![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance
Die verhaal van 'n veertigjarige vrou se bestekopname van haar lewe. Sy is morbied obees en kos speel 'n baie belangrike rol. Dis in die vorm van dagboekinskrywings, sms'e en e-posse. Dit bied 'n kykie in die psige van 'n eetverslaafde; iets waarmee baie lesers sal kan identifiseer. Dis ook 'n liefdesverhaal (wat in die verlede afspeel), d.m.v. sms'e en e-posse en derdens volg die leser die broodkrummels na die jeugtrauma wat haar gedefinieer het. Hierdie is 'n roman wat jou verbeelding beetpak en nie maklik laat gaan nie. Omdat dit in kleinerige brokke aangebied word, omdat dit soveel donker humor bevat en ontdaan is van selfbejammering, omdat die taal so lewendig is, is dit toeganklik sowel as ... wel, gewigtig.
Evan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd ’n meisie aan die arm. Die lewe is ’n lied. Tot daardie dag toe sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is ’n intense skuldgevoel en woede. Vir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede. Tog: Drie jaar later speel hy vir die Springbokke. Wanneer hy op die krukkelys beland weens ’n besering, vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van ’n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelhoë hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is ná haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. Evan weet ook: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie. Die ware gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes het die skrywer geïnspireer om hierdie verhaal te skryf, die boek ondersoek Christenskap en liefde tussen jong mense.
Niemand mag haar sien sonder haar mantel nie.
Hierdie verhaal van liefde en geweld speel af teen die agtergrond van dwelmgebruik en bendegeweld. Kara de Lange het as 10-jarige die skietdood van haar broer aanskou en dié emosionele trauma lei tot sowel emosionele- as huweliksprobleme. Sy en haar man, Johan, besluit dat sy ’n paar dae by haar vriendin Jackie op Montagu gaan kuier om meer perspektief te kry. Hier ontmoet sy vir Armand, ’n skrywer wat aanvanklike sukses behaal het, maar wie jare laas ’n boek uitgegee het. Die wederkerige aantrekkingskrag tussen Kara en Armand is egter gekompliseerd. Sy worstel nog met die emosionele nalatenskap van trauma terwyl hy daarenteen uiters gesteld is op sy privaatheid, leefstyl en behoefte aan ’n ongekompliseerde, geroetineerde lewe. Hy bewaar sy emosies dig binne hom.
Dit was voorwaar geen eenvoudige paadjie nie. Hulle ontmoet skrams. Ontmoet weer – en vind mekaar. Maar só maklik gaan dit nie wees nie, want so diep as wat hulle gevoel vir mekaar mag wees, beur die twee in heeltemal verskillende rigtings . . .Kom reis terug in die tyd (1997 tot 2000) vir hierdie twee mense se sonderlinge verhaal. Mardaleen Derks was die wenner van Huisgenoot en kykNET se tweede fliekkompetisie.
13 twisted tales of music, magick, mayhem & murder.
Kristin verloor haar werk én haar kêrel maar sy besluit om haar eie besigheid te stig en kommandeer haar buurman - Ryno - as vennoot. Sy besef egter dat haar broederlike gevoelens vir hom drasties verander het: Van vennoot na sielsgenoot!
Haar geluk bestaan uit verskillende skakerings ... Lea Richter is vasgevang in 'n situasie waaruit sy nie kan kom nie. Haar ma is aan 'n rolstoel vasgekluister, erg depressief en afhanklik van haar. Lea se onblusbare gees hou haar egter staande: met haar kragtige motorfiets gaan sy op lang ritte en saans skryf sy romanses onder 'n skuilnaam om haar balans te probeer hou. Om den brode is sy die prim en proper bibliotekaris van Fynbos. Stef Brits, 'n motorfietsrenjaer en -handelaar, stap met sy groot stewels in haar biblioteek in en kom gooi haar saai bestaan geheel en al skoon omver. Hy is aantreklik en opwindend - die verpersoonliking van die helde wat Lea vir haar romanses skep. Stef het lankal besluit dat hy nooit wil trou nie, maar Lea doen iets aan hom wat hom erg omkrap. Hy is 'n filofobiak, bang vir die liefde, maar het nooit met ware liefde rekening gehou nie. Die hekelgroep van Skakerings besef dat hulle hul plig teenoor Lea en haar ma versuim het en beraam planne om die twee verliefdes te hulp te snel. Lea se ma onthul egter wat die oorsaak van haar psigosomatiese verlamming is en plaas 'n splinternuwe hindernis op die paartjie se pad na geluk. Kan hulle ook dit oorkom? Skakerings van geluk is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks. Dit is die derde boek in die Skakerings-reeks, en is voorafgegaan deur Skakerings van hoop en Skakerings van liefde.
Nog 'n Marijke Greeff-omnibus ... Onweerstaanbare passie is 'n samestelling van drie van Marijke Greeff se vorige Romanzas, 'n Ongewone meisie, Soleil en die sakeman en Formuleliefde. Die leser kan onweerstaanbare helde, sterk heldinne, interessante kinkels in die storielyne en vurige liefdestonele verwag! 'n Ongewone meisie: Alhoewel hy Juli se teenwoordigheid verpes, begeer hy haar ook. Toe Juli Baxter se biologiese pa haar as lyfwag vir Zack huur, beskou sy dit as bloot 'n opdrag. Sy kom egter gou agter sy het haar lelik misgis …Wie haat Zack genoeg om hom te wil vermoor? En wat is die betekenis van die wit angeliere wat telkens voor 'n aanslag op sy lewe by Zack afgelewer word? Juli oortree elke reël van professionaliteit wanneer sy voor sy sjarme swig. Die spanning - ook tussen Zack en Juli - bereik 'n hoogtepunt toe Zack die moordenaar uitlok, maar byna self in sy eie strik trap … Soleil en die sakeman: Soleil het van kleins af 'n heldeverering vir Jason gekoester, sedert haar ma as huishoudster in sy pa se diens getree het. Sy is skaars agtien toe sy die passie in hulle verhouding ontdek. Kort daarna verdwyn Jason - waarheen, weet nugter alleen. Nou, twaalf jaar later, het sy haar mediese studie voltooi en Jason is terug. En Soleil kan nie eens teenoor haarself erken met hoeveel drif sy hierdie man liefhet nie. Maar 'n ander kant van Jason word ook nou duidelik: dié van 'n berekende sakeman. Van haar droom om 'n kliniek te heropen vir minderbevoorregtes, wil hy niks weet nie. Is sy aandrang op 'n skynverlowing ook deel van sy sakemansvernuf? Formuleliefde: Jarod Hunter speel nie met sy mededingers én vyande nie. Hy word nie verniet Die Jagter genoem nie. Dié formule-een-wêreldkampioen verpes die media, en Catherine is juis 'n joernalis - met die opdrag om sy verlede oop te krap en sappige brokkies aan haar lesers op te dis. Jarod weet nie sy is 'n verslaggewer nie en laat haar onder valse voorwendsels naby hom toe. Ná sy vrou se geheimsinnige motorongeluk steur hy hom nie aan vroue nie, maar Cat kan hy nie weerstaan nie. Totdat hy agterkom dat sy 'n lid van die media is en sy intiemste besonderhede op haar koerant se voorblad lees …
Familiegeheime dreig om hul geluk te verongeluk ... Mona se huwelik eindig op 'n laagtepunt en haar eksman het goed daarin geslaag om haar minderwaardig te laat voel. Ná haar onverwagse erflating gee nie net die finansiële voordele haar nuwe selfvertroue nie maar veral die besef dat sy oor haar eie lewe en sukses beskik. Só kom dit dat sy 'n gastehuis cum skrywershuis begin waar skrywers kan kom werk. Sy kry met skrywers van alle soorte te doen, sommige aspirerend, ander so bekend dat hulle werk in verskeie tale vertaal word. Tydens die Woordfees op Stellenbosch is daar veral een bekende skrywer wat die vroue op hol het en Mona allesbehalwe onaangeraak laat. Of sy inderdaad spesiaal is vir hom en of sy haar verbeel, is 'n vraag wat sy maar self moet probeer beantwoord. Maar daar is 'n groter probleem. Mona weet dit is nie wys om jou hart te verloor op 'n man waaroor die vroue so swymel nie. Net gou het sy baie vyande gemaak want sy is nie die enigste wat oor hom droom nie en haar eksman gun haar nie geluk nie. Boonop word haar eienaarskap van die huis bevraagteken. Hierdie is nie net 'n liefdesverhaal nie, maar het ook spanningselemente.
Al sê haar shrink nou ook wát, Hanna weet sy werk basies as prostituut. Om uit haar nagmerrie-verhouding en -werk by Pretoria se goorste prokureur te ontsnap, kry Hanna werk as Engelsonderwyser in Moskou – met die raad en hulp van skrywer-karakter Fransi Phillips, wat self in Moskou Engels gee en Hanna as storiekarakter wil inspan. Daar gekom, is een van Hanna se eerste Skype-leerders die onweerstaanbare Nureyev lookalike Wolf79, ’n skeepsmagnaat en man van formaat. Maar sy’t dan juis Rusland toe gevlug om haar as professionele vrou te kom bewys, nie om halsoorkop verlief te staan en raak nie! En wat voer Phillips anyway in die mou met haar Hanna-karakter? Om nie te praat nie van die doos van ’n verloofde wat Hanna in Pretoria agtergelaat het . . . In hierdie verruklike stadsprokie vir grootmense gaan die leser verras word, lê van die lag, dalk ongemaklike nuwe gedagtes dink, en régdeur tonekrul-lekkerkry vir die mees oorrompelende romanse nóg.
Hierdie is ’n mega-omnibus van Marijke Greeff se vorige Kaapse liefdesverhale bestaande uit Esmeralde, Seerower vir Shakira en Markies vir Melesinda. Esmeralde: By haar agtiende verjaarsdagbal ontmoet Esmeralde die baie aantreklike René Courtelle. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar René is ’n getroude man. Wat Esmeralde egter nie weet nie, is dat hy baie ongelukkig getroud is met ’n erg ontroue vrou wat met iemand konkel om al die Courtelle-skatte in die hande te kry. Seerower vir Shakira: In ’n dobbelspel word Shakira deur haar pa aan die gevreesde seerower Raoul Monserat verpand. Op sy skip word hulle in die eg verbind. Sy verafsku hom, maar een of ander tyd gaan hy sy huweliksregte opeis. Markies vir Melesinda: Dis die geheimsinnige Nagvalk wat Melesinda se gedagtes sedert haar aankoms in Frankryk vollê. Maar met die markies Beaumont du Brecy moet sy trou. Beau ontken die Nagvalk se bestaan, al red hy Melesinda keer op keer.
Om sy voete teen die warm sand te beskerm, tel Lia ’n seun by die strand op en ontmoet sy mooie, maar moeilike pa, Viljé. Sy weet sy moet wegbly van hulle, maar die oulike seun steel haar hart âˆ' ’n talent wat hy blykbaar met sy pa deel.
Salome veg al tien jaar teen haar begeerte om huis toe te gaan, maar nou dwing haar pa se beroerte haar terug. Tien jaar is ’n lank tyd, dink Salome. Lank genoeg om die aantreklike Morné te vergeet − maar die hart volg nie tyd nie.
From the moment 26-year-old Tristan Hansen steps out of the shower and onto the roof garden of his Maboneng loft, Toyboy pulsates with eroticism. The air is hot and humid, and there’s a Joburg thunderstorm brewing on the horizon. The first flashes of lightning illuminates Tristan’s spectacular flat and the riches it contains: gifts of thanks from his many clients, tokens of their appreciation. Because Tristan is an angel of pleasure, an exclusive escort to Johannesburg’s rich and powerful women. And he is one of a kind. At how the enigmatic Tristan were trained in the art of lovemaking his clients can only guess. He seldom speaks of those who helped him shake off the strictures of his conservative mother who had to raise him on her own when his father committed suicide. Christina, his first love, and their story set far off in a small Italian village, he also keeps to himself. But how did Tristan end up here? Who were those women who taught him all he knows? And who is the mystery caller who keeps on phoning and whose calls are filled with menacing silence? Twenty years ago, Leon van Nierop published his Afrikaans bestseller Plesierengel. Toyboy, published in Afrikaans and English, is its prequel.
In hierdie bundel sal jy vergeefs soek na voorspelbaarheid. Want die liefde het vele gesigte, en nie almal is mooi nie. Kerneels Breytenbach, Christine Barkhuizen Le-Roux, Erika Murray-Theron, Helene de Kock, Keina Swart, Jaco Jacobs en vele meer skryf oor die liefde in al sy vele gedaantes: moederliefde, onvoorwaardelike liefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, erotiese liefde, liefde tot die dood toe ... Want die liefde verdra alles, maar die liefde het dikwels tande.
A collection of modern romances: In Beauty and the Broker, Melody Nyathi works as a beauty therapist at the plush Imbali spa but dreams of owning a beauty spa for the everyday woman. When she falls for insurance broker Thabiso Gumede he encourages her by making an offer that few could refuse. Does he believe in her dream or is he motivated by jealousy? In Written in the stars, Masedi Goanabokoa meets the musician Pelo Sebata. Masedi and Pelo are both dealing with painful pasts that keep them from moving forward. Soon they will discover that they have been brought together by forces stronger than them. In Three Dates, professional ballroom dancer Lesedi Moatlegi believes that her dance partner Nicholas is her perfect match: on and off the dance floor. Except he only sees her as a dance partner with ‘benefits’. Reluctant Lesedi agrees to give investment banker Tshepo Motsei a chance. Will he be able to prove himself after just three dates?
Tinki se werk op die plaas Blouberg is ’n droom totdat sy Zac, die nuwe baas, ontmoet. Hulle vryf mekaar verkeerd op, maar moet noodgedwone saam werk wanneer wildeperde in die distrik skielik verdwyn. Stadig maak wrewel plek vir liefde en Zac trap spore op haar hart.
MacKenzie skep goeie aantreklike en intelligente vir-altyd-helde vir haar blog. Maar in haar wêreld is hierdie mans so skaars soos hoendertande ... Of so dink sy totdat sy Scheepers Rossouw in die stempuntry ontmoet.
Anouk se hardkoppige ouma veil haar in ’n e-pos aan haar gunstelingskrywer, Dexter Buys, op. Gelukkig sal sy nooit die man ontmoet nie. Maar Dexter is haar vriendin se nuwe swaer. Waarom voel Anouk afgehaal omdat hy haar nie herken nie?
Ná ’n bitter ongelukkige huwelik bevind Anina, ’n enkelma, haar op Fynbos tot sy weer ’n pos in die stad kry. Haar toekomsplanne sluit nie in dat sy haar jeugliefde weer hier raakloop nie.
Ná emosionele geweld en die uitdaging van ʼn egskeiding, verander Andrea se lewe onomkeerbaar. Al die verwonding word in ʼn hofdokument vasgevang, maar sy kies om ʼn heel mens te word.
Die surfer-meisie Simone, die wulpse huisvrou Andrea en die gesofistikeerde weduwee Maggie is vreemdelinge vir mekaar. Maar op ’n dag wat die lewe hul al drie platgeslaan het, bring die noodlot hulle in ’n ou kombi byeen en so begin ’n onwaarskynlike maar besonderse vriendskap. Wie sou kon raai dat hul liefdes en verliese toe nie so verskillend is nie? Saam trotseer die drie vroue die hoogwater in hul lewe, hoe hakke en al.
Stellenbosch se studente is opstandig. Die dorp brand, en in Sophia se klein dog veilige huisie droom sy van Pompeii en wegloop, weg van elke dag se sleur by BoekWeb en haar man se speurderwerk. Wanneer haar klein Magriet wegraak en Sophia ontvoer word, moet sy egter spartel om uit die web te kom – haar kind moet van die spinnekop gered word. In Naomi Meyer se debuutroman word die Boland, SA en ons almal se brandpunte helder verlig.
Willem Prins wanders the streets of Paris, disillusioned and glum. Once, he showed great promise as a South African writer of distinction, but years of disappointment have left their mark. Drowning himself in the Seine may well be the only option left to drive up his book sales. His reason for being in Paris - the French translation of an erotic novel he wrote under a pseudonym - is not exactly something to be proud of. He is no stranger to Paris. An ex-wife of his (one of three) lives in the city with his eldest son, a young man who barely knows his father. Willem finds an unlikely companion in Jackie, a young South African working as an au pair in the city, a woman old enough to be his daughter. Together, the two of them will face the chaos of the terror attacks on Friday the thirteenth in Paris. You Lost Me is bestselling author Marita van der Vyver's thirteenth novel, a story about life's thunder clouds and the bonds between us that offer shelter. It is a tale of disillusionment and loss, told with warmth and wicked humour. |
You may like...
|