![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance
Bippie se pad word onderbreek met haar onbeplande swangerskap, dus moet sy nou ’n nuwe een soek. Sy maak 'n belofte teenoor die Here - sy sal nie weer ’n man in haar lewe toelaat as hy nie met haar wil trou nie. Maar die man wat skielik al onder haar voete is, Riekert Tredoux. Hy het lankal besluit hy wil nooit trou nie. Toe hy en sy broer klein seuntjies was het sy ma hulle net so gelos en by die voordeur uitgestap. So hy het allerhande issues. Sal Bippie haar belofte gestand kan doen en Riekert wel wil trou?
Nog 'n Marijke Greeff-omnibus ... Onweerstaanbare passie is 'n samestelling van drie van Marijke Greeff se vorige Romanzas, 'n Ongewone meisie, Soleil en die sakeman en Formuleliefde. Die leser kan onweerstaanbare helde, sterk heldinne, interessante kinkels in die storielyne en vurige liefdestonele verwag! 'n Ongewone meisie: Alhoewel hy Juli se teenwoordigheid verpes, begeer hy haar ook. Toe Juli Baxter se biologiese pa haar as lyfwag vir Zack huur, beskou sy dit as bloot 'n opdrag. Sy kom egter gou agter sy het haar lelik misgis …Wie haat Zack genoeg om hom te wil vermoor? En wat is die betekenis van die wit angeliere wat telkens voor 'n aanslag op sy lewe by Zack afgelewer word? Juli oortree elke reël van professionaliteit wanneer sy voor sy sjarme swig. Die spanning - ook tussen Zack en Juli - bereik 'n hoogtepunt toe Zack die moordenaar uitlok, maar byna self in sy eie strik trap … Soleil en die sakeman: Soleil het van kleins af 'n heldeverering vir Jason gekoester, sedert haar ma as huishoudster in sy pa se diens getree het. Sy is skaars agtien toe sy die passie in hulle verhouding ontdek. Kort daarna verdwyn Jason - waarheen, weet nugter alleen. Nou, twaalf jaar later, het sy haar mediese studie voltooi en Jason is terug. En Soleil kan nie eens teenoor haarself erken met hoeveel drif sy hierdie man liefhet nie. Maar 'n ander kant van Jason word ook nou duidelik: dié van 'n berekende sakeman. Van haar droom om 'n kliniek te heropen vir minderbevoorregtes, wil hy niks weet nie. Is sy aandrang op 'n skynverlowing ook deel van sy sakemansvernuf? Formuleliefde: Jarod Hunter speel nie met sy mededingers én vyande nie. Hy word nie verniet Die Jagter genoem nie. Dié formule-een-wêreldkampioen verpes die media, en Catherine is juis 'n joernalis - met die opdrag om sy verlede oop te krap en sappige brokkies aan haar lesers op te dis. Jarod weet nie sy is 'n verslaggewer nie en laat haar onder valse voorwendsels naby hom toe. Ná sy vrou se geheimsinnige motorongeluk steur hy hom nie aan vroue nie, maar Cat kan hy nie weerstaan nie. Totdat hy agterkom dat sy 'n lid van die media is en sy intiemste besonderhede op haar koerant se voorblad lees …
Is dit moontlik om geluk te vind in ’n huwelik wat twee stiefkinders insluit? Julia Meiring het haar ma verloor toe sy ses jaar oud was. Haar pa is dadelik weer getroud, en sy is deur 'n ongenaakbare stiefma grootgemaak wat byna die teenoorgestelde was van haar liefdevolle ma wat feitlik al haar aandag aan haar laatlammetjie gewy het. Julia vind die liefde van haar lewe in haar buurman, Wynand du Toit. Hy is 'n geskeide man, en die pa van twee kinders maar Julia laat haar deur die verhouding meesleur want Wynand se kinders woon in die Kaap by hul ma, en sy kan hulle heeltemal vermy. Omstandighede dwing Wynand se eks en haar gesin terug Gauteng toe, en Julia verbreek summier hulle verhouding. Sy sien nie kans om ʼn ma te wees nie, en nog minder ʼn stiefma. Haar drakoniese stiefma sterf, en Julia besef weer eens hoe min sy van haar eie ma weet. Sy probeer ʼn beeld van haar ma saamflans uit die herinneringe wat haar veel ouer sibbe half onwillig met haar deel. Stadig maar seker besef sy dat haar ma nie ʼn engel was nie, dat haar stiefma nie inherent boos was nie, en dat die liefde tussen haar en Wynand nie te ruste gelê kan word nie.
A collection of modern romances: In Beauty and the Broker, Melody Nyathi works as a beauty therapist at the plush Imbali spa but dreams of owning a beauty spa for the everyday woman. When she falls for insurance broker Thabiso Gumede he encourages her by making an offer that few could refuse. Does he believe in her dream or is he motivated by jealousy? In Written in the stars, Masedi Goanabokoa meets the musician Pelo Sebata. Masedi and Pelo are both dealing with painful pasts that keep them from moving forward. Soon they will discover that they have been brought together by forces stronger than them. In Three Dates, professional ballroom dancer Lesedi Moatlegi believes that her dance partner Nicholas is her perfect match: on and off the dance floor. Except he only sees her as a dance partner with ‘benefits’. Reluctant Lesedi agrees to give investment banker Tshepo Motsei a chance. Will he be able to prove himself after just three dates?
MacKenzie skep goeie aantreklike en intelligente vir-altyd-helde vir haar blog. Maar in haar wêreld is hierdie mans so skaars soos hoendertande ... Of so dink sy totdat sy Scheepers Rossouw in die stempuntry ontmoet.
Anouk se hardkoppige ouma veil haar in ’n e-pos aan haar gunstelingskrywer, Dexter Buys, op. Gelukkig sal sy nooit die man ontmoet nie. Maar Dexter is haar vriendin se nuwe swaer. Waarom voel Anouk afgehaal omdat hy haar nie herken nie?
Hoë politici sweer saam om Suid-Afrika in ’n diktatorskap te dompel. Die armes het genoeg gehad en kom in opstand. Die land brand. Mense vir wie Thys Krige omgee, kry seer. Iemand moet daarvoor boet. Hierdie keer word hy betrek by korrupsie en komplotte op regeringsvlak. ’n Korrupte president speel in die hand van buitelandse moondhede met imperialistiese ambisies wat ’n voet in die deur soek. Sagte kolonisasie, noem mens dit. Staatskaping noem die media dit. Die tentakels daarvan al so diep in die struktuur van mense in sleutelposte dat niemand meer seker is wie betrokke is en wie vertrou kan word nie. In sulke gevalle protesteer mense gewoonlik. Hulle kan byvoorbeeld so aggressief gemaak word dat hulle mekaar begin uitroei. Traangas word gedokter met dwelms wat ten doel het dat mense mekaar te lyf gaan. Grootskaalse chaos maak ’n land onregeerbaar. Dryf die mense se frustrasie tot breekpunt. Sweep hulle teen mekaar op. Maar daar is maniere om hulle stemme stil te kry. In Krige se stryd het drie vroue deel van sy wêreld geword: sy halfsuster, ’n gestremde IT-spesialis en ’n genie wat die donkerweb met die donkerbewuste in die mens se psige in verband bring. Al drie gaan gebuk onder pyn en trauma, soos Krige, en vir al drie ervaar hy iets wat aan liefde gelykgestel kan word. “Hy voel die wonderlike pyn wegsak, diep in, dieper, dieper, tot dit sag word en tot rus kom op die koue en harde ding in hom.”
Ná ’n bitter ongelukkige huwelik bevind Anina, ’n enkelma, haar op Fynbos tot sy weer ’n pos in die stad kry. Haar toekomsplanne sluit nie in dat sy haar jeugliefde weer hier raakloop nie.
Die surfer-meisie Simone, die wulpse huisvrou Andrea en die gesofistikeerde weduwee Maggie is vreemdelinge vir mekaar. Maar op ’n dag wat die lewe hul al drie platgeslaan het, bring die noodlot hulle in ’n ou kombi byeen en so begin ’n onwaarskynlike maar besonderse vriendskap. Wie sou kon raai dat hul liefdes en verliese toe nie so verskillend is nie? Saam trotseer die drie vroue die hoogwater in hul lewe, hoe hakke en al.
Stellenbosch se studente is opstandig. Die dorp brand, en in Sophia se klein dog veilige huisie droom sy van Pompeii en wegloop, weg van elke dag se sleur by BoekWeb en haar man se speurderwerk. Wanneer haar klein Magriet wegraak en Sophia ontvoer word, moet sy egter spartel om uit die web te kom – haar kind moet van die spinnekop gered word. In Naomi Meyer se debuutroman word die Boland, SA en ons almal se brandpunte helder verlig.
Ná emosionele geweld en die uitdaging van ʼn egskeiding, verander Andrea se lewe onomkeerbaar. Al die verwonding word in ʼn hofdokument vasgevang, maar sy kies om ʼn heel mens te word.
Willem Prins wanders the streets of Paris, disillusioned and glum. Once, he showed great promise as a South African writer of distinction, but years of disappointment have left their mark. Drowning himself in the Seine may well be the only option left to drive up his book sales. His reason for being in Paris - the French translation of an erotic novel he wrote under a pseudonym - is not exactly something to be proud of. He is no stranger to Paris. An ex-wife of his (one of three) lives in the city with his eldest son, a young man who barely knows his father. Willem finds an unlikely companion in Jackie, a young South African working as an au pair in the city, a woman old enough to be his daughter. Together, the two of them will face the chaos of the terror attacks on Friday the thirteenth in Paris. You Lost Me is bestselling author Marita van der Vyver's thirteenth novel, a story about life's thunder clouds and the bonds between us that offer shelter. It is a tale of disillusionment and loss, told with warmth and wicked humour.
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Madelie Human se vorige Romanzas, Om Ben lief te hê, Om Dirk te tem en Om Kobus te ken. Om Ben lief te hê: Ben Louw het Leah een nag tien jaar gelede liefgehad ... en weggesmyt. Terug met haar praktyk as kindersielkundige op die plaas, is Ben weer daar. Haar hart en lyf swig opnuut, maar sy weet dis verniet. Om Dirk te tem: Dirk Degenaar laat Marica keer op keer voel asof sy oor ’n afgrond tuimel, en hý moet gestraf word! Sy gee vir hom fisioterapie by sy huis, maar weet naderhand nie meer wie tem vir wie nie. Om Kobus te ken: Toe Sureta hom bitter nodig gehad het, het hy spore gemaak, nou wil Kobus Hattingh huisie-huisie speel. Kwansuis om sy seun te leer ken. Maar dis te laat. Dié kans sal sy hom glad nie gee nie.
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas, Tussen jazz en rock, Anderkant liefhê en Sonder bagasie. Tussen jazz en rock: Sanet se hart klop vinniger as sy naby Jak kom, maar na ’n vorige verhouding waartydens sy baie van haarself moes prysgee, is sy baie versigtig. Jak se belangstellings en hare is so uiteenlopend dat sy nie kan sien hoe ’n verhouding tussen hulle kan werk nie. Anderkant liefhê: Martha en Hans ken mekaar al lankal, maar die laaste paar maande is hulle gereeld in mekaar se geselskap gegooi, meestal in ’n poging om hulle vriende bymekaar te kry. Hans is nie heeltemal seker wat om met Martha te doen nie: sy is heeltemal te loud vir hom, het vreemde skilderye teen haar mure en het sowaar ’n rooi bank. Die enigste manier om haar stil te kry, is om haar te soen. Die enigste probleem is nou dat hy aan niks anders kan dink nie. Martha het al seergekry en wil hierdie keer die sprokie met die prins hê, beslis nie ’n man wat nie kan besluit of hy haar wil soen of nie. Sonder bagasie: Lisa het haar lewe baie netjies uitgewerk. Sy hou van lysies maak, van dinge op hulle plek hê al probeer haar drie susters gereeld om haar lewe deurmekaar te krap. Sy is ’n ouditeur en sy verstaan syfers in netjiese rye. Die nuwe besturende direkteur by die firma het ’n hond, sy huis is deurmekaar en hy maak haar deurmekaar. Hy het nou wel ’n BMW-motorfiets wat haar hart vinniger laat klop, maar sy het haar eie Harley Davidson. Sy kom dus heeltemal goed oor die weg so op haar eie, maar Peet keer haar wêreld om.
Al is sy Mevrou Dominee, is Suzy in die eerste plek ’n mens, ’n bloedwarm vrou wat deur haar man bemin wil word. Maar hy stel lankal nie meer belang nie, en sy moet ’n ingrypende besluit neem – ’n besluit wat die skindertonge losmaak en haar reputasie aan flarde ruk. Om die kroon te span is daar ’n seerplek diep in haar verlede wat dreig om oop te bars. Maar Suzy laat haar nie onderkry nie. Sy begin haar nuwe lewe met oorgawe en pak dinge aan wat haar in ongemaklike situasies laat beland. Watter vrou wil immers in ’n geleende ontwerpersrok tussen ’n spul duur koivisse orent kom, druipnat, en dit saam met ’n dodelik aantreklike man? Sommer ’n gewone vrou is Suzy voorwaar nié, sy storm in waar engele dit nie sou waag nie. Maar haar waaghalsigheid is ook haar redding. Dit laat haar terugloop op haar spore van die verlede, en in ’n bibberkoue Londen besweer sy haar seer en kom daar vir haar liefde soos sy nooit geken het nie.
After his heart bypass operation, former champion-athlete Christian Lemmer needs to take stock. When a Cape Flats gang begins to target him, this becomes vitally important. Christian commutes between Johannesburg and Stellenbosch, where he returns at weekends to his amnesiac wife Christine and his confrontational son Siebert. But he also has a hideaway that no one knows about, a flat in Sea Point where his drug dealer meets him, and a Swazi prostitute becomes his confidante. And in Matjiesfontein the staff of the Lord Milner Hotel and the local pigeon breeders are in a state of excitement with the approach of the Southern Cross Derby - the most important event in the Karoo's pigeon racing calendar. But other things are afoot in Matjiesfontein as well, things in which the lives of the Lemmers are soon to become involved, from the arrival of the Piss-Man to the disappearance of prodigy Snaartjie Windvogel who, it is said, bewitches her father's pigeons with her violin playing. The Lemmers come to the village to try to unravel one mystery, only to find themselves caught up in another.
In Die Tonnel word die verlamde Ilse deur haar vader se testament verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp. In Keerkring Van Die Hart het Kasper ’n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel. Kan dié skugter man tot haar redding kom, al het sy met ’n swierbol getrou? En in En Die Klippe Sal Uitroep is Emile, kroonprins van modelplaas La Rhône, ’n gesogte vangs onder die skone geslag, maar by nuwe verpleegsuster Miempie, ’n kampvegter vir menseregte, loop hy sy rieme styf .
Amanda kry dit nie meer reg om aan Wim as net haar stiefbroer te dink nie. En as sy nie wilde hoop met moontlikhede verwar nie, is sy boonop op haar biologiese pa se spoor. Die vyfde roman in die Geur- en Seisoen-reeks.
Emma Caine is pushing forty and life is hitting her hard. Her husband has been brain damaged, she’s lost her job, and she might lose her home. Instead of giving up, Emma starts hitting back. Drawing on experiences from a misspent youth, she opens a domination dungeon in an outbuilding in her garden and sets herself up as a dominatrix. Whipping, torturing and abusing the wealthy slaves who soon start lining up for her services is surprisingly easy for Emma, especially since she has no sexual contact with her clients. In fact, she believes them all to be sick perverts. The unthinkable happens when she falls in love with one of them – the disturbingly likeable Simon Nel. Fighting her emotions every step of the way, Emma finds herself drawn into a twisted and potentially doomed relationship that will force her to reconsider everything she thought she knew about love, sexuality and power.
You are cordially invited to a summer wedding! Wedding season is an anthology of ten English short stories by some of ROSA's (Romance writers Organisation of South Africa) published authors. The short stories are all on the theme of summer weddings, but apart from the theme they have nothing in common. Each story will reflect the genre, heat levels and personal writing style of that author.
Die Tweede Wereldoorlog verdeel nie net die wereld nie, maar ook gesinne. In die Fourie-huishouding staan Pa by Hertzog wat neutraal wil bly, Oupa by Smuts wat tot die oorlog toetree en die seuns by Malan wat die oorlog teestaan. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine – jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op ‘n unieke manier deur die oorlog beinvloed word. En in ‘n klein Italiaanse dorpie woon die beeldhouer Guiseppe Romanelli en sy seuns. Ook Don Veneto en sy pragtige dogter Gina. Die dorpsmense het van altyd af geweet dat sy en Antonio, Guiseppe se een seun, vir mekaar bestem was; die twee raak spoedig verloof. Antonio word opgeroep om in Noord-Afrika te gaan veg, maar hy word ‘n krygsgevangene en beland op die Fouries se Bosvelplaas in Suid-Afrika waar hy klipwerk doen. En hier ontmoet hy vir Klara, ‘n meisie wat ‘n vriend en geesgenoot word... ‘n Eg menslike verhaal wat met insig en begrip uitbeeld dat oorlog almal raak. En dat die brue wat ons bou soms ‘n opdraand pad aan die anderkant het.
'n Storie van begin, weer begin en óórbegin ... Carla Kasselman se lewe val uit mekaar nadat haar man reg in eie hande neem, 'n onnoembare daad pleeg en die skuld op haar pak. Hy neem alles van haar af weg, eers haar babaseuntjie, en daarna pers hy haar af om hul blonde krulkopdogtertjie af te teken. Lewensmoeg en sonder hoop vlug sy na Sannasklip, 'n eenvoudige Weskusdorpie waar die eksentrieke tante Doreen haar op haar voete help. Die lewe raak weer draaglik, en aangenaam voorspelbaar, totdat 'n weerbarstige grootwildjagter se Landie sonder brandstof voor haar voordeur gaan staan. Carla ontdek dat die lewe bestaan uit probeer en wéér probeer, en dat die liefde nie wag op 'n uitnodiging nie, maar hom ongenooid tuis maak wanneer hy so voel. Meer as twintig jaar later sien sy weer haar dogter, maar Mignon is gebroke, verslae en sonder 'n wil om voort te gaan. Carla bring haar saam Sannasklip toe, maar sal haar verhouding, en die dorp se kalm ekwilibrium Mignon se donkerte kan absorbeer? Hoe is dit dan dat sy nie die bedorwe, depressiewe entjie mens wat net soos sy lyk, herken nie? Skuldgevoelens en verwyte verteer ma en dogter en dreig om hulle te verswelg. Is daar lig aan die einde van die tonnel? Of dalk binne Sannasklip se vuurtoring waar die aantreklike besigheidsman, Bernard Bartman, besig is om 'n restaurantkoninkryk te vestig? Mignon ontdek dat sy meer is as die lappop wat haar pa geskep het en dat sy in staat is om lief te hê en liefgehê te word. Vergifnis word onvermydelik en die verlede se donker geheime verloor hul krag.
Vyf jaar ná die aanval op Kris, wat byna haar lewe gekos en haar met ’n letsel op die gesig gelaat het, is sy weer op koers. Wel, as mens nou die nagmerries wat haar soms ry, uitskakel. Haar aanvallers is agter tralies, haar verbreekte verlowing is iets van die verlede. Wanneer sy die kans kry in haar fisioterapiepraktyk, breek sy ook weg om kursusse aan te bied in bewustelikheid – oftewel mindfulness: Sy help mense ontdek hulle kan maar net wees, hulle hoef nie heeltyd te doen nie. Dit is wat haar met heelwording gehelp het. Dit is tydens so ’n kursus dat haar en Luca se paaie kruis, ’n ultra-atleet in wie se wêreld daar nie plek is vir enigiets anders nie, laat staan ’n vrou, veral nie een met “issues” nie. Daarvan het hy genoeg gehad. Maar dit is nogal ’n moeilike situasie as jy in dieselfde huis saam met een woon. Haar nagmerries help ook nie juis nie. En hy moet fokus vir sy volgende wedren in Amerika om sy borge tevrede te hou. Hy moet wen, anders het hy verloor, dis sy leuse.
Angelique van Olgen het op veertien al ’n onverskrokke gees. Nie eens ’n wilde seerower verskrik haar nie. Sy is net so ontembaar soos haar vlamrooi hare en sy laat geen man haar hiet en gebied nie. Maar dis moeilik om nie die knie voor die ewe formidabele aristokraat Graaf Dante de Péronne te buig nie. Hy bekoor haar, maak vreemde wilde begeertes in haar wakker en toets haar onskuld. Selfs toe hulle deur omstandighede verplig word om te trou behou Dante sy afstand. Hy gaan die Kaap sonder haar verlaat. Hy is op ’n missie en dit sluit haar nie in nie. |
You may like...
The Great Gatsby and Other Classic Works
F. Scott Fitzgerald
Hardcover
|