![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance
Loving him could destroy her... High school teacher Cilla Stevens has always been different, especially in how she connects with animals. When she calms a stray dog during an incident at school, she's asked to help a nearby farm with a difficult horse. Cameron Rahl has had a very different relationship with animals since his mother died in a horse riding accident. But now he's inherited his family's farm, he's determined to never let anyone affect him that way again. Until he meets Cilla. He tries to stay away from the gorgeous horse whisperer with the potential to tame him, but something keeps pulling him close. And as much as Cilla tells herself she can keep it casual, she knows they're too connected to be 'just a fling.' Will Cilla's heart win out? Or will it take history repeating itself for Cameron to realise just how much he needs her?
Romanse, maar vol millenniër-kinkels “Drawwers is die go-getters, eintlik dink ek net hulle hardloop weg van iets. Elke oggend staan hulle op en gaan draf op die donnerse selfde sypaadjie. Die dansers, soos jy, dans deur die lewe. Hulle is met min tevrede en dan dans hulle daaroor. Die drinkers sit agteroor en lag vir die drawwers en dansers.” “Met ander woorde sit die drinkers op die kantlyn?” “Nee die drinkers sit in die middel van die pad en wag vir die drawwers en dansers om te besef dat almal eendag doodgaan.” Leah het haar lus vir die lewe verloor. Sy is jonk, suksesvol en hardkoppig. Sy verlaat Johannesburg om een van haar besigheid se filiale in Kaapstad reg te ruk. Daar ontmoet sy, soos die noodlot dit wil hê, weer vir Hannah, wat 'n bietjie meer as net 'n vriendin was tydens haar universiteitsdae. Gaan sy, Hannah, 'n veilige sypaadjie wees, of 'n glibberige, maar opwindende afdraaipad? Sypaadjie is 'n romantiese drama met 'n interessante kinkel. Die storie word vertel uit 'n tipiese millenniër se oogpunt, daar is baie vrae oor die liefde, romanse en seksuele oriëntasie. Soms is die karakters effens konserwatief en naïef, maar nooit vervelig nie. Leah worstel met vrae wat baie jong meisies deesdae mee sukkel, veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse meisies. Hoe vind ek 'n balans tussen liefde en 'n loopbaan? Is dit nog die moeite werd om jou hart op die spel te plaas? Die storie herinner aan Annie on my mind deur Nancy Garden en South of Sunshine deur Dana Elmendorf.
Alma Carstens se eerste omnibus ... Splinters van liefde is 'n samestelling van drie van Alma Carstens se vorige Romanzas, Kaapse draai, Tyd sal leer en Luca se obsessie. Dit is Alma op haar beste: fyn uitgewerkte storielyne, diepgaande karakterisering en interessante plekke waar die verhale afspeel. Kaapse draai: Noudat Lani se vriendin haar oorreed het om te reageer op 'n man se advertensie dat hy na 'n vrou soek wat hy beter wil leer ken, is daar nie omdraai nie. Sy sal 'n maand lank op sy wynplaas moet deurbring. Min weet sy hy het nie die advertensie geplaas nie, sy skoonsuster het ... Dit is egter nie die enigste haakplek nie. Lani kan nie bekostig dat hy haar beter leer ken nie want dan moet sy ook vertel van die hartseer geheim oor haar herkoms en dit kan sy nie met hom deel nie. Juis nie met hierdie spesiale man wat gou al haar gedagtes in beslag neem nie. Tyd sal leer: Siënna vlug na haar vriendin in Malawi om weg te kom van haar pa wat haar in 'n huwelik wil dwing. Sy vind gou uit die eiland Likoma is nie vir sissies met ontwerpersklere en hoëhakskoene nie - en dat sy ook nie die enigmatiese en uiters sexy Marco op sy bosklere moet takseer nie. Gou val sy by die ritme van die eiland in en bewys telkens dat sy nie die bedorwe brokkie is waarvoor Marco haar aansien nie. Rikki stel voor Siënna en Marco trou om te verhoed dat haar pa sy sin kry. Sy stem in want sy weet die primitiewe eiland is presies waar sy en haar beminde Marco wil wees. Luca se obsessie: Die lenige Italianer met die helderblou oë wat Miranda se bloemiste op Valentynsdag instap, is beslis nie van plan om net so weer uit haar lewe te verdwyn nie. Maar sy belangstelling is ongelukkig nie van die soort wat 'n meisie laat huweliksklokke hoor nie. Miranda baklei hard teen die vernedering en ja, die hartseer. Want iets omtrent hierdie man verhoed haar om hom net as “daardie soort” af te skryf, hoe hard sy ook al probeer. En hy voer sy eie stryd, al weet sy nie daarvan nie, om die blonde meisie wat 'n obsessie vir hom geword het, uit sy gedagtes te weer. Sowat van hardkoppigheid ...
Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe. Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het. Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle. Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat. Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet. Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.” Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.
Waar die juffer toe gedissiplineer moet word
Hierdie is ’n omnibus bestaande uit drie van Marile Cloete se vorige Romanzas Man van min woorde, Man met ’n missie en Man van sy woord. Man van min woorde: Hy kan toor met honde en rekenaars, maar as dit by praat kom, verdamp Henri van der Merwe se woorde. Francesca is vasbeslote om deur die swygsaamheid te breek. Sy begeer een van die Duitse herdershonde wat hy teel, maar sy toets vir eienaarskap dop sy soos ’n klip. En haar selfbeeld is hoeka bitter broos na die Siebert-episode. Bowendien word haar frustrasie by die dag groter – as sy en haar galery-huis vol kunswerke nie goed genoeg is vir sy honde nie, sal sy in der ewigheid nie goed genoeg wees vir hul baas nie. Want helaas, sy begeer die swygsame Henri mettertyd baie, baie meer as sy lieflike honde. Man met ’n missie: Hy gaan haar nader trek, syne maak. Suutjies, sonder dat sy dit weet. Maar Lukas Bezuidenhout is ’n haastige man, geduld moet hy nog aanleer. Dis gewoonlik hy wat vir meisies weghol, maar die keer het hy sy moses teegekom. ’n Harder hardekwas as Mignon Grobbelaar kry jy nie. En tog, agter haar hardekwas-houding kruip ’n bang meisie weg, ’n kind-vrou met heeltemal te veel seer en bagasie. Daarom, weet Lukas, moet hy geduldig wees. Hy wil haar beskerm, laat veilig voel. Sy moet weet sy is as mens die moeite werd. En hy moet, nee, sal leer vasbyt; en hy wat lawwe Loekie Bezuidenhout is, kan leer om te wag. Man van sy woord: ’n Ouer en ryper Lourens – maar nog net so dodelik aantreklik soos lank gelede – is na twintig jaar onverwags terug en haar kind se gradeplegtigheid word vir Bianca ’n nagmerrie. Alles het mos verander en daar is nie meer vir hom ’n plek in haar lewe nie – of bluf sy haarself? Lourens is nie meer die impulsiewe jongman wat Bianca so hartstogtelik liefgekry het nie, en sy het ook met die jare ryper en meer volwasse geword. Dis net die onblusbare vonk tussen hulle en die honger na mekaar wat onveranderd gebly het ... Het daar te veel water in die see geloop of gaan hulle waag om hulle liefde weer ’n kans gee?
As ’n Duitse wesie kom Gretl ná die Tweede Wêreldoorlog Suid-Afrika toe. Vir haar oorlewing, het Jakób Kowalski besluit. Maar net Jakób ken haar groot geheim, kan dalk die vuur in haar drome verstaan. En help heelmaak.
Vywervrou? Nee, ‘n kaivrou. Dis wat sy is.
Fleur (1938), 'n Malherbe met suiwer Hugenotebloed in haar are, is die eienares van 'n verwaarloosde wynplaas en 'n groot hoop skuld, maar sy weet min van wynmaak en niks van wingerde nie. En dan kom Christiaan Davel aan in die vallei. Hy weet alles van wingerde en wyn af en laat haar hart skoon op galop gaan, maar hy is 'n Transvaler en boonop lief vir iemand anders.
Luna Joubert se moed en vernuf word weer tot die uiterste beproef in Dag drie. Sy en haar medespeurder, Johan, vergesel vir Mike, ’n volbloed diepdekkingsagent, op ’n missie na Mauritius waar Mike met ’n informant kontak sal maak. Luna en Johan moet die skyn van gewone vakansiegangers vir hom help bewaar, maar niks loop volgens plan nie. Hulle eerste dag op die eiland lewer die lyk van ’n jong meisie op wat ooglopend vermoor is. Die informant laat nie van hom hoor nie en hulle word uit die bloute deur wildvreemde mense ‘bevriend’. Rooi ligte flikker toe hulle genooi word vir ’n visvang-uitstappie op ’n luuksejag. Luna het nie ’n goeie gevoel oor die eienaar van die boot nie, want hy is net ’n bietjie té gretig om hulle van naderby te leer ken. Nie alleen beland sy en haar twee kollegas in lewensgevaar nie; toe Johan verdwyn waag sy dit ook op baie dun ys om hom te probeer opspoor en dag drie eindig onvermydelik in ’n breekspul.
Toe Claire die krat met leë drankbottels ontdek, skiet haar gemoed
vol. Sy is tot sterwens toe moeg vir haar man se drinkery en
verlaat hom tydelik deur te ontsnap na haar huis by die see. Aan
die ander kant dra sy swaar aan haar aandeel aan Kris se probleem.
Al sê haar shrink nou ook wát, Hanna weet sy werk basies as prostituut. Om uit haar nagmerrie-verhouding en -werk by Pretoria se goorste prokureur te ontsnap, kry Hanna werk as Engelsonderwyser in Moskou – met die raad en hulp van skrywer-karakter Fransi Phillips, wat self in Moskou Engels gee en Hanna as storiekarakter wil inspan. Daar gekom, is een van Hanna se eerste Skype-leerders die onweerstaanbare Nureyev lookalike Wolf79, ’n skeepsmagnaat en man van formaat. Maar sy’t dan juis Rusland toe gevlug om haar as professionele vrou te kom bewys, nie om halsoorkop verlief te staan en raak nie! En wat voer Phillips anyway in die mou met haar Hanna-karakter? Om nie te praat nie van die doos van ’n verloofde wat Hanna in Pretoria agtergelaat het . . . In hierdie verruklike stadsprokie vir grootmense gaan die leser verras word, lê van die lag, dalk ongemaklike nuwe gedagtes dink, en régdeur tonekrul-lekkerkry vir die mees oorrompelende romanse nóg.
Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar
deurgesny is?
Liefde is al wat vir die mens oor is Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie – praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir ’n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig. Só ontvou Poppie se verhaal. Dit begin in haar ouerhuis en in ’n saaltjie op ’n plot waar ’n pastoor openbarings kry en waar die Nels slaafse navolgers van sy leringe is. Dis net, die openbarings kom en gaan soos dit die pastoor ten beste kan dien. Langmourokke, manskoene, niks mooimaakgoed nie, studie is ook van die duiwel, uitgedink deur die bose wêreld daar buite. Die skade aan ’n meisiekind se siel ... Nou ja. Uiteindelik berei Lukas ’n preek oor die liefde voor. Want dit is al wat daar vir die mens oor is.
Hierdie verhaal van liefde en geweld speel af teen die agtergrond van dwelmgebruik en bendegeweld. Kara de Lange het as 10-jarige die skietdood van haar broer aanskou en dié emosionele trauma lei tot sowel emosionele- as huweliksprobleme. Sy en haar man, Johan, besluit dat sy ’n paar dae by haar vriendin Jackie op Montagu gaan kuier om meer perspektief te kry. Hier ontmoet sy vir Armand, ’n skrywer wat aanvanklike sukses behaal het, maar wie jare laas ’n boek uitgegee het. Die wederkerige aantrekkingskrag tussen Kara en Armand is egter gekompliseerd. Sy worstel nog met die emosionele nalatenskap van trauma terwyl hy daarenteen uiters gesteld is op sy privaatheid, leefstyl en behoefte aan ’n ongekompliseerde, geroetineerde lewe. Hy bewaar sy emosies dig binne hom.
“Ek het vir prof ʼn storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en ’n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan om hom in te lig dat hy haar familiegeskiedenis gaan skryf. Die ellendige saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop wat byna reeds uitgewerk is, begin. Almal wat kom soek het na ’n diamant so groot soos ’n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan ’t sterwe. Maar die hoop bly, die hoop bly ... En alles wat goed en sleg is, word soos die aarde uitgewerk onder dié wat volhard. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees. Hieruit groei die verhaal van ’n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog ’n verhaal en daaruit nog een. En uiteindelik keer dit terug na waar dit begin het. Só word die verlede oopgebreek om in die hede lig vir die liefde te maak. Toe skryf die professor oor Katryn se ma, haar ouma en oumagrootjie, sonder dat hy of sy kon voorsien dat hulle self deel van dié saga van dooie drome, armoede en vernedering sou word. Selfs die liefde is onvoorspelbaar op ʼn delwery tussen die mielielande van die wispelturige Hoëveld. Durf ons droom van ’n beter lewe waarin minagting nie langer verduur hoef te word nie? Hans du Plessis is ’n geliefde naam in die Afrikaanse letterkunde. Sy historiese romans staan stewig in die hede gewortel en hy is bekend vir die bedrieglike eenvoud in sy verhale wat dieper waarhede dra – hy ken die mense oor wie hy skryf en dié waarvoor hy skryf. Du Plessis is ook bekend as digter, dramaturg en taalkundige.
Die wêreld is nie vir sissies nie. Dít weet Fransi Fouché alte goed. Sy moet immers daagliks haar man staan terwyl sy allerhande rekwisiete vir filmstelle bou. Fransi het nie tyd vir tydmors of enige ander nonsens nie. En in haar kop is dit presies wat verhoudings is – nonsens. Sal die bekende Hollywood-hartebreker Matt Delmayer haar van plan laat verander? Matt laat haar egter vanuit die staanspoor goed verstaan: Hy sien nie kans vir ’n ernstige verhouding nie. Aanvanklik dink Fransi ook dis ’n uitstekende reëling – pret en plesier sonder enige verwagtinge. Die man doen immers allerhande lekker dinge aan haar lyf. Daar bestaan egter voortdurend die gevaar dat iemand se hart gaan breek. Fransi wonder ook heeltyd: Hoekom tree Matt so geheimsinnig op?
Die SARR Kliniek het vyf jaar gelede Marina se toevlug geword toe haar lewe in duie stort. Dan sien sy Christiaan van Breda se naam op ’n lêer. Dié nuwe pasiënt kan tog nie dieselfde man wees wat haar siel geknak het nie? Dieselfde man wat die oorsaak is dat sy tot vandag toe nog nie enige ander man behoorlik kon vertrou nie. Hoe gaan sy hom na al die jare weer in die oë kyk om sy fisioterapeut te wees? Dadelik klim die seer en vernedering wat sy só netjies vir die mense om haar – haar ouma, haar kollegas en haar seuntjie – kon wegsteek, terug in haar lewe. Nou voel sy selfs meer magteloos as daardie dag toe sy besluit het om haar rug op haar eksman en sy manewales te keer. Nie alles in die verlede is egter sleg en onaangenaam nie. Daar is juis soveel mooi dinge wat tussen hulle gebeur het, en Marina sukkel om die warboel emosies onder beheer te kry. Sal sy dit regkry om Christiaan te help? Hoe gaan sy die groot geheim onthul wat sy al die jare so sorgvuldig bewaar het?
In Wanneer ’n droom waar word moet Carmia Basson na Skamanga verhuis wanneer sy as Margo Vermeulen se assistent aangestel word. Deneys, Margo se kleinseun, wil egter nie vir Carmia daar hê nie. In Dokter Dierbaar moet Vicky Serfontein saam met dokter Paul Venter werk ná hul rampspoedige eerste ontmoeting. In Geërfde liefde moet Nikki Swart noodgedwonge op Kapisya boer. Jan, die mede- erfgenaam, maak die lewe egter vir haar onuithoudbaar.
In Suid-Afrika se onstuimige tagtigs raak Katrien Neethling bewus van ’n ander wêreld wat nog altyd daar was maar wat sy nie geken het nie. Kan mens net ophou om ’n Afrikaner te wees? Helaas nie. Soos ’n tolbos in die wind bly sy dwarrel tussen politieke woelinge en haar geliefdes wat behoudende boeremense is. Dit is ook die jare waarin die Voëlvry-toer konserwatiewe Suid-Afrikaners en hulle kinders tref met die gevleuelde woorde: “Ons is die mense teen wie julle ouers julle gewaarsku het.” Kort tevore het Wladek Kowalski die politieke woelinge in Pole beleef. Hy met sy digte bos hare en sy eie hartseer verhaal uit die ysige noorde. Ook hy betaal die prys van mense wat anders begin dink. En al is die verlange na sy geboorteland onhoudbaar by tye, kry hierdie hardekwas Afrikaanse meisie dit reg om hom teen sy sin te fassineer. En Katrien leer by Wladek wat die mooi Poolse woorde “moje kochanie” beteken.
Stela word aangestel om ’n moeilike tiener tuis te onderrig. Maar Pavo (oftewel, die plek van poue) is nie ’n doodgewone plaas nie. In die plek van ’n plaashuis vind Stela ’n stokou kasteel. Met ’n dwerg as butler, ’n preutse huishoudster wat aandring daarop om almal “Master” en “Juffrou” te noem, ’n Sjinese kok en ’n meester wat van bui verwissel soos die weer, kriewel haar ruggraat. Boonop hang die kasteel vol skilderye van die vorige mistress wat selfmoord gepleeg het. Stela word toenemend geteister deur nagmerries en die gevoel dat sy dopgehou word. Sy word gewaarsku teen spoke en vermoed iemand krap in haar kamer waar sy gereeld pouvere kry. Loop haar verbeelding met haar weg, of moet sy ag slaan op waarskuwings oor Pavo en sy mense? Plek van poue is ’n gotiese roman in die tradisie van Victoria Holt.
Stellenbosch se studente is opstandig. Die dorp brand, en in Sophia se klein dog veilige huisie droom sy van Pompeii en wegloop, weg van elke dag se sleur by BoekWeb en haar man se speurderwerk. Wanneer haar klein Magriet wegraak en Sophia ontvoer word, moet sy egter spartel om uit die web te kom – haar kind moet van die spinnekop gered word. In Naomi Meyer se debuutroman word die Boland, SA en ons almal se brandpunte helder verlig.
Billy se draaktatoe sal skewe kyke lok op die Karoodorpie waarheen sy gesin verhuis. Dis moeilik om in te pas as jou pa die nuwe polisiekolonel is en jou ma haar pille saam met wyn sluk. Voordat Billy vir Sue ontmoet, wat hom laat droom in ’n aweregse wêreld, bied die gangster Ou Joe se bordeel ’n vreemde troos vir trokdrywers én nuuskierige seuns. Ou Joe beplan om iets hier na te laat voordat hy sy finale geveg met die groeiende kanker in sy maag het. Ná ’n bloedige nag is Ou Joe se plek in die kolonel se visier en moet Billy stelling inneem terwyl goed en kwaad nog kant kies. In die styl van ’n moderne western is Johan Vlok Louw se roman vol driftige jonges, motors en gewere. Die boek is ’n vuishou in die maag; die styl so evokatief soos die Karoolandskap waar die verhaal afspeel.
In hierdie opvolg op Vier begrafnisse en ’n troue kry ons te doen met die twee jonger Douglas-vroue: Lucy Jordan-Douglas, nou al sewe jaar gelukkig getroud, en Cheryl Douglas, suksesvolle grimeerkunstenaar en op pad bóóntoe op die loopbaanleer. Lucy en Ashwin is in die wolke oor haar swangerskap, maar ná twee miskrame moet sy sorg dat sy alle emosionele ontsteltenis vermy. Dis makliker gesê as gedaan. Haar verhouding met skoonma Dulcie is maar stram, en sy is bekommerd oor wat in Sheena, haar sestienjarige, se kop aangaan. En dan is daar die dood van Eddie Stamper – dief en skollie en ongelukkig haar swaer. Toe Lucy se broer onverwags opdaag by die staatslykhuis waar sy werk, wéét sy iets klop nie. Cheryl Douglas steur haar eenvoudig nie aan dié wat sê dat sy oppervlakkig en materialisties leef nie. Sure, sy is lief vir blieng en sy is op soek na ’n bietjie maklike romanse, maar sy verlang ook na iets meer . . . iets dieper. Die ding is net: moet sy nou regtig soveel paddas soen voor sy haar prins (óf prinses) ontmoet? ’n Plek-plek makabere en satiriese roman, maar steeds baie menslik en heerlik leesbaar. Deur die gewilde skrywer van Kroes en Die val van die dice. |
You may like...
Tense and Mood in English - A Comparison…
Niels Davidsen-Nielsen
Hardcover
R3,346
Discovery Miles 33 460
Applications of Sliding Mode Control
Nabil Derbel, Jawhar Ghommam, …
Hardcover
R4,769
Discovery Miles 47 690
Atlas - The Story Of Pa Salt
Lucinda Riley, Harry Whittaker
Paperback
English Vocabulary Elements - A Course…
William R. Leben, Brett Kessler, …
Hardcover
R2,444
Discovery Miles 24 440
Multiscale Modeling of Vascular Dynamics…
Huilin Ye, Zhiqiang Shen, …
Paperback
R750
Discovery Miles 7 500
|