0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (22)
  • R100 - R250 (109)
  • R250 - R500 (156)
  • R500+ (6)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance

Liefde En Verlies (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Liefde En Verlies (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R65 Discovery Miles 650 Save R45 (41%) In Stock

Twee broers, seuns van ’n skatryk volstruisboer, wil vir beeldskone Margaretha hê. Sy kies Michael, die erfgenaam, en John gaan veg in die Boereoorlog.

Later stort die veremark in duie en hulle is bankrot. Margaretha kry die geleentheid om te wys dat sy nie net ’n mooi gesig het nie.

Getyeman (Afrikaans, Paperback): Wilreza Smit-Theron Getyeman (Afrikaans, Paperback)
Wilreza Smit-Theron
R147 Discovery Miles 1 470 Ships in 4 - 6 working days

Opregte liefde is onbreekbaar.

Lunaise vestig haar op Kosiebaai na ‘n liefdesteleurstelling. Hier aan die ooskus van Afrika vind sy vrede en genesing in die tropiese water van die warm Mosambiekstroom. Totdat Rolf Pfeiffer een aand onverwags by haar voordeur opdaag en deur al haar skanse breek sonder om ‘n vinger verroer.

Skielik bevind sy haar tussen meer beeldskone vroue om Rolf se hart te wen. As befaamde fisioterapeut stort sy haar hart en siel daarin om Rolf se peetkind, Ingrid, te behandel na ‘n ernstige vliegtuigongeluk waarin sy die gedeeltelike gebruik van haar een ledemaat verloor het. Lunaise se hart word ‘n oseaan waarvan die getye haar dwing om soms asemloos tussen hoogwater en laagwater te oorleef. Maar ‘n man met die getye in sy oë trek haar veilig onder sy skouer in en wys haar hoe die toekoms wel kan lyk.

Kan hierdie twee mense die aanslae van die lewe deurstaan sodat hulle liefde vir mekaar kan seëvier?

'n Tyd Om Te Lag (Afrikaans, Paperback): Lizelle von Wielligh 'n Tyd Om Te Lag (Afrikaans, Paperback)
Lizelle von Wielligh
R147 Discovery Miles 1 470 Ships in 4 - 6 working days

Kan ‘n gebroke huwelik betyds gered word?

ʼn Brief van ʼn geskeide vrou skud Noulien se huwelik se fondasie. Ná agt jaar se getroude lewe is sy en Stephan verby die maanskyn en rose stadium en het hulle paadjies uitmekaar begin loop. Net verlange bly oor van die dae toe sy in haar man se arms aan die slaap geraak het. Selfs in die slaapkamer is dit nou eerder plig as plesier en sukkel sy nog steeds om swanger te raak en die Cloetefamilie ‘n erfgenaam te gee.

Daarby is Belinda, die bure se dogter wat saam met Stephan grootgeword het en steeds gevoelens vir hom het, besig om te skei en terug op Grasdal by haar ouers.

Noulien besluit om Marriage Capsule se huwelikskursus te doen, want ʼn huwelik is soos ʼn motor: As dit eers breek, is die skade groot, soms onherstelbaar. Maar het sy betyds wakker geskrik?

Die Geheime Lewe Van Gita (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Die Geheime Lewe Van Gita (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg
R291 Discovery Miles 2 910 Ships in 5 - 7 working days

Niemand mag haar sien sonder haar mantel nie.

Gita kruip al haar lewe lank agter voorgee weg; ʼn mantel vir elke okkasie.

Flambojante, pienk-Gita, vir wanneer sy opspraak wil maak, swart-Gita wanneer sy wil wegraak en laag lê, rooi-Gita wanneer sy uitdagend is, en natuurlik die blinkkant-bo-baadjie as sy voor die familie is. Maar agter die mantels spook dit by Gita. Haar pa het weggeloop met ’n ander vrou toe sy tien jaar oud was.

Sedertdien sukkel sy om mense naby haar toe te laat. Niemand mag haar sien sonder ’n mantel nie. Wanneer haar werk deure moet sluit pak sy haar lewe op en vertrek Knysna toe. Daar waar haar pa is. Waar sy nuwe vrou is. Waar sy nuwe kinders is. Langs die pad ontmoet sy die kleurvolle Llewellyn wat haar as verkleurvroutjie sien en sy is heeltemal oukei daarmee. Sy is wel nie oukei met die amper-blinde tjellospeler, Darius, en sy broer wat haar geheime lewe wil oopkrap nie. Skielik is daar vier baie verskillende mans in haar lewe, en Gita het nie genoeg mantels om alkant te dek nie.

Soos In Stories (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Soos In Stories (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R131 Discovery Miles 1 310 Ships in 4 - 6 working days

Wie weet in watter gewaad storieboekliefde sy verskyning gaan maak?

Om bibliotekaresse te wees op ’n dorpie soos Trompieshoogte is vir Marijke die maklikste manier om te verseker dat haar lewe teen ’n slakkepas nêrens heen sal gaan nie. Wat nog gepraat van haar liefdeslewe. Maar dan gewaar sy ’n nuwe gesig op die dorp, al is daai gesig nou wel ongeskeer, die hare te lank, en die klere taamlik verslons.

Maar wat maak die skatryk entrepreneur Jean-Pierre Immelman in hierdie verlate uithoek, en hoekom lyk hy so afgerem? Dalk meer belangrik, wat is hierdie hartkloppings wat Marijke naby hom ervaar, en wat is die ooreenkoms wat hy met haar wil tref voor hy terugkeer na sy eie glansryke wêreld toe?

'n Kans Op Vir Altyd (Afrikaans, Paperback): Cecilia Nortje 'n Kans Op Vir Altyd (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Nortje
R325 Discovery Miles 3 250 Ships in 4 - 6 working days

Haar kans op vir ewig en altyd is nou. Vyf jaar na haar egskeiding is Milan 'n bedrywige sakevrou met 'n vol lewe. Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior rekenmeester met groot drome om die korporatiewe leer te klim. Jessica, Estie se rna, het sewentien jaar gelede haar rug op Vaalkrans gekeer en bestuur nou 'n gewilde trouplaas. Drie suksesvolle vroue met vervulde lewens, of so wil dit voorkom. Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds 'n houvas op elkeen. Milan kan nie vir Herk vergeet nie, en alhoewel sy die seuns gereeld sien, is Estie se verwerping pynlik. Estie is steeds verbitterd teenoor Milan en haar ma, en sukkel met 'n eetversteuring wat besig is om handuit te ruk. Jessica is in 'n rolstoel en aanvaar haar gestremdheid as straf vir die feit dat sy haar gesin versaak het. Die troues wat sy reel, is 'n poging om boete te doen. Wanneer Milan se lewe onverwags ontwrig word, begin die domino's een vir een kantel, en word hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef is, onkeerbaar geraak. Durf hulle 'n kans op geluk, 'n kans op vir altyd, waag?

Romanza Nostalgie: Didi Potgieter (Afrikaans, Paperback): Didi Potgieter Romanza Nostalgie: Didi Potgieter (Afrikaans, Paperback)
Didi Potgieter
R173 Discovery Miles 1 730 Ships in 4 - 6 working days

Leer my liefhê Toe Diaan uiteindelik haar studieleier ontmoet, is hy allesbehalwe 'n verstokte ou man, hoe onverbiddelik hy ook al is. En hy weet van iets uit haar verlede wat haar drome oor hom fataal maak. Hoe om 'n hart te wen Janke was van altyd af verlief op haar grootwordmaatjie, Louw. Maar nou is Louw verloof en hy trou binnekort. Janke en Henry gaan voorgee dat hulle 'n paartjie is om Louw jaloers te maak en sy oë oop te maak, maar hulle hou nie rekening met Kupido se streke nie. Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.

Soeter As Kondensmelk (Afrikaans, Paperback): Lizelle von Wielligh Soeter As Kondensmelk (Afrikaans, Paperback)
Lizelle von Wielligh
R131 Discovery Miles 1 310 Ships in 4 - 6 working days

Vergeet en vergewe Leane kan haar dalk nog met twee jaar se geheueverlies versoen, maar nie om aan die mooie boer Rudolf met sy kakieklere verloof te wees nie! Hy is allesbehalwe haar droomman en boonop trou hulle oor ses dae. Toe hy haar uitkomkans gee, wys sy dit egter van die hand. Is dit haar gewete of sy donker oë wat haar weerstand afbreek en terselfdertyd noop om voort te gaan met die troue? Om liggaam en siel aan hom te gee, is egter nie so eenvoudig nie. Daarby verskyn sy beste vriendin op die toneel - haar huwelik feitlik op die rotse en haar man galbitter omdat sy die grond aanbid waarop Rudolf loop. ʼn Belangrike tema in die verhaal is die impak van alkoholmisbruik op familielede en die krag van rehabilitasie.

Dancing in Valhalla (Paperback, Ingram ed.): John West Dancing in Valhalla (Paperback, Ingram ed.)
John West 1
R233 Discovery Miles 2 330 Ships in 18 - 22 working days

13 twisted tales of music, magick, mayhem & murder.

Some torn from headlines in sunny South Africa where, for many, these are part of everyday life.



Shop for shrunken heads in a village that time forgot.

Witness an ancient ritual passed down from the Aztecs through Jack the Ripper to modern-day London.

Savour the sweet taste of revenge in a French restaurant.

Sit in on the Grim Reaper’s disciplinary hearing.

And experience life on the streets in 1980s Hillbrow as two teenagers struggle to survive a violent rollercoaster ride through Johannesburg’s underground club scene.



John West has won awards and even small amounts of money for his scribblings over the years. One of his stories was recently longlisted in the top 200 entries out of 5 000 submitted to the international Commonwealth Short Story Prize.

His first novel – Burning Roses, a decadent tale of sex, drugs, rock n roll & magick – is available online.

'n Soort van Bevryde Vrou (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots 'n Soort van Bevryde Vrou (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

Zoe is ’n bevryde vrou. Wel . . . soort van. Sy is nou wel een van die wulpse Lombaard-niggies, maar sy het nie ’n man nodig om vir haar vlerke te gee nie.

Haar ma en Swietie-pie, ’n brak sonder ’n pedigree, is egter old school en kritiseer haar graag – verál Zoe se losloop-leefstyl. Haar ma sal selfs betaal sodat daar “’n man” op die sitplek langs haar dogter kan plaasneem.

Zoe het egter ’n heimlike begeerte om ook ’n soortgelyke liefde soos Lucy, ook bekend as Funky Feetjie, en dié se man, Billy, te ervaar. Sodat sy ook happy family-foto’s op Facebook kan post.

Dis tyd vir dié late bloomer om koers te kry. Zak, die wannabe danser, kan dalk die antwoord op almal se drome wees. Zander verskyn ook op die horison. Hy skryf moord- en doodslagboeke en is nou op sy derde vrou. ’n Man om te vermy. Maar ook ’n man wat haar verstand stil soen.

Sal sy die regte besluit kan neem? Indien nie, sal sy ’n tweede kans kry om haar foute reg te stel?

Satyn Omnibus 8 (Afrikaans, Paperback): Ettie Bierman, Anita du Preez, Engelbrecht Satyn Omnibus 8 (Afrikaans, Paperback)
Ettie Bierman, Anita du Preez, Engelbrecht
R255 R227 Discovery Miles 2 270 Save R28 (11%) Ships in 5 - 7 working days

Drie sexy, sensuele en romantiese verhale deur drie gewilde skrywers: Anderkant die volmaan deur Ettie Bierman, Bambi en die boef deur Anita du Preez en Victoriavalle van liefde deur Lizet Engelbrecht. 

Droomberig (Afrikaans, Paperback): Lune Olivier Droomberig (Afrikaans, Paperback)
Lune Olivier
R131 Discovery Miles 1 310 Ships in 4 - 6 working days

Anelia le Roux wil in haar oorlede pa se joernalis-voetspore volg. Haar nuwe werk by Nuus-Direk bied egter die een op die ander uitdaging – en nie almal is ewe aangenaam nie.

Sy waai een woeste, winderige dag teen die navorser Leon de Hanie vas. Daar is onmiddellik ’n wilde aantrekkingskrag tussen die twee en Anelia besef gou dat sy halsoorkop op hom verlief is. Sy wonder net: Hoe voel hý oor háár?

Intussen het Anelia ’n nare ondervinding met een van haar kollegas. Leon se geheimsinnige optrede laat haar ook wonder of hy nie iets vir haar wegsteek nie.

Mettertyd ontdek Leon nuwe inligting oor Anelia se pa se sogenaamde selfdood. Dan vertel iemand haar dat Leon doelbewus die inligting aan die media verkoop het om sy eie loopbaan te bevorder. Gaan sy vir Leon ’n kans gee om sy optrede te verduidelik?

Sewe Dae by die Silbersteins (Afrikaans, Paperback): Etienne Leroux Sewe Dae by die Silbersteins (Afrikaans, Paperback)
Etienne Leroux
R393 Discovery Miles 3 930 Ships in 4 - 6 working days

’n Verslag van Henry van Eeden se weeklange besoek aan die Silbersteins se groot landgoed om Salome, sy toekomstige bruid, te ontmoet. Elke dag lewer bisarre ervarings op en dit word vir Henry ’n inisiasieproses: hy moet sy onskuld verloor en kennismaak met die verweefdheid van die goeie en die bose.

Al Wat Oorbly (Afrikaans, Paperback): Santie van der Merwe Al Wat Oorbly (Afrikaans, Paperback)
Santie van der Merwe
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Is dit moontlik om geluk te vind in ’n huwelik wat twee stiefkinders insluit?

Julia Meiring het haar ma verloor toe sy ses jaar oud was. Haar pa is dadelik weer getroud, en sy is deur 'n ongenaakbare stiefma grootgemaak wat byna die teenoorgestelde was van haar liefdevolle ma wat feitlik al haar aandag aan haar laatlammetjie gewy het.

Julia vind die liefde van haar lewe in haar buurman, Wynand du Toit. Hy is 'n geskeide man, en die pa van twee kinders maar Julia laat haar deur die verhouding meesleur want Wynand se kinders woon in die Kaap by hul ma, en sy kan hulle heeltemal vermy.

Omstandighede dwing Wynand se eks en haar gesin terug Gauteng toe, en Julia verbreek summier hulle verhouding. Sy sien nie kans om ʼn ma te wees nie, en nog minder ʼn stiefma.

Haar drakoniese stiefma sterf, en Julia besef weer eens hoe min sy van haar eie ma weet. Sy probeer ʼn beeld van haar ma saamflans uit die herinneringe wat haar veel ouer sibbe half onwillig met haar deel. Stadig maar seker besef sy dat haar ma nie ʼn engel was nie, dat haar stiefma nie inherent boos was nie, en dat die liefde tussen haar en Wynand nie te ruste gelê kan word nie.

Die Daggaboer (Afrikaans, Paperback): Jean-Pierre de Kock Die Daggaboer (Afrikaans, Paperback)
Jean-Pierre de Kock 1
R320 Discovery Miles 3 200 Ships in 4 - 6 working days

Lennet Loots is ’n alleenloper wat woon op ’n lappie grond in Baardskeerdersbos waar hy boer met groente en vrugte, en dagga. Jare gelede was hy ’n rekenmeester wat ’n voorstedelike bestaan gevoer het, maar iewers langs die pad het hy alles opgegee. ’n Ontroerende debuutroman – die relaas van ’n jong man wat verkies om eerder in ’n karavaan van hand tot mond te lewe as om die waarheid te konfronteer.

Lang Pad Na Liefde (Afrikaans, Paperback): Cynthia Robertson Lang Pad Na Liefde (Afrikaans, Paperback)
Cynthia Robertson
R126 Discovery Miles 1 260 Ships in 4 - 6 working days

In Troosbosbaai by haar Ouma Saar wil Pascale haar stukkende lewe regmaak, haar wonde lek terwyl sy deur haar egskeiding gaan. Juis daarom is dit so vreemd dat God hierdie tyd kies om die Ierse biker, Callum Moriarty, oor haar pad te stuur.

Wat Het Geword Van Dinsdag? (Afrikaans, Paperback): Tinus Horn Wat Het Geword Van Dinsdag? (Afrikaans, Paperback)
Tinus Horn
R330 Discovery Miles 3 300 Ships in 4 - 6 working days

oe arriveer kort voor die draaipunt van die millennium in New York. Tot sy verbasing wag Nina hom by die backpackers in. Nina, wat nooit eintlik Joe se iets was nie. Nie rêrig nie.

Hy ontmoet ook vir Michael, ’n verloopte Suid-Afrikaanse Jood met absurde drome vir homself en sy lendelam fiets. O, en dan is daar Elrike, wat Joe se gedagtes lees nog voordat hy hulle kan bedink.

Dié drietal word die spil waarom alles draai in Wat het geword van Dinsdag?. Dis ’n roman wat verdigsel en waarheid vervleg, nes die kunswerke van twyfelagtige waarde wat Joe produseer. Enersyds is die roman ’n terugblik op drie onstuimige dekades in Johannesburg, en andersyds ’n verhaal van een man se leuens wat hom inhaal – oor sy kleintyd, oor drome van roem wat hy skaars kan onthou, maar bowenal oor Nina.

’n Fyn afgeronde, skerpsinnige roman oor selfontdekking, heimwee en verlies.

Doodsake op Karibib (Afrikaans, Paperback): Isa Konrad Doodsake op Karibib (Afrikaans, Paperback)
Isa Konrad
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 4 - 6 working days

Inspekteur Conrad Dorfling is terug!

Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling, weer krap waar daar ’n lyk is.

Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee goed, nee drie:

- Die lyk is oud. Dit gaan moeite kos om uit te vind wat aangaan.

- Alet Gouws is terug in Karibib. Hoekom weet hy nie, maar hy is nie seker dat dit goeie nuus is nie.

- Die hele polisiestasie weet skynbaar van sy en Alet se afskeidsoen …

Conrad weet nie wie se lyk dit is nie, maar hy is dankbaar dat dit ’n geraamte is, ’n doodloopsaak dus. Hy kan nie twee moorde in twee weke onder sy neus laat gebeur nie.

En boonop krap Alet se teenwoordigheid hom om. Hy het regtig gedink daardie soen was vaarwel. Sy is ’n mooi vrou en Con se vorige huwelik het rampspoedige gevolge gehad ...

Alet het per ongeluk ’n getuie in sy vorige moordsaak geword. Namibië is nie haar wêreld nie, haar lewe en haar man is in Kaapstad.

Hoekom het sy skielik teruggekom Karibib toe? Alet het hom laat glo sy was op pad om van haar man te skei.

Intussen warm sy doodloopsaak op. Binnekort is hulle op soek na ’n tweede lyk, en binne in sy eie lyf bewe die geraamtes in hulle kaste.

Dors (Afrikaans, Paperback): Marinda van Zyl Dors (Afrikaans, Paperback)
Marinda van Zyl
R357 Discovery Miles 3 570 Ships in 4 - 6 working days

In die loop van 1876 kom verskeie groepe Transvalers by die samevloei van die Krokodil- en Maricoriviere aan met die idee om na Damaraland te trek. Om daar te kom, moet hulle ’n stuk waterlose Kalahari, bekend as die Dors, oorsteek. Maar die magstryd tussen die voormanne van elke groep om die hoofleier van die trek te wees laat die trek op 'n ramp afstuur, lank voor hulle die Dorsland binnegaan.

Katelknaap (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Katelknaap (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Leon van Nierop se blitsverkoper Plesierengel verskyn twintig jaar gelede en dit is in hierdie boek waar duisende lesers vir Tristan Hansen ontmoet, ’n engel van plesier, ’n manlike prostituut waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal.

Dit is egter nie die volle verhaal nie: hoe het die enigmatiese Tristan tot hier gekom? In Katelknaap kry die leser ’n blik op die vroue wat hom gevorm het en van genot geleer het. Veral saam met een vrou, ver weg in Positano, ’n dorpie in Italië, kon hy hom loswikkel van die beklemming van sy konserwatiewe ma wat hom ná sy pa se selfmoord alleen grootmaak.

Maar dit was ook nie die laaste beklemming nie. Op die vooraand van Tristan se 27ste verjaardag vind ons hom in sy luukse dakwoonstel in Maboneng, onrustig ná ’n vreemde foonoproep vol dreigende stilte. Terwyl hy kan voel hoe hy deur ’n verkyker dopgehou word en dat die afloerder met iets anders as begeerte na hom kyk, reik sy herinneringe terug na gelukkiger dae in Positano, en na sy opleiding in die kuns van liefdemaak.

Hartsbegeerte (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Hartsbegeerte (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, Terug na jou, Kolwyntjie en Altyd die strooimeisie.

Terug na jou:

Jare gelede het Mercia haar liefde vrygelaat, soos mens ’n boemerang van jou af weggooi. Nes die boemerang het haar liefde nou na haar toe teruggekeer. Sal sy hierdie keer daarin slaag om dit vas te hou en vir altyd te koester?

Kolwyntjie:

Die tweelingdokters in die spreekkamers reg langs Melani se nuwe besigheid is albei ewe sjarmant. Dis egter Lourens wat haar hart verower, maar hy wil verder studeer en het nie tyd vir ’n verhouding nie ...

Altyd die strooimeisie:

Meyer Malan steel Zoë se hart met die eerste oogopslag, maar hoe kan sy hom liefhê as hy juis een van die bevoorregtes is wat op haar pa se erfplaas grootgeword het. Kan sy die familie vertel wie sy werklik is?

Onwillig Verlief (Afrikaans, Paperback): Marijke Greeff Onwillig Verlief (Afrikaans, Paperback)
Marijke Greeff
R341 Discovery Miles 3 410 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie is ’n mega-omnibus van Marijke Greeff se vorige Kaapse liefdesverhale bestaande uit Esmeralde, Seerower vir Shakira en Markies vir Melesinda.

Esmeralde:

By haar agtiende verjaarsdagbal ontmoet Esmeralde die baie aantreklike René Courtelle. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar René is ’n getroude man. Wat Esmeralde egter nie weet nie, is dat hy baie ongelukkig getroud is met ’n erg ontroue vrou wat met iemand konkel om al die Courtelle-skatte in die hande te kry.

Seerower vir Shakira:

In ’n dobbelspel word Shakira deur haar pa aan die gevreesde seerower Raoul Monserat verpand. Op sy skip word hulle in die eg verbind. Sy verafsku hom, maar een of ander tyd gaan hy sy huweliksregte opeis.

Markies vir Melesinda:

Dis die geheimsinnige Nagvalk wat Melesinda se gedagtes sedert haar aankoms in Frankryk vollê. Maar met die markies Beaumont du Brecy moet sy trou. Beau ontken die Nagvalk se bestaan, al red hy Melesinda keer op keer.

Sapphire Omnibus 1 (3-in-1) (Paperback): Cheryl Ntumy, Tshego Monaisa, Mokopi Shale Sapphire Omnibus 1 (3-in-1) (Paperback)
Cheryl Ntumy, Tshego Monaisa, Mokopi Shale
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

A collection of modern romances:

In Beauty and the Broker, Melody Nyathi works as a beauty therapist at the plush Imbali spa but dreams of owning a beauty spa for the everyday woman. When she falls for insurance broker Thabiso Gumede he encourages her by making an offer that few could refuse. Does he believe in her dream or is he motivated by jealousy?

In Written in the stars, Masedi Goanabokoa meets the musician Pelo Sebata. Masedi and Pelo are both dealing with painful pasts that keep them from moving forward. Soon they will discover that they have been brought together by forces stronger than them.

In Three Dates, professional ballroom dancer Lesedi Moatlegi believes that her dance partner Nicholas is her perfect match: on and off the dance floor. Except he only sees her as a dance partner with ‘benefits’. Reluctant Lesedi agrees to give investment banker Tshepo Motsei a chance. Will he be able to prove himself after just three dates?

Hartlam - Kortverhale oor die Liefde (Afrikaans, Paperback): Hartlam - Kortverhale oor die Liefde (Afrikaans, Paperback)
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

In hierdie bundel sal jy vergeefs soek na voorspelbaarheid. Want die liefde het vele gesigte, en nie almal is mooi nie.

Kerneels Breytenbach, Christine Barkhuizen Le-Roux, Erika Murray-Theron, Helene de Kock, Keina Swart, Jaco Jacobs en vele meer skryf oor die liefde in al sy vele gedaantes: moederliefde, onvoorwaardelike liefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, erotiese liefde, liefde tot die dood toe ...

Want die liefde verdra alles, maar die liefde het dikwels tande.

Geliefde Heler (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Geliefde Heler (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R126 Discovery Miles 1 260 Ships in 4 - 6 working days

Die briljante chirurg Geert Bouwman kom by die Mediclinic op Stellenbosch locum. Teatersuster Naomi Roux is glad nie ingenome met die idee dat sy ’n oog oor sy doen en late moet hou terwyl hy in sy tante se huis woon nie. Sy huur tog net die woonstel en ateljee by tant Merel. Maar Geert en Naomi is gedurig in mekaar se geselskap en hulle werk goed saam. Hoe kan sy onbetrokke staan teenoor ’n man soos dokter Geert Bouwman?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Application of Agents and Intelligent…
Hardcover R2,632 Discovery Miles 26 320
Model Reduction of Parametrized Systems
Peter Benner, Mario Ohlberger, … Hardcover R4,602 Discovery Miles 46 020
Oriental Illustrations of the Sacred…
Joseph Roberts Paperback R747 Discovery Miles 7 470
The Works of Flavius Josephus, the…
Flavius Josephus Paperback R606 Discovery Miles 6 060
The Miscellaneous Prose Works of Sir…
Walter Scott Paperback R641 Discovery Miles 6 410
Unjust Borders - Individuals and the…
Javier S. Hidalgo Paperback R1,403 Discovery Miles 14 030
Computational Frameworks - Systems…
Mamadou Kaba Traore Hardcover R1,630 Discovery Miles 16 300
Bleat - A book of fun for goat lovers
Bronwyn Eley Hardcover R416 Discovery Miles 4 160
An Universal History, from the Earliest…
George Sale Paperback R641 Discovery Miles 6 410
Computer-Graphic Facial Reconstruction
John G. Clement, Murray K. Marks Hardcover R2,327 Discovery Miles 23 270

 

Partners