![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance
Lani Taljaard en haar beste vriendin besluit dis tyd om op hul eie voete te staan. Silwersee is net die regte plek om dit te doen. Lani word uit die staanspoor oorweldig deur dokter Jan- Erik van Eeden se onbetwisbare selfversekerdheid, maar sy hou nie daarvan om nie in beheer te voel nie. Hoekom beveel tant Marcia vir Lani om nie vir haar ma van Jan-Erik te vertel nie? Wat het jare gelede tussen die Van Eedens en die Taljaards skeefgeloop?
Om sy voete teen die warm sand te beskerm, tel Lia ’n seun by die strand op en ontmoet sy mooie, maar moeilike pa, Viljé. Sy weet sy moet wegbly van hulle, maar die oulike seun steel haar hart âˆ' ’n talent wat hy blykbaar met sy pa deel.
In Die honger hart moet Julia Naude haar peetpa se ongewone voorwaarde behou om die plaas, wat sy saam met die plaasbestuurder geerf het, te beskerm. In Deel van die pakket staan Gita van Duinen op die drumpel van ’n nuwe lewe, maar meer veranderinge le voor. In Verskuilde liefde, keer dr. Edmund Wiese terug uit die buiteland. Hy moet vrede maak met die lee kol wat sy broer, Fanie, agtergelaat het. En drie weke later maak hy ’n onverwagse ontdekking wat sy prioriteite verander.
Toe Jak Stapelberg die pos van algemene bestuurder van die Sonderkloof- goudmyn aangebied word, weet hy dis te goed om waar te wees. Hy is te jonk en boonop beskik hy nie oor die nodige kwalifikasies nie. Sy vermoede word bevestig toe Manfred Steiner sy voorwaarde stel: Jak moet doen wat hy vra, sonder teenspraak. En Jak stem in, want dié kans gaan nie gou weer verbykom nie. As hy net eers die werk het, kan hy Manfred se opdrag mos weier. Nie Jak óf Manfred het rekening gehou met die eintlike magte wat Jak se aanstelling bewerk het nie. Terwyl dié magte planne smee om die grootste goudmyne te vernietig en die ekonomie omver te werp, is Jak se aandag verdeel. Dit blyk dat ’n sindikaat gouderts uit die myn steel. En dan is daar Tess, Manfred se beeldskone maar gefrustreerde vrou, wat ongeoorloofde begeertes in Jak wakker maak . . . Mag, gierigheid, wraak en begeerte vier hoogty op die goudvelde van die 1960’s in dié Afrikaanse vertaling van Wilbur Smith se gewilde Gold Mine.
Die briljante chirurg Geert Bouwman kom by die Mediclinic op Stellenbosch locum. Teatersuster Naomi Roux is glad nie ingenome met die idee dat sy ’n oog oor sy doen en late moet hou terwyl hy in sy tante se huis woon nie. Sy huur tog net die woonstel en ateljee by tant Merel. Maar Geert en Naomi is gedurig in mekaar se geselskap en hulle werk goed saam. Hoe kan sy onbetrokke staan teenoor ’n man soos dokter Geert Bouwman?
Zander Breedt is ’n Afrikaanse sanger. Roem het egter ’n wrang smaak – hy bid en lees Bybel, maar kry nie antwoorde nie. En sy nuwe aangetroude familielid, Anine, ’n joernalis, maak nie die lewe makliker nie. Anine word bewus van Zander se frustrasie en vrae, maar kan nie oor haar eie hartseer kom nie. Dan moet sy ’n artikel oor Zander skryf. Sy kan nie eens praat met hom sonder om haar woorde te verloor nie, wat nog te se ’n onderhoud met hom voer.
In Die Tonnel word die verlamde Ilse deur haar vader se testament verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp. In Keerkring Van Die Hart het Kasper ’n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel. Kan dié skugter man tot haar redding kom, al het sy met ’n swierbol getrou? En in En Die Klippe Sal Uitroep is Emile, kroonprins van modelplaas La Rhône, ’n gesogte vangs onder die skone geslag, maar by nuwe verpleegsuster Miempie, ’n kampvegter vir menseregte, loop hy sy rieme styf .
Plekkie in die son, dis al wat Karen Viljoen vra. Maar die pragtige donkerkop is melaats verklaar … Die oordeel dryf haar uit haar huis, haar droomhuwelik met Otto, haar baba – tot in Genadendal, inrigting vir melaatses. Kan Otto se liefde die vuurproef deurstaan? Daar is Beatrice, en die wette van die natuur. Selfs al word Karen dalk eendag genees verklaar, sal die gemeenskap haar nie maar weer verwerp nie? Eenmaal melaats, altyd melaats. In Genadendal, en by ’n simpatieke dr. Tertius Louw, vind Karen God se genade is tog genoeg – ook vir melaatses. Maar waar is haar eie plekkie in die son?
Die Tweede Wereldoorlog verdeel nie net die wereld nie, maar ook gesinne. In die Fourie-huishouding staan Pa by Hertzog wat neutraal wil bly, Oupa by Smuts wat tot die oorlog toetree en die seuns by Malan wat die oorlog teestaan. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine – jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op ‘n unieke manier deur die oorlog beinvloed word. En in ‘n klein Italiaanse dorpie woon die beeldhouer Guiseppe Romanelli en sy seuns. Ook Don Veneto en sy pragtige dogter Gina. Die dorpsmense het van altyd af geweet dat sy en Antonio, Guiseppe se een seun, vir mekaar bestem was; die twee raak spoedig verloof. Antonio word opgeroep om in Noord-Afrika te gaan veg, maar hy word ‘n krygsgevangene en beland op die Fouries se Bosvelplaas in Suid-Afrika waar hy klipwerk doen. En hier ontmoet hy vir Klara, ‘n meisie wat ‘n vriend en geesgenoot word... ‘n Eg menslike verhaal wat met insig en begrip uitbeeld dat oorlog almal raak. En dat die brue wat ons bou soms ‘n opdraand pad aan die anderkant het.
Vyf jaar ná die aanval op Kris, wat byna haar lewe gekos en haar met ’n letsel op die gesig gelaat het, is sy weer op koers. Wel, as mens nou die nagmerries wat haar soms ry, uitskakel. Haar aanvallers is agter tralies, haar verbreekte verlowing is iets van die verlede. Wanneer sy die kans kry in haar fisioterapiepraktyk, breek sy ook weg om kursusse aan te bied in bewustelikheid – oftewel mindfulness: Sy help mense ontdek hulle kan maar net wees, hulle hoef nie heeltyd te doen nie. Dit is wat haar met heelwording gehelp het. Dit is tydens so ’n kursus dat haar en Luca se paaie kruis, ’n ultra-atleet in wie se wêreld daar nie plek is vir enigiets anders nie, laat staan ’n vrou, veral nie een met “issues” nie. Daarvan het hy genoeg gehad. Maar dit is nogal ’n moeilike situasie as jy in dieselfde huis saam met een woon. Haar nagmerries help ook nie juis nie. En hy moet fokus vir sy volgende wedren in Amerika om sy borge tevrede te hou. Hy moet wen, anders het hy verloor, dis sy leuse.
Dina Botha is een van die suksesvolste skrywers in Afrikaans. Sedert
Februarie 2013 was Dina Botha 192 keer op Nielsen Bookscan se Top100
vir fiksieverkope.
Alexander Strachan se Brandwaterkom is ’n dubbelloop-roman: Dit is enersyds ’n aangrypende, bloedstollende verhaal oor die lewe van een van die berugste Boereoffisiere, andersyds is dit ’n boeiende ondersoek na die verleidelike, soms selfs verraderlike manier waarop verhale van ons besit neem en ons verbeelding op loop jaag. Met verbluffende vernuf trek Strachan albei snellers van die roman gelyk af.
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Susan Olivier se vorige Romanzas, Bod op ’n biljoenêr, Kylie se keuse en Verborge obsessie. Bod op ’n biljoenêr: Agtien maande was nie lank genoeg om Nico te vergeet nie, dit besef Eva die oomblik toe sy hom weer sien, en skielik is sy glad nie meer seker dat sy van hom wil skei nie. Kylie se keuse: Toe Kylie ná jare in die buiteland terugkom om haar pa se plek in sy maatskappy in te neem, sit Alex du Preez daar. En daar’s groot fout in die maatskappy. Is hy die skuldige, heuningmond en al? Verborge obsessie: Ná al die jare is Michael Meskin terug, nou die wêreldbekende sakeman. Maar hy straf haar, asof Sonika die skuld dra vir sy swakheid van destyds, toe hy die omkoopgeld aanvaar en die pad gevat het, landuit.
Leon van Nierop se blitsverkoper Plesierengel verskyn twintig jaar gelede en dit is in hierdie boek waar duisende lesers vir Tristan Hansen ontmoet, ’n engel van plesier, ’n manlike prostituut waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal. Dit is egter nie die volle verhaal nie: hoe het die enigmatiese Tristan tot hier gekom? In Katelknaap kry die leser ’n blik op die vroue wat hom gevorm het en van genot geleer het. Veral saam met een vrou, ver weg in Positano, ’n dorpie in Italië, kon hy hom loswikkel van die beklemming van sy konserwatiewe ma wat hom ná sy pa se selfmoord alleen grootmaak. Maar dit was ook nie die laaste beklemming nie. Op die vooraand van Tristan se 27ste verjaardag vind ons hom in sy luukse dakwoonstel in Maboneng, onrustig ná ’n vreemde foonoproep vol dreigende stilte. Terwyl hy kan voel hoe hy deur ’n verkyker dopgehou word en dat die afloerder met iets anders as begeerte na hom kyk, reik sy herinneringe terug na gelukkiger dae in Positano, en na sy opleiding in die kuns van liefdemaak.
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas, Waar liefde lê, Want daar’s skoenlappers en Heldergeel dag. Waar liefde lê: Lana sien regtig nie kans vir die passievolle omgewingskundige wat ’n Kilimandjaro-ekspedisie reël nie. Sy vrees berge. En sy vrees die uitwerking wat hierdie dinamiese en hartstogtelike man op haar het. Want daar’s skoenlappers: Gemma is ’n mediese dokter en Nick ’n oorlogsfotograaf. Boonop is hulle aangetroude familie. Maar op die een of ander manier vryf hulle mekaar telkens verkeerd op. Of is hulle eintlik onweerstaanbaar vir mekaar? Heldergeel dag: Cara en haar vriendin Lana se broer Henry kon mekaar nog nooit verdra nie. Of is dit maar hoe mense optree wat eintlik van die begin af te veel van mekaar gehou het? Hulle storie het al in Waar liefde lê en Want daar’s skoenlappers begin ...
In Die vrou in die spieël word die hoofkarakter een oggend wakker . . . en ontdek dat sy niks kan onthou nie, nie eens haar eie naam nie. En toe ’n lang, aantreklike man skielik die kamer binnestap, noem hy haar Ansie, ’n naam wat sy in haar diepste wese wéét nie hare is nie! In Die oujongnooi van Polkadraai gebruik Silpa haar besonderse grimeertalent om haarself ’n volle twintig jaar ouer te laat voorkom – sy beeld ’n middeljarige oujongnooi uit wat aansoek doen om die pos van huishoudster vir twee jong kinders. Maar sy het nie rekening gehou met die streng dog aantreklike pa van die kinders nie. En in Die kleine kring lig Henda se verloofde haar ’n maand voor hul troue in dat hy ’n ander vrou liefhet. Om aan die lewe te bly aanvaar sy ’n pos as huishoudster op Brakrivier, maar die opset waarin sy haar bevind is veel anders as wat sy haar dit voorgestel het . . .
Karolien Watermeyer het haar eie patisserie in Kaapstad en geniet haar
lewe. Dis net die liefde wat kort. Niemand kon haar nog laat voel soos
Stefan Bosman wat haar op haar sestiende verjaardag gesoen het nie.
Met haar prokureur se hulp, vind Lizzy onder ’n nuwe identiteit ’n
toevlug op ’n plaas by die see. Daar versorg sy die visser shuisies en
bly naweke in die eienaar, Reuben, se huis terwyl hy in Mauritius is.
Juta Enslin is ’n spor tredakteur en aan oefen verslaaf. Tot meningitis
haar by die dood laat omdraai en haar gehoor en balans aantas. Sy is
skielik van almal om haar af hanklik en voel sy het alles verloor.
Ná haar lewe uitmekaar val, vlug Kate Ierland toe. Op die vliegtuig,
vang Flynn, ’n aantreklike rooikop Ier wat Afrikaans praat, haar onkant
met sy sjarme. In Ierland loop Kate weer in Flynn vas, maar toe sy
uitvind hy is die dorp se pier ewaaier sluit haar hart af.
Irma het ’n bakkievrag probleme. Daar is haar eks-verloofde, ’n
sukkelende trekker en ’n koei wat dringend mediese hulp benodig.
Retha Malan sien dokter Isak Vermeulen die eerste keer toe hy ontstoke
uit haar dosent se spreekkamer storm en haar amper onderstebo loop. Hy
hoor lat er dat sy hom ’n brombeer noem!
Celestine de Peronne se susters verwyl hul tyd met borduurwerkies, mooimaaksessies en dagdrome oor toekomstige mans, maar sy droom van om eendag die eienares van Lavoisier, die familieplaas, te wees. Sy bestuur reeds haar pa se plaas, teel perde, plant wingerde aan en maak wyn. Haar pa stel ’n aantreklike en sjarmante Fransman, Argonne de Lattre, as stalmeester aan, maar hy verkies meisies soos haar susters. Hy is die eerste man wat haar soen; haar kop laat duisel. Hy vra haar om te kies; dis of hy of Lavoisier, en dis die moeilikste besluit van haar lewe.
“Hy voel hoe haar klein hande soekend onder sy hemp probeer inkruip. Hy
staan net ’n aks van haar af terug en trek sy hemp met een beweging oor
sy kop voor hy haar weer tot styf teen hom aantrek en hy weer haar mond
opsoek. Haar knieë knak liggies en hy trek haar stywer teen hom om haar
te steun. So deur die soen du hy haar terug na die groot bed toe. Haar
oë rek groot toe hy haar optel en op die bed neer sit. “Ek sal niks
doen wat jou ongemaklik maak nie. Ek belowe. As my hande te verdwaal,
vat dit weg. As jy |
![]() ![]() You may like...
|