![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance
Ná ’n bitter ongelukkige huwelik bevind Anina, ’n enkelma, haar op Fynbos tot sy weer ’n pos in die stad kry. Haar toekomsplanne sluit nie in dat sy haar jeugliefde weer hier raakloop nie.
Zander Breedt is ’n Afrikaanse sanger. Roem het egter ’n wrang smaak – hy bid en lees Bybel, maar kry nie antwoorde nie. En sy nuwe aangetroude familielid, Anine, ’n joernalis, maak nie die lewe makliker nie. Anine word bewus van Zander se frustrasie en vrae, maar kan nie oor haar eie hartseer kom nie. Dan moet sy ’n artikel oor Zander skryf. Sy kan nie eens praat met hom sonder om haar woorde te verloor nie, wat nog te se ’n onderhoud met hom voer.
Katalaya het silwerwit hare en dra funky klere, maar sy is sestig jaar oud. En alleen. Soms wens sy Franco het eerder mooi ordentlik doodgegaan as om die pad te vat. Al wat vir haar oorbly is ’n miniatuurgrootte gaatjie in die meenthuiskompleks vir weduwees, weggooivroue en lelike vroue wat nie mans kon kry nie. Haar kinders gee haar grys hare, wat sy juis nie wil he nie. Verder worstel haar bejaarde ma met seniliteit en lap alles uit wat hulle ’n leeftyd lank geheim wou hou. Ook oor Ben wat in die buitekamer gebly het toe haar pa die stadsklerk van die dorp was. Dit was net Jan-Adam Vermeulen wat vermoed het Ben was soveel meer as net ’n chauffeur. Maar na ’n tragedie wat die hele dorp geskud het, het hy uit hul lewe verdwyn. Nou beweer haar ma ’n man met ’n Elvis-kuif was in haar besemkasgrootte kamertjie in Huis Herfsblaar. En later kom sy met ’n vreemde versoek – Katalaya moet na Ben gaan soek voordat dit te laat is. Maar sy gaan nie alleen nie. Katalaya se pelgrimstog lei haar na die laaste skakel wat die legkaart van haar lewe voltooi. Net om te ontdek dat die liefde en die begeertes van die lyf nie sommer tot rus kom nie. En dat die lewe so veranderlik soos kwiksilwer is.
Ná 'n versmorende huwelik van twintig jaar sal Mia kaalvuis baklei vir die voorreg om selfstandig te wees en nie in enige iemand anders se oë te kyk vir haar daaglikse brood nie. Dit is egter makliker gesê as gedaan, want op agt en dertig is sy skielik op haarself aangewese en het sy geen opleiding, geen ervaring en boonop geen selfvertroue nie. Op hierdie kritieke tydstip in haar lewe maak die eienaar van die eksklusiewe restaurant Tsalanang haar 'n aanbod wat sy nie kan weier nie. Giep Rossouw bied haar die geleentheid om te begin bou aan 'n loopbaan en in die proses haar eie menswaardigheid te ontdek. Hoekom bly sy, wat mans vir goed afgesweer het, egter in Giep se donker, smeulende blik vasval? En hoekom bedien hy erotiese skemerkelkies in 'n dameskroeg as hy eintlik 'n opgeleide predikant is? In 'n pynlike proses, waarin ou verhoudings verbrokkel en nuwes gevorm word, word Mia gestroop van die masker waaragter sy nog altyd geskuil het en moet sy diep delf om haarself te vind en haar eie identiteit te vestig. In 'n tyd van haar lewe wat dit vir Mia voel asof sy alles verloor, ontdek sy die krag wat in haar binneste lê en besef sy wat dit beteken om haar hart eers vir haarself te win, voordat sy dit vir iemand anders kan weggee.
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, Om Ben lief te hê, Om Dirk te tem en Om Kobus te ken. Om Ben lief te hê: Ben Louw het Leah een nag tien jaar gelede liefgehad ... en weggesmyt. Terug met haar praktyk as kindersielkundige op die plaas, is Ben weer daar. Haar hart en lyf swig opnuut, maar sy weet dis verniet. Om Dirk te tem: Dirk Degenaar laat Marica keer op keer voel asof sy oor ’n afgrond tuimel, en hý moet gestraf word! Sy gee vir hom fisioterapie by sy huis, maar weet naderhand nie meer wie tem vir wie nie. Om Kobus te ken: Toe Sureta hom bitter nodig gehad het, het hy spore gemaak, nou wil Kobus Hattingh huisie-huisie speel. Kwansuis om sy seun te leer ken. Maar dis te laat. Dié kans sal sy hom glad nie gee nie.
Ruby se pynlikste begeerte is om te weet wie haar pa was – of is. Nóg haar loopbaan as loopplankmodel, nóg haar gesogte modereeks kan vergoed vir hierdie leegheid in haar lewe. Of dit die oorsaak van haar slaaplopery is, weet sy nie maar toe haar ma sterf, neem sy hierdie geheim saam met haar graf toe. Ná haar ma se begrafnis vlam die hoop egter onverwags op. Sy moet die welmenende raad van die dorp se gehate ou sedeprediker verduur en haar ma se prokureur oorhandig ’n juwelekissie met ’n sleutel aan haar. En toe ’n jeugkennis weer sy verskyning maak, weet Ruby hierdie man bedreig haar goed bewaarde hart. Dit is ook hy wat haar oortuig om elke leidraad wat sy nou gekry het op te volg en nie nee vir ’n antwoord te neem nie. Maar elke paadjie waarop sy haar begeef, lei na ’n doodloopstraat. Monsters wat mens uit die verlede gaan haal, moes dalk gebly het waar hulle was – die hede is al wat jy eintlik het en jy moet daarmee woeker.
Vida se beste vriend staan uiteindelik op trou. Maar as hy hom lewenslank wil opsaal met ’n meisie wat in alle opsigte die Barbie-model ’n treetjie voor is, is dit sy saak. Dit is wel hinderlik dat sy as “best woman” ’n tuxedo-aandrok moet dra en alles wat daarmee saamgaan om die verloofde gelukkig te hou. Ook die feit dat hulle haar met die verloofde se broer wil afpaar. Maar net vir die troue en net vir haar beste vriend is dit ook seker nie te veel gevra nie. En die man is regtig ’n vangs, as sy eerlik wil wees. Terwyl haar beroepslewe as argitek ook ’n onverwagte trap of twee styg en sy daarmee probeer tred hou, doem ander komplikasies op: haar ewig onvergenoegde ma, haar immer swerwende pa, ongeoorloofde affairs begin aan die orde van die dag lyk, ’n ramparty haak ampertjies uit en ’n naweek in die Bosveld het rampspoedige gevolge. As daar ooit ’n moontlikheid was dat Vida se beste vriend eintlik die liefde van haar lewe is, is dit nou te laat. Die strykkwartet speel al die troumars, letterlik. En Vida se sin vir humor is meestal al wat haar staande hou.
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas, Tussen jazz en rock, Anderkant liefhê en Sonder bagasie. Tussen jazz en rock: Sanet se hart klop vinniger as sy naby Jak kom, maar na ’n vorige verhouding waartydens sy baie van haarself moes prysgee, is sy baie versigtig. Jak se belangstellings en hare is so uiteenlopend dat sy nie kan sien hoe ’n verhouding tussen hulle kan werk nie. Anderkant liefhê: Martha en Hans ken mekaar al lankal, maar die laaste paar maande is hulle gereeld in mekaar se geselskap gegooi, meestal in ’n poging om hulle vriende bymekaar te kry. Hans is nie heeltemal seker wat om met Martha te doen nie: sy is heeltemal te loud vir hom, het vreemde skilderye teen haar mure en het sowaar ’n rooi bank. Die enigste manier om haar stil te kry, is om haar te soen. Die enigste probleem is nou dat hy aan niks anders kan dink nie. Martha het al seergekry en wil hierdie keer die sprokie met die prins hê, beslis nie ’n man wat nie kan besluit of hy haar wil soen of nie. Sonder bagasie: Lisa het haar lewe baie netjies uitgewerk. Sy hou van lysies maak, van dinge op hulle plek hê al probeer haar drie susters gereeld om haar lewe deurmekaar te krap. Sy is ’n ouditeur en sy verstaan syfers in netjiese rye. Die nuwe besturende direkteur by die firma het ’n hond, sy huis is deurmekaar en hy maak haar deurmekaar. Hy het nou wel ’n BMW-motorfiets wat haar hart vinniger laat klop, maar sy het haar eie Harley Davidson. Sy kom dus heeltemal goed oor die weg so op haar eie, maar Peet keer haar wêreld om.
Al is sy Mevrou Dominee, is Suzy in die eerste plek ’n mens, ’n bloedwarm vrou wat deur haar man bemin wil word. Maar hy stel lankal nie meer belang nie, en sy moet ’n ingrypende besluit neem – ’n besluit wat die skindertonge losmaak en haar reputasie aan flarde ruk. Om die kroon te span is daar ’n seerplek diep in haar verlede wat dreig om oop te bars. Maar Suzy laat haar nie onderkry nie. Sy begin haar nuwe lewe met oorgawe en pak dinge aan wat haar in ongemaklike situasies laat beland. Watter vrou wil immers in ’n geleende ontwerpersrok tussen ’n spul duur koivisse orent kom, druipnat, en dit saam met ’n dodelik aantreklike man? Sommer ’n gewone vrou is Suzy voorwaar nié, sy storm in waar engele dit nie sou waag nie. Maar haar waaghalsigheid is ook haar redding. Dit laat haar terugloop op haar spore van die verlede, en in ’n bibberkoue Londen besweer sy haar seer en kom daar vir haar liefde soos sy nooit geken het nie.
Jessie Jansen weet sy het haarself as vrou die afgelope tyd verwaarloos. Nee, meer nog, sy vergryp haar gruwelik aan soetgoed. Sjokolade. Maar sjokolade, weet sy, maak daardie gat in haar toe. Die gat wat Andries gelos het toe hy met die jong dingetjie weg is. So oud soos haar kind. Maar Bruno Baumann sien haar in die supermark raak. Dink sy pas perfek in hulle reklameveldtog vir nuwe onderklere – die gewone vrou wat ander kan laat verstaan dat hulle tog sensueel is. Mooi en maer ofte nie. Net, Jessie is vir hom beeldskoon. Maar sy het genoeg bagasie om ’n man te laat verbyhou. Hy sal hom liewer vermaak met die jong dollas wie se foto’s hy in sy beursie hou.
Wanneer Donna de Villiers en haar man Divan skei, moet hulle suksesvolle juweliersonderneming sowel as hulle huis in Tamboerskloof verkoop word sodat hulle bates verdeel kan word. Haar selfbeeld is aan skerwe na Divan se verraad en die eens suksesvolle juwelier wat pryse vir haar werk losgeslaan het se skeppingsdrang is daarmee heen. Sy wil wegkom uit die kringe waarin sy en Divan beweeg het, waar almal nou oor haar vernederende egskeiding skinder. Donna swerf van kusdorp na kusdorp waar sy ontvlugting op haar branderplank en in die arms van surfers vind. Wanneer sy na amper ’n jaar die allerlaagste punt bereik, besef Donna sy is op ’n pad van selfvernietiging. Donna moet weer van voor af begin en sy aanvaar ’n opdrag om ’n replika van ’n antieke hangertjie te maak. Dit neem haar na Minnaarshof, ’n spogplaas in die Riebeekvallei. Hier ontmoet sy vir Toit Minnaar. Toit treur al meer as ’n jaar oor sy vrou se dood en hy neem ’n wilsbesluit om weer sy lewe op koers te kry. Hy aanvaar ’n uitdaging om deel te neem aan ’n realiteitstelevisiereeks, Boer soek ’n vrou. Wanneer die drie dames op die plaas kom kuier saam met die TV-span, begin die poppe dans. Daar is wedywering en katgevegte en Toit begin al hoe meer aangetrokke voel tot Donna. Donna doen egter haar bes om gevoelens wat Toit in haar wakker maak, te onderdruk. Sy wil weer haar loopbaan op dreef kry én terugkry wat ’n man by haar gesteel het.
In Die Tonnel word die verlamde Ilse deur haar vader se testament verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp. In Keerkring Van Die Hart het Kasper ’n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel. Kan dié skugter man tot haar redding kom, al het sy met ’n swierbol getrou? En in En Die Klippe Sal Uitroep is Emile, kroonprins van modelplaas La Rhône, ’n gesogte vangs onder die skone geslag, maar by nuwe verpleegsuster Miempie, ’n kampvegter vir menseregte, loop hy sy rieme styf .
Linda is die ander vrou, die oorwinnaar in die liefdesdriehoek. Maar die krake in haar huwelik wys reeds tydens die wittebrood. Dié roman vorm ’n tweeluik met Eendagmooi, waarin die versaakte vrou se verhaal vertel word.
Met die oorspronklike publikasie van die drie romans oor die wel en wee van vier geslagte Meissners het Ena Murray opnuut haar status as koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal gestand gedoen. Die drieluik bestaan uit: Die Meissner-kliniek, waar ons die die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek en sy gedugte span dokters ontmoet. Die vrede word in 'n oogwink omvergewerp wanneer 'n nuwe trolliejoggie daar begin werk ... Dokter Julene, waar Julene die veilige hawe van die Meissner-kliniek verlaat om by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit ... en dan onverwags in Istanboel beland. En Die ongebore uur, waar Inge Buchner, die agterkleindogter van dr. Albert Meissner, alles in haar vermoe doen om te probeer verseker dat iemand met die van Meissner weer aan die hoof van die kliniek sal staan.
Emma Caine is pushing forty and life is hitting her hard. Her husband has been brain damaged, she’s lost her job, and she might lose her home. Instead of giving up, Emma starts hitting back. Drawing on experiences from a misspent youth, she opens a domination dungeon in an outbuilding in her garden and sets herself up as a dominatrix. Whipping, torturing and abusing the wealthy slaves who soon start lining up for her services is surprisingly easy for Emma, especially since she has no sexual contact with her clients. In fact, she believes them all to be sick perverts. The unthinkable happens when she falls in love with one of them – the disturbingly likeable Simon Nel. Fighting her emotions every step of the way, Emma finds herself drawn into a twisted and potentially doomed relationship that will force her to reconsider everything she thought she knew about love, sexuality and power.
Plekkie in die son, dis al wat Karen Viljoen vra. Maar die pragtige donkerkop is melaats verklaar … Die oordeel dryf haar uit haar huis, haar droomhuwelik met Otto, haar baba – tot in Genadendal, inrigting vir melaatses. Kan Otto se liefde die vuurproef deurstaan? Daar is Beatrice, en die wette van die natuur. Selfs al word Karen dalk eendag genees verklaar, sal die gemeenskap haar nie maar weer verwerp nie? Eenmaal melaats, altyd melaats. In Genadendal, en by ’n simpatieke dr. Tertius Louw, vind Karen God se genade is tog genoeg – ook vir melaatses. Maar waar is haar eie plekkie in die son?
You are cordially invited to a summer wedding! Wedding season is an anthology of ten English short stories by some of ROSA's (Romance writers Organisation of South Africa) published authors. The short stories are all on the theme of summer weddings, but apart from the theme they have nothing in common. Each story will reflect the genre, heat levels and personal writing style of that author.
Die Tweede Wereldoorlog verdeel nie net die wereld nie, maar ook gesinne. In die Fourie-huishouding staan Pa by Hertzog wat neutraal wil bly, Oupa by Smuts wat tot die oorlog toetree en die seuns by Malan wat die oorlog teestaan. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine – jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op ‘n unieke manier deur die oorlog beinvloed word. En in ‘n klein Italiaanse dorpie woon die beeldhouer Guiseppe Romanelli en sy seuns. Ook Don Veneto en sy pragtige dogter Gina. Die dorpsmense het van altyd af geweet dat sy en Antonio, Guiseppe se een seun, vir mekaar bestem was; die twee raak spoedig verloof. Antonio word opgeroep om in Noord-Afrika te gaan veg, maar hy word ‘n krygsgevangene en beland op die Fouries se Bosvelplaas in Suid-Afrika waar hy klipwerk doen. En hier ontmoet hy vir Klara, ‘n meisie wat ‘n vriend en geesgenoot word... ‘n Eg menslike verhaal wat met insig en begrip uitbeeld dat oorlog almal raak. En dat die brue wat ons bou soms ‘n opdraand pad aan die anderkant het.
'n Storie van begin, weer begin en óórbegin ... Carla Kasselman se lewe val uit mekaar nadat haar man reg in eie hande neem, 'n onnoembare daad pleeg en die skuld op haar pak. Hy neem alles van haar af weg, eers haar babaseuntjie, en daarna pers hy haar af om hul blonde krulkopdogtertjie af te teken. Lewensmoeg en sonder hoop vlug sy na Sannasklip, 'n eenvoudige Weskusdorpie waar die eksentrieke tante Doreen haar op haar voete help. Die lewe raak weer draaglik, en aangenaam voorspelbaar, totdat 'n weerbarstige grootwildjagter se Landie sonder brandstof voor haar voordeur gaan staan. Carla ontdek dat die lewe bestaan uit probeer en wéér probeer, en dat die liefde nie wag op 'n uitnodiging nie, maar hom ongenooid tuis maak wanneer hy so voel. Meer as twintig jaar later sien sy weer haar dogter, maar Mignon is gebroke, verslae en sonder 'n wil om voort te gaan. Carla bring haar saam Sannasklip toe, maar sal haar verhouding, en die dorp se kalm ekwilibrium Mignon se donkerte kan absorbeer? Hoe is dit dan dat sy nie die bedorwe, depressiewe entjie mens wat net soos sy lyk, herken nie? Skuldgevoelens en verwyte verteer ma en dogter en dreig om hulle te verswelg. Is daar lig aan die einde van die tonnel? Of dalk binne Sannasklip se vuurtoring waar die aantreklike besigheidsman, Bernard Bartman, besig is om 'n restaurantkoninkryk te vestig? Mignon ontdek dat sy meer is as die lappop wat haar pa geskep het en dat sy in staat is om lief te hê en liefgehê te word. Vergifnis word onvermydelik en die verlede se donker geheime verloor hul krag.
Vyf jaar ná die aanval op Kris, wat byna haar lewe gekos en haar met ’n letsel op die gesig gelaat het, is sy weer op koers. Wel, as mens nou die nagmerries wat haar soms ry, uitskakel. Haar aanvallers is agter tralies, haar verbreekte verlowing is iets van die verlede. Wanneer sy die kans kry in haar fisioterapiepraktyk, breek sy ook weg om kursusse aan te bied in bewustelikheid – oftewel mindfulness: Sy help mense ontdek hulle kan maar net wees, hulle hoef nie heeltyd te doen nie. Dit is wat haar met heelwording gehelp het. Dit is tydens so ’n kursus dat haar en Luca se paaie kruis, ’n ultra-atleet in wie se wêreld daar nie plek is vir enigiets anders nie, laat staan ’n vrou, veral nie een met “issues” nie. Daarvan het hy genoeg gehad. Maar dit is nogal ’n moeilike situasie as jy in dieselfde huis saam met een woon. Haar nagmerries help ook nie juis nie. En hy moet fokus vir sy volgende wedren in Amerika om sy borge tevrede te hou. Hy moet wen, anders het hy verloor, dis sy leuse.
Komies, hartroerend, meditatief, verruimend! Hierdie kick-ass roman bied ’n priemende blik op twee parallelle reise: ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en ’n suster se ondergang. Na ’n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teësinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Karl – heavy-metal-fan de luxe – se reis word vertraag deur sy obsessies wat hom in verskillende situasies lelik kniehalter. Maria Volschenk word op ’n dag oorval deur ’n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op ’n sending waarteen sy lankal opsien, in ’n poging om hierdie beleërende leegte af te weer. Die twee verhaallyne vloei saam op ’n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad, waar die broer, Ignatius Hofmeyr, in ’n bitter tweestryd met die onpeilbare Brandt-kêrel gewikkel is.
Alexander Strachan se Brandwaterkom is ’n dubbelloop-roman: Dit is enersyds ’n aangrypende, bloedstollende verhaal oor die lewe van een van die berugste Boereoffisiere, andersyds is dit ’n boeiende ondersoek na die verleidelike, soms selfs verraderlike manier waarop verhale van ons besit neem en ons verbeelding op loop jaag. Met verbluffende vernuf trek Strachan albei snellers van die roman gelyk af.
In Die honger hart moet Julia Naude haar peetpa se ongewone voorwaarde behou om die plaas, wat sy saam met die plaasbestuurder geerf het, te beskerm. In Deel van die pakket staan Gita van Duinen op die drumpel van ’n nuwe lewe, maar meer veranderinge le voor. In Verskuilde liefde, keer dr. Edmund Wiese terug uit die buiteland. Hy moet vrede maak met die lee kol wat sy broer, Fanie, agtergelaat het. En drie weke later maak hy ’n onverwagse ontdekking wat sy prioriteite verander.
Casey Olivier van Velddrif in die Sandveld aan die skilderagtige Weskus het alles: ’n goeie man, twee suksesvolle seuns en lekker kantoorwerk by die munisipaliteit. Dog, reeds van haar tienerjare smag sy na die groen gras aan die ander kant van die draad. Helaas ook na wat baie mense sal afkeur as onsedelikheid. Dit lê in haar gene. Afkomstig uit die geslag van haar ontugtige oumagrootjie, Anna Smit, kan sy beswaarlik beter vaar, verdedig sy haarself. Die roman begin in 1861, strek oor vier geslagte en eindig in 2020, die jaar van die groot Covid-19-pandemie – op ’n verrasssende hoogtepunt. |
You may like...
3D Recording and Interpretation for…
Wendy Van Duivenvoorde, Trevor Winton, …
Hardcover
R1,359
Discovery Miles 13 590
|