![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance
Paloma glo nie sy’s mooi genoeg vir so ’n aantreklike, suksesvolle man nie en wil nie betrokke raak nie. Arno sien net die mooi in mense raak. Mettertyd, leer Paloma dat mens nie volmaak hoef te wees om liefgehê te word nie.
Kan ’n saffier mens na jou herkoms lei? Lesers het Louisa in Rose vir Roselle leer ken as die ongehude ma wat in sak en as onverwags op La Roseraie aankom, en dadelik deur almal as familie aanvaar word. In Lelies vir Louisa worstel Louisa met die groot vraag oor haar herkoms. Sy is as baba op ’n kinderhuisstoep gelos met ’n saffier wat per ongeluk laat val is. Die saffier lei haar uiteindelik na die buurplaas La Montagne maar die antwoorde kom nie maklik nie. Intussen floreer haar loopbaan as fotograaf en sy word ’n pos aangebied op Liberté waar haar en Liam se paaie kruis. Hy is aanvanklik nors en ongeskik, maar stelselmatig sien Louisa ’n ander kant van hom, veral as hy met haar dogtertjie Rose speel.
Cecilia Nortjé se eerste omnibus!
Sophia Joubert en haar skoonfamilie is na afloop van die Anglo-Boereoorlog weer vry om terug te keer na die verwoeste familieplaas – sonder vee en sonder kos. Geoffrey Doubell help die Jouberts om weer op hul voete te kom. Dié samaritaan is wel ’n halwe Engelsman, maar elke keer as Geoffrey na haar kyk, bruis Sophia se bloed en word haar wange warm. Haar eerste liefde lê egter begrawe in die grond van Natal en Sophia is diep gekwes. Sy sien ook in Geoffrey se oë ’n treurigheid wat nie wyk nie. Dié man ken ook verlies. Durf sy nou hoop op ’n tweede liefde? Op geluk by ’n man wat haar kan aanvul en verstaan? Daar heers egter onheilspellende spanning tussen die Jouberts en die inwoners van die buurplaas. Boonop wonder Sophia of Geoffrey werklik sy lewe met slegs een vrou kan deel, want sy is beslis nie die enigste een wat in hom belangstel nie.
Lizzie de Villiers dink sy het haar man, Marthinus nie meer lief nie. Sy neem haar lewe en hulle huwelik van 28 jaar in oenskou. Wanneer het hulle uitmekaar begin dryf? Sal sy hulle ou liefde weer kan laat ontvlam? As sy nie kan nie, moet sy in hulle liefdelose, maar gemaklike huwelik bly, of moet sy maar haar eie paadjie stap? Marthinus stem nie met Lizzie saam nie. Volgens hom is daar niks verkeerd nie, en hy wil gewis he Lizzie moet bly, lief vir hom of nie. Die konflik tussen Lizzie en Marthinus veroorsaak konflik tussen Lizzie en hulle dogter Estelle, wat op die ouderdom van vier en twintig skielik soos n tiener optree. Beide Lizzie en Marthinus voel daar is fout, maar sy bly afsydig en byna vyandig, veral teenoor Lizzie. Lizzie se vertwyfeling bring haar egter nader aan die ander vroue in haar lewe. Hulle word groter bondgenote, elkeen met n unieke perspektief. n Geleentheid om afstand te kry tussen Lizzie en Marthinus duik op, en Lizzie gryp dit met albei hande. Sy bevraagteken gou haar oenskynlik onafhanklikheid, en Marthinus word gedwing om hand in eie boesem te steek. Sal hierdie huwelik die toets deurstaan?
Solitaire, Woestynroos, Droomland en Wilde klawer is ’n vierluik oor vier vroue wat deelgeneem het aan ’n Boer soek ’n vrou-kompetisie en hulle wedervaringe daarna. Wilde klawer is die vierde boek in die reeks en gaan oor McKenna Wilde wat ’n spesiale gawe het om deur aanraking te “sien”. Vir hierdie ekstrovert wat verkies om eerder op die ligter sy van die lewe te fokus, is dit eerder ’n vloek as ’n seen. ’n Brief van ’n onbekende vrou lei haar terug na haar geboorteland, Noord-Ierland. Hier word sy gekonfronteer met haar ma se donker verlede en die Wildes se betrokkenheid by die IRL (Ierse Republikeinse Weermag) se bloedige stryd teen Britse oorheersing. Maar dit is ook ’n reis na selfontdekking. McKenna leer sy kan nie van haarself en haar herkoms vlug nie. In haar soeke na selfaanvaarding word dit vir haar duidelik ’n vrou moet eers ’n man met haar hart kan vertrou voor sy hom met haar lyf vertrou. McKenna wat nog altyd weggeskram het van blywende verhoudings sien oplaas in dat intimiteit sonder liefde bloot ’n gejaag na wind is. In Portballintrae, ’n klein hawedorpie aan die Ierse Noordkus kruis haar pad met verskeie mense s’n wat haar nie noodwendig almal goedgesind is nie. Die Donovan-broers wat ’n pub in Bushmills besit. Die Engelsman James Fellowes wat navorsing oor the Troubles doen en die Suid-Afrikaner Tim Els. Tim Els,’n tandarts wat vir twee jaar in Noord-Ierland werk, is vasgevang in sy eie ongelukkige verlede. McKenna besef sy kan haar gawe gebruik om hom te help. Maar dit is moeilik om teen ’n spook vir ’n man se hart te baklei. Boonop is dit vir McKenna ’n vreesaanjaende gedagte dat sy haar leefruimte permanent met ’n man moet deel.
Evan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd ’n meisie aan die arm. Die lewe is ’n lied. Tot daardie dag toe sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is ’n intense skuldgevoel en woede. Vir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede. Tog: Drie jaar later speel hy vir die Springbokke. Wanneer hy op die krukkelys beland weens ’n besering, vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van ’n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelhoë hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is ná haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. Evan weet ook: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie. Die ware gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes het die skrywer geïnspireer om hierdie verhaal te skryf, die boek ondersoek Christenskap en liefde tussen jong mense.
In Willemien (1909, Tamara se broerskind) speel die taalstryd 'n rol. En die romantiese vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou, wat 'n konsentrasiekampkind was en wie se hele familie feitlik uitgewis is deur die Engelse, verlief raak op 'n Ier? En as sy boonop 'n stryder vir die taal is en haar liefde vir die man verg dat sy Ierland toe moet trek?
Dis 1933 – ses jaar voor die Tweede Wêreldoorlog. Kate Woodroffe was nog die heeltyd in watte toegedraai en soos ’n porseleinpoppie opgepas totdat sy besef dat daar ’n ander wêreld bestaan as die herehuis in Parktown Ridge. Haar studierigting bring haar in aanraking met die verwoestende armoede van Vrededorp, skaars tien kilometer van waar sy woon, en sy besluit om ’n verskil te maak in die stukkende wêreld om haar. Maar die man wat haar pa aanstel om haar op te pas terwyl sy navorsing doen in die agterbuurte, krap haar netjiese planne deurmekaar. Want hy leer haar hart vlieg, laat ’n vreugde diep binne-in haar oopbreek. Maar hy ketting haar ook vas. “In die regte lewe is daar nie ’n óns nie, Kate …” Kate weet dit. Sy is ryk John Woodroffe se dogter, midde-in die wurgende depressie, die armblankes oral, die woedende myners diep in haar pa se goudmyne. En Bernard Neethling is ’n mynwerker. Hul wêrelde is onversoenbaar. En dis ononderhandelbaar. Albei weet dit. Maar hy skulp haar toe met sy krag, sy warmte. Hy wil die Suiderkruis vir haar pluk. En dit, weet Kate, sal makliker wees as om hul liefde te laat blom.
Twenty-two-year-old Anna's unconventional family is prone to raising eyebrows: she lives with two eccentric dads in a small town in rural Kwazulu-Natal, and after surviving her parents' divorce, she's used to the questioning glances of conservative Afrikaans family members and curious neighbours. Now, amid a menagerie of pets and her kaftan-clad mother, Anna must manage the ailing health of one of her dads. Her experiences on her reporter's beat don't make her days any easier. But how do you remain a supportive daughter and still live your own life? Told with warmth and gentle humour, The Paper House is a celebration of life, love and the family that shapes us.
Dis of sy vir die heel eerste keer kan vóél … Terwyl Natasha haar huwelik probeer ontbind, klou haar ontroue man onverwags daaraan, beslis nie omdat hy skielik ontdek het hy het haar eintlik lief nie. Saam met die stuiptrekkings van hierdie huwelik, verskyn ’n ander komplikasie in haar lewe: ’n man wat sy vier jaar gelede op haar wittebrood gesien het en nooit kon vergeet nie. Nooit, ooit sal sy haar weer in ’n huwelik begewe omdat dit die regte ding is om te doen nie, neem sy haar voor, of om iemand anders te behaag. Dit kos haar egter nie juis oorreding om Marc daarvan te oortuig nie. Hy glo trouens glad nie in die huwelik nie, en omdat hy so dikwels vir sy werk in Londen moet wees, is dit nie eens ’n opsie nie. Al twee weet hul fisieke aantrekkingskrag kan vir hulle net pyn bring. En al twee vind dit ewe moeilik om van mekaar af weg te bly. Toe gebeur daar iets wat hul lewe totaal omvergooi en hulle moet sterk staan in omstandighede wat nie een van hulle voorsien het nie.
Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.
Eva Mazza's latest page turner is evocative of the Netflix hit series Emily in Paris. When 24-year old Christine realises that unless she escapes her abusive husband Louis, their marriage vow "till death do we part " might just become her reality. On securing a job as a hair stylist at a salon in an exclusive hotel in Amsterdam, Christine's eyes are opened as she discovers a world of glamour and magical experiences. And when she meets bad boy Giovanni she encounters unexpected sexual liberation.
Liefde en spanning verweef Arriana, ’n maatskaplike werker, brand uit weens te lang ure se werk asook om die heeltyd met volwassenes en kinders se probleme te doene te kry. Teen die einde van ’n uitmergelende vergadering met die maatskaplike bestuur in die gemeenskap waar sy werk, bedank sy op die ingewing van die oomblik. ’n Vriend reël vir haar werk in Mauritius as ’n kroegdame/kelnerin by ’n eksklusiewe hotel in Mauritius, en binne maande word haar lewe handomkeer verander. Sy ontmoet die enigmatiese biljoenêr-Ier Finnigian O’Reilly wat met sy sjarme en persoonlikheid haar hart kort voor lank in die palm van sy hand hou. En hy is nie onaangeraak deur Arriana se plat-op-die-aarde-persoonlikheid nie. Alles is egter nie pluis op die eiland nie. Jong meisies raak die een na die ander weg, en toe Arriana ook ontvoer word, word ’n nes van mensehandel oopgeruk. Gaan Finnigan, die plaaslike polisie en Interpol egter betyds wees om Arriana en die jong meisies se lot te keer?
In die ou Kaap de Goede Hoop stap ’n jongmeisie aan wal ná die vervolging van Protestante in Frankryk. Omdat Royale op die seereis haar ouers verloor het, is sy nou ’n weeskind in ’n land wat sy nog nooit gesien het nie. Die goewerneur wys Aragon as haar voog aan, ook ’n Hugenoot wat vroeër aan die Kaap ’n nuwe begin kom maak het. Aragon is gekant teen Royale se liefde vir balletdans – dié ydele vermaak wat aan Louis die Veertiende se hof so modieus is – en wil haar nie toelaat om kontak met jongmans te hê nie. Dit is egter nie al wat Royale hinder nie want sy weet nie waarheen met haar romantiese gevoelens vir haar voog nie. Boonop hang die swaard van ’n huwelik met sy neef oor haar kop. Dit is ook nie net Royale wat besef wat ’n onweerstaanbaar aantreklike man Aragon is nie en die ander vrou, Amalia het ’n dodelike wapen: Die plaas Petit Paris, waarop Aragon boer, behoort aan haar ...
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Thea Holland se vorige Romanzas, Doodgewone wonderwerk, ’n Onverstandige vrou en Bruid in blou. Doodgewone wonderwerk Elizabeth se erfporsie is daarmee heen en sy moet vir die temperamentele Simon, ’n skrywer, huishou om te oorleef. Dit sukkel maar met die kosmakery. Dalk is ’n huishoudster nie wat hy nodig het nie ... ’n Onverstandige vrou Toe Jens Nielsen Laetitia destyds nie wou hê nie, het sy die pad gevat en hulle kind alleen kom grootmaak. Nou gaan sy terug Denemarke toe om Dot se pa vir haar te gee. Maar opnuut tuimel haar kaartehuis ineen. Bruid in blou Sondagoggend gesels Jess met haar vriendinne oor haar wittebrood wat oor twee weke begin. Haar droomtroue is tot in die fynste besonderhede beplan. Maandagmiddag trou sy in ’n blou rok en met die verkeerde man voor die landdros.
Hoe oorleef 'n mens tragedie ná tragedie? Neil Viljee vlug Australië toe ná ʼn tragedie, maar hy kom terug toe sy ma hom laat weet sy pa is terminaal siek: om afskeid te neem en sy ouers by te staan. Dis egter nie sy ma wat hom inwag nie. Hy tref sy pa, ʼn familievriendin en sy niggie se ontwrigte tienerdogter aan, want sy ma is onverwags dood aan ʼn hartaanval. Neil besef dat hy in Australië net sy vroeëre rouproses uitgestel het, en die verlies aan sy ma dwing hom om die verwoestende gebeurtenis wat hom landuit laat vlug het in oënskou te neem. Karel probeer Neil help midde-in sy eie droefheid en fisieke agteruitgang. Millie skep orde terwyl sy ʼn besluit probeer neem oor haar huwelik wat in gevaar is. Charlie weet dat sy nie terug kan gaan na haar bedenklike huislike omstandighede nie, en sy probeer haar agterstallige skoolwerk inhaal en ʼn toekoms op haar eie karteer. Elkeen verwerk die geliefde Lea se dood op ʼn eiesoortige manier. Innerlike konflik word na die oppervlak gedwing en geheime en waarhede word ontbloot. Hulle vorm ʼn unieke gesin, wat mekaar dwing tot selfondersoek, maar wat mekaar veral ondersteun en bystaan, en elkeen vind ʼn mate van vrede. Hierdie is veral 'n storie oor die genesing van ou emosionele wonde. Die manlike hoofkarakters dryf die roman en gee insig in die manlike psige, terwyl die altyd teenwoordige kat in die skrywer se romans (byna soos in die Frans-Joodse kunstenaar Marc Chagall s'n) al sinoniem is met haar werk en al haar handelsmerk geword het. 'n Goeie jaar vir rose is Santie van der Merwe se sewende roman. Die laaste drie boeke wat dit voorafgegaan het, is: Ver in die wêreld Kittie, Die einde van die storie en Al wat oorbly.
Jacomien is moeg vir haar man. Haar lewe lank wag sy op eendag om gelukkig te wees net om te besef dat eendag nie meer op haar wag nie. Eendag is hier - eendag is nou. Eendag is nou.
'n Deerniswekkende verhaal van twee vroue wat elkeen op hul eie manier weer hul voete vind. Wanneer Bea Klinge as jong boervrou op Leliepan aan die soom van die Namib aankom, glo sy dat sy hier vir haar, Kurt en hul kinders 'n oase van liefde sal kan skep. Ná 'n skokontdekking meer as vier dekades later kry Bea 'n miniberoerte en beland in 'n koma in die hospitaal. Haar herstel bring Bea voor nuwe keuses te staan. Sy besef sy het haar vier dogters elkeen op 'n manier gefaal deur by Kurt te staan al het hy hulle hoe verontreg. Moet sy oop kaarte met hulle speel oor die donker geheim wat haar vasgevang gehou het in 'n liefdelose huwelik met 'n man wat haar soos 'n onderdaan behandel? Bowenal moet Bea besluit of sy die kans op geluk waarop sy destyds haar rug gekeer het gaan aangryp en vir een keer in haar lewe gaan doen wat reg is vir haar en nie vir ander nie. Nel, haar rebelse laatlam, gaan soek haar heil in Johannesburg. Hier word sy as sukkelende aktrise met die donker kant van die vermaaklikheidsbedryf gekonfronteer. Sy raak betrokke in 'n toksiese verhouding met 'n invloedryke filmvervaardiger Buks Bothma en word die slagoffer van date-rape. Nel ontdek ook die skokkende waarheid omtrent haar herkoms. Lex le Roux, 'n medeakteur en donkieboer bied haar 'n kontrak aan om die gesig te wees van sy velsorgprodukte wat uit donkiemelk vervaardig word. Nel gryp die geleentheid met albei hande aan. Ná die trauma waardeur Nel is, het sy tyd nodig om heel te word. Sy besluit om haar droom na te volg en 'n dramakursus in New York te gaan volg. Mettertyd ervaar sy die vreugde om haar pad boontoe te werk en nie te slaap nie. Sy kry dit reg om aan haarself te bewys dat Nel Klinge sonder hulp sukses kan behaal. Nel besef ook dat haar genesingsproses voltooi is en dat sy reg is vir meer as 'n vriendskapsverhouding met Lex.
Die volmaakte prentjie van Wendy se lewe spat aan skerwe toe haar verloofde erken hy is lief vir ’n ander man. Op die ingewing van die oomblik besluit sy om as skoonheidsdeskundige op ’n passasierskip te gaan werk, al is sy as fisioterapeut gekwalifiseer, in die hoop om van alles en almal te vergeet.
Vandat Emily kan onthou, droom sy oor haar troudag: die ring, die rok,
die onthaal, die blomme. Sy het ook ’n lysie met die presiese vereistes
vir haar trouman gemaak. En Ryno Henning, hoe knieëknakkend sexy hy ook
al mag wees, voldoen nie aan ’n enkele een van hierdie vereistes nie.
Die stomende drome wat sy snags oor hom droom, sal dus net by drome bly.
Dokter Madeline du Bois se man verkul haar met ʼn verpleegster en sy besluit om die huwelik te beëindig. Sy doen aansoek vir ʼn pos in die Kaap by die nuwe Jonkershoek-kliniek buite Stellenbosch waar sy die eienaar, dokter Brian Thompson, ontmoet. Madeline voel dadelik sterk aangetrokke tot Brian, al is sy nou versigtig vir mans. Brian reken hy rou nog oor sy oorlede vrou, maar besef ook dat hy Madeline nie kan weerstaan nie. Nie een van die twee beoog weer ʼn verhouding nie, maar hulle kan ook nie die aantrekkingskrag tussen hulle ignoreer nie. Sal hulle die vele uitdagings kan oorwin en toelaat dat die liefde ou wonde genees?
Toe Alan Sutherland en sy broers by haar blommewinkel inbars, vervies Corinne Hansen haar dadelik vir die Skot. Hy mag dalk dodelik aantreklik wees, maar hoe durf hy vir haar sê sy is nie sy tipe nie? Sy sal hom eenvoudig ’n les moet leer... As mede-eienaar van ’n groot maatskappy, is Alan nie net op soek na ’n trouvrou nie, maar ook ’n sakevennoot: Iemand wat stemmig is, gedienstig is, die pad vir hom gelyk kan maak. Met haar vreemde klere, ritse armbande en vurigheid is Corinne allesbehalwe stemmig. Sal Alan sy kop volg en aanhou soek na die vrou wat netjies by sy planne inpas of sal hy swig voor dít wat sy hart wil hê?
Clayton kom steel Lida se hart in 'n oogwink. Dit was nie veronderstel om te gebeur nie. Sy wou dit beslis nie hê nie, maar hy het haar lewe binnegeval, gevoelens in haar aangesteek wat sy gedink het sy nooit weer sal ervaar nie, en 'n passie aangevuur wat sy nooit geweet het bestaan nie. As die huidige MotoGP-wêreldkampioen, leef Clayton permanent op die dun rand van adrenalien. Of dit nou óp of áf van die baan is, alles wat hy wil hê is reeds syne: sukses, gewillige vroue, en al die media-aandag wat 'n sportster van kan droom. Hy het alles, behalwe vir Lida. Sý is die uitsondering, want vir die eerste keer val 'n vrou nie voor sy voete nie. Hul chemie is onmiskenbaar. Hul aantrekkingskrag is magneties. Maar vir Lida bly Clayton te veel van 'n risiko. Al probleem is dat daar iets aan Clayton is waarvan sy nie kan, of wíl, wegloop nie. Myne stel die leser bloot aan die opwindende wêreld van MotoGP Dit is die derde titel in die nuwe Romanza Stoom afdeling wat fokus op warmer liefdestonele vir lesers wat meer erotiese liefdesverhale verkies.
Twee broers, seuns van ’n skatryk volstruisboer, wil vir beeldskone Margaretha hê. Sy kies Michael, die erfgenaam, en John gaan veg in die Boereoorlog. Later stort die veremark in duie en hulle is bankrot. Margaretha kry die geleentheid om te wys dat sy nie net ’n mooi gesig het nie. |
You may like...
Statistics For Business And Economics
David Anderson, James Cochran, …
Paperback
(1)
Examining the Environmental Impacts of…
Blaine Erickson Brownell
Hardcover
R6,688
Discovery Miles 66 880
Tell Me You Love Me - A Sharecropper's…
Loretta Miller Mehl
Hardcover
So You're Having A Teenager - An A-Z Of…
Sarah Macdonald, Cathy Wilcox
Paperback
Platinum Mathematics - Grade 4…
L. Bowie, C. Gleeson-Baird, …
Paperback
(1)R210 Discovery Miles 2 100
|