar weer tot styf teen hom aantrek en hy weer haar mond
opsoek. Haar knieë knak liggies en hy trek haar stywer teen hom om haar
te steun. So deur die soen du hy haar terug na die groot bed toe. Haar
oë rek groot toe hy haar optel en op die bed neer sit. “Ek sal niks
doen wat jou ongemaklik maak nie. Ek belowe. As my hande te verdwaal,
vat dit weg. As jy
ongemaklik voel en wil stop, sê my. Ek is in jou hande.”
Sy knik haar kop en vat inisiatief om sy kop nader te trek vir ’n soen.
Bliksem, hierdie vrou weet nie wat sy aan hom doen nie! Haar hande is
oral op sy bors en arms en hy stut homself so dat sy die toegang het na
wat sy verlang. Hy probeer seker maak sy is gewoond aan hom voor hy sy
eie verkenningstog begin waarna hy so smag. Hy sis deur sy tande toe sy
liggies met haar naels oor sy rugspiere trek en eis weer haar mond op.
Sy hand skuif onder haar toppie in en hy sprei sy hand gretig oor haar
plat maag en heupe.
Sy kreun toe hy die soen verbreek om sy kop in haar nek te druk en haar
sagte vel daar te soen en proe. Stadig, sonder om haar te laat skrik,
vou hy sy hand oor haar bors. Die materiaal is van kant en haar bors
pas perfek in sy hand. Hy beweeg oor na haar ander bors en dit is haar
beur t om deur haar tande te sis.”.
Liham Vermaak, ’n suksesvolle entrepreneur, se streng reëls en koue
houding keer dat ’n vrou deel word van sy lewe. Tot Landrie in sy lewe
instap.
Landrie wil die wêreld gaan sien en nie gering geskat word as ’n
ernstige besigheidsvrou nie. Al maak Liham dit hoe moeilik, gaan sy
haar nie laat afgeskrik nie. Maar haar behoef te om hom te leer liefkry
word groter as haar droom om die sakewêreld te verower.
Gaan hulle ’n plek in mekaar se harte kan vind?
Celestine de Peronne se susters verwyl hul tyd met borduurwerkies,
mooimaaksessies en dagdrome oor toekomstige mans, maar sy droom van
om eendag die eienares van Lavoisier, die familieplaas, te wees.
Sy
bestuur reeds haar pa se plaas, teel perde, plant wingerde aan en
maak wyn. Haar pa stel ’n aantreklike en sjarmante Fransman,
Argonne de Lattre, as stalmeester aan, maar hy verkies meisies soos
haar susters.
Hy is die eerste man wat haar soen; haar kop laat
duisel. Hy vra haar om te kies; dis of hy of Lavoisier, en dis die
moeilikste besluit van haar lewe.
Claire Westley was nog altyd verlief op burggraaf Charles Bryton, maar
hy het nooit in haar belanggestel nie. Toe haar pa onverwags geld en ’n
titel erf, vra die burggraaf uit die bloute om haar hand.
Tot hul families se skok weier Claire.
Om ’n skandaal te vermy reël haar ouers vir Claire passaat op die Swart
Pêrel om vir haar vriendin Prinses Mary te gaan kuier.
Is Luca Bovien, die aantreklike kaptein van die Swart Pêrel, dalk die
een wat haar hart gaan verower?
|
You may like...
Impossible
Sarah Lotz
Paperback
R328
Discovery Miles 3 280
Being Kari
Qarnita Loxton
Paperback
R205
R192
Discovery Miles 1 920
Nagreisiger
Leon van Nierop
Paperback
R240
Discovery Miles 2 400
Droomjagter
Leon van Nierop
Paperback
R340
R314
Discovery Miles 3 140
Mirre
Chanette Paul
Paperback
R390
R366
Discovery Miles 3 660
|